Professional Documents
Culture Documents
Die Avonture Van Sufsak en Walgwors
Die Avonture Van Sufsak en Walgwors
Al die stories vervat in hierdie bundel is ook verkrygbaar op die Woeswebwerf by http://www.woes.co.za/bydraers/besonderhede/sufsak-en-walgwors
Ondersteun Woes!
Verbruikerswaarskuwings na aanleiding van ons publikasie op Woes: 1. Sufsak en Walgwors se stories moet verkieslik stadig gelees word. Of dalk selfs twee keer. Ons het ook gehoor dit help om dit in 'n groep te lees. Blykbaar is mens dan geneig om dit meer te waardeer, aldus 'n paar van ons lesersvriende. 2. Terloops, ons skryf nie ondertone in ons stories nie. As jy iets tussen die lyne lees is jy baie verbeeldingryk of onder die invloed van 'n onwettige middel. Stuur daarvan vir ons. 3. Sufsak en Walgwors is nie polities-korrek nie. Goed, waar begin ons... Sufsak en Walgwors (ook bekend as S&W) is die breinkind van Rupert "Sufsak" Stander en Coert "Walgwors" Welman en ons is twee afsonderlike diskrete mense. Storietyd saam met Sufsak en Walgwors 1 tot 12 (die ander bundel) is tussen 1995 en 1997 gepubliseer in die Venturi, die koerant van die destydse Tuks Ingenieurshuis, met een van ons vriende as die redakteur. Sy eerste probeerslag het bestaan uit drie artikels, 'n advertensie en omtrent 3 bladsye se Finansies & Tegniek grappies. Oulik, maar sonder byt. Toe nader hy ons om ons avonture met die algemene publiek te deel. Dis nou indien ingenieurstudente as algemene publiek getel kan word. En dis waar S&W gebore is. Vanaf storie nommer 13, wat die eerste verhaal van die nuwe era is, het ons die titel verander na Die Avonture van Sufsak en Walgwors. Dit is so herdoop omdat ons nog steeds avonture het, maar in ons nabetragting van elke avontuur lewer ons bietjie sosiale kommentaar. Ons is immers die man op die straat. En ook gryser en wyser as in ons studentedae, dus sien ons nou sulke goed raak. Hierdie verhale is individueel beskikbaar op Woes en kan gelees word deur op die klikskakel bo-aan die bladsy te kliek. Dit is dan ook die verhale wat vervat is in hierdie bundel. Tans skryf ons drasties minder weens werksdruk en gesinsverantwoordelikhede. Ons moet die rekeninge betaal op een of ander manier en ook darem bietjie aandag skenk aan ons gesinne. Meeste kommentaar op ons werk volg die volgende trant: vreemd, siek, dog deurspek met vlietende oomblikke van briljantheid. Geniet!
om donkerkamertjie te speel as dit nie ordentlik donker is nie, aangesien Walgwors se tone nog steeds gloei na die AEK episode en sy Crocs (Walgwors is modebewus) dit nie ordentlik kan demp nie. Dit maak wel oulike kolletjies teen die dak. Noodgedwonge moes ons eers n paar ligte gaan afskakel voor mens ordentlik kan speel. Na die draai van n paar verstelknoppe was dit donkerder, maar die flitsende rooi ligte en alarms het ons effe onrustig gestem, op ons senuwee gewerk en nogal ingemeng met ons donkerkamertjie poging. Iets dringends moes aan hierdie onaanvaarbare situasie gedoen word en na n naarstiglike rondgeskarrel het Sufsak n baie groot skakelaar ontdek. Siende dat Walgwors skugter is vir skakelaars (n storie in eie reg waarby ons nie nou sal kan uitkom nie) moes Sufsak die afskakelwerk doen. Skielik is daar stilte en die allerlieflikste donker. Vreugde! Sufsak laat n uitgelate jodel van plesier los wat Heidi sou laat bloos van opgewondenheid. Begelei deur die gloed van Walgwors se tone is ons inderhaas terug na die kamertjie met die lig, maar die dames was verdwene. Ons het ook plek-plek mans in blou oorpakke met flitse gesien wat regtig nie die doel van die speletjie verstaan nie, dus het ons maar moed opgegee en teruggery na ons blyplek toe. Dit het egter gelyk of ons speletjie tog aftrek gekry het want daar was oral donkerte. Kan dit wees dat ons die oorsaak was van landswye fenomeen soos BMX ry, die Swart Kat (Walgwors se neef), of albaster speel? Oral waar ons kom het mense donkerkamertjie gespeel! Die manne kon skaars hul emosies beteuel. Dit was ongelooflik opwindend, want uiteindelik sal S&W hulle status kan verhef bo di van semi-helde. Is dit moontlik dat ons semi-helde tot nasionale ikone in dieselfde liga as Hestrie en Jurie verhef kan word? Sal die aksiefigure anatomies korrek wees? Sal hulle sterk, dog sensitiewe kante beklemtoon word op Huisgenoot se voorblad? Slegs die tyd sal leer... Ons gebruiklike gesondheidswenk: Onlangse in-diepte navorsing het getoon dat die beste manier om iemand se mond toe te maak sonder permanente skade is om drie afgeskilde skyfies van n Benede-Georgiese Suurpomelo (die suurste ter wreld) sfinktergewys toe te dien. Dit kan mondelings ook geneem word, maar die effekte is meer dramaties op die voorgeskrewe manier.
