Kampus Volksblad

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 8

GRATIS

AMBASSADEURS

RUGBY

Busdiens sal di Kovsies aanry BL. 5

Drie vind in Kenia uit oor soekenjin BL. 6

UVspeler skitter vir Jong Bokkies BL. 8

Dinsdag 24 Julie 2012

Smul aan feeskos

Van 10 tot 15 Julie is die jaarlikse Vryfees weer op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) aangebied en menige Kovsie het behoorlik tussen die toneelstukke en stalle tjies gebaljaar. Hier smul twee Kovsies, Leandr Blume (18) en Francois Theart (20), aan hamburgers voor die hoofgebou op kampus. Hulle was albei verslaggewers vir die amptelike feeskoerant, Stronk. Foto: LIZE VAN DEN BERG

MATRIKULANT VAN DIE JAAR


Sluitingsdatum is 27 Julie
T: +27[0]51 401 3844 | greylinl@ufs.ac.za | www.ufs.ac.za UFSUV | UFSweb | UFSweb

Kontak Linda Greyling soggens by +27(0) 51 401 3844

2012

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Dinsdag 24 Julie 2012

Fluitjies blaas om hulp


Veiligheid verbeter
Verslaggewer
DIE Universiteit van die Vrystaat (UV) sal voorts die fluitjie teen misdaad blaas letterlik. Om die veiligheid op sy kampusse te verbeter het die universiteit fluitjies aan alle vrouekoshuisstudente op die Bloemfontein-kampus uitgedeel. Studente kan die fluitjies blaas wanneer hulle in gevaar verkeer om mense in die omgewing te waarsku. Die fluitjies sal die veiligheidspersoneellede wat die kampus patrolleer, waarsku hul hulp word benodig. Ons sal alles in ons vermo doen om jul veiligheid te verseker, het prof. Jonathan Jansen, rektor, aan koshuisprimarias en -komiteelede ges wat die fluitjies namens hul koshuise ontvang het. Veiligheid is nie iets wat ons as vanselfsprekend aanvaar nie, het Jansen ges en hulle meegedeel die kampus is een van die veiligste kampusse in die land. Ander veiligheidsmaatrels wat die UV ingestel het, sluit die oprigting van meer as 30 rooi pale oor die kampus heen in. Elkeen van die rooi pale is toegerus met n paniekknoppie wat geaktiveer kan word om hulp te ontbied. As n student of personeellid bedreig voel, hoef hulle slegs die knoppie te druk en kameras wat in die omgewing genstalleer is, sal op die paal fokus en Beskermingsdienste sal hulp stuur. VAN die einde van die eerste semester spog die Landbougebou op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) met n nuwe aansig. Die kunswerk van Angus Taylor, genaamd Van hier tot daar, versier dees dae die ingang van die gebou. Die kunswerk, in die vorm van n mens se kop, is drie meter hoog en weeg on geveer 15 ton. Dit het twee weke geduur om die werk aanmekaar te sit, maar dit het maande se voorberei ding gekos. Taylor het n verskeidenheid mense as verwysing in die ontwerp van die gesig gebruik. Die kuns werk is deur die Loterytrustfonds gefinansier en is die 16de kunswerk wat met behulp van die Lotery beeldwerkopkampusprojek opgerig is. Foto: CONRAD BORNMAN

Gee hul 67 minute op Mandeladag

Studenteraad het nou blinknuwe planne


Simon Haggard
ALTESAAM 36 studenteraadslede (SR) van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Bloemfontein- en Qwaqwa-kampusse het die vakansie Amerika besoek. Di Kovsies het van 10 tot 24 Junie aan n w^ereldwye leierskapvoorbereidingsprogram deelgeneem. Die studente het onder meer Washington, Boston en New York as deel van hul opleiding besoek. Die doel van die program is om by Suid-Afrika se volgende generasie leiers bewustheid oor hul uniekheid in die internasionale konteks te skep, asook om hulle oor die verskeie moontlikhede vir verandering in te lig. Volgens Rudi Buys, dekaan van studentesake, is studente wat op kampus die leiding neem diegene wat dalk eendag die land sal lei en hulle moet dus oor alle vlakke van internasionale ontwikkeling ingelig wees. Richard Chemaly, SR-president, kon nie uitgepraat raak oor die geleentheid nie. Die ondervinding was regtig fantasties. Dit was wonderlik om te sien hoe die SR-lede hul vlerke sprei en die geleenthede aangryp wat gebied is. Die mense wat ons ontmoet het, het ons geinspireer om harder te werk en om ook n ons termyn (op die SR) aan te hou lei. Die program was puik en ek is regtig opgewonde om sekere programme in werking te stel. Volgens Qaqamba Mhlauli, SR-lid vir transformasie, was die ervaring n groot kultuurskok. Daar is interkulturele verhoudings oral en die lewe daar is beslis vinniger; dit is soos n groter, beter Johannesburg. Sy het ges die SR het nog nie saam gesit en begin planne beraam nie, maar wil so gou moontlik bymekaarkom om dit wat hulle geleer het op die kampus in werking te stel.

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het Woensdag aan oudpres. Nel son Mandela hulde gebring en Mandeladag op 18 Julie met n muntleg ging gevier. Mense word aangemoedig om 67 minute van hul tyd op die dag aan n goeie doel af te staan. Hier doen die hoofleiers van die Grey kollege ook hul deel op Madiba se verjaardag. Foto: LIZE VAN DEN BERG

Filmstudie in 2013 aan UV aangebied


Simon Haggard
FILMFOENDIES sal van volgende jaar af n nuwe tuiste aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) vind. Van 2013 af word n nuwe B.A.-honneurskursus aan die UV aangebied en studente sal bly wees om te hoor die kursus gaan oor filmstudie. Studente wat meer oor die kuns van fliek maak wil leer en hulle as onder meer kameramense, skrywers of regisseurs wil bekwaam, kan aansoek doen vir die eenjaarkursus wat deur die departement drama-en-teaterkuns, in samewerking met die departement kunsgeskiedenis aangebied word. Slegs 15 studente sal gekeur word om di kursus te volg en dit is nie net tot dramastudente beperk nie. Studente wat in n kunsof taalrigting gestudeer het of reeds in film betrokke is, kan hulle hiervoor inskryf. Prof. Nico Luwes, hoof van die departement drama-en-teaterkuns, s slegs die beste kandidate sal gekies word en hy meen die kursus sal alumni produseer waarop die UV trots sal kan wees. ) Rig navrae aan Luwes by 051401-2815 of luwes@ufs.ac.za.

