Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 14

Magtige Immuunstelsel

Bou joune op vir die voorkoming en genesing van siektes en om veroudering te vertraag

http://www.news-medical.net/health/Antioxidant-Enzyme-Systems.aspx

Inwendig gegenereerde anti-oksidante soos die ensiemstelsels Glutatioon Peroksied, Katalase en Superoksied Dismutase word binne ons liggaamselle vervaardig en oortref die effektiwiteit van uitwendige anti-oksidante (wat as voedingsaanvullings geneem word) by verre. Daar word byvoorbeeld geskat dat Superoksied Dismutase 3 500 keer meer kragtig as Vitamien C is in die neutralisering van die gevaarlike Superoksied radikaal.

Anti-oksidante beskerm die selle teen skade wat deur onder meer stres, gifstowwe, reaktiewe suurstoftipes, bakterie, virusse, swamme en parasiete in die liggaam veroorsaak word. As n mens dus verantwoordelikheid vir jou gesondheid wil aanvaar, sal jy sorg dat jy voldoende hoeveelhede van die regte voedingstowwe inneem om jou liggaam in staat te stel om siektes te voorkom en genees en om veroudering te bestry. Hoe ouer mens word, hoe minder doeltreffend word die liggaam se instandhoudingsproses van voorvermelde ensiemstelsels, hoofsaaklik omdat die liggaam se absorpsievermo van die boumateriale daarvan gaandeweg afneem. Hoewel di kosbare, beskermende ensieme nie direk ingeneem kan word nie, kan die boustene daarvan wel deur middel van spesifieke kossoorte en ander middele verkry word. Die boustene bestaan uit spesifieke aminosure, vitamiene, minerale, spoorelemente en mikronutrinte (die kleurstowwe in plante). Vervolgens word die drie ensiemstelsels kortliks in die volgende formaat bespreek: (a) Eienskappe, funksies en werking in die liggaam (b) Bronne wat die boustene daarvan voorsien: Die spesifieke groente, vrugte, orgaanvleis, aanvullings en medisyne wat bydra tot die vervaardiging daarvan. Om die rol van die 3 ensiemstelsels tot die uiterste te vereenvoudig: Superoksied Dismutase kataliseer die omskakeling van die gevaarlike en onstabiele superoksied-radikaal na suurstof en waterstofperoksied. Di proses staan as dismutering bekend. Hoewel waterstofperoksied steeds n oksiderende radikaal is, kan dit dan maklik deur Katalase en Glutatioon Peroksidase in water en suurstof verander word.

Glutatioon

Die water-oplosbare anti-oksidant Glutatioon word uit die aminosure glisien, glutamaat en sisteen gevorm. Die ensiemstelsel waarvan dit die kern vorm, word Glutatioon Peroksidase genoem. Sy biochemiese funksies is om vetgebonde waterstofperoksied onskadelik te maak en om vrye waterstofperoksied in water te verander. Glutatioon Peroksidase is besonder doeltreffend vir die neutralisering van gifstowwe in die slymvliese en lewer.

Voedselbronne:
Die volgende kossoorte help jou liggaam om meer glutatioon te vervaardig: Avokadopeer, Blomkool, Broccoli, Brussels Sprouts, Eiers, Knoffel, Kool, Spinasie, Tamaties en Uie.

http://www.revuemag.com/2012/06/avocado/

Aanvullings: Ongelukkig is dit onmoontlik om voldoende hoeveelhede boustene vir Glutatioon net uit voedsel te verkry. Jy is verplig om ook aanvullings te neem om jou liggaam in staat te stel om genoeg daarvan te vervaardig. N-Asetiel-Sisteen (NAC) is in Suid-Afrika oor die toonbank beskikbaar as Almuco200 en ACC200 bruispille, Solmucol sakkies en in kapsulevorm as N-A-C. Dit word onder meer aangewend as teenmiddel teen Panado (acetaminophen) oordosis en vir longkwale soos sistiese fibrose, bronchitis en asma. In die liggaam skakel dit vinnig om in Glutatioon.

