Roostuin Ouma Blokkie

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 3

Roostuin Ouma Blokkie

G103
http://www.hekelidees.blogspot.com Moeilikheidsgraad: Maklik Grootte: 13.5 x 13.5 cm Materiaal benodig: Dubbeldraad breidraad of Katoen DK en 4mm hekelpen

Instruksies
Materiaal gebruik:
Vinnis Colours Nikkim 4.00 mm Hekelpen

Afkortings:
beg = begin; ks = kettingsteek; hlb = halwe langbeen; herh = herhaal; gs = glipsteek sp = spasie; oorbl = oorblywende; vlg = volgende; verm = vermeerder; st = steek; hoeksp = hoekspasie, gr = groep

Spesiale instruksies:
Springmielie Steek:

4lb in dieselfde st, verwyder hekelpen uit lus op pen en steek deur die 1e lb, haak nou die lus van die 4e lb en trek deur die 1e langbeen. Dit veroorsaak dat die 1e en 4e lb na mekaar toe getrek word. Die heel eerste springmieliesteek van 'n rondte begin egter met 3ks, 3lb, verwyder hekelpen uit lus op pen en steek deur die 3e ks, haak nou die lus van die 3e lb en trek deur 1e lb.

Begin met Kleur A en maak 4ks, gs in eerste ks om ring te vorm Ry 1: 1ks, 8kb in ring, gs in 1e kb, heg af Ry 2: Kleur B: Heg kleur in dieselfde st, werk 'n begin springmielie st, *[3ks, 1 springmielie st in vlg kb]*; herh vanaf * tot * nog 6 keer [8 springmielie steke altesaam] 3ks, gs in 1e springmielies st. Heg af Ry 3: Kleur C: Heg kleur in enige 3ks sp, [3ks, 2lb, 2ks, 3lb] hierna word verwys as begin hoeksp gr; *in vlg sp werk [1lb, 2ks, 1lb]; in vlg sp werk [3lb, 2ks, 3lb] hierna word verwys as hoeksp gr * herhaal vanaf * tot * nog 2 keer, in laaste sp werk 1lb, 2ks, 1lb en gs in bo-punt van 3ks. Ry 4: Gs tot in vlg hoeksp, werk begin hoeksp gr, *1ks, slaan 2lb oor, 1lb in vlg lb, in vlg 2ks sp werk [1lb,2ks,1lb]; slaan 1lb oor, 1lb in vlg lb, 1ks, werk vlg hoeksp gr, * herhaal vanaf * tot * nog 2 keer, 1ks, slaan

2lb oor, 1lb in vlg lb, in vlg 2ks sp werk [1lb, 2ks,1lb]; slaan 1lb oor, 1lb in vlg lb, 1ks, gs in bo-punt van 3ks. Heg af Ry 5: Kleur E: Heg kleur in enige hoeksp; 2ks, 2hlb in dieselfde sp, *[1hlb in elk van vlg 3lb, 1hlb in sp, 1hlb in elk van vlg 2lb, 1hlb in 2ks sp, 1hlb in elk van vlg 2lb, 1hlb in sp, 1hlb in elk van vlg 3lb], 3hlb in hoeksp, * herhaal vanaf * tot * herhaal nog 2 keer, en herh dan slegs gedeelte [tussen hakies]; gs in 1e hlb. Heg af Ry 6: Kleur A: Heg kleur in 2e hlb wat in hoek gemaak is, [2ks, 1hlb, 2ks, 2hlb in dieselfde st], * slaan vlg 2hlb oor, 13hlb, werk nou die vlg hoek soos volg in die 2e of middelste hlb in hoek: [2hlb, 2ks, 2hlb].* herhaal vanaf * tot * nog 2 keer, slaan vlg 2hlb oor, 13hlb en gs in 2ks. Heg af.

Ry 7: Kleur F: Heg kleur in hoeksp, [2ks, 1hlb, 2ks, 2hlb in dieselfde sp], * slaan 2 hlb oor 14hlb, slaan vlg 2hlb oor en werk nou in hoeksp [2hlb, 2ks, 2hlb]* herhaal vanaf * tot * nog 2 keer; slaan 2hlb oor, 14hlb, gs in 1ehlb. Heg af.

Hierdie patroon mag onder geen omstandighed gekopier word op enige manier, meganies of elektronies, of met enige ander stelsel vir inligtingbewaring, sonder die skriftelike toestemming van die ontwerper nie. Alle regte voorbehou.

Monica Buys 2013

Krowshay D'Zine
Kopiereg Monica Buys 2013

You might also like