Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 94

Voorwoord deur skrywer

Verkiesing 2009 het gekom en gegaan, en min werklike verassings opgelewer.


Ek was die verkiesing bevoorreg om tegelykertyd op verskeie maniere betrokke te
wees, soos die daaglikse skryf van ‘n nuuskommentaar vir radiostasies, nou en dan
‘n brief aan die media, ‘n humorrubriek in die Volksblad se streekkoerant, Vrystaat,
die opstel van nuusverklarings vir twee partye en ook die verspreiding van die CDA
se nuusverklarings.
Die mediakonsultasiewerk het ingesluit om periodiek analises te doen, iets wat in
teorie waarskynlik in hierdie bundel tuishoort, maar weens die gewoonlik omslagtig-
heid daarvan slegs hier en daar aangeraak word. Dan was ek ook nog in dié tydperk
deeltyds as verslaggewer by twee provinsiale publikasies betrokke.
Soos die meeste analiste was ek in sekere opsigte korrek, en in ander nie. Ek dink
een van my vroegste, raak waarnemings was dat die toetrede van Cope heel
moontlik die kleiner partye grootliks van hul verteenwoordiging op provinsiale vlak
gaan stroop.
Die uiteindelike reis na die algemene verkiesing was in ‘n sekere opsig ook vir my ‘n
anti-klimaks, in dié sin dat ek vyf jaar gelde, na die ACDP die eerste keer ‘n setel in
die Vrystaatse Wetgewer verower het, as navorser / mediapersoon aangestel is. Ek
het my voluit hierin ingewerp—die ACDP se Afrikaanse en Engelse e-nuusbriewe
gedoen, verskeie provinsies met hul nuusverklarings gehelp, mediahandleidings en
–beleid opgestel, en trouens ook die ACDP se tienjarige geskiedenis opgestel,
grootliks nog voor ek aangestel is. Met die laaste munisipale verkiesings was ek nog
‘n kandidaat en het ‘n paar splinternuwe loopskoene sat geloop.
My ontnugtering met die ACDP en in die besonder met van die lede van die leier-
skap het oor tyd opgebou tot ek die party sowat nege maande gelede verlaat het.
Ek sal egter, van my kant, altyd die vriendskappe met sommige ACDP-leiersfigure
koester—al is dit in die praktyk onbeantwoorde vriendskappe.
Dit diskwalifiseer my van staanspoor uit om volkome objektief te wees, hoewel ek
probeer om niks minder objektief as ander analiste te wees nie. Waar ek die kol ge-
mis het, moet onthou word dit is soos wat ek dit voor die verkiesing geskryf het.
Waar dit verander is, is dit bloot gedoen om onnodige gedeeltes weg te laat.
Hoewel ek op verskeie politieke partye, soos die DA en die VF+ se nuusverklarings
ingeteken is, en so ‘n mate oor spektrumagtergrond kennis te hê, kon ek nie daarin
slaag om op die ACDP s’n in te teken nie. Ek is sowat ’n jaar voor ek by die ACDP
weg is van hul nuusversverspreidingslys afgehaal na ek in die openbaar, maar in
my afwesigheid, aan iets skuldig bevind is waarby ek nie betrokke was nie. Dit het
my meer as ’n jaar geneem om uit te vind wat ek verkeerd sou gedoen het, en toe
ek dit ontken, het dit geen verskil gemaak nie. Dit was ’n bydraende faktor dat ek by
die ACDP weg is. Ek het nietemin voortgegaan om sommige provinsiale takke van
die ACDP met nuusverklarings te help.
Hierdie bundel sluit skryfwerk sedert die einde van Januarie vanjaar in, en is van
jongste na oudste geplaas. Die skryfwerk sluit nuuskommentare en ander, gewoon-
lik humoristiese skryfwerk in.
Nog artikels, ook wat verder terugstrek as die einde Januarie vanjaar, kan op my
blog http://fotostaatsentrum.posterous.com/ gelees word.
Dankie aan Volksblad wat skriftelike toestemming verleen het vir die kopieering van
materiaal wat ook in hierdie bundel opgeneem is.
Die spotprente hierin opgeneem is my eie, meestal taamlik oud.
Blikoorblik op verkiesing 2009
Inhoudsopgawe van enkele insetsels

Humoristiese inleiding 1
Uitslag onder die loep 2
Gaan die ANC en Zuma nou “deliver”? 3
Herrie se kerrie—Verkiesing altyd vol pret 8
Statutêre staatsgreep—kommer oor grondwet 13
Klein Brolloksie sê sy sê 16
Haatspraak kos lewens 30
Geen gaap-verkiesing 32
Wees billik met past. Zuma 45
Priests, politics and Tamil Tigers 53
Koalisiepolitiek 57
Die jaar van die geestelike higiëne 58
Herrie se kerrie: Oorle’ apartheid se skuld 67
Het Pikoli werklik vlerkies? 70
Herrie se rooi lyn na die rioolfeetjies 82
Petaljes met die edeles 84
Boere van Du Toit verlos? 88
Wolf skaapwagter maak—met ‘n verskil 91
1
Humoristiese inleiding

Die verkiesing is afgekondig en die lamppale begin al weer soos krismisbome lyk. Soos
die plekke op die pale skaarser word, so raak die honde se keuses oor watter party hul
“merke” gaan kry wyer.
Hulle kan naamlik kies vir “Stem reg, bly van my weg,” of ”Een stem, een konsternasie,” of
“Stem reg, veeg korrupsie weg” met die fynskrif: “Los net die ANC uit” en so kan ‘n mens
aangaan.
Soos die leser kan sien, het geen party weer die wysheid aan die dag gelê om Herrie te
nader met die oog op die uitdink van plakkaatbewoordings nie.
Herrie se idees is sonder perke.
Vir plakkate wat weens die oorvol pale naby die grond is: “Stem vir die politikus met sy
voete vas op die grond” en dan klein tussen hakies (Siejy Siebie, soek ‘n ander paal!).
‘n Bietjie hoër: “Ek kan jou in die oë kyk!” Die fyn skrif daaronder. “Hou jy net jou oog op
jou eie beursie.”
‘n Plakkaat bietjie hoër: “Ons kyk geen behoeftes mis nie,” en die fynskrif, “Ons verkies
gratis vliegtuigkaartjies bo die soustrein.”
Nou moet Herrie bieg, toe was daar die nota nog hoër, wat Herrie nie van die grond af kon
lees nie. Deeglike navorser wat hy is, klouter Herrie gou die paal uit en lees: “Pasop, Nat
verf.”
En Herrie dag juis met Juan Duval Uys se NP wat nie meer kon Cope nie, was dit klaar
met kees met die Natte.
Verkiesings is interessant, en nogal baie soos sport.
Vrystaatse kiesers moet net onthou, die vorige LUR vir sport het oranje verbied, en daar-
om mag die blikore nie meer nartjies by sport- of politieke byeenkomste gooi nie. Suurle-
moene werk egter ook goed. Dit pas ook beter by die ou suurknolle op die soustrein.
En as mens iemand van korrupsie verdink, bles hom met ‘n lemmetjie. Nee, nie die skerp
soort waarmee mens skeer nie, met die harde, geel soort wat mens op die gebakte vis uit-
druk. Heng, so ‘n lemmetjie kan trek en trek as mens dit van die pawiljoen af lanseer, mak-
lik tot by die skeidsregter wat weer gekroek het.
So ‘n lemmetjie is ook geskik vir party politici, soos diegene wat so kluitjies bak dat dit ‘n
man skoon aan vrot vis laat dink.
En vir die politici wat bang is hulle word dalk deur ‘n nartjie, lemmetjie, tamatie of vrot eier
raakgegooi, het Herrie ook goeie nuus. In vandag se Rapport is daar ‘n advertensie: “Kom
leer koes, kom leer by Bush!”
Ja-nee, ander presidente maak na hul aftrede geld uit boeke (laat) skryf en verkoop. Maar
na daai Arabier vir Bush so met die skoene gegooi, en Bush so goed gekoes het, het hy ‘n
wenner om ander te leer om hom dit na te doen.
Slim, die Amerikaners. Oefen die hele wêreld vol druk uit dat die mense demokrasie moet
instel, en wanneer dit aan die gang is, gaan leer hulle hulle om te koes.
2

Uitslag onder die loep


Etnisiteit eerder as godsdiens slaan met verkiesing die kitaar
Partye wat hul verkiesingsaanslag op suiwer Bybelse beginsels gebou het, sal kopkrap
oor wat verkeerd geloop het. Nie net het die ACDP ‘n knou weg, en is moontlik op die
Wes-Kaap na sy provinsiale verteenwoordiging kwyt nie, maar ook ander partye in hier-
die kategorie het nie gevaar soos hulle gehoop het nie.
Nie al hierdie partye het die woord “Christen” in hul name ingevoeg nie, soos Nadeco en
Sadeco. Hulle het egter almal noustrop getrek.
Die verklaring mag so eenvoudig wees soos om te dit toe te skryf aan die neiging in hier-
die verkiesing dat kleiner partye in die stryd van die reuse papgedruk is.
Die Bybelse partye se oë is met elke verkiesing gerig op die sowat 70 tot 80 % Suid-
Afrikaners wat daarop aanspraak maak dat hulle Christene is. Voeg hierby dat die groot-
ste partye almal beleidsaspekte minstens ten dele omarm wat teenspoed by die ver-
naamste kerke se standpunte kry, soos aborsies en die lotto. Voeg hierby duidelike te-
kens van morele herlewing, soos die Angus Buchan-verskynsel waar daar juis hierdie na-
week weer sowat 200 000 mans op Buchan se plaas by Greyton saamtrek.
Word hierdie 200 000 manne en hul vroue se getalle vergelyk met die totale aantal stem-
me wat die Bybelbegronde partye getrek het, is dit duidelik dat nie eens die magtige man-
ne almal hul kruisies by hierdie partye gaan trek het nie.
Die uitslae van die verlede, maar veral in hierdie verkiesing, dui duidelik daarop dat ander
faktore as Bybelse suiwerheid bepaal waar die oorgrote aantal mense hul kruisies getrek
het.
Met die onding van politieke korrektheid by die venster uit, word die kwessie van etnisiteit
by stempatrone weer opnuut onder die loep geneem. In hoe ‘n mate dit ‘n rol speel, blyk
daaruit dat die regerende party van die voormalige Bophuthatswana, die UCDP, na ‘n
grensverskuiwing tussen Noordwes en die Noord-Kaap, nou meer stemme as die ACDP
in die Noord-Kaap trek. Die ACDP in die Noord-Kaap het volgens alle aanduidings by-
kans alles reg gedoen – ‘n gesiene, ervare provinsiale leier, lidmaat van die NG Kerk, ‘n
boer en die ACDP se nasionale landbouwoordvoerder. Hy was ook voorheen die Noord-
Kaap se LUR vir Landbou, en hy het in die landswye konteks van die ACDP ‘n baie doel-
treffende mediakapasiteit onderhou. In al hierdie opsigte is die UCDP totaal oorskadu,
maar dit is nie wat die stembusse vertel nie.
Waarnemers het ook begin vrae vra oor hoe die kwessie van stamverband Cope van ‘n
natuurlike steunbasis voorsien het. Omdat gesiene swart kundiges nog erg wegskram oor
wat “tribalism” genoem word, en dit van buite moeilik is om hierdie dinamika te verstaan,
waarvan die betrokkenes weet en beoefen maar skaam is om oor te praat, sal dit ‘n hele
ruk duur voordat dié dinamika behoorlik ontleed en geboekstaaf is.
Uiteindelik is die lot van die IVP in sy stryd met die ANC ‘n kernelement. Politieke ontle-
ders gaan nog lank ontleed in hoe ‘n mate Helen Zille se geregverdigde verbete verbale
stryd teen Jacob Zuma partye soos die IVP, die UDM en Cope stemme gekos, en die
stemme na die ANC gedryf het. Op die tafel is ‘n Zoeloeman wat in tradisionele konteks
respek het oor sy uitgebreide huwelik, wat deur ‘n geleerde wit vrou van alles wat sleg is
beskuldig is. Al staan die ANC amptelike gelyke regte vir vroue voor, moet hierdie ele-
ment nog na die werklike opvattings deurwerk.
In sommige kulture word sekere praktyke wat amptelik op korrupsie neerkom, soos ge-
skenke om die besluitnemer se hart sag te maak, eerder as goeie maniere as ‘n misdaad
beskou. Die verduideliking hiervan deur ‘n kundige by ‘n ACDP-kongres is selfs toege-
juig.
Die NVG se terugtrekking van alle vervolging teen Zuma het duidelik ook in sekere kringe
respek vir Zuma laat toeneem, ongeag of dit vanuit ‘n Westerse siening ervaar word dat
dit teen alle grein indruis, of nie.
Die finale woord is dat Suid-Afrika, anders as wat gehoop is, nog nie ‘n genormaliseerde
verkiesing beleef het nie.
3
Gaan ANC en Zuma nou “deliver”?

(Op die blog, Uit die Persgallery, van Rapport, word die vraag gestel of Zuma en die ANC
kan “deliver.” Die alter ego, Klein Brolloksie, het hom soos volg uitgelaat.)

Pa sê hy het raad vir Zuma oor "delivery." Pa sê ma sê die ou wat die pizzas aflewer kan
meer "deliver," behalwe Saterdagaande. Dan wil Pumba en Snoetie hom net opvreet
want hulle verdra nie Castle-asems nie. Pa sê 'n ordentlike trol drink net witblits en mam-
poer op lemoensap.
Maar pa sê die een wat die apteek se aflewerings doen beteken niks. As hy 'n pakkie
moet gaan aflewer maak hy eers 'n draai by al sy nyatsi's en dit vat hom lank, want hy het
baie.
Ma sê pa moenie so vinger wys nie. Sy sê sy moes hoeveel keer praat - pa sê sy het ge-
nêgh - voor hy die stortkop reggemaak het.
Wat is nêgh, hê tannie?
Pa sê hy was so moerig hy het die stortkop twee keer afgebreek voor hy dit reggekry het,
maar ma sê dit kom van pa wat alles self wil doen. Ma sê pa is suinig, maar pa sê dis
volkseie arbeid. Ma sê as dit volkseie arbeid is... maar miskien moet ek nie sê wat ma
gesê het nie.
Pa sê gelukkig stort die apteekafleweraar nie by elke kuierplek nie, want dit sou hom nog
langer vat. Ma sê as hy by ons probeer stort het terwyl pa so met die stortkop gesukkel
het, sou die arme man lankal dood wees voor hy wegkom.
Hoekom gaan mens dood as mens nie stort nie, hê tannie?
Tata tannie, Klein Brolloksie, Trollenburg
4
Wie se waarheid geld?
Wat geld, my standaarde of iemand anders s’n?
Uit die uiteenlopende terugvoer oor die verkiesing
is dit moeilik om te bepaal of die verkiesing vol-
doende vlot verloop het, of nie. Die OVK hou vol
alles was voldoende onder beheer, terwyl partye
oor die algemeen anders voel, en die DA selfs in ‘n
stadium gedreig het om die OVK hof toe te neem.
In die Vrystaat het selfs die ANC van die OVK ver-
skil.
Die hartseer is dat baie van die klagtes blote her-
halings is van krapperighede wat in vorige verkiesings ook genoem is. Met elke verkie-
sing voer politieke party talle klagtes na die OVK deur waaraan, volgens die partye, niks
gedoen word nie.
Hierdie verkiesing is nog jonk, en onder die nuwe klagtes tel dat stembriewe by sekere
stempunte opgeraak het. Skandeerders het na berig word plek-plek ook nie gewerk nie.
Een persoon het selfs erken dat sy twee keer gestem het.
Ongelukkig is die verskynsel dat sommiges hul hande in tevredenheid wring, en ander
erg ontnugterd gelaat word nie uniek nie. Dit word onder meer gedemonstreer is hoe af-
wysend die meeste politieke partye in die land die Zimbabwiese verkiesings beoordeel,
maar dat die regering volhou om Mugabe as volwaardig-verkose president te erken.
Die wyse waarop die Suid-Afrikaanse sensus gehou word, is nog ‘n voorbeeld. Die pu-
bliek kla op groot skaal, Statistieke SA is tevrede en bevorder ‘n aantal presteerders, en
opsluit keur die Ouditeur-generaal die sensus af.
Sensusse en verkiesings is soos ‘n skop pale toe. Die skop wat amper raak was, is min-
der werd as die skop wat amper mis was.
‘n Enkele stem wat beland waar dit nie moes nie, kan ‘n party sy verteenwoordiging in die
parlement kos. Hierdeur word ongeveer 50 000 kiesers se stem uitgewis. Nie net verbeur
die party sy setel nie, maar ‘n taamlike aantal ondersteuningsposte.
Dit, terwyl die Kemptonparkse onderhandelaars steeds aanvoer dat die huidige kiesstel-
sel juis gekies is om te verseker dat minderhede ook verteenwoordiging in die parlement
sal hê, en hul stem daar kan hoor. ‘n Groep wat sy enigste verteenwoordiging verbeur te
midde van bewerings en bewyse van ongerymdhede sal die aanvaarbaaarsheidvlakke
anders ervaar as ‘n party wat baie steles verower het, en ‘n foutlose verkiesing slegs een
of twee setels verskil sou maak.
In verskeie lande soos Nieu-Seeland word hoë minimum-drempels bepaal wat ‘n party
moet behaal alvorens hy die setels wat stemme regverdig mag opeis. Die doel is juis om
te keer dat klein partytjies nes skop. Die verskil is egter dat ander meganismes is om
minderheidsbelange te ondervang, soos die Maori-kongres, wat ook as die Maori-
parlement bekend staan. In Indië word ‘n aantal setels vir die ou pre-Indiese inheemse
bevolking gewaarborg.
Nog iets wat reeds duidelik is, is dat partye wat gehoop het dat hulle baat sou vind by die
tekens van morele oplewing, soos die Angus Buchan-verskynsel, teleurgesteld sou wees.
Die historiese verloop van demokrasie in Suid-Afrika, eerder as mense se oortuigings,
bepaal dit, wat voortgesit word in wat as realpolitik gesien word. Dit is deur die vloed van
politieke propaganda versterk. Klagtes wat by die polisie gelê is oor vals verkiesingspro-
paganda, soos dat kiesers hul stemme op kleiner partye kan vermors, moet nog hul af-
loop hê. Maar die koeël is reeds deur die kerk.
5
ANC die wenner van teerkwas-politiek—Ipsos-Markinor
Môre-oggend teen hierdie tyd het u moontlik reeds gestem, of staan in ‘n tou om u
kruisies te trek.
Vanoggend se berigte oor spesiale stemme is alles behalwe gerusstellend. Volgens
die berigte word ondersoek ingestel na hoe ‘n groot aantal stembriewe langs die
pad naby Witrivier beland het, terwyl drie OVK-rekenaars by dieselfde munisipaliteit
voete gekry het.
In die Vrystaat kom berigte oor mense wat aansoek gedoen het om spesiale stem-
me uit te bring, maar nie kon stem nie omdat OVK-amptenare nie opgedaag het nie,
of daar nie ink was nie. By een plek is ‘n ANC-stalletjie teenaan die stempunt, wat
intimiderend inwerk omdat die ANC nou weet wie nie vooraf, soos versoek, ‘n draai
binne die stalletjie maak nie. By ‘n Ander is ANC-plakkate teen ‘n HOP-huis, wat
skynbaar as munisipale kantoor dien en nou as stempunt gebruik word aangebring.
In die opposisie-politiek roer dit ook. Vroeg in die verkiesingsveldtog het prof. Aman-
da Gouws van die US oor RSG ‘n vermaning aan die DA-leier, Helen Zille, uitgereik
dat sy daarteen moet waak dat haar styl en aanvalle op koalisievennote nie sake so
vertroebel dat koalisievorming na die verkiesing onmoontlik word nie. Nog voor die
verkiesing is dit duidelik dat hierdie woorde nie vergesog is nie. Die leier van die
VF+, dr. Pieter Mulder, het met die afsluiting van sy verkiesingsveldtog dit duidelik
gemaak dat die DA se optrede die vorming van koalisies baie moeilik gaan maak.
Dié opmerking is eerder vroeër as later verwag. Die VF+ het reeds ‘n kriminele klag
by die SAPD gelê oor die DA se aansprake dat kiesers wat vir kleiner partye stem
hul stemme vermors. Ander partye soos die Onafhanklike Demokrate het hieroor
uitgevaar. ‘n Tweede party, die Christen Demokratiese Alliansie – CDA – het gister
aangedui dat regsadvies ingewin word met die oog op die lê van ‘n kriminele klag,
nadat die party ontdek het die DA staan op die punt om, soos dit gestel is, miljoene
pamflette met dieselfde storie te druk, en toe na waarskuwings voortgegaan het en
voortgegaan het om dit te druk en te versprei.
Vanoggend het opposisiepartye met min of geen simpatie vir die DA gereageer toe
dit bekend geword het dat die DA se jeugleier in Mpumalanga op ‘n aanklag van inti-
midasie gearresteer is.
Gister het die VF+ ‘n nuuskonferensie gehou en die DA-beheerde munisipaliteit van
Midvaal van ongerymdhede beskuldig, en onder meer beweer die aangeleentheid is
eers met ander senior DA-ampsdraers, mnre. Ryan Coetzee en James Selfe, en
uiteindelik me Zille self opgeneem, maar met al gevolg dat teen die fluitjieblasers
opgetree is. Vroeër het dr. Mulder van blatante leuens beskuldig, net om die volgen-
de dat te sien presies dit wat hy as blatante leuens beskryf het, is net so in ‘n toe-
spraak van me Zille in die Noord-Kaap ingeskryf.
Op die internet is verwoed ingeklim, ook gevegte tussen ander partye wat gewoonlik
nie die openbare media haal nie. Ondersteuners van die CDA het kort voor die ver-
kiesing opgehou die ander wang draai oor wat as karaktermoord op sy leiers be-
skryf is, en na die ACDP teruggekap. Tot krediet, by aanhoor van die ander kant
van die saak het een van die ACDP-internet-propagandiste om verskoning gevra.
Opposisiepartye was ook ongelukkig oor die DA se volgehoue aansprake dat die
suksesvolle bestuur van Kaapstad aan die DA se regering daar te wyte is. Die par-
tye het aangedring daarop dat die DA daarop moet wys dat dit ‘n koalisieregering is.
Die jongste Ipsos-Markinor-peiling dui daarop dat die opposisiepartye die bal laat
val het, en dat die ANC weer ‘n twee derde meerderheid gaan behaal. Die kritiek
word veral op Cope gelaai, wat as jong toetreder nie altyd die mas opgekom het nie.
Ipsos-Mariknor meen opposisiepartye het mekaar gekanibaliseer. Dit het blykbaar
daartoe bygedra dat Cope se potensiaal om beduidende getalle kiesers by die ANC
weg te rokkel nie gerealiseer het nie. Ironies dui ander peilings daarop dat al die
6
opposisiepartye met die moontlike uitsondering van die VF+ steun aan Cope afge-
staan het.
Word media-argiewe en Google geraadpleeg is daar egter ‘n baie groot gaping tus-
sen watter van bogenoemde kritiek op die DA die openbare media gehaal het, en dit
wat via partye se mediaverklarings in omloop geraak het. Verskeie partye is verby-
ster gelaat oor hoe hulle op Google keer op keer moes waarneem dat hul verkla-
rings waarin die DA in die bek geruk is, skynbaar na niemandsland versend is.
Tog, uit die peilings, lyk dit of baie van hierdie kritiek tog op ‘n manier impak moes
maak. Terwyl pamflette, openbare toesprake en magdom gemeenskapspers en -
radiostasies se rol waarskynlik groot was, het die internet klaarblyklik ook ‘n groot
rol gespeel. Die uitslae van die stemme wat in die buiteland uitgebring is, sal ‘n dui-
delike prentjie hieroor skets omdat hierdie kiesers feitlik uitsluitlik van die internet,
en partye se elektroniese nuusbriewe, afhanklik was.
Opnames dui ook dat die luister- en lesersgetalle van die gemeenskapspers en ge-
meenskapsradiostasies normaalweg skerp styg. Tog is dit nuusmedia wat dikwels
deur die groot partye misgekyk word as dit by advertensies en selfs die uitreiking
van mediaverklarings kom. Meningspeilings oorsee het al getoon hoe partye hulself
uit verkiesingsoorwinnings gewerk het deur hulle blind te staar teen die groter me-
dia, of die media wat die reputasie het dat dit die meningsvormers aanspreek. In
Suid-Afrika, waar die inkomstegaping waarskynlik die grootste in die wêreld is, en
waar armoede endemies is, is baie kiesers van gratis gemeenskapskoerante af-
hanklik, en bitter baie luister na radiostasies soos Radio Setsoto op Ficksburg wat
maklik vlak gekyk word omdat dit nie eens ‘n telefoon en faksmasjien het nie, maar
tog daagliks ongeveer 150 000 luisteraars bedien. ‘n Groot party wie se leier in ‘n
lugversorgde motor en kavalkade verbyjaag maak min indruk op die 150 000 luiste-
raars. ‘n Partyleier wat beskeie kom aanklop en handskud, kan amper by voorbaat
weet hy gaan ‘n lang spreekbeurt oor die lug kry.
Kiesers moet hulle nie deur meningspeilings sodanig laat beïnvloed dat hulle lam in
die knieë word en nie gaan stem nie. Meningspeilings is selde volkome akkuraat, en
veral die steun van kleiner partye word, gegewe die grootte van die groep wat ge-
raadpleeg is, selde beduidend genoeg ondervang. Veral Ipsos-Mariknor se peilings
het vanjaar groot afwykings getoon wanneer dit by kleiner partye en hul steun in die
platteland kom, ‘n duidelike aanduiding dat die seleksiegroep nie goed ondervang is
nie. Na verwagting sou min van die kiesers in die buiteland hul stem vir die ANC uit-
gebring het, en dit is ‘n nuwe dimensie wat ‘n invloed op die uiteindelike uitslag gaan
hê.
Hoewel baie kruisies reeds getrek is, is dit met vandag se massamedia nie on-
moontlik nie dat baie van die skade wat aangerig is, nog teen herstel kan word. Met
vandag se tegnologie kan heelwat brouwerk wat tot dusver geblyk, het nog onder-
vang en reggestel word. Die vraag is egter of gesindhede tussen leiers wat mekaar
so met die teerkwas bygedam het, so iets moontlik sal maak.
Die finale woord is: Die demokrasie beteken dat u vir u eie beginsels behoort te
stem. Die proporsionele kiesstelsel wat geld, is die beste waarborg daarvoor dat u
stem wel tel. Maak gebruik daarvan.
7
Klimaatplan vir Vrystaat moenie in stof byt oor politiek

Soms moet in die verlede gedelf word om beplanning vir die toekoms te doen.
Navorsers het al lank gelede besef dat hulle deur in die yslaag aan die Noordpool te
boor, jaarverskynsels soos die jaarringe van ‘n boom honderde duisende jare terug
kan volg, totdat die gewig van die ys die jaarverskille te erg vervloei.
Pas het Amerikaanse navorsers in ‘n meer in Ghana die klimaatsveranderings in die
Sahel suid van die Sahara op hierdie manier nagevors, en vasgestel dat mega-
droogtes wat honderde jare kan duur, die gebied getref het.
Die slegte nuus is dat wêreldwye klimaatsveranderings dié verskynsel kan verdiep.
Klima-Paleontoloë in Suid-Afrika probeer ook om modelle te bou, om vas te probeer
stel hoe die verskynsel die land se klimaat gaan beïnvloed. Dit raak kosproduksie,
en waar dit in sommige gebiede ‘n gemiddeld hoër reënval tot gevolg kan hê, kan
ander gebiede feitlik heeltemal uitdroog. Die gebiede met die hoër reënval se reën-
valpatrone kan dalk ook op groter vloede met lang droogtes tussenin dui. Met iets
soos grondhervorming is dit nodig dat dié verskynsels verstaan word.
‘n Meesterbestuurplan wat hiervoor voorsiening maak, is reeds ‘n geruime tyd gele-
de aan die bestuur van die Vrystaatse Departement van Omgewingsake en Toeris-
me oorhandig. Dit raak egter feitlik alle ander rolspelers, en moet in die Vrystaatse
Groei- en Ontwikkelingsplan geïnkorporeer word.
Daar kan byvoorbeeld nie nuwe nedersettings beplan word waar daar nie water
gaan wees nie.
Daar is egter op die meer basiese soos rommelstrooi ‘n onmiddellike behoefte en dit
is ondenkbaar dat gewag moet word om iets goed te keur om doodgewoon bestaan-
de wette toe te pas. Elke bietjie help.
Dit is te verstane as makeer die pas word met sekere sake terwyl die land binnekort
‘n algemene verkiesing beleef. Sommige sake kan egter nie onderbreek word nie –
want ‘n watertrappery kos lewens, of maak omkeerstrategieë onbekostigbaar duur.
8

Herrie se kerrie
Verkiesings altyd vol pret

MET die verkiesing om die draai is daar ’n paar dinge wat Herrie reeds opval.
Die verkiesing is geen gaap-verkiesing soos die vorige een nie. Van die partye se grootste
teenstanders is in hul eie geledere, die verkiesing het amper te laat gekom of die ANC het
alle skeiding tussen party en regering uitgewis en Peter Marais kan nie tel nie.
Laat Herrie sommer agter aan die lysie begin. Peter beduie dat baie van sy politieke
trekvoël-ekskursies eintlik gedwonge was soos partye waarvan hy lid was by ander
aangesluit en weer vertrek het. Die agt keer dat hy geskuif het, is dus eintlik veel minder.
Nou ja, dan bring Herrie vir hom ’n skok – eintlik is dit meer, want hy het skynbaar vergeet
dat sy eie party, die New Labour Party, onlangs nog ’n lid van die Christen-Demokratiese
Alliansie was voordat hy hom by Cope gaan aansluit het.
Maar moenie bekommerd wees nie, Peter, Herrie het begrip oor hoe dit voel om in ’n party
aan te land en naderhand te besef die party is nie wat ’n mens gemeen het dit is nie. Almal
se sokkies ruik ná ’n ruk sleg en hoe laer ’n mens op die lys beland, hoe erger ruik die
sokkies.
Oor die skeiding van politieke party en regering: Ai, kyk net hoe sukkel ’n mens om sekere
staatsamptenare weer terug in hul eie poste te kry in plaas daarvan om op
belastingbetalerskoste heeltyds as “vrywilligers” vir ’n sekere party te werk. Herrie sien die
Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het skielik ’n bietjie murg gekry en ’n klomp
van sy amptenare afgedank wat geblyk het ook baie aktief in politieke partye betrokke te
wees. Miskien beteken “onafhanklik” nie in al 11 amptelike tale dieselfde nie.
Nou moet past. Zuma nog net oortuig word ruildienste as deel van ’n verkiesingsveldtog is
nie so vars nie.
En enigeen wat die Volksblad se debatreeks by Kovsies bygewoon het, sou sien dat min
partye met soveel Trojaanse perde kan spog soos van Suid-Afrika se partye. As dit nie die
spreker self is wat sy eie en sy party se naam bollie maak nie, is dit een van die
ondersteuners in die gehoor. Die ergste is dié in verleentheid is dikwels nog heel trots op
hul “prestasies”.
Bakleiery tydens verkiesingsveldtogte was nog altyd deel van die Suid-Afrikaanse
geskiedenis. Al doerie tyd toe Paul Kruger al soveel moeilikheid gehad het met Joubert en
ander het dit al minder rustig gegaan. Ai, op Ladybrand was daardie lang opvoustoele, wat
nou gewoonlik in die klein dorpies se skousale staan, darem heerlike wapens. Die
stadsaal se besondere deurkosyne is ’n slag uit die mure geloop.
Selfs in die parlement het Johny de Lange vir dr. Manie Schoeman binne-in die ANC in
gemoker. Amper soos die ou daar uit die Noordweste wat met alle geweld die NP-
vergadering wou laat ontbind sodat hulle die Sappe se vergadering kan gaan opbreek.
Want, verduidelik hy, hy self was eers ’n Sap en hoe het hy ’n Nat geword? Hy is
reggedonder!
Wie vir Roelf in die ANC in gekry het, weet Herrie nou nie. Miskien is hy net so sebore, nie
so semoer nie.
Menige HNP-vergadering het ook ’n goeie sarsie vrot tamaties, vrot eiers en ’n hele klomp
vuishoue opgelewer. Dan was daar oom Fanie wat in die hof losgekom het. Die landdros
wou eenvoudig nie die klaer se weergawe glo dat iemand ’n ander met ’n yslike
beesbiltong katswink kon slaan nie. Die bewysstuk het in Stellenbosch se polisiekantoor
verdwyn.
Sulke “gesonde pret” is ongelukkig nie meer toelaatbaar nie. Wanneer ’n man met klippe
gemoker word net omdat hy werwingswerk vir ’n ander party doen, dan raak dit lelik. Maar
die ondervinding leer geweld wat oor kleurgrense spoel is in Suid-Afrika nog glad nie
9

sonder ’n baie sensitiewe bykomende angel nie. En namate nie-rassige partye algemener
word, of partye in die domein wat ’n ander vir homself opgeëis het, gaan vergadering hou
en werwingswerk doen, so sal geweld oor die kleurgrens ook ’n groter moontlikheid word.
Ja, tradisie of te not, toe sake by die debat by Kovsies so begin kook het, moes Herrie maar
weer vir Groot Herrie sê: “Maak soos Herrie sê, nie soos Herrie gedoen het nie.”

