Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 8

Saterdag 14 Julie 2012

GRATIS

Vere waai met Bobby van Jaarsveldvertoning op Vryfees. Carla Wessels (18, links) en Charissa Venter (19), albei van Bloemfontein, het Bobby gisteraand behoorlik met verekussings in die Blrkas op Kovsiekampus bymekaargemaak Foto: WILLEM VAN DER BERG

Weergids

VOLG ONS OP TWITTER

KOOS KOMBUIS

@StronkKoerant vir die nuut ste feesnuus

Ek haat dit om kerk toe te gaan BL. 2

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Saterdag 14 Julie 2012

Amanda s oor haar en Luwes


Ruan Bruwer
DIE teaterpersoonlikheid Amanda Strydom het gister aan Stronk n gerug bevestig wat al jare lank die ronde op die Kovsie-kampus doen. Sy en die hoof van die dramadepartement, Nico Luwes, ws destyds romanties verbind nadat hulle in 1976 mekaar op die stel van die musikale produksie The Boyfriend ontmoet het. Strydom was toe in haar tweede jaar as dramastudent. Dit was egter volgens haar nie vir Luwes wat sy die liedjie Stoom geskryf het nie. Oor na wie sy in di liedjie (wat spesifiek vir iemand geskryf is en waarin na landskappe in Bloemfontein verwys word) verwys, swyg sy. Soveel mense het al aanspraak daarop gemaak dat ek dit vir hulle geskryf het. Maar dis ou koeie en ek wil regtig nie eintlik hieroor praat of enigiemand seermaak nie. Ek het wel eendag voor die Wyand Mouton-teater vir Nico gevra hoekom hy stories versprei dat ek Stoom vir hom geskryf het. Ek het ges ek vind dit uiters aanmatigend. Hy het nie iets terug geantwoord nie, het Strydom ges. Luwes wou gister nie n woord oor enige romantiese verbintenis rep nie. Die seer waarna Strydom verwys, het te make met haar skorsing uit die Universiteit van die Vrystaat. Dit het in haar eerste semester van haar tweede jaar (1976) as dramastudent gebeur. Volgens Strydom is sy skuldig bevind op grond daarvan dat sy nie ingeteken het in haar koshuis, Huis President Steyn op die Kovsie-kampus, nie. Dit was die laaste dag van die eksamen en ons het dit gaan vier. Ek het nie die aand teruggekeer koshuis toe nie, want ek sou die volgende oggend n trein PE (haar ouerhuis) toe vat. Dit (haar skorsing) was n perfekte geleentheid om my uit te werk. Ek was toe reeds uitgesproke oor my politieke oortuigings en iemand wat vooruit gedink het. Ek het n goeie verhouding met ons koshuis se swart skoonmakers gehad. Dit was als dalk net n bietjies te veel vir die establishment van die tyd gewees wat nie gene met my sienings was nie. Onthou, ons praat hier van die 1970s. Sy s dit het dinge destyds vir haar baie moeilik gemaak. Dit het baie seer gemaak, ek was n vernedering vir die familie gewees en die eerste Strydom om geskors te word. Dit het gemaak dat ek verskriklik versigtig is om iemand seer te maak. Strydom het aan die einde van 1978 haar dramagraad op Tukkies behaal. Sedertdien het ek fantastiese tye hier (by Kovsies) gehad en is elke keer met ope arms ontvang.

Koos Kombuis gister in die Eu nicelaerskoolsaal. Foto: WILLEM VAN DER BERG

Ek haat dit om kerk toe te gaan


Theuns du Buisson en Simon Haggard
EK is mal oor gospel-musiek. Ek hou van die beat en ek hou daarvan dat jy nie hoef skaam te wees nie, maar ek haat kerk toe gaan. S het Koos Kombuis gister met sy vertoning in die Eunice-laerskoolsaal ges, terwyl hy van die liedjies op sy nuwe CD, Dertien, wat hy as sy eie interpretasie van gospel-musiek beskryf, gesing het. Die vertoning is begin op die maat van Die Nagmaallied, gespeel deur Melissa van der Spuy. Hy het Melissa, op die klawerbord, voorgestel as die sexyste orreliste wat hy nog gesien het. En Schalk Joubert, op baskitaar, as die basvioolspeler. Sy vingers het soos spinnekoppe, wat kokaene gesnuif het, oor die snare gespring. Dit was byna regtig soos n gospel-konsert. Dit was in n skoolsaal, die klank was swak en die een liedjie het selfs soos n gebed geklink. Die mense het handegevou stilgesit. Dit was glad nie die gewone Koos-vibe nie. Rook het nie soos n wolkombers bo die gehoor se koppe gehang nie. Al drank wat te sien was, was Koos en Melissa se Beyerskloof Pinotage op die verhoog. Die mense sing nooit oor die aarde nie, net oor die hemel, het hy oor gospel-sangers ges. Hoewel sy nuwe musiek meer geestelik van aard is, het hy steeds nie sy slag met liefdesliedjies en sy unieke humorsin verloor nie. Die bewoording van sy lirieke is lekker en omstrede soos altyd net soos in die refrein van die liedjie wat hy vir sy vrou geskryf het. Ag Here, gee my tog n vet vrou. Sy kan my warm in die bed hou. Sy kan my in haar rolle toevou.