die skare die pleidooi van ons twee semi-helde aangehoor en ook met 'n gejuig bevestig dat dit die beste idee is wat hulle sedert die 1986 Kavaliers rugbytoer gehoor het. Karel (Kat, nie Kraai nie) het aangebied om die manne na De la Rey te neem, maar aangesien sy helikopter n twee-sitplek model was het die driemanskap nie ingepas nie en hulle moes toe maar noodgedwonge te voet verder. Die langverwagte ontmoeting was egter meer van n ontnugtering vir S&W as enigiets anders. Hulle het gevind dat Kaptein Buks de la Rey gediagnoseer is met manies-kliniese bipolre depressie. Ons was effe teleurgesteld dat ons held so verkrummel het, maar daar was darem n paar goeie redes. Dit het alles begin nadat Impala 1 onherstelbaar gelaat is deur die ineenstorting van die Atlas Vliegtuig Korporasie en die regering se nuwe Saab Grippens nie toegerus was met buiteruimtelike vermons nie. Die integrasie van die Krokone in 'n regering van nasionale eenheid het die bestaansreg van die Interster Bataljon verder gekniehalter. So ook Prins Karnati se aanstelling as die bevelvoerder van die nuutgevormde Afrika Unie Vredesmag. Tafelberg se ontwikkeling as 'n toeriste-mekka en die Interster-basis wat geslote verklaar is was n werklik bitter pil om te sluk. Op n ligter noot was Gorman die eerste opgetekende geval van 'n Krokon wat aan 'n dubbel-ken versmoring oorlede is. Kaptein Buks se probleme het egter nie opgehou nie. Pikkie was toe so wraggies die enigste stukkie elektronika wat deur die Millennium-gogga (Y2K) vernietig is. Die Professor is intussen aan eksotiese vorm van Krokon Alzheimers oorlede. Maar dit het wel op die lappe gekom dat hy al die tyd Krokon-spioen was wat Interster genfiltreer het. Gelukkig het hy by die Waarheids- en Versoeningskommissie amnestie ontvang vir sy dade en kon hy darem sy later jare as gelukkige, dog vergeetagtige ou man spandeer. Maar sekerlik die doodskoot was toe Lydia Viviers vir Buks gelos het met 3 kinders en n asembeklemmende Truworths-rekening om by Luitenant Buys in te trek. Kaptein Buks de la Rey is intussen medies ongeskik verklaar en is tans op militre ongeskiktheidspensioen. Dit was 'n hartverskeurende verhaal en Walgwors het besluit om De la Rey in Vista hospitaal te laat opneem. Die twee helde het hom ook onmiddellik op 'n behandeling van Seeslangmelk en Haaitrane gesit. Dis n drankie wat 'n natuurlike en baie egalige bron van Serotonien is. Haaitrane is egter baie skaars want haaie huil nie maklik nie. Miskien sal De la Rey weer opstaan. Ons sal maar moet wag en sien... Terloops, tydens die avontuur is daar op vroe prototipes van Riaan Cruywagen afgekom. Wat nogal verklaar hoekom die man nog steeds dertig jaar oud lyk... Alles van die beeste en groente by die huis. Ons gebruiklike gesondheidswenk neem hierdie keer die vorm van n verbruikerswaarskuwing aan. Amputasie is 'n ongesonde alternatiewe behandeling vir ingroeitoonnaels.
Die Avonture van Sufsak en Walgwors 3: Entrepreneurskap, tannie Manto en tradisionele medisyne
Voorwoord: Hierdie storie was veronderstel om eintlik die eerste van ons nuwe stories te wees, maar weens politieke druk vanuit ho plekke is ons weerhou daarvan om hierdie storie vars vanaf die sleutelbord te publiseer. Daar is nog steeds druk, maar ons kruip nou agter die Grondwet weg. Dis effens minder sissie as om agter ons moeders se rokpante weg te kruip. Die storie: Met n dosyn of wat jare van die nuwe Suid-Afrika reeds agter die blad het daar n nuwe vloekwoord ontstaan in ons nasie se woordeskat: WAM. Dis n afkorting vir bleek outjies met reguit hare wat knersus en gogga korrek kan uitspreek en hulle name staande in die stof kan skryf. Hierdie realiteit het ook ons twee semi-helde getref, soos die sagte, dog onmiskenbare plof van nat koeimis op warm teerpad, nadat hulle beide uiteindelik graad gevang het en die werkersklas probeer betree het. Vir WAM om in die nuwe SA te oorleef is daar net een uitkoms en dis entrepreneurskap. Ons twee semi-helde het gesit en stoei met die begrip, dolos-kaasdoek-assegaai gespeel daaroor en toe besluit om hierdie idee met oorgawe aan te gryp. Eerstens om die pot aan die kook te hou en tweedens omdat dit so n groot en indrukwekkende woord is. Tydens die menigte vorige avonture wat ons oor die afgelope klompie jare deurgemaak het, het ons mos nou al allemintige netwerk kennisse opgebou en behoort ons iets aan die gang te kan kry sonder te veel moeite. Dit is ook al n algemene feit in die volksmond (amper soos n koei) dat ons enorme kennis van boererate al magdom individue se lewens dramaties verander het. Dalk nie noodwendig verbeter het nie, maar beslis verander het.
Wel, tydens n generiese koue en renerige dag het Walgwors vir n verandering met n goeie gedagte vorendag gekom. Dit was dalk meer soos die geflikker van n opsitkers as die skielike opvlam van n LED, maar dit was die geboorte van n breinkind (net sonder kraamgeluide). Maar waar begin mens S&W het in heimwee gesels oor hulle avonture en hulle wonder toe wat Jukskei-kameraad Themba van Tembisa deesdae aanvang. Soos beskryf hierbo helder Walgwors se gesig op en hy noem dat S&W die eerste Afrika-Boereraat tradisionele helingsentrum in die nuwe Suid Afrika gaan begin. Indien ons huiswerk ordentlik gedoen is, kan ons selfs aanlyn gaan en dit iets soos e-Sangoma-dot-kouza noem. Soos een man is ons in die Walgwors-mobiel Tembisa toe om by Themba te gaan kuier. Na n paar interessante draaie en ervaringe, wat n storie in eie reg kan wees, het ons twee semi-helde aangekom by Themba se plekkie in die son. Die man was nogal in sy noppies om veral vir Sufsak te sien, aangesien hy nog steeds by sy vriende met groot lof praat oor die innoverende manier waarop Sufsak n stuk jukskeiglas uit sy linker-seekoeiwang verwyder het met trekpleister van bobbejaanspinnekopspeeksel (linkerkies, regs werk nie so goed nie) en hina-oorwas (enige kant). Dit het Themba genspireer om homself te bekwaam as n tradisionele plaaslik-opgeleide natuurlike geneeskundige. In sy studies het die man ook uitgevind dat Sufsak se trekpleister baie goed werk as swartkoppie verwyderaar. Terwyl Themba besig was om die twee helde se lof te besing storm n kort en ronde tannie met snaakse hare, wat haarself as Manto voorstel, die praktyk binne. n Minder-bekende Walgwors-feit is dat hy deur hul huishulp op die rug grootgemaak is tot op skoolgaande ouderdom, wat ook die rede is hoekom hy sulke dun beentjies het. Een voordeel hiervan is egter dat hy deeglik onderl is in Fanagalo en Sesotho. Hy ontsyfer toe dat tannie Manto erg sukkel met hoofpyne. Sufsak skryf opsluit n raad voor om die oormaat oorwas wat die