Misbruik van owerheidsfondse

Die verwatering van die streng skeidslyn tussen regerende politieke party en regering hou
vir die regerende party heelwat voordele in, en die grondwetlike bepalings hieroor moet
streng nagekom word.
Pas is berig dat ‘n optog in Bloemfontein gehou is wat formeel deur die Progressiewe
Vrouebeweging aangebied is, en deur staatsfondse betaal is. Deelnemende vroue is on-
der meer op die belastingbetalers se rekening aangery vir deelname. Die verweer is dat
dié beweging ‘n statutêre liggaam is.
Slegs ‘n vlugtige blik op die webblad van die beweging dui aan dat dit openlik ‘n ANC-
frontorganisasie is. Die webbladsy, http://www.anc.org.za/wl/docs/pwm/index.html verklap
al genoeg.
Die inhoudsopgawe dui ook aan waar die sentimente lê:
Table of Contents
• PWMSA Base Document
• Declaration at the launch of the PWMSA, 5-8 August 2006
• Memorandum to the President of South Africa, 9 August 2006
• Report of Commission on Platform of Action, 5-8 August 2006
• Statement of the ANC on launch of PWMSA, 4 August 2006
• Statement of the SACP on launch of PWMSA, 8 August 2006
• Message from COSATU
The Founding document of the Progressive Women's Movement of South Africa

Die organiseerders van die Bloemfonteinse optog maak geen geheim daarvan dat hierdie
byeenkoms uit die staatskas gefinansier is nie. Die DA, wat op die petalje afgekom het, het
beswaar gemaak.
Verlede jaar, met die amptelike Jeugdagvieringe te Botshabelo, is mense ook van oor die
hele provinsie per bus na die verrigtinge aangery. Die hoofsprekers by dié geleentheid,
waarvoor die belastingbetaler ook betaal het, was mnre. Jacob Zuma en Julius Malema.
Hulle beklee nie een ‘n owerheidsamp om staatsfinansiering daarvoor te regverdig nie.
Malema het by hierdie geleentheid, in die teenwoordigheid van Zuma, sy opmerking ge-
maak dat daar vir Zuma doodgemaak sal word. Dit is op TV uitgesaai, en het internasio-
naal opslae gemaak.
Die DA het ook ‘n formele klag oor hierdie misbruik van staatsfondse gelê.
‘n Britse koerant het onlangs, na die vervolgingsgesag sy vervolging van Zuma gestaak
het, berig oor wat dit beskryf as Suid-Afrika se glybaan na ‘n piesangrepubliek.
Zuma se oggend- en aandpraatjies oor respek vir die grondwet stel min mense gerus, ver-
al as die vertolking van die grondwet in elk geval op totale mags- en geldmisbruik neer-
kom.
Sondagaand op RSG se program, Kommentaar, het drie grondwetkenners, waaronder
prof. Marinus Wiechers, uitgewys hoe belangrik dit is dat kiesers hul stemreg moet inspan
om hierdie misbruik te probeer stuit.
Die ou spreekwoord: “In ‘n demokrasie kry die kiesers wat hulle verdien,” geld ongelukkig
steeds, en kiesers is heel in staat om vir die Republiek te stem, die Piesangrepubliek. En
daar is oorgenoeg magsdronkes wat graag hierdie vlag wil sien wapper.
10
Is die verkiesing vry en regverdig?

Waarnemers verkil van presies hoe vry Suid-Afrika se demokrasie is, en sommiges beweer
selfs dat die grondwet nie meer veel meer werd is as die papier waarop dit geskryf is nie.
Beide kante van die argument het ‘n saak. Aan die een kant is dit so dat mediaverslagge-
wers tans oor sake berig wat onlangs nog weens politieke korrektheid ondenkbaar sou
wees. Die ironie is dat swart redakteurs gewoonlik die krediet kry dat hierdie selfopgelegde
perssensuur verbreek is. Satiriese kunstenaars soos Pieter-Dirk Uys verdien egter stellig ook
van die krediet.
Aan die negatiewe kant – die ANC het met verskeie dreigemente gereageer. Optimiste –
skoothondjies volgens ander – soos Jakes Gerwel verwys wel na die dreigemente oor me-
diabeheer, maar beklemtoon dan dat dié praatjies (dreigemente volgens ander) nog niks
opgelewer het nie. Joernaliste wat in raadsvergaderings uitgetrap is, of hulle voor hul redak-
teurs met bandopnames van wat werklik gesê is moes verdedig, sal waarskynlik nie saam-
stem dat dreigemente net dreigemente gebly het nie.
Oor minder as ‘n week gaan kiesers stembus toe, en partye kon hulself in die aanloop vrylik
uitspreek. Kritici wys daarop dat dit ook nie so vry was soos wat hoog opgegee is nie. Klag-
tes by die OVK was volop, soos dat ‘n klompie OVK-amptenare afgedank moes word nadat
bewys is dat hulle ook partypolitieke ampte beklee het. Hierdie soort klagtes, en ander, kom
al oor verskeie verkiesings, en het nou eers behoorlik aandag gekry. Die vermoede is dat
Cope-lede met die nodige bewyse uit die ANC gekom het. Ander partye het egter ook ver-
doemende bewyse gelewer.
Die stemmery vir kiesers in die buiteland moes ook eers ‘n draai deur die howe loop, nadat
‘n senior woordvoerder van die OVK nog kort tevore onvleiende opmerkings oor hierdie kie-
sers gemaak het. Ook met hierdie mini-verkiesing het die gevaarligte geflits. Verskeie kie-
sers het gekla dat hulle, volgens alle rekords soos op die internet, sou kon stem, maar by die
stembusse nie op die kieserslyste was nie. By stempunte soos In Brussel, waar min kiesers
was, het amptenare die moeite gedoen om vas te stel dat die fout inderdaad op die kieslyste
was, en is die mense toegelaat om te stem. In Londen, waar baie meer kiesers hul opwag-
ting gemaak het, het veel meer suur sop uitgeloop omdat die amptenary nie die kwitansies
wou erken wat deur die Britse regering uitgereik is as erkenning dat die regering in besit van
hul ID-dokumente is terwyl nuwe visum-vereistes geprosesseer word nie.
Oor minder as ‘n week is dit die groot dag, en die vraag is hoeveel probleme gaan daar dié
keer wees. Met die munisipale verkiesing het nog tallose probleme opgeduik, soos dat kie-
sers na lang toustanery by die stempunte moes ontdek hulle het sonder dat hulle verhuis
het, op ‘n misterieuse wyse in ander wyke beland waar hulle nog nooit gewoon het nie. Na-
me het toe ook geheimsinnig van die gedrukte kieserslyste af verdwyn, en die verifiërings-
proses is deur verskillende kiesbeamptes op verskillende maniere hanteer. Politieke partye
het strome klagtes ingedien, soos OVK-beamptes wat groot bondels stembriewe in stembus-
se gegooi het – nogal na die sluiting daarvan - .maar nooit weer iets gehoor nie.
Dit sal interessant wees noudat baie van die vorige verkiesing se lojaliste in Cope is, of die
strome bewerings teen optredes of gebrek aan optredes van die OVK minder sal wees.
Vir die huidige is die onmiddellike kommer egter hoe vry die verkiesingsveldtog verloop.
Sommige lamppale is blykbaar allergies vir alle politieke partye, behalwe een, se plakkate
want soggens is die ander partye se plakkate skoonveld of lê gesig na onder onder die pa-
le. Die breedsprakige suigeling, Julius Malema, dreig die DA nou weer dat die ANC sal be-
sluit waar die DA vergaderings mag hou, en waar nie. Streng gesproke, as hy reg aangehaal
is, kan dit hom tien jaar agter die tralies besorg. In Sasolburg is DA-ondersteuners aange-
rand toe hulle ‘n saal vir ‘n vergadering voorberei het, en in Viljoenskroon is ‘n saal met
menslike uitval besmeer.
Ander partye kla weer dat sale wat hulle bespreek, en die deposito betaal het, skielik nie
meer beskikbaar is nie, en een saak het al in die hof gedraai.
11

Verskeie politieke party kla al ‘n geruime tyd oor die oorvloedige kospakkies wat soos
taks voor verkiesings in omloop kom, en dat die amptenary en die ANC glo saamspan om
stemme vir die ANC hiermee te manipuleer. Trouens, minstens een klag hieroor is reeds
by die Openbare Beskermer ingedien.
Op die internet word blogs en ander geriewe lustig ingespan om karaktermoord te pleeg,
en die hartseer is dat een so ‘n skynbare veldtog deur ‘n party, of in die belang van die
party gevoer word, wat hoog opgee dat dit as Christelike party aan die verkiesing deel-
neem. Die party aan die ontvangskant neem ewe-eens as Christelike party deel.
Tydens RSG-debatte ondervind die aanbieders groot moeite om die gehoor so onder be-
heer te kry dat die sprekers hoorbaar hul sê kan sê.
Oor ‘n week wag Suid-Afrikaners op die uitslae. In hoe ‘n mate Suid-Afrikaners kon deur-
druk om hul kruisies by hul eie keuses te kon trek, sal bepaal hoe vry en regverdig die
verkiesing was. Na veragting gaan koalisies wyd na die verkiesing gevorm word, maar
die verkiesing word nou so gemeen geveg dat koalisies skynbaar net met groot moeite
gevorm sal kan word
12
Eindpoging vir verkiesing
Na elke groot verkiesing tree daar ‘n periode in waar die gewone kieser gewoonlik
tot in hul kleintoontjies sat is vir politiek. Dit word die na-verkiesingsdroogte, of in
Engels, post election slump genoem.
Dié verskynsel is heel natuurlik – kiesers is vir maande lank met politieke inligting en
propaganda gebombardeer. Hierdie inligting is dikwels so aangebied dat almal in
die proses iewers seg gemaak word. Dit is nie net die mense wat sleg gemaak word
wat mens ontgogel nie, maar die mense wat die slegsêery doen laat dikwels ook ‘n
wrang smaak in die mond. Dis nie politiek wat skade ly nie, maar die demokrasie.
Heel dikwels is politici en hul medewerkers so meegevoer deur hul eie entoesiasme
dat hulle alle perspektief op die werklikheid verloor, en hulle hulself bo kritiek verhef
wil sien, terwyl hulle lustig die sweep op al die ander deelnemers kan inlê. ‘n Per-
soon wat as ikoon met die verkiesingsveldtog weggespring het, kan weens onoor-
deelkundigheid en die skerp media- en openbare aandag gou-gou in ‘n prins of prin-
ses met voete van klei ontaard. Waar die persoon ‘n maand of twee gelede net ge-
gulde woorde kon spreek, klink alles uit dieselfde mond nou skielik taamlik wanklan-
kig, geforseerd, aangeplak, vals of nog erger. Bruisende entoesiasme word later
verspotte of onwaardige optrede vir iemand van daardie ouderdom.
Word die slae-uitdelers egter self die skyf van kritiek, word maklik gekla dat die an-
der partye darem nou nie mooi maak en hul aanvalle nie tot die regerende party be-
perk nie.
Dikwels word kiesers belieg, soos om kieser te ontmoedig om, soos dit gestel word,
hul stemme op klein partye te vermors.
In ‘n demokrasie is dit bloot natuurlik dat ‘n regerende party die grootste skyf sal
wees, veral as daar volop rede is om hom die skyf te maak. Aanvalle in die verlede
het egter ook al geboemerang, omdat die breinpoel van die regerende party soms
iets heel vernuftig gebruik om ‘n strategie van ‘n opposisieparty op sy kop om te
keer. ‘n Heel billike aanslag word gewoon as rassisme afgemaak, en die party wat
dit gebruik het, kan baie skade ly.
So fel is die aanslag op die kieser dat ‘n groot groep net tot hulle hul kruisies ge-
trek,of tot die uitslae bekend is, entoesiasties bly.
Groot wegblystemme in die verlede dui moontlik selfs daarop dat kiesers reeds voor
verkiesings begin keelvol raak.
Met ‘n week oor voor mense hul kruisies moet gaan trek, is daar duidelike tekens
dat van die voorste politieke heethoofde besig is om voeling met die voos kiesers te
verloor. Die onttrekking van die klagtes teen Zuma het stellig baie daarmee te doen
dat sommige kiesers grootliks besiel is, en baie ander met lood in die voete nou
meen die regstaat en demokrasie is in ieder geval daarmee heen, hetsy nou reeds
of voor die volgende algemene verkiesing.
In die dae toe die bekendste koerante spesifieke partye gesteun het, het dié koeran-
te trouens behoorlik begroot vir die afname wat voor verkiesings in verkope ervaar
word.
Dit is te hope dat die bruisende entoesiasme van sommiges voor die verkiesing
weer diegene wat sat begin raak, sal motiveer om entoesiasties te word en hul krui-
sies te gaan trek.
Elke stem tel. Uiteindelik is dit nie net die aantal setels in die parlement, en of ‘n
twee derde meerderheid behaal het wat saak maak nie. Elke setel minder wat ‘n re-
gerende party het, beteken dat hy ook ‘n hele aantal steunpersoneel en staatsbe-
fondsing kwyt is, en dit maak dit moeiliker vir hom om op dieselfde skaal aan ‘n vol-
gende verkiesing deel te neem. Cope, wat sonder LP’s en hul steunpersoneel en
staatsbefondsing deelneem, het ‘n duidelike groot agterstand op die ander.
13
Met ‘n volgende verkiesing, volgens meningspeilings, gaan Cope met ‘n soortgelyke
befondste aanslag kan kom as wat die DA nou kon loods.
‘n Na-verkiesingsdroogte is veronderstel om eers na ‘n verkiesing in werking te tree.
Byt vas, oor bietjie meer as ‘n week sit ons vir die uitslae en wag.

Statutêre staatsgreep: Kommer oor Grondwet


Agtergrond: Uit die uwe se pen is verskeie artikels oor die onderwerp, coup by
stealth, of te wel die swak vertaling daarvan, statutêre staatsgreep.verskyn en is
op die internet te lese. Die vorige argumente word nie onnodig herhaal nie.

Met gisteraand se bespreking op Kommentaar op RSG, het drie professore waaron-


der prof. Marinus Wiechers, kommer oor die toekoms van grondwetlike suiwerheid
uitgespreek, veral onder die Zuma-bewind.
Dit word graag as gegewe opgegee dat Suid-Afrika ‘n baie goeie grondwet het, en
selfs die beste in die wêreld. Die verklaring hiervoor is dikwels dat dit die mees libe-
rale grondwet in die wêreld is.
Min hiervan is tegnies waar. Die Suid-Afrikaanse grondwet is swaar op die Indiese
gebou, wat internasionaal saam met dié van die VSA en Kanada, as rolmodelle
dien. Wat verswyg word, is dat Suid-Afrika in een wesensopsig van die Indiese af-
wyk: Die Suid-Afrikaanse grondwet fokus uitsluitlik op die individuele regte, terwyl
die Indiese op beide individuele en groepregte fokus. Die begrip “menseregte” is
volkeregtelik die gesonde balansering van hierdie regte.
In Indië, soos in Nigerië na die Biafraanse oorlog, is die interne grense so getrek dat
dit so na as moontlik met dié van bevolkingsgroepe saamval. Boonop waarborg die
Indiese grondwet ‘n aantal setels in die nasionale parlement aan die pre-Indiese
oorspronklike bevolking wat nou ‘n klein minderheid is.
Hierdie is geen primitiewe grondwetlike oorblyfsel soos wat hier aangevoor word
nie. Die Afrika-Kommissie vir Mense- en Groepregte, waarvan Suid-Afrika ‘n lidstaat
is, erken dit ook. Om lid van die Europese Unie te wees, moet lidlande onderneem
om minderhede staatkundige regte te laat uitoefen soos wat die Baske, Kataloniërs,
en in Brittanje die Walliesers en Skotte met hul eie parlemente mag doen. Turkye,
wat graag lidland van die Europese Unie wil word, moes onder meer die verbod op
die gebruik van Koerdies ophef.
‘n Opvallende disfunksionele effek van die miskenning hiervan is hoe regstellende
aksie in Suid-Afrika neerslag vind, en onderskeid uiteindelik op velkleur uiteenval,
wat danksy die veldtogte wat teen apartheid nou in effek as norm vir misdaad teen
die mensdom beskou word.
Met volkeregtelike groepregte word juis sorg gedra dat velkleur nie ‘n kriterium word
nie. Die verbod op rassisme vind trouens neerslag in die grondwette van die ver-
naamste internasionale sportliggame soos Fifa en die IOK, asook die liggame vir
rugby en krieket. Hierdie liggame verbied ook politieke inmenging in sport, wat nog
‘n kenmerk van ‘n grondwetlike demokrasie is – dat die een instelling slegs in uiter-
ste gevalle in die sfeer van ‘n ander inmeng wanneer dit genoodsaak word. Fifa het
al lande soos Griekeland, Kenia en Iran geskors terwyl lande soos Nigerië en Brasi-
lië net betyds kop gegee het.
Butana Komphela se vergrype, soos om selfs die Springbokspan na die wêreldbe-
kertoernooi te dreig dat hy hul paspoorte sal laat ontneem, is niks nuuts nie, en dit is
hoog tyd dat die ANC sy ondersteuners daarop wys dat dit aan Komphela te danke
sal wees as Suid-Afrika deelname van die 2010-toernooi ontsê word, of selfs sy
gasheerstatus verloor. Dit kos net een instansie om die SA-regering by Fifa, en as
Fifa traag sou wees by die IOK waarvan Fifa lid is, te verkla en die land is in begin-
sel die toernooi kwyt.
13
Hierdie is egter nie die enigste voorbeeld waardeur die SA-regering onbegrip toon oor die
skeiding van magte, naamlik uitvoerende, wetgewende en regsprekende gesag nie. Die
ANC se kader-ontlooiingsbeleid het nou so ver gevorder dat staatsamptenare wat as kandi-
date vir die parlement of wetgewers staan, nie meer soos die wet vereis, beskou word as
outomaties uit hul poste te bedank het nie. Zuma se dreigemente teen die regbank, wat nog
altyd op sy onafhanklikheid aangedring het, skreeu behoorlik teen die pilare van grondwet-
likheid.
Van die onderskeid tussen regerende party en regering is daar lank ook nie meer sprake
nie. Die woordvoerder van die Vrystaatse Premierskantoor dien nou openlik as die ANC se
woordvoerder, met die woordvoerder van die Wetgewer as sy adjudant. Hierdeur bespaar
die ANC twee mense se salarisse waarvoor die belastingbetalers opdok. In enige ander
grondwetlike demokrasie sou dit ten hemele skreeu; hier word die misbruik nie eens in die
media uitgewys nie.
Die wyse waarop die regering die kerk gereeld opvorder om sy werk te doen met betrekking
tot die herstel van moraliteit, klink alteveel of die kerk as ‘n staatsinstrument ingespan word.
Die immer-subjektiewe Jakes Gerwel beroem in gister se Rapport die vrymoedigheid waar-
mee joernaliste hul werk doen, ten spyte van deurlopende klagtes en dreigemente van die
ANC teen die media. Gerwel het duidelik nog nie beleef hoe ‘n joernalis in ‘n raadsvergade-
ring deur ‘n burgemeester of speaker oor beriggewing uitgetrap word nie, of die joernalis
selfs by sy of haar redakteur verkla word, en die joernalis die noodsaaklike instrumentjie,
die bandopnemer moet uithaal en sy of haar weergawe moet staaf nie. In vandag se ekono-
miese klimaat is die staat en regerende politieke party se advertensies goud werd.
Uit die einste Rapport is veel objektiewer bydraers deur Max du Preez en aanhalings van
die digter, Barend J. Toerien. Nie een van hulle kan as meelopers van die vorige bedeling
beskou word nie.
Coup by stealth is ongelukkig nie meer net ‘n wolf-wolf-skreuery nie. Die media is, bewus-
telik of onbewustelik, besig om hierdie geskiedenis aan te teken.

Paastriomf

Paassondag. Die laaste ding wat ek op my nugter mag nodig had was ‘n dosis Butana
Komphela.
Maar toe ek en Pumba, na Stiltetyd hoek toe loop om Rapport te koop, is dit presies wat
gebeur.
Tradisioneel probeer ek op Sondae fokus om iets met ‘n geestelike strekking te skryf. Daar-
om luister ek aandagtig na die oggenddiens.
En toe sit ek my rekenaar aan.
En weer kook my bloed.
Die week was ek by die dokter. My bloeddrukpille se voorskrif moet hernu word. E die ligte
gesigsverlamming wat my van tyd tot tyd pla, begin-begin nou af en toe in my keel aftrek,
en die stikkery raak gereelder en hewiger.
Ek weet wat kom. Ek moet afskaal.
Afskaal beteken minder geld, en minder geld beteken groter druk om kos op die tafel te sit.
Ek maak my eerste besluit oor waar om af te skaal. Dis die laaste provinsie waar ek die
ACDP nog met mediaverklarings help. Dis ‘n provinsie waar ek die hoogste respek vir die
provinsiale leier en van sy mense het, en dus niks persoonliks nie.
Vroeër was dit drie provinsies. Die eerste wat handdoek ingegooi het was bang die mense
op nasionale vlak vind uit hierdie stuk gespuis help met mediaverklarings. Vrees het uitein-
delik die oorhand gekry, en so het ons professionele paaie geskei.
Die voorlaaste provinsie het ek opgeskort doodeenvoudig omdat die provinsiale leier te be-
sig is om mediaverklarings goed te keur – ek werk dus vrugteloos, en hy betaal vir iets wat
14
hy nie kon gebruik nie. Nie dat hy betaal het nie.
Hierdie week was ek dus los van my laaste stukkie professionele etiek teenoor die
ACDP. Die behoefte om vir eens en vir altyd my gemoed skoon te kry oor wat pla word
groter en groter. Daarom was vanoggend se geluister na die oggenddiens nie so aan-
dagtig soos dit moes wees nie.
Die heel tyd stook ‘n stemmetjie my op: Sit net tien redes oor hoekom mens nie vir die
ACDP behoort te stem nie op die internet. “Get closure.” Beweeg aan.
Maar dis nie lekker gedagtes nie, al sê watter kopkrimper nou ook wat oor hoe belangrik
dit is om hierdie gif een maal goed uit die gemoed uit te spoel sodat ‘n mens dit regtig
agter ‘n mens kan sit, en aanbeweeg.
Maar net so hard praat die stem daarteen.
En toe, toe sit ek daai rekenaar aan. Dat, van alle mense iemand vir wie ek oor tyd deur
net sy goed op die internet raak te loop respek gekry het, toe my bloeddruk so die hoog-
te moes instuur. William X.
Het hy maar net ‘n slegte dag gehad dat hy die goed op skrif gestel het wat, as iemand
hom hof toe sou sleep hom “cleaners” toe sou kon vat?
Die damwal breek, en ek skryf die tien redes neer. Soos ek skryf word die versoeking
groter en groter. Immers, toe ek weg is by die ACDP was my voorlegging met redes
baie, baie dik.
Ek en ons jongste gaan koop brood. Ons loop by ‘n paar ACDP-plakkate verby. Sommi-
ges beter, sommiges swakker en onleesbaar klein. ‘n Paar met horribale spelling, en
een waar God seën opgevorder word. Een het voete gekry, maar so ook die DA-
plakkaat wat op daai paal was. Met die VF+ s’n bly oor.
Paasmaandag, herinner ek my, al het Ms Angie gisteraand weer op TV mense se stem-
me vir die ANC opgevorder nadat sy te midde van TV-kameras ‘n kerkdiens bygewoon
het.
Paasmaandag, te midde van ‘n brief in Rapport waar iemand weer die “klein partye” sto-
rie opper. Ek vermoed dis eintlik ‘n vyand van die “liberale DA” wat dit geplant het om
die DA in ‘n volgende briewesarsie aan flarde met die simpel argumente in die eerste
brief te skiet.
My gemoed is juis suur omdat Ms Zille gesê het die F+ “mors hul tyd” deur klagtes teen
haar te gaan lê oor die kleiner partye. Nee, my suurheid het niks te make met die kor-
rektheid al dan nie van die storie nie, maar oor Tony Leon nog laas so bitter kwaad vir
Marthinus was toe hy dieselfde gesê het voor die NNP klein geword en verdwyn het.
Praat van skynheilig!
En dis in die opsoekery na die verwysings wat iets anders eerder my oog vang – hoe
Marthinus nog hoog opgegee het hoe sy party koalisievennote teen die ANC probeer
bymekaar maak. Want, verduidelik hy, die NNP is so verwoed anti-ANC.
Nie die soort goed wat ek by William X sou verwag nie. Glad nie.
Gelukkig, vir ‘n Christen is elke dag ‘n Christusfees, elke dag ‘n Paastriomf, elke dag ‘n
dag van leef om God meer, en ons minder te maak. En dit sal des te meer so wees om-
dat vandag so erg bederf is vir wat dit moet wees.
Baie, baie onlangs nog het ek ongekende geesdrif vir die politiek ervaar. Dinge gebeur.
Die aanduidings was selfs sterk dat die “jaar van geestelike higiëne in ons land vaardig
word. Toe verpas Cope die geleentheid om ‘n leemte in die Christen-demokratiese poli-
tieke arena (volgens Wes-Europese model) te vestig. Toe hy sy fout agterkom, lap hy
deur ‘n gesiene geestelike as presidensiële kandidaat te kry. Oor die Boesak-petalje in
die Wes-Kaap, en Dennis Bloem se fiasko by die Kovsiedebat hieroor, sprak ek liefs nou
g’n sprook. Sy eie mense het op hom uitgeloop, en dit sê al meer as genoeg.
Punt is, algaande merk ek dat by mense, soos by my, ‘n onsmaaklikheid in die mond oor
die politiek begin vorm. Ja, hoofsaaklik oor die “afloop” van die Zuma-debakel en die
ANC se poging om die kerk-aspek voor selfs die Christenpartye uit te kaap – lomp maar
16
nietemin.
Maar dis nie al nie.
Binne die Christenpolitiek word sy eie stryd gevoer – die, ja, valse leer wat die Waarheid
selfs daar probeer verdring. En heel vernuftig die draai die ander wang-leer misbruik om die
waarheid uit die openbare domein te hou. Die Paasfeesklokke beier vals.
Gelukkig is daar nog ‘n môre, en ons wat nie vannag weggeneem word nie, het môre die
kans om die valsheid te besweer.
Dit sit immers nie in nietige mense, Christen of nie, se broekies om die Paastriomf te stuit
nie. Hoogstens te besmet.

Klein Brolloksie sê sy
(Klein Brolloksie het voorheen ook op Rapport se blog, Uit die Persgalery, ‘n eiertjie gelê).
Pa sê die boemelaar wat so voor die parlement wyshede kwytraak, moet ‘n minister in die
presidensie word. Pa sê daai ministers is eintlik net geklôrifomde knoffeleters, ekskuus, ek
bedoel, adviseurs.
Is adviseer baie seer, tannie Lizel?
Pa sê ek moet tannie baie mooi om verskoning vra omdat ek laas tannie se naam so ver-
keerd gespel het.
Pa sê ma sê pa moet self vir die joppie aansoek doen, want sy sê pa kan self baie twak
praat wat soos iets klink.
Is twak baie soos ...o gaats, hier kom pa en pa hou nie daarvan dat ek die woord sê nie.
Pa sê as die boemelaar aangestel word, het ons minstens iemand wat slimmer en minder
gek is.
Pa sê die regering werk met ‘n plan met die grondwethof. Hy sê dit moet lam gemaak word
voor Sjlôpie daar kom oorvat. Toe ek vir pa vra wat se ding ‘n Sjlôpie is, toe sê hy dis so
iets tussen ‘n joppie en ‘n slapie, waarvoor u edele gesê word.
Maar pa sê die regering het baie sulke slim strategieë. Hy sê in die Vrystaat wil hulle nou
iemand LUR van Landbou maak, wat, as die boere dit sien, hulle sommer so moedeloos sal
wees dat hulle self hul plase sal kom ingee. Pa sê dié knaap moet terug Namibië toe en
daar dinge gaan omkrap, as hy maar net kan onthou hy kom daarvandaan. Ons het nie no-
dig dat hy ook nog kom help dinge op....Ag, ek sien my pa is nog hier rond.
Pa sê net hy hoop nie ons vat nog vir Bob in nie, want dis duur. Bob se vrou het klaar Zim-
babwe leeggekoop en Suid-Afrika weet juis nie mooi wat met R3 miljoen gebeur het waar-
mee Zimbabwe kos met ons geld moes koop nie.
Is hier dan nie genoeg mense wat ook moet kos kry nie, tannie Lizel?
Pa sê hy dink daar was ‘n mooi klomp van daai R3 miljoen in ta’ Grace se handsak waar-
mee sy die fotograaf daar in King Kong so disnis geslaan het.
Pa se as ons Bob vat, moet ons nog vir Hailie Mengi...ê iets ook vat, want Bob pas hom op
omdat sy eie land hom wil ophang.
Pa sê as ons Bob vat, moet ons hom daai boemelaar se joppie voor die parlement gee,
want dan is die plaasvervanger darem net so ...so. so. Wat nou weer tannie Lizel? Iets van
geeste. Pa sê dis seker bose geeste.
Pa sê juis hy maan parlementslede moet so drie dae per week hulle soos boemelaars ver-
mom en tussen die gewone mense rondbeweeg dat hulle nie weer soos Pa se bêkie laas
gesê hy glo nie daar is soveel werkloosheid nie, want hy sien dit dan nie.
Pa sê mens kan nie armoede van so hoog af sien nie. Maar hoekom sê pa aanmekaar “My
bêkie het ook gesit en dagdroom? Moet mens dan nie in die nag in ‘n mens se bêkie slaap
nie?
Tata tannie
Klein Brolloksie, Trollenburg
17

Verkiesingstyd is nie altyd maklik vir die regerende partye nie. Dié partye se op-
tredes of gebrek aan optredes word skerp onder die vergrootglas geplaas.