Amanda nog vandag op fees


AMANDA STRYDOM is sedert haar laaste verskyning op die verhoog as aktrise baie rolle aangebied, maar geen daarvan het genoeg vleis aan gehad vir haar om dit te aanvaar nie. Daar was nooit iets wat tot my gespreek het nie. Toe ek hierdie teks (Voor ek vergeet deur Karen Marx) sien, het ek geweet dit sal dom wees om dit nie te aanvaar nie. Die stuk is so menslik, ek dink die sukses daarvan l juis daarin opgesluit, het Strydom ges. In die roerende drama tussen ma en seun (gespeel deur Hannes Muller) baklei albei teen n siekte wat hulle onderkry. Hierdie is Marx se heel eerste verhoogteks. Sy het voorheen lank vir die sepie Egoli geskryf. Die Vryfees-speelvak is die produksie se sesde. Solank daar speelgeleenthede aangebied word waarin die teks tot my spreek, sal ek weer toneelwerk doen, het Strydom verseker. Ruan Bruwer ) Voor ek vergeet is vanoggend om 09:30 in die Eunicelaerskool saal.

09:00 Boekeontbyt (Vishuis 09:00 eetsaal) 09:00 Vicky Fourie: Viva Vicky 09:00 (UVSakeskool, lokaal 2) 09:30 Putsonderwater (ATKV 09:30 Wynand Moutonteater) 09:30 Lize Beekman (Kunste 09:30 trustOdeion) 09:30 Robin Hood (Koowee 09:30 Repteater) 09:30 Voor ek vergeet (Eunice 09:30 laerskoolsaal) 09:30 Jou eie keuse (UVSake 09:30 skool, lokaal 1) 10:00 Boksballade (kykNET 10:00 Scaena) 10:00 Ses snare (Sand du Ples 10:00 sisteater) 10:00 The Fword (Kampusto 10:00 neel, Euniceteater) 10:30 Kaapse Wynlandflieks, 10:30 prog A (UVSakeskool, lokaal 3) 10:30 3 Prima donnas x 2 (Man 10:30 goAndr Huguenetteater) 11:00 Blue rain on a Tuesday 11:00 (Aasvolklub) 11:00 Jan van der Merwe: Vry 11:00 staatse dorpe (UVSakeskool, lokaal 2) 12:00 Die Tam Tams hou talent 12:00 kompetisie (KooweeRepteater) 12:30 Die woud (Kampustoneel, 12:30 Euniceteater) 13:00 Die rebellie van Lafras Ver 13:00 wey (ATKVWynand Moutonte ater)

Dagprogram
13:00 More beautiful piano (KunstetrustOdeion) 13:00 Jou eie keuse (UVSake skool, lokaal 1) 13:30 Die Bram Fischerwals (kykNETScaena) 13:30 Chris Chameleon (Sand du Plessisteater) 13:30 Navi Redd (MangoAndr Huguenetteater) 13:30 Koos Kombuis (Aasvol klub) 14:00 Labirint (Eunicehor skoolsaal) 14:00 Annale van n windgat (Aasvolklub) 14:30 SMS: Babakoors! (Koo weeRepteater) 15:00 No added charges (Kam pustoneel, Euniceteater) 15:00 Hier staan ek (boeke, UVSa keskool, lokaal 1) 16:00 Bagatelle & tudes (Kunste trustOdeion) 16:30 Ou blare (kykNETScaena) 17:00 Jak de Pries ter (MangoAndr Huguenetteater) 17:00 Kaptein Blitz en die skool vir su

perheroes (Eunicelaerskool saal) 17:00 Shutter 7 (UVSakeskool, lokaal 1) 17:30 Stef Bos (Sand du Plessis teater) 18:00 Ian Roberts en RKO (Aas volklub) 18:30 Beatrix (Euniceteater) 19:00 Johrn van Huyssteen (KunstetrustOdeion) 19:00 Elnora en Nirvana (Koo weeRepteater) 20:00 Hol & Seashells (kykNET Scaena) 20:00 Teerling (Eunicehor skoolsaal) 20:00 Pa . . . vir dummies (Euni celaerskoolsaal) 20:00 Die rebellie van Lafras Verwey (ATKVWynand Mouton teater) 20:30 Wouter Kellerman (Sand du Plessisteater) 20:30 Navi Redd (MangoAndr Hu guenetteater) 21:00 ONT (Eunice teater) 21:00 Ian Roberts en RKO (Aasvol klub) 22:00 Die graswe wenaar (ATKVWy nand Moutontea ter)

