Begrip Chad Le Clos

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 2

NAAM

: GRAAD 7: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL ASSESSERING TAAK 1 : LU5 / Begrip


05:00

On-ge-looflik!
2012-08-01 Marizanne Kok en Sapa LONDEN. Chad le Clos het gisteraand met sy held, Michael Phelps, afgereken om Suid-Afrika se tweede goue medalje vir die Olimpiese Spele hier los te swem. Dit was my droom sedert ek n klein seuntjie was, het Le Clos (20) van Durban n sy blitstyd van 1 minuut en 52.95 sekondes in die 200m-vlinderslag ges. Michael is my held. Ek wou net in die eindronde swem en nou het ek dit gewen. Ek kan dit nie glo nie, ek kan regtig nie, het Le Clos volgens die BBC se webwerf ges. Dit is iets wat ek miljoen keer in my kop oor en oor geleef het. Ek is steeds geskok dat ek gewen het. Ek kan dit nie glo nie. n Betraande Geraldine le Clos, Chad se ma, het ges: Dit was die ergste dag van my lewe nou is dit een van die wonderlikste! Ek kan dit amper nie glo nie, het sy ges terwyl haar man, Bert, gesukkel het om al sy telefoonoproepe te beantwoord. Wat n pragtige seun! Ek is lief vir hom! was die reaksie van Bert, wie se onderhoud met die BBC van hom n Twitter-sensasie gemaak het. Ryk Neethling, Le Clos se agent, het ges hy het so hard gejuig nadat die kampioen se tyd en posisie op die telbord gewys het dat hy amper uit die swemkompleks gegooi is. Neethling het die hele week lank voorspel dat Le Clos goud sou wen. Ek het geweet dit gaan so gebeur: Jyt die goue in die laaste drie hale voor Phelps weggesteel, het hy gejubel. N Le Clos se oorwinning het n man in die skare sy trane met n Suid-Afrikaanse vlag afgevee. Toe die volkslied n die medalje-oorhandiging gespeel is, het Le Clos self dapper probeer saamsing, maar die emosie was net te veel. N net vier dae van Olimpiese aksie is die Londen-Spele reeds Suid-Afrika se beste sedert 1996, met twee goue medaljes nou in die sakkie. Le Clos het in baan 5 weggespring, langs Phelps in baan 6 en die Japanner Takeshi Matsuda in baan 4. Di twee was die groot gunstelinge vir die resies. Dit het Le Clos gehelp, want hy het reg van die begin af by di duo gebly en aan die einde danksy een van sy kenmerkende sterk eindpogings die goue medalje met vyf honderdstes van n sekonde voor Phelps se neus weggeraap. Die Amerikaner het hom misgis met die raakslag en Le Clos kon die rand van die bad eerste raak. Phelps het gepoog om die eerste mansswemmer te word om dieselfde individuele nommer by drie Speles te wen. Dit was n epiese resies waaroor nog lank in Olimpiese swem gepraat gaan word. Le Clos se tyd het die Afrika-rekord wat hy Maandagaand in die halfeindronde opgestel het met meer as n sekonde verpletter. Nuusagentskappe het blykbaar s op Phelps gefokus dat hul twiets oor Le Clos effe aan die deurmekaar kant was. Reuters (@ReutersSports) se twiet het gelui: MEDAL ALERT: Chad le Clos van Frankryk wen goud in die mans 200m vlinderslag, Michael Phelps van Team USA wen silwer #London2012. Hulle het kort daarna hul fout reggestel. - Die Burger

VRAE: 1. Deur wie is die nuusartikel geskryf? ____________________________ en _____________ (2)

2. Wanneer en in watter Suid-Afrikaanse koerant het dit verskyn? _____________________ ________________________________ (2)

3. Hoe oud is Chad Le Clos? _____________________________________________________________ (1)

4. Wat is Chad se ma se naam? __________________________________ (1)

5. In watter swem item het hy deel geneem? ____________________________________________________ (1)

6. Wat is die naam van sy held en grootste oponent? ___________________________________ (1)

7. Wie is Chad se agent? __________________________________________ (1)

8. VOLTOOI: Reuters het eers geskryf dat Chad van ________________________ is. (1)

TOTAAL: 10

You might also like