Kampus-Volksblad 11 September 2012

You might also like

You are on page 1of 8

BENOEMDE

STUDIEMATERIAAL

JOOLYMPICS

Stem vir Kovsie Sentrum skuif na in Satmas BL. 3 nuwe perseel BL. 2

Kovsies genooi om hul in te skryf BL. 8

Dinsdag 11 September 2012

Vishuis het Heimat Vrydagaand met 53 13 afgestof in die eindronde van die koshuisbekerrugbyliga van die Universiteit van die Vrystaat (UV). Hier spog die manne van Vishuis met die beker. In die plaateindronde het Armentum vir Veritas met 34 28 geklop. Foto: LIZE VAN DEN BERG

Stuur nuuswenke, lekker fotos en kommentaar na kampus@volksblad.com, like ons op Facebook en volg ons op Twitter.

T: +27(0)51 401 9111 | info@ufs.ac.za | www.ufs.ac.za UFSUV | UFSweb | UFSweb

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Dinsdag 11 September 2012

n Grafiese voor stelling van hoe die nuwe studie materiaalsentrum op die Kovsie kampus sal lyk.

Nuwe primes praat oor planne vir die toekoms


HIER is die tweede handjievol primes wat di week gekies is. Die nuutverkose primes vertel ons n bietjie meer van hulself. Hulle is Clarise Haasbroek van Sonnedou, Melissa Pamela Lucas van Akasia, Lehandr van Niekerk van Roosmaryn, Andricia Hinckerman van Welwitschia, Altus Moolman van JBM Hertzog, Phiwe Mathe van Khayalami en Duan Viljoen van Veritas. Wat studeer jy? Clarise: B.Com. Regte Melissa: B.Com. Regte Lehandr: Optometrie Andricia: LL.B. Altus: Musiek Phiwe: B.A. regerings en politie ke transformasie Duan: Ek is n finalejaarlandbou student en gaan volgende jaar my honeurs in besproeiingsbestuur doen. Wat dink jy maak n goeie prime? Clarise: Jy kan in die nag droom en in die oggend kom daar niks van nie, of jy kan wakker wees wanneer jy droom en saam met my mede Sonnedouers wil ons drome droom. Nagdrome is privaat, maar wakker drome maak eindelik die verskil. Melissa: Ek dink n goeie prime het selfvertroue, is dapper en weet hoe om sekere situasies te hanteer. Wat belangriker as dit is, is die feit dat n goeie leier verstaan en om gee vir die mense wat sy lei, een wat deur alles haar dames sal op hef om die beste belange van die koshuis in ag te neem. Andricia: n Goeie prime is ie mand wat met haar hart lei, ander eerste plaas en saam met haar huismaats werk om n sterk, ver enigde susterskap te bou. n Per soon wat sterk staan om geleent hede vir sukses te skep. Lehandr: Passie, dryfkrag, be reidwilligheid en geduld. Ek glo n leier is iemand wat ewe veel lei en volg. n Goeie prime doen wat die beste is vir haar mededames, sy baklei en leef vir hulle. Altus: n Goeie prime moet elke koshuislid beskerm en bevorder. Hy moet op die sukses van die vorige HKs voortbou, asook groei in die koshuis inspireer hy is die kanaal van kommunikasie en die opsigter van sy span. Phiwe: Hy moet n visionr en n gedissiplineerde uitvoerder van ta ke wees wat die dinamika binne el ke individu kan ontwikkel. Hy moet ook n goeie en effektiewe kommu nikeerder wees. Duan: n Goeie primarius moet die nodige leierseienskappe besit soos integriteit, visie, invloed, diensbaarheid, selfvertroue, pro bleemoplossing, kommunikasie, kreatiwiteit, spanwerk, goeie ge sindheid en selfdissipline. Leierskap is n proses, nie n posi sie nie. Dis wat ek wil doen. Ek wil nie net die titel van primarius h nie, maar wil betrokke wees by die proses wat die koshuis en sy lede tot nuwe hoogtes sal bring. n Goeie leier moet eers kan volg voordat hy kan lei. Ek het in my drie jaar by Veritas in verskeie komitees gedien en was ook al op die HK waar ek geleer het van leierskap,

Materiaal gou makliker gekry


Xerox kry nuwe gebou
Verslaggewer
MENIGE Kovsie is vroer vanjaar ontmoedig deur die lang rye by die Xerox-studiemateriaalsentrum op die kampus van Universiteit van die Vrystaat (UV). Diegene wat volgende jaar hul studie voortsit, kan moed skep n nuwe studiemateriaalsentrum beloof om die hoofbrekens wat met die bekomming van leermateriaal gepaardgaan te verlig. Konstruksiewerk aan n gebou vir die studiemateriaalsentrum (Xerox), wat nou in die UV-Sasol-biblioteek op die Bloemfontein-kampus gehuisves word, sal vanjaar nog n aanvang neem. Die UV-Sasol-biblioteek se bestaande ruimtes word hertoegewys om dit doeltreffender vir die gebruikers te maak. Dienste wat nie regstreeks met die biblioteek verbind word nie, soos die studiemateriaalsentrum, sal dus na n ander perseel verskuif word. n Perseel wat maklik toeganklik is, is naby die Bevoorradinggebou in Rektorslaan op kampus gedentifiseer. Die gebou sal voorsiening maak vir die druk van dokumente, die stoor daarvan, asook n ontvangstoonbank waar die dokumente afgehaal kan word. Die ontwerpvoorstel probeer ook om groen konsepte te vervat soos passiewe ventilering en die doeltreffende gebruik van daglig, asook n ligte staalboukonstruksie met beter isolasievermo in die steenwerk. Die gebou sal na verwagting in Maart 2013 voltooi wees.