Stronk-span
Redakteur: Vicus Brger Produksie: Charles Smith Reza van Rooyen Madelein Venter Fotograwe: Lize van den Berg Willem van der Berg Verslaggewers: Leandr Blume Ruan Bruwer Henry Cloete Theuns du Buisson Jan Gerber Simon Haggard Margo Olivier Francois Theart

Kontak ons!
Bel die Stronkkantoor by 051401 9878/9880/9878/9418. Die Stronkkantoor is vir die duur van die fees in die gazellie van die kos huis Huis Kestell op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat. Bel die redakteur, Vicus Brger, by 0837040950 of stuur n epos na vicus.burger@volksblad.com. Stronk is n publikasie van die Volksbladgroep.

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Saterdag 14 Julie 2012

Rooi stoel reis oral saam


Theuns du Buisson
STRONK het sekerlik die mees berese rooi stoel op aarde ontmoet. Theunis Minnie is n kunsfotograaf van Mosselbaai wat moeg geword het vir die algemene landskapsfotos wat hy altyd geneem het. Hy het toe begin kyk na nuwe maniere om dit te doen en die oplos sing het toe op n plaas te voorskyn gekom. Ek het in n stadium by n plaas ver bygery en in die middel van die werf het daar n sitkamerstoel gestaan. Hy het net so uit plek uit gelyk, vertel Theunis. Theunis het vir hom n rooi stoel aangeskaf en dit toer nou orals saam met hom rond. Hy het foto's van die rooi stoel in die Kangogrotte, op die strand, grasvelde en selfs tussen n trop olifante geneem. Met die olifante het ek amper ge dink dit gaan die laaste shoot met die rooi stoel wees. Maar dit was darem mak olifante, en die rooi stoel het oorleef om nog baie reise te onderneem. Om die regte stoel vir sy fotos te kry, het Theunis by tweedehandse hande laars omgegaan totdat hy die regte stoel opgespoor het. Toe ek hom kry, het die ouens ges ek moet voel hoe hy sit. Toe s ek nee, ek wil eerder voel hoe swaar is hy. Theunis vertel ook dat die stoel vir hom n plek in die foto is waarop jy jou self in jou verbeelding sou kon tuis maak. Veral in een van sy fotos lyk dit heel lekker om so met jou voete in die branders te sit. Maar sit hy darem so nou en dan in die stoel? Ja, ek sit in hom, veral met n glasie wyn van dieselfde kleur. Theunis Minnie stal in die C.R. Swart gebou op die Kovsiekampus uit.

Met die olifante het ek amper gedink dit gaan die laaste shoot met die rooi stoel wees.
THEUNIS MINNIE, FOTOGRAAF

Theunis Minnie voor die fotos van sy rooi stoel en hul reise. Foto: WILLEM VAN DER BERG

Bloemfontein trek rooi jas aan


Theuns du Buisson
IS Bloemfontein altyd so n lekker plek? Die vraag is al tallose kere die week gevra. Dan word dit opgevolg met: Theuns, jy bly mos hier, n? En dan moet ek antwoord. Maar wat sal ek hierop s? Ja, Bloemfontein is n lekker plek. Dit ren maar min, so jy kan die meeste dae doen wat jy wil, tensy jy die een of ander geestesversteuring het wat van jou vereis om net in die ren uit te gaan. As jy so n versteuring het, is Bloemfontein nie die plek vir jou nie. As dit wel ren, veral in die winter, verander Bloemfontein in n ander plek. Ek was verlede week in die stadion. Op die een of ander manier het die water alle Bloemfonteiners verdryf.

