Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 5

Navorsingsondersoek: Bepaal die waarde van die gravitasieversnelling (g) Elsab Hanekom Graad 12A Skeinat Mnr.

Muller 11 Maart 2013

Ondersoekende vraag: Wat is die waarde van die gravitasieversnelling van n loper in vryval vanaf n swaaiende pendulum? Abstrak: Die ondersoek is uitgevoer om die waarde van gravitasieversnelling van n swaaiende pendulum in vryval te bepaal. Na die insameling van al die data wat benodig is kan die gravitasieversnelling d.m.v die korrekte bewegingsvergelyking gebruik te maak uitgewerk word. Die ingesamelde data sal getabuleer word om die bevindinge op n meer verstaanbare manier aan te toon. Hipotese: Hoe vinniger die loper val hoe verder sal die loper se afstand wees van waar hy oorspronklik was tot waar hy die papierlint tref.

Apparaat benodig: Pendulum Kers + vuurhoutjies Strook papierlint Wiggie/loper/sinker Maatband/liniaal Garing

Beskrywing van metode:

Afstand:

Maak n lang dun strook wit papier teen die kant van die pendulum vas, brand n wiggie/loper totdat dit swart is bo-oor n kers. Vat n stukkie garing en laat l dit bo-oor die pendulum, maak die loper daaraan vas sodat die pendulum effens skeef hang, merk nou die posisie van die loper. Brand die garing net bo die pendulum, sodra die garing brand sal die loper teen die papier lint val omdat die pendulum begin swaai. Daar behoort n swart merk op die papier lint te wees waar die loper vasgeslaan het, meet die afstand van die merkie vanaf die beginpunt van die loper tot waar hy geslaan het en merk dit as een. Herhaal die metode vier keer, die beginafstand wat gebruik word moet elke keer n bietjie laer wees en die afstand van waar die loper die lint tref moet elke keer gemeet word.

Tyd:

Die pendulum word by ongeveer 45 vanaf links gelos, as die pendulum een keer van links na regs geswaai het word n stop horlosie gedruk en tien swaaie word afgetel (een swaai is van links na regs). Om die tyd van een swaai te kry moet jy die totale tyd deur tien deel. Om n kwart swaai te kry word daardie waarde deur vier gedeel, hierdie tyd in sekondes word dan in die bewegingsvergelyking ingestel om die gravitasieversnelling te bereken.

Insameling van data:

Die afstand van die loper in vryval Proefnommer 1 2 3 4 Gemmidelde afstand Afstand op pendulum (m) 0,81 0,79 0,82 0,80 0,81

Die tyd van die vryval van die loper Beskrywing Aantal swaaie Tyd van al die swaaie (s) Tyd van een swaai (s) Tyd van swaai (s) Waarde 10 16,4 1,64 0,41

Verwerking van data: vi t + a t2 0,81 = 0(0,41) + a(0,41)2 a = 9,6 m.s-2

Beskrywing van resultate: Deur die gemmidelde afstand van die loper te gebruik (0,81m) saam met die tyd van swaai (0,41s) kon die gravitasieversnelling bereken word deur die waardes in die toepaslike formule ingestel word en daar is bevind dat die gravitasieversnelling inderdaad 9,6m.s-2 is.

Gevolgtrekking: My hipotese is verkeerd bewys, deurdat ongeag die spoed van die loper sal die afstand wat hy val min of meer konstant bly en dit is bewys deur die gemiddelde afstand van (0,81m)

Aanbevelings/Verbeterings: n gradeboog kan gebruik word sodat die pendulum elke keer op presies 45 gelos word Meer as stophorlosie kan gebruik word om n meer akkurate tyd te kry Gebruik eerder n maatband as n liniaal, dit verminder die kans dat daar dalk n afstands fout kan ontstaan Die eksperiment kan weer herhaal word om die geldigheid van die eksperiment sodoende te verhoog

You might also like