Melkdistel (Silymarin) is n kragtige anti-oksidant wat die lewer beskerm deur glutatioonvlakke hoog te hou.

http://www.diyhealth.com/7-best-home-remedies-prevent-spreading-hepatitis.html

Alfa Lipoensuur is n anti-oksidant wat die intrasellulre vlakke van glutatioon verhoog en in stand hou. Selenium is n spoorelement en onderdeel van di ensiemstelsel wat benodig word vir die optimale funksionering daarvan.

Selenium

Borrie (Curcumin / Turmeric) verbeter die werking van glutatioon S-transferase in die brein en beskerm neurone teen oksidasiestres. Lees verder:
http://www.amazing-glutathione.com/what-foods-have-glutathione.html#ixzz2HIROOUSV

Katalase

Katalase is n besonder snelle en effektiewe anti-oksidant ensiemstelsel wat die omskakeling van waterstofperoksied in suurstof en water kataliseer. Een katalase molekule kan 40 miljoen molekules waterstofperoksied in net een sekonde in water en suurstof verander. Katalase span waterstofperoksied ook in om gifstowwe soos etanol, metanol, formaldehied en nitrate met suurstof te neutraliseer. Katalase help om skade aan DNA te verhinder en veroudering te vertraag.

Voedselbronne:
Aartappels, Appelkose, Beeslewer, Brussels Sprouts, Kersies, Komkommers, Koringspruite, Patats, Perskes, Pynappels, Radyse, Rooikool, Spinasie, Uie, Wortels.

http://www.yogaearth.com/ayurvedic-beauty/orange-beauty/

Aanvullings:
Aanvullings wat uit natuurlike plantmateriaal vervaardig word en koper, mangaan, selenium en sink bevat, kan boustene aan die liggaam verskaf om katalase te vervaardig.

Medisyne:
Selegiline (Deprenyl) word in Suid-Afrika gebruik as n voorskrifmedisyne teen Parkinson se siekte. n Bekende handelsmerk is Aspen se Skedule 4 Parkilyne. Selegiline is n selektiewe MAO Inhibeerder antidepressant dit inhibeer alleenlik Mono-amien Oksidase B en verhoog vlakke van Superoksied Dismutase en Katalase in die liggaam. Aangesien dit n geskeduleerde medisyne is, kan Parkilyne natuurlik net deur n mediese praktisyn verkry word en moet onder streng mediese toesig gebruik word.
www.amazon.com/Deprenyl-Anti-Aging-Drug-Alastair-Dow/dp/087319036X www.lef.org/magazine/mag96/sept96_versy5.html?source=search&key=deprenyl%20catalase

Lees verder: Vegetable & Fruit Sources of Catalase | eHow.com


www.ehow.com/info_8552996_vegetable-fruit-sources-catalase.html#ixzz2HIQkJzO3

Lees meer:

www.livestrong.com/article/536883-what-foods-contain-the-catalase-enzyme/#ixzz2HIQXgBZY

Superoksied Dismutase

Superoksied Dismutase is n ensiemgroep wat die angel van die dodelike superoksied radikaal trek. Superoksiede is anione atome met n negatiewe lading wat ontstaan wanneer n suurstofmolekule n addisionele elektron verkry. Superoksied Dismutase kataliseer die omskakeling van superoksied na suurstof en waterstofperoksied. Di omskakeling staan as dismutering bekend. Hoewel waterstofperoksied steeds oksiderend is, word dit maklik deur Katalase en Glutatioon Peroksidase in water en suurstof verander. Superoksied Dismutase beskik oor kragtige anti-inflammatoriese eienskappe.

10

http://elixirultineretii.wordpress.com/2012/07/05/bountiful-broccoli/

Voedselbronne:
Blomkool, Broccoli, Brussels Sprouts, Garsgras, Kweekgras en Spanspek.