Die gevolg is dikwels ‘n slap handjie-benadering teenoor aspekte wat sterker optrede
verg. Die ANC word byvoorbeeld skerp aan die hand gepik deur swak munisipale
dienslewering, wat nie net na swak raadslede en onbekwame kaders wat as ampte-
nare ontplooi is herlei kan word nie, maar na geldtekorte.
Hierdie geldtekorte kan dikwels na agterstallige munisipale rekenings herlei word, en
heelwat van hierdie agterstallige rekenings behoort aan raadslede self, wat dikwels
groot toelaes kry.
In Noordwes is die munisipale rekening van die burgemeester van ‘n munisipaliteit
wat meeding as die munisipaliteit met die swakste dienslewering in die land, se reke-
ning meer as R20 000 in die rooi.
Terwyl sommige mense in die Mangaung-raad reuse bedrae skuld, en ‘n met ‘n be-
leid volhard word om die sluier te trek oor welke raadslede in die rooi is, durf gereelde
betalers nie ‘n dag lank agterstallig te raak weens afwesigheid uit die stad of ‘n oom-
blik se vergeet nie. Sy dienste word summier afgesny, en hy moet alles los en ‘n ver-
bete papieroorlog aanknoop om weer krag in die huis of onderneming te hê.
Hierteenoor het ‘n burgemeesterskomiteelid gespog dat sy sal sorg dat haar dogter
se dienste nie afgesny word nie, en is die dienste onverklaarbaar by herhaling her-
aangeskakel sonder dat die agterstallige bedrae gevorder is.
Landswyd is dit ook nie ongewoon nie. Nadat die omstrede Tshwane-burgemeester
‘n media-afspraak gemaak het en met die begeleiding van wetstoepassers met loei-
ende sirenes na ‘n meenthuiskompleks wat met die raad in dispuut was gejaag en die
krag afgesny het, het dit uit ‘n ouditeur-generaalverslag geblyk sy self was agterstal-
lig. Verskeie ander raadslede, ook nie net van die ANC nie, was in die rooi, sommiges
met astronomiese bedrae.
Dit is verstaanbaar dat die regering met slap hande sal sit oor armes wat werklik nie
die dienste kan bekostig nie. Behalwe wydverspreide verset, weens die omvang van
armoede, is die ANC se verkiesingsveldtog skerp gefokus op die dienste wat, volgens
die ANC, so uitgebrei is.
Die regering verdien egter ‘n kloppie op die skouer met ‘n nuwe wet wat kabeldiefstal
behoort vas te vat. In 2007 het kabeldiefstal die landsekonomie sowat R5 miljard ge-
kos, en met 2010 se naderende wêreldbekersokkertoernooi, kan dié euwel gewoon
nie bekostig word nie. Radioluisteraars na Cheetahwedstryde wonder, soos dit is,
reeds in watter stadium van die wedstryd gaan die lyn van Bloemfontein die gees
gee. Dit hou nie eens met kabeldiefstal verband nie, en kan herstel word. Maar as die
kabeldiewe tydens groot toernooie steeds ongehinderd hul strooptogte uitgevoer kry,
sal die land groter skade as net aan sy ekonomie ly.
18

Outsmenaand: Die lot van gestremdes

Betreklik onlangs het min mense nog werklik nodig gehad om kennis te neem van
outisme. Nou word een uit elke 150 babas voor ouderdom twee met outisme of iets
in die outisme-spektrum gediagnoseer. Slegs ses skole in Suid-Afrika moet hiermee
die mas probeer opkom. In Sentraal Suid-Afrika is daar effektief geen toegespitste
sentrum of skool nie.
‘n Skool is in wese die sekondêre behoefte. Navorsing dui daarop dat hoe vroeër ‘n
aangetaste kind aan ‘n vroeë intervensieprogram onderwerp word, hoe beter is sy
kanse om ‘n taamlike normale lewe te lei. Hierdie program is egter peperduur, en
volgens Amerikaanse berekenings, kos dit sowat ‘n half miljoen rand.
Dié kostes kom in die reël uit die ouers se sakke, wat in ‘n land soos Suid-Afrika met
grootskaalse armoede en werkloosheid, beteken dat baie kinders nie aan die pro-
gram onderwerp word nie.
Daarsonder kos so ‘n persoon op huidige kostes bereken die staat gemiddeld vir sy
leeftyd sowat R30 miljoen. Die gevalle wat aan vroeë intervensie onderwerp is, ge-
middeld sowat R10 miljoen, want nie almal word deur die vroeë intervensieprogram
genoegsaam in staat gestel om die hoofstroom-onderwys te betree, of eendag op sy
eie bene te staan nie.
In sommige kringe word die voorkoms nou op een in 90 geboortes gestel. Soos met
Vigs, is daar afvalliges wat die syfers betwis, en in weerwil van onweerlegbare sy-
fers, die toenames uitsluitlik aan beter diagnostiese werk die uitbreiding van defini-
sies en soortgelyk wil toeskryf. Versigtig-uitgewerkte statistieke dui egter onweerleg-
baar dat slegs ‘n klein deel van die toename hieraan gewyt kan word.
Maar afvalliges sal daar altyd wees, en onberekenbare skade aan voorsorgbeplan-
ning en dus begrotings aanrig.
Omdat daar nog geen besliste bewyse vir die oorsaak is nie, is voorkoming nog nie
eens ‘n teoretiese moontlikheid nie. In minstens sommige gevalle word dit na gene-
afwykings herlei, maar geen-terapie is nog nie so ontwikkel dat dit in die afsienbare
toekoms hoop bied nie.
Outisme is egter nie al wat toeneem nie. Volgens bronne gaan kanker volgende jaar
die wêreld se hoof-doodsoorsaak word, in weerwil van groot vordering om dit te ge-
nees.
Outisme is ‘n ongelooflik komplekse veld, en kundigheid is nog betreklik skaars.
Die hartseer is dat outisme nie die enigste gestremdheid is nie, en in alle waarskyn-
lik nie die enigste met ‘n toename is nie. Dit is daarom te verstane dat die VN veral
in ontwikkelde lande hoofstroomonderwys aanmoedig, maar ‘n benadering wat as
“inklusiewe hoofstroom” bekend staan. Dis amper net so duur soos om genoeg ge-
spesialiseerde spesiale skole te voorsien. Dit is daarom ook te verstane dat lande
onder die vaandel van inklusiewe hoofstroom, geïntegreerde hoofstroom sal pro-
beer invoer. Indië is enkele jare gelede hiermee betrap, en erg gestriem. Suid-Afrika
se witskrif dra die titel van dat dit die inklusiewe benadering voorstaan, maar baie
kenners meen die inhoud is allesbehalwe op die inklusiewe benadering afgestem. ‘n
Organisasie met sowat 30 000 wit en swart lede, Pacsen (Parents of Children with
Special Educational Needs) voer ‘n opdraende stryd om te verseker dat inders wat
spesiale onderrig moet kry, dit wel kan kry. Ongelukkig is die spesialisievelde wyd –
dowe en hardhorende kinderfs kan byvoorbeeld nie in dieselfde klas skoolgaan nie,
omdat hardhorendes se opleiding gehoor-gerig is, en dowes, visueel. Dan is multi-
gestremdheid meer volop as wat dikwels besef word.
In areas waar nie bestaande spesiale skole, soos vir dowes is nie, is daar ‘n skok-
kende verskil tussen die sensusgegewens van die hoeveelheid gevalle, en diegene
wat hoegenaamd iewers onderrig ontvang. Presies hoeveel gestremde kinders in
19

agterplase weggesteek word, is moeilik om te bepaal, maar oppervlakkig lyk dit na


‘n skrikwekkende syfer.
Individue, soos mev. Steyn wat aan die hoof van ‘n spesiale skool in Qwaqwa staan
wat haar eie kundigheid en bestaande hulpbronne ingespan het om voorsiening te
maak vir ‘n bykomende behoefte, afasie, moet ‘n medalje kry. In plaas hiervan, het
slegs regsoptredes verhinder dat sy, ‘n moeder, na ‘n gewone skool buite bereik van
haar huis verplaas word, en sy met ‘n persoon vervang word wat geen opleiding in
spesiale onderrig het nie, na bewering ‘n vriendin van die destydse LUR vir Onder-
wys.
Outismemaand durf nie ongesiens verby gegaan te word nie, maar dan is daar
steeds soortgelyke behoeftes vir ander gestremdhede waar sommiges nog veel
skaarser is.
Dan wil ‘n mens nie weer hoor dat spesiale skole kinders huis toe moet stuur omdat
die staat hul begrotings gesny, en selfs tot niet gemaak het, terwyl die behoefte aan
die uitbreiding daarvan ten hele skree nie.
Terwyl verskeie publikasies soos Volksblad en sy gemeenskapskoerante, en radio-
stasies heelwat aandag skenk aan outisme en outismemaand, is die lyers nog
steeds uitgelewer aan onderwyskundiges wat begrotings wil sny, en aanvoer die
kinders moet hoofstroom toe, en spesialisjoernaliste van werklike groot publikasies
wat mediese afvalliges as bronne gebruik, en aggressief reageer op mediaverkla-
rings, weier om die inligting te gebruik en die afvalliges se standpunte verdedig. Dit
is nie net uiters onprofessionele joernalistiek nie, maar die skade wat hulle aanrig
aan hulle wat nou ouers het wat saans met beklemming bid vir hul kinders vir wan-
neer die ouers eendag nie meer daar is nie, is onberekenbaar.
Minstens het die ANC onder nuwe bestuur dr. Manto Tshabalala Msimang geskuif
na ‘n portefeulje waar hulle minder skade kan aanrig. By spesiale onderrig en ge-
stremdhede is daar nog baie besems nodig om skoon te vee.
20
Zuma en regsaanspreeklikheid 7 April 2009

In die Suid-Afrikaanse regsgeskiedenis het dit nog uiters min voorgekom dat ‘n amptenaar
of politieke ampsbekleër wat verbrou het, in sy persoonlike hoedanigheid skadevergoeding
moes betaal. Dit is gewoonlik die belastingbetaler, wat geen aandeel in die aanstelling van
die betrokkene gehad het nie, wat die skadevergoeding moet betaal. Die tipe skadever-
goedings wat al opgedok is, sluit bykans enige moontlike oorsaak in – van ‘n ongeluk wat
gevolg het op senior amptenare wat ‘n padinspekteur se verslag ignoreer dat die betrokke
pad gevaarlik is, onregmatige arrestasie, benadeling met bevordering of aanstelling, kor-
rupsie met die toestaan van tenders, sterftes in hospitale weens swak begroting, gevaarli-
ke misdadigers wat opnuut verkrag nadat hulle op parool vrygelaat is, amnestie ontvang
het of op borgtog uit was en vele meer.
In die praktyk maak dit die beginsel van gelykheid voor die reg tot niet. Die benadeelde
kan eenvoudig nie die hofkostes bybring om reg en geregtigheid teen ‘n misbruiker te laat
geskied nie, soos wat in die saak van Qwaqwa Printers teen die Vrystaatse Provinsiale
regering uitgewys is.
Soms staan ‘n vereniging of vabond in, soos met die bekende Modderklip-saak gebeur
het, waar die staat elke moontlike opsie probeer het om te keer dat hy uiteindelik sy ver-
pligtinge as regstaat moes nakom. Trouens, in die Appèlhofgedeelte van hierdie sage het
die appèlregters hulle in die verloop van die saak hard en duidelik uitgespreek teen die ge-
reelde misbruik van hierdie opsie deur die staat, en is die saak selfs verdaag om, soos in
die Qwaqa Printers se saak, met die opdraggewers oor ‘n skikking te konsulteer omdat die
staat geen wenbare saak het nie. In die Modderklip-saak is te kenne gegee daar is nie ‘n
onwilligheid om te skik nie, maar die opdraggewers kon in meer as 24 uur nooit opgespoor
word nie. Toe die staat verloor, is doodgewoon na die Grondwetlike hof geappelleer – en
weer loshande verloor. Die slagoffer se gesondheid is egter blywend, deur onder meer ‘n
beroerte, geknou. Qwaqwa Printers is tot niet
In enkele gevalle het die howe egter besluit die opset van benadeling was so pertinent
teenwoordig dat die oortreder self aanspreeklik gehou word vir die skadevergoeding of
minstens die hofkostes, of dan ten dele.
Met die huidige stand van die Zuma-sage is die vraag: Is daar enige planne om diegene
wat deur onbehoorlike optrede ‘n saak gekelder het waar die beskuldigde vrykom sonder
dat hy vrygespreek word? Dit is immers mense met gevorderde regskennis, of toegang tot
adviseurs met regskennis, wat nou geïmpliseer word. Die belastingbetalers moet in die
proses blykbaar verlief neem daarmee dat meer as ‘n R100 miljoen vrugteloos gespan-
deer is, sonder dat die wolk van korrupsie enigsins uit die weg geruim is.
Na die Nicholson-saak het die ANC se woordvoerder, Jesse Duarte, by herhaling woorde
in die regter se mond gelê oor hoe die uitspraak beteken dat Zuma heeltemal onskuldig
bevind is. In die jongste sage is so ‘n afleiding voortydig pertinent deur die Vervolginsge-
sag uitgesluit. Dit is egter nie die deuntjie wat die ANC volgens vanoggend se koerantbe-
rigte sing nie. Volgens die meeste woordvoerders, soos Gwede Mantashe, is Zuma se lei
nou silwerskoon en het die vrae oor die wapentransaksie nou skynbaar soos mis voor die
son verdwyn. Dr. Matthews Phosa, wat ‘n praktiserende prokureur is, se oordeel is nugter-
der.
Baie hang af van wat nou gaan gebeur, met die dringende aansoek wat die DA vanoggend
bring waarskynlik die eerste baken op die roete.
Teen vroeg vanoggend het dit geblyk dat die vernaamste pers in die buiteland die hele
aangeleentheid so nuuswaardig vind dat nie ‘n woord daaroor via die elektroniese pers op-
spoorbaar was nie. Die Nederlanders sê graag hul eie politieke opset is so ingewikkeld, ‘n
buitestander moet skisofrenies wees om dit te kan verstaan.
Almiskie, maar Nederland se politieke kompleksiteite is bloot kindergarten-speletjies ver-
21

geleke met die kompleksiteite van die Suid-Afrikaanse politiek. Dit moet eenvoudig wees om
te verklaar hoe iemand wat tot gister toe met honderde aanklagte van onder meer bedrog
oor sy kop geloop het, die regerende party se presidentskandidaat kon wees. Meer nog, die
presidentskandidaat en enigste gesig op plakkate, met geen teken van ‘n plan B nie.
Of was die regsproses al so ondermyn dat die ANC vanuit die staanspoor geweet het die
saak sou hierdie verloop neem? As dit so is kan enige verdere kritiek en regsoptredes van
opposisiepartye bloot dien om die simpatiestem vir Zuma te versterk. Uiteindelik, bedoeld of
onbedoeld, kan die Zuma-kaarte op die allermooiste plekke, vir hom, val.
En dan krap die grondwetkenners, op Roelf Meyer na, opnuut kop of daar nog so iets soos
‘n regstaat in Suid-Afrika bestaan.

Speel oop kaarte oor 2010 6 April 2009


Genoeg bangmaakstories oor die land se ongereedheid, of beweerde ongereedheid vir die
aanbied van 2010 se sokkerskouspel is in omloop.
Baie van hierdie stories is spookstories wat aangevuur word deur die feit dat die inhoud van
die onderskeie gasheerstad-ooreenkomste met Fifa ‘n digbewaarde geheim blyk te bly.
In die proses is tallose stories in omloop, soos dat ‘n geheime ooreenkoms bestaan dat pros-
titusie vir minstens die duur van die toernooi gewettig en gereguleer moet word. Die soge-
naamde bewyse is die gereelde vlieërs wat hieroor opgestuur word, soos eers deur polisie-
kommissaris Jackie Selebi, en daarna ‘n ANC-parlementslid. Durban beplan reeds sy rooilig-
gebiede op die aanname dat dit gewettig sal wees.
Ook die vuurwapenwet wat baie mense rooi om die kraag gelaat het, word na ‘n geheime
ooreenkoms met Fifa herlei. Hierdie is ‘n verhaal wat hom telkemale herhaal waar groot by-
eenkomste aangebied word waarby Fifa regstreeks betrokke is. Die internet bied honderde
skynbare bewyse. Die snelvervoer-busdienste wat so sleg by taxi-organisasies afgaan, word
hierna herlei.
Sommige sake is wel in die oopte. In Kaapstad is sy verpligte vervoerplan deeglik opgestel
en bekend gemaak, omdat die bouwerk aansienlike ontwrigting tot gevolg het. Stede soos
Pretoria en Johannesburg het al oop kaarte gespeel oor die lot van straatsmouse tydens die
toernooi.
Gerugte dat geen ander sakebedrywighede en selfs bestaande stedelike en interstedelike
busterminusse binne ‘n radius van 300 meter of meer om stadions bedryf mag word nie, val
dus op baie ontvanklike ore. Intussen doen sommige sakelui juis alles in hul vermoë om hul
sakepersele tot so na as moontlik aan die stadions te laat uitbrei.
Die Suid-Afrikaanse regering se huidige stilswye oor inmenging in die kies van sportspanne
word ook na Fifa se grondwetlike bepaling van geen regeringsinmenging in sport herlei. Ver-
skeie lande, soos Griekeland, Kenia en Iran wat nie wou hoor nie, is in die betreklike onlang-
se verlede hieroor uit Fifa geskors, en verskeie burgerregte-organisasies was gereed om die
Frolich’s, Komphela’s en ander wat so lustig sport uit die parlement regeer, na internasionale
tribunale te sleep. Minstens een klag teen Komphela is deur ‘n politieke party by die Open-
bare Beskermer gelê.
Dat die Fifa-bepalings beslis sekere infrastruktuurvereistes stel, soos die kapasiteit van elek-
troniese kommunikasie, is bekend. Dat dit bepalings oor paaie en vervoer het, is bekend
hoewel die inhoud dikwels minder bekend is. Die R200 miljoen lening wat Mangaung wil
aangaan, wat die meeste kenners meen onbekostigbaar is, gaan ook aangegaan word om
die stad se rioolstelsel te verbeter.
Groot dele van Bloemfontein was die naweek weer sonder water nadat ‘n pyp gebars het.
Intussen word ‘n stukkende waterpyp wat strome water in die straat laat afloop al maande
sonder sukses aan die munisipaliteit gerapporteer. Selfs politieke druk het blykbaar geen uit-
werking nie.
Om te bepaal in hoe ‘n mate Suid-Afrika gereed is om 2010 ‘n gasheerland te wees, is moei-
lik te bepaal as ‘n mens nie presies weet wat die bepalings is nie.
22
Kerk en politiek: Klaar debat op asseblief
In my joernalistieke hoedanigheid lees ek baie onlangs in Bua News, die regering se amp-
telike nuusdiens, van ‘n seremonie om die voorvadergeeste van gestorwe vegters uit Zam-
bië na die Vryheidspark in Suid-Afrika te bring. Breedvoerig, in amptelike skryfstyl, word uit-
gewei oor die reinigingseremonies en rituele wat daarmee saamgaan, asook die rolle van
toordokters en priesters.
Uit dieselfde dampkring, veelgeloofs-byeenkomste waar gebid word vir die ANC se sukses
met die komende verkiesing.
Vir dieselfde party wat aborsies, dobbel en pornografie gewettig het.
In dieselfde land waar meer as 70 % van die bevolking Christene is, en meer as 70 % vol-
gens ‘n peiling gevra het die kerk moenie in politiek inmeng nie.
“Die kerk” se reaksie is verwarrend en deurmekaar. Kerke is dit eens mense moet gaan
stem, maar baie vaag as dit kom by aanduidings van waarvoor. Ja, dat ‘n kerk nie vir sy lid-
mate kan voorskryf vir welke party nie, dan sekerlik tog vir welke beginsels, naamlik Chris-
telike beginsels, dan nie?
Wat sê die kerke? Ek laat die die vorige verkiesing se amptelike “riglyn” vanuit die damp-
kring van die Afrikaanse susterkerke daar, want met ‘n paar gade en sertifikate en ander
kwalifikasies is dit heeltemal buite my begripsveld. Ek hou my dus by ‘n onlangse weerga-
we waarvan ek meer verstaan:
“Prof. Theuns Dreyer van die Hervormde Kerk, dr. Neels Smit van die Gereformeerde Ker-
ke in Suid-Afrika en prof. Piet Strauss van die NG Kerk sê in ’n gesamentlike verklaring alle
geregistreerde burgers van die land het die reg én die plig om aan die politiek deel te neem.
Die kerklui sê Christene moet binne en buite die politiek regverdigheid teenoor alle mense,
ongeag ras, kleur, geloof of geslag, bevorder
Elke stem moet daarop aandring.
Die ideaal van Suid-Afrika as ’n nie-rassige land moet aan algemene reg en geregtigheid
gekoppel word.
Die kerke pleit vir die handhawing van ’n regstaat in Suid-Afrika en sê dit word ondermyn as
landswette nie op dieselfde manier op almal toegepas word nie.
“Regeringslede kan nie met ’n skoon gewete staatkundig lei as hulle nie self die Grondwet
van die staat en wetsgehoorsaamheid versimboliseer of uitleef nie.”
Die kerklui gee ook hul steun daarvoor dat alle stemgeregtigde kiesers, ook dié in die buite-
land, moet kan stem.
Hulle verwys na verkiesingsbeloftes oor ’n wye spektrum van kwessies en sê dié beloftes
moet waar gemaak word as die betrokke partye aan die bewind sou kom.
Voorts pleit die kerke vir politieke verdraagsaamheid tydens die verkiesing, sodat ’n regver-
dige verkiesing kan plaasvind.”
????!!!
Onlangs het prof. Strauss hom nog soos volg oor die voorgenome skole-eed uitgelaat:
“Jong kinders is juis meer op praktiese riglyne as die filosofiese onderbou daarvan inge-
stel.”
Herrie, ’n groot aanhanger van prof. Strauss, vra net eenvoudig: “Hoekom moet net kinders
praktiese riglyne kry? Hoekom nie die massas volwasse stemgeregtigdes waarvan ’n baie
groot persentasie te ongeletterd is om hul stembriewe nie te bederf nie, wat nie die voorreg
van hoër onderwys gehad het om teoretiese riglyne na die konkrete te voer nie.
Om ’n paar voorbeelde te noem: Beteken die riglyne hierbo dat die kerk vrede het daarmee
as sy lidmaat aflei hy kan maar vir ’n party gaan stem wat pro-aborsie is, wat pro-Lotto is,
wat prostitusie wil wettig, of geld dit net wanneer die partye keusevryhede hieroor gee?
As iemand wat in die dampkring van Calvyn grootgeword, en Dooyeweerd op universiteit in
sy keelgat afgewurg is, is Herrie heel onderlê oor beginsels soos “soewereiniteit in eie
kring,” MAAR Herrie is ook onderlê in die beginsel van universaliteit in eie kring (uiek). En
soos Herrie geleer is, het raak uiek al hoe meer aktief namate die ander lewenskringe meer
23
en meer buite hul veld bedrywig raak.
Soos onderwysdepartemente wat skoolbeheerliggame se funksies oor taalvoorskrifte pro-
beer ontneem, soos die owerheid wat “die kerk” bloot as instrument opkommandeer om
die agteruitgang in moraliteit gou te kom “opfieks.”
Prof Strauss vervolg in ’n rubriek: “Daarom gebeur dit dikwels dat die politiek Bybelse lyne
of beginsels kruis. Teen die agtergrond is die opdrag van die kerk nie om beleid van ’n po-
litieke party nie, maar die Boodskap van die Bybel uit te dra. Daarom: As die maatskaplike
of ekonomiese of staatkundige kante van die lewe Bybelse lyne kruis, moet die kerk sy op-
drag uitvoer.”
Herrie stem saam, maar dan moet die kerk ook nie die Boodskap van die Bybel so afge-
water, of akademies verdoesel oordra dat die gewone lidmaat met ’n rein gewete sy krui-
sie by ’n party gaan trek wat in beleid lynreg staan teenoor dit wat sy kerk (wat die Bood-
skap van die Bybel verteenwoordig) opgee om te predik nie.
Uit die media word die indruk dikwels geskep dat die gebruik van godsdiens om politieke
riglyne te formuleer primitief, agterlik of oudmodies is. Waar hierdie media hul voorbeelde
gaan haal is bitter moeilik om te bepaal. In lande wat in elke opsig as beskaafd moet geld,
soos Duitsland, Nederland en België (veral Vlaandere) vorm die Christen-demokrate die
grootste partye in regerende koalisies.
Toegegee, dit gaan dikwels meer oor tradisie en beginsels as geloof in ’n Lewende God,
maar binne daardie partye het oortuigde en selfs vurige Christene soos Marja van Bijster-
veldt baie beweegruimte.
Duitsland volg nou die voorbeeld van Skandinawiese lande en Kanada om nog strenger
beheermaatreëls oor internet-pornografie in te stel, aangesien die bewyse van die skade
van ’n te liberale samelewing selfs die mees liberale bevolkings begin walg.
Uit hierdie einste lande dui peilings daarop dat die bevolkings groter integriteit en morele
waardes van hul politici (en media) verwag, en akademiese artikels oor moraliteit, soos die
“Jaar van Geestelike higiëne” is algemeen.
Ons is nie modern om liberaler as die liberaliste te wil wees nie, ons is doodgewoon dertig
jaar agterlik.
En ’n ruggraatlose kerk in hierdie omgewing lyk alteveel na ’n kerk wat te slap on selfs te
suggereer dat sy kiesers Christelik-onversoenbare keuses gaan maak. So ’n kerk, hoe ge-
respekteer en akademies omgewe, faal sy profetiese ligstraal. Dit het lou geword.

Herrie se kerrie: Die lyn na Bloemfontein


Terwyl lelike spookstories loop oor hoe ontoereikend Suid-Afrika se datavoerkabels by die
stadions gaan wees vir die 2010-Fifa-wêreldbeker, en “ouens wat weet” grootoog maak as
hulle knaende stukkende telefoon- en datalyne moet regmaak en iemand sê beterweterig:
“En ja, dan dink hulle hulle sal 2010 kan aanbied.”
Nee, Herrie weet die stelsels gaan glo baie vinnigers wees as die een of ander nuwe kabel
tussen Suid-Afrika en die noordelike halfrond aangeskakel word. Maar die doemprofete sê
dit gaan ook lank nie genoeg wees nie. Die mega- en giga-piksels wat gewone kameras,
om nie van TV-kamers te praat nie, opslurp is veel meer as wat ons kabels kan dra.
Ja, Herrie het met die krieket-beker ook as vrywilliger gewerk en toe uitgewerk in Bloem-
fontein is die stelsel waarmee die toegangskaartjies by die wedstryde afgetas en geverifi-
eer moet word, is so stadig dit gaan sewe dae en sewe nagte neem om almal in te kry. Dis
toe maar ontkoppel. Dit kon, want die stadion was nooit vol nie, en ‘n paar vervalste kaart-
jies sou nie die ses uit die veld slaan nie.
Maar met die sokker – dan moet dit vinnig werk ander gaan dit veertig dae en veertig nag-
te neem. Dit kan ook nie ontkoppel word nie, want die stadions gaan vol wees. Ondervin-
ding by Suid-Afrikaanse sokkerwedstryde – en dan is dit wedstryde soos tussen Chiefs en
Pirates, het gewys as daar iemand met ‘n vervalste kaartjie op jou plek sit, dan vloei die
bloed. Dit het al lewens gekos.
Hoekom Herrie hieroor ‘n eiertjie lê: Terwyl dele van die Rosestad nou al meer as ‘n week
24
nie telefoon- en internetlyne het wat werk nie, werk die stelsels in die res van die stad soos
flikkerligte. Dit werk, die werk nie, dit werk ... Binne enkele dae was die fakslyn by die kan-
toor af (vir dae), die telefoonlyn by die huis af (darem gou weer reg), en tussenin het die
Herrie hulle in ritse mense vasgeloop wat gekla het.
En skaars begin mens kla, dan kom die beterweterige: “En dan dink hulle hulle gaan 2010
aanbied.”
Omdat Herrie self betrokke was, weet Herrie van ‘n hele klomp van die goete wat by die
krieket-wêreldbekertoernooi verkeerd gegaan het. So moes Herrie, as vrywilliger, die amp-
telike wedstrydmediaverklae skryf omdat die een skakelagentskap wat onder meer hier-
voor ‘n fortuin betaal is, gevergeet het om so iemand aan te stel. Maar omdat Herrie ‘n vry-
williger was, mag Herrie nie die wedstryde gekyk het nie. Herrie kon dit nog beter by die
huis geskryf het, waar Herrie darem die wedstryde op TV kon kyk, en ‘n rekenaar met in-
ternet gehad het om dit op te tik en te versend. Maar nee, Herrie moes by die veld wees
en die verslag met die hand skryf. Dan na die wedstryd gou ‘n tikster van die krieketunie
gaan soek wat nog nie huis toe is nie (hulle werk daar om te tik, nie om in krieket belang te
stel nie), en dan te hoop dit kom in die stelsel....
Maar daardie skakelagentskap het voor en na die toernooi al die skakelwerk gekry,
want....Maar hy het verhuis.
Wat Herrie eintlik wil sê, volgens Adjunk-Nas. Kommissasris André Pruis (volgens Kovsies
nog generaal) is die sokkersirkus 70 keer so groot soos die rugby- en krieketsirkusse
saam. Nou kan die liewe lesers self sommetjies maak hoeveel groter bôlsaps kan gemaak
word.
Herrie het al al sy vernuf en kontakte aangewend om te probeer uitvind wat staan in die
host city agreemnts? Staan daar daarin dat prostitusie tydens die toernooi gewettig maar
beheer moet word? Dat daar kort-kort ‘n ANC-kokkedoor ‘n kaait opstuur en Duianne Koh-
ler-Barnard al ‘n slag hande geklap het hiervoor?
Bepaal dit dalk dat daar snel-busdiensvervoerstelsels in plek moet wees en geen taxi’s na-
by die stadions mag kom nie. verl nie taxi’s met blinde bestuurders nie?
Bepaal dit dalk daar mag nie straatsmouse binne ‘n sekere radius wees nie? (Maar Selebi
wil weer dat hulle drank ingevolge ruimer toegewings in die oopte verkoop.O ja, amper
vergeet Herrie, hieroor is die sluier al gelug.
En dan die teer puntjie. Bepaal dit dalk dat daar die verskriklikste streng vuurwapenwette
moet geld? Herrie het dié gerug al lankal gehoor, en weer en weer, en dié dat wetsgehoor-
sames verplig is om hul wettige wapen in te handig, en skelms mooi gevra is om hul on-
wettige wapens in te handig.
En Herrie steur hom aanvanklik nie daaraan nie. Dis mos ‘n pot tsjôl. Maar toe hy sy eie
kinders moes gaan verkoop, toe praat ‘n paar stemmetjies en hy gaan Google. En was
Herrie nou behoorlik ontGoogled! Gaan kyk maar self en maak self sommetjies. Maar daar
is so baie trefslae, dit gaan tyd neem.
Nou, die Herrie was nog nooit geldelik in die posisie om MNet en “skotteltjies, of soos Sus
se kômmin bure wat hul empties moet verkoop om sigarette te kan koop sou sê, ‘n halwe
dish, te besit nie. Herrie raak dus die rugby afgeskeep, en Herrie, wat in 13 posisies ver-
teenwoordige rugby gespeel het, se kinders word rugbyloos groot.
Maar af en toe verwerdig iemand hom om op die radio ‘n wedstryd uit te saai wat in
Bloemfontein gespeel word, en synde ook rugby gaan kyk te duur geword het vandat Her-
rie moeilikheid begin kry het om ‘n mediakaartjie te kry en ‘n hele paar media nou ook nie
meer rugby kan dra nie, luister Herrie darem op die radio hoe die Cheetahs verlo...Herrie
bedoel, speel.
Hoe dit met die TV gaan weet herrie nie. Maar al wat Herrie weet, is as hulle met die lyne
waarmee hulle rugby nou probeer uitsaai, gaan probeer sokker uitsaai, kan Herrie nou
reeds laat weet, moenie bodder nie. Die lyn na Bloemfontein is soos die trein na Margate
waar daar geen spoor is nie. Dis soos ‘n spook, mens hoor daarvan, maar sien (of hoor)
25
dit nie.
Nee, Herrie is nie so bemoerd dat ‘n deel van die wedstryd weer “in absentia” gespeel is
nie. ‘n Hele klomp Cheetahs het in elk geval in absentia gespeel. En as een van die ring-
koppe ook maar net in absentia was toe dit by ‘n ander man se vrou se kooi gekom het,
dan het dit stellig ook beter gegaan. En Herrie is nie ‘n aartspessimis nie. Nee, al wat Herrie
met die hele ding wil sê, toets Herrie se waarneming. Die eerste tegnikus van Telkom wat
hierdie week in u teenwoordigheid ‘n lyn moet kom regmaak (en as u baie, baie gelukkig is
en dit eers die week daarna gebeur – wat natuurlik beteken u woon nie in die Rosestad nie
-), toets tog Herrie se “eksperiment. Sodra u gegroet het, skud u kop meewarig, trek u
skouers op, en sê sugtend: “Ja, dan dink hulle hulle gaan 2010 aanbied.” Herrie beloof, u
gaan nie teleurgesteld wees nie.
Nee, Herrie wil nie die toernooi verongeluk sien nie. Herrie stel baie hoop op 2010. Herrie
hoop byvoorbeeld dat die oop mangat op die sypaadjie, wat Herrie na meer as ‘n jaar opge-
hou rapporteer het en Herrie, foto en al binne-in die gat in die koerant in was, dalk teen
2010 gedeksel sal word, dat die slaggat wat Herrie begin rapporteer het toe Groot Herrie
hoërskool toe maar, nou dat Groot Herrie al tweede jaar op universiteit is, nog steeds nie
reggemaak is nie, dan darem sal aandag kry. En die groot waterpyp wat gebars het en tan-
nie Rita nou al weke lank by al wat leef rapporteer, teen aai tyd darem ook reggemaak sal
wees.
Maar eintlik wil Herrie dat hulle drank in die openbaar verkoop. Herrie kan nie wag om te
sien hoe gesuipte, en geTikte tsôtsi’s en gesuipte (en selfs gerookte) Skinheads mekaar
pak nie. Herrie wil vreeslik graag deur streng wetenskaplike eksperimente vasstel wat i die
doeltreffendste: Flick knives of skerpgemaakte speke wat tussen die rugwerwels ingedruk
word. Dan praat Herrie nog nie eens van die oulike goete soos vuisysters, stukkende bot-
tels, fietskettings, “tjopssticks” en al die oulike dinge nie.
Herrie het net ‘ spesmaas sommer in een toernooi raak sokkerboewery heel uit die mode.
Dis ook nie reg dat Suid-Afrika al land is wat met vyf van die agt bekende stamme van MIV
opgeskeep sit nie. Nee, Suid-Afrika moet dit invoer, ons kan mos nie so selfsugtig wil wees
nie.
Herrie verkoop al jare ‘n baie sterk soort pepersproei, maar Harold-hulle wou nog nie die
borgskap daarvan vir gebruik in die lynstane aanvaar nie.Maar Herrie glo die sokkerbase
sal groter insig aan die dag lê – met so ‘n borgskap wen die Bafanabafana lag-lag die wê-
reldbeker.

Mediese breindrein

Dit is nie net Suid-Afrika wat jaarliks van ‘n groot deel van sy ten duurste opgeleide medi-
ci en gesonsheidswerkers aan westerse lande afstaan nie. Die hele Afrika ten suide van
die Sahara loop onder hierdie strooptogte deur, en die meeste vind hul weg na die VSA

Die gevolge van die strooptogte op die ontwikkelde lande is skrikwekkend. Waar die ver-
houding van dokter / bevolking in Nederland 50 dokters per 100 000 van die bevolking
is, en in Oeganda net 6.
In Brittanje is ‘n derde van die dokters in die buiteland geskool. Ghana se verlies aan
die opleidingskoste van dokters wat na Brittanje geëmigreer het, het die land in vier jaar
35 miljoen pond gekos. Ontwikkelingshulp van Brittanje aan Ghana word mildelik met
dividende beloon.
Die redes vir die migrasie klink baie bekend na aanleiding van onlangse beriggewing oor
hospitaaltoestande in Suid-Afrika en veral die Vrystaat – onvoldoende toerusting, hagli-
ke hospitaaltoestande, die gebrek aan medikasie, die gevaar om MIV op te doen
26
Klein Brolloksie se eerste deelname aan die Rapport-blog, Uit die persgalery

Pa sê ma sê tannie Helen raak van erg na erger.