Die groep SRlede wat Amerika die vakansie besoek het.

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Dinsdag 24 Julie 2012

Tyd vir tweede semester


Lynette Kruger
DIE jaar is stadig maar seker besig om einde se kant toe te staan, maar voordat ons nog kan begin dink aan Kersfees of die nuwe jaar, is daar nog n effense berg wat voor ons almal l, berg Tweede Semester. N die eerste semester se strawwe akademiese, sport- en kultuurrooster, sou n mens dink dat dinge n bietjie rustiger in die tweede semester sal wees, maar helaas, dit is nie die geval nie. Die nuwe semester gaan harde werk, deursettingsvermo en bloedsweet kos, maar ek glo ons almal sal heel aan die anderkant uitkom. Kampus-Volksblad het by n paar studente gaan vis oor hul gevoel oor die nuwe semester wat voorl. Eben Kriek, n eerstejaarregsstudent, s: Ek sien baie uit na die semester wat voorl. My studies is

Eben Kriek baie interessant en die dameskoshuise word onthef, so die jaar kan net beter raak! N so n wilde semester wat verby is, sien ek vreeslik op na die een wat kom, maar ek het oorleef en wat nie doodmaak nie, maak

JamalDean Grootboom groot. Ek weet dat ek tot alles in staat is deur God wat my krag gee, s Joanel Coetzer, n tweedejaar-onderwysstudent. Adele Kotz, n derdejaarstudent in B.A. mediastudie en joernalistiek, s: Ek voel optimisties

Joanel Coetzer en gereed vir die tweede semester. Ek is ook baie opgewonde omdat dit die laaste semester is voordat ek graad vang ek kan letterlik nie meer wag nie, so hopelik vlieg dit verby! Jamal-Dean Grootboom, nog

Adele Kotz n derdejaarstudent in B.A. mediastudies en joernalistiek, se mening oor die nuwe semester is dat hy baie opgewonde is en dat daar baie goed gaan gebeur. Tussen die kultuurweek en kleinsr gaan dit weer n goeie begin wees!

Jaar Geboortes

1989 1990 Hayden Panettiere Sean Kingston Joe Jonas Emma Watson Jason Derulo Taylor Swift Alex Pettyfer Liam Hemsworth

1991 Emma Roberts Ed Sheeran

1992 Selena Gomez Miley Cyrus Nick Jonas Demi Lovato

1993 Taylor Momsen

Sterftes

Bette Davis

Dr. Suess Miley Davis Freddy Mercury Dont let the sun Vogue Madonna go down on me Elton John & George Michael It must have been love Rox Enter Sandman Metallica ette

Audrey Hepburn

Jou geboortejaar is dalk belangriker as wat jy dink


Margo Olivier
DIE jaar waarin jy gebore is, is die belangrikste jaar van jou lewe, maar wat het nog in daardie jaar gebeur? Dit is die begin van jou lewe en beslis n jaar wat jou ouers se lewe vir ewig verander het, maar hoeveel weet jy eintlik van hierdie jaar? Hier is n paar mense wat jou geboortejaar deel, n paar rolprente wat vervaardig is en ander belangrike dinge wat rondom die 1990s gebeur het wat die wreld verander het nes jou verjaardag, natuurlik . . .

Musiek

Like a Prayer Madonna Eternal Flame Bangles

I will always love you Whitney Houston

Bed of Roses Bon Jovi

How do you do Everybody Hurts Roxette R.E.M Im too sexy Right Said Fred Linger Cranber ries

The Look Roxet U cant touch this Smells like teen te MC Hammer spirit Nirvana do, Love Shack The Ice Ice Baby Va Everything I Bri I do for you B52s nilla Ice an Adams Flieks Dead Poets Socie Pretty woman ty Look whos talking Edward Scissor hands The Little Mermaid Ghost Ander feite Nintendo Game Boy bekendgestel Seinfeld en The Simpsons begin Duitsers begin Ber lynmuur afbreek Silence of the Lambs Adams Family

Tears in heaven Mr Jones Coun Eric Clapton ting Crows Sister Act A Few Good Men Jurassic Park Sleepless in attle Shindlers List WWF Monday Raw begin Tennisster Moni ca Seles word met n mes ge steek Se DAAR is mense van jou ouderdom wat al beroemd geraak het, daar is mense oorlede in die jaar waarin jy gebore is wat steeds onthou word, daar is musiek en rolprente vrygestel wat so n groot invloed op mense se lewe gehad het dat dit vandag steeds gewild is. Daar het boonop dinge gebeur waaroor mense nou nog praat of onthou. Ons kan dankbaar wees vir die TV-programme wat in 1989 begin het, dankbaar vir 1990 oor die algemeen, want alles wat goed is, het toe gebeur (ek is boonop toe gebore), 1991 sal ons onthou vir die dood van n paar legendariese mense, 1992 sal ons die skuld gee vir die bekendstelling van die nuwe Disney sonder die tekenprente waarmee ons grootgeword het en in 1993 is ons die eerste keer aan WWF-rofstoei blootgestel besluit maar self of dit n goeie of slegte ding is . . . Wat gaan jou nalatenskap wees?