Elke jaar kom daar n tyd om die leisels van n koshuis aan n nuwe leier oor te gee. Lynette Kruger het verlede week met ses nuwe primes gesels en soek vandag nog sewe op.
harde werk en passie en hoe om met die lede van die koshuis te werk en wat hul behoeftes is. Ek voel ek het genoeg geleer om nou vir ander leiding te kan gee. Wat maak jou koshuis uniek? Clarise: Droom en doen is soos twee treinspore wat vir altyd naby mekaar l, maar nooit sal raak nie. Ons het n 1 000 drome, 100 planne en 10 dinge om te doen. Dit is beter as 1 110 drome sonder planne om dit uit te voer. Sonnedou is n doel gerigte koshuis wat weet dat ver andering deur vernuwing soms no dig is. Ons fokus daarop om n di verse koshuis te skep waar verskille kan sevier en ons bronne vergroot word. Ons is draers van drome! Melissa: Ek dink Akasia het al n lang pad gekom inaggenome die geskiedenis van die universiteit. Wat wonderlik is, is die soort afge ronde dames wat ons hier op die le we voorberei. Dames wat die ware betekenis van susterskap, dapper heid, lojaliteit, liefde, geduld, ver troue en n sin van avontuur ken en vertoon. Andricia: Ons as n koshuis is be sig om weg van eendersheid te be weeg en ons omarm verskille. Ons skep n omgewing wat akademiese uitmuntendheid bevorder en ont wikkel studente in die geheel deur hulle met vaardighede deur middel van verskillende aktiwiteite toe te rus. Ons streef na die beste in die lewe. Lehandr: Die feit dat ons kos huis so divers is en dat dit geensins geforseer is nie. Integrasie het spontaan vanwe n sterk grond slag van liefde, respek en betrou baarheid plaasgevind. Roosmaryn is liefde en dit maak ons uniek. Altus: My koshuis verteenwoor dig n standaard van uitmuntend heid waarna ons almal streef. Ons weet ons sterkte l in ons diversi teit. Elke student lewer n unieke bydrae tot ons gedeelde sterk pun te en identiteit. Phiwe: Eerstens, natuurlik ons kultuur en die eenheid wat binne die koshuis en tussen die lede be staan ondanks ons etniese diversi teit. Tweedens, is ons ook bekend vir ons sang. Duan: Veritas is n stadshuis wat soos enige ander koshuis op kam pus funksioneer. Wat ons uniek maak, is dat ons lede nie saambly nie, maar die koshuislede is betrok ke omdat hulle wil wees, en hulle moet hulle deur betrokkenheid be wys. Veritas is n baie sterk koshuis en het dit bewys deur die afgelo pe ses jaar die sportbeker te wen, uitstekende prestasies op kultuur vlak te behaal en so kan ek aan gaan. Vertel die lesers iets interessant oor jouself. Clarise: Ek is so mal soos n Haas . . . broek! Melissa: Ek is n visionr. Andricia: Ek is mal oor verras sings. Lehandr: Ek het drie dinge waarvoor ek bang is: die donker, slange en voete (ek gril my dood vir laasgenoemde). Altus: Musiek is n groot deel van my lewe. Ek vrek oor n Steri Stum pie! Phiwe: Ek is n gretige leser en n groot musiekliefhebber. Duan: Ek isn baie sosiale mens en ek het n groot passie vir land bou. Wat is jou verwagting vir jou ter myn? Clarise: As n koshuis is ons besig om n leerkurwe te betree waar ons verhoudings binne en buite die kos huis waardeer. Ons droom groot en doen selfs groter. Melissa: Om die tradisionele be perkinge te verbreek, om n nala tenskap te skep en om Akasia nommer een op die kampus te maak. Andricia: Ek wil graag n sterker band tussen die koshuislede bou deur die verlede te omarm. Om n passie te h lei tot sukses. Lehandr: Ek wil h die Roosma ryndames se liefde en trots moet aanhou groei. Ek wil h die gees in ons koshuis moet sevier, dat mei sies as individue hul potensiaal sal bereik en dat God se sen lewendig sal word in elke hart. Altus: Ek verwag om te bou op die platform wat die vorige HK nagelaat het en om my koshuis die geleentheid te gee om sy volle potensiaal te bereik deur el ke ou se individuele eienskappe in n JBMkultuur in te kweek en n broederskap onder mekaar te ves tig. Phiwe: Ek verwag dat daar baie uitdagings, sowel as suksesse, in die velde van deelname en akade miese uitnemendheid sal wees. Duan: Soos enige ander koshuis op kampus verwag almal om die beste koshuis te wees en die beste termyn te h, maar ek weet dat Huis Veritas in die komende ter myn weer homself sal bewys, net soos die vorige jare, as die algeheel beste manskoshuis op alle vlakke van sport tot akademie, kultuur tot sosiaal. In die komende termyn sal Huis Veritas nuwe hoogtes bereik en ek weetdatmetmysterkHKenonge looflike ondersteuning van die kos huislede Veritas sal presteer in elke projek wat ons aanpak, en so sal ons bou op die grondslag wat die vorige jare gel is.