n Pot vol stronk


Dit was skielik asof Nuweland op die Vrystaat-stadion neergedaal het. Die kleinerige skare was almal in vlootblou geklee. Dit kan te wyte daaraan wees dat die meeste rendigte baadjies vlootblou is, maar die dreuning elke keer wanneer die Stormers n paar meter wen, het die teendeel bewys. Nee wat, Bloemfonteiners is nou nie die mees patriotiese mense nie, al s hulle ook so. Op die Vryfees is hulle egter n bietjie beter. Die fees is n lekker ding, so jy vergeet sommer dit is in Bloemfontein. Bloemfontein word as die stad met die hart van n klein dorpie beskryf. Ander beskryf dit weer as die stad met die brein van n plaas-opstal. Ek sal moet lieg as ek sou s dat ek nog nie na

Bloemfontein as laasgenoemde verwys het nie. Maar Bloemfontein verbaas jou ook. Net wanneer jy dink daar is geen hoop vir die plek nie, loop jy iemand raak. Gewoonlik is dit n meisie in n rooi jas. Meisies in rooi jasse laat n mens altyd beter dink van die dorp waarin jy hulle ontmoet. Dis asof n rooi jas n meisie oombliklik meer intelligent maak. Of as dit n jas met n lae hals is, pla dit jou ook nie juis as dit haar nie intelligenter gemaak het nie. Maar dis nou ook n storie vir n ander dag. Nee wat, Bloemfontein is nou maar eenmaal n lekker plek. Dis soos n klein hondjie. As jy n drol op die mat kry, wil jy die dier maklik vir iets anders verruil, maar wanneer die hondjie n rooi winterjassie aantrek, kan jy net nie anders as om daarvoor lief te wees nie.

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Saterdag 14 Julie 2012

Eerbewys shocking, shocking s Lafras se Carel


Henry Cloete
IN die groenkamer van die ATKVWynand Mouton-teater sit die akteur Carel Nel aan n ronde tafel. Hy teug aan n Savannah Dry. n Middagslapie is beslis op die kaarte, s hy die span wat die voorbereidingswerk vir Die rebellie van Lafras Verwey in di teater behartig, kon immers eers Vrydag omstreeks 04:00 hul werk voltooi, s hy, voordat die eerste vertoning van di toneelstuk ses uur later plaasgevind het. Maar niemand het gekla nie, s die 27-jarige Nel. En vanoggend was alles perfek. Sy hare is steeds grys gepoeier van die oggend se grimeerwerk vir die vertoning. Nel is wyd geprys vir sy vertolking van Lafras Verwey in hierdie toneelstuk, waarvan die teks deur Chris Barnard geskryf is en die regie deur Albert Maritz behartig is. Hy het selfs die 2011Fleur du Cap-toekenning vir beste akteur ontvang vir di vertolking. Ek het dit glad nie verwag nie! Ek het eintlik net gegaan vir die jol . . . Dit was nogal shocking. Dit was n groot eer om net benoem te word. Die positiewe resensies het ook ingestroom, maar volgens Nel is dit belangrik om nie di menings te ernstig op te neem nie. Dit is baie lekker vir n akteur om n goeie resensie te kry, maar dit is die opinie van een persoon. Dit is baie goed as dit goed is, dit is baie sleg as dit sleg is, maar as jy dit kop toe vat, gaan jy verander, jy gaan onmmmmmiddellik, rek hy die lettergreep uit met sy hande teen mekaar, die verkeerde besluit maak. Hy leun vorentoe terwyl hy praat. Daar is iets soos n vriendelike intensiteit in sy o. Hy het Bloemfontein, waar hy aan die Universiteit van die Vrystaat drama studeer het, in 2008 vir Kaapstad verruil, waar hy hom mettertyd by die teatergroep The Mechanicals aangesluit het. Ek is baie bly ek het hier geswot, s hy oor die universiteit waar hy sy teatertande geslyp het. Ek het drie jaar hier geswot en seker 20 of 25 plays gedoen. Dis hoe n mens leer. Oor die eerste vertoning Vrydagoggend s hy die gehoor was baie responsive. Hulle het saam met my in Lafras se droomwreld geleef.