Robin Hood: Prin Basic Instinct ce of Thieves Nelson Mandela Die Oceanospas Apartheid finaal word vrygelaat sasierskip sink afgeskaf Prins Charles en Namibi word on SuidAfrikaanse prinses Diana skole oopgestel afhanklik kondig egskeiding vir alle rasse aan

Tweede boek ook propvol avontuur


Michelle Malan
N die sukses van die rolprentweergawe van The Hunger Games, gegrond is op die boek deur Suzanne Collins, kan mense nie genoeg van die Hunger Games-trilogie kry nie. Catching Fire is die tweede boek in die reeks en word weer van die hoofkarakter, Katniss Everdeen, se waarneming vertel. Die boek begin waar Katniss en haar medewenner van die 74ste Hunger Games na hul tuiste, Distrik 12, terugkeer. Hulle berei hulle voor om met hul oorwinningstoer oor die land Panem te begin. Dinge tussen Katniss en Peeta is stram, omdat Peeta uitgevind het die liefde wat Katniss aan hom in die spele gewys het, was net voorgee. Dan is Katniss se vriend Gale ook nog daar. Net voor die toer begin, besoek president Snow Katniss en verduidelik sy en Peeta moet Panem se inwoners daarvan oortuig hulle is werklik verliefs. Hul aksies in die vorige spele wat daartoe gelei het dat hulle albei as wenner gekroon is, het onrus in Panem veroorsaak. Katniss en Peeta sal almal moet oorreed hul aksies in die spele is uit domme verliefdheid gedoen. Wanneer Katniss en Peeta op hul oorwinningstoer is, word hulle bewus daarvan n rebellie is in Panem aan die broei. Die twee kom ook vinnig agter hul pogings om verlief te lyk flous nie die inwoners van Panem nie. Dan word die 75ste Hunger Games aangekondig wat n spesiale weergawe van die Hunger Games sal wees. Die deelnemers sal almal vorige wenners van die spele wees. Katniss moet noodgedwonge weer deelneem en Peeta is weer haar mededeelnemer van Distrik 12. Met die voorbereiding vir die spele soek Katniss en Peeta potensile vennote tussen die ander deelnemers. Hier ontmoet die leser nuwe, interessante karakters. Catching Fire het meestal goeie resensies van kritici ontvang. As leser was dit lekker om die nuwe karakters te ontmoet en ook om meer van Haymitch, Katniss en Peeta se mentor te leer. Collins hou by die eerste-persoonvertellingstyl wat sekere lesers dalk kan frustreer. Geen twyfel bestaan egter die boeke is nie literre meesterstukkes nie, maar die skryfstyl is vir die storielyn en aksie gepas. Daar wag baie verrassings in di boek en dit is, soos sy voorganger, propvol aksie.

food court
QUA
L U E , VA R I E T Y L I T Y, VA

R42.90
2 steak- of hoenderrepieSubs
Zastronstraat tak oop: 7:00 daagliks!

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Dinsdag 24 Julie 2012

Moderne deuntjie in Odeion


Orkes bring iets nuuts
Mirischian Naud
DIE Universiteit van die Vrystaat (UV) se alombekende musiekteater, die Odeion, was onlangs stampvol tydens die Bloemfonteinse stadsorkes se debuutkonsert. Die orkes is deur Dieperink Mller en Paul-Loeb van Zuilenberg begin. Die orkes is gegrond op die Europese konsep van n gemeenskaps- of stadsorkes wat nie noodwendig professioneel is nie. Daarom word ons die Bloemfonteinse stadsorkes genoem, verduidelik Sanli Jooste, n musikant in die orkes. Daar is n groot behoefte onder mense wat klassieke instrumente op skool of nog daarna bespeel het, maar wat nie noodwendig musiek gaan studeer nie, om in n orkes te speel. Daar is ongelukkig nie plek vir almal in die Vrystaatse Simfonieorkes (FSSO) nie, of hulle is nie heeltemal goed genoeg nie. Di volledige simfonieorkes bestaan uit professionele spelers, asook musiekstudente. Viole, altviole, tjellos, kontrabasse, perkussie, Franse horings, klarinette, asook dwarsfluite, hobos, trompette, n tuba en self n saksofoon, kan in die orkes gehoor word. Die orkes oefen sedert Mei weekliks. Jooste meen die beste deel van die orkes is die feit dat almal daar is omdat hulle daar wil wees bloot vir die genot om saam met ander musiek te maak. Aspirant-orkeslede kan vir Dieperink Mller kontak indien hulle een van die bogenoemde instrumente op n redelike standaard kan speel. Die amateurs in die groep (di wat dit nie vir n lewe doen nie, dus die musiekstudente en professionele spelers uitgesluit) moet totdat daar borge vir die orkes gevind word, n bedrag per konsert betaal. Die orkes ontvang in die stadium glad nie finansiering van buite nie. So hoekom moet mense na die orkes gaan kyk? Hierdie orkes is iets nuuts. Ons speel klassieke musiek, maar ook ligter werke, soos uittreksels uit James Bond-flieks, The Phantom of the Opera, Lord of the Dance en Chariots of Fire wat ons in die tweede helfte van die debuutkonsert gespeel het, wat almal kan geniet. En ons het juis met di konsert n gehoor getrek van mense wat nie normaalweg op byvoorbeeld die FSSO se konserte gesien word nie. Dit is werklik n orkes uit die gemeenskap, vir die (hele) gemeenskap, s Jooste. Die Universiteit van die Vrystaat het n stalletjie op die Nampooesdag by Bothaville gehad. Hier is van links, voor: Renee Muller en Ruddy Banyini; agter: Adele van Aswegen en Karien Linstrom. Foto: LIZE VAN DEN BERG