Seksuele geweld bekyk


n LESING oor seksuele geweld is onlangs deur die fakulteit teologie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) aangebied. Die fakulteit het dr. David Tombs, assistent-professor in konflikoplossing en versoening aan die Trinity College, Dublin, genooi om n lesing oor die aangeleentheid van seksuele geweld aan te bied. Die tema van sy lesing was Recent Scholarship on Religion, Ethics and Reconciliation, Shame, Silence and Human Dignity. Tombs het aangedui seksuele geweld het dikwels n rol in kruisiging in die Antieke tyd gespeel. Hy het dat Jesus voor sy kruisiging ontklee is as n vorm van seksuele geweld genterpreteer. Hy het ook n parallel tussen die dood van Saul in die Bybel en di van Muammar Gaddafi as n toevallige episode getref en bygevoeg Saul n Gaddafi het ook n vorm van seksuele vernedering ten tyde van hulle dood ondergaan. Hy het verder ges die kerk moet die verband tussen Jesus se kruisiging en wat nou in die wreld gebeur, besef. Die slagoffers van seksuele geweld word dikwels gesoleer agtergelaat, veral in die geval van vroue. Party mense wat di geweld oorleef, praat van n lot wat veel erger as die dood is, omdat hulle in skandelike stilte agtergelaat word. Hy het verder bygevoeg meer mans is ongetwyfeld die slagoffer van seksuele geweld as wat algemeen aanvaar word. Volgens Tombs is die kerk geneig om nie by sodanige aangeleenthede betrokke te wees nie. Hy het kerke aangeraai om konstruktiewe pogings aan te wend om menswaardigheid te herstel.

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Dinsdag 11 September 2012

Watter soort student is jy?


Michelle Malan
INDIEN jy op universiteit is of volgende jaar aan een gaan studeer, moet jy daarop voorbereid wees om n paar vreemde karakters te ontmoet. Na aanleiding van n prentjie wat ek vroer die week gesien het, het ek n paar verskillende soorte studente gedentifiseer. V Donderstormstudente: Jy weet nie wanneer hulle klas toe gaan kom nie en ook nie hoe lank hulle gaan bly nie. Hulle het gewoonlik n verskoning om te loop voordat die klas verby is. V Atesstudente: Jy glo nie in hulle bestaan totdat dit tyd is vir toetse en eksamens nie. V Die grapjasse: As jy gelukkig is, het jy een van hulle in jou klas. Dit is die een wat altyd reg is om n skerp opmerking te maak wat almal laat skaterlag. V Die bleeksiele: Dit is daardie studente wat nie erg het aan die studentelewe nie en regtig net studeer om graad te vang en dan te begin werk. Hulle is gewoonlik hard aan die leer en kan uitgeken word aan die don ker kringe om hul o en koffie beker in hul hande. V Aandagsoekers: Dit is die mense wat tydig en ontydig in n klas niksseggende opmer kings maak wat net sy of haar medestudente en dosente be proef. Hulle vra onnodige vrae en verskil met elke punt wat ge maak word. V Die verstrooides: Die arme studente lyk altyd verlore en verward. Hulle daag gewoonlik nie vir klas op nie, maar wan neer hulle wel vir klas opdaag, het hulle nie die vaagste benul van wat aangaan nie. As so n student langs jou sit, sal hulle jou waarskynlik vra om jou boek, pen, notas, ensovoorts, te leen. n Mens voel tog jam mer vir hulle, want dit lyk da rem in n mate asof hulle pro beer. V Traakmynie studente: Hul enigste rede vir verdere studie is om die studentelewe te ge niet. Baie van hulle gaan klas toe en sit met die oop boek voor hulle, maar dan is dit ge woonlik op die verkeerde bladsy oop, want hulle is doenig met hul selfone. Ja, hulle is daardie mense wie se selfoonvibrasies elke paar minute jou konsentra sie verbreek. V Gewone studente: Hulle is net die doodgewone studente wat gewoonlik nogal vriendelik is. Hulle geniet die studentele we, maar kom ook al hul modu les goed deur. Hulle gaan klas toe, gee hul take betyds in en kry goeie punte. Hulle sal selfs gaaf genoeg wees om vir jou hul notas te leen as jy nie n klas kon bywoon nie. Daar is natuurlik ook n paar ander soorte, maar vir tyd en wyl kan jy self besluit watter een jy is.

Stem vir Kovsie om eerbewys te kry


Sibongile Potelwa of Sijadu soos hy op die verhoog be kend staan. n GROOT eer het een van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se nagraadse studente te beurt geval. Sibongile Potelwa is vir n 2012 SuidAfri kaanse Tradisionele Musiekprestasie (Sat ma) eerbewys in die kategorie beste lofsanger benoem. Sibongile, wat finansile ekonomie en be leggingsbestuur studeer, is n bedrywige stu dent op die Bloemfonteinkampus met n lys prestasies wat al hoe langer word. In sy eerste jaar het hy n sertifikaat ont vang as een van die studente op die toptienlys van eerstejaars in Villa Bravado wat in akade mie presteer, en hy is in sy tweede jaar as n lid van die internasionale Golden Keyerever eniging ingelyf. Hy was ook n tutor in reke ningkunde en ekonomie vir eerstejaarstuden te. Vanjaar het Sibongile n studenteambas sadeur vir die universiteit in die kantoor van die rektor geword. Sibongile tree onder die verhoognaam Si jadu op en is reeds sedert 11 jaar oud by lof sangposie betrokke. Hy lys sy onlangse voordrag op die Charlot te Maxekegedenklesing, waar hy voor presi dent Jacob Zuma en ander kabinetsministers opgetree het, as een van sy gunstelingoptre des. Ek wil graag n beroep doen op die uni versiteitsgemeenskap, die Vrystaat en die hele SuidAfrika om vir my te stem. Die eerbewys behoort ongetwyfeld aan Kovsies en daarom glo ek ons kan nie die kans laat verbygaan nie, s Sijadu. Die Satmatoekenningsgeleentheid vind op 27 Oktober in OosLonden in die OosKaap plaas. Stemlyne sal tot 26 Oktober oop wees. ) Mense kan stem deur n SMS met die volgende inligting aan 34066 te stuur: SATMA, SIJADU, BEST PRAISE SINGER. Elke SMS kos R2.