Projek vir studente is hier om te bly


Ruan Bruwer
AL is verhoogstukke van die Vryfees-kampustoneel nie baie goed bygewoon nie, is hierdie nuwe projek hier om te bly. Die dramadepartemente van ses universiteite is genooi om aanbiedings voor te l waarvan vier gekeur is. Die swak bywoningsyfer sal ons nie ontmoedig om voort te gaan nie, het Adri Herbert, feesorganiseerder, ges. Solank as wat die fees bestaan, wil ons dit (kampustoneel) deel van die fees hou. Dis deel van die fees se projekte om gehore, sowel as teaterskeppers, vir die toekoms te help verseker. Die moraal is dikwels laag onder jong akteurs en skrywers oor min geleenthede om hul werk op te voer. Ons hoop die kampustoneel sal hierdie mense motiveer om aan te hou om teater te maak, het Herbert ges. Verne Munsamy, skrywer van No added charges, het haar woorde beaam en ges as jong dramaturg is dit soms frustrerend om nuwe werk te skep, maar dan weens n gebrek aan geld te sukkel om dit opgevoer te kry. Danksy die Vryfees wat die produksie (deur die Universiteit van KwaZulu-Natal) vir ons gefinansier het, het ons n seldsame geleentheid gehad om met die stuk te reis en n splinternuwe opvoering op die planke te kry. n Geleentheid soos hierdie is dus baie belangrik vir ons, het hy genoem. Volgens Roxanne Bain, wat die teks vir The F-word (opgevoer deur die Universiteit van Stellenbosch) geskryf en daarin gespeel het, is sy dankbaar vir die platform wat die fees vir haar en haar medespelers geskep het. Dit is soos die ander drie stukke in die kampustoneel die eerste keer hier op professionele vlak opgevoer. In ag genome dat die stuk omstrede is met sterk maatskaplike kommentaar wat gelewer word, is ons veral bly vir n geleentheid soos hierdie om dit te kon opvoer, het sy ges. Herbert het ges dit was n seldsame netwerkgeleentheid vir universiteite se dramadepartemente.

Die akteur Carel Nel. Foto: WILLEM VAN DER BERG Voor n vertoning van Lafras begin hy tien minute voordat die gordyne gelig word op en af stap en ruk. Dit vat maar n rukkie om in Lafras in te kom. Oor sy terugkeer na Bloemfontein vir die Vryfees is hy opgewonde veral om Lafras voor n oorwegend Afrikaanse gehoor te kan uitvoer. In Kaapstad, sien, het selfs Engelse teatergangers sale stampvol gemaak om di Afrikaanse produksie te beleef. Dit is wel stresvol al my ou dosente en familielede gaan kom kyk . . . ) Die rebellie van Lafras Verwey is vandag om 13:00 en 20:00 in die ATKVWynand Moutonteater.

Musiekproduksie bring hulde aan wyle Christa Steyn


Margo Olivier
OP die laaste dag van die Vryfees word hulde aan die pianis en komponis, wyle Christa Steyn, gebring. Die musiekproduksie Katedraal vind mre om 12:00 in die Kunstetrust-Odeion op Kovsiekampus plaas. Christa was deel van die produksie toe dit in 2011 op die KKNK bekend gestel is. Sy was ook die inspirasie daaragter. Christa is vroer vanjaar weens kanker dood. Luidens n mediaverklaring het die bekende orrelis Ockie Vermeulen Katedraal saamgestel om die veelsydigheid van die orrel as n instrument uit te beeld. In die produksie word musiekstyle soos klassiek, jazz, kontemporr en selfs rock op die orrel gespeel. Katedraal wys vir gehore dat die pyporrel vandag nog net so van toepassing soos in die Middeleeue is. Daar word ook van Christa se komposisies in die produksie uitgevoer. Dit is die eerste keer wat Katedraal op die Vryfees te sien sal wees. Ockie is in die produksie saam met die violis Lizelle le Roux, Christi-Louise Swanepoel op kontrabas en Hugo Radyn wat tromme speel. Di uitvoering van Katedraal is di kunstenaars se manier om aan hul oudkollega eer te betoon.

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Saterdag 14 Julie 2012

Vaginamonolo ontlok gemengde reaksie

Van links is Simone Biscombe, Antoinette Louw en Lulu Botha Foto: WILLEM VAN DER BERG

Twee Stronk joernaliste van verskillende geslagte het na die produksie Die Vagina monolo gaan kyk. Hul indrukke is baie uiteenlopend. Die een het dit ietwat komies gevind en die ander het ietwat kwaad geword. Albei het skaam gekry. Simon Haggard en Oom Ludwig van Greunen vertel.