Probeer di vir n toe neus in die winter


Margo Olivier
DIS die tyd van die jaar wanneer almal begin siek word en n vinnige oplossing soek. Wintertyd is verkouetyd en dit kos n fortuin om net n produk te kry om jou neus oop te maak sodat jy weer normaal asem kan haal. Om nie eens te praat van iets vir daai seer keel nie . . . Wat kan jy by die huis self aanmekaar slaan wat jou sal laat beter voel en nie beroof van jou laaste sente nie? Jou antwoord l moontlik op die blog beingfrugalbychoice.blogspot.com. Dis n blog wat vol idees en wenke is oor hoe om n luukse lewe op n baie klein begroting te h. Hier het ek die resep gekry vir tuisgemaakde Vicks-stort-skyfies, of soos die blogger dit noem, Vicks Shower Disk Thingies. Hierdie is n skuif of stafie (afhangende van die vorm waarin jy dit maak) wat bloot op jou stortvloer l terwyl jy stort en dan geure vrystel wat jou neus sommer oopmaak. Hier is n eenvoudige resep. Al wat jy benodig, is: ) 2/3 van n koppie koeksoda ) Water ) Essensile olies: eukaliptus, roosmaryn en laventel ) n kolwyntjiepan ) kolwyntjiebakpapiertjies Metode: Gooi die koeksoda in n bak en gooi dan stadig water by totdat dit n dik pasta vorm. Daar word nie baie water benodig nie, so gooi dit stadig in die bak om te keer dat die pasta te loperig is. Gooi dan 15 druppels van elk van die olies in. Meng die pasta deeglik en skep dan in die kolwyntjiepannetjie wat met die papiertjies uitgevoer is. Laat dit vir 12 tot 18 uur staan. Wanneer dit hard is, haal dit uit die papiertjie en sit dit op die vloer in jou stort neer en voila! Jy sal vinnig makliker begin asemhaal en jou lugwe sal op n natuurlike manier oopgemaak word.

SA sien gou Walliese Bullet for my Valentine


OPPIKOPPI het onlangs die hoofkunstenaars op vanjaar se fees aangekondig. Die Walliese groep Bullet For My Valentine maak van 9 tot 11 Augustus sy Suid-Afrikaanse debuut op die vlaktes van Northam. Di metal-groep bestaan uit die hoofsanger en kitaarspeler Matthew Tuck, dromspeler Michael Moose Thomas, Michael Padge Paget, hoofkitaarspeler en agtergrondsanger, en Jason Jay James, baskitaarspeler en agtergrondsanger. Die metal-tydskrif Kerrang! het die groep boonop in 2008, 2009 n 2010 as die beste Britse groep aangewys. Die groep is reeds tien jaar aan die gang en het reeds drie albums bekendgestel. Bykomende toerdatums vir Bullet for my Valentine sal binnekort aangekondig word. Kry kaartjies na OppiKoppi op Standard Bank se jeugportaal (http://studentachiever.standardbank.co.za/youth/GetIt/Compsand-promos/Oppikoppi) teen R600, of koop die kaartjies op ticketbreak.co.za teen R700 of R750. Kry die jongste nuus oor die fees op OppiKoppie se Facebookblad www.facebook.com/oppikoppifestival of volg die organiseerders op Twitter op @oppikoppifest.

KovsieFM, die kampusradiostasie van die Universiteit van die Vrystaat (UV), het aan die einde van verlede kwartaal n massiewe CDverkoping gehou. Van die CDs dateer nog van die 1990s. Die CDs is vir so min soos R2 verkoop. Hier is die meer as 500 CDs wat nuwe base gesoek het. Die CDs wat nie verkoop is nie, is herwin. Foto: MIRISCHIAN NAUD

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Dinsdag 24 Julie 2012

UV beplan gratis busdiens


S.Kaap, Namibi bedien
Verslaggewer
VOORNEMENDE Kovsiestudente van Namibi en dele van die Suid-Kaap kan van Januarie 2013 af van n gratis busdiens na en van die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) gebruik maak. Nuweling-eerstejaarstudente uit die streke sal in Januarie gratis na die Bloemfontein-kampus vervoer word. Die busdiens sal ook in die April- en Junievakansies na en van die UV beskikbaar wees. Die bus na Namibi stop onderweg in Kimberley en Windhoek en op Upington, Keetmanshoop en Mariental. Dele van die Suid-Kaap wat bedien word, is Colesberg, Beaufort-Wes, Oudtshoorn, Mosselbaai, George en Knysna. Gerhard van Rhyn, adjunk-direkteur: Bemarking aan die UV, s n groeiende behoefte aan n vervoerdiens na en van Namibi en die Suid-Kaap het tot die ontstaan van die gratis busdiens gelei. Namibi en die Suid-Kaap l baie na aan die hart van die UV. Oor die jare heen kom letterlik duisende studente van die streke aan ons universiteit studeer en hul spore l diep. n Groot aantal Kovsie-Alumni woon ook in Namibi en die Suid-Kaap. ) Voornemende Kovsies wat van die busdiens wil gebruik, sal vooraf aansoek moet doen en finale reisrelings sal regstreeks met hulle gekommunikeer word. Vir meer inligting kontak Anita Jackson by 051-401-3408 of jacksona@ufs.ac.za. Van die mense wat kort n die installering in die stelsel opgelei is. Van links is MartMari Duvenhage (Ph.D.student en stelseloperateur), dr. Hans Cramer (diensingenieur van Duitsland), proff. Koos Ter blans en Hendrik Swart, Pieter Barnard en Shaun Cronje (Ph.D.studente) en dr. Lisa Coetsee.

Nuwe toestel van wreldgehalte


DIE departement fisika aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) spog nou met n indrukwekkende nuwe toestel wat n allemintige R10 miljoen werd is. Die nuwe Nasionale Nanooppervlak- Karakteriseringsfasiliteit (NNSCF) van die departement het n vlugtyd- sekondre ioonmassaspektrometer (TOF SIMS) kort gelede ontvang. Die toerusting is in die nuwe laboratorium, wat R1,1 miljoen gekos het en aan die einde van Februarie voltooi is, aangebring. Prof. Hendrik Swart, hoof van die departement, s die nuwe toerusting, saam met twee ander stelsels van R23 miljoen wat twee jaar gelede aangekoop is, verseker die departement beskik oor moderne toerusting van wreldgehalte. Die toerusting sal gebruik word om navorsing in vastetoestandbeligting en die ontwikkeling van gevorderde materiale wat vir katalise, brandstofselle en sonselle gebruik word, te bevorder.