Ampie tree mre om 21:00 in Huis Karee se vierkant op die koshuis se kultuuraand op. Toegang sonder eetgoed kos R30, maar teen R50 kry jy ook n koeldrank en n pastei. Rig navrae aan Kobus Sta pelberg, HKlid: kultuur van Huis Karee, by 076 164 0548.

Ampie kuier op kampus


DIE jong sanger Ampie kom kuier mreaand op die Kovsiekampus. Die sanger en liedjie- skrywer wat saam met AB de Villiers die album Maak jou Drome Waar opgeneem het, maak nou sy eie drome waar met n nuwe solo-CD, S.O.S., wat binnekort bekend gestel gaan word. Ampie, wat saam met die oud-Kovsie Hanno van Heerden van n Man soos Janfaam gesing het, se program sal ook onder meer liedjies uit Hanno se pen soos Die ritme van jou naam en Yster en Satyn insluit. Hoewel Ampie n B.Com.-graad in finansile bestuur agter sy naam kan skryf, het hy tog besluit musiek is eintlik sy groot liefde. Hy is nou onder die vlerk van die bekende Coleske-broers. Sy musiektalent is ook nie tot sang beperk nie en hy en sy vennoot, Murray Lubbe, bedryf n opname-ateljee. As liedjieskrywer het Ampie al bydraes aan n hele paar bekende kunstenaars gelewer. Ek soek jou, die titelsnit van Elizma Theron se CD, is ook Ampie se pennevrug.

Ampie tree mre om 21:00 op Huis Karee se kultuuraand op.

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Dinsdag 11 September 2012

S vorder die bouwerk aan die nuwe koshuise op die Kovsiekampus. Foto: LIZE VAN DEN BERG

Nuwe koshuise byna klaar


Liezl Keyter
BOUWERK aan die twee nuwe koshuise op die Wes-kampus van die Bloemfontein-kampus vorder goed en heelwat navrae is reeds ontvang van studente wat volgende jaar daar wil bly. Die koshuise, wat saam 500 studente sal kan huisves, sal na verwagting in Desember vanjaar voltooi wees en die eerste studente kan reeds in Januarie 2013 hul intrek neem. Die nuwe koshuise maak voorsiening vir junior en senior studente. Die koshuise sal gemeng wees, met mans en dames wat in afsonderlike, beveiligde gange sal woon. Die koshuise sal bestaan uit onder meer: ) n inwonende koshuishoof en akademiese hoof; ) n huiskomitee; ) ewekniementors wat aan eerstejaarstudente leiding sal gee; ) streng veiligheidsmaatrels; ) n junior sitkamer en studeerkamer-loft op elke vlak; ) n wassery op elke vlak met moderne wasmasjiene en tuimeldrors; ) n gesamentlike rekenaarlaboratorium; ) internet-toegang in die kamers; en ) die minimum inwoners per badkamer en kombuis. Een nuwe koshuis wat 250 studente sal huisves, word ook op die Qwaqwa-kampus gebou.

Argitektuurvoorstellings van hoe die nuwe koshuis gaan lyk.

Geen genade vir skoene


Lize van den Berg
AS daar een ding is waaraan ek my geld op kampus bestee, is dit skoene. Dit is nie noodwendig dat ek nuwe skoene wil koop om die skoenverslawing te voer nie, maar omdat die kampus se skoenmonster nog n paar skoene se afsterwe beteken het. Tog is daar baie ander goed waarop ek my geld eerder sal wil bestee. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is mal oor skoene en ek is mal oor inkopies doen, so om dan te sien hoe nog n paar van my gunsteling-trappers in die mond van die monster disintegreer, is pynvol. Ek pak my skoene uit om die skade te bereken en besef skoengom sal nie die skoenkas of my gebroke hart weer aanmekaar kan plak nie. Ek sien dit al: Die growwe tekstuur van die Rooi Plein se tong kou my skoene dat sool en skoen skei, terwyl die teerpad en plavleistene hulle finaal afskryf. Die wit geverfde randstene en los skoensole wat nog probeer vasbyt, maar hul greep verloor, beteken net een ding: Dit is ek, my gesig en die vloer. Om spesifiek te wees: my gesig op die vloer, soos die skoenmonster se nalatenskap my na sy terrein toe lok en die deur in my gesig toeslaan. Een van die dae sal ek die universiteit moet dagvaar vir pyn en lyding en ook om my verpletterde skoenkas te vervang, want al l daar n hele berg skoene in my kas, l die bewyse dat die skoenmonster hier was diep in my skoenkas in gesement.