hoofpyne veroorsaak te laat verdwyn. Sy raad was dat tannie Manto snags moet slaap met halwe proppie jenewer in die oor. Die mengsel van opgelosde oorwas en jenewer moet die volgende oggend opgevang word en dan gesnuif word wanneer n hoofpyn weer toeslaan. Die konsep van vuur met vuur beveg is n fundamentele begronding van S&W se gesondheidswenke. n Maand of wat later kry S&W oproep uit die bloute waar tannie Manto hulle vriendelik versoek en uitnooi om as ministerile raadgewers te kom optree om the Virus vas te vat. Die salaris was ook aansienlik beter as wat mens sou verwag het om te kry by die Staatsdiens. Uiteindelik het ons twee semi-helde se groot oomblik aangebreek. Hierdie deurbraak was gemaak vir ons, aangesien Walgwors se oupa al lankal raad vir antivirale middel het. Dis drankie van suurlemoenskille geweek in beetsap en met knoffel na smaak, gelos om te fermenteer vir twee weke, wat soggens na ontbyt gedrink moet word. Een proppie per vyftig pond liggaamsmassa. Ons wonder nogal of tannie Manto die raad sal volg? S&W se konsultasiefirma loop pragtig (alhoewel ons nog nie aanlyn is nie) en die regeringsgeldjies help nogal om die rekeninge te betaal. Ons moes selfs 'n tydjie gelede nog een van tannie Manto se vriende te hulp snel. Oom Jakob het ons gebel en gevra hoe om van n virusinfeksie skoon te kom. Gelukkig was dit verspot maklik. Sufsak weet mos al jare dat daar niks beter is as goeie weeklikse stort met n blokkie groen Sunlight seep om jouself te reinig nie. Man, dis lekker om mense so te hulp te kan staan. Ons gebruiklike gesondheidswerk: Vlakoek en Walgwors se ma se melktert gaan dalk nie help met cholesterol nie, maar die suiker-trip is so lekker mens gee nie eintlik om nie. Arriewarrie! S&W
Uiteindelik na n lang gestoei het ons by die terrein aangekom en begin uitpak. Twee opvoustoele, 3 miljoen kerskrag flits, twee blikkies met vislyn tussen-in om te kommunikeer, gasbraaier, drie toiletrol binnekante, foelie, n knipmes met vergrootglas, n prisma, kladpapier, n verkyker, twee stoomstrykysters, kompas, sekstant, twee ou matras vere, kweperlat, twee pruike, outydse skietlood en lyntjie, 298 gewone albasters en twee ghoens, Walgwors se oupa se sjieling-versameling, drie hoepels, opblaas veerpyltjie stel, jaffel pan, drie botteloopmakers, arm pruimtwak, pakkie klinknaels, 4-pond kamer, gebreekte bobbejaan spanner en n tuba is versigtig uit die S&W mobiel gehaal en in plek gesit vir die groot geleentheid. Walgwors het stilweg gedink dat die S&W mobiel lanklaas skoongemaak is en gewonder hoekom Sufsak al hierdie goed ingepak het. Terselfdertyd het Sufsak stilweg gedink dat die S&W mobiel lanklaas skoongemaak is en gewonder waarom Walgwors so baie twak ingepak het. Soos wat maar altyd gebeur as mens haastig is, is iets vergeet. In hierdie geval, was dit die eetgoed. Dus moes die manne maar vlugtig gaan kos soek in die veld. Na n vrugtelose gesoek na wild om te jag moes ons maar tevrede wees met gestoomde maroelas. Deur die loop van die aand het Sufsak al hoe meer ongeduldig geraak. Omdat hy ook altyd nuuskierig is, het hy skelm gaan oplees oor die aarde-maan-kwessie en agtergekom dat die aarde teen amper 30 kilometer per sekonde om die son beweeg, wat baie vinnig is. Dit is selfs vinniger as die S&W mobiel teen n afdraande of n raserige hond met brandspiritus gesmeer op strategiese plekkies. Dus kon hy nie verstaan hoekom dit so lank neem nie. Toe die maan uiteindelik bo die oostelike horison verskyn was S&W verward. Hulle was onder die indruk dat dit eers baie later die aand gaan verduistering wees en hier verskyn die maan reeds verduister. Maar ons twee semi-helde laat hulle nie sommer ontstel nie en soos blits begin Sufsak sy arms en hande opwarm vir die langsterthaasdans. Walgwors het intussen die 3 miljoen kerskrag flits nader gebring wat sou dien as Plan B indien Sufsak se eksperiment misluk. Nodeloos om te s kon ons geen teken van n skaduwee-dier op die maan bespeur nie. Selfs nie eens toe Walgwors die flits agter Sufsak gehou het en na die maan toe geskyn het, het dit gewerk nie. Dit was diep teleurstellend en die twee manne het toe maar die res van die aand vars lug ingeasem en albasters gespeel. Hulle het ook summier besluit dat werklike sterrekunde baie meer navorsing benodig as waarvoor hulle geduld het. n Paar dae later het Sufsak se oom Boudewyn egter aan hulle verduidelik dat Walgwors die kalender verkeerd gelees het en dat donkermaan amper maandelikse verskynsel is. Ons gebruiklike gesondheidswenk: Swamme in die naeltjie-area, veral as die area besonder harig is, moet nie uitgewas word nie, maar moet toegelaat word om die volle lewenssiklus deur te gaan, waarna die spore versigtig geoes moet word en twee keer met naellakverwyderaar gewas word en dan gedroog word teen kamertemperatuur (weg van wind en direkte sonlig) vir twee weke. Bre dit in n bruin glasbotteltjie in jou badkamerkassie. Een teelepel hiervan in die oggend op n nugter maag, gemeng met suikerwater (na smaak) sal sorg dat jy skitterende gewigsverlies sal ervaar. Dit moet dalk ook genoem word dat jy bes moontlik niks sal kan eet vir die res van die dag nie en n BAIE aktiewe persoonlike rioleringstelsel gaan h.
Outeursnota: Hierdie verhaal het n stortvloed kommentaar op Woes ontlok nadat n gebruiker kommentaar gelewer het wat sekere ander gebruikers as boos ervaar het. Ons het nie. S&W het toe amptelik gereageer as volg.
Goeiste! Om te dink dat n storie oor n klomp ouens wat n kalender verkeerd gelees het sulke reaksie kon ontlont.
Sufsak en Walgwors gaan nou spreek en die volk gaan nou luister. Kom ons kry gou n paar dinge agtermekaar. 1. Sufsak en Walgwors is beide ingenieurs en ons het net bloot nie die taalvaardigheid om ondertone, botone of groottone van enige aard in te weef in ons stories in nie. Dit wat daar staan is wat ons bedoel het. Ons gaan ons bes probeer om n pienk ondertoon in te skryf in ons volgende storie. Om te kyk of ons kan. Kyk of jy dit sal kan raaksien. 2. Ons lewer nie kommentaar op ons eie stories nie. Hierdie is die eerste en hopelik die laaste. Ons staan heeltemal eenkant. 3. As jy wil ophou S&W lees oor iemand dodgy kommentaar gelewer het, doen so. As jy S&W wil begin lees oor dieselfde rede doen ook so. As jy nie S&W lees nie oor jy nie ons name kan uitspreek nie, gaan jy in elk geval tien teen een nie ons stories vang nie. 4. S&W is albei belydende Christene. 5. Volgens beide van ons is die maan n ronde klipperige ding wat drie dae na die aarde geskep is en om die aarde wentel rofweg elke 29 dae. Omtrent so magies soos n dooie potplant. 6. O ja, die enigste Latyn wat ons ken is: semper in excreta, sed altum variat. Vir die wat nie Latyn verstaan nie, dit beteken altyd in die (spreekwoordelike), dis net die diepte wat verskil. Ons hoop dit klaar dinge bietjie van ons kant af op. Vertel sommer vir al julle maats van S&W se stories en dat ons dit actually bedoel as skoon en relatief onskuldige humor.