Simon Haggard
VA-GI-NA! Dit klink beter opgebreek in lettergrepe. Om dit verskeie kere te hoor tussen twee mans, waarvan daar seker net tien in die gehoor was, is ongemaklik. Ek wou lag. Ek wou huil.My kop in die grond bre soos n volstruis. Empatie. Jy kon voel wat die karakters voel. Hul seer en vrees, gemak en die vernedering van vrouwees. Daar was n gesnak na asem en gegiggel oor woorde wat ons nie juis elke dag hoor nie. Wolbeursie, snormossel, plat plesierspier . . . Daar was n voortdurende warm gloed soos mense gebloos het. Tannies, knus toegewikkel in serpe en jasse,

en stywe lippe het geskok hier en daar aahh gebrom. Donker tematiek word ook aangeraak. Dit word effens gemasker deur komiese dialoog. Die drie aktrises, Antoinette Louw, Lulu Botha en Simone Biscombe, vertolk ware verhale van vrouwees. n Kleuter wat verkrag word en ontwikkel in n 16- jarige biseksuele karakter. n Vrou se geel rok met blou blommetjies wat verdrink in haar vloed. n Vrou wat haar skulp verwerp, en later herontdek. Jy kan nie help om kwaad te word nie. Maar dit is omdat jy n vrou is. Ons is skaam oor wat met ons gebeur. Ons word soms verneder deur ons eie biologiese ontwikkeling.

Oom Ludwig van Greunen


KYK, so n jong mannetjie roep my toe nou in die lewe daar in die Eunice-horskoolsaal in Bloemfontein. Hy s sy naam is Theuns van die Stronk-feeskoerant en hy kry te skaam om iets oor die produksie Die Vagina-monolo te skryf. Nou maar toe vra ek: Wat is n vagina? Ons ken nie sulke goed op die plaas nie. Daar kom toe n nooi op die verhoog en s sy het verskeie vroue oor hulle sn gaan uitvra. Sy het seker ook nie geweet wat dit is nie. Hoekom anders sou sy hulle dan nou daaroor uitvra? Maar daar kom toe n ander dame op en vertel van hare.

Sy s die ding het hare op en haar man hou nie daarvan nie. Dit klink werklik na n onplesierige ding om te h. Sy vertel hoe sy dit tot nou maar geskeer het en hoe dit gejeuk en gebrand het. Ek kyk na ou Theuns daar langs my. Ek sien hy kry skaam. n Hele paar ander mense kyk ook verward rond. Ander sit met hul hande oor hul o. n Rukkie later kom n vrou, omtrent my ouderdom en vra vir wat sy nou oor die ding daar onder moet praat. Sy praat van pype wat lek en n vloed as G Korsten haar soen. Wat G met haar kelderverdieping te doen het, sal ek jou nou nie kan s nie. Ek kan nie

hond of haar uitmaak nie, maar Theuns lag darem. Dit lyk of hy die ou vrou geniet, so ek maak maar of ek weet wat aangaan. Volgende word daar gepraat van vaginas wat soos rose en visse en strande en bosveld en nugter alleen weet wat nog ruik. Nee goeiste. Ek ken nie sulke goed nie en weet steeds nie waaroor al die bohaai gaan nie. ) Nota van die redakteur: Ek het voor druktyd verneem Theuns het wel di berig geskryf, maar was te skaam om sy naam daaraan te koppel. Hy is nog baie jonk. Eintlik maar nog baie soos n seuntjie. Ludwig van Greunen is n fiktiewe persoon. Ons vra om verskoning vir enige verwarring.

Twiets oor die #Vryfees


@bobbyvjaarsveld: Ek en die band nou oppad Bloem toe vir ons show daar vanaand 7 uur by die Vryfees!!! Jippie! #vryfees @nicolesmit87: So opgewonde vir @chrischameleon se show vandag, by die bitter koue #vryfees in Bloemfontein!! @milanmurray The show must go on... Ten spyte van my opgeswelde gesig. 18hoo vanaand. Eunice saal. #vryfees

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Saterdag 14 Julie 2012

Kampers neem fees oor


Al jare lank betrokke
Jan Gerber
DIE ANC het glo n geneigdheid tot kaderontplooiing. Op die Vryfees is daar egter die verskynsel van die Kamper-ontplooiing. Altesaam vyf lede van die Kamper-familie is vanjaar in die een of ander hoedanigheid op die Vryfees betrokke. Pa Gerben is regisseur van S11 en is as akteur in Die Graswewenaar te sien, saam met dogter Marijda. Laasgenoemde is ook die teaterbestuurder van die ATKV-Wynand Mouton-teater en assistent-regisseur van S11. Ma Atie is die stalletjies se kordineerder en Gerben se broerskinders, die tweeling Johan en Chris Kamper, is twee van die bestuurders wat die kunstenaars karwei. Die buitelandse lede van die Kamper-familie is k betrokke by die Vryfees. Gerben en Atie se seun Henco wat in Rotterdam, Nederland, woon, het die plakkaat van S11 ontwerp. Dit is gegrond op n skildery deur Mieke Kemp, Gerben se skoonsuster, wat ook in Nederland woon. Dit is baie spesiaal dat Henco wat oorsee is die plakkaat kon maak, het Gerben ges. Die Kampers is al sedert die tweede Volksblad-kunstefees betrokke, met Gerben wat ook verbonde is aan die Kovsie-dramadepartement, terwyl Atie met administratiewe sake doenig is. Marijda is gebore in die teater, vertel Atie met n glimlag, kort nadat Marijda gistermiddag by die Wynand Mouton ingeglip het om n ogie te hou. Gerben s dis glad nie moeilik om saam met sy dogter aan toneelstukke te werk nie. Omdat hy deel was van haar opleiding verstaan hulle mekaar op n professionele manier, het hy verduidelik. Wat n voordeel is, is dat sy verstaan wat in my kop aangaan, het hy bygevoeg. Hy meen ook die fees is n lekker jaarlikse inspuiting vir Bloemfontein, omdat dit die plaaslike teaterbedryf geleenthede gee, en ook produksies van regoor die land hierheen bring. Almal is s positief, het hy ges.