Boereriller sal jou laat naels kou


Margo Olivier
HET jy al ooit na n boereriller gekyk? Wel, Kovsies se dramadepartement gee jou nou die kans. Nag van die Hina is n nuutgeskrewe riller deur ons dramadepartement se eie prof. Nico Luwes. Luwes doen ook die regie van die stuk wat deur die tweedejaarstudente opgevoer word. Dit beloof om iets te wees om na uit te sien. Nag van die Hina bevat al die bestanddele wat nodig is om n riller te laat werk spanning, jaloesie, bedrog, wraak, geldgierigheid en moord. As dit nie die tweelingbroers, Leon en Hendrik, is wat iets in die mou voer nie, smous iemand anders pille en verdien die dokter n skelm geldjie iewers. Dan is daar soos op elke dorp n arme bleeksiel wat doodonskuldig in die middel van al die chaos beland. Maar sal die skelms eindelik kry wat hulle toekom, of sal hulle wegkom met die gekonkel soos wat so dikwels met mense in magsposisies gebeur? Die riller is vol spanning en kinkels wat die gehoor op die punte van hul stoele sal hou. Dit is reeds iets wat min genoeg te sien is, so dit beloof om n spesiale geleentheid te wees. Die stuk is veral iets om na uit te sien omdat dit deur Luwes geskryf is. Twee van sy onlangse produksies, Maskermaan en Die Renosters, is op die Vryfees van 2010 en 2012 onderskeidelik as die beste produksies bekroon. Sy komedie Graswewenaar was ook op vanjaar se Vryfees te sien, maar nou is dit tyd vir n boereriller. Dit sal op 19, 20 en 21 September om 19:30 in die Scaenateater te sien wees. Kaartjies kos R30 per persoon en studente, leerlinge en pensioentrekkers betaal slegs R20. ) Besprekings kan by Computic ket in Mimosa Mall en by Chec kers gedoen word. Vir blokbe sprekings van tien mense of meer kan Thys Heydenrych op 0722353191 gebel word.

Kampuslewe is straf op n mens se skoenkas. Foto: LIZE VAN DEN BERG

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Dinsdag 11 September 2012

Nuwe SRpresident van Kovsies vol planne


Reg vir uitdaging
Die nuwe SRpresident het baie om te s en hy het groot planne vir sy termyn wat voorl. Mirischian Naud het William Clayton n paar vrae gevra.
Hoe voel dit om president te wees?
Dit raak so met tyd n werklikheid. n Ongelooflik groot verantwoorde likheid rus op my skouers, maar ek het myself daarvoor reggemaak. Ek het in die vorige SRtermyn ook ge dien en in daardie tyd het ek lank en hard oor presidentskap gedink. Die posisie kom met die lekker en die sleg, maar sover voel dit vir my heel reg. by betrokke wees.

Watter kernsake gaan die nuwe studenteraad aanpak?


Vooruit registrasie val volgende jaar weg. Ons sal dus na nuwe ma niere kyk om geldelike bystand aan studente te verleen. Koshuise bied groot waarde aan die universiteit en ek sal graag wil h hulle moet by stand volgens die waardes ontvang. Koshuise verdien ook om meer aan dag te kry, omdat hulle n groot deel van studentelewe vorm. Aange leenthede gaan opduik soos die jaar vorder en ons behoort die sa ke op n regverdige en realistiese manier te hanteer. Die dinamiek van die SR is ook vir my baie be langrik. Ek wil h almal moet deel voel van n span en n familie vorm en dit is nie elke ou (of vrou) op sy of haar eie nie.

Hoe suksesvol glo jy was die vorige studenteraad in sy ter myn?


Ek dink hy was baie suksesvol met wat hy moes doen. Hy moes onder meer finansile stelsels in plek stel en die grondwette vir nege exoffi cioportefeuljes skryf en daarmee glo ek hy was baie suksesvol. Hy het n goeie grondslag vir ons as die nu we SR gel. Natuurlik glo elke SR hy kan n beter taak verrig en daar was wel sekere portefeuljes in die vorige termyn wat n beter werk kon ge doen het.

Hoe voel jy oor die nuwe SRgroep?


Dit is regtig n goeie groep studente en hulle is goed ge kies. Ek is seker die lede wat dalk twyfel oor die volgende paar weke sal leer om die amp te beklee.

Waarop dink jy kan die nuwe SR verbeter?


Daar is altyd plek vir verbetering en ons gaan aan heelwat aange leenthede werk. Bemarking, en hoe die SR uitgebeeld word, is beslis iets waaraan ons gaan werk. Ons moet ook veral internasionale studente beter, spesifiek oor finansile pro sesse, inlig. Dit is vir my regtig be langrik dat ons studente inlig oor wat gebeur. Ek sal eerder dat ons vyf of ses groot projekte doen wat meer studente betrek in plaas van 22 klein projekte. Studenteaktiwiteite moet lekker wees en studente moet daar

William Clayton feulje was toeganklikheid en studen teondersteuning. Ek was ook deel van die Leadership for a Change (F1) program. vorder. My sukses van president wees gaan gemeet word aan hoeveel mense stem en hoeveel mense vir die volgende studenteraad staan. Studente behoort te weet waaroor elke portefeulje gaan. Daar sal n 30 sekonde lange video opgeneem word van elke portefeulje om te verduide lik waaroor dit gaan. Dit sal dan be mark en aan die studente oorgedra word. Studente moet weet wat elke portefeulje behels indien hulle graag vir die SR wil staan.

Wat studeer jy en hoeveelste jaar is jy?


Ek is n derdejaarstudent in B.A. politieke transformasie en regerings kunde.

Hoe kan studente met jou kon tak maak?