ook nogal n gemors afgee. Een vriendelike oom het wel aangebied om Sufsak se trompet te blaas, maar Sufsak was heel in die war want hy speel net die tuba. Die dames in die parade was geensins vriendelik met ons twee manne nie en wou niks weet van Walgwors se weergawe van I want to break free nie. Behalwe een dame. Sjoe, sy was baie vriendeliker as die dames van die ou Transvaal. Dit is nogal vreemd om dame te kry wat Walgwors se 62 raamwerk in die o kan kyk. Walgwors was omtrent verbaas dat sy hom wou soen nog voor hulle eers hande vasgehou het. Die dame was egter nie besonders bendruk met Walgwors toe hy haar raad voorskryf vir die groot karbonkel in haar keel nie. Sufsak moes na die tyd aan hom verduidelik dat hy gedink het dit was eerder adamsappel en nie karbonkel nie. Daar was n vlot in die parade vir pas getroude paartjies en met groot skok het Sufsak gesien dat die adamsappel verskynsel in Kaapse dames nie uniek is nie, en aangetref word by verskeie ander dames in die optog. Hy het wel nota gemaak in sy dagboek om die vreemde verskynsel na te vors sodra hy terug by die huis is. Dit was egter effe kommerwekkend om so baie bruide met snorre te sien. Ons het altyd gehoor dat die Kaap sulke mooi meisies het. So is ons semi-helde effe teleurgesteld terug huis toe. Die vakansie was lekker maar die parade het nie regtig aan hul verwagtinge voldoen nie. Gebruiklike gesondheidswerk: Wingerdgriep moet soos volg behandel word; neem een weekoud Burundiese ganseier, twee Habanero rissies, radys, vier teelepels wasabi, een proppie melk en skoot woestersous. Meng al die bestanddele in versapper en drink met een teug. Die hoofpyn sal binne oomblikke vergete wees.
vooropgestelde vrese opsy te skuif en dit met al vyf arms aan te pak. Walgwors se vergroeisel op sy rug na die AEK episode begin nou al funksioneer as derde arm. Dit help nogal baie met rug krap en skouers vryf na n stresvolle dag. Teen hierdie tyd is tant Doortjie ook al vas oortuig dat Frikkie deur Sataniste ontvoer is. Met kattebak vol knoffel en kruise is die twee fort na die Bloekombos. Daar aangekom besluit Walgwors dat huppel dalk nie die beste manier sal wees om die situasie te benader nie. Jare se lanternbekruip in die Voortrekkers het hom ding of twee geleer. Sufsak neem vesting in agter Walgwors en die twee beweeg stiller as muskeljaatkat die bos binne. Diep in die bos kom ons af op groep van elf mans geklee in klere wat ons helde nog nooit voorheen in hierdie kombinasie gesien het nie, naamlik visplakkies, pienk Speedos en Batman-mantels. Roerloos word die situasie bekyk. Dit blyk dat Frikkie nie vasgebind is nie, maar wel stylvol geskeer is en met n palmtak koelgewaai word terwyl hy hondetjokkies en ganslewer gevoer word. Die res van die groep staan hand om die lyf en sing How much is that doggy in the window uit volle bors. S&W is oorbluf. Die twee semi-helde staan nog en tob oor die hele insident toe die argument oor die opregtheid van tant Doortjie se hond weer van voor af uitbreek. Dit was tydens akoestiese interpretasie van Who let the Dogs Out dat algar meteens bewus word van mekaar se teenwoordigheid. Vir sewe duisend seshonderd agt en dertig millisekondes heers daar uiters ongemaklike stilte. In 'n oogwink word die twee semi-helde omhels met oormaat manlike kontak wat Walgwors ongemaklik laat terugdink aan die Pienk Parade episode. Vriendelik word S&W genooi om by die kultus aan te sluit en die dertiental te voltooi. Die groep beywer hulle vir die volwaardige erkenning van die Maltese Poedel as n honderas en Frikkie is bestem om hul Alfa-reun te wees. Sufsak het natuurlik niks van die gesprek gehoor nie, aangesien hy heeltyd gedink dat daar geen manier is dat hy ooit weer sulke klere gaan aantrek nie. Walgwors kyk gereeld dr. Phil en besluit gevolglik dat hy as bemiddelaar moet optree. Hy verduidelik dat, as gevolg van hulle openbare beeld, S&W nie by enige kultus kan aansluit nie en dat tant Doortjie se 42-jarige hart aan skerwe is. In n japtrap is dit een monumentale tranedal wat herinner aan Titanic-vertoning tydens haarkapperskonferensie. Frikkie word sonder weerstand terugbesorg aan die tweemanskap en nadat elkeen sy naam in cerise naellak geteken het en plegtig belowe het om Frikkie slegs van n afstand af te bewonder word die blonde krulkop aan tant Doortjie terugbesorg. Ons gebruiklike gesondheidswenk: n Ernstige aanval van gieterboude kan lag-lag vasgevat word met die inneem van n halwe koppie organiese Vesuviaanse gelatien (in poeiervorm). Hierdie gelatien verhard tot 21.5MPa. Die opeenvolgende hardlywigheid is makliker om te behandel en medisyne vir hardlywigheid kan relatief goedkoop by enige supermark gekoop word.