Johan, Atie, Chris, Marijda en Gerben Kamper by die plakkaat vir die toneelstuk S11 wat Atie en Gerben se seun Henco, wat in Nederland woon, ontwerp het. Foto: WILLEM VAN DER BERG

Van der Merwe kap weer na Afrikanerbond


Leandr Blume en Henry Cloete
DIE Afrikanerbond (AB) is soos jagse gekastreerde casanovas by n orgie. Hulle wil graag n bydrae lewer, maar hulle kan nie. Dt is die omstrede aanhaling wat Jan van der Merwe n jaar gelede in die nuus laat beland het. Van der Merwe het Donderdagaand by die Draaitafel met die kunstegeleentheid op Kovsie-kampus di sentimente herhaal. Die Draaitafel was deel van die Vryfees. Van der Merwe het hom aan tafel met feesgangers en ander skrywers skerp uitgelaat oor die AB se huidige doen en late. Hy het in 2002 n lid van die AB geword en is in 2004 tot die direksie verkies. Hy het tot en met 2008 daarin gedien, waarna hy bedank het. Deesdae is hy in die ANC en spesiale raadgewer in die kantoor van die onderburgemeester in Bloemfontein. In sy eerste roman, Die moord op Francis Victor, skryf hy onder meer oor die C.R. de Wet-fonds en die Kruger-miljoene, en die AB se onvermo om die fonds tot nut van Afrikaners aan te wend. Gebruik dit om studente te help of finansier woordeboeke, maar in di stadium bevorder hulle niks, is een van sy menings oor die hedendaagse bestuur van die AB. Di boek is meestal gegrond op feite, maar bevat wel ook n klein hoeveelheid fiksie. Alles wat Van der Merwe in die boek oor die C.R. de Wet-fonds skryf, is gegrond op ware gebeure, maar die moord op die vrouedireksielid is absolute fiksie. Die oorspronklike manuskrip is agt keer herskryf, aangesien dit t

Jan van der Merwe veel feite bevat het en t min fiksie. Hy s hy sou nooit die boek geskryf het as die AB steeds so baie mag besit het soos vroer jare nie, maar noudat die AB feitlik geen mag meer het nie, was daar geen keer aan hom nie. Volgens Van der Merwe verkoop di roman goed. Pieter Vorster, voorsitter van die AB, het aan Stronk ges di liggaam het hom verlede jaar breedvoerig uitgelaat oor Van der Merwe se skrywes en uitsprake. Dit was n onwelriekende sagetjie. Daar is nou baie meer relevante dinge waarmee ons besig is as om kommentaar te lewer op Jan van der Merwe se twak. Hy het ges die AB lag dit af. Ons steur ons nie aan sy manewales nie. Ek dink nie enigiemand steur hulle aan Van der Merwe nie. Hy is tans besig met die samestelling van n tweede boek, Vrystaatse dorpe, wat handel oor elke dorp in die Vrystaat se ontstaansgeskiedenis en waar hul name vandaan kom. Die boek sal later vanjaar uitgereik word.

