Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 6

Navorsingsprojek: Asyn Elsab Hanekom Graad 11A Skeinat Mnr.

Muller 29 September 2012

Abstrak: Daar is gevind dat alle asyne deur dieselfde prosesse gemaak word, slegs die soort suiker waarvan die asyn gemaak word verskil, deurdat verskillende soorte vrugte gebruik kan word en daarom is party duurder as ander. Dit beteken nie noodwendig dat daar n swakker kwaliteit asyn is nie, die enigste verskil is dat die goedkoper asyne gemaak word van riete wat baie algemeen en goedkoper is as druiwe. Die rede waarom daar n prysverskil tussen verskillende make van dieselfde soort asyn is, is maar net omdat dit n laer konsentrasie asynsuur het asook n meer bekende handelsnaam bevat . Daar is gevind dat daar spesifieke gebruike is vir verskillende soorte asyne, as daar gekies moet word tussen die duurder en goedkoper asyn sal dit n beter keuse wees om die goedkoper asyn te kies. Dit spaar die verbruiker geld, die gebruike is dieselfde en die smaakverskil asook verskil in gesondheidsvoordele is minimaal.

Inleiding : Die doel van die projek is om die asyn te vind wat die beste sal wees om aan te koop, dus word die projek gedoen om uit te vind watter asyn die meeste voordele inhou vir die verbruiker. Die uitkoms word bepaal deur die asyn se verskillende gebruike, prys, smaak asook gesondheidsvoordele. Die resultate van hierdie projek is om verbruikers help om die beste moontlike keuse te maak wanneer dit kom by asyne.

Motivering: As daar gekies moet word tussen die duurder en goedkoper asyn sal dit n beter keuse wees om die goedkoper asyn te kies. Dit spaar die verbruiker geld, die gebruike is dieselfde en die smaakverskil asook verskil in gesondheidsvoordele is minimaal.

Literatuurverslag: Beide Wit Rietsuiker asook Wit Druiwe-asyn word gemaak van natuurlik gefermenteerde bestanddele. Dit word ook ondersteun deur die SuidAfrikaanse Natuurlike Asynvereniging, dit word op die bottel aangedui deur n klein, ronde groen en wit etiket.

Asyn A en B: Wit Rietsuiker-asyn word gemaak deur die distillering van asynsuur oplossing wat van n dubbele biochemiese alkohol en asynsuur fermentasie proses geproduseer word, dit bevat n klein hoeveelheid alkohol en is die sterkste soort asyn met n konsentrasie asynsuur tussen 5% en 14%. Dit is n kleurlose asyn wat te sterk is vir kook, maar kan gebruik word oor slaptjips en slaaisouse. Dit is ideaal vir inlegting, n skoonmaakmiddel bv. die skoonmaak van glas en dit kan ook gebruik word as n ontsmettingsmiddel. Voedingswaarde- dit bevat geen vet of protein nie, maar wel 9g koolhidrate van die natuurlike suikers. Asyn A en B het dieselfde gebruike, gesondheids informasie, minimale smaakverskille en konsentrasie. Nog gebruike: Verwyder die reuk van kool wanneer n klein hoeveelheid by water gegooi word tydens kookproses Verlepte groente kan verfris word deur dit in koue water met 2t asyn te laat l

Bronverwysings: Internet 1. http://www.vinegarbook.net/Distilled_vinegar.shtml 2. http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2000/06/26/5/6.html 3. http://www.nda.agric.za/docs/plantquality/Processed%20products% 20-%20local%5Cvinegar%20-%201393.pdf

Asyn C en D: Druiwe-asyn word vervaardig uitsluitlik deur alkoholiese fermentasie en daaropvolgende asynbakteriese oksidasie van die sap van druiwe of selfs gedroogde druiwe. Dit is die ideale basiese kook asyn, aangesien dit gemaak word van druiwe besit dit steeds daardie subtiele geur en smaak. Voedingswaarde- dit bevat kalium en magnesium sowel as verskeie spoorelemente wat noodsaaklik is vir die mens se gesondheid, dit bevat wel meer kalorie omdat druiwe natuurlik baie hoog in suiker is.

Gebruike: Dit kan dien as n lae koste preseveermiddel Het die vermo om n mense se behoefte aan sout te verminder Dit is n geur balanseerder en kan olie in disse vervang Verryk die smaak van kos, van geblikte vrugte tot braaivleis

Bronverwysings: Internet 1. http://www.nargourmet.com/en/online-shopping/vinegars/whitegrape-vinegar-158.htm 2. http://www.nda.agric.za/docs/plantquality/Processed%20products% 20-%20local%5Cvinegar%20-%201393.pdf 3. http://www.vinegar.co.za/consumer/index.htm

Asyn A B C D Farmgirl Wit Rietsuiker-asyn Safari Wit Rietsuiker-asyn Pick n Pay Wit Druiwe-asyn Safari Wit Druiwe-asyn

Prys per 750ml R5,69 R7,99 R11,49 R14,79

Eie Navorsing: n Groep navorsers het n smaak toets uitgevoer om uit te vind watter asyn die beste koop is, elke asyn se smaak is noukeurig geproe. Daar is gevind dat asyn B die meeste voorkeur gehad en tweedens was dit asyn D.

Verslag: Die Safari Wit Rietsuiker-asyn het die voorkeur bo die Farmgirl asyn gekry, dit verskil van die literatuurstudie omdat die Safari asyn langer gefermenteer het en dus bevat dit meer suiker wat dit n beter smaak gee. Die Safari Wit Druiwe-asyn, wat ook die duurder een is het n soeter smaak en n meer intense geur van druiwe as Pick n Pay se Wit Druiwe-asyn. Die asyn was ook die voorkeur, die soeter smaak kom daarop neer dat n beter kwaliteit vrug gebruik was in die produseringsproses.

Gevolgtrekking: Die gevolgtrekking is dat duurder asyne wel n beter kwaliteit is deurdat n hor standaard produk in die fermenteringsproses gebruik word. Tensy die asyn in n luukse restaurant gebruik word, maak dit nie regtig saak of die swakker kwaliteit asyn gebruik word nie. Beide lewer dieselfde resultaat vir die daaglikse huisvrou.

Bibliografie:

http://www.vinegarbook.net/Distilled_vinegar.shtml http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2000/06/26/5/6.html http://www.nda.agric.za/docs/plantquality/Processed%20products%20%20local%5Cvinegar%20-%201393.pdf http://www.nargourmet.com/en/online-shopping/vinegars/white-grape-vinegar-158.htm http://www.nda.agric.za/docs/plantquality/Processed%20products%20%20local%5Cvinegar%20-%201393.pdf http://www.vinegar.co.za/consumer/index.htm

You might also like