voertuiglisensies nie heeltemal dieselfde ding is nie. Basies soos wat slaggat en mangat nie dieselfde ding is nie. Selfs multimedia Powerpoint aanbieding deur Sufsak waar hy die verskille verduidelik in die kompleksiteit tussen die twee matriksstrukture, die intrinsieke insetveranderlike sensitiwiteit volgens die chaos-teorie en gebrek aan in-tyd inskakelingsvermons kon Oom Jeff nie eers oortuig nie. Die oom was van mening dat niemand eers die verskil sal agterkom nie en hy is vort met ons program. Ons is darem R500 elk en twee kaste Zimbabwiese bier betaal daarvoor. Elke saak het immers sy prys. Ons was wel nie heeltemal seker wat om met die bier te doen nie. As enige maats daarbuite dalk raad het, kan julle ons gerus kontak op interne Woespos. Dit het vir die tweemanskap gevoel of hulle ambivalent was oor die hele aangeleentheid, maar eintlik was ons voor twee vure. Ons het regtig gehoop ons name word nie daaraan gekoppel nie. Nie dat ons bang was dat dit nie sou werk nie, maar eerder omdat ons die werk gekry het ten spyte daarvan dat ons nie swart bemagtig is nie en dit kan vir jou werklike slaggat wees. Sufsak se vader was egter anti-Apartheid aktivis wat bekendheid verwerf het deurdat hy die koejawel vrugterolle met kasterolie gedokter het by n geheime Broederbond byeenkoms. Ons moet dalk vir die stormende flank Lukas betrek as n bemagtigingsvennoot, aangesien dit, volgens die presedent gestel deur die Kaapse Premier, aan ons 66,6% bemagtiging status gee. Nog n rede hoekom ons nie ons name gekoppel wou gehad het hieraan nie is dat ons nie wou gehad het dat Kameraad Woes daarvan moet uitvind nie, aangesien ons dit eintlik vir hom moes gedoen het. Ons het deeglik gaan navors oor gewetes en dit het ons laat skuldig voel. Maar bo alle verwagting was ons program n majestueuse sukses. Mense het selfs verlof geneem en ure lank tou gestaan om ons nuwe program te siene te kry en ten spyte daarvan is ons nog steeds nie genooi vir onderhoude nie. Dit laat mens natuurlik wonder hoe Jurie en Hestrie dit regkry om so gereeld op Huisgenoot se voorblad te wees. Ons vermoed hulle het seisoenkaartjies. Dit is tyd vir planne om beraam te word. Ons is redelik seker dat dit n waardige voorbladstorie sou wees indien S&W geboorte skenk aan hul eersteling. Walgwors is juis al n geruime tyd in die geheim besig om te beplan aan n vrugbaarheidskliniek wat in parallel kan hardloop met ons huidige bedryf. Ons kan voorlopig berig dat daar reeds beperkte sukses behaal is met aangepaste natuurlike tegnieke wat geskoei is op verskeie Middeleeuse alchemistiese resepte wat ons ontdek het in die SABC argiewe. Maar dit is storie in eie reg waarop ons later meer sal uitbrei. Ons gebruiklike gesondheidswenk: Hierdie is n raat wat Sloet Steenkamp vir Walgwors se oumagrootjie gegee het toe hulle nog gekys was. Hy het dit uit die persoonlike argiewe van Napoleon Bonaparte gekry terwyl hy n krygsgevangene was op St. Helena. Hierdie raat toon dat skedelhoofpyn se streke kortgeknip kan word deur n halwe oorryp St. Helena suurlemoen in elke armholte te vryf vir 5 minute lank. As dit nie werk nie, breek jou linkerpinkie. Dan is die hoofpyn onmiddellik vergete.
oom Steve kry. Met presisie waarby Eisenhower tydens D-dag sou kon baat vind het ons twee semi-helde die operasie beplan. Die Patricia-eier en die Steve-saad sou voor die tyd bymekaar gebring word en dan sorgvuldig in Sufsak se buik geplaas word vir behoorlike inkubasie. Walgwors beskou homself as amateur chirurg. Hy het immers op laerskool al dit reggekry om met sy egte, nagemaakte Taiwannese VicterXonix knipmes n siamese paddatweeling te skei. Gevolglik het hy kans gesien vir die delikate operasie. Hy slyp darem elke maand die lem met skuurpapier. Ons sal liefs nie in verdere detail uitbrei oor die operasie nie siende ons dalk sensitiewe lesers kan ontstel. Na die operasie het Sufsak onmiddellik op vrugbaarheidsterapie gegaan wat behels het dat hy snags in Zimbabwiese bier moet bad en daarna met sy voete in vars beesmis moes slaap. Met alles wat teen 10000% styg in oom Bob se landjie behoort die bier nogal te help. (Dankie VLM!) Dit was om en by twee volmane later dat S&W besluit het om die operasie te aborteer, aangesien iets iewers rrig skeef geloop het. Indien enigiemand gewonder het oor die spesifieke meting van tyd wat ons gebruik, laat ons toe om dinge op te klaar. S&W het jare gelede al oorgeskakel na antieke Persiese maankalender. Volgens hierdie kalender is hulle nou al 40 jaar oud en Walgwors het gehoor dat ouer mans wat hulle jare goed dra veel aantrekliker is vir die skoner geslag. In elk geval, Walgwors het aan Sufsak verduidelik dat hy van mening is dat hulle eerder swaeltjie-eier as duifeier by tannie Patricia se huis moes gevat het. Sufsak het die gedoente oordink en tot die gevolgtrekking gekom dat boontjiesaad dalk ook nie die aangewese saad was om by oom Steve te vat nie. Daar was darem tog brokkie goeie nuus. Sufsak is nou die pa van pragtige vuilpienk duifkuiken Donsie en Walgwors se bek water al vir sy ma se groenboontjie bredie gemaak van sy tuis-gekweekte groenbone. Ons twee semi-helde het ook kosbare les geleer met hierdie avontuur. Die gejaag na status en erkenning is net eerbaar as jy dit nie doen ten bate van jou eie belange nie. Huisgenoot moet mens uit die bloute nader om op die voorblad te verskyn. Dan lyk die foto ook meer natuurlik. Ons gebruiklike gesondheidswenk: Wanneer treksel van dennenaalde afkomstig uit n Mondi-bos en Cullinan turksvy-dorings met die vroegoggend ghif uit jou linkeroog gemeng word en kloksgewys oor kaasdoeklappie gesprinkel word, kan dit handig te pas kom wanneer tandpyn toeslaan. Plaas dan die stukkie kaasdoek terstond onder die tong en in n ommesientjie is jou tandpyn iets van die verlede.