Medisyne:

11

Selegiline (Deprenyl) word in Suid-Afrika gebruik as n voorskrifmedisyne teen Parkinson se siekte. n Bekende handelsmerk is Aspen se Skedule 4 Parkilyne. Selegiline is n selektiewe MAO Inhibeerder antidepressant dit inhibeer alleenlik Mono-amien Oksidase B en verhoog vlakke van Superoksied Dismutase en Katalase in die liggaam. Aangesien dit n geskeduleerde medisyne is, kan Parkilyne natuurlik net deur n mediese praktisyn verkry word en moet onder streng mediese toesig gebruik word.
www.amazon.com/Deprenyl-Anti-Aging-Drug-Alastair-Dow/dp/087319036X

Aanvullings:
Aanvullings van plant mikronutrinte soos sulforaphane, soja isoflavone en broccolipoeier is die beste. Die Solgar handelsmerk het n Sulphur Antioxidant Complex op die mark. Verder moet jou daaglikse multivitamien- en mineraalaanvulling oor voldoende Vitamien C en koper beskik. Lees verder:
http://www.livestrong.com/article/535782-food-sources-of-superoxidedismutase/#ixzz2HISLT1HW

http://www.vitalitycircle.com/food/articles/health-benefits-of-wheatgrass-juice/attachment/fresh-wheatgrass-juice-2

12

Bibliografie

Blaylock, Russell L. Health and Nutrition Secrets. www.amazon.com/Health-Nutrition-SecretsRussell-Blaylock/dp/0929173481/ref=sr_1_11?s=books&ie=UTF8&qid=1357582058&sr=111&keywords=superoxide+dismutase

Colman, John. Life Span-Increasing Effects of Super Oxide Dismutase (SOD).


www.lef.org/magazine/mag2005/dec2005_supp_sod_01.htm?source=search&key=catalase

Dow, Alastair. Deprenyl: The Anti-Aging Drug. www.amazon.com/Deprenyl-Anti-Aging-DrugAlastair-Dow/dp/087319036X

Goepp, Julius. The Overlooked Compound That Saves Lives.


www.lef.org/magazine/mag2010/may2010_N-Acetyl-Cysteine_01.htm?source=search&key=NAC

Kiefer, Dale. Superoxide Dismutase: Boosting the Bodys Primary Antioxidant Defense.www.lef.org/magazine/mag2006/jun2006_report_sod_01.htm?source=search&key=superoxide%20di
smutase

Mandal, Dr Ananya. Antioxidant Enzyme Systems. www.news-medical.net/health/AntioxidantEnzyme-Systems.aspx

Pressman, Alan H. Glutathione: The Ultimate Antioxidant. www.amazon.com/GlutathioneUltimate-Antioxidant-Alan-Pressman/dp/0312964323/ref=sr_1_3?s=books&ie=UTF8&qid=1357582981&sr=13&keywords=glutathione

Ron Rothenberg. Forever Ageless. www.amazon.com/Forever-Ageless-Advanced-RonRothenberg/dp/1604028343/ref=sr_1_1?s=books&ie=UTF8&qid=1357584516&sr=11&keywords=forever+ageless+ron+rothenberg

Smith, Timothy J. Renewal. www.amazon.com/Renewal-Anti-Aging-Revolution-TimothySmith/dp/0312972091/ref=sr_1_1?s=books&ie=UTF8&qid=1357583378&sr=11&keywords=renewal+timothy+j+smith

Sosin, Allan H. Alpha Lipoic Acid: Natures Ultimate Antioxidant. www.amazon.com/AlphaLipoic-Acid-Ultimate Antioxidant/dp/157566366X/ref=sr_1_1?s=books&ie=UTF8&qid=1357583434&sr=11&keywords=sosin+allan+alpha

13

Uys, Pieter. Gesondheidsgeheime van Plante.


www.scribd.com/doc/95679899/Gesondheidsgeheime-van-Plante

Uys, Pieter. Hou Jouself Jonk en Gesond met Natuurlike Hormone.


www.scribd.com/doc/85516914/Hou-jouself-Jonk-en-Gesond-met-Natuurlike-Hormone

14

You might also like