Sakeskool stel bestuurder vir program aan


DIE Universiteit van die Vrystaat (UV) se Sakeskool het onlangs n bestuurder van n nuwe program in persoonlike uitnemendheid aangestel. Die program word in die Sentrum vir Besigheidsdinamika, die kommersile eenheid van die UV se Sakeskool, gehuisves. Justin J. Kennedy het aan die Rhodes-universiteit en die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) gestudeer en sy navorsing is in verskeie gesondheidsverwante publikasies gepubliseer. Sy D.Psych. aan die Universiteit van Kaliforni het ontwikkel in n Ph.D. met DiscoveryHealth as navorsingsvennoot. In New York was hy deel van die navorsingslaboratorium Helicor wat die wreld se eerste handmodel ontwikkel het om die hartspoedveranderlike van die perifere senustelsel te meet. Die toestel is deel van die programme wat aangebied word om stres te beheer en kognitiewe prestasie te verbeter. Die program het ontwikkel tot die gestruktureerde M.Sc. oor beroep-stres en n Ph.D.-studieleiding vir studente. Die program sal tydens n projek vir prof. Tienie Crous se begunstigdeprogram vir akademiese departementshoofde bekend gestel word. Die program sal op die neuroekonomie van stresveerkragtigheid fokus. Die oorkoepelende doelwit van die program is nie slegs om stres te verminder nie, maar ook om die vermo om uitstekend by die werk te wees, te verbeter. Die doel van sy werk is om te verseker eenvoudige en praktiese vaardighede bied blywende, funksionele tegnieke aan akademici, studente en korporatiewe deelnemers wat maklik in hul werklewe toegepas kan word. Die program het drie rolle: om dienste te lewer wat studente en akademici toerus; konsultasiedienste aan korporatiewe klinte, finansile groepe en private hospitale en die publiseer van resultate in eweknie-beoordeelde vaktydskrifte. Met die projek word verder ook die aanbieding van n nagraadse kwalifikasie en geselekteerde opleidingskwalifikasies beplan. ) Kontak Ansie Barnard vir meer inligting oor korporatiewe inter vensies en programme wat vir UV studente en akademici beskikbaar is by barnardam@ufs.ac.za.

Dr. Justin J. Kennedy

Prof. Jansen besoek skole in Namibi


Die Universiteit van die Vrystaat (UV) is n borg van die Nasionale W reldkennisolimpiade, n projek om leerlinge se algemene kennis uit te brei. Die olimpiade is die geesteskind van prof. Nico du Plessis, voor heen verbonde aan die UV. Hy stel steeds die vrae op en administreer dit. Vier gr. 12leerlinge wat aan die olimpiade deelgeneem het, sal elk n beurs van R5 000 ontvang om aan die UV te studeer. Die universiteit het die beurse beskikbaar gestel aan die vier toppresteerders in die ou derdomsgroep. Hier is Jan Willem Ras (links) en Helgard Claassen van Greykollege (sekondr) wat ook aan die olimpiade deelgeneem het. Foto: PHELEKWA MPONO DIE rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV), prof. Jonathan Jansen, het die afgelope vakansie besoek by verskeie horskole in Namibi afgel. Jansen is deur n groep personeellede van die UV, onder wie Rudi Buys, dekaan: studentesake, prof. Lucius Botes, dekaan van die fakulteit geesteswetenskappe en prof. Neil Heideman van die UV se fakulteit natuuren landbouwetenskappe, vergesel. Jansen se besoek aan skole in Walvisbaai, Swakopmund, Windhoek en Rehoboth was daarop gemik om na potensile UV-studente in Namibi uit te reik. Jansen se skolebesoeke sedert 2010 het baie suksesvolle resultate opgelewer en het hy besluit om die skolebesoeke saam met ander ambassadeurs van die UV na Namibi uit te brei. n Groot aantal Namibiese studente studeer nou aan die UV en die UV spog ook met n noemenswaardige Namibiese Kovsie-alumni. Tydens die UV se vyfdagbesoek aan Namibi het die groep by die Private Horskool Walvisbaai, die Horskool Namib, die Horskole Jan Mohr, dr. Lemmer, M&K Gertze, Windhoek-Gimnasium, MH Greef, Hor Tegniese Skool en die Horskool Windhoek aangedoen. Jansen het tydens sy besoek ook oud-Kovsies op n alumni-renie in Windhoek toegespreek, met 600 leerlinge op die Davin Trust-sportgeleentheid gesels en sowat 150 sakelui op n sake-ontbyt in Windhoek te woord gestaan.

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Dinsdag 24 Julie 2012

Fokus val op transformasie


Eerste beraad gehou
Verslaggewer
WAT beteken dit om n transformasieleier in n verwonde land en gekwelde wreld te wees? Dit was die eerste vraag wat prof. Jonathan Jansen, visekanselier en rektor, aan studente en akademici gestel het op die opening van die eerste Wreldleiersberaad. Die beraad is van 8 tot 20 Julie op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) gehou. Sowat 130 studente en akademiese leiers van 14 universiteite van Amerika, Belgi, Nederland en Japan woon die beraad, met die tema Transcending Boundaries of Global Change Leadership, by. Jansen het ges verwonding en probleme is nie uniek aan SuidAfrika nie. Hy het die oproer in Siri, die geskiedenis van Belgi en die Kongo, Japan en China, Duitsland en Namibi, en ander as voorbeelde gebruik om die universaliteit van die probleem te verduidelik. Hy het die gehoor ook vertel van die verstommende veranderinge aan die UV; van n verdeelde universiteit in pyn met die Reitz-rassevoorval tot n plek waar mense uit alle oorde mekaar kan aanvaar. Die UV se Leierskap vir Verandering-program was die afgelope twee jaar instrumenteel in vele veranderinge, maar hy het byges: Die strewe om mekaar as mense raak te sien, is n deurlopende proses. Onder die sprekers was emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu, dr. Tim Murithi, prof. Mark Solms, Fulbright-beurshouers wat voorheen by die UV was, die voormalige waarheids-en-versoeningskommissaris Yasmin Sooka en prof. Leon Wessels, voormalige kommissaris van die SuidAfrikaanse Menseregtekommissie. Die deelnemers het ook n ander mening van die Suid-Afrikaanse situasie ervaar in n gesprek met kunstenaar PieterDirk Uys. Een van die hoogtepunte op die program was n rondetafel-konferensie met ambassadeurs wat op 19 Julie plaasgevind het. Afgesien van kritiese dialo,