Die Avonture van Sufsak en Walgwors 9: Hospitaalkaskenades Afgesien van die tydjie wat afgeknyp was om sneeumensies in detail te ontwerp en te bou was S&W die afgelope ruk betrokke gewees in die landswye staking. Dit was situasie doelgemaak vir ons twee semi-helde. Nee, dit was meer soos manna uit die hemele vir manne met ons kundigheid en statuur. Die land se mense het in nood verkeer en slegs handjievol was beskikbaar om vir die miljoene te sorg. Iets moes daaraan gedoen word! Ons is immers in indirekte diens van die regering en derhalwe soos die weermag verplig om handjie by te sit. Die verpleegpersoneel en onderwysers was aant staak en ons helde was byderhand om te help. Daar was egter kortstondige vaartboggel in ons pad. Ons moes besluit waar ons gaan hand bysit. Gaan ons in die onderwys of verpleging in beweeg? Die besluit was gelukkig sonder verwyl afgehandel deur vinnige 375 rondtes van dolos-kaasdoek-assegaai (soos gereelde lesers van ons avonture weet is dit die Afrikaanse weergawe van ching-chong-cha). Walgwors was in sy noppies toe die uitslag, 4 ure en 47 minute later (ons het daardie tipe tyd), ten gunste van verpleging val, siende dat Emily Hobhouse al sedert skooltaak in standerd 2 sy grootste heldin van alle tye geword het en as inspirasie gedien het vir sy mediese toekoms. Hy wou egter nooit dokter word nie, aangesien beroep slegs edel is indien jy min geld daarvoor ontvang. Die debat duur natuurlik voort of dit ook die geval is met Amerikaanse tele-evangeliste, maar dit is onderwerp vir ander dag. Sufsak het vir Walgwors genoeg tyd gegee om sy verpleging-fantasie uit te leef maar hom vriendelik versoek om die verpleegster uniform, wat die vriendelike oom in die Kaap vir hom gegee het, uit te trek toe hulle die domisilie verlaat. Met groot geesdrif soos wat geopenbaar word deur dronk eerstejaar student vol testosteroon op die Joolplaas tydens die rockkonsert is die tweemanskap fort na Tshwane Distrikhospitaal. Dit moet net genoem word dat Sufsak baie opgewonde was toe hy gehoor het dat oom Steve daar sou diens doen. Indien die geleentheid homself weer voordoen kon ons dalk weer probeer om saad te bekom. Maar di keer vir meer edele oogmerk. Sien, Sufsak se ma is so groot Steve aanhanger dat haar bynaam velcro is en sy wil pampoen groei, vrot maak en verbrons of so iets. En Steve se pampoene is juis so gewild. Aangekom by die wit gebou wat voorheen vernoem is na motorwedren kommentator, bemerk ons twee helde dat hulle taak groter is as wat aanvanklik vermoed is. Gemoedere het hoog geloop en die manne het onmiddellik begin om aan die massas wit-dulsies-en-papaja-saad-ekstrak gemeng met Gilamonster sweet en towersampioene toe te dien, aangesien dit baie amuserende natuurlike kalmeermiddel is. Dit is dieselfde kalmeermiddel wat Dingaan destyds vir Piet Retief skelmpies ingejaag het voor hy hom laat vermoor het. Geskiedkundiges was vir jare verbyster dat Piet met glimlag op sy bakkies vermoor is. Die mense was skoon oorstelp met die aandag en het uit dankbaarheid begin om te sing en dans. Tipe van affirmative aerobics. Na sowat twee ure se jolige dans en sing bemerk Walgwors dat hulle dalk besig is om die verkeerde groep mense te bedien, omrede hy van mening is dat pasinte gewoonlik binne hospitaal gevind sal word. Die hospitaal was soos Genesis in die Bybel: dor en leeg. Walgwors was druk besig om filosofiese, dog induktiewe denkproses deur te gaan om die hospitaal se entropiese toestand metafisies te koppel aan aardverwarming, evolusie en die rooilig-effek toe Sufsak besef dat hulle dalk self te veel sampioene verorber het. Skielik tref dit ons twee semi-helde soos rooiwarm treinspoor teen die tandvleis dat hulle hulself tans in die hospitaal se onderdak parkering bevind. Meteens is daar konsensusbesluit dat ons twee semi-helde hulself onmiddellik uit die beskonke toestand moet ruk. Die besluit het beide so skielik oorval dat ons eers moes stilstaan om ons asems terug te kry. Dit was bittersoet gevoel, amper soos die gevoel wat mens kry as jy ribbebeen kraak met lekker nies. Maar terug by die vertelling. Die S&W koffer vol natuurlike middels word nader gesleep. Soos mal professore uit ou Hitchcock film word daar gekook en gewerskaf. Konkoksies wat herinner aan Sufsak se afsluk-dop op sy een-en-twintigste verjaardagpartytjie word spoedig gebrou. Tyd, soos almal sedert 1905 weet, is relatiewe begrip en dit was relatief laat na sononder toe die twee oor-nugter helde (ons moes die brousels proe-toets) met reggae-metal interpretasie van Steve
se Pampoen, in Sesotho, die hospitaal binne steier. Deeglike nabetragting het getoon dat ons erg eksplosiewe gedragsversteurings die direkte gevolg was daarvan dat ons suiwer medisinale alkohol verwar het met suiwer Noorweegse mineraal water vanaf die Ovian gletser. Dit het natuurlik totaal onbeplande gevolge teweeg gebring. Sufsak het opgeindig in die lykshuis waar hy homself verbeel het hy is Dr Quincy. Dit het op die ou einde vier sekuriteitswagte geneem om hom los te skeur van die nadoodse ondersoek wat hy besig was om uit te voer op rubber tuinslang. Walgwors se haas onstuitbare momentum is finaal gestuit met bedaarmiddel van epidermiese proporsies waarvan hy so baie gehou het dat hy tot vandag toe steeds die resep probeer naboots. Nodeloos om te s, eindig die twee semi-helde in die hospitaal op, nie as verpleegkundiges nie, maar as pasinte. Dit het nogal Babelse verwarring tot gevolg gehad onder die twee semi-helde, aangesien Walgwors oortuig was dat hy dr. Quinn Medisyne Doedie se alter ego is en dus eerder sorg moet gee as ontvang. Minder-bekende feit is dat Dok Quinn en Emily Hobhouse jeughostel kamer gedeel het op Everest-ekspedisie in Nepal voordat hulle paaie geskei het en albei op wonderbaarlike wyse in die pasint-sorg professie beland het. Gelukkig het ons eie wingerdgriepkuur wat ons met die algemene publiek gedeel het tydens ons Pienk Parade avontuur tot ons redding gekom. Walgwors sweer tot vandag toe nog hoog en laag dat Oom Steve se tannie Natasha hom versorg het terwyl oom Steve sy liedjie Deur Jou Vingers Val in die agtergrond gesing het. Sufsak wou nie Walgwors se fantasie bederf nie en het gevolglik geswyg oor die gehawende ysmasjien langs Sufsak se kamer wat nou en dan met dreunsingende, dog skor musikale geroggel ys voortgebring het en die snel blesrakende mop wat skoonmaker langs sy bed vergeet het. Gelukkig het beide van ons twee semi-helde snel aangesterk en beide is heilig oortuig dat hospitale nie lekker plekke is nie. Hul privaatpraktyk is beslis beter, aangesien daar minder dinge is om gelyktydig op te konsentreer. Een goeie nagevolg van ons twee semi-helde se misavontuur is dat hulle nooit enige van die pasinte kon bystaan nie. Wat in hierdie geval goeie ding is, aangesien dit verkeersknoop van Gordiaanse afmetings in die hoofstad se strate sou veroorsaak as al die pasinte eensklaps ontslaan moes word by die hospitaal. Vir ons gebruiklike gesondheidswenk gaan ons hierdie keer fokus op hoes, aangesien dit winter is. Meng 2 pinte perdeby-heuning (baie skaars, maar baie effektief), 12 dessertlepels vars, soutlose Jerseybotter, 1 botteltjie Paregorie, 1 botteltjie Turlington, 1 teelepel fyn Jamaikagemmer, 1 bottel pepermentlikeur, 1 botteltjie borsdruppels, 1 eetlepel gliserien, 1 glas langlewemelk, 2 eetlepels asyn, 1 groot blikkie Samboksalf en vanielje na smaak. Skud goed voor jy dit gebruik. Gebruik 2 keer per dag op nugter maag. As dit nie werk nie, sit swart watte met ru-kasterolie tussen die blaaie en asynkompresse op die voorkop en slape wanneer jy gaan slaap. Eet ook drie blokkies Brooklax. Die hoes is gewaarborg om Orwelliese onderdrukking te ondergaan na die eerste eksplosiewe hoesbui.