Ek het n oopdeurbeleid en ek s dit nie net nie, dit is regtig vir my be langrik. My kantoorure is op my kan toordeur soos wat dit op al die SRle de se deure is.

Het jy al vantevore in enige raad gedien?


Ja, ek het. In 2010 was ek deel van die ISK, die interne studentekomi tee, ek was in een van die uitvoeren de komitees. Ek was ook deel van die 201112studenteraad, en my porte

Hoe dink jy gaan die rol van pre sident wees?


Dit is die lekkerste tyd wat jy nooit weer wil h nie. Die SR is vir my soos n gesin. Dit gaan ook n jaar wees wat heelwat uitdagings inhou. Daar gaan dae kom wat jy tot 03:00 werk, maar dit sal nie so erg wees nie, want daar is iemand langs jou wat net so hard werk. Ek glo dit gaan n baie suksesvolle jaar wees en ons sal uit ons foute leer soos wat ons

Wat het jou laat besluit om spesifiek vir president te staan?


Twee redes. Eerstens weet ek hoe belangrik die portefeulje is. My kop was heeltyd daarby ek wil vir vise president staan. Maar dit het veran der toe mense wat deel van my span was, met my gepraat het en ges het ek kan dit doen; ek kan vir president staan. Ek glo dit is waar jou president

vandaan moet kom. Dit is regtigwaar belangrik n president moet vorige SRondervinding h, want dit is nie kinderspeletjies nie. Jy val nie net in nie; jy moet weet wat so n verant woordelikheid behels, omdat jy so veel mag in jou hande het. Jy moet bewus wees van hoe scary dit is en jy moet ook oor die nodige agter grond beskik. Die tweede rede is dat mense ges het ek kan dit doen. Dit is vir my spesiaal, want ek glo die SR president moet die mense se keuse wees. As mense jou nie in daardie ka pasiteit ag nie, moet jy nie daarvoor staan nie.

Jy val nie net in nie, jy moet weet wat so n verantwoordelikheid behels, omdat jy soveel mag in jou hande het. Jy moet bewus wees van hoe scary dit.
WILLIAM CLAYTO

Wat kan studente van die nuwe SR verwag?


Hulle kan n lekker tyd en lekker ak tiwiteite verwag. Hulle gaan n jaar ondervind van wat hulle wil h stu dentelewe moet wees. Ons sal veg vir studenteaktiwiteite en betrok kenheid.

Kom stem weer in SR se tussenverkiesing


N die aankondiging van die Bloemfontein-kampus se nuwe SR verlede week het die Onafhanklike Verkiesingsagentskap (OVA) n appl van een van die kandidate ontvang waarin die geldigheid van die verkiesing in n bepaalde portefeulje betwis word. N deeglike oorweging het die OVA beslis dat die appl meriete het. Die OVA het dus besluit om n tussenverkiesing uit te roep vir die portefeulje-toeganklikheid en studentesteun. Studente kan slegs mre van 07:00 tot 21:00 by 32 aangewese stemlokale op die Bloemfonteinkampus stem.

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Dinsdag 11 September 2012

Vierdielente
Huis Soetdoring het onlangs n prettige lentedag op Mooimeisiesfon tein op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) gehou. Die geselligheid het met n opening op die voorstoep begin waar Oros en muffins voorgesit is. Daarna is heerlik saam met die manne van Huis Karee in die skuim gebaljaar. Die geleentheid is deur die nuwe huiskomitee aangebied.

Oros en muffins op Huis Soetdoring se stoep.

Waterpret . . .

Die Soetdoringdames het hulle gate uit in die skuim geniet.

Skuimkoppe . . .

Volhard vir jou somerlyf


Leandr Blume
HIER sit ek, sopnat gesweet, my asem huig, my hart klop vinniger as wat ek gedink het moontlik is en ek voel ongelooflik. Somer kruip l nader en in elkeen se agterkop is herinneringe aan daardie naweke toe ons die Bloemfonteinse koue probeer beveg het met snoesige komberse en smullekker kos . . . Die werklikheid, of ons dit nou wil erken of nie, is elke pannekoek, elke koppie warm sjokolade en elke bord vetterige kos het sy tol op ons lywe geis. Met net drie maande oor om die ekstra kilos af te skud lyk dit na n amper onmoontlike taak om betyds daardie somerlyfie terug te kry. Alle hoop is darem nie verlore nie en met harde werk en toewyding is enigiets moontlik. Die redelike mens se eerste instink sal wees om die gemorskos uit te sny en die gym Maandagoggend volstoom te tref. Sommige van ons het egter nie die tyd f geld om gym toe te gaan nie. Rampspoedig? Glad nie! Daar is hope tuis-oefenprogramme wat net wag om gebruik te word. Die geheim is egter om die regte een te kry wat vinnig en doeltreffend is. Die nuutste een in die kollig is Beachbody se nuwe produk, Insanity. Di oefenprogram is deur die fiksheid-foendi Shaun T ontwikkel om gebruikers die beste lyf van hul lewe in net 60 dae te gee. Die program is op maksimum intervaloefeninge gegrond. Die tipiese intervaloefeninge wat n mens gewoonlik doen, is om n ruk lank teen n vaste tempo te oefen, dan n kort rukkie alles te gee en weer terug te keer na jou oorspronklike tempo. Shaun T het egter di norm op sy kop gedraai. Die oefeninge in die Insanityreeks bestaan uit tien verskillende oefenprogramme wat wissel van 40 minute tot n uur waarin n mens n klomp oefeninge met ongelooflike intensiteit doen, n ruskans van 30 sekondes kry en weer van voor af begin met die ho-intensiteitsoefeninge. Die program strek oor nege weke waar n mens ses dae n week oefen en op Sondae rus. n Volledige eetplan word ook by die produk ingesluit sodat n mens die maksimum resultate hieruit kan kry. Gaan Google gerus die produk. Kyk na die resultate van vorige gebruikers, luister wat hulle van die program s en wees voorbereid om gemotiveer te word. Ander oefenvideos wat alles van taebo en dansoefeninge tot Pilates en joga bevat, is natuurlik ook beskikbaar. Kies een wat vir jou werk en hou dit vol. Volharding is die geheim tot sukses.