Pa sê as ma so sê dan is dit seker so, en gaan dinge nou lelik raak.
Pa sê tannie Helen gaan sê in haar nuusbrief dat dr. Pieter dinge oor Zuma gesê
het, toe sê dr. Pieter tannie Zille jok. Nou sê pa dit smaak hom iemand in tannie He-
len se verkiesingspan kan nie lees nie, of lieg lekker of iets, want pa sê tannie Helen
het in die Noord-Kaap dit wat dr. Pieter reeds leuens genoem het, net so in die
Noord-Kaap in ‘n toespraak gaan herhaal. Speisiaal in Afrikaans.
Pa sê as hy dr. Pieter was, was hy nou baie kwaad.
Eintlik is dit nie heeltemal wat pa gesê het nie, maar pa sê ons is ordentlik grootge-
maak.
Pa sê hy dink dis een van tannie Helen se mediamense wat so sukkel om te lees –
iets soos ‘n Lindie of ‘n Piepie of so iets. Pa sê hy het as mediaman al ‘n paar ver-
soeke na daai ene gestuur, maar nog nooit reaksie gekry nie. Pa sê hy het al in En-
gels en in Afrikaans geskryf. Hy oorweeg nou al Duits, want tannie Zille kan glo
Duits praat en dalk gaan vra die Lindie of Piepie of iets vir tannie Zille.
Pa sê hy is nogal goed in Duits, veral as hy kwaad is.
Maar pa sê dis nie al waar tannie Helen die Vryheidsfront se mense kwaad gemaak
het nie. In Midrand sê dr. Pieter se mense die DA se raad was korrup, maar pa sê
ek moet niks sê nie want die DA se mense wil dr. Willie Spies vir laster gryp, en dr.
Willie sê dis gaaf, hy is nie so bang soos Zuma vir die hof nie. Hy wil gaan baklei.
Pa sê dis eintlik snaaks die DA wil so graag hof toe gaan. Toe die DA hier in die
Vrystaat so kwaad was vir Neketoane se raad oor hulle voortydig gaan grondbelas-
ting op landbougrond instel het, het die DA in Cullinan dieselfde gedoen. Toe die
ANC met Neketoane die hofsake verloor, was die DA so bly. Nou is die DA nie so
bly dat Cullinan ook die saak verloor het nie.
Pa het nog ‘n paar goed gesê soos ‘n onderburgemeester van die DA wat ‘n ver-
voertoelaag en ‘n gehuurde ampsmotor by George gekry het.
Pa het ook gepraat van DA-raadslede wat uit die Vrystaat verhuis het, maar die DA
het hulle gekeer om te bedank dat daar verkiesings gehou word.
Pa sê ook toe die DA Kaapstad alleen gereageer het, het die DA amper net so ‘n
groot gemors as die ANC gemaak. Hy kan nie verstaan dat die DA Kaapstad en an-
der plekke so graag alleen wil reageer nie.
En pa sê ook as tannie Amanda van Maties, wat ‘n vreeslike feminis is vir tannie Zil-
le sê sy moet stadig hoe sy ander opposisieleiers sleg sê, dan moet dit erg wees.
Want tannie Amanda dink nie sommer ’n vrou kan foute maak nie. Wat is ‘n feminis
hê, tannie?
Maar pa sê wat hom die kwaadste van die DA gemaak het, is dat hulle in die Vry-
staat die grootste, ongeskikste windgat een van hul top-kandidate gemaak het. Al-
mal, behalwe die DA weet dit was ‘n fout.
Eintlik sê pa hy kan nie verstaan dat die DA dit nie weet nie, want dit was die DA se
mense wat self vir pa se ou party wat so gelieg het vir sy gedrag om verskoning ge-
vra het. Pa sê oom Ray sê self sy ou party lieg. Wie is oom Ray, tannie Liesl? Pa sê
iets wat amper soos ‘n Kriepie Krôlie klink, maar dit kan mos nie wees nie. En die
DA het in die raad self gesien hoe die man is toe hy nog by die NP was, voor hy DA
geword het toe hy niks by die VF kon beding nie.
Pa sê die DA weet dit alles.
Pa sê iets van as ‘n mens nie wil hoor nie....
Gewoonlik, as pa dit sê weet ek ek moet hol, en het ek nou die res so mooi gehoor
nie.
27
Maar pa sê hy het lanklaas so baie mense so kwaad vir die DA gesien. Eintlik meer
geïrriteerd, want die mense sê die DA vat aanmekaar kanse en maak asof dit hulle
is wat so mooi alleen in Kaapstad regeer.
Pa sê as enige ander party vir die kiesers gaan sê het hulle moenie hul stemme op
klein partytjies gaan mors nie, dan het hy nog geduld gehad. Maar die DA! Pa sê hy
onthou nog goed hoe kwaad die tsjiwawa (wat is ‘n tsjiwawa tannie Liesl?) vir Maps-
tieks van Skuinskyk was toe Mapstieks dieselfde gesê het. Pa sê sulke kafpratery
laat ‘n mens se eie party sommer ook klein word.
Maar pa sê die by amper al die partye is dit die partye se eie mense wat die party se
eintlike grootste vyande is.
Pa sê as ‘n esel sy bek oopmaak, val daar kaf uit. Wat is ‘n esel tannie Liesl?
Pa sê dis tyd dat die verkiesing gehou word en klaarkry, want soos die ANC nou in
hul advertensies dinge begin beloof, gaan hulle binnekort reise na die maan begin
beloof, en pa sê dis so duur nie eens oom Trêwwer sal genoeg geld hiervoor uit
hom gewurg kry, of in die buiteland geleen kryt nie.
Pa sê hy is juis so bleek omdat oom Trêwwer so sterk is. Ma sê weer pa is g’n bleek
nie, hy is rooi, en dis oor ‘n ander rede.
Pa sê dis nie waar nie, daar is nie geld voor nie, dis van kwaad word vir die politici,
wat nou blykbaar almal dink hulle kan maar a la Mahlangu kluitjies bak, en Mbete-
rybewyse in Mamparralanhga kry en die wêreld vol trêwwel. Pa sê hy sou g’n be-
swaar gehad het dat die staat die trêwwelgate-kaartjies ten volle betaal het nie, net
nie vir retoer nie. Veral nie as die bestemming Siberië was nie.
Pa sê daar is gans te veel politici wat dink die kommuniste is oulik, soos om Kuba
geluk te wens omdat hulle 50 jaar lank onder ‘n kommunistiese juk is, in plaas van
om bly te wees oor dit nou vyftig jaar oor die Berlynse muur wat gebreek is. En die
Dalai Lama ‘n visum gegee het. Tannie Liesl, kan hierdie lama ook so in mens se
gesig spoeg soos die ene vir Kaptein Serdyn in die Kuifie-kômmieks so spoeg?
Tannie Liesl, as dit so ‘n goeie ding is as iemand ‘n muur breek, hoekom was my pa
dan so kwaad toe ek boetie se speelhuisie se muur met my driewiel omgery het?
Ek verstaan al hierdie dinge nie, maar pa sê dis omdat ek nog te jonk is om te stem.
Maar ma sê pa praat strooi, want ‘n klomp mense gaan stem en het nie ‘n koekieng
kloe waarvoor hulle stem nie. Ma sê pa sê hy dink die mense stem aspris verkeerd
sodat hulle vir iemand kwaad kan wees as dinge verkeerd loop.
Pa sê die regering maak so erg droog, groot dele van Bloemfontein is vanjaar al drie
keer sonder water. Hulle het ook al in Kroonstad, Kimberley en ‘n klomp ander plek-
ke so drooggemaak. Maar die mense gaan hulle weer instem.
Pa sê dis nog niks, soos die rioolplase oppak en die riool in die strate afloop, lyk dit
eerder of die regering &*^ aanjaag. Pa sê ek mag nie die woord hardop sê nie, want
dan is ek in die (*&^ en is daar ^%$.
Ma sê gelukkig word pa net naby die verkiesings so kwaad.
Ma sê dis omdat pa so gefrustreerd is vandat die OVK so teë is daarop dat die men-
se mekaar so met stoele en goed slaan. Pa sê die LUR vir sport hier in die Vrystaat
het in elk geval oranje verbied, en nou moet die Cheetahs met wit truie speel. pa sê
mens kan die gevolge sien. Maar pa sê ‘n nartjie is oranje, en die veiligheidsmense
raak vreeslik kwaad as mens ‘n skelm skeidsregter of politikus met ‘n suurlemoen
gooi. Al is dit nie oranje nie.
28
Rome brand en klein vlieë vang

Europa en Noord-Amerika het pas hul koudste winter in ‘n dosyn of meer jare agter
die blad, en tog maak dit deel uit van die algemene tendens van aardverwarming.
Warmer en kouer siklusse, en behoorlike ystydperke het al tallose kere die aarde se
klimaat verander, maar die verskil dié keer is dat die mens se bedrywighede ‘n be-
duidende rol gespeel het.
Dit raak ook Suid-Afrika. Een van die kenmerke is klimaatsuiterstes. Die Amerikaan-
se ooskus beleef meer en intensiewer siklone, sekere dele word gemiddeld natter,
maar verwoestyning tree tog in omdat die meer reënval in enkele hewige donder-
buie uitsak en dit tussenin baie droog word. Ander dele se reën droog eenvoudig
op. Stil-stil het ‘n tragedie hom in die Noorde van Namibië en omringende dele be-
gin afspeel met reuse oorstromings sodat 63 persent van die oeste vernietig is, en
nog reën op pad is.
Hierdie verskynsels beïnvloed uiteraard die landbou, en selfs gevestigde, kundige
boere moet uithaal en wys om aan te pas en steeds kos te produseer. Dit maak die
vestiging van nuwelingboere uiters riskant, veral as die nuwelinge nie behoorlike op-
leiding het nie, en ook nie behoorlik aan die hand gevat en begelei word nie.
In Suid-Afrika word planne gemaak. Nersa het aansporingsmaatreëls aangekondig
wat – so word gehoop – Suid-Afrika binne enkele jare in staat sal stel om vier per-
sent van sy elektrisiteit deur alternatiewe hernubare bronne soos biogasse, sonkrag
en windkrag op te wek.
Sowat ‘n maand gelede het die Vrystaatse provinsiale regering ‘n verslag in ont-
vangs geneem wat in opdrag provinsiale natuurbewaring opgestel is. Hierdie plan
moet deur ale rolspelers geïmplementeer word, en dit moet by die Vrystaatse Groei-
en Ontwikkelingsplan ingeskakel word. Die verslag bepaal onder meer waar die ver-
wagte klimaatsverandering die vestiging van mense moontlik gaan maak, en waar
nie.
Dit stel ook voorkomings- en bestuursriglyne, soos om die bevolking in basiese din-
ge op te voed soos om nie rommel te strooi nie.
Die Vrystaatse SakeBulletin berig nou in sy April-uitgawe op die voorblad hieroor.
Die tragedie is dat die politici besig is om opportunistiese klein politieke vlieë te
vang, terwyl ‘n uiters belangrike verslag stof vergaar. Weliswaar is daar enkele be-
stuurders wat by die opstel betrokke was, en met die inhoud vertroud is wat dit
reeds begin implementeer. Dit is nog ‘n geval waar suksesse nie danksy ‘n regering
nie, maar ondanks ‘n regering behaal word.
29
Die leuen as instrument van die magstaat 2 April 2009
Die begrip “regstaat” het in die lig van verskeie verwikkelings, waaronder politieke
druk oor die vervolging van Jacob Zuma, al telkemale onder die vergrootglas be-
land.
Soms is die erodasie minder opvallend. ‘n Aantal jare gelede het die leier van veral
een klein politieke party by herhaling ‘n groot kabaal opgeskop omdat die destydse
leier van die NNP. Marthinus van Schalkwyk, kiesers afgeraai het om, soos hy dit
gestel het, hul stemme op klein partye te vermors.
Nou gebruik die einste party, wat intussen heelwat gegroei het, presies dieselfde
argument in van sy verkiesingsadvertensies.
Die proporsionele kiesstelsel is juis ontwerp sodat geen stem verlore gaan nie.
Trouens, een stem mag net die verskil maak of ‘n party verteenwoordiging in ‘n wet-
gewer of die parlement verkry. Dit kan selfs gebeur dat daardie stem nie net die se-
tel bekragtig nie, maar ook dat die party danksy daardie stem ook ‘n setel in die Na-
sionale Raad van provinsies verkry. ‘n Stem kan dus selfs die verskil van drie setels
vir die party van sy keuse maak.
Die werklike probleem met dié soort misleiding is dat kiesers ontmoedig kan word
om vir die party van hul keuse te stem. Dit is weliswaar die doel van ‘n verkiesings-
veldtog om stemme te werf, en dus ander partye hul stemme te ontneem, maar dan
op grond van die waarheid. Deur kiesers deur misleiding hul keusevryheid te ont-
neem is kenmerkend van die bou van ‘n magstaat, in teenstelling met die regstaat.
Partye betaal groot deposito’s om op nasionale vlak en in die verskillende provinsies
kandidate te kan stel, en kan groot veliese deur ander partye se leuens ly.
Die OVK behoort hierdie soort werwing dadelik in sy spore te stuit.
Die advertensies van verskeie partye is ongelukkig deurspek met onwaarhede en
onjuiste voorstellings. Sommige partye roem op groot prestasies, en meen nog
meer stemme sal die prestasies selfs verbeter. In die praktyk moet ‘n party wat so
roem, kyk of hy nie dalk met die selfprysinge sy eie geloofwaardigheid erg in die
voet skiet nie.
Met die lae opvoedingsvlakke is baie kiesers in effek reeds hul stemreg ontneem,
soos getuig uit die land se talle bedorwe stembriewe. Veral die Noord-Kaap se per-
sentasie bedorwe stembriewe laat vrae ontstaan.
Kiesers het die reg om vir hul eie beginsels te stem, soos verteenwoordig deur spe-
sifieke partye. Trouens, peilings toon ‘n groei in die persentasie kiesers wat juis na
beginsels kyk as keuses om hul stemreg uit te oefen, en so hoort dit ook. Hulle mag
nie die reg deur wanvoorstellings ontneem word nie, want dit frustreer die hele doel
van om ‘n demokrasie te hê en in ‘n regstaat te leef. Daar rus ‘n dure verantwoorde-
likheid op die VK om hierdie regte vreesloos te verdedig.
30

Haatspraak kos lewens—1 April 2009


Dit is gevaarlik om te veralgemeen, en ook om tot gevolgtrekkings te kom sonder
dat al die feite op die tafel is.
Die feit van die saak is dat twee Vrystaatse boere pas weer vermoor is, en dat hul
lyke boonop geskend is. Hulle is nie deur ‘n plaaswerker vermoor wat, soos Cosatu
se Vavi onlangs veralgemeend aan die media gesê het, wreed deur boere uitgebuit,
mishandel en tot die dood toe oorwerk word sonder om hulle oortydbetaling te be-
taal nie.
Toe is gewaarsku dat hierdie soort taalgebruik, wat moeilik as enigiets anders as
haatspraak vertolk kan word, ‘n klimaat skep wat gunstig vir plaasaanvlle en selfs
plaasmoorde is.
Dit mag toevallig wees, maar statisties volg ‘n plaasmoord of plaasmoorde gewoon-
lik binne twee weke na iemand sy mond oor boere uitgespoel het. Die jaar toe die
Vrystaat sy hoogste aantal plaasmoorde beleef het, naamlik agtien, het dit bykans
soos klokslag gevolg binne twee weke na die een of ander nie-regeringsorganisasie
in die Wes-Kaap bewerings oor mishandelings op plase gemaak het.
Van hierdie NRO’s word deur vakbonde n buitelandse organisasies gefinansier met
die uitsluitlike doel om plaas-wanpraktyke uit te snuffel en aan die groot klok te
hang. Dat al 85 gerapporteerde voorvalle in die Wes-Kaap binne ‘n ses-maande pe-
riode in daardie tyd geblyk het vals te gewees het, soos gesamentlik deur die Wes-
Kaapse Departement van Landbou, Agri-Wes-Kaap, die polisie en in enkele gevalle
selfs die howe bepaal is, het egter nie die einste NRO’s verhinder om hul bewerings
op die nasionale Grondberaad te gaan herhaal nie.
Later het selfs Minister Lulu Xingwana ook ‘n veralgemeende aanval op Kerkplein
op boere gaan loods, wat op ‘n enkele geval geskoei was. Ook hierdie geval het na
‘n ondersoek van die Onafhanklike Klagtedirektoraat geblyk vals te wees, en dié be-
vinding was reeds maande tevore aan die regering en die minister gekommunikeer.
Die klaer het ook, na sy tot bekering gekom het, die boer om verskoning gevra en
vertel hoe sy deur die NRO voorgesê is wat om te sê.
Dit beteken nie alle boere het vlerkies nie.
Die vraag bestaan egter steeds – watter boodskap kry buitelanders oor die situasie
hier? Die vermeende moordenaar van die twee boere is vermoedelik versteurd. Die
vraag ontstaan egter – het hy nie tog minstens ten dele gereageer op persepsies
wat deur haatspraak ‘n indruk op hom gemaak het nie?
Daar is geen plek vir haatspraak in Suid-Afrika nie. Haatspraak moet meedoënloos
uitgeroei word ongeag wie hom daaraan skuldig maak. Haatspraak kan lewens eis.
31

Skade van die persepsie van die land as misdadigersparadys

Die nuus dat al nege mense wat nou aangekeer is in verband met vyf van die sowat
20 onlangse motorkapings in en om Bloemfontein, Mosambiekers is, kom vir baie
stellig nie as verrassing nie.
Mosambiekers is al by vorige misdaadvlae, soos die rooftogte en moorde by tolhek-
ke in die Uncle Charlie’s-omgewing verbind, plaasmoorde veral in Mpumalanga, ter-
wyl Nigeriërs by ongemaklik baie dwelm- en prosititusiesake opduik. Nigeriërs se
profiel by misdade het die Nigeriese hoë kommissaris in Suid-Afrika al ‘n paar jaar
gelede beswaar laat maak oor die persepsie dat Nigeriërs misdadig is. Die syfers
wat hy toe oor die persentasie van die Nigeriërs in Suid-Afrika in plaaslike tronke
verskaf het, het eerder stof ter ondersteuning van die persepsie as die weerlegging
daarvan verskaf.
Vrystaters is al gewoond aan die strooptogte wat uit Lesotho gedoen word, en veral
vee- en weidingsdiefstal wat aandag trek. Klopjagte op misdaadneste soos vullis-
tortingsterreine lewer ook ‘n gereelde kwota Lesotho-burgers op, en heelwat plaas-
moorde is ook al uit dié geledere gepleeg. Daggasmokkelaars ontvang ook gereeld
hul voorraad uit die bergkoninkryk. Eers in die finale stappe van ‘n dreigende hof-
saak van Vrystaat Landbou teen die regering om sy plig teenoor sy eie burgers ten
uitvoer te bring, het die ANC met dié instansie samesprekings gevoer en sekere on-
dernemings verskaf. Die ondernemings was egter skaars gemaak, of ‘n alliansie-
vennoot van die ANC, Cosatu se Vavi, vaar opnuut veralgemeend uit oor boere wat
glo voor die voet hul plaaswerkers mishandel en uitbuit.
Hierdie is geen pleidooi ter regverdiging van vreemdelingehaat nie.
Die hartseer werklikheid is die boodskap wat burgers van ander lande oor Suid-
Afrika kry. Sowat ‘n jaar gelede het die ANC-jeugliga breedsprakig verklaar daar is
nie so iets soos korrupsie nie, ‘n skynbare poging om die aanklagte teen die ANC-
president, Jacob Zuma, te laat verdwyn.
Die blote feit dat ‘n staking van vervolging teen mnr. Zuma nou blykbaar oorweeg
word, laat die wenkbroue lig. Watter boodskap word aan misdadigers elders uitge-
stuur?
Kom burgers van buurlande in Suid-Afrika aan,. word hulle te dikwels vasgevang in
prosedures waar te veel van hulle na bewering korrupte amptenare moet omkoop
om wettige verblyfpermitte te verkry. Sonder die permitte, is hulle bykans aan ‘n le-
we van misdaad onderwerp.
Vanoggend word berig dat die DA-leier, Helen Zille, meen die vervolgingsgesag
gaan moontlik die aanklagte teen Zuma laat vaar, omdat daar moontlik bewyse is
dat die uitvoerende gesag ingemeng het. Dit is nie die eerste aanduidings van kor-
rupsie waar dit allermins tuishoort nie. Selfs die geskorste hoof van die vervoligngs-
gesag, Vusi Phikoli, is al tydens sy diens as direkteur-generaal van Justisie geïmpli-
seer. Toe het ‘n geskorste adjunk-direkteur-generaal hom suksesvol tot die arbeids-
hof gewend toe hy beweerde korrupsie teen die destydse minister van Justisie, dr.
Penuel Maduna, wou rapporteer en oral, ook by Pikoli en dr. Essop Pahad, ‘n koue
skouer gekry het. Hy het hom toe ten einde raad na die media gewend. Hy het die
saak in die arbeidshof gewen, en dié saak, bekend as die Tshitshonga-saak, staan
vandag sentraal in die regspraak oor fluitjieblasers.
Tog voer die Vogler-egpaar ‘n eensame stryd oor die Land Bank-sage, na hulle by-
kans alles verloor het terwyl hulle in die getuie-beskermingsprogram was. Terwyl
hulle op aalmoese aangewese is, kry die geïmpliseerdes reuse uittreepakkette en
word die verslag deur die minister van Finansies dig gehou omdat hy eers moet be-
32
paal of die openbaarmaking daarvan in openbare belang is. Geen wonder die
Voglers wend hulle nou tot Amnestie Internasionaal nie.
Suid-Afrika kan nie deurlopend ‘n boodskap van die duld van kriminele uitstuur, en
dan nie verwag dat iemand die boodskap kry dat hulle welkom is om hier te lande
die hand wat hulle voed te kom byt nie.
Sommige mense mag miskien nie die negatiewe van korrupsie insien nie, en daar is
selfs diegene wat hulle daarop beroep dat dit deel van hul kultuur is om geskenke te
gee en gunslone te ontvang. Of diegene dit begryp of nie, die feit bly dat diegene
wat saak maak, soos die Wêreldbank, dit in ‘n ernstige lig beskou en as die diefstal
van ‘n land se toekoms beskou.
Die land bloei deels weens die kreeftegang op die internasionale korrupsie-
persepsie-indeks, ook omdat dit Suid-Afrika se posisie op ander saakmakende in-
dekse, soos die beleggersertroue-indeks skade berokken.
Ons kan eenvoudig nie bekostig om die boodskap, hier te lande of in die buiteland,
te laat posvat dat Suid-Afrika ‘n misdadigersparadys is nie.

Herrie se kerrie—Geen gaap-verkiesing


Met die vorige verkiesing is na die hele ding as die “gaap-verkiesing” verwys.
Herrie weet een ding, hierdie verkiesing is geen gaap-verkiesing nie.
Die een wat rondloop of selfs net sit en doeks, kan dalk net heel moontlik ge%$#der
raak, veral as hy van Cope is.
En om te dink, Cope het nie eens vir die groot tante Koba om hulle te beskerm nie.
Dis nou na aanleiding wat die petieterige mannetjie van Calvinia wat so teen repu-
bliekwording was, dat hy in vraetyd by ‘n politieke vergadering aanmekaar opge-
spring het en gegil het: “Ja, maar wie gaan ons beskerm?”
Tot tante Koba, wat reg agter hom gesit het, hom met stoel en al platgedruk het: “Sit
st#@nt, ek sal jou beskerm!”
Maar Woensdag had Herrie amper simpatie gehad met die mense wat Cope mense
so regsien. Want Cope het by ‘n debat ‘n oud-ANC-LP gehad wat geklink het of hy
Brandy & Cope onder die blad had, so kaf het hy gepraat. dat sy eie leierskap na-
derhand uitgestap het.
Maar so in die reeks debatte was dit knaend die partye se eie ondersteuners wat hul
partye die meeste skade berokken het. Soos die “eksentrieke” tannie wat sommer
by die eerste vergadering al die ACDP sleg gesink het. Toe het Cope se mense by
Herrie kon klik oor hoe die tante haar wangedra het en haar eie party in die skande
gesteek het. Met die munisipale verkiesing het sy al gewys hoe invloedryk sy kan
wees deur die ACDP in die Bloemfontein-omgewing vrou alleen na Herrie se bere-
kening van ongeveer 2 000 stemme te beroof. Met sulke vriende...
Maar met die vergadering waar Herrie was, was dit ‘n DA-grootbek wat die DA die
meeste skade berokken het. Herrie kon sy oë nie glo toe die kandidatelyste uitkom,
en Herrie sien hoe hoog die DA dié windgat sonder maniere geplaas het. Met die
einste munisipale verkiesing het sy eie mense vir die ACDP om verskoning vir sy
wangedrag kom vra. Ja, en toe by die debat, nog voor dit begin het, doen hy sy re-
putasie gestand en daar is nou geen manier meer dat Mev. Herrie meer vir ta’ Dzôl-
le se party sal stem waar haar eie party nie staan nie. Ja, die windgat was deel van
‘n NNP-afvaardiging wat eers die VF + gaan spreek het om te kyk wat hulle kan kry
deur daar aan te sluit, en toe hulle niks aangebied is nie, by die DA gaan aansluit
het. Dieselfde party wat vir daai windgat so stywe lip getrek het oor hoe swak hy
hom teenoor die DA gedra het.
Uit die terugvoer wat Herrie kry is dit al lank ‘n opelyf vraag of ta’ Dzôlle vir haar par-
33
ty ‘n groter aanwins as verleentheid is. Wat die DA darem kan sê: Sy is duidelik fiks
teenoor wat Herrie se een ouma op dieselfde ouderdom was. Niks kon by die ander
ouma kers vashou nie – nog op 75 haar been op die tennisbaan gebreek wat haar
Volkspele-loopbaan tot die klavier beperk het.
Maar Herrie het die grootste respek vir die DA se Vrystaatse leier, Roy Jankielsohn.
Al hou die ANC nie so erg baie van hom nie.
Oom Abrie het wel ‘n scoop afgetrek – hoewel die media dit min of meer verswyg
het – deur voor die einde van die verrigtinge moles te maak en uit te stap, met sy
sluk-sluk spreker, dr. Frik, agterna. Net voor mense van sy party ‘n spreekbeurt sou
kry.
En laat Herrie dit onomwonde en duidelik-ondubbelsinnig stel, oor die algemeen het
Herrie net die hoogste respek vir baie van die VF±, ekskuus, VF + se leierskap buite
die Vrystaat. Maar Herrie skaam hom gereeld dat daar sikke toue is wat hulself Afri-
kaners noem wat aan die VF+ se openbare aksies in die Vrystaat deelneem. Toe
hulle uit tou, seg Herrie vir Groot Herrie wat vir groot mense kom lag het, “Kyk net
hoe lyk hulle.” En hy het verstaan.
Die party wat skynbaar deurentyd met waardigheid daarvan afgekom het, ook die
aand toe Herrie daar was, was die UCDP.
Oor die ANC kan Herrie nie eintlik iets sê nie. Met die tweede debat, oor dienslewe-
ring, het die ANC al stokkies gedraai, en toe daar nog ‘n debat was oor misdaad,
het hulle skynbaar tot na die debat in Lesotho gaan wegkruip.
Ja-nee, dit raak ‘n vreeslike land waar selfs nie eens meer ‘n burgemeester se dog-
ter boom skool toe mag vat en polisiemanne aan die hand mag byt nie.
Herrie meen die ANC kan ook nie help dat hy so buite sy eintlike veld moes kom
kers vashou nie. As daar nog ‘n debat was oor godsdiens in die politiek sou past.
Zuma behoorlik op sy stukke gewees het, veral as past. Ray die sonstraal-voorsitter
sou wees.
Maar dis nie net by die debat dat partye hulself in die voet skiet nie.
Na die ACDP vir ‘n ruk opgehou het om in hul mediaverklarings “Honourables” te
wees, is hulle nou weer al la Zim Honourables op die internet se gestorte mediaver-
klarings. Herrie smaail ook bietjie – “Dr” Diktator se eie kerkraad daar aan die Oos-
Rand maak omtrent die helfte van die ACDP se top tien kandidate op hul nasionale
lys uit, maar die tussenverkiesings uit daardie einste streek dui daarop dat die party
daar omtrent geen steun het nie.
Ongelukkig is Herrie heeltemal te dom om die logika te verstaan, want met die leier
en sy vrou (glad nie nepotisties heel bo-aan die Gautengse lys nie) wat beide “dr’s”
is moet daar seker ‘n logika in wees. Of dis ‘n briljante strategie heeltemal bo Herrie
se intelligensievlak. Hoekom die ACDP dan die Halfmens (die een wat amper so in-
telligent soos ‘n mens is) stuur om in ‘n debat te kom praat en boonop hoog op ‘n
provinsiale lys plaas, is ook buite Herrie se begripsveld.
Maar nou ja, Herrie verstaan ook nie hoe dr. Boesak, wat die baanbreker was deur
die appèlhof na die grondwethof op appèl te neem, in die oë van hul debatvoerder
“niks verkeerd gedoen het nie.” Herrie had ook ‘n baas wat geglo het diamantsmok-
kel is wel teen die wet, maar niks mee verkeerd nie. Die ouers en onnies wat sog-
gens so selfoon teen die oor en sonder sitplekgordels skool toe jaag en so ‘n won-
derlike rolmodel-voorbeeld vir die kinders stel, doen seker ook niks verkeerd nie.
Dan is die Cheetahs sonder oorwinnings bo-aan die Super 14-liga, en is dit net
drukfoute – die lelike ou drikkersdywil, wat die Cheetahs onderaan plaas.
Maar eintlik, al wat Herrie wil sê: Iemand wat meen hierdie verkiesing is ‘n gaap-
verkiesing, was nie by die Volksblad-debatte nie.
34

Vir die minderbevoorregtes—27 Maart 2009

Terwyl ‘n groot stryd aan die opbou is oor die grondwetlike beginsels van gelykheid
voor die gereg en die verbod teen onbillike diskriminasie, voer Jan en Alleman ‘n
stryd.
Landswyd is 40 dorpe en stede reeds onderhewig aan belastingweerhoudingsak-
sies waar belastingbetalersverenigings dispute oor swak dienslewering deur munisi-
paliteite by die betrokke LUR verklaar, en dan eiensdomsbelasting in ‘n trustreke-
ning stort waaruit self vir dienste betaal word.
Dié aksie word selde deur munisipaliteite verwelkom, al lei dit gewoonlik tot groot
verbeterings in dienslewering. Aan die wortel is korrupte en onbevoegde amptenare
en ampsdraers. Hulle het deur regstellende aksie en politieke begunstiging in poste
en ampte beland waarvoor hulle nie geskik is nie.
In dieselfde munisipale gebiede woon gewoonlik verskeie mense wat die werk moei-
teloos en bekwaam kan verrig, maar die potjie op ‘n ander manier moet krap omdat,
soos die digter Adam Small by geleentheid geskryf het, die “dice” verkeerd vir hulle
geval het.
Vir ander, soos Jacob Zuma, geld ‘n totaal ander stel reëls in baie se oë as dit by
gelykheid voor die reg kom.
Van die mense wat regstreeks benadeel word deur hierdie eietydse rassediskrimi-
nasie is ouers van gestremde kinders. Dié kinders is volgens die grondwet ook ver-
onderstel om voorkeur-geleenthede te kry sodat hul gestremdhede die minste teen
hulle kan tel.
Verskeie soorte gestremdhede, soos outisme, neem skerp toe. In sentraal-Suid-
Afrika spook verskeie ouers om ‘n skool vir hierdie kinders tot stand te bring, maar
van owerheidsweë word nog baie min begrip getoon. Hierdie kinders, en ook met
verskeie ander gestremdhede, se beste kans is vroeë intervensieprogramme. Dit is
peperduur, en as teen so ‘n kind se ouers op grond van hul velkleur gediskrimineer
word, ongeag of dit as regstellende aksie geregverdig word, word die kinders bena-
deel, waarskynlik blywend. Geen pensioen of toelae wat hy later in sy lewe kan kry,
kompenseer vir die blywende skade en blywende verlies aan geleenthede nie.

Gelykheid voor die reg—of nie? 26 Maart 2009


(
In reaksie op vrae oor die moontlike opskorting van mnr. Zuma se vervolging)
Almal is gelyk voor die reg – soms.
Net soos die gesegde in die internasionale politiek lui: In die Volkereg is state gelyk
en ongelyk tegelyk; so bepaal sake soos geld presies hoe gelyk ‘n mens is.
‘n Skatryk boer wat vir sy vrou wat goedkoop rokke in ‘n winkel vaslê, ‘n waarne-
mende regter huur om haar in die landdroshof los te kry, is net so min gelyk met die
arm ou wat uit reddeloosheid ‘n brood vir sy honger gesin vaslê.
Om regte van die handves van menseregte af te lei, is nie so maklik soos dit klink
nie. Die einste grondwet bepaal dat daar binne sekere perke beperkings op die reg
kan wees. Soms is dit logies, soos dat iemand se bewegingsvryheid nie so onbe-
perk kan wees dat hy my eiendom na willekeur kan betree nie. Net so kan ‘n per-
soon wat tjoekie gestuur word nie skielik die reg op bewegingsvryheid opeis om huis
toe te gaan nie – tensy hy bietjie meer gelyk as ander aangehoudenes is en gou pa-
rool kry. Wat is die vaslê van ‘n paar miljoen rand nou tussen vriende?
‘n Sekere jeugliga het mos darem sélf by geleentheid gesê daar bestaan nie so ‘n
35

ding soos korrupsie nie.