area benodig vir voldoende hitte-oordrag per geluk gelykstaande is aan die area van ons sinkbad. Die visstok is omgeskakel in semi-buigbare buis en die verkoelingstelsel is aan die lorrie se kragbron gekoppel. Die enigste negatiewe effek van die modifikasie was dat die passasier sy sitplek kwyt is aangesien dit opgeneem was deur die sinkbad. En dis toe natuurlik dat een van die polisiemanne (ook heel toevallig die een wat sy sitplek kwyt is) op ons agtersitplek opeindig en dis net daar waar die oorryp papaja die waaier volspoed tref. Die man ontdek Walgwors se oorleef-in-Afrika-met-net-een-blik-militre-KOOsousbone-handleiding en voor ons kon s Knuppeldik aan Koningskos bevind die twee semi-helde hulleself binne-in militre tronk. Vir maande lank was ons ondervra. Ons vermoed dat die klompie daar bo bietjie sukkel met Engels, aangesien ons die storie 567 keer moes herhaal voor ons uiteindelik ontsnap het. Dit blyk die ouens daar naby die bolope van die Zambezi kon skynbaar nie die lorrie reggemaak kry nie, aangesien hulle die begroting uurliks moes aanpas en die rekenmeesters net nie kon tred hou met die wispelturige dollar-dollar wisselkoers nie. Met begaafde plan wat vaseline, naaktheid en kitsdieet ingesluit het, het die twee semi-helde ontsnap. Walgwors het die lorrie se drade warm gemaak en met mooi kragwoorde oortuig om te vat. Moeilik om te glo, maar ons het wrintiewaar sonder voorval tot terug by ons domisilie in sonnige Suid Afrika gereis. Elke silwer randjie het ongelukkig donker wolk en hierdie verhaal se hartseer is dat ons die S&W mobiel kwyt is. Dit was groot slag en ons moes baie Baltiese Slakogies eet ( natuurlike kalmeermiddel) voor ons oor die trauma gekom het. By navraag het ons uitgevind dat ons mobiel die burgemeester se nuwe ampsmotor geword het in die dorpie waar ons gevange gehou was. Ons sit darem nou met lorrie as S&W mobiel. Nodeloos om te s is ons maandelikse diesel-begroting in sy peetjie in. Dalk sal twee turbo-aanjaers, 26-duim semi-gladde bande en drukvin die brandstofverbruik verbeter. Walgwors is nog altyd effens paranoes (seker omdat mense hom regtig agtervolg) en is toe vort Engeland toe tot die stof gaan l het. Hy kry ook hooikoors van stof, maar dit is nie sy amptelike verskoning nie. Sufsak vermoed dat hy bloot net verward is en eintlik op soek is na ander lede van die Thatcher familie.
Interessantheid is dat die lorrie se hele agterkant gevul was met ZEC-gemerkte kartondose vol papiere met fotos van vermiste persone op. Daar is een spesifieke ou oom met so klein snorretjie soos Duitse diktator (ons wonder of hy vir bo-lip Brazillian vra by die skoonheidsalon) wat ons dink iemand dringend op soek is na, want op elke papiertjie is daar langs sy gesig kruisie getrek. Indien iemand weet van so persoon kan hulle S&W via die Woes webtuiste kontak.
Ons gebruiklike gesondheidswenk is hierdie keer spesifiek van toepassing op mense wat met militre bedrywighede besig is. Indien jy bang is om gemartel te word stel ons voor dat jy steurgarnale in jou stewels en onder jou arms stoor op permanente basis. Sufsak is ook met onderhandelinge besig vir die patentering van die nuwe tronk-gebaseerde gewigsverlies dieetplan met verskeie telebemarkingsinstansies. Maar dis nie al nie! Tot later.
Die Avonture van Sufsak en Walgwors 11: Oorlog onder die sterreruim
Hoezit tjommas! Lekka om terug te wees in woeste Zuid Afrika. Baie dinge het gebeur in ons afwesigheid. Zefrikaans is in, dit is weer kief om tppit te wees en ons hoop algar catch ons vibe. Sad om te s, ons skiem om Zefrikaans te praat is cooler as ons; derhalwe sal ons eerder oudergewoonte poog om FAK-Afrikaans te besig. Ons is seker, wel om doodeerlik te wees ons hoop van harte, dat die eerste gedagte wat in almal wat hierdie avontuur lees se kop inskiet iets klink soos: Hoera, ons semi-helde is terug! Vanaand slaap die hele Suid-Afrika beter. Die groot vraag is waar was ons die afgelope geologiese rukkie? Byt vas vriende, familie en getroue lesers. Dit is n verhaal van epiese afmetings wat ons brand om te deel. Tydens ons Zimbesi avontuur het ons soos Dawid en Jonatan bevriend geraak met n wonderlike persoon. Dit is n man van daardie wreld wat in eie reg, sonder hoverrigtingsvitamienaanvullings, volledige heldestatus verwerf het. Nee, dit was nie die Ruiter in Swart of Staal Burger nie maar n man met soortgelyke vaardighede, by name Hans Alleenloper. Sufsak en Walgwors het via die bostelegraaf verneem dat Hans gevange geneem is deur n ene Abbaj Rondawel, n boef van monumentale proporsies en dimensies. Hier volg n agtergrondskets vir jou gebring met die komplimente van ons borge: Abbaj is n brandmaer Ubumvumbu van 400 kilogram. Dit mag na baie klink, maar n gemiddelde volwasse manlike Ubumvumbu laat die skaal kreun onder n volronde 800kg. Sy doopnaam was J gewees, maar nadat hy ABBA opgeet het, is hy herdoop na Abbaj toe. Wanneer laas het jy vir ABBA in lewende lywe gesien? In elk geval, Abbaj het n horde losprysjagters n beloning van n selfoon met 100 000 voorafbetaalde minute op aangebied as hulle vir Hans lewend kon vang. Sufsak en Walgwors het verder verneem dat n vindingryke boef met bynaam Babavet ons vriend Hans gevange geneem het. Hans het, heldestatus of te nie, slegs een swakheid en ons vermoed dat dit tydens een van hierdie oomblikke was wat hy gevange geneem is. Hans verloor alle konsentrasie wanneer hy Sterstreke in die Huisgenoot