Dr. Choice Makhetha, viserektor: eksterne betrekkinge van die Universiteit van die Vrystaat (UIV), neem deel aan n bespreking oor transformasionele leierskap op die eerste dag van die Wreldleiersberaad. sal die afgevaardigdes ook skole in die groter Mangaung, asook die UV se Qwaqwa-kampus, as n belangrike komponent van die program besoek. Hulle sal op Qwaqwa byvoorbeeld kennis maak met tradisionele sportspeletjies, kulturele uitvoerings en hulle sal die geleentheid h om met die lede van die gemeenskap te meng. Deelnemers het darem ook genoeg tyd tot hul beskikking gehad om die Vryfees op die Bloemfontein-kampus te ervaar.

UV trots op sy nagraadse sukses


DIE Universiteit van die Vrystaat (UV) vier n toename in nagraadse sukses met n rekordtal meesters-en doktorsgrade wat op die wintergradeplegtigheid op 14 Junie toegeken is. Altesaam 481 meesters- en 82 doktorsgrade is in twee plegtighede in die Callie Human-sentrum op die Bloemfontein-kampus toegeken. Dit is die meeste nagraadse kwalifikasies nog op n enkele gradeplegtigheid. Die universiteit het ook n eredoktorsgraad in letterkunde aan die skrywer Etienne van Heerden toegeken. Van Heerden, skrywer van onder meer Dertig Nagte in Amsterdam en Toorberg, is met n D. Litt.-graad vereer. Van Heerden, nou Hofmeyr-hoogleraar en hoof van die departement Afrikaans en Nederlandse Studies aan die Universiteit van Kaapstad (UK), is een van die mees bekroonde Afrikaanse skrywers. Sy romans is al vertaal in 11 tale en bydraes van hom is in bloemlesings wreldwyd ingesluit. Van sy belangrikste bydraes tot die SuidAfrikaanse samelewing is die stigting van LitNet en die uitbouing van die magtige digitale webwerf wat nou ook twee geakkrediteerde tydskrifte insluit. Me. Nicky Abdinor, n kliniese sielkundige van Kaapstad wat sonder arms en met verkorte bene gebore is, het as spreker op die gradeplegtigheid opgetree.

Drie nou Google se o en ore


DRIE tweedejaarstudente van die Universiteit van die Vrystaat (UV) was tydens die wintervakansie na Kenia as Googleambassadeurs. Temitope Adebayo-Ojo, Hlompo Mota en Andr Prinsloo, almal inligtingtegnologiestudente, het van 11 tot 13 Junie n drie dae lange Google-beraad vir ambassadeurs-orintering in Nairobi bywoon. Hulle het hulle by meer as 100 Google-ambassadeurs afkomstig van Afrika-universiteite aangesluit om uit te vind omtrent produkte wat deur die soekenjinmaatskappy aangebied word. Die drie studente gaan nou as n skakel tussen Google en die UV optree. Hulle gaan vir die volgende jaar die o en ore van Google op

Die UV se Googleambassadeurs is van links Andr Prinsloo, Temi tope AdebayoOjo en Hlompo Mota. Foto: AMANDA TONGHA die UV-kampusse wees en n bewustheid skep van en studente bekend stel aan nuwe Googleprodukte en -kenmerke.

Graduandi verryk in seminaar op kampus


DIE Universiteit van die Vrystaat (UV) het onlangs n nagraadse seminaar aangebied wat daarop gefokus het om die lewe van graduandi te verryk deur hulle oor die beginsels van die skep en behoud van werk te onderrig. Die projek is n inisiatief van die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsvereniging vir Graduandi (Sagda). Sprekers was Thamsanqa Marubela, uitvoerende hoof van Sagda, Zingaphi Ngewu, uitvoerende hoof van Edubridge, en Mody Motholo, voormalige tussentydse studenteraadvoorsitter aan die universiteit wat onlangs op Sagda se adviesraad aangestel is. Onderwerpe wat met nagraadse aangeleenthede verband hou, soos die ontwikkeling van talent in skaars en kritieke vaardighede; die psigososiale milieu vir die voorbereiding van studente in die wreld van werk; en die rol van horonderwysinstellings in die voorbereiding van graduandi vir die wreld van werk, is aangepak. ) Bel Motholo by 079-769-5899 vir enige inligting rondom Sagda, of indien jy hulp verlang om werk as n gegradueerde te bekom.

Op die Sagdaseminaar is van links Semopo Mokgubudi van Sagda; Zingaphi Ngewu van Edubridge, Vusumzi Mesatywa, n UVstudent, Mody Motholo, n UVstudent en lid van die Sagdaadviesraad, Lindy Mkhize van Sagda en Moipone Kobuoe en Robertha Swanlow, UVstudente.