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Saterdag 14 Julie 2012

S verdryf feesgangers die ysbere


Met die kwik wat vandag rondom 10C gaan vassteek, het Stronk by Vryfeesgangers op die Kovsiekampus uitgevind hoe hulle warm bly. Francois Theart het die fotos geneem.
Albert Maritz gister op die Vryfees. Foto: WILLEM VAN DER BERG

n Veer in die Vryfees se hoed


Regisseurs bendruk met di venue
Ruan Bruwer
OM twee teaterregisseurs, bekend om hul perfeksionisme en ho peil wat hulle handhaaf s tevrede te stel as wat die ATKVWynand Mouton-teater vandeesweek gedoen het, is n veer in die hoed vir die Vryfees en di venue. Albert Maritz (Die rebellie van Lafras Verwey) en Lara Bye (Oskar en die pienk tannie) kon gister nie hul ingenomendheid met die standaarde van die Kovsie-kampus se vlagskip-venue wegsteek nie. Albei het groot verwagtinge as dit by tegniese aspekte kom, s Bye wat haarself as n perfeksionis beskryf. Hierdie was een van my heel beste teaterervarings ng. Om boonop in s n fantastiese teater te speel, was net n bonus, het sy ges. Sy s sy raak soms gefrustreerd as daar nie genoeg tyd voor n produksie ingeruim word om die ligte te toets nie. Die personeel was egter baie hulpvaardig daarmee en het dit voor elke vertoning saam met my getoets. Ek heg baie waarde aan ligte, dit maak tog n groot deel van die vertoning uit. Maritz, bekend as n regisseur wat weet wat hy wil h en moeite met sy verhoogstelle doen, s sy ervaring het sy stoutste verwagtinge oortref. Dis vanjaar sy heel eerste keer wat hy in di venue gewerk het. Elke liewe persoon het uit hul pad gegaan om te help. Dis lieflik en laat jou gewaardeer voel. Hierdie is boonop die mooiste teater wat bestaan. My pa (Dawie) het destyds (in 1987) hier in Die Koggelaar gespeel en my van hierdie wonderlike teater vertel, het Maritz ges. Sy produksie het Donderdagaand om 22:30 ingetrek en almal is eers 03:30 daar uit. n Mens sal nooit genoeg tyd h nie. Ons sou die hele nag kon werk as dit moet, maar n mens moet darem slaap ook. Dankie ook vir ons motorbestuurder wat ons daardie tyd van oggend kom haal het. Maritz was baie in sy skik met die tegnici. Jou grootste vrees is altyd dat die tegniese span by n venue nie opgewasse is nie. Indien ons gisteraand (Donderdagaand) nie bekwame mense gehad het nie, sou ons deur die nag moes gewerk het. My ervaring is dus n baie positiewe een, het hy ges. Sy stelle is in baie gevalle groot omrede hy graag klassieke stukke afstof. Maritz s hy los met gemak die logistieke relings in Gaerin Hauptfleisch se hande wat hom op die meeste kunstefeeste vergesel. Volgens Liandri de Klerk, verhoogbestuurder by die Wynand, word van die regisseurs soms as moeilik of bombasties beskou, maar hulle weet eerder net wat hulle wil h. Dit maak dit vir ons ook makliker as hulle weet wat hulle wil h. ) Maritz maak vanaand om 20:00 weer sy verskyning op die verhoog (hy spits hom deesdae hoofsaaklik toe op sy werk as regisseur en vervaardiger) wanneer hy vir een van sy spelers wat ander verpligtinge het, moet instaan. Liani Meyburg (20): Koffie en hot chocolate. En baie klere en handskoene. Byron Wegger (20): Met drank. En ons bly in die bier tent.

Marcelle Botha (20): Ons bly in die tent en ons dans lekker op die musiek. En ons drink koffie.

Zander Olivier (19): Om al mal wat ek sien te vry. En die lekker spicy kos en mam poer.

Milan effe dikbek, tree steeds op


Margo Olivier
THE show must go on . . . ten spyte van my opgeswelde gesig, het die aktrise Milan Murray gisteroggend getwiet. Hoewel haar mond erg opgeswel is, was sy steeds gisteraand in n Vryfees-produksie te sien. Milan, bekend as mede-aanbieder van kykNET se Ontbytsake, het Dinsdag n mondoperasie ondergaan. Sy het egter nie goed op die verdowingsmiddels gereageer nie. Sy het gistermiddag ges haar mond het begin opswel en die swelling het steeds nie gesak nie. Ek lyk soos n eekhoring. Volgens Milan gebruik sy nou homeopatiese (natuurlike) middels vir die swelling en pyn. Sy het gisteraand in Teerling van PG du Plessis, onder regie van Sandra Prinsloo, in die Eunice-horskoolsaal opgetree. Situasies soos di is maar deel van die uitdagings van akteurwees. Milan s sy moet nou net harder daarop konsentreer om woorde beter uit te spreek en harder te praat sodat die gehoor haar duidelik kan hoor.

Roa Uys (20): Die mam poerstalletjie en die Blrkas.

Cameron Sass (20): Die schwarmas hou my warm.

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Saterdag 14 Julie 2012

You might also like