Gesondheidsgelowe as mites ontmasker


Margo Olivier
HET jy al ooit iets geet of gedrink omdat jy geglo het dit is goed vir jou? Volgens die webwerf greatest.com is daar soveel dinge wat ons glo gesond is, terwyl dit eintlik net n mite is. Hier is n paar van hul wenke: V Gesonde water: Dit is baie gesond om meer water te drink, maar pas op vir gegeurde water of selfs water wat enigsins versoet of vol vitamiene is; dit bevat dikwels baie suiker. Drink eerder gewone water met regte vrug tesap in om dit geur te gee. V Volgraanstafies: Dit kan tog nie on gesond wees nie? Di stafies bevat dikwels ongelooflik baie suiker; dan kan jy net sowel n sjokolade eet. V Vitamiene en aanvullings: Verskeie studies het gewys deur vitamiene in pilvorm in te neem, het moontlik lang termynneweeffekte. Probeer soveel moontlik van jou vitamiene deur kos inkry. Kos bevat gewoonlik meer as een, so jy kry sommer ekstra in. V Etes mis: Deur een ete te mis ver oorsaak jy dikwels jy ooreet jouself la ter. Probeer liefs net n gesonder ete. V Gebottelde water: Sommige plas tiekwaterbottels bevat verskeie bak terie of chemikalie; bel in n tuisfil ter. V Dieetgaskoeldrank: Die koeldrank, wat veronderstel is om geen kalorie te bevat nie, kan moontlik veroorsaak jy sit meer gewig aan of jy is heeltyd lus vir soetgoed. Probeer eerder gas koeldrank heeltemal uitsny, want dit bly ongesond. V Sapdieet: Dit is veral in Amerika ge wild, maar deur net sap te drink, kan jy moontlik voedingstowwe weglaat wat jy nodig het. V Tande borsel net n elke ete: Hoewel dit nooit n goeie ding is om n onwel riekende asem te h nie, moet jy ten minste 30 minute n etes wag voor dat jy tande borsel. Jy moet die spoeg in jou mond kans gee om die sure in jou mond te neutraliseer sodat die emalje op jou tande kan sterker word. V Vermy die son: Ja, te veel son is sleg vir jou, maar jy het ook vitamien D vir spier en beenontwikkeling nodig en dit kry jy van die son. V Elke dag oefen: Jou spiere het kans nodig om te herstel. Dit is goed om ge reeld te oefen, maar jy moet darem jou liggaam tyd gee om te rus ook. Een ding bly altyd waar: Hoe natuurliker jou produk is, hoe gesonder is dit.

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Dinsdag 11 September 2012

Hokkietoernooi inbeeld
Die interprovinsiale manshokkie toernooi (IPT) is onlangs in Bloemfontein aangebied. Alte saam 12 spanne het in die Aliga teen mekaar meegeding. In n uitnemende eindstryd het die Southerns van Johannesburg teen die SuidAfrikaanse o.21 span te staan gekom. Die o.21s het hard gebaklei, maar het met 4 1 verloor. Anje Badenhorst het met die manne gesels en Luna Killian het die fotos geneem.

Andr Erasmus is deel van die Costal Districtspan. Hy meen sy span is uitmuntend en al was die uitslae nie soos hulle dit wou h nie, was die ervaring nogtans n belewenis. Die enigste probleem is hy is n Kapenaar en is glad nie aan die warm weer in Bloemfon tein gewoond nie.

Francois Pretorius is van die Northern Bluesspan (Suid Gauteng) en is n oudstudent van die Universiteit van Preto ria (UP). Hy meen dit was n ongelooflike toernooi, maar hy hou glad nie van die weer in Bloemfontein nie.

Justin Collins (links) en Shaun Davenhill is van die KwaZuluNatalse Raiders. Volgens hulle is hulle die ou manne in die span en is die ITPtoernooi wat by Kovsies gehou word die ideale plek vir die jong ouens om ervaring op te doen en n bietjie touwys gemaak te word. Hulle was baie teleurgesteld omdat hul span nie eens na die kwart eindronde kon deurdring nie, aangesien hulle die toernooi die vorige drie jaar gewen het.

Van links is Gareth Heyns, Clinton Panther en Rene de la Peure. Ga reth en Clinton is studente aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) en Rene is n student aan die Universiteit van Pretoria (UP). Al drie is lede van die SuidAfrikaanse 0.21span wat aan die IPT deel geneem het ter voorbereiding vir die Afrikawreldbeker kwalifise rende rondes wat van 13 tot 27 Oktober plaasvind.

Hokkie van die boonste rak is op die interprovinsiale toernooi op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (VS) gespeel.

Dinsdag 11 September 2012

Die manne van Vishuis val oor die doellyn vir n drie in Vrydag se koshuisrugbyeindrondes op Shimlapark op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat. Vishuis was met 53 13 baas teen Heimat in die bekereindronde, terwyl Armentum met 34 38 oor Veritas in die plaateindronde gesevier het. Foto: LIZE VAN DEN BERG

Dag alte jo(o)lig


Kom wees n sport di naweek
Verslaggewer
SATERDAG vind n eerste op die Kovsie-kampus plaas. In die gees van die pas afgelope Olimpiese Spele en Paralimpiese Spele hou jool-gemeenskapsdiens nou Kovsies se eie Joolympics. Die Joolympics word op die joolkol gehou en is ook deel van die jaarlikse potjiekosgeselligheid wat deur jool-gemeenskapsdiens gerel word. Spanne kan hulle vir n hele reeks sportsoorte soos strandvlugbal, touchies, tafeltennis, dodge balloon, toutrek en minisokker inskryf. Studente sal boonop deur kunstenaars soos I2M en DJ B en Rocka vermaak word. Toegangsgeld van R20 sal gehef word en spanne moet ook n bedrag betaal om hulle vir die verskeie sportsoorte in te skryf. Inskryfvorms vir die spanne is by die joolkantoor beskikbaar, en spanne moet hulle vandag nog inskryf. Die sportnommers begin om 11:00, terwyl die potte om 16:00 sal begin prut. ) Kontak Annerie Pieterse by 083 8222940 of Jaco Faul by 083480

S werk dit
V Strandvlugbal: Vier mense in n span met inskryfgeld van R40 per span. Drie stelle word gespeel. Twee punte word toegeken vir elke stel wat gewen word en die wedstrydwenners kry drie punte. V Strandtouchies: Drie mense in n span en die inskryfgeld is R30 per span. n Wedstryd bestaan uit twee helftes van vyf minute elk. Elke drie tel twee punte en die wedstrydwenner kry drie punte. V Tafeltennis: Twee mense in n span en die inskryfgeld is R20 per span. Drie stelle word gespeel. Twee punte word toegeken vir elke stel wat gewen word en die wedstrydwenner kry drie punte. V Dodge balloon: Vier mense in n span en die inskryfgeld is R40 per span. Drie stelle word gespeel. Twee punte word gegee vir elke stel wat gewen word en die wedstrydwenner kry drie punte. V Toutrek: Vyf mense in n span en die inskryfgeld is R50 per span. Drie rondes word gehou en twee punte word per ronde aan die wenner toegeken. Die wedstrydwenner kry drie punte. V Minisokker: Vier mense in n span en die inskryfgeld is R40 per span. n Wedstryd duur vyf minute en twee punte word per doel toegeken. Die wenspan kry drie punte, terwyl spanne een punt vir n gelykopuitslag kry.

Arno met rugbybal in hand gebore


ARNO JANSEN VAN VUUREN doen sy meestersgraad in argitektuur en is n kranige rugbyspeler wat einde 2010 in Kovsies se sewesspan ingesluit is. Waar en wanneer het jy begin rugby speel en wie is jou rugbyheld en hoekom? Ek het al in my kot as baba n rugby bal vasgehou, so dit het vroegvroeg reeds begin, maar my eerste wedstryd was vir die Laerskool Jim Fouch en daar het my rugbyloopbaan begin. Ek glo enige skrumskakel van my ouder dom sal s hul rugbyheld is Joost van der Westhuizen, so ook myne. Sy kalmte op die veld, oplettendheid vir

KampusVolksblad het besluit om met al die spanne in die koshuis rugbyliga se kapteins te gesels en te hoor wat hul dryfkrag is. Vandeesweek gesels Liezl Keyter met Arno Jansen van Vuuren van Veritas.
gaps en die manier hoe hy die bal oor die veld versprei het, was ontsettend goed. Hoe lank speel jy al vir Veritas en wat beteken spangees vir jou? Ek is al vyf jaar in Veritas en dit is die derde jaar dat ek vir hom rugby speel. Koshuislewe en spangees is

meer as net manne wat saamkuier. Dit is die slegste en harde tye waar deur n rugbyspan gaan wat aan die spangees bou. Om aan te hou en nie op te gee nie dit is spangees. Dit gaan ook nie net oor die 15 manne tussen die lyne nie, maar oor die on dersteuners en die res van die koshuis wat langs die veld aanmoedig. Watter posisie speel jy? Ek speel skrumskakel, nommer ne ge, en help so nou en dan uit op vleuel. Wat is vir jou die belangrikste deel van leierskap en watter hoogtepun te het jy al as spankaptein beleef? Dit is vir seker om met voorbeeld te kan lei, hetsy dade of kommunikasie, en om respek by jou spanmaats en breiers te kan kweek. Om kalm te bly tydens n wedstryd wanneer dinge nie altyd regloop nie en die span altyd te

motiveer al kan jy nie altyd n wed stryd wen nie, is baie belangrik. Hoog tepunte as kaptein is vir seker net om elke naweek voor vir Veritas en my span te kan uitdraf. Wat is jou rugbydrome vir die toe koms? My hoop is net om waar ook al ek rugby speel dit te geniet. Dit is in ons Liewe Vader se hande waar ek beland, maar as ek kan hoop vir iets is dit om elke keer net met n smile van die veld af te stap en te kan weet ek my beste gedoen. Hoogtepunte van die seisoen en enige ander stories wat jy wil deel? n Hoogtepunt was toe ons die eer ste keer in die geskiedenis die Kovsies se o.19span kon klop, asook die re kordtelling wat ons teen Armentum op die telbord kon sit.

You might also like