Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 3

Slenterskoene

S 001
http://www.hekelidees.blogspot.com Moeilikheidsgraad: Medium Grootte: Lengte van voet 23cm maar patroon kan maklik aangepas word om enige grootte voet te pas deur 'n paar ekstra rye verder te hekel. Materiaal benodig vir skoen: 100 g Ekstra dik breidraad en 5mm hekelpen Materiaal benodig vir blommetjie: Dubbeldraad Katoen of breidraad en 4mm hekelpen

So 'n paar slenterskoene is net wat mens nodig het om koue voete warm te hou gedurende die wintermaande.

Krowshay D'Zine
Kopiereg Monica Buys 2013

Instruksies
Materiaal gebruik: Skoen:
Elle Pure Gold Chunky 5.00 mm Hekelpen Merker

Afkortings:
beg = begin; ks = kettingsteek; hlb = halwe langbeen; herh = herhaal; gs = glipsteek sp = spasie; oorbl = oorblywende; vlg/e = volgende; vermeer = vermeerder

Blommetjie:
Vinnis Colours Nikkim in 2 kleure 4.00 mm Hekelpen

Spesiale instruksies:
Wanneer 'n hlb vermeerder word moet 2hlb in dieselfde steek gewerk word.

Hierdie slenterskoene word van die voorpunt af na agter gehekel. Basis ry: Begin met 6 ks en werk 3hlb in 3e ks vanaf pen, werk 1hlb in elk van vlg 2ks; 4hlb in laaste ks; werk nou die teenoorgestelde kant deur 1 hlb in elk van vlg 2 lusse te maak; gs in 3ks sp. Ry 1: 1 ks; 2hlb in 3 ks sp; 2hlb in elk van vlge 2hlb; 1 hlb in elk van vlge 3hlb; 2hlb in elk van vlge 3hlb; 1hlb in vlge 3 steke; gs in eerste hlb. Ry 2: 1ks; vermeer in vlg 4hlb; 1 hlb in elk van vlg 5hlb; vermeer in vlg 4hlb; 1hlb in elk van vlg 4hlb; 1 hlb in gs; gs in 1e hlb [plaas merker in pas voltooide gs] Ry 3: 1ks; 1 hlb in vlg 25 hlb, hlb in plek waar merker is, gs in 1e hlb [die merker word in elke ry uitgehaal nadat die 25e hlb voltooi is, werk dan eers hierdie 26e en laaste hlb waar die merker geplaas is, gs daarna in 1e hlb en plaas merker weer in die pas voltooide gs] Ry 4-8: Herhaal 3e ry. Heg af. Ry 9: Tel vanaf plek waar afgeheg is nog 10 steke verder aan en heg weer die draad in die 11e steek, 2ks, 20hlb, 1ks draai

Voorpunt

Plaas merker in glipsteek

Ry 10: - 22 [20hlb, 1ks draai] Herhaal tot einde van ry 22. Hier kan 'n paar ekstra rye gehekel word vir 'n langer voet. Heg af en weef naat toe. Bandjie : Linkervoet: Begin hekel vanaf regterkant. Slaan 3 rye oor en heg draad in 4e ry. Werk nou 3 hlb eweredig gespasieer in rye 5 en 6 en voltooi tot lank genoeg om bo-oor voet te pas 12 rye en heg af. Regtervoet: Begin hekel vanaf linkerkant. Slaan 5 rye oor en heg draad in 6e ry. Werk nou 3 hlb eweredig gespasieer in rye 5 en 4 en voltooi net soos bandjie vir linkervoet. Heg af. Werk nou 'n ry glipsteke om al die randjies. Begin by die agterste naat en werk die gs/e aan bokant van eerste helfte van sydeel, dan reg rondom die bandjie, oor die brug van die voet en voltooi die teenoorgestelde sydeel. Glipsteek terug by die begin. Knip gare en weef alle los drade weg.

Die lengte van die voet kan hier verleng word


Blommetjie: Gebruik 4.00mm hekelpen. dubbeldraad en

Eerste blommetjie: [Gewerk in groen] Maak 6ks; gs in 1e ks om ring te vorm. Ry 1: 1ks, 12kb in ring, gs in 1e kb Ry 2: 5ks, kb in vlg kb, [4ks, kb in vlg kb]; herhaal in elke kb tot end, gs in 1e ks. Heg af. Tweede blommetjie: [Gewerk in oranje] Maak 4ks; gs in 1e ks om ring te vorm Ry 1: 1ks, 10kb in ring, gs in 1e kb Ry 2: 4ks, kb in vlg kb, [3ks, kb in vlg kb]; herhaal in elke kb tot end, 3ks en gs in 1e ks. Heg af. Ryg 'n wolnaald en werk die bandjie met 'n knoop aan teenoorgestelde kant vas. Die knoop dien slegs as versiering. Werk blommetjies op bokant vas.

Die bandjie

You might also like