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Dinsdag 24 Julie 2012

Karatekas blink uit


Bring medaljes terug
DIE Suid-Afrikaanse JKA-karate-organisasie (SAJKA) het sy nasionale kampioenskappe onlangs in die Standard Bank-arena in Johannesburg aangebied. Met meer as 2 900 inskrywings blyk hierdie steeds die grootste in sy soort in Suid-Afrika te wees. Karateklubs van oor die land heen neem aan hierdie byeenkoms deel en vanjaar het die Kovsie-karateklub 34 lede ingeskryf wat altesaam 42 medaljes verower het. Hiervan was 22 goud, 9 silwer en 11 brons. Die mans- en vroue- senior ope kumite-titels is die twee mees gesogte titels op hierdie kampioenskappe en dit is juis hier waar die Kovsies die spreekwoordelike ippon, of uitklophou, geslaan het deur albei hierdie titels te wen. Wat di prestasie so besonders maak, is dat dit die eerste keer in die meer as 50-jarige bestaan van die toernooi is wat twee Vrystaters die twee titels verower. Elsabe le Roux (derde dan), n 20-jarige derdejaarstudent in menslike bewegingskunde aan die UV, het daarin geslaag om die vrouetitel te verower, n prestasie wat sy verlede jaar ook behaal het. Le Roux het ook in die vrouejeugafdelings goud en silwer gewen. Nadat hy in die mans-jeugafdeling vasgeval het, het die derdejaarstudent in BA algemene bestuur aan die UV, Balungile Ngcofe, sy teenstanders in die senior mansafdeling verras met sy vinnige hande en briljante tydsberekening en redelik gemaklik gekwalifiseer vir die eindronde van die ope kumite-afdeling vir senior mans. Hier het hy teen die uiters ervare voormalige Suid-Afrikaanse kampioen en kaptein van die Suid-Afrikaanse Protea-karatespan, Eugene Oosthuisen van Pretoria, gewen. Sy afrigter, Ian le Roux, reken dat hy nog nooit in die 33 jaar wat hy by hierdie toenooi is, so n lang eindstryd beskou het nie en is dit juis dt wat Balungile se wen so uitstekend maak. Ander UV-atlete van die span wat ook goed gepresteer het, is JP van Rhyn (goud) en Diana Welmans (silwer en goud).

Twee UVstudente van die Kovsiekarateklub het n spreekwoordelike ippon of uitklophou op die SAJKA nasionale karatekampioenskappe geslaan deur die mans en vroue ope kumitetitels te wen. Van links is Ba lungile Ngcofe, manswenner, Ian le Roux, hoofafrigter van die Kovsiekarateklub, en Elsab le Roux, vroue wenner.

Twee van UV speel groot rol in Spele


DIE organiseerders van twee internasionale sportgebeurtenisse sal vanjaar op die kundigheid van twee Kovsie-vroue staatmaak om van die geleenthede n groot sukses te maak. Vir Hetsie Veitch en Ebeth Grobbelaar is di voorreg die resultaat van baie jare se harde werk en toewyding in hul onderskeie velde. In Junie, wanneer Amerika die span moet kies wat hom op die Paralimpiese Spele in Londen gaan verteenwoordig, is Veitch een van die klassifiseerders wat sal bepaal in watter kategorie atlete mag deelneem. Veitch, hoof van die eenheid vir studente met gestremdhede aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), is genooi om n lid van die klassifikasiepaneel op die finale Amerikaanse Paralimpiese atletiekproewe te wees. Die proewe het tydens die vakansie in Indianapolis, Indiana, in Amerika plaasgevind. Veitch, wat onlangs die status van atletiekklassifiseerder van die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPC) bereik het, die hoogste prestasie vir n klassifiseerder in sport vir gestremdes, s dat die sport-kategorie nog altyd haar passie was. Om die geleentheid te h om by die keuring van die Amerikaanse span vir die Londense Paralimpiese Spele betrokke te wees, is n groot eer. Ek gaan nou daaraan begin werk om vir die amptelike IPC-klassifikasiepaneel vir die 2016- Paralimpiese Spele in Brasili gekies te word. Grobbelaar, assistent-direkteur van die Suid-Afrikaanse Verbodemiddel-toetslaboratorium aan die UV, is genooi om by die dwelmbeheersentrum in Londen se eenheid teen verbode middels betrokke te wees wat tydens vanjaar se Olimpiese Spele in Londen sportlui vir verbode middels gaan toets. Grobbelaar s dat, hoewel sy die toekoms van sportlui in haar hande sal h, is sy heeltemal opgewasse vir die taak wat op haar wag. Ek gaan deel van die laboratoriumspan wees wat die atlete se monsters vir verbode middels gaan toets. Ek was deel van die SuidAfrikaanse span wat in 2010 tydens die Wreldbeker-sokkertoernooi monsters in ons eie laboratorium getoets het, asook in 2011 vir die Afrika-Spele. Die taak is een wat ek elke dag in ons eie laboratorium verrig. Elke monster wat ek ontleed, bepaal n atleet se toekoms. Die omstandighede tydens die Olimpiese Spele is anders, maar die taak bly dieselfde.