Die ongelykste reg is seker die reg van gelykheid. Daar is ‘n ongelooflike lang lys op
grond waarvan spesifiek, en veral nie onbillik teen iemand gediskrimineer mag word
nie. Sommer die eerste haakplek – my idee van geregverdigde billike diskriminasie
sal dalk lynreg teenoor ‘n ander se idee staan. Daarby kom die spesifieke kwalifika-
sie waar diskriminasie geregverdig is – diegene teen wie in die verlede onbillik ge-
diskrimineer is (dis die naaste wat ons grondwet aan regstellende aksie kom – daar-
die woorde of die meer netopistiese “affirmative action” word glad nie in die grond-
wet genoem nie.. Dat ‘n ou ‘n bevorderingspos in die destydse Administrasie: Raad
van Verteenwoordigers, of veral Administrasie: Raad van Afgevaardigdes moes ont-
beer omdat mens te lig was, tel nie as “onbillike diskriminasie van die verlede nie.”
Dan is daar lastighede. Die gestremde kwalifiseer vir regstellende aksie, maar sy
turf sit as hy afhanklik is van ‘n wit pa, en behoede hom as sy pa nog “straight” is.
Sorrie, hy moet eers eendag op sy eie bene staan (as hy natuurlik kan) voor hy vir
regstellende aksie kwalifiseer, al beteken die feit dat hy nie vroeë intervensie kon
kry toe dit nog sou help nie, hom nou blywend teruggesit het.
Gelykheid voor die reg is ook net moontlik as daar ‘n behoorlike skeiding van rege-
ringsmagte is. In Suid-Afrika maak die ontplooiingsbeleid van kaders dit onmoontlik.
‘n Lank gevestigde tradisie moes nou selfs laat vaar word, naamlik dat staatsampte-
nare nie meer hoef te bedank as hulle kandidate vir politieke partye is nie. Trouens,
voorheen is die bedanking sommer vir jou gedoen – die wet het dit geag jy het
“vrywillig” bedank sodra jy formeel ‘n kandidaat geword het. So ‘n ongelyke reëling
is onhoudbaar in die aangesig van uitruilbaarheid met kader-ontplooiing. Trouens,
dit moet so vloeibaar wees dat iemand se naam as skakelbeampte nou op nuusver-
klarings van die Premier se kantoor of die provinsiale wetgewer is, dan afgewissel
onderaan die mediaverklarings van ‘n sekere politieke party staan, maar die lesers
moet maar self raai watter party dit sou wees. Maar so betaal die belastingbetalers
effektief vir die arbeid vir ‘n politieke party – lekker uitruilbaar.
Watter voordeel is daar dan aan om lid van ‘n sekere party te wees om nie iets kon-
kreets daarvoor te wys nie? Hoekom sal iemand die ongerief beleef om leier van ‘n
party te wees en met peperduur gewapende begeleide al skietend van een plek na
‘n ander gejaag te word, as daar nie die een of ander kompensasie is nie?
Hoekom moet ‘n mens soos ‘n gewone sterfling gaan teregstaan as mens dan vir
die ongeletterdes ongeveer alle aardse voorspoed, en deesdae sommer geestelike
voorspoed op die koop toe beloof? Dit maak mos gewoon nie sin nie.
Herrie

Politieke debat—die handskoene is af—26 Maart 2009


Die Suid-Afrikaanse politieke debat is nie vir sissies nie.
Dit het gister opnuut geblyk uit twee politieke debatte wat deur die media aangebied
is – eers ‘n debat oor veral dienslewering wat RSG in Beaufort-Wes aangebied en
uitgesaai het, en gisteraand se debat oor misdaad wat Volksblad by die Vrystaatse
Universiteit aangebied het.
Verskeie reputasies het in die proses erge knoue weg – indien dan nie noodwendig
die politieke partye nie, dan die mense wat die partye afgevaardig het om aan die
debatte deel te neem, of van die ondersteuners deur hul gedrag.
‘n Regerende party het in politieke debatte ‘n voor- en ‘n nadeel. Die voordeel is dat
dit op werklike prestasies kan wys en roem en boonop oor die hulpmiddels beskik
om dit behoorlik na te vors. Die nadeel is dat dit ‘n oop skyf is om gelooi te word
36

waar die prestasies te kort skiet. Geloofwaardigheid kan maklik in die slag bly, soos
met die debat in Beaufort-Wes waar die ANC se verteenwoordiger, Randall van den
Heefer, geroem het daarop dat die ANC-regering alle puttoilette in die munisipale
gebied uitgewis het. Hy is gou op die teendeel gewys.
Met die debat in Bloemfontein het die ANC vir die tweede agtereenvolgende keer uit
‘n reeks van drie debatte sonder verskoning stokkies gedraai. Met die eerste debat
het die ANC sleg daarvan afgekom, en is die verteenwoordiger, Mangaung se bur-
gemeester Playfair Marule, telkens uitgejou. Die volgende week, toe dienslewering
aan die beurt gekom het en swak dienslewering skerp in die media onder die ont-
leedmes gekom het, was die ANC afwesig. Dieselfde het gebeur toe misdaad aan
die beurt gekom het. Ander partye het die geleentheid aangegryp, en Cope, die DA,
die UCDP, ACDP, die Vryheidsfront Plus en die Christen-Demokratiese Alliansie het
die geleentheid benut.
Die vonke het gespat.
Cope het sy hande vol gehad om sy stellings teen misdaad en respek vir die howe
te verdedig teen beskuldigings veral uit die DA-geledere oor sy Wes-Kaapse pre-
mierskandidaat, Allan Boesak. Dennis Bloem, Cope se verteenwoordiger, het pron-
tuit verklaar Boesak het geen misdaad gepleeg nie, en sy optrede was van so ‘n
aard dat van Cope se stigterslede en ‘n provinsiale bestuurslid, wat na die debat an-
der afsprake met deelnemers gehad het, vroeg geloop het. Dit het gelyk of hulle hul
vir hul eie debatvoerder geskaam het.
Die DA is verkwalik vir konstante aansprake dat Kaapstad ‘n rolmodel vir DA-
regering is. Ander partye het daarop gewys dat dit ‘n spanpoging van verskeie par-
tye is. Hoewel Roy Jankielsohn dit erken en selfs onderstreep het, het die finesse by
van die DA-ondersteuners ontbreek en die DA baie skade berokken. Dr. Frik van
Heerden, die VF Plus se debatvoerder, het die DA openlik van omkopery beskuldig
oor die skielike oorlopery van die VF Plus se enigste raadslid in Kaapstad.
Hoewel die afwesige ANC die hoofskyf gebly het, was die debat tussen die ander
partye steeds baie hewig, en uiteindelik het die VF Plus, gelei deur die provinsiale
leier Abrie Oosthuizen, uit die verrigtinge gestap. Dr. Van Heerden, wat tot in daar-
die stadium goed gevaar het, is duidelik teensinnig saam vort. Die VF Plus het die
voorsitter, prof. Danie Strauss, daarvan beskuldig dat hy die VF Plus-ondersteuners
afgeskeep het met die geleentheid om vrae te vra. Prof Strauss het daarop gewys
dat hy reeds aangedui het die volgende twee vraestellers sou uit die geledere van
die VF Plus kom.
Hoewel tot na die verkiesing gewag sal moet word om te sien of die ANC se oorwel-
digende magsgreep effens gebreek is, is dit minstens duidelik dat die ANC nie meer
die voordeel van politieke korrekte onaantasbaarheid beleef nie. Die handskoene is
af, en daar word kaalvuis ingeklim. Die verkiesingsarena is opeens baie robuus.
Instansies wat debatvoering moontlik maak, moet geluk gewens word. Politieke ver-
gadering waar die leiers hul reeds-bekeerde ondersteuners toespreek is goed en
wel, maar toets nie werklik die geloofwaardigheid van hierdie mededelings nie. Hier-
die verkiesingstryd het, soos voriges, ook die gevaar aan die kaak gestel dat sulke
eensydige opswepings uiters gevaarlik kan wees, soos die stellings wat moeilik as
iets anders as haatspraak vertolk kan word. Veral die ANC-jeugleier, Julius Malema,
en die sekretaris-generaal van Cosatu, mnr. Vavi, laat gereeld die wenkbroue lig en
die bloed kook. Vavi se onlangse veralgemenings oor boere wat hul werkers mis-
handel en uitbuit, val in die kategorie van nie net omstrede opstokery nie, maar is
uiters gevaarlik. Verskeie plaasaanvalle kon al regstreeks en bewysbaar na sulke
uitsprake herlei word, terwyl statistiek, heel moontlik toevallig, op ‘n veel groter im-
37

pak van polarisasie dui wat die klimaat vir plaasaanvalle stook.
Ironies is dit juis die breedsprakige aanstigter wat die meeste tot debatte uitgedaag
word, maar die kopskuste is om die uitdagings te aanvaar. Diegenes hoort nie op
die politieke speelveld nie.

Suid-Afrika leer belangrike les—25 Maart 2009

Dat motorkapings in die Vrystaat in November en Desember verlede jaar meer as


200 persent meer was as die voorkoms oor dieselfde tydperk ‘n jaar vroeër, sal
geen blikoor, en veral inwoner van die Rosestad verbaas nie. In die laaste verslag-
jaar het dit ook geblyk dat huisrooftogte in die Vrystaat skerp toegeneem het, en die
jongste inligting dui daarop dat dit steeds skerp toeneem.
Wat onrusbarend is, is dat dié soort gegewens aandui dat misdaad nie net toeneem
nie, maar dat misdadigers hul metodiek aanpas namate mense hul huise beter teen
inbraak beveilig en hul motors basies onsteelbaar maak. Mense se gebrek aan
waaksaamheid word nou aangewend om die voertuie en die huisinhoud steeds te
kan buit.
Veral met motorkapings blyk dit egter dat die misdaad nie net meer gewelddadig as
die proto-misdade is nie, maar dat die kapers nie huiwer om die sneller te trek om
hul slagoffers te wond of selfs dood te maak nie.
Iewers is iets baie verkeerd. Afgesien daarvan dat die inkomstegaping in Suid-Afrika
waarskynlik nou die hoogste ter wêreld is, en groot getalle mense in werklike ar-
moede en voedselnood verkeer, stel die rykes wat hul gierigheid bevredig deur
strooptogte op staatsbates uit te voer, ‘n swak voorbeeld.
Dit is te betwyfel of die ANC ooit die impak op die bevolking se gemoedstoestand
sal probeer bepaal om iemand wat van ernstige misdade verdink word, as presi-
dentskandidaat te stel. Ongelukkig is Zuma nie die enigste voorbeeld van waar, hoe
onbedoeld ook al, die boodskap uitgestuur word dat misdaad in Suid-Afrika lonend
is nie. Die lonendheid geld veral as die oortreder nog die regte politieke verbintenis-
se het, soos die gevalle Shaik en Yengeni, en voorheen Boesak, toon.
Met Zuma se profiel kan haas die mees oningeligte burger nie die boodskap duidelik
kry nie: “Misdaad mag teen die wet wees, maar dit is nie verkeerd nie.”
Ongelukkig straal Suid-Afrika ook internasionaal die verkeerde morele beeld uit.
Mugabe is tot feitlik die bitter einde in staat gestel om die mag te behou, Ghaddafi
was ‘n welkome gas in Suid-Afrika toe hy nog die wêreldmuishond was, Kuba is as
bevryde land hanteer, en selfs Noord-Korea se verhoudinge met Suid-Afrika is min-
der stram as wat die geval teenoor die vrye wêreld is.
Die lys is veel langer.
Die jongste blaps was die besluit om nie ‘n visum aan die Dalai Lama toe te ken om
‘n vredesberaad by te woon nie. Die beraad maak deel uit van die Konfederasie-
bekertoernooi, wat weer die aanloop tot die 2010-Wêreldsokkerberetoernooi is. En
skielik maak die wêreld sy rug styf, sodat Suid-Afrika die konferensie onbepaald
moet uitstel.
Vir Suid-Afrika, wat graag die beeld probeer volhou as ‘n land wat van jarelange
menseregtevergrype bevry is, is dit ‘n verleentheid. Dit kan vergelyk word daarmee
dat Indië, kort na dit van Britse kolonialisme bevry is, Ghandi, die internasionale
simbool van menseregte, uit die land sou skop.
Dit is ook geen wonder nie dat die ANC van binne sy eie geledere kritiek kry nie.
Kritiek deur Mandla Mandela, seun van oudpresident Nelson Mandela en nou parle-
38

mentêre kandidaat van die ANC, is opgevolg deur baie skerp kritiek deur die Minis-
ter van Gesondheid, Barbara Hogan.
Letterlik op die vooraand van Suid-Afrika se gasheerstatus van die wêreld se groot-
ste sportgebeurtenis, die 2010-toernooi, leer Suid-Afrika die belangrike les dat die
morele hoë grond nie ‘n blywende erfreg is nie. ‘n Land moet daarvoor werk. Pas
het Suid-Afrika geleer hy bepaal nie die wêreldnorme nie, hy moet soos ander lande
die prys betaal vir rug styfmaak.
Die gedagte dat lande in die internasionale politiek nie vriende het nie, slegs belan-
ge, mag elemente van onregverdigheid bevat, maar dit geld almal. ‘n Land se krag
bepaal presies hoe gelyk en ongelyk dit tegelyk is. En Suid-Afrika se dienslewering
wat op groot skaal ineengestort het, met slegs ‘n handjievol munisipaliteite en selfs
staatsdepartemente wat tot die bevrediging van die ouditeur-generaal bestuur word,
laat dit beslis nie kwalifiseer as ‘n land wat internasionaal die toon kan aangee nie –
veral nie op morele gebied nie.
39

Suid-Afrika se vreemde keuses—24 Maart 2009

Suid-Afrika het hom nog selde sedert 1994 aan die werklikhede van die internasio-
nale politiek gesteur om standpunte in te neem.
Sy besluit om die Dalai Lama toegang tot Suid-Afrika te weier om ‘n internasionale
vredeskonferensie by te woon, was gewoon lomp. Nou lyk dit asof die gerespekteer-
de Noorweegse Nobelvredespryskomitee die verrigtinge kan boikot, nadat twee
Suid-Afrikaanse wenners van die vredesprys, FW de Klerk en Desmond Tutu, ook
die verrigtinge gaan boikot.
So onlangs nog soos met die staatsrede is Kuba met sy 50ste herdenking van die
Kubaanse revolusie geluk gewens, maar geen woord is oor die 20ste herdenking
van die val van die Berlynse muur gerep nie.
Suid-Afrika se tydperk as voorsitter van die VN se Veiligheidsraad het in talle om-
strede rusies uitgeloop, soos toe Suid-Afrika kant vir die omstrede regering van
Mjanmar gekies het.
Oud-president Nelson Mandela se vriendskap met die Libiese leier, Ghaddafi, het
ook die wenkbroue laat lig.
Met die Israelse Gasa-offensief was Suid-Afrika se adjunk-minister van Buitelandse
sake se aanval op Israel van so ‘n aard dat sy selfs teenoor die kabinet om versko-
ning moes vra.
Die Dalai Lama is die internasionale vredesimbool, maar Suid-Afrika stel skynbaar
subtiele dreigemente van China bo sy eie internasionale aansien.
Die ANC het hom normaalweg nie gesteur aan wat in die oë van die wêreld reg is of
nie. Die party pak ‘n verkiesingstryd sonder ‘n plan B aan vir Jacob Zuma, soos blyk
daaruit dat slegs Zuma se gesig op ANC-plakkate pryk. Nou is die pad skynbaar
oop vir Winnie Madikezela-Mandela parlement en Kabinet toe, ten spyte van ‘n skul-
digbevinding aan bedrog.
Danksy Suid-Afrika is Mugabe steeds deel van die Zimbabwiese situasie, wat ver-
oorsaak dat Zimbabwe steeds sukkel om internasionale hulp te kry om Mugabe se
brouwerk ongedaan te maak.

Dienslewering en “boerebashing” - 22 Maart 2009

Net ‘n tiende van die geld van wat nodig is om Mpumalanga se sukkelende rioolaan-
legte weer funksioneel te kry is begroot, en volgens die AA word daar al meer as ‘n
dekade lank net ‘n kwart van die fondse vir behoorlike padinstandhouding begroot.
Die stroom slegte nuus kom ook gereeld vir Suid-Afrika se stedelinge nader tuis –
soos die opsomming van Quamali Capital oor Suid-Afrika se nege grootste munisi-
paliteite, wat al hoe meer noustrop trek oor agterstallige rekenings. Bloemfonteiners
moes dié week verneem die Mangaung-munisipaliteit soek ‘n lening van R200 mil-
joen om sy sake te laat klop, nadat opposisiepartye lank gewaarsku het die raad is
besig om sy reserwes te verteer. Hoe Mangaung, wat nie sy reserwes kon beskerm
nie, en volgens Quamali Capital die munisipaliteit onder die nege grotes is wat
waarskynlik die meeste likiditeitsprobleme ervaar, hoop om so ‘n groot lening te
diens is nie duidelik nie.
Dienslewering trek noustrop, en onlangs het dit bekend geword dat Mangaung se
kontrak met die firma wat sy rioleringsprobleme herstel het, ook uitgeloop het, wat
inwoners voor die verkiesing in ‘n erge krisis kan dompel.
Ook op provinsiale vlak gaan dit broekskeur, met veral die gesondheidsdepartement
40

in die Vrystaat wat nou onder kritiek oor lewensverlies deurloop. Die ouditeur-
generaal se verslae toon aan dat die Vrystaat nie juis by ander provinsies afsteek
nie.
Geen wonder nie dat dienslewering hoog op die verkiesing se politieke agenda is.
Soos ‘n deelnemer aan RSG se program, Kommentaar uitgewys het, baie kiesers
gaan vir die ANC stem, nie soseer uit tevredenheid met dienslewering nie, maar oor
hernude beloftes oor verbeterde dienslewering. Daar is egter ook genoeg wat ge-
noegsaam ontnugter is om hul kruisies elders te gaan trek.
‘n Regerende party wat kort voor ‘n verkiesing in die moeilikheid raak, probeer ge-
reeld weerligafleiers. In Zimbabwe het die omstrede grondgrype gekom. Nou het die
Cosatu se grootbaas, Vavi, die sluier gelig oor wat hy hier as weerligafleier gaan ge-
bruik - doodgewoon boere-bashing. Op emosionele wyse verkondig hy hoe plaas-
werkers mishandel en behoorlik doodgewerk word.
Vir die boere wat op verskeie maniere moeisaam die pad hierby verbygeloop het,
moet dit erger as ‘n skop in die wind kom. Intensiewe gesprekke met Minister Lulu
Xinwana het daar al groter nugterheid tot gevolg gehad en haatspraak-aksies is on-
der meer laat vaar, Agri-Wes-Kaap se veldtog om die Wes-Kaapse landboudeparte-
ment amper ‘n jaar lank by te staan om gevalle van plaaswerkermishandeling uitge-
snuffel te kry, en net valse bewerings opgelewer het, Vrystaat landbou se dreigende
hofaksies teen die regering wat tot ‘n handvol beloftes van die ANC, onder leiding
van Ace Magashule, die organisasie se Vrystaatse leier gelei het, is heel moontlik
nou weer baie treë teruggesit.
Georganiseerde landbou, wat baie afhanklik van buitelandse markte is, het waar-
skynlik net so ‘n groot, indien nie groter belang as die regering om voorvalle van on-
menslike behandeling van plaaswerkers in eie geledere uit te roei nie. Daarom dat
die georganiseerde landbou behoorlik pleit om geken te word sodat hulle teen ge-
valle kan optree, dit moet net uitgewys word. Met die uitsondering van enkele geval-
le, waar die oortreder wel deeglik deur die gereg vasgevat, en uit die georganiseer-
de landbou geskop is, is die oorweldigende reaksie egter deurentyd veralgemenings
wat optrede onmoontlik maak. Die land se boeregemeenskap, wat erg onder plaas-
aanvalle, veediefstal en ander misdaad deurloop, word eerder veralgemeend met
die teerkwas bygedam.
Vavi moet nie kla as hy hom nou met ‘n klasaksie in die howe bevind nie.
41

Die Koranna: Dalk die Proto-verhaal van die Afrikaanses?

Herman Toerien
Om ‘n onderhoud met prof. Raymond Beddy oor die geskiedenis van die Korannas
te voer, is soos om oor ‘n honderd jaar ‘n onderhoud met ‘n laaste nasaat van die
eens talryke Afrikaners of Afrikaanses - te praat wat nog met nostalgie oor die glo-
riedae te kan gesels.
Beddy is die skrywer van die boek Inleiding tot die geskiedenis van die Koi-San.
Dis die ongemaklike gevoel wat ‘n mens nie kan ontsnap nie – as die Korannas tot
die vergetelheid kan behoort, wat keer dat dieselfde diegene wat Afrikaans omarm
in die toekoms te beurt val as hy nie sy belange bly omarm en koester nie?
Wanneer die Korannas in ons literatuur ter sprake kom, is dit dikwels in konfliksitua-
sies, veral langs die benede-Oranjerivier. Dat die Korannas wydverspreid in die Vry-
staat gewoon het, en dat Bloemfontein sy naam volgens die mees betroubare inlig-
ting aan ‘n Koranna-hoof, Jan Bloem, te danke het, is minder algemeen bekend.
Die Korannaberg in die Oos-Vrystaat se naam dui aan dat dié Koi-volk tot by Ficks-
burg voorgekom het.
Jan Bloem se oupa was ‘n Duitsers wat “iets vreesliks” in die Kaap aangevang, en
vir die gereg uit die destydse kolonie aan die Kaap gevlug het. Met sy bietjie ge-
leerdheid het sy nasate, waaronder Jan Bloem, ‘n status verwerf.
Die bekende geskiedskrywer, Theal McCall het reeds voor die Brits-egpaar aan die
fontein kom woon het, na Jan Bloem verwys en dit dui aan dat Bloemfontein se
naam aan dié Korannahoof, wat volgens die geskiedenisboeke redelik weerskante
van die gereg beweeg het, ontleen het. Hierdie geskiedenis is ‘n jaar of wat gelede
netjies in ‘n brief aan Volksblad deur prof. Pieter Labuschagne uiteengesit. Trouens,
van Jan Bloem se nasate woon steeds in Bloemfontein, maar die bekendste nasaat
is stellig dr. Neil Bloem, ‘n mediese praktisyn van Port Elisabeth.
Die Korannas se stryd was volgens prof. Beddy meestal teen die Engelse. Hul ver-
houding met die Afrikaner was dikwels goed, soos die grondgebied wat Stellaland
en Goosen sou word, deur die Koranna-hoofman, Riet Taaibos, uit erkentlikheid vir
hulp aan die Boere geskenk het. Toe die Britte die grondgebied oorneem, het Taai-
bos en sy twee seuns in ‘n bloedbad omgekom.
Ook die diamantgronde in die Noord-Kaap was in werklikheid Korannagronde, maar
is hanteer asof dit Griekwagronde was omdat die Britte ‘n beter verhouding met die
Griekwas gehad het. Ook Kanoneiland was Korannabesit. Prof Beddy glimlag afsy-
dig toe hy die uitdruk van my rubriek sien waar ek oor die herkoms van die naam
Kanoneiland geskryf het. Hoe die hoofman besluit het om die oprukkende Boere in
eie munt terug te betaal, en ‘n kokerboom laat uithol, en met allerlei skietgoed en
skrapnel laat laai het. Na die slag, en hy die dood en verwoesting so aanskou, het
hy glo gesê: “As dit hier so lyk, dink net hoe lyk dit daar by die Boere!”.
“Eintlik was die Korannas se stryd teen die Engelse,” sê prof. Beddy. En dan maak
die boek, Temmers van die Noordweste met sy tallose strafekspedisies teen veral
Makataan, ‘n swart hoofman, meer sin. Die ekspedisies is in die naam van die Britse
kroon uitgevoer, selfs al was daar geen Engelsman by betrokke nie, maar is selde
teen die Korannas gevoer.
In die Vrystaat het die Korannas se kerngebied na die gebied om ‘n Lutherse sen-
dingstasie by Wurrasoord, of te wel Bethanië, gekrimp. Hier het Goliat Yzerbek en
sy nasate die leiding geneem, en in 1910 het Timotheus Yzerbeck die eienaarskap
van Bethanië hof toe geneem, maar die saak verloor. Prof. Beddy is ‘n afstamme-
ling, aan moederskant, van die Yzerbeks. Die sendelinge het juis op versoek van
42

die Korannas die sendingstasie gestig. Met die sluiting van die ooreenkoms tussen
Adam Kok en die Britte, is spesifiek in die geskrewe ooreenkoms melding gemaak
dat Wurasoord die Korannas se grondgebied is, en dat dit van die ooreenkoms met
Kok uitgesluit is. Dié bepaling is ook in die Sandrivierkonvensie opgeneem.
Na Bethanië het die Korannas in “diaspora” gegaan, en in Bloemfontein saam met
die Tswanas die African Lutheran Church gestig. Met die groepsgebiedewet het die
meeste Korannas in Heidedal en ander bruin woongebiede in die Vrystaat beland.
Volgens prof. Beddy was die Koranas se grootste probleem dat hulle, anders as die
Griekwas wat heelwat wegloperslawe geassimileer het, nie ‘n goeie begrip oor die
waarde van grondbesit gehad het nie. So het dit gebeur dat hulle mettertyd grond
kwyt is, onder meer Wurrasoord waarheen hulle die Duitse sendelinge genooi het.
Hoewel daar in die omgang na 1950 min van die taal oorgebly het, oorleef sekere
woorde steeds in die bruin gemeenskap, wat foneties klink soos Kwê (vrou), Kwêna
(man), Nghoena (wit persoon) en ‘n Briep (swart persoon).
‘n Oggend-onderhoud is hopeloos te kort om sinvol gesprek te voer, veral as ‘n
mens werklik belangstel.
Daar is nog bitter baie van die geskiedenis wat nog herontdek moet word, sê prof.
Beddy. Ouer bronne noem die Koi-tale as deel van die Hamitiese taalgroep, maar
latere bronne koppel die Koi- en San-tale aan ‘n gemeenskaplike proto-taal – iets so
oud dat al geskryf is oor die taal van Eden. DNA-toetse ondersktyf dat dit oud moet
wees.
Tog is prof. Beddy nie oortuig dat dit so in isolasie staan nie, en kyk hy na bronne
wat ‘n verband na die Berbers (Hamiete) ondersoek, veral die Toaregs. Ook is daar
nie ‘n lekker verklaring vir die effense anderse, en seegebonde leefwyse van die
Topnaars van Namibië nie. En ‘n eeue-oue rotstekening in die Brandberg dui ‘n per-
soon aan wat aan sy wapentuig en voorkoms duidelik Koi is, maar lang hare het. En
al soek hy wyd, en lees hy wyd, vra ‘n mens vrugteloos na ander fassinerende ver-
hale in omloop – oor ‘n oer-Indonesiese verband wat skynbaar deur rotsgrafures on-
derskryf word, en die misterieuse Verlore Stad van die Kalahari. Prof. Beddy se kop
staan in ander rigtings, en sy kop is propvol inligting en verhale wat nog vertel en
opgeteken moet word.
Van die Kora, die Goot Kora, die Klein Kora, die goeie gees wat soos klokslag as hy
in sy skermutselings met die slegte gees (die duiwel) omkom, weer opstaan en so ‘n
verstaanbare opening vir die sendelinge en die Christelike geloof gebied het. Die
Sandawêh kry ‘n staanplek in die geskiedenis, en ook die Koi-stamme wat langs die
Vrystaatse riviere geleef het soos die Anikwa, en die onderlinge taalverwantskappe.
Stukkie vir stukkie word die geskiedenis hersaamgestel, en dinge val in plek. Maar
dit gaan nog ‘n ruk neem.
43

ANC kruip weg by diensleweringsdebat = 20 Maart 2009

Die ANC in die Vrystaat het ‘n groot toets gedruip toe dié party vir ‘n openbare debat
wat Volksblad by die Vrystaatse Universiteit aangebied het, stokkies gedraai het.
Die debatte maak deel van ‘n reeks uit wat weekliks aangebied word, en dié week
het dienslewering aan die beurt gekom. Met die vorige geleentheid was die ANC
teenwoordig.
Die ironie dat die ANC juis dienslewering as tema uitgesoek het om in sy afwesig-
heid te skitter, spreek boekdele. Die ANC se verkiesingsveldtog is gebou op roem
oor prestasies op die diensleweringsvlak. Trouens, volgens die advertensies sal
meer bereik word as kiesers in nog groter getalle hul kruisies agter die ANC gaan
trek.
Die Premier van Limpopo was juis in die sop omdat hy nie in sy Provinsiale rede die
roem op diensleweringsprestasies in sy toespraak ingewerk het nie. Hy is intussen
as Cope se premierskandidaat aangewys.
In die Vrystaat is dienslewering nie iets om op te roem nie. Die media is vol nuus
oor rioleringstelsels wat nie werk nie,.van inwoners wat weke lank sukkel dat ‘n mu-
nisipaliteit ‘n hooflynverstopping kom regmaak wat veroorsaak dat hul erwe onder
riool staan, en onlangs is berig dat altesaam 31 Vrystaatse dorpe se drinkwater ‘n
kode Rooi gekry het. ‘n Paar dorpe het die kode vrygespring omdat hulle hoege-
naamd glad nie water gehad het nie.
In Kroonstad het die belastingbetalersvereniging die wiele aan die rol gesit om mu-
nisipale ampsdraers en amptenare krimineel te laat vervolg aan die hand van
aspekte wat in die ouditeur-generaal se laaste verslag – waarvan die tydperk onder
bespreking reeds meer as ‘n jaar oud is. Die nasionale Tesourie het dit nodig geag
om by Dihlabeng wat Bethlehem insluit, en Moqaka, wat Kroonstad insluit, in te
gryp. Inwoners staan verstom omdat die Matjhabeng-munisipaliteit van Welkom en
omgewing, nie ook hierdie behandeling kry nie. ‘n Klag van poging tot moord tel on-
der die tallose stappe van inwoners in hul desperate pogings om sake hier weer min
of meer in orde te kry.
Die gesondheidskrisis in die Vrystaat word nou deur onder meer Volksblad as ramp
beskryf, terwyl verskeie gesondheidsamptenare wat lede van Nehawu is, skynbaar
steeds blatant van die werk wegbly nadat die toestemming om vir die ANC wer-
wingswerk te doen, opgeskort is. Die opskorting het ook eers gevolg nadat uitgewys
is dat dit onwettig is.
Dit moet verdere in gedagte gehou word dat die prentjie veel erger lyk as die ge-
meenskapskoerante in die Vrystaat se beriggewing bygewerk word, en ook dit kan
hoegenaamd nie die volle prentjie skets nie, omdat geen koerant ‘n bestaan kan
maak as dit bykans volledig uit nuus soos hierbo geskets, bestaan nie. Mense wat
tussenin hul bes doen om sake te laat vlot, wat werk skep en ontwikkelingswerk
doen, verdien ook plasingsruimte.
Dit is egter te verstane dat die ANC moeilik iemand sou kry om sy party se gewaan-
de diensleweringsprestasies aan ‘n gehoor wat sake anders ervaar te kom probeer
verkwansel. Op nasionale vlak is dit eintlik pateties om te hoor hoe die mense wat
die ANC afvaardig om aan RSG se debatte deel te neem, spartel om nie as belaglik
ontmasker te word nie. Die prestasies wat die land se regering ondanks, eerder as
danksy die ANC-bewind behaal het, word absoluut tot die laaste greintjie energie
voos gery. Ace Magashule, Vrystaatse leier van die ANC, het eintlik self laat blyk
dat die roem op prestasies onvanpas is deur by Salga se kongres aan te dui onbe-
voegde en skelm amptenare sal afgedank word. Hy is uitgelag. Die ANC se aan-
44

sprake van skoon administrasie na die verkiesing sou miskien gewig gedra het as
die ANC voor die verkiesing begin het om van onbevoegdes en skelm amptenare
ontslae te raak.

Siek gemeenskap vereis zero-toleransie—19 Maart 2009

Suid-Afrikaners was in die verlede al geskok wanneer hulle beeldmateriaal sien oor
hoe skares plunderaars op ongelukstonele toesak en die besittings van lyke af-
stroop. By geleentheid het die land se beeld internasionaal erg skade gely toe ‘n
luukse bus omgeslaan het en die lykstropers ook hier toegesak het. Onder die
dooies en beseerdes was ‘n hele aantal gesiene buitelanders. Beseerdes het ver-
geefs aan hul besittings geklou terwyl die stropers dit eenvoudig uit hul hande geruk
het asof dit vry buit was.
In nog ‘n geval was die stropers so gretig om by hul buit te kom dat hulle die pad
voor aankomende verkeer oorgesteek, en ‘n paar omgery is.
Pas het foto’s aan die lig gebring hoe twee verkeersvroue van Bloemfontein drank-
bottels saam met die stropers van ‘n toneel wegdra waar die vragmotorbestuurder
kort tevore in die ongeluk gesterf het. Geen poging is skynbaar aangewend om die
vrag teen die stropers te beskerm nie, en die ondernemings wat by die versending
betrokke was, het groot skade gely.
Min dinge demonstreer waarskynlik hoe siek minstens ‘n deel van die Suid-
Afrikaanse gemeenskap is, as lykstropery. Dit is ook skokkend hoe beseerdes een-
voudig beroof en aan hul lot oorgelaat word.
Selfoontegnologie het nou ook verskeie kere foto-bewyse opgelewer van waar ge-
regsdienaars op parkeerplekke vir gestremdes parkeer, en dan privaat inkopies
doen. Soms word selfs ampsmotors hiervoor ingespan.
Wetsgehoorsame burgers kla dat hulle vreeslike verkeersknope veroorsaak der in
60 kilometer per uur sones teen sestig kilometer per uur te ry. Onder die mense wat
dan verwoed verbyjaag, tel ouers met kinders op pad skool toe, en tussenin die
leerkragte wat as rolmodele vir die kinders moet dien. Dikwels het dié oortreders
nog selfone teen die oor, en van veiligheidsgordels is daar geen teken nie.
Terwyl noodplanne gesmee word omdat mense in Suid-Afrika reeds weens swak
omgewingsbewaring sterf, soos cholera-epidemies, vind effektief geen wetstoepas-
sing plaas teen mense wat oop en bloot rommel strooi nie.
Middestede lyk gereeld soos ashope. Kundiges beskuldig die Departement van Wa-
terwese wat teen munisipaliteite moet optree wat rou riool in waterbronne stort dat
dit ‘n impotente liggaam is.
Geen wonder nie dat verskeie politieke partye die morele hoë grond probeer bestyg
nie. Praatjies vul egter nie gaatjies, en die voorbeeld wat in die praktyk gestel word
is wat saak maak. Terwyl die ANC se president, Jacob Zuma nou die een omstrede
uitspraak na die ander maak soos nou pas weer dat die Here aan die ANC se kant
is, word aktief werk gemaak om te verhinder dat hy op ernstige aanklagte in die hof
verskyn.
New York was ‘n misdaadnes. Dit is taamlik doeltreffend aangespreek toe ‘n zero-
tolleransiebenadering ingestel is en mense vir misdrywe soos urineer in die open-
baar, onwettige parkering en rommelstrooi meer teenspoed by die reg begin opdoen
het as wat hulle ooit kon droom. Sommer gou het inwoners en besoekers die bood-
skap gekry – daar is ‘n verskil tussen reg en verkeerd - en dit maak saak.
Die klimaat vir ernstiger soort misdaad het saam onhoudbaar begin word. Beide die
45

ACDP en die Christen-demokratiese Alliansie het dié week weer in mediaverkla-


rings gepleit dat die doodstraf heringestel word.

Wees billik met past. Zuma

Ter versagting van Zuma moet ‘n mens darem net meld dat ‘n haas onbekende kerk
iewers in KZN die heer Zuma darem tot ere-pastoor verhef het. Dis stellig die ge-
meente met die meeste mevv Dominee in die land. Daardie gemeente se vroue-
aksie woeker seker dat die koeksisters en pap spat!
Boonop is past Zuma ook met die profetiese gawe geseën soos sy stelling dat die
ANC sal regeer tot die Wederkoms. Geen wonder nie dat sy Vrystaatse luitenant,
Esj Magashule, kon verklaar Zuma ly soos Jesus gely het, en mense moet die ANC
volg soos hulle Jesus volg.
Eisj!
Vanjaar is dit Calvyn, die man wat die grondslae vir die skeiding van staat en kerk
(en ander lewensfere) ontwerp het se 500ste geboorteherdenking. Suid-Afrika mag
miskien nie meer die pioniers hê soos dié wat die wêreld se eerste hartoorplanting
gedoen het nie, maar sjoe, toe lewer ons darem weer iemand op wat na 500 jaar
Calvyn verkeerd kon bewys. Diegene wat die “voorreg” sou hê om ‘n ANC Today
vroeër dié week te sien, sal sien dat Zuma se rol as pastoor ook in daardie oord ge-
kondoneer is.
Onthou ook dat past. Zuma tot voor sy afdanking as adjunk-president die voorsitter
van die land se morele herlewingsaskie was. Ja-nee, dit sit ook nie in enige pastoor
se broek (al is dit uit die broek uit) om in ‘n ope hof owerspel suksesvol as verweer
teen verkragting aan te voer nie. G’n niks ‘n ge-kat in die donker knypery soos som-
mige ander pastore nie. Ander probleme is ewe vernuftig afgestort.
Met die aftakeling van die skeiding van staat en kerk kan die kerke ook gerus nou
hul sokkies optrek, en kan die dominee dalk die gemeentelede wat so onbeskof die
winkel se ingang Saterdagaande so toestaan om Lotto-kaartjies te koop dat die do-
minee sukkel om deur te wurm om brood te gaan koop, ook bietjie oor hul onhoflike
gedrag teenoor hul leraar aanspreek.
Miskien sal die kerke dit nou ook oor hul harte kry om ministers en parlementslede
wat so buite die eg saamwoon voor hulle later op ‘n wingerdlandgoed die strop kry,
aanspreek. Solank die kerk net nie sy nuwe magte gebruik om lidmate wat vir partye
stem wat pro-aborsie is, in die openbaar aan die kerktorings op te hang nie. Hulle
moet darem in gedagte hou dat past. Zuma self gesê het die ANC het ‘n lang Chris-
telike tradisie. Weet cmde Blake dit?
46

Moenie verkiesing verkrag—18 Maart 2009

Die weiering van die DA, die ACDP, die VF+ en Cope in die Noord-Kaap om die
OVK se gedragskode te teken voor sekere knelpunte nie opgelos is nie, plaas die
vinger op ‘n teer punt.
Onlangs nog moes ook die Vrystaatse hoof van die OVK onderneem om in te gryp
sou bewyse gevind word vir klagtes van politieke partye oor lede van die Onafhank-
like Verkiesingskommissie nie so onafhanklik is soos hulle veronderstel is om te
wees nie. ‘n Ondersoek is beloof.
In die Noord-Kaap was die politieke partye egter gereed met lyste name van OVK-
lede wat prominente rolle by politieke partye speel. ‘n Tweede knelpunt is egter lede
van die SAPD wat ook veronderstel is om in hul diens onafhanklik te wees, maar lid
van ‘n vakbond is wat op sy beurt by ‘n politieke party geaffilieer is. Dit het volgens
die klagtes tot die bevoordeling van ‘n party tydens die onlangse tussenverkiesings
gelei.
Hierdie soort klagtes is nie nuut nie. Met die vorige algemene verkiesing het die IVP
in Mpumalanga byvoorbeeld gekla omdat ‘n ingeskrewe lid wat vir ‘n OVK-pos aan-
soek gedoen is, afgekeur is en glo meegedeel is dat hy mos veronderstel is om te
weet die poste word vir die ANC gereserveer.
Daar was ook klagtes toe mev. Sandra Botha, wat pas as DA-parlementêre leier uit-
getree het, deur die DA regstreeks na ‘n algemene verkiesing van OVK-amptenaar
as parlementslid aangestel het. Opponente het gekla dat sy vir aanstelling by die
OVK ‘n onderneming moes gee dat sy nie politiek aktief was nie.
Oor die jare was daar tallose klagtes teen die OVK, en het verskeie sake in die ver-
kiesingshof en selfs grondwetlike hof gaan draai. VF+-kiesers het byvoorbeeld beë-
digde verklarings ingedien dat hulle by ‘n stembus vir hul party gestem het, maar
met die tellery was daar glo nie ‘n enkele VF+-stem in daardie busse nie. Die DA
het gekla nadat ‘n verseëlde stembus vol DA-stemme na ‘n verkiesing in die veld
opgetel is. Die ACDP het gekla nadat ‘n OVK-amptenaar na die stembusse gesluit
het ‘n pak stembriewe in ‘n stembus gegooi het. Min, indien enigiets, word later van
die klagtes verneem.
Met ‘n algemene verkiesing op hande, veral waar dit blyk dat die ANC in sommige
provinsies dalk die onderspit kan delf, is dit van die uiterste belang dat nie ‘n enkele
stem beland waar dit nie hoort nie.
Die ANC is reeds in die spervuur met klagtes van partye soos Cope, die IVP, die DA
en die UDM dat hul kiesers en kandidate geïntimideer word. Twee Cope-
ondersteuners se huise in Thumahole by Parys is reeds deur brandstigting geteiken,
en tallose ander voorbeelde kom voor soos klagtes dat sale skielik nie meer vir be-
spreking beskikbaar is nie. Kospakkies en droogtehulp vir plaaswerkers wat soos
taks kort voor verkiesings bewillig word, en wat daarna, volgens ritse klagtes deur
die ANC gekaap word, bly ook dié keer nie uit nie. Dreigemente oor pensioene en
toelaes wat glo verbeur sou word as kiesers nie vir die ANC stem nie, doen na be-
wering ook weer die rondte.
Hoe gouer die kiesers duidelik die boodskap kry dat hulle vry is om te stem vir wie
hulle wil, en dat hul stemme daarna getel sal word waar dit bedoel is, hoe beter.
Die Christen-demokratiese Alliansie het gister gewys op die groot persentasie stem-
briewe wat tydens Suid-Afrikaanse algemene verkiesings bederf word, wat op lae
vlakke van kiesersopleiding dui, en die hoop uitgespreek dat die OVK die miljoene
rande wat skenkers vir kiesersopvoeding bewillig, reg sal gebruik.
‘n Demokratiese verkiesing wat op welke wyse ook al verkrag word, is geen demo-
kratiese verkiesing nie.
47

Hou bonusse terug tot na die Ouditeur-generaal die groen lig gegee het—17
Maart 2009

Suid-Afrikaners sal waarskynlik oopmond van verbasing verneem dat die Ameri-
kaanse versekeringsreus, AIG, pas $165 miljoen bonusse aan top-bestuurslui uitbe-
taal het. Dit volg kort op die hakke van ‘n reddingsboei van $170 miljard by die Ame-
rikaanse regering, en kort na die maatskappy die grootste kwartaalverlies in korpo-
ratiewe geskiedenis in die laaste kwartaal van verlede jaar gemaak het, naamlik
$61,7 miljard.
Hierdie tipe optredes het veral Europa, wat saam met die VSA in die wêreld-
gelkdkrisis laat beland het, laat besluit dat daar in die toekoms beter owerheidsoor-
sig oor die korporatiewe wêreld sal wees. Die vrye mark is veronderstel om homself
deur markragte te laat reguleer, maar die mens se inhaligheid is skynbaar van so ‘n
omvang dat selfs die sink van die eie skip nie ‘n te groot prys vir ‘n stywe bonus is
nie.
Suid-Afrikaners staan egter ook verstom oor die omvang van bonusse wat die ower-
heidsektor hier betaal, veral aan topbestuurslui, net om daarna te hoor instansies
soos die SAL is kniediep in die knyp. Munisipaliteite is berug vir die vrygewigheid
met bonusse, en die spoed waarmee by die sentrale owerheid bakhand aangeklop
word om benarde geldsake te beredder. In meer as 200 Suid-Afrikaanse stede en
dorpe is heffings-weerhoudingsaksies ingestel om roekelose bestuur en swak diens-
lewering in die bek te probeer ruk.
Met die laaste volwaardige sensus wat Suid-Afrika beleef het is mildelik bonusse
betaal en amptenare het duiselingwekkende bevorderings gekry, alles voor die ver-
slag van die Ouditeur-generaal uitgekom en die sensus afgekeur het.
Verantwoordelike burgers kla gereeld dat verslae van die ouditeur-generaal geen
impak op verbeterde dienslewering, administrasie en geldbeheer het nie.
Miskien het die tyd aangebreek dat die staat en die privaat sektor in die land met die
uitdeel van bonusse en die toestaan van bevorderings wag tot die toepaslike ver-
slae van die ouditeur-generaal openbare dokumente geword het. Moontlik sal dit
daartoe lei dat Suid-Afrika se miserabele reputasie met gedruipte en selfs afgekeur-
de OG-verslae omgekeer word

Zuma en Rhema

Daar is ‘n verskil tussen om God se instrument in die politiek te wees, en om God


die mens se instrument te maak.
Dit het opnuut geblyk toe die leier van die ANC, Jacob Zuma, die Rhema-kerk toe-
gespreek het en op, wat hy die diep Christelike tradisie van die ANC genoem het,
gewys het.
Skeptici sou gou kon wys daarop dat die ANC-alliansie ook die tuiste van die SA
Kommunistiese Party is, en dat die beleid van die ANC oor onder meer dobbel en
aborsies lynreg teen die hoofstroom-kerke se verstaan van die Bybel indruis.
Die Here is nie maar net ‘n instrument wat as nuttige werktuig nader gesleep kan
word nie. Zuma se veelwywery en sy verweer van vrywillige buite-huwelikse seks
teen ‘n verkragtingsaanklag het ook in sommige kerklike kringe die wenkbroue laat
lig.
Zuma se eie uitlating dat die ANC tot die Wederkoms sal regeer, het opslae ge-
maak, en daarna ook verskeie ander opmerkings, soos dié van die Vrystaatse ANC-
48

leier dat die mense Zuma moet volg soos hulle Jesus volg.
Die land se morele en misdaadsituasie dui ongetwyfeld daarop dat ‘n morele herle-
wing nodig is, en hierdie behoefte word onderstreep deur die vol sale en stadions
wat die leke-evangelis, Angus Buchan trek.
Dit maak deel uit van ‘n internasionale tendens. Meningspeilings dui daarop dat die
publiek se vertroue in die integriteit van politici en die media laag is, en interessant
genoeg in Suid-Afrika dat die publiek ‘n hoër premie op die media se geloofwaardig-
heid as op die politici se geloofwaardigheid plaas.
Dié bevinding kan te midde van die omstrede wapentransaksie, die reiskoeponskan-
daal en verskeie ander voorvalle wat politici impliseer, en die media se verbete stryd
om dit aan die kaak te stel, nie verbasend wees nie.
Koerante wat onlangs nog deurspek van politieke korrektheid was, staan nou op die
voorpunt om die eens onaantasbares se optredes te ontmasker.

Shabir vir Minister van Finan4ies—dan sal boeke klop—12 Maart 2009
Reaksie op ‘n insetsel op Rapport se blog, Uit die persgalery

Soms staan ‘n mens verwonderd oor die prioriteite wat aan menseregte gegee
word. Die reg op privaatheid is darem ‘n handige lappie op ander regte mee toe te
vee, soos nou in die Shabir-saak gebeur. Op blogs en Mixit kan bloggoggas en
Mixit-gespuis die onskuldige gebruikers te heerlik kom slegsê en belaster, en as
mens wil reageer verweer die blog- en Mixit-base hulle op die krimineel se reg op
privaatheid. Want die Appèlhof het onlangs bevind kriminele laster is steeds ‘n oor-
treding en strafbaar. Die reg op waardigheid tel hierteen niks.
Dit raak nog erger soos die Tshwataanse Metroraad veiligheidsones, en dus mense
se reg op lewe en veiligheid, wou keer omdat dit ander se reg op bewegingsvryheid
sou inperk. Eintlik die skelm burgers s’n, maar iemand se bewegingsvryheid word
beperk en daarom moet ander maar hul lewens op die altaar lê.
Min of meer kan dieselfde argument oor die reg op aborsie op aanvraag aangevoer
word – die ongewenste baba se teenwoordigheid skend sy ma se reg op privaat-
heid, en moet daarom “beëindig” word. Maar dis ‘n ander debat.
Die reg op lewe word egter baie belangrik as ‘n mens ‘n misdadiger is, en die wets-
gehoorsame ou kom skiet op jou om jou te probeer arresteer, of nog erger, om te
keer dat jy hom of sy gesin vermoor. Deesdae is ‘n vrou ook nie van haar plekkie in
‘n sel gevrywaar nie, sy het durf waag om na ‘n verdagte wat van ‘n toneel wegge-
hardloop het te skiet. Of die bose polisieman wat saam met ‘n makker ‘n vasgekeer-
de veedief uit ‘n hoenderhok probeer haal, die dief uitspring, die een polisieman
morsdood steek, die ander swaar verwond en rieme neerlê. Toe durf die gewonde
polisieman die voortvlugtende moordenaar in die sitvlak skiet. Moorddossier.
Moet ook nie waag om ‘n makkerige siekte soos maltakoors te kry nie. Dis aanmeld-
baar. Maar MIV / Vigs is skynbaar goed, want dis nie aanmeldbaar nie en gesond-
heidsdepartemente moet op allerlei statistieke staatmaak om te bereken vir hoeveel
mense moet begroot word. Toe die betroubare statistieke ‘n afname toon, kon maar
bietjie slap gelê word met die begroting. Die afname was egter ‘n mite soos die klei-
ner werkloosheidskoers, en nou is daar ‘n gemors om in minstens sommige provin-
sies vir almal medisyne te kry.
Kimberley en Kroonstad se watertoevoer het ook “niks” makeer nie, en die feit dat ‘n
provinsiale hoofstad meer as naweek lank sonder water was, en een van die groot-
49

ste Vrystaatse dorpe omtrent ‘n week, maar net glipsies waarvoor vir die “ongerief”
verskoning gevra word.
Miskien moet hulle die mense wat die “ ongerieflike glipsies” gemaak het die rioolpy-
pe laat oopmaak as die water weer loop.
Terug na Shaik. Na die beste van my kennis het is die vorige regering ook ‘n gat in
die kop gepraat oor dr. Beyers Naudé se inperking, dat dit opgehef moet word want
hy het regtig nie lank om te leef nie. Toe word dit opgehef, en oom Bey oorleef ‘n
flink aantal wat sy vrylating gelas het.
Robert McBride het vroue in ‘ militêre operasie in ‘n dameskroeg die lug ingeblaas,
en amnestie gekry. En is toe later as die hoof van ‘n Metro-polisiediens aangestel.
Die Ethiopiese oud-diktator. Mengistu, is in sy eie land ter dood veroordeel, maar
het na Zimbabwe uitgewyk waar hy glo sy talente kon inspan om Mugabe se martel-
meganismes te vervolmaak. Wys net, soms verdien ‘n mens darem ‘n tweede kans
ook. Dink net hoe handig kan Shaik nog as ‘n minister van finansies dien. Die land
se boeke sal altyd klop, terwyl inkomstebelasting afgeskaf, of minstens aftrekbaar
vir omkopery gemaak kan word. Die enigste probleem is: As sy president dalk vyf-
ster-verblyf (sonder parool of amnestie) kry, sal hulle Shaik se parool weer kan op-
hef sodat hy naby die Prez kan wees?

Affirmative Action boemrang—12 Maart 2009

Dat buitelandse beleggers in ‘n mate kopsku is vir Suid-Afrika onder meer weens
die land se arbeidswetgewing is lank reeds bekend. Ander faktore sluit in die vlakke
van misdaad en regeringspraatjies oor onteiening.
Pas het die ANC se presidentskandidaat, sy leier, Jacob Zuma, ‘n streep getrek
deur sy beloftes aan wit gehore die afgelope tyd toe hy gesê het regstellende aksie
sal na die verkiesing verskerp toegepas word. Sekere teikens moet eers gehaal
word voordat afgesien gaan word van die beleid.
Anders as wat geglo word, kom die terme, regstellende aksie of sy Engelse weerga-
we, affirmative action, nie in die grondwet voor nie. ‘n Eenvoudige verklaring is dat
die twee uitdrukkings swak vertalings van mekaar is, met regstellende aksie word
geïmpliseer iets word reggestel wat verkeerd is, terwyl affirmative action ‘n ras-
nepotistiese begrip is en bedoel is om minderhede teen meerderheidsoorheersing te
beskerm.
Ons grondwet omskryf wel ‘n proses wat iewers tussenin val – iets moet reggestel
word om die gevolge van rassediskriminasie van die verlede reg te stel, en dit vind
neerslag in onder meer ras-, geslags- en gestremdheid teikens in die arbeidswetge-
wing.
In die Vrystaat het ‘n munisipaliteit soos Dihlabeng by Bethlehem reeds sy eie kwo-
tas ver verbygesteek met meer as 90 persent werkernemers wat swart is, terwl dit in
Manganung, Bloemfontein se munisipaliteit, opslae gemaak het toe vasgestel s dat
dit lank so toegepas is dat geen blanke lank in diens geneem is nie, en die kwotas
ook lank oorskry is. Ook die Vrystaatse Wetgewer se kwotas is ver meer as behaal.
Los en vas praatjies oor volgehoue regstellende aksie, of dan liewe, affirmative acti-
on, terwyl dienslewering oor ‘n wye front in duie stort en onder meer gesondheids-
gevare skep, is doodgewoon onverantwoordelik. Dit verdiep die verhoogde vlakke
van rassisme en die spanningslyne en vernietig die werksgeleenthede waarop reg-
stellende aksie toegepas moet word. Uiteindelik verloor almal, en hardwerkende
swart mense sal nooit weet of hul aanstellings op meriete was nie..
50

Die aanloop tot ‘n verkiesing is ‘n tydperk waarin partye mekaar met verkie-
singsbeloftes probeer oortref.—10 Maart 2009

In ‘n gewone demokrasie het ‘n regerende party die voordeel dat hy prestasies het
om aan kiesers te wys, terwyl die opposisiepartye net beloftes kan optower. Die
nadeel van ‘n regerende party is egter ook dat mislukkings nie weggewens kan
word nie, en heel dikwels is die regerende party ook die slagoffer van sake buite sy
beheer, soos ‘n internasionale ekonomiese insinking.
Dit sal interessant wees om te sien hoe die Suid-Afrikaanse kiesers vanjaar gaan
reageer op die ANC se verkiesingsbeloftes om van korrupte en onbekwame amp-
tenare aan ampsdraers ontslae te raak. Dit is net ‘n kwessie van tyd voor ‘n oppo-
sisieparty hom gaan daag om sy erns te toon deur nou reeds die snoeiskêr in te lê.
Of die ANC na die verkiesing, wanneer die plekkies op die soustrein bespreek is,
nog die aptyt gaan hê om op ongekende skaal onder burgemeesters en munisipale
bestuurders in te vlieg wat jaar vir jaar die Ouditeur-generaal-verslae druip is ‘n an-
der vraag.
Ook op provinsiale vlak en nasionale vlak haper sake erg, en sal dit ‘n uiterste wil-
sinspannng verg om oral te snoei waar gesnoei moet word. Die vooraf-tekens is
egter allermins bemoedigend. Ten spyte van ‘n verdoemende ouditeur-generaal-
verslag, het die minister van Gesondheid, Barbara Hogan, verkies om die fout by
die Vrystaatse Gesondheidsdepartement elders te gaan soek.
Daar is genoeg mense in regeringskringe wat weet sake lol. Met die openbare ver-
hore oor die nuwe provinsiale gesondheidswetsontwerp, is die verhore oorval met
sale vol mense wat kom kla het oor wyd-uiteenlopende sake soos swak dienslewe-
ring by hospitale, ambulanse wat as taxi’ gebruik word en vele meer. So erg, dat
die verrigtinge onderbreek is om die mense te vra om oor ander aspekte te praat,
die klagtes is afgeneem en sal ondersoek word.
In die Noord-Kaap het die hoofstad, die Sol Plaatjie-munisipaliteit agt jaar agter-
eenvolgens die mees verdoemende ouditeur-generaal-verslae denkbaar op die lyf
geloop, maar alle versoeke om die munisipaliteit onder administrasie te plaas het
op dowe ore geval. Uiteindelik het die stad meer as ‘n naweek lank sonder drink-
water gesit.
Die AA se navorsing dui daarop dat daar al vir ongeveer ‘n dekade lank net ‘n
kwart van die nodige fondse vir padinstandhouding begroot word, en dat die land
oor dertig jaar teen die huidige tempo nie paaie gaan oor hê om te onderhou nie.
Dit is laat in die dag as SMS-grappies oor dienslewering al die rondte begin doen,
soos dat die rioolprobleme nou ook kamma tot die beurt-gebruik van toilette gaan
lei.
Kiesers het ‘n groot verantwoordelikheid op hul skouers.
51

Die brieweredakteur

Volksblad
Leopold Scholtz se artikels oor die moontlike hervatting van die Noord-Ierse stryd,
Volksblad 9 Maart, verwys.
Die wêreld bied nou ‘n toetsterrein vir die vraag of ‘n terreustryd militêr geklop kan
word of nie. Aan die een kant is die Noord-Ierse kwessie waar ‘n politieke skikking
voorop gestel word, en aan die ander kant waar die Sri Lankaanse regering min of
meer militêr met die Tamil Tiere klaargespeel het. Die militêre oorwinning is egter
gou opgevolg deur ‘n skynbaar onverwante aanslag op Sri Lanka se krieketspan
tydns hul kortgeknipte toer in Pakistan, en ‘n aanval op ‘n Moskee meer as ‘n hon-
derd kilometer suid van die Sri Lankaanse hoofstad. Verskeie senior politici het in
hierdie aanval, bitter ver van die Tamils se woonstreke, omgekom.
Wat die Noord-Ierse en Sri-Lankaanse situasies in gemeen het, is ‘n baie groot
bevolking in diaspore. In die VSA woon heelwat meer mense van Ierse herkoms as
in Ierland self, terwyl Tamilbevolkings oor die wêreld, ook in Suid-Afrika, woonagtig
is.
Hierdie bevolkings in diaspora neig om hul volksgenote se stryd te idealiseer, en
wapens en geld is basies op aanvraag uit die buiteland beskikbaar. Hulle bied ook
logistiek as die terreur geïnternasionaliseer word, soos die Armeense terrurgroep.
Asala, bewys het met sy aanvalle op Turkse teikens ongeveer net waar hulle wou.
Die Turkse lugdiens en ambassades het onder meer deurgeloop.
Spanje moes ‘n mate van outonomie aan sy Baskiese minderheid toeken wat in
die post-Franco-era moontlik geword het. Frankryk is stram met inhemese minder-
hede en sit gereeld met hul hande vol met Baskiese seperatiste.
Herman Toerien
52

Misdadigers op vrye voet—9 Maart 2009

Die Suid-Afrikaanse misdaadgeskiedenis is gesaai met voorbeelde van misdadigers


wat slagoffers aanval terwyl die misdadigers op borgtog, parool of vervroeg vryge-
laat is, of amnestie gekry het.
Verskeie suksesvolle eise is reeds teen die staat ingestel sedert die opspraakwek-
kende CarMichel-saak waarin ‘n vrou die staat suksesvol tot verantwoording geroep
het na sy verkrag en wreed aangerand is deur iemand wat op borgtog vrygelaat is,
na die aanvaller weens ‘n ander verkragting in hegtenis geneem was.
Pas is ‘n bejaarde vrou van Allanridge wreedaardig vermoor en haar dogter kritiek
beseer, na bewering deur iemand deur iemand wat op ‘n aanklag van moord in heg-
tenis geneem, en op borgtog vrygelaat is. Hy het ook verskeie uitstaande sake van
geweldsmisdaad teen hom.
Dit is ‘n bekende feit dat Suid-Afrikaanse tronke en hofrolle oorvol is, en dit kan dus
verwag word dat borgtog oorweeg sal word.
Die tragedie is dat ‘n geval ook pas die nuus gehaal het waar ‘n Pretoriase advokaat
nie net gearresteer is nadat hy hom en sy vrou heel duidelik teen ‘n gewapende
aanval beskerm het nie, maar dat die aanklaer borgtog teengestaan het. Die land-
dros het gelukkig die toepaslike wetgewing korrek uitgelê en borgtog toegestaan. ‘n
Siviele eis weens onregmatige arrestasie gaan blykbaar nou teen die staat ingestel
word.
Dit is ongelukkig by verre nie die enigste geval van sy soort nie. Onlangs het ‘n ge-
val prominent die nuus gehaal waar ‘n plaasbewoner iemand deur sy toegesluite
slaapkamerdeur geskiet het terwyl die aanvallers die deur probeer afbreek het.
Die misdaadgeskiedenis vertel ook van verskeie gevalle waar rowers, soos transi-
torowers, weer moes roof om die bortoggeld wat hul sindikate aan hulle voorgeskiet
het, terug te betaal.
Die tragedie is dat die misdaadvoos publiek self, deur belasting, opdok vir die blap-
se wat in die Suid-Afrikaanse kriminele vervolgingstelsel gemaak word. Geld bring
egter nie iemand terug na die lewe wat vermoor is deur iemand wat merieteloos op
vrye voet was nie. Beter opleiding is duidelike behoefte, maar beter opleiding gaan
ook nie veel beteken as rasse-vooroordeel tot skreiende arrestasies en onlogiese
borgtog-toestanery lei nie.
Van die partye wat aan die komende algemene verkiesing deelneem se beleid is
blatant op ‘n persepsie gevestig dat wit mense setlaars in die land is, en daarom
verminderde aanspraak op byvoorbeeld grondbesit het. Na swart mense word as
die inheemse bevolking verwys, sonder om ag te neem dat swart mense, net soos
die wit mense, lank na die KoiSan in die gebied kom woon het wat vandag as Suid-
Afrika bekend staan.
‘n Grondwet wat gelykheid voor die reg, en die publiek se reg op beskerming teen
misdaad onderskryf, is nie die papier werd waarop dit staan as die einste publiek
hulle elke keer op tot die howe moet wend om daardie regte op te eis nie.
53

Priests, politics and the Tamil Tigers

An article in today’s Rapport looks at the many reverends making their way into poli-
tics. At present Cope is drawing the attention, with Bishop Dandla and Dr. Allan
Boesak taking prominent roles.
This is by no way new to South Africa. Dr. D.F. Malan was a reverend, and so were
former Springbok captain and later minister of Cabinet Dr. Dawie de Villiers. Mr. Piet
Badenhorst was a reverend, whilst “Dr.” Carl Niehaus studies theology.
This year, Calvin’s 500th birthday is celebrated. Calvin, probably more than anyone,
laid the foundations of the understanding of different spheres of life such as govern-
ment, church, family, school board etc function with some sovereignty.
It basically boils down to, if the people are Christians, so will church, family, govern-
ment and other spheres of life also have a Christian church. The same person n a
church will draw his cross on the ballot paper to the glory of God.
There should thus be no need for the church as institution to “rule” the government,
or even prescribe to government.
Unfortunately the idea of sovereignty can be over accentuated, so that when a rev-
erend goes buying a loaf of bread on a Saturday evening, he has to scrum through
congregation members blocking the entrance to the supermarket where they are
buying lotto tickets. And all greet their reverend very friendly with a “Naand domi-
nee.”
Same as abortions, gambling, stealing etc are not only wrong on Sunday’s, espe-
cially during church time, the church also does not only exist as institution during
church sermon time.
To cut to the bone, one can not be opposed to abortions etc while in church, but be
in favour when outside. Not even a party existing entirely out of reverends, priests
and pastors will be a Christian party if the policies of the party are in opposition to
what the Scripture teaches.
In order for Barak Obama to have been elected American president and so doing
set the campaign against abortions 20yera back, many American Christians needed
to vote for Obama, and thus for the opposite they believe in their churches.
But South Africans are in no position to point fingers. At this stage the strongest
party by far is a socialist democratic party with policies totally in opposition to what
churches proclaim. The next largest party, the Democratic Party, is member of Lib-
eralism International, and more or less the same applies (officially giving freedom of
choice, but giving disturbing signs, such as a national media release supporting an
idea from within the ANC to legalise prostitution (for the World soccer cup) but op-
posed by an Eastern Cape media release from the same party.
In fact, undiluted Christian friendly policies are limited to rather small parties.
But more than 70 percent, sometimes given as high as 85%, of the same voters pro-
claim t be Christians.
The boundaries at which stage the church ads institution should have spoken out
loud and clear have long been overrun, but the institutional voices are on a rather
silent mode. Yes, there is a lot of complicated theoretical jargon to motivate this, but
irrespective of the rhetoric, the simple result is that many voters probably do not no
that their political choices are out of line with that of their churches, AND THAT
THAT MATTERS.
International constitutional models have indicated clearly that no man made model
can establish harmony. The attention to this was again drawn by the attack on the
Sri Lankan cricket team in Pakistan.
54

Although the Sri Lankan Tamil Tigers probably have nothing to do with this, it still
reflects the incompleteness of man made models.
India’s constitution and democratic history is often held as a wonderful example to
the rest of the world, and the South African Bill of Human Rights as well as court in-
terpretation thereof probably follows the Indian more than even that of the USA and
Canada.
Yet, the Mumbai attack was by no means the only one.
Where Sri Lanka tried to “solve” the Tamil minority issue with a military offensive,
the Indian constitution rather accommodates the diversity by more or less ethic
states.
Pakistan has a very limited democratic history.
Sri Lanka, excluding the Tamils, is mostly Buddhist, India Hindu and Pakistan Mus-
lim.
In South Africa, under the old dispensation, it was often said and probably believed
that a constitutional model will solve all political tension. The then Transvaal Provin-
cial Administration believed all inter group relations could be solved by eradicating
the massive socio-economic gap of relative deprivation. Others believed proper non-
paternalistic inter group communication would do the trick.
The then President of the Human Sciences Research Council, Dr. Tjaart van Dr.
Walt, warned however that even the best constitutional model will not work if the
hearts of the people are not right. Years later, he was proven right.
Today South Africa is scrambling for a moral renewal, and political parties, even
those with the worst track record, officially plea for the eradication of corruption.
Reverends and priests in politics are in huge demand.
But still, the most larger political parties, adopting a clear Christian Democratic pol-
icy, is given a wide birth. Drawing in priests, especially ones who had been in jail,
seems ‘n lot like quick fixes.
Here and there churches are making sounds, indicating in very broad and vague
terms to their members what they should keep in mind when voting.
Tackling issues by name such as stating: Members of this church should not vote
for parties supporting abortion, gambling etc, etc…”
Yes, the stones are calling out. A simple, believing potato farmer draws large
crowds calling the masses back to the way of Christian life (not only in church). Main
stream churches have all kinds of complicated theories as to why this person, with
no formal Theological training, does what they can not do. Many of the explanations
probably have merit, but looking at what the main stream churches are not doing as
they should, is seldom looked into.
55

Silwer randjie of volstruispolitiek—6 Maart 2009

Iemand wat oor alles swartgallig is, sien nie die silwer randjie om die donker wolk
raak nie en, en gryp dan dikwels in hierdie staat van geestelike verlamming nie die
geleenthede wat wel opduik raak nie. Dit lei tot ‘n bose kringloop.
Hoe die mens hierop reageer is wyd uiteenlopend. Aan die ander kant van die spek-
trum is daar diegene wat doodgewoon volstruispolitiek speel, en met sy kop in ‘n gat
nie die probleme raaksien nie. Hy sien egter ook nie die silwer randjie raak nie, en
skep sy eie Utopia in sy kop deur die realiteit te verbeel soos dit nie in die werklik-
heid lyk nie.
Kort voor die volgende algemene verkiesing is dit soms moeilik om te glo politici en
hul ondersteuners verwys na dieselfde werklikheid as wat die publiek op grondvlak
sien en ervaar. Hierdie ander werklikheid is ook nie altyd ‘n persepsieprobleem nie.
Die navorsing van die AA wat daarop dui dat Suid-Afrika van die 90-gerjare af net n
kwart van die geld wat nodig is vir padinstandhouding begroot, is harde feite. Geluk-
kig, sou die oor-optimis sê, is dit ‘n tydelike probleem, want volgens die AA-verslag
sal daar teen die huidige tempo oor dertig jaar nie meer paaie wees om in stand te
hou nie.
In ‘n hoofartikel vandag spreek Volksblad openlik sy bedenkinge oor Statistieke SA
se werkloosheidsyfers uit. Volksblad staan egter in ‘n koor van ongeloof.
Die Vrystaatse Premier se swanesang met haar Provinsiale rede was een wat ook
‘n Utopie geskets het, lynreg in kontras met die werklikheid wat die publiek oor ‘n
wye spektrum ervaar, en waarvan daagliks in koerante gelees word.
Die persoon wat al twee jaar lank ‘n deksellose stormwaterinlaat in Totiusstraat in
Langenhovenpark rapporteer en van wie al ‘n foto in ‘n koerant verskyn het waar hy
moedeloos in die gevaarlike gat staan, gaan moeilik glo munisipale dienslewering in
die Vrystaatse hoofstad is op peil. Die gat is ook nie van ‘n deksel voorsien na die
munisipaliteit ‘n skadevergoiedingseis moes betaal aan ‘n persoon wat in so ‘n oop
gat geval, en beseer is nie.
Die persoon wat al drie jaar lank ‘n slaggat in Haldonweg se dienspad naby ‘n skool
waar ouers hul kinders aflaai rapporteer, sal ook nie beïndruk wees nie. ‘n Opposi-
sieparty wat al meer as ‘n jaar gelede radeloos foto’s van die slaggat geneem en
aan die Speaker van die Mangaung-raad gestuur het, sal erg sinies wees as die
raad oor dienslewering spog.
Die inwoners van die suide van Langenhovenpark wat nou al weke oor die stank
weens die lekkende hoofrioolpyp kla, sal ook sinies wees. Ook hierdie pyp is tevore
net herstel nadat ‘n foto in ‘n “nie-progressiewe” koerant verskyn het. Kenners be-
raam, aan die hand van internasionale norme, boonop dat die pyp minstens dubbel
sy deursnee moet wees om die volume te dra, maar nuwe ontwikkelings word deur-
gaans goedgekeur.
Pas het die minister van Gesondheid na haar besoek aan die Vrystaat wel die pro-
bleme in die Vrystaatse Gesondheidsdepartement erken, maar ontken dat dit met
swak en wanbestuur verband hou, in skrille kontras met die verslag van die oudi-
teur-generaal.
Ook in vandag se Volksblad skryf Tim du Plessis oor die onderskeid tussen ‘n ont-
wikkelingstaat en ‘n sukkelstaat. Dit behels in wese grandiose strukture en meganis-
mes soos ‘n vergrote kabinet, maar die resultate op grondvlak is heeltemal uit pas
daarmee.
‘n Mens hoor te dikwels dat mense sê hulle koop nie meer die koerant nie, omdat,
soos dit gestel word, die koerante net vol moord en doodslag is. Dit is volstruispoli-
56

tiek.
Amper stil-stil gebeur die positiewe ook. Pas is bykans onsigbaar gerapporteer dat
boere voortaan die volle koste vir werkershuise van belasting kan verhaal. Dit geld
ook die alternatiewe huisvesting wat boere ingevolge die Esta-wetgewing vir afge-
trede plaaswerkers moet voorsien sou hy die wooneenhede op sy plaas vir nuwe
plaaswerkers benodig. Uiteindelik betaal die staat self vir sy eie verantwoordelikhe-
de. Dat die staat sy eie boerdery-eenhede egter van die bepalings van Esta vrystel,
skree ten hemele en sal steeds verseker dat minstens sommige mense nie die re-
gering se handewerk as die produk van die Utopie beskou nie.
Soos ‘n volkome vrye-markstelsel net volmaak kan funksioneer solank as al die rol-
spelers volmaakte kennis het, kan ‘n vrye demokrasie net funksioneer as die kiesers
behoorlik ingelig is. As die keisers egter nie koerant lees nie, en die radio afdraai as
die nuus gelees word, gaan die keuses subjektief wees, en dan geld die ander
waarheid: In ‘n demokrasie kry die land die regering wat sy kiesers verdien.

Demokrasie in aksie—4 Maart 2009

Dit is meer as net ‘n tikkie ironie dat die formele indiening van politieke partye wat
aan vanjaar se algemene verkiesing gaan deelneem en die vroeë vrylating op pa-
rool van Shabir Shaik effektief saamgeval het.
Dat die parlementêre stembrief bykans 50 partye op gaan hê met wyd uiteenlopen-
de beleidsrigtings, is ‘n pluimpie vir die vlak waarop mense ‘n keusevryheid het.
Sommige partye neem net op provinsiale vlak deel.
Die lakmoestoets vir demokrasie is egter veel komplekser, en sluit aspekte in soos
spraak- en mediavryheid, gelykheid voor die reg, die skeiding van owerheidsfunk-
sies soos wetgewend, juridies en uitvoerend, en die skeiding tussen regerende par-
ty en regering.
Dit is op hierdie vlakke waar die demokrasie hom in gevaarlik stormagtige vaarwa-
ters bevind. Suid-Afrika se posisie daal feitlik deurgaans op die internasionale per-
vryheidsindeks terwyl die ANC se dreigemente van ‘n mediatribunaal en wetswysi-
gings nog nie op die indeks verreken is nie. Suid-Afrika het in enkele jare van die
mees persvrye land op die kontinent wat beswaarlik as navolgingswardige voor-
beeld kan dien tot ongeveer die vierde plek teruggetuimel.
Die vroeë vrylating op parool van Tony Yengeni is nog nie behoorlik met die publiek
in die reine gebring nie. Slegs wetgewing verhinder dat Yengeni op die ANC se kan-
didatelys verskyn, terwyl Winnie Madikizela-Mandela, wat aan bedrog skuldig ge-
vind is, vyfde op die lys is.
Tallose voorbeelde kan genoem word waar die ANC se persepsie oor die skeiding
van regerende politieke party en regering in geheel faal. Die mees opsigtelike is die
kaderbeleid waar partylede na willekeur heen en weer in poste en ampte ontplooi
word, en waar kwalifikasievereistes op die amptenarekant maar min punte tel. In die
Vrystaat het verskeie bedenklike voorvalle voorgekom. Die staat se amptelike Jeug-
dagvieringe is onder meer deur twee ANC-ampsdraers met geen owerheidsfunksie
nie, sy leier, Jacob Zuma, en die verleentheidwekkende jeugleier, Julius Malema
toegespreek. Op die oomblik word twee staatsamptenare wat amptelike woordvoer-
ders is, een van die wetgewer en een van die Kantoor van die Premier, openlik as
ANC-skakelpersone aangewend. Geen poging word aangewend om dit te verdoesel
nie.
57
Op die oomblik woed ‘n storm. Die persoon, Shabir Sheik, wat reeds tronkstraf uit-
dien vir sy aandeel vir wat in die hof as ‘n algemeen korrupte verhouding met die
ANC-leier, Jacob Zuma, beskryf is, word op mediese parool vrygelaat enkele dae
nadat Zuma gesê het hy sal hom vir Shaik se vrylating beywer. Mediese parool kan
slegs toegestaan word aan iemand wat terminaal siek is. Verskeie minder aangena-
me opsies is beskikbaar soos huisarres.
Foto’s van waar Yengeni straffeloos die paroolvoorwaardes verbreek, soos die
openlike gebruik van alkohol, het verskyn, en wil dit voorkom asof die regering die
vrylating op parool van sy prominente lede as ‘n doodgewone vrylating hanteer.
Die tyd sal wel leer of Shaik inderdaad terminaal siek is. Vaaghede wat nou geld
verdiep die wantroue dat die ANC nie net magsdronk is nie, maar dit misbruik ook.

Koalisiepolitiek—3 Maart 2009

Die gebruik van die terme “koalisie” en “saamstaan” is so oud soos Suid-Afrika se
nuwe grondwetlike bedeling.
Normaalweg leen die proporsionele stelsel hom daartoe dat geen party ‘n volstrekte
meerderheid kan verwerf nie, en moet koalisies gevorm word om die regering saam
te stel.
Daar is nadele, soos dat dit soms, soos in Italië, tot politieke onbestendigheid kan lei
met koalisieregerings wat op ‘n streep tot niet gaan en nuwe verkiesings wat weer
uitgeroep moet word.
Normaalweg, egter, is dit ‘n stelsel met ongelooflik baie voordele, en spreek dit juis
die leemtes aan wat Suid-Afrika so gereeld ervaar. Onlangs was daar byvoorbeeld
‘n stroom versoeke dat die Kemptonparkse ooreenkoms heronderhandel moet word
omdat die ANC buite die gees daarvan optree, en die ander groeperings nie genoeg
wigte en teenwigte ingebou het nie om die miskennings teen te werk nie.
Wanneer ‘n koalisieregering in ‘n Wes-Europese land soos Nederland of België tot
stand kom, wys die monarg ‘n fasiliteerder aan wat ‘n rapporteur genoem word.
Hierdie persoon begin dan met ‘n proses om partye wat hy meen die potensiaal het
om ‘n koalisieregering byeen te bring, en ‘n moeder van alle onderhandelings begin,
en as dit slaag, word dit voltooi met die ondertekening van ‘n lywige dokument wat
die ooreenkomste vervat. Hierdie dokument is die produk van gee en neem. In Ne-
derland, byvoorbeeld, is twee van die drie partye in die koalisie, die Christen-
Demokratiese Appèl wat die grootste is, en die ChristenUnie wat die kleinste is, teen
aborsies op aanvraag gekant. Om die Partij van de Arbeid te kon betrek, is aborsies
glad nie in die beleidsdokument vervat nie. Geen kombinasie van partye om ‘n rege-
ring te vorm, sou aborsies op die agenda kon plaas nie.
Kaapstad se raad is ‘n tipiese voorbeeld van so ‘n koalisie wat na die verkiesing on-
derhandel is.
In die aanloop tot die komende verkiesing het die DA-leier, mev. Helen Zille, haar vir
‘n ander soort koalisie beywer, naamlik een waar die partye voor die verkiesing
kragte saamsnoer en onder een vaandel aan die verkiesing deelneem. Sy het by-
kans geen steun uit ander partye gekry nie, omdat algemeen aanvaar is die DA sou
in so ‘n samespanning die kitaar wou slaan. Die nadeel is dat in so ‘n model die ver-
skillende partye se individuele steun nie getoets word nie, en die partye dan nie oor
‘n akkurate bedingingsmag beskik nie. Vandat Cope op die toneel verskyn, en die
DA se dominante opposisie-posisie onder verdenking geplaas het, het die oproepe
58
vir so ‘n tipe saamstaan uitgerafel.
Daar is wel variasies van mev. Zille se plan in die Suid-Afrikaanse politiek merkbaar.
Die bekendste is die SAKP / Cosatu / SANCO / ANC-alliansie, maar ook het ‘n
groep Christenpartye saamgestaan om met die oog op die verkiesing saam as die
Christen-Demokratiese Alliansie deel te neem. Verskeie partye in hierdie damp-
kring, byvoorbeeld die ACDP en waarskynlik ook nie die UCDP nie, maak egter nie
deel van die alliansie uit nie.
Die voorbeelde van Alliansie 2000+ en ander soortgelyke samespannings met die
2000 munisipale verkiesings het ook getoon dat 1 + 1 in die Suid-Afrikaanse politiek
dikwels steeds 1 is.
Daar is wel tussenvorme, soos dat partye wat dalk na die verkiesing koalisies kan
vorm, ooreenkom om mekaar nie onnodig met die roede by te dam nie. Verskeie
partye, waaronder die Vryheidsfront+ het hulself by voorbaat tot na-
verkiesingsalliansies verbind.
Die aanloop tot die verkiesing gaan klipperig wees. Dr. Pieter Mulder, leier van die
VF+ en ander leiers het al met meer as net ergernis gereageer op, wat beskryf word
as die DA se arrogansie. Die DA maak byvoorbeeld aanspraak op die proses wat tot
die vorming van die Kaapstadse koalisie gelei het, terwyl dit in werklikheid die inisia-
tief en arbeid van die ACDP was. Die DA laat in hierdie stadium ook blyk dat dit van
plan is om te wen, maar waar ‘n volstrekte meerderheid nie behaal word nie, dan tot
koalisiepolitiek verbind te wees. Ook hierdie benadering – dat suiwer DA-beheer be-
ter is as ‘n koalisie – bou nie die klimaat wat nodig is om koalisies te laat werk nie.

Die jaar van die geestelike higiëne

Oor die hele wêreld is daar tekens dat gemeenskappe keelvol raak om die slagof-
fers te wees van gewetenlose uitbuiters. Dit blyk deels ‘n skynbaar spontane dryf-
krag van ‘n strewe na hoër morele waardes te wees, soos die Nederlandse artikel,
Die jaar van Geestelike higiëne, getuig. Ander tekens is onder meer die opskerping
van die omkopery wat dikwels met die Amerikaanse lobbystelsel gepaard gaan.
‘n Tweede faktor is waarskynlik te weeg gebring deur die onbehoorlike bonusse wat
Amerikaanse bankbase aan hulself toegeken het en wat in ‘n groot mate die huidige
wêreldwye ekonomiese krisis veroorsaak het. Uiteindelik moet die uitgebuite publiek
weer deur belastings gemelk word om die finansiële instellings te red.
In ‘n sekere sin beleef ons in Suid-Afrika op ‘n kleiner skaal die wêreldtendens. Die
KwaZulu-Natalse aartappelboer, Angus Buchan trek landswyd vol stadions, en sy
Mighty Man-saamtrek op sy plaas gaan na verwagting astronomiese getalle mans
trek. Hierdie tipe reaksie kan verwag word in ‘n samelewing waar die publiek ontgo-
geld raak met waar daar nou oral duidelike tekens van korrupsie is. Selfs die reeds
gekroonde volgende president staan op talle korrupsie-aanklagte tereg. Die wapen-
skandaal prut voort, talle parlementslede staan agter die deur met die reiskoe-
ponskandaal, en kry reuse salarisse terwyl die land onder ‘n baie groot werkloos-
heidskrisis gebuk gaan.
Die bonusse wat sommige Suid-Afrikaners ook kort voor die ekonomiese krisis aan-
gebreek het, en selfs daarna, laat meer as net ‘n wrang smaak in die mond. ‘n Hof-
saak waarin Transnet daarvan beskuldig dat hy ‘n sekere groep pensioenarisse laat
honger lei met pensioene van sowat R2 000 per maand terwyl die bestuurshoof,
Maria Ramos ‘n bonus van miljoene rande getrek het, herinner skerp aan die woor-
59

de wat aan koningin Marie-Antoinette toegedig word: “As die mense dan nie brood
het nie, laat hulle koek eet.”
Volgens sommige syfers het Suid-Afrika ‘n paar jaar gelede nie net Brasilië as die
land met die grootste inkomstegaping verbygesteek nie, maar in daardie stadium
was die Suid-Afrikaanse gaping besig om te vergroot, terwyl die Brasiliaanse aan
die verklein was. Uiteraard was Suid-Afrikaanse politici, wat self betreklik milde sala-
risse en toelaes trek, nie voor in die koor om hierdie aspek aan die groot klok te
hang nie. Hierdie stilswye het ook hier bygedra tot die wêreldwye persepsie dat poli-
tici ‘n gebrek aan morele waardes openbaar.
Die ironie is dat dit juis die SAKP en Cosatu is wat, weliswaar diskreet, hierdie
aspek aanroer, en selfs die ANC hieroor knyp. ‘n Ironie, omdat dit juis daartoe kan
lei dat die ANC met stemme beloon word vir die krisis wat hy grootliks help skep
het.
Die publiek word gereeld verontrief deur munisipale stakings, maar in sommige mu-
nisipaliteite was die loongaping tussen die munisipale bestuurder en die laags-
besoldigde werkers soms in ‘n verhouding van meer as dertig tot een. Dit is veral
kommerwekkend as in gedagte gehou word dat die hoogs- en laagsbesoldigdes
soms ongeveer dieselfde kwalifikasies het.
Die aanspreek van wat baie moeilik as iets anders as uitbuiting beskryf kan word is
egter nie net ‘n sosialistiese verskynsel nie. Die Christen-demokrasie se uitgangs-
punte, aan die hand van die Bybelse voorskrifte oor die versorging van armes en
dat ‘n mens se brood in die sweet van sy aanskyn verdien sal word, word nou veral
duidelik met die wyse waarop Angela Merkel se Christen-Demokratiese Unie die
vlakke van werkloosheid aanspreek wat haar regering geërf het, maar ook maatre-
els om te keer dat die grootbase van finansiële instellings hul verwoestende stroop-
togte op hul instellings se reserwes sal kan herhaal. Entrepreneurskap word steeds
genoegsaam beloon om ekonomiese groei te steun.
Die versugting van die artikel oor die jaar van geestelike higiëne blyk ‘n sterk bood-
skap aan die wêreld te stuur, en die keer kan Suid-Afrika nie bekostig om sy reputa-
sie dat die horlosie hier dertig jaar teruggedraai is, gestand te doen nie.

Beoordeling van Cope se wel en weë—1 Maart 2009

Vanoggend lees ek Max du Preez se bydrae in Rapport nog voor ek my bloeddruk-


pil gedrink het. Dis gevaarlik.
My nuuskierigheid oor of hy weer vir Leopold vanuit ‘n onkantposisie probeer lak
het, het die oorhand gekry. Toe nou nie.
In Max se bydrae kom Cope ook aan die bod. Of almal dieselfde formules sal ge-
bruik en by dieselfde somme as Max oor Cope se steun sal uitkom, is ‘n oop vraag.
In kort: Cope het op die regte oomblik op die toneel gekom, en ‘n taamlike ruk die
regte knoppies op die regte tyd gedruk, en ongetwyfeld ‘n optimisme laat posvat dat
Suid-Afrika nou (dalk nie met die komende verkiesing al nie) op ‘n genormaliseerde
verkiesing afstuur.
Max se optimisme oor die demokrasie wat nou gedy is dalk ietwat oordrewe. Die
demokrasie, en veral grondwetlike demokrasie, bestaan uit veel meer as net stem-
reg. Persvryheid het baie daarmee te make, en so ook die behoorlike skeiding van
owerheidsfunksies, en die skeiding van regerende party en regering (wat die oppo-
sisiepartye insluit).
60

En hier haper dit, in so ‘n mate dat ‘n mens nogal regtig skaam kry vir die berigge-
wing wat Suid-Afrika se regeringsleiers hier en in die buiteland trek. Die ANC se
stemmakery oor ‘n mediatribunaal help ook nie.
Cope het in nog ‘n aspek wat Max aanraak sy nes kom skop – die post-politieke kor-
rekte era. Trouens, toe politieke korrektheid eers tuimel, het dit so vinnig gebeur dat
‘n mens amper nie kan glo dat dit basies twee jaar gelede eers die lot van die Ber-
lynse muur te beurt geval het nie. Max wys op sy eie (veel vroeër) aandeel waarvan
ek ruiterlik erken ek onbewus was. Baie later daarna moes my eie opdragwerk, Cry
Freedom too, na Amerika uitwyk omdat die plaaslike uitgewer bevind het die inhoud
is ongeloofwaardig – al is dit geskoei op eerstehandse ervaring en koerantargiewe.
Vandag gaan daar kwalik ‘n koerant-hoofartikel verby waar daar nie veel erger en
krasser die waarheid ingesmeer word nie as in bg werk.
My verstaan oor hoekom politieke korrektheid getuimel het, was dat swart redak-
teurs skielik selfrespek begin kry het – hulle wou nie meer onaantasbaar wees om-
dat hulle swart was nie. ‘n Bekende wit redakteur wie se seun se vriend nie hier te
lande kon werk kry nie, het bepaald ook ‘n rol gespeel. Verder het die “alewige
blogs” die politieke korrekte keuring van beriggewing eintlik verspot gemaak, omdat
die inligting wat in die gedrukte media weerhou is, bloot daaromheen gegaan het en
die koerante soms maar met bietjie eier in die gesig gelaat het.
Cope het ook in die era wat gevolg het op die “vakansietyd” van tien jaar (en dus
drie verkiesings) wat ‘n “bevrydingsbeweging” kry en alles wat verkeerd is op die
vorige bedeling kan pak, gevolg. Juis toe die ANC self pa moes begin staan, het Co-
pe in die verkrummelde solidariteit sy beslag gekry.
Hoekom Cope in die oë van die openbare mening bietjie stoom begin verloor het, is
‘n kwessie van debat, en verskeie standpunte is stellig waar. Cope moes byvoor-
beeld kyk waar kiesers is, en hulle is eenvoudig in die ANC, en om hulle te kan trek,
moes Cope as ‘n nie te vreemde alternatief voorhou nie. Steeds heeltemal politiek
inkorrek is dit om te wys daarop dat tradisionele aspekte soos stamverbande van
wie in watter party is, sibbes, hiërargiese posisie in ‘n tradisionele leierskap, die
stam self se status in die breër stamverband ensovoorts ‘n veel groter rol speel. Af-
gewater kan ‘n mens dit vergelyk met die tyd met die Lutherse hervorming toe die
inwoners van ‘n graafskap noodgedwonge die geloof van hul landhere moes in-
neem. Soos die landhere van Rooms na Protestants en terug verander het, so
moes die onderdane.
Dit is bykans onmoontlik om die koers hiervan van buite te voorspel.
Waar Cope na my mening die bal die verste misgeslaan het, en wat selde geopper
word, is dat Cope hom ideologies eintlik in ‘’n oorbesette posisie gaan vestig het.
Suid-Afrikaanse waarnemers is kopsku om te verwys na die posisie waar daar wel
‘n ideologiese vakature is: Die Christendemokrasie. Hiermee bedoel ek dit waarna
FW gereeld as die Wes-Europese model van Christen-demokrasie verwys. Sulke
partye is die dominante partye in die regeringskoalisies van byvoorbeeld Duitsland,
Nederland en België. In die Nuwe Wêreld is dit wat as Christen-demokrasie bekend
staan gewoonlik eintlik kleinerige, charismatiese bewegings met diktatoriale leiers.
Dit beteken egter nie die behoefte bestaan nie hier nie. Breedweg is die politieke
leiers hiervan bewus, en word gereeld gehoor van die herstel van moraliteit in die
politiek, herstel van morele waardes by die bevolking, dat korrupsie (die Wêreldbank
beskryf dit as die diefstal van ‘n land se toekoms) uitgeroei moet word, dat respek
vir wet en orde herstel moet word, ensovoorts.
In hoe ‘n mate die groeipotensiaal bestaan, blyk onder meer daaruit dat opnames
toon dat bykans 80 persent van alle Suid-Afrikaners in ‘n mindere of meerdere mate
61

teen aborsies op aanvraag gekant is, maar dit geld verskeie ander terreine.
Tog moet ‘n mens redelik ver soek na ‘n party (partytjie) in SA wat hierdie waardes
(wat met kerke se waardes ooreenstem) dominant aanhang. Die DA byvoorbeeld
gee ‘n keusevryheid aan lede oor verskeie van hierdie sake, iets wat immers net
kan geld solank die party nie aan bewind is en finale keuses moet maak nie.
Met Cope se stigtingskongres was die geleentheid so ryp soos nog nooit om by-
voorbeeld die Christen-manifes te aanvaar nie, eerder as ‘n vashaak by die Vry-
heidsmanifes. Om elke dag se verrigtinge met Skriflesing en gebed te open, is goed
en wel, maar bring die party nie in die ideologiese vakuum by Christen-demokrasie
nie. Na my wete het nog net die klein Christen-demokratiese Alliansie (CDA) die
Christenmanifes (Christian Charter) aanvaar. Die ACDP (nog) nie.
Sowat 80 persent Suid-Afrikaners dui aan dat hulle Christene is, wat in enige demo-
krasie ‘n aantreklike teikenmark moes wees.
Boonop is daar internasionaal strominge om die politiek meer waardegerig te maak.
Die omkooppraktyke waartoe die Amerikaanse lobby-praktyk hom leen het byvoor-
beeld al die koppe laat rol, en strenger en strenger oorsigmaatreëls op moraliteits-
gronde word ingestel. Uit Nederland kom ‘n interessante artikel, getiteld: Die jaar
van geestelike higiëne, en op my blog het dit baie trefslae.
Om ‘n onkreukbare Biskop – skynbaar as reddingsboei – agterna as presidentskan-
didaat aan te wys, spreek (nog) nie die kwessie van die vakante rolspelers op die
Christen-demokratiese speelveld aan nie. Tipiese Christen-demokratiese waardes
moet dwarsdeur die beleid suurdeeg, soos gesinswaardes, die reg op selfverdedi-
ging, subsidiariteit (die besluitneming so na as moontlik aan die grondvlak), ‘n sterk
landboubeleid wat terselfdertyd lewensvatbaar en groen is, en vele meer.
Ook Boesak se intrek doen min om Cope te rig waar die kiesers is: Boesak se char-
terisme is volgens sy eie geskiedenis eerder Freedom Charter gerig as Christian
Charter.
Van die ex-ANC’s wat met groot prominensie na Cope beweeg het, het ook nie ver-
troue ingeboesem vir die vorming van ‘n Christen-demokratiese party nie. In die Vry-
staat is een so ‘n persoon, toe hy nog ‘n LUR was, deur ‘n regter gewaarsku dat sou
hy weer met ‘n merietelose ssak in die hof beland, hyself, en nie die belastingbeta-
lers, moontlik die kostes sal moet betaal. Die regters is toe as wit broederbonders
uitgekryt (onder die beskerming van die Wetgewer se privilegie). Joernaliste weet
van verskriklik baie goggas soos restitusiegronde wat te midde van groot bitterheid
na politici gegaan het.
Terwyl baie Cope-ondersteuners aangesluit het in die verwagting dat Mbeki ook
gaan aansluit, sal daar na verwagting ook ‘n taamlike stroom uit wees as hy wél sou
aansluit.
Die “aanstellingsbeleid” van leiers kon net sowel gebruik gewees het om knap lede
sonder ‘n ANC-herkoms (ook) in ampte aan te stel, eerder as die by verstek senior
plasings van die Ngonyamas, Dexters, Lobe’s en ander. Dit het wel hier en daar ge-
beur, maar nie op die vlakke waar ‘n mens dit sou wou sien om vertroue op be-
kwaamheid en integriteit te bou nie.
http://fotostaatsentrum.posterous.com/
62

Belot se blaps onderstreep ANC se gebrekkige verstaan van ‘n grondwetlike


demokrasie—26 Februarie 2009

Die ANC se aanspraak dat dit demokrasie na Suid-Afrika gebring het, word bitter
dun geskaaf deur ‘n reeks optredes wat op presies die teendeel dui.
Verlede jaar, tydens die Vrystaatse jeugdagvieringe wat op staatskoste gehou is,
het mnre. Jacob Zuma en Julius Malema nie net die aandag getrek met hul wilde
uitsprake oor wie vir wat sou sterf nie, maar ook omdat hulle, wat geen staatsamp
beklee nie, by ‘n funksie teenwoordig was en opgetree het wat volledig deur die be-
lastingbetalers gefinansier is.
Dié aangeleentheid is deur die DA na die Openbare Beskermer verwys.
Onlangs het die wenkbroue gelig toe die kommunikasiehoof van die Vrystaatse
Wetgewer se naam op ‘n ANC-media-uitnodiging na ‘n ete as kontakpersoon gepryk
het. Die ANC het hom nie eens verwerdig om op medianavrae hieroor te reageer
nie.
Nou het die LUR vir Gesondheid, Sakiwe Belot, toestemming gegee dat die helfte
van Nehawu se lede ses maande lank hul energie in belang van die ANC se verkie-
singstryd kan toewys, solank die impak op dienslewering deur maatreëls versag kan
word. Na dit uitgelek het, is dit teruggetrek.
Belot se aanvanklike toestemming skrei te hemele. Dit sou al ‘n groot verskil ge-
maak het sou hy lede van die departement toestemming gegee het om hul gewig
aan die politieke partye van hul keuse in te werp, mits dit natuurlik buite-om werks-
tyd geskied. Die reëls van die trias politica in ‘n demokrasie – of te wel die skeiding
van wetgewende, uitvoerende en regsprekende gesag is immers duidelik, en ‘n ver-
kragting hiervan verkrag die demokrasie self en stroop ‘n party van sy demokratiese
vroomheid..
Kritici van Belot se optrede wys ook op beperkende bepalings in die staatsdienswet,
maar soos die wetlike verbod op weermaglede om aan vakbonde te behoort nie die
papier werd is waarop dit geskryf is nie – en so deur die howe bevestig is al is daar
is ‘n baie goeie rede vir die wetlike beperking – is die Grondwet so geskryf dat alle
burgers volledige demokratiese regte het, en kom Belot se sogenaamde toestem-
ming eintlik net op ‘n sektotale goedkeuring neer van iets waaroor hy geen seggen-
skap het nie omdat die gronbdwet dit reeds verskaf – en nie net aan ANC-lede nie.
Hoewel die Provinsiale Wetgewer se woordvoerder nou ontken dat Belot se goed-
keuring op aktiwiteite binne werkstyd betrekking het, dui die SMS wat namens hom
uitgereik is, duidelik op die teendeel.
Sou die woordvoerder reg wees, het Belot in effek nie toestemming aan ANC-
ondersteuners verleen nie, maar sou dit op ‘n ongrondwetlike handeling neerkom
om nie-ANC-lede se grondwetlike regte te beperk.
Maar selfs sonder ‘n regsvertolking sou Belot se optrede nog op politieke skoorsoe-
kery neerkom in ‘n klimaat wat reeds erg gespanne gelaai is. Belot is die samele-
wing ‘n opregte verskoning verskuldig.

Die ANC se eierdans oor dienslewering—25 Maart 2009

Die skerp taal van mnr. Ace Magashule, Vrystaatse leier van die ANC toe hy die
streekkongres van Salga in Bloemfontein toegespreek het, staan skerp in teenstel-
ling met die prentjie wat die Premier onlangs in haar provinsiale rede geskets het.
Waar Premier Beatrice Marshoff in haar swanesang geroem het op die prestasies
63

van die ANC in die provinsie, en haar min of meer horende doof vir onder meer die
gesondheidskrisis en swak munisipale dienslewering gehou het, het Magashule nou
gedreig dat sy party burgemeesters en munisipale bestuurders gaan afdank van
munisipaliteite waarvan die ouditeur-generaal ‘n ouditmening weerhou.
Dit beteken van die provinsie se grootste dorpe en stede gaan nuwe munisipale lei-
ers kry as enige waarde aan die dreigement geheg kan word, omdat munisipaliteite
soos dié van Matjhabeng by Welkom en Dihlabeng by Bethlehem pas weer weerlig
van die ouditeur-generaal getrek het.
Mangaung, wat Bloemfontein insluit, is waarskynlik ook in die pekel omdat die ANC-
beheer hier ‘n behoorlike eierdans uitvoer om nie raadsvergaderings te hou nie,
skynbaar in ‘n poging om die openbaarmaking van die verslag tot na die algemene
verkiesing uit te stel.
Na Marshoff se toespraak het die ANC in die Wetgewer, met Magashule voor in die
koor, woedend op opposisiekritiek gereageer. Trouens, erg rassistiese taal is ge-
bruik, en die DA se provinsiale leier, Roy Jankielsohn, het so ver gegaan om Ma-
gashule te daag om sy stellings buite die wetgewer, en dus gestroop van privilegie,
te herhaal.
Nou laat Magashule die sweep self hard klap. So groot is die teenstelling van enkele
dae gelede se maanskyn en rose dat dit geen wonder was dat van die afgevaardig-
des t aanvanklik gedink hy maak grappies, en gelag het nie.
Moontlik het Magashule gesien die maanskyn-en-rosepolitiek strook nie met die kie-
sers se persepsies van die werklikheid nie, en dat dit met Cope nou ook daar om in
swart geledere die tekortkominge te ontbloot, dit beter is om die tekorte te erken, en
sondebokke te soek en te dreig.
Waar die ANC nog tot ‘n hele ent in die huidige wetgewer se termyn nog probeer
het om die skuld vir wat verkeerd is op apartheid te laai, het ook hierdie taktiek in-
tussen grootliks in die sand uitgeloop.
Of die skynbare hand in eie boesem ernstig opgeneem kan word, kan ongelukkig
eers na die verkiesing bepaal word, en dan het die kiesers reeds hul oordeel met
hul kruisies verseël.

Persepsie of werklikheid—wat gaan kiesers se keuse bepaal? - 24 Februarie


2009

Dit word dikwels gesê Suid-Afrika kan slegs een werklikheid hê, maar minstens
twee persepsies van die werklikheid. Ongelukkig reageer die mens, ook in ‘n demo-
krasie, volgens sy persepsie van die werklikheid, en nie die werklikheid self nie.
En in ‘n demokrasie kry die mense die regering wat hulle verdien.Dit is dus belang-
rik dat die bevolking so goed as moontlik ingelig moet wees. Net soos die suiwer
vrye markekonomie net kan funksioneer as daar volmaakte kennis is, kan die demo-
krasie net ‘n goed ingeligte bevolking dien.
Die praktyk is egter dat baie mense nie goed ingelig is nie. Selfs nadat die media
wyd die SMS wat beweer ‘n gerekende farmaseutiese instelling in Bloemfontein be-
vind het dat daar cholera in die stad se drinkwater is as ‘n siek grap ontmasker het,
het oningeligtes voortgegaan om die gewraakte SMS aan te stuur.
Goed ingeligtes sou geweet het die voorste kenners beskryf die Rosestad se water
as gelykstaande aan die beste in die land.
Ongelukkig eindig die onkunde nie daar nie. Dit is verkiesingsjaar en dit is te wagte
dat die ANC so ‘n rooskleurige prentjie as moontlik sou skets, en die ander partye
64
dit sou bevraagteken. Twee heel uiteenlopende prentjies word geskets – een waar
dienste soos riolering in duie stort, en ‘n ander waar nie net dienslewering opgehe-
mel word nie, maar ook mense se tevredenheidsvlakke daarmee. Munisipale onlus-
te op onder meer Kuruman,. Arlington, in Noordwes en Springbok word min of meer
geïgnoreer.
Dit raak egter ernstig as mense weens ontkenning sterf. Terwyl die Vrystaatse Pre-
mier steeds ‘n krisis in Vrystaatse gesondheidsorg ontken, meen die TAC tot dertig
mense het per dag gesterf toe ‘n moratorium op nuwe Vigs-pasiënte geplaas is.
Selfs na die moratorium opgehef is, kry talle steeds nie die anti-retrovirale behande-
ling nie.
Die Vrystaatse Gesondheidsdepartement skryf sy geldkrisis toe aan gebrekkige be-
grotingstoekennings, en die DA wys uit dat die Ouditeur-generaal bevind het dit is te
danke aan ‘n onwilligheid om uitstaande rekenings te vorder en ongemagtigde uit-
gawes. Die peperduur onthale en onnodige kursusse waarop die departement per-
soneel stuur het ook al die media gehaal.
Om uiteenlopende menings bloot aan persepsies toe te skryf wat dan lewens kos, is
nie goed genoeg nie.
Vrystaat Landbou wil nou met die ANC oor die ineenstorting van dienste op die plat-
teland praat, en in dien vrugteloos, die regering ook daaroor hof neem terwyl die
hofstukke teen die regering oor gebrekkige Lesotho-grensbeveiliging waarskynlik
dié week reeds by die hof ingedien word.
Ongelukkig is daar nie genoeg tyd dat die hof dan vir die kiesers voor die verkiesing
besluit wat die werklikheid is nie. Kiesers moet dus maar self die hand uit die moue
steek en oplet wat om hulle aangaan sodat hulle ingeligte kiesbesluite kan neem.

Verkiesingsplakkaat in slaggat—23 Februarie 2009


Waarskynlik die beste voorbeeld van ‘n politieke party aan sy verkiesingsbeloftes
herinner, was die Bloemfonteinse vrou wat ‘n ANC-plakkaat in ‘n yslike slaggat in
die straat voor haar huis in Bloemfontein geplant het.Dié slaggat is reeds van De-
sember af aanwesig, en daagliks moet sy sien hoe motors daarin beland.
Intussen wil berigte dit hê dat die ANC op nasionale vlak aan die Premiers voorge-
skryf het watter lofprysings hulle oor diensleweingsprestasies in hul provinsiale re-
des moes invoeg. Dit het tot die ironie bygedra dat die ANC in die Noord-Kaap gis-
teraand op ‘n TV-program op diensleweringsprestasies in die provinsie aangedring
het terwyl daar onluste in die Noord-Kaap juis hieroor plaasvind.
Om die komende verkiesing soos ‘n gewer teen die kop van die AC te gebruik om
beloftes vir beter dienslewering af te dwing, gaan bloot net nog leë beloftes mee-
bring, of die kloof in persepsies oor wat aanvaarbare en onaanvaarbare vlakke van
dienslewering is, vergroot.
Nog onheilspellender is die ANC se reaksie op sy onvermoë om sy gewaande pres-
tasies aan die publiek te verkoop. In die Vrystaatse Wetgewer is enigeen wat dit
durf opper het onder die beskerming van privilegie as rassiste uitgeskel.
Die skyn gaan heel duidelik tot die verkiesing volgehou word, ‘n uiters gevaarlike
benadering waar meer en meer opstootjies met polisieoptredes afgesluit word.
Die verkiesing het ‘n ingeboude gewldspotensiaal, soos ook blyk deur die AZAPO-
ondersteuners wat gisteraand ‘n ander TV-uitsending oorgeneem en laat skipbreuk
lei het.
Dit is nie deel van die demokrasie nie. Mediaberigte wat dit wat haper uitwys, is wel
deel van die demokrasie, maar juis dit word dikwels deur die ANC in die tande ge-
skop.
65

Presedent oor uitlewering—21 Februarie 2009

Die instelling van die Internasionale Geregshof in Den Haag kan, as dit werk, ‘n ont-
settende invloed op die internasionale politiek uitoefen wat nou nog steeds geken-
merk word deur die beginsel dat stege gelyk en ongelyk tegelyk is, en dat state net
belange, nie vriende het nie.
Om sommer ‘n simpel voorbeeld te gebruik: Toe Saddam Hoessein Koeweit annek-
seer, is Amerika voor in die koor om die Irakese uit te skop. Al is die Koeweities nou
nie die voorste ligdraers vir demokrasie in die wêreld nie.
Maar toe Marokko die Wes-Sahara annekseer, het dit die stewige bande met die
Yanks nie ‘n titseltjie negatief beïnvloed nie – nie een die feit dat dit gemaak het dat
Marokko uit die Organisasie vir Afrika-eenheid en sy opvolger, die Afrika-Unie ge-
skop is nie.
En nee, die Yanks weet heel goed dis bollie dat Spanje Wes-Sahare vir Marokko
gegee het (en ook nie eens die hele gebied nie). Spanje het dit duidelik gemaak hul-
le het net die administrasie, nie soewereiniteit nie, aan Marokko en Mauritanië ge-
gee.
En as die Yanks dalk voorgee hulle het dit gemis: Bollie, Herrie het dit ook persoon-
lik onder hul aandag gebring. Al lankal.
Maar dis nou net ‘n demonstrasie oor internasionale politieke opportunisme waar-
aan alle state hulle skuldig maak.
En nou gebeur ‘n paar dinge. Die belangrikste is seker dat België Senegal by die
hof gaan verkla het omdat Senegal versuim om die Tsjaadse oud-terroris en dikta-
tor, Hissien Habre aan die hof uit te lewer om weens misdade teen die mensdom
tereg te staan. Habre is wel in Tsjad ter dood veroordeel, maar woon in Senegal in
ballingskap blykbaar in ‘n luukse villa, amper so rojaal soos die Aristides in Suid-
Afrika op die koste van ons brandstofheffings.
En nee, sê Senegal, hulle het regsadvies ingewin, Habre kan nie ‘n tweede keer vir
dieselfde misdryf verhoor word nie (dis nou die een waarvoor hy in Tsjad die dood-
straf opgelê is).
Dis die opperste juridiese akrobasie, maar slaag glad nie, omdat België wil hê hy
moet vir ander misdade teen die mensdom as dit waarvoor hy die doodstraf op die
lyf geloop het, teregstaan.
Nou wil Herrie net sê, die doodstraf is blykbaar ook nie meer altyd wat dit was nie.
Nog ‘n ter doodveroordeelde oud-diktator wat in luukse in ‘n villa woon, is Haile
Mengistu Mirriam van Ethiopië wat ‘n gas van Mugabe is.
Mugabe het alle vertoë van Ethiopië om Mengistu uit te lewer, afgewys. Menigu het
immers nie ‘n staatsgreep teen een van sy diktatorvriende soos in Ekwatoriaal -
Guinee probeer uitvoer nie.
België grond sy versoek dat Habre voor die Den Haagse Hof gedaag moet word op
die onregte wat Habre teen gewese Tsjadse, maar nou genaturaliseerde Belgiese
burgers gepleeg het.
En dit skep ‘n interessante presedent. In België en Nederland sal daar stellig ook
oud-Ethiopiërs en oud-Zaimbabwiërs wees. En hulle sal nou geregtig wees dat bei-
de Mengistu en Mugabe in Den Haag moet kom teregstaan.
Hulle hoef bloot aan te voer en getuienis te lewer dat Mengistu nie vir al die misdry-
we teen die mensdom in sy eie land verhoor is nie. Oud-Zimbabwiërs kan waar-
skynlik ook ‘n saak teen Mengistu, glo die argitek van Mugabe se martelinstrumen-
te, uitmaak.
Mugabe self sal baie moeilik ‘n verweer kan opper vir sy betrokkenheid by growwe
66
menseregteskendings.
Alles hang natuurlik af of die wêreld ruggraat genoeg gaan hê om hard genoeg druk
vir uitlewerings – en dis onwaarskynlik.

Nou moet grondwet kiesers teen hulself beskerm—20 Maart 2009

In ‘n demokrasie verdien die publiek die regering wat hulle kry.


Die rioolvlakke waartoe debatvoering in die Vrystaatse Wetgewer tydens die repliek
op die premier se misplaaste Premiersrede gedaal het, strek nie die provinsie se
kieserspubliek tot eer nie.
Die feite spreek vanself dat die premier in haar swanesang ‘n nie-bestaande utopie
oor die provinsie geskets het, en dié wanvoorstelling het vanjaar skerper as in die
verlede onder die ontleedmes deurgeloop omdat ‘n allerbelangrike algemene verkie-
sing op hande is. Volksblad noem die gesketste Utopia eerder ‘n bankrot boedel.
Die teiken van die venyn was in hoofsaak die DA se provinsiale leier, mnr. Roy Jan-
kielsohn. So erg is hy van onder meer rassisme beskuldig dat hy sy aanklaers uitge-
daag het om die stellings buite te herhaal waar hulle nié deur privilegie beskerm
word nie.
Volgens alle aanduidings was die waghondfunksie van die Speaker wat moes toe-
sien dat sake nie so handuit ruk nie, gister effektief disfunksioneel.
Die tragedie is dat die opjaag van polarisasie soos dit nou gebeur, juis nie nou be-
kostig kan word nie. Politieke oproer met arrestasies het in ‘n enkele week in Noord-
wes, die Vrystaat en Noord-Kaap plaasgevind, van die betogers in die Vrystaat kry
hospitaalbehandeling nadat hulle met rubberkoeëls geskiet is, en hierdie soort voor-
valle is blykbaar so alledaags dat dit net uiterste beperkte nuusdekking in hoofsaak-
lik die gemeenskapspers geniet. ‘n DA-vergadering is in Sasolburg ontwrig, en die
ANC wie se ondersteuners skynbaar die moeilikheid begin het, blameer die DA self
daarvoor.
Ten spyte hiervan hou die regerende ANC vol om ‘n rooskleurige prentjie te skets.
Die vlakke van debatvoering gister skets egter ‘n onheilspellende prentjie oor die
kwaliteit leiers wat die Vrystaatse kiesers volgens aanduidings weer na die Wetge-
wer gaan stuur. Dit gee inhoud in die wye aanname onder talle politieke wetenskap-
likes dat die ANC heimlik die breedspakerige jeugleier, Julius Malema as uitlaatklep
vir ‘n segment van die ANC se kiesers benut. Malema sou volgens aanduidings in
gister se debat maar vaal en gematig gelyk het.
In ‘n grondwetlike demokrasie is die grondwet gewoonlik so geskryf dat dit darem
die kiesers in ‘n mate teen hul eie onverantwoordelike keuses beskerm.
Dit is juis hierdie aspek wat die DA nou ondersoek, naamlik: Is daar nie ‘n grondwet-
like meganisme om te voorkom dat die kiesers die land onherroeplike skade berok-
ken deur Jacob Zuma tot volgende president te verkies nie?
Volgens die regsadvies wat die DA inwin, lyk dit asof daar ‘n moontlikheid is dat Zu-
ma wel gediskwalifiseer kan word, omdat sy presidentskap onhoudbare konflik van
belange oor sy vervolging op ernstige aanklagte teweeg sal bring.
So na aan die verkiesing lyk dit asof die ANC in verskeie opsigte nie ‘n plan B in
plek het nie. Met die Niehaus-onthullings word erg lomp gespartel om skadebeheer
toe te pas, aangesien alle eiers blykbaar in een mandjie was.
Enige moontlike plan B sou Zuma nie president kon word nie, is blykbaar die afgelo-
pe paar maande stelselmatig afgetakel. Die staaspresident is duidelik tot waarne-
mende president afgerangeer, en is die toutjies wat sy doen en late beheer styf ge-
67
trek om te keer dat hy die statuur van ‘n waardige president kan ontwikkel. Niemand
durf in Zuma se skadu groei nie.
Dit laat die howe nou as laaste hoop om kiesers teen hulself te beskerm.

Herrie se kerrie—alles oorle’ apartheid se skuld—19 Februarie 2009

Herrie het pas ‘n baie verskoning gekry vir alles wat hy droogmaak. Blameer net al-
les op apartheid, soos wat mnr. (is dit ooit meneer?) Carl Niehaus nou maak.
Dis toe Herrie so terugdink. Dat Herrie besef hoeveel skade hy sielkundig weens
apartheid gely het, eb hoeveel hy met Carl met kwalifikasies en toekennings en so
aan in gemeen het.
Kom dit by kwalifikasies, dan staan daar op Herrie se CV hy het ‘n loodgieterskur-
sus deurloop. Maar ‘n papier het Herrie nie. Miskien het die feit dat hulle vroeg in die
kursus vir Herrie kom sê het die kursus is nie vir hom bedoel nie (Herrie was die
enigste wit Afrikaan op die kursus) iets daarmee te make gehad. Danksy Herrie se
bevoordeling uit oorlede apartheid was Herrie ook die enigste kursusganger met
twee grade. Herrie is ook nooit ingelig dat hy dit nie gemaak het nie, en Herrie weet
ook nie of iemand ooit papiere gekry het nie.
Nog ‘n kursus wat Herrie deurloop het en nie die papiere voor kan toon nie, is die
Staatsdienskommissie se “Written English.” Herrie dink darem nie hy het gepluk nie,
want niemand het papiere gekry nie, ook nie die provinsiale regering se amptelike
vertaler nie.
Soos Niehaus het Herrie ook ‘n toekenning, ‘n hoë eerbewys gekry sonder die pa-
piere om dit te toon. Herrie se aktivistiese verlede het baie daarmee te make. Jare
gelede ken die SA Stigting, die ou Springbokstigting, ‘n eerbewys aan Herrie toe vir
die rol wat hy gespeel het om tussengroepverhoudinge in Suid-Afrika te bevorder.
‘n Kaapse kollega het die er ook al te beurt geval, en die toekenning is by ‘n funksie
deur die Administrateur aan hom oorhandig.
Herrie het geweet hy het die toekenning gekry en wag toe op nuus oor die oorhandi-
ging. Op ‘n dag lewer die bode dit in ‘n koevert by Herrie af. Geen briefie by nie,
niks. Die SA Stigting het dit wys geag om dit aan Herrie se hoofdirekteur te stuur
met ‘n briefie om beleefde te vra dat hy die reëlings tref.
Herrie was die bliksem in. Herrie het juis in sy gesprek met die SA Stigting genoem
welke erge politieke teenstand hy van sy base kry. En toe loop pos hulle dit nog vir
die voorbok – die einste een wat lank gekeer het dat die Vrystaat weens politieke
redes streeksdiensterade kry.
Toe pos Herrie die toekenning terug. Met ‘n briefie om te sê hoekom.
En ja, die SA Stigting was te slapgat om die kwessie met die Administrateur of LUR
op te neem.
Nou het Herrie nie die toekenning waarop y die heel trotste sou wees nie.
Herrie se geskiedenis as “linkse” aktivis het egter al jaer tevore begin. Herrie het by-
voorbeeld die ongehoorde op skool gedoen om te sê die geskiedenisboek, wat na
die Spaans-Amerikaanse kolonies Mexiko en Brasilië verwys, is verkeerd. Brasilië
was Portugees. Die onnie, en latere prof., wou Herrie nie glo nie en het voor die klas
‘n gek van Herrie gemaak. Presies hoe intelligent hy is, blyk daaruit dat hy later die
NNP se navorser was.
Op Universiteit is op Herrie jag gemaak oor hy gesê het die Dooyeweerdse wysbe-
geerte wat hulle so verdraai aangebied het dat na die “Christelike beleid van apart-
heid, v die humanistiese beleid van gelykstelling” is ‘n bol tjol. En al het Herrie hom
68
meer diplomaties uitgedruk, was dit onnodig want kwater kom hulle nie vir Herrie
wees nie. Duie enigste handboek wat Herrie regtig weggooi het was “Vernuwing en
Bezinning” van Herman Dooyeweerd.
Maar by die destydse PAO het Herrie die ergste stem dikgemaak. Toe die Tak Ge-
meenskapsontwikkeling met sy jaareindfunksie nie sy eie swart LUR nooi nie, maar
‘n ander wit LUR, toe bedank Herrie uit die klub.
Toe ‘n amptenaar Herrie bel om te verneem na ‘n ongeluk wat een van Herrie se
mense – hy het na die k.... verwys – gemaak het, sê Herrie die man staan hier by
Herrie, praat sommer eerstehands.
“Moet ek met die k.... praat?”
Na die oproep bel Herrie sy toesighouer en maak dit duidelik Herrie verkla hom nie,
maar binnekort is Lekota-hulle in tsjaarts en dis dalk net goed om hom teen homself
te beskerm.
Sommer met die instap met die nuwe bedeling word Herrie “regs.” ‘n Klomp poste
word vir regstellende-aksiedoeleindes ontvries. Herrie maak ‘n punt daarvan om die
kandidate te leer ken. En so kon Herrie keer dat die voorsitter by voorbaat “wittes”
soos Van Tonder (‘n swart man van Tweespruit en boonop groot ANC-
ondersteuner) sonder onderhoud uitgooi, en ‘n Roets van Heilbron, een van mnr.
Pienaar (ook bruin) se topleerlinge by die Philip Sanders Hoërskool.
Herrie kry nie die definisie dat iemand wat “regs” is iemand is wat nie glo swart men-
se is meer gelyk as wit mense nie. Veral nie waar wit, swart, bruin en so aan op die
wetboek afgeskaf is.
In Herrie se jong dae van aktivisme het hy ook ‘n bom of wat laat afgaan. Soos toe
iemand by NI waar Herrie gewerk het ‘n plastiese bottel gedeeltelik met water en
droë ys gevul in Herrie se kantoor kom indruk het. Herrie het egter gewerk, en nie
geslaap nie, en toe maar die bom by die kantoor langsaan gaan indruk.
Skaars die deur toegemaak, boem, en die skuldige sopnat.
Maar eintlik was booby trêps Herrie se kos. Veral met Peet wat oorkant Herrie ge-
werk het en nooit, soos die voorskrif was, sy kantoor gesluit het as hy uitgaan nie.
By geleentheid kom hy terug, en merk aan die weerhakies wat by sy sleutelgat uit-
hang daar is fout. Hy pluk sy ongesluite deur oop, en lag vreeslik vir Herrie wat so

Swanesang terwyl Rome brand

Dit is amptelik bekend dat die Premiersrede van Beatrice Marshoff gister ook haar
politieke swanesang was.
Sedert sy Premier geword het, was haar Premiersredes en verskeie ander belangri-
ke toesprake in omstredenheid gedompel. Dit het jaarliks min of meer dieselfde pa-
troon gevolg – ‘n rooskleurige prentjie wat geskets is van ‘n provinsie se ratwerk wat
goed geolie loop, en opposisiepartye wat daarna met vers en kapittel daarop wys
dat sommige gegewens blote wensdenkery van haar toespraakskrywers en advi-
seurs was.
Tot haar eer – indien werklik bewys is dat iets onwaar was, veral as sy skynbaar
doelbewus deur adviseurs mislei is, het sy in haar repliek die opposisie nie daaroor
gestriem nie. Een so ‘n voorbeeld was toe sy drie jaar gelede aangekondig het dat
munisipale wykskomitees in alle Vrystaatse wyke ingestel is. Toe die ACDP dit be-
twis, het sy woedend vir bewyse gevra, en daarna ‘n stilswye hieroor gehandhaaf
nadat bewyse voorgelê is.
Verlede jaar het sy egter die rug styf gemaak toe sy daarop gewys is dat haar stel-
ling dat Statistieke Suid-Afrika hoë vlakke van tevredenheid met dienslewering in die
69
provinsie bepaal het, nie met feite strook nie. Statistieke SA doen nie meningspei-
lings nie, en syfers oor vlakke van werklike dienslewering is waarskynlik gebruik om
vlakke van tevredenheid te toon.
Vanjaar het sy opnuut na vlakke van tevredenheid aan die hand van peilings ver-
wys, weliswaar afgeskaal van ‘n koers van by die tagtig persent na 52 persent nou.
Die jongste Ipsos-Markinor-peiling, wat daarop wys dat landswyd 42 persent mense
ontevrede met regeringsoptrede is, en slegs 38 persent tevrede is, dui inderdaad
daarop dat die inwoners van die Vrystaat die hoogste vlakke van tevredenheid aan-
dui, en wel 61 persent, dus hoër as wat die Premier aangedui het, maar veel laer as
wat sy verlede jaar opgedis het. Hierdie peiling meet egter die persepsie oor die
provinsiale regering se vertoning oor die hele front, en nie dienslewering nie, wat
dikwels ‘n munisipale funksie is.
Terwyl die premier die rooskleurige prentjie skets, herstel mense in die hospitaal na-
dat hulle deur die polisie met rubberkoeëls geblaker is toe hulle op Arlington teen
swak dienslewering betoog het. Bykans almal wat uit die ANC na Cope dros, voer
swak dienslewering as rede aan. Koerante is vol berigte van mense wat groot moei-
te ondervind om reaksie van munisipaliteite te kry om rioolverstoppings te kom reg-
maak. Berigte oor rioolsuiweringsaanlegte wat kapot is, selfs na hofbevele gekry is,
en rou riool wat in waterbronne gestort word, is daagliks in die pers. Op ‘n enkele
uitsondering na is ouditeur-generaal;verslae van Vrystaatse munisipaliteite rillers, en
die weerhouding van dienstegeld deur belastingbetalersverenigings is in die meeste
groot munisipaliteite in swang, waaronder dié wat vanuit Welkom, Kroonstad en
Bethlehem bedryf word.
Dit lyk ook of die Premier vasbeslote is om die politieke toneel te verlaat sonder dat
die twis tussen haar en die Wetgewer oor die aanstelling van die Vrystaatse Jeug-
kommissie opgeklaar is. Hier het sy ‘n verdoemende verslag van die Openbare Be-
skermer op die lyf geloop en konsekwent geweier om die OB se aanbevelings te im-
plementeer.
Ook die Vrystaatse Ontwikkelingsplan wat ten duurste met ‘n funksie in Oliewenhuis
se Reservoir bekend gestel is, is daarna deur die Kantoor van die President afge-
keur. Dit is hierna deur die UV se Sentrum vir Ontwikkelingstudies, wat aanvanklik
soos die meeste kundige rolspelers uitgesluit was, oorgedoen.
Haar kantoor het ook teenspoed in die Staatsdienskommissie se verskillende evalu-
asies gekry.
Opposisiepartye is ontevrede omdat sy nou so ‘n rooskleurige prentjie skets terwyl
mense weens die provinsie se gesondheidskrisis sterf, en ‘n groot groep verpleeg-
kundestudente na oproer huis te gestuur is omdat hul beurse weens die geldkrisis
eers in April betaal kan word. Die Vryheidsfront Plus betwis openlik die lae werk-
loosheidskoers wat sy vir die provinsie gegee het.
Hoewel Marshoff se termyn nie so rooskleurig is soos wat uit haar amptelike toe-
sprake blyk nie, is daar wye kommer oor haar aangewese opvolger, die populistiese
Ace Magashule. Magashule se heel eerste departement as LUR, die departement
van Ekonomiese Sake, is na ‘n verdoemende verslag van die Openbare Beskermer
ontbind. Hy is hierna periodiek as LUR aangewend, onder meer by landbou, waar
sy bestuur die wenkbroue laat lig het. Hy het onlangs tot in die buiteland media-
aandag getrek oor vergelykings wat hy tussen Zuma en Jesus getref het.
70

Het Pikoli werklik vlerkies?

Het advokaat Vusi Pikoli werklik so ‘n vlekvrye geskiedenis as wat opposisiepartye


opgee?
In die opspraakwekkende Arbeidshofsaak van Tshishonga v die Minister van Justi-
sie en Grondwetlike Sake in 2006, kom Pikoli nie skotvry daarvan af nie.
M.M. Tshishonga was ‘n adjunk-direkteur-generaal van Justisie, en Pikoli die direk-
teur-generaal. Een van Tshishonga se opdragte was om korrupsie wat die Kantoor
van Insolvente Boedels geteister het uit te roei.
Hy het egter gou ongemaklik begin voel oor die manier waarop die destydse Minis-
ter van Justisie, dr. Penuell Maduna ingemeng het om kontrakte vir mnr. Enver Mo-
tala te bekom.
Tshishonga het sy ongelukkigheid teenoor Pikoli geopper, en ‘n kopie van die King-
horn-verslag oor beweerde korrupsie in die eenheid aan Pikoli besorg. Pikoli het eg-
ter nie daarop gereageer nie.
Tshishonga het hom vervolgens na die Openbare Beskermer, die ouditeur-generaal
en die Staatsdienskommisie gewend, en toe dit ook nie reaksie ontlok nie, hom op
dr. Essop Phad, minister in die Kantoor van die Presidensie beroep.
Pahad was onwillig om die mat onder Maduna uit te ruk, en het voorgestel dat Pikoli
‘n gesprek tussen Maduna en Tshishonga belê. Hiervan het egter dadels gekom, en
Tshishonga het hom op laas na die media gewend, iets wat Pikoli hom sterk ont-
moedig het.
Onder Tshishoga se bewyse dat alles nie pluis was nie, was dokumentasie dat Mo-
tala van Julie 2000 tot September 2003 likwidasiekontrakte ter waarde van R583
miljoen gekry het, en ander likwidateurs in die orde van R1 miljoen. Op 12 Oktober
2003 het Maduna die handdoek te midde van slegte publisiteit ingegooi en bedank.
Op 14 November het Pikoli ‘n hofbevel gekry wat Tshishonga verbied om sekere
inligting te gebruik. Die hofbevel het twee dae later egter in die slag gebly. Op 5 De-
sember 2005 het Pikoli Tshishonga van wangedrag aangekla. Tshshonga het egter
sy skorsing suksesvol in die hof ter syde laat stel, maar Pikoli het geweier om die
Arbeidshofbevel toe te pas.
Tshishonga is uiteindelik onskuldig bevind, maar Pikoli het aangevoer die vlakke
van wantroue was van so ‘n aard dat die herstel van Tshishonga se posisie nie oor-
weeg kon word nie.
Terwyl Pikoli se beeld ‘n knou weg het, het Tshishonga belangrike regsgeskiedenis
gemaak. Die arbeidshof het bevind dat Tshishoga geen ander keuse gehaad het as
om die bewerings na die media te neem nie, nadat alle opsies wat die We op die
Beskermde bekendmaking van Inligting (die sogenaamde fluitjieblaserswet) danksy
onder andere Pikoli en Pahad vir hom onmoontlik gemaak is.
Pikoli is hierna as hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag aangestel.
Bron: Tshishonga v Minister of Justice and Constitutional Development and
Another (JS898/04) ZALC [2006] ZALC 183; [2006] 104 (26 December 2006) IN
THE LABOUR COURT OF SOUTH AFRICA

HELD AT JOHANNESBURG, CASE NO: JS 898/04


71

Afrikaanssprekende jonges se persepsies

Moet dit as kommerwekkend beskou word dat jong Afrikaanssprekendes in ‘n opna-


me van Afriforum, korrupsie onder die aspekte uit ‘n lys van twaalf wat hulle pla, dié
euwel amper laaste geplaas het?
Dat die jong mense se koppe minstens ten dele reg aangeskroef is, blyk daaruit dat
hulle misdaad en gebrekkige moraliteit onderskeidelik bo, en amper bo-aan die lys
plaas.
Ook in die Ispos-Markinor-opname wat ‘n deursnee van die Suid-Afrikaanse same-
lewing verteenwoordig kom die vreemdheid na vore dat misdaad as bykans die top-
probleem beskou word, maar korrupsie onder die minder ernstiges, maar darem ho-
er as by die Afrikanerjeug. Ipsos-Markinor het nie die behoefte aan, of gebrek aan
moraliteit gemeet nie.
Is daar ‘n wye wanpersepsie oor die omvang, of oor die erns van korrupsie in die
land? Suid-Afrika is immers 45ste op die korrupsie-persepsie-indeks. Suid-Afrika
vaar swakker as Botswana, maar word op bykans elke verwante indeks deur ander
Afrika-lande getroef. Met berigte oor die omstrede wapentransaksie, die reiskoepon-
skandaal, die aangewese president wat van bedrog en korrupsie aangekla word, ‘n
LP wat ‘n heldeafskeid kry toe hy tronkstraf opgelê is en weer ‘n helde-ontvangs te
beurt val toe hy sommer gou vrygelaat is, ‘n gewese burgemeester van Mangaung
en ‘n wye kring om hom wat van korrupsie en rampokkery aangekla word terwyl
daar weer vrae oor moontlike tenderongeruimdhede is na hy reeds uit sy pos verwy-
der is, is maar enkele van die voorbeelde dat die omvang van korrupsie werklik rede
tot kommer is.
Of word korrupsie self nie as ernstige misdaad beskou nie? Baie kultuurgebruike
grens immers aan korrupsie, soos die gee van geskenke om die ander se hart bly te
maak, en so op voorkeurbehandeling te hoop.
Suid-Afrika kan hom egter nie op kultuurgebruike of wanpersespsies beroep nie. Die
Wêreldbank beskou korrupsie as die diefstal van ‘n land se toekoms, en dit alleen
behoort dit vir die ongelowige Tomasse duidelik te maak dat korrupsie uiters onaan-
vaarbaar behoort te wees.
Waarnemers meen Suid-Afrika het tot enkele jare gelede nog weens politieke kor-
rektheid eintlik ‘n erge vorm van inligtingsensuur beleef. Dit het na bewering kans
gegee dat korrupsie – wat ook in die vorige bedeling teenwoordig was – endemies
kon word. Soos soms tong in die kies opgemerk word: Die huidige regering het kor-
rupsie nie uitgevind nie, net vervolmaak. Swart redakteurs wat vreesloos die skanse
van politieke korrektheid afgetakel het kry baie van die krediet dat inligting oor wan-
praktyke nou in ‘n groter mate in die openbare domein is.
Maar ‘n groot deel van die jeug maak blykbaar nie gebruik van die luukse om goed
ingelig te wees nie.

Die artikel oor SA se posisie op verskillende indekse kan gelees word by:
Investment trust and indexes
72

Waar laat meningspeilings ons? - 17 Februarie 2009

Met die komende algemene verkiesing reeds geproklameer, was meningspeilings


waaruit ‘n waarnemer redelike afleidings oor die uitslag kan maak, bitter min en dik-
wels hoogs omstrede.
‘n Lastigheid is dat die beste peilings nog nie die Cope-impak kon verreken nie.
Afleidings moet dus uit subjektiewer en onbetroubaarder metodes gemaak word,
soos die bestudering van tussenverkiedsingsuitslae.
‘n Aanduiding van hoe onseker die speelveld is, is die wyd-uiteenlopende skattings
wat oor Cope se lidmaatskap gemaak word. Aan die een kant word voorspel dat Co-
pe ‘n paar provinsies by die ANC kan afneem, en aan die ander kant meen sommi-
ges die party sal ongeveer drie persent steun kry. ‘n Peiling, wat deur min ernstig
opgeneem is, het Cope se steun op ongeveer een persent gestel.
Cope is egter nie die enigste party wat teen die ANC te staan kom nie. Trouens,
daar is bykans ‘n 150 partye in Suid-Afrika geregistreer, maar nie almal sal uiteraard
deelneem nie, en van hulle herinner aan vreemde randakkers soos Kiss en Soccer
wat kleur aan vroeë verkiesings gegee het.
Baie van die ANC se steun is bereken op ‘n stroom inligting wat op groot tevreden-
heid by kiesers oor dienslewering en ander ANC-prestasies dui, en die SA Buro vir
Rasse-aangeleenthede het op grond hiervan selfs ‘n twee derde meerderheid voor-
spel.
Hierdie aanname is deels op persepsies en deels op syfers geskoei, soos wat ook
oud-pres. Thabo Mbeki in sy laaste presidensiële verslag gebruik het.
Hierdie gegewens staan egter in skrille kontras met ander opnames, soos opnames
van Ipsos-Markinor, wat al ‘n geruime tyd op groeiende ongelukkigheid met diensle-
wering by die publiek gedui het. Nog voor inflasie regtig as groot probleem geïdenti-
fiseer is, het net 30 persent van die mense in so ‘n opname hul tevredenheid met
die regering se hantering hiervan uitgespreek. Eskom se teenspoed het ook eers na
die opnames gedoen is gekom. Die aanduidings was dus meer as ‘n jaar reeds
teenwoordig dat kiesers nie meer so tevrede was as wat regeringsyfers dit wou hê
nie.
Die jongste Ipsos-Markinor-peiling dui nou ook aan dat meer kiesers ontevrede is
oor dienslewering as wat tevrede daarmee is, die eerste keer sedert die peilings in
die negentigerjare aangepak is. Dit beteken egter nie dat die ANC nou minder as
die helfte van die stemme gaan kry nie, lojaliteit en Suid-Afrikaners se geneigdheid
om ‘n gat in die kop gepraat te word loop diep.
Intussen kom voorvalle van geweld oor dienslewering reeds by herhaling voor. Die
afgelope paar dae is mense tydens sulke opstootjies by Kuruman en Arlington gear-
resteer, en in laasgenoemde geval is ‘n hele aantal weens polisieoptrede in die hos-
pitaal opgeneem.
Die min mediadekking wat dit gekry het, dui nie op die konflikpotensiaal wat hierin
opgesluit is nie. Arlington is juis