lees. Die vindingryke Babavet het vir Hans in n kokon van modder vas gepleister. Ons weet dat modder nie te skrikwekkend klink nie, maar hierdie spesiale modder bestaan uit Eskomvliegas, karboniet en boombas van n kokerboom uit Newcastle se wreld en is bykans onvernietigbaar. Die bostelegraaf was afgelewer deur n jong dame uit Zimbesiland. Sy het ons in soveel woorde (regtig, in SOVEEL woorde) laat verstaan dat Hans verlief is op haar. Hy weet dit nog nie, maar sy sal dit binnekort met hom deel. Die jong dametjie was vreeslik selfvoldaan en het geweier om haar hande vuil te maak tot so n mate dat Walgwors haar Prinsessie Luiaard begin noem het. Prinsessie Luiaard het ons twee semi-helde gevra dat hulle haar oom Ben Knopie moet besoek vir wysheid, raad, advies en goeie perskemampoer. Hy was haar enigste hoop. Hy het toevallig ook beskik oor vaardighede wat ons semi-helde kon voorberei vir n reddingspoging wat waardig is van n gedig of twee. Oom Ben was n eksentrieke dog fassinerende skisofreen. Dit was egter bra moeilik om die man te ontsyfer. Hy was heilig oortuig dat hy beskik het oor magiese kragte en dat daar n Keiser op sy spoor is met n handlanger wat so geheg is aan sy mombakkies, toegerus met die klankbaan van n obsene telefoonoproep, dat hy dit pal dra. Oom Ben... Ai, ons glimlag steeds as ons terugdink aan sy snaakse stories.
Gelukkig vir ons lesers kan ons nou vir julle Oom Ben se lewensfilosofie verduidelik. Ons gaan dit vertaal in Afrikaans, aangesien dit makliker is om die filosofie te vertaal Afrikaans toe as wat dit is om ons verhale in Engels te probeer vertel. Dit is die filosofie van die Silver Vos. Anders as wat meeste mense sou dink is die Vos die mees edele, ons sal selfs so ver gaan om te s die edelste, dier in die diereryk. Die Silver Vos het n ligter bokant en n donkerder onderkant. Oom Ben het ges dat ons moet versigtig wees vir n vos se donker kant want dit kan lei tot kwade dinge wat nie heilsaam is nie. Dit het ons meer as anderhalf jaar gevat om die filosofie onder die knie te kry. Wel dit is ons weergawe. n Ander weergawe is dat Oom Ben sy koffie-afsaksels n kwartdraai te ver gedraai het en ons as idiome of iets in dier voege uitgeskel het. Ai Oom Ben darem... Met ons nuutgevonde kennis en vaardigheid en ook toegerus met slegs twee Maglite flitse en bruin mantels met kappies het ons die tog noordwaarts tot in diep donker Afrika getrotseer. Oom Ben het daarop aangedring dat ons die twee flitse saam met ons neem, ten spyte van die feit dat ons die flitse as nutteloos beskou het omdat hulle slegs sowat n meter vorentoe skyn. Sufsak sn het aarbeipienk geskyn terwyl Walgwors sn n mooi tiemiegroen was. Prinses Luiaard se padaanwysings was van boverwagte gehalte en ons het net 33 keer verdwaal. Gelukkig het ons albei jare gelede swembaddens skoongemaak wat gelei het tot n goeie sin vir rigting. By Abbaj Rondawel se bose herehuis aangekom, sien ons dat Hans inderdaad in n kokon van modder gevange gehou word. Die kombinasie van Oom Ben se opleiding en jarelange lanternbekruip vaardighede aangeleer in die Voortrekkers het ons ongesiens die basis binnegedring. Oom Ben is verseker nie lekker daarbo nie. Sy advies om die flitse te gebruik om Hans te bevry was ondeurdag. Dit het ons twee semi-helde n hele imperiale week gevat om al die modder af te kap met die flitse. n Skerp swaard of mes sou veel nuttiger gewees het. Abbaj en sy handlangers het ons betrap terwyl ons niksvermoedende ontsnap het. Die weeklange gekap met die flitse en die gesleep van n bewustelose Hans se hakskene het hulle blykbaar laat rot ruik. Weens die spanningsinhoud van dit wat nou voorl sou hierdie n goeie tyd wees om die vioolmusiek te speel wat gespeel is in daardie fliek wat gaan oor die vis met die groot kakebeen wat in 1975 vir die eerste keer gewys is. Sufsak en Walgwors was egter albei van mening dat daardie musiek baie herinner aan die vierde beweging uit Dvoak se negende Simfonie. In ieder geval, die spanning loop hoog, musiek word benodig. Laat rol katrol! Oom Ben se raad was darem nie heeltemal van nul en gener waarde nie. Midde-in die spanningsvolle situasie gewaar Sufsak meteens dat die natuur in hulle guns is. n Silwer Vos loop jou wrintiewaar ewe nonchalant tussen Walgwors se bene deur. Sufsak en Walgwors onthou beide sonder enige telepatiese bybedoelings oom Ben Knopie se gunsteling woorde: Walgwors, gebruik die Vos. Plotseling gryp Walgwors die Silwer Vos en werp dit in die algemene rigting van Abbaj se bakkies. Die arme dier verdwyn tot sy groot ontsteltenis iewers tussen Abbaj se derde en vierde dubbelkenne. Abbaj was ook effe omgekrap daaroor. In die verwarring kon ons ontsnap en uiteindelik verduidelik waar ons was vir twee jaar. Daar is darem een troos en dit is dat ons betyds is vir die grootste sport gebeurtenis in Suid-Afrika se geskiedenis. Die Jukskei Wreldbeker skop volgende naweek in Grabouw af. Heeeehaaaa! Vir ons gebruiklike gesondheidswenk moet ons n wonderlike ontdekking deel: n mens kan morfien gebruik vir hoofpyn en maagpyn en liefdespyn, maar dis nie maklik bekombaar nie en blykbaar ook nie te goed vir mens op die lange duur nie. Aftreksel van n heel ingelegde volwasse anakonda sal beter werk en is geheel en al organies.
Sela
Na hierdie storie het ons tyd woes begin uithardloop en is geen verdere stories geplaas nie. Dit sal deel vorm van n nuwe bundel. Dankie vir die ondersteuning en groete, S&W