Opwindende sportaksie wag op Kovsiestudente


DIE kwartaal wat voorl, is weer propvol sportaksie met rugby, netbal, tennis en pluimbal wat voorrang geniet. Hier is waarna studente kan uitsien: V 27 Julie: Die volgende wedstryde vind in die Kovsie-koshuisliga plaas: Om 16:15: Armentum 4 teen Armentum 3, Vishuis teen Heimat in die K3-liga, Karee teen JBM in die K3-liga en Villa Bravado teen Khayalami in die K4-liga. Om 17:30: Heimat teen JBM, Veritas teen Medix in die K4-liga en Landbou 2 teen Veritas 3 in die K4-liga. Om 19:00: Armentum teen Tswelopele, Vishuis teen Veritas en Landbou teen Karee. Om 20:30: Vishuis teen Armentum, Heimat teen Karee en Veritas teen JBM. V 27 Julie: Die mans- en vrouetennisspelers van die Kovsiekoshuisliga pak mekaar op die Kovsies se bane. Al die wedstryde vind om 15:30 plaas. V 28 Julie: Die Shimlas speel om 19:15 teen die Irawas op Shimlapark in Bloemfontein. V 31 Julie: Netbalspanne speel in die koshuisliga teen mekaar. Wedstryde begin om 18:00. V 1, 2 Augustus: Manspluimbalspelers ding mee in die koshuisliga. V 2 Augustus: Koshuisnetbalspanne s mekaar weer die stryd aan. Wedstryde begin om 18:00. V 3 Augustus: Die vroue- en manskoshuise pak mekaar in die koshuistennisliga. Die wedstryde vind almal om 15:30 plaas. V 3 Augustus: Koshuise pak mekaar in die koshuisrugbyliga. Wedstryde begin om 16:15. V 7 Augustus: Netbalwedstryde vind in die koshuisvroueliga plaas en begin om 18:00. V 14 Augustus: Eindrondes en halfeindrondes word in die koshuisnetballiga gespeel. Wedstryde begin om 18:00. V 16 Augustus: Eindronde word in die koshuisnetballiga gespeel. Dit begin om 18:00. V 17 Augustus: Die vroue- en manstennisspelers van die Kovsie-koshuise s mekaar die stryd aan. Die wedstryde vind almal om 15:30 plaas. V 21, 22, 23 Augustus: Pluimbalspelers pak mekaar in die vroue-pluimballiga vir koshuise. V 24 Augustus: Vroue- en manskoshuise pak mekaar om 15:30 in die koshuistennisliga. V 24 Augustus: Koshuise pak mekaar in die koshuisrugbyliga. Wedstryde begin om 16:15. V 31 Augustus: Laaste naweek van uitspeelwedstryde in die koshuisrugbyliga. V 7 September: Kovsies se vroueen manstennisspelers is om 15:30 in die koshuisliga te sien. V 7 September: Eindstryde in die koshuisrugbyliga vind plaas. V 14 September: Die eindronde van die vroue- en manskoshuistennisliga vind om 15:30 plaas.

Hetsie Veitch (links) en Ebeth Grobbelaar.

Kovsie skitter vir Jong Bokkies in Wreldkampioenskap


n KOVSIE-RUGBYSPELER was van die spelers wat die vakansie aan die Internasionale Rugbyraad (IRR) se Junior Wreldkampioenskapsbyeenkoms in Kaapstad deelgeneem het. Die Jong Bokkies het boonop die eerste keer koning gekraai in die prestige-toernooi toe hulle die junior All Blacks in die eindronde die loef kon afsteek. Raymond Rhule, n student aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), het vroer vanjaar vir die UV in die ENB-Varsitybeker se Young Guns-kompetisie (o.20) en vir die Shimlas gespeel. Die blitsige vleuel het veral in die Bokkies se sege oor Argentini in die kwarteindronde van die toernooi geskitter. Kevin Luiters, ook n Kovsie, is ook in die groep vir die toernooi ingesluit, maar moes hom weens n besering onttrek.

Dinsdag 24 Julie 2012

Die Kovsierugbyheld Raymond Rhule duik oor vir n drie tydens die kwarteindronde van die Internasionale Rugbyraad se Junior Wreldkampioenskap wat in Kaapstad aangebied is. SuidAfrika het in hierdie wedstryd teen Argentini kragte gemeet. Foto: NASIEF MANIE

DB se pos nou amptelik


Opgewonde oor ideale
Verslaggewer
DIE span van Vishuis het aan die einde van die tweede semester die trofee as wenner van die koshuisliga van die Varsitybeker gevier. Hier ontvang PJ Venter en Niel Kapp die trofee van Ajee Venter. Foto: LIZE VAN DEN BERG DIS nou amptelik. DB Prinsloo is met aanvang 1 April as direkteur van KovsieSport aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) aangestel. Hy het sedert 2010 in di posisie waargeneem. Buiten dat hy hierdie afdeling al vir n geruime tyd lei, is Prinsloo sedert 2003 as sportbestuurder by KovsieAtletiek betrokke. Atletiek is uiteraard my spesialis-sportsoort, maar ek het die afgelope twee jaar wat ek waarnemende direkteur was, n balans gehandhaaf en my tyd sinvol bestuur om al die sportsoorte te dien. Prinsloo is baie opgewonde oor die aanstelling. Dit is n ongelooflike voorreg wat my te beurt geval het. Ek is sedert 1982 as n eerstejaarstudent n Kovsie en is regtig trots daarop om die hele pad te kon loop, s hy. Oor sy visie vir KovsieSport s Prinsloo die volgende: Ek sou graag wou sien dat Kovsies die voorkeur-universiteit in SuidAfrika sal word ten opsigte van studente wat in sport belangstel hetsy prestasie-sport of rekreasiesport. Dit is ook baie belangrik vir hom dat studente by die universiteit by sport betrokke raak. Ek sou graag wou sien dat ons uitnemendheid, waaraan ons baie hard werk, steeds sal toeneem. Deelname aan sport is n voorkeur-leefstyl en ek sou graag wou sien dat alle studente toenemend aan ons rekreasie-sportaktiwiteite deelneem. n Gesonde liggaam huisves n gesonde gees, s hy.

UV wag vir aansoeke vir nuwe pos


DIE Universiteit van die Vrystaat (UV) gaan eersdaags n nuutgeskepte pos, naamlik di van direkteur vir rugby, vul. Die suksesvolle kandidaat sal onder andere die hoofafrigter van die Shimla-rugbyspan wees. Hierdie besluit is geneem tydens n gesamentlike dinkskrum van die universiteit en die UVrugbyklub in Mei oor rugby by die universiteit, maar veral die Shimlas se vertonings in die afgelope Varsity-bekerreeks. Jaco Swanepoel, huidige Shimla-afrigter, behou sy pos as hoofafrigter van rugby aan die UV. Die suksesvolle kandidaat sal so spoedig moontlik diens moet aanvaar. Die Shimlas is n hoprofielspan met n trotse geskiedenis en n groot rolspeler in Suid-Afrikaanse rugby. Daarom verwag ons goeie aansoeke. Die paneel wat die aanstelling sal doen, sal onder andere uit twee voormalige Shimla-Springbokke, n oudShimla/Cheetah-speler en n voormalige Springbok-kondisioneringsafrigter bestaan. n Herstrukturering van die bestuursmodel van die UV-rugbyklub word ook in die vooruitsig gestel.

You might also like