Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 1

4

Opspraakwekkende nuusgebeure in 2012

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Vrydag 14 Desember 2012

Suid-Afrika sidder onder die stakings


Gewelddadige stakings het vanjaar talle lewens in Suid-Afrika geis en verlies aan inkomste veroorsaak. Daarby is die land se beeld as jong demokrasie en groeiende moontlikheid in die buiteland ernstig geskaad. Sedert Augustus het 100 000 werkers gestaak sowat 75 000 in die myne in stakings wat meestal onwettig en gewelddadig was. Die myn- en landboustakings het die land tot sowat R10 miljard gekos. Van nou af is die woorde Marikana en De Doorns in ons kollektiewe gewete gets.

Augustus

September

Oktober

November

Op 16 Augustus word 34 mynwerkers deur die polisie by die Lonminmyn in Marikana, Noordwes, doodgeskiet. Dit is nadat twee polisiebeamptes deur die stakers doodgekap is.

Die vorige minister van intelligensie, Ronnie Kasrils, het in n striemende aanval teen die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting ges die Marikana-slagting was veel erger as die Sharpeville-slagting van die sestigerjare. Toe is 69 mense meestal van agter geskiet, waarna die ANC verban is en Nelson Mandela die gewapende stryd begin het.

Die vragmotorbestuurders se staking einde Augustus en begin November het ook groot dele van die ekonomie lamgel. Tientalle voertuie is uitgebrand en dele van die land het tekorte aan brandstof ondervind. Meer as 20 000 bestuurders het die strate ingevaar in die staking van drie weke, wat op 12 Oktober afgelas is nadat hulle ingestem tot n loonverhoging van 10%.

Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Spesiale Risikoversekering (Sasria) het teen die einde van Oktober meer as 300 eise van R69 miljoen ontvang. Minstens twee werkers is in die geweld dood.

Die geweld met die plaaswerkerstakings in die Wes-Kaap het nie net die land onkant betrap nie, maar miljoene se skade is aan plase aangerig. Die stakings het rondom 10 November in De Doorns begin en uitgekring na ander Bolandse dorpe. Verskeie plase, pakhuise en wingerde is afgebrand en boere het miljoene skade gely.

Die stakings is weer op 4 Desember voortgesit waar vakbonde lone van R150 per dag eis. Dit is meer as dubbeld die sowat R70 per dag wat nou ingevolge minimum lone geld. Boere in kakie geklee is ook met wapens aangekeer.

Die Marikana-slagting word deur die Farlamkommissie, onder voorsitterskap van Ian Farlam, ondersoek.

Die stakings het die land se groeikoers tot 1,2% afgeruk in die derde kwartaal n n koers van 3,4% in die tweede kwartaal.

Graka24

Plaasaanvalle eis talle slagoffers


Q At van der Merwe (68) is op 3 April in sy plaashuis in die Leeuboschomge wing in die Bloemhofdistrik oorval. Die rowers het hom aangerand, die huis geplunder en met sy silwer Toyota RAV4 met die registrasienommer FTY

116 NW gevlug. Hy het aan sy bese rings beswyk. Q Johan van Rensburg (77) is op 20 Junie op die Cosmopolitewild Johan van plaas, sowat 11 km Rensburg van Baltimore, doodgeskiet. Sy vrou, Gloudien, is ook

geskiet. Q Ronl van Eyk (46) is op 13 Augus tus by haar plaashek naby Hartbees fontein doodgeskiet minute nadat sy haar seun by die skool afgelaai het. Die rowers het haar oorval toe sy uit haar Toyota Condor geklim het om die hek oop te maak. Van Eyk is verskeie kere geskiet, onder meer in die gesig. Q Johan Fourie (71) en sy vrou, Cecile

(72), is op 9 September op die plaas Knoppe by Trompsburg deur moor denaars soos skape Johan en Cecile Fourie geslag Hulle . is in hul plaashuis oorval en vermoede by

lik met n byl doodgekap. Q Chris Pree ce (54) is op 24 November vermoor en sy vrou, Felicity, ernstig tydens Chris Preece n plaasaanval Ficksburg aangerand.

Die politieke landskap in 2012

Magsmisbruik som jaar op


Gert Coetzee
MARIKANA, Mangaung en die muilbandwet. Nkandla. En De Doorns. Dis nou om die politieke jaar 2012 kortweg in drie Ms, n N en twee Ds aan te haal. n Vierde M ook gespel Juju het al ietwat in die vergetelheid verdwyn. En ons staan aan die vooraand van die tweede M Mangaung 2012 waar beslissende besluite oor die hele Suid-Afrikaanse spektrum heen wag. Roer ook n R in hierdie alfabetiese mengelmoes in. Dit lyk of daar (weer) n Ramaphosa in ons politieke toekoms wag. Asook n L vir Limpopo se handboekskandaal. Giet di paar letters saam in die konteks van daardie ander groot M magsmisbruik. Die sambreelwoord vir ongebreidelde korrupsie, entitlement, stropery (van staatsbates), wanaanwending van staatsmasjinerie (veral die geheime dienste) vir partygevegte, tenderpreneurskap en transaksie-politiek waardeur Suid-Afrika, soos in 2011, 2010 en vroer jare, steeds onbeskaamd uitgebuit word. Die soustrein stoom onverstoord voort. Die magsvergrype gaan gepaard met die gewone aanslag van diktatoriale outokrate op wigte en teenwigte, waghonde en fluitjieblasers. Met die regbank, media, vrye toegang tot inligting en die openbare beskermer wat toenemend onder skoot is. Eindelik is die groot aanslag op die Grondwet wat in die vroe 1990s uitgewring is juis om ons land te vrywaar van die magsvergrype, diskriminasie en menseregte van die verlede. Dit is omtrent 2012 se politieke konkoksie in n neutedop. Meer van dieselfde. Hieronder sou n mens ook misdaad, veral plaasmoorde, kon indeel, omdat politieke onvermo en n gebrek aan politieke wil die situasie laat vererger. ) Met toenemend gekonsolideerde opposisie-weerstand en burgerlike verset wat die skrefie lig aan die einde van die ANC-tonnel is. ) Die groot politieke gebeurtenis eintlik tragedie van die jaar was Marikana. Die vergeefse hoop was dat die dood van die 34 stakende Lonmin-mynwerkers by Marikana op 16 Augustus n waterskeidende oomblik vir beslissende leierskap deur die ANC-regering sou inlui. Toe ontaard dit in nog n oefening van onbeholpenheid met pres. Jacob Zuma en verantwoordelike ministers wat in hul afwesigheid skitter. Die beelde van die Marikana-slagting het verdag baie aan 1960 se Sharpeville-skietery herinner. Die politieke skikking waardeur die staking beindig is, was gn oplossing nie. Die omseiling van die vakbonde skep n presedent wat die mynbedryf en die arbeidsmark ook in landbou gaan teister. Zuma het later n kommissie van ondersoek onder afgetrede applregter Ian Farlam aangestel. ) Drie maande n Marikana is die land geruk deur die arbeidsonrus by De Doorns, in die Hexrivier-wingerdvallei, waar stakende seisoenale werkers die N1 in November versper het. Die raakpunte tussen Marikana en De Doorns was onmin oor salarisse en opstand oor haglike lewenstoestande. Vergoeding in albei sektore word deur minimumloonvereistes van die departement van arbeid neergel. Weer is die onderhandelinge deur dooiepunte gekenmerk met Cosatu in die Wes-Kaap en die landbou-organisasie as ontwykende teenpole. Die onrus het vroeg vandeesmaand weer opgevlam. Mense swaai vlae en luister na pres. Barack Obama se oorwinningstoe spraak in Chicago op 7 November. Obama is herverkies as Amerikaanse president teen sy opponent Mitt Romney. Foto: REUTERS ) Die omstrede muilbandwet die Wet op die Beskerming van Staatsinligting wat verlede jaar op Swart Dinsdag deur die nasionale vergadering se ANC-meerderheid goedgekeur is, is voorverlede week ook deur die nasionale raad van provinsies goedgekeur. Nou gaan dit terug na die Nasionale Vergadering vir finale goedkeuring en dan na die president vir bekragtiging. Waarskynlik wag die grondwethof daarna. ) Dan die groot N Nkandla. Almal wil n huisie by die see h. Maar Zuma wil syne in n Zoeloelandse vallei groter en beter h. Die twis gaan oor die sowat R240 miljoen uit regeringswe vir di uitbreiding wat n ondergrondse bunker, landingsplek vir n helikopter, militre kliniek, besoekersentrum, parkeerplek vir minstens 40 voertuie en drie huise vir personeellede insluit. Eers het Zuma ges hy het nie die sekuriteits-opknapping goedgekeur nie. Toe raak Nkandla n nasionale sleutelpunt. Toet sy familie daarvoor betaal. Die laaste was dat hy wel n verband het. Ongelukkig is dit soek. ) Die DA het op sy federale kongres weer vir Helen Zille as nasionale leier aangewys. Die party hoop om sy Wes-Kaapse sukses ook na ander provinsies uit te brei. ) Nou l Mangaung 2012 voor met Zuma wat weer as ANC-leier gekroon gaan word. Wie van Cyril Ramaphosa of adj. pres. Kgalema Motlanthe gaan die paal as onderleier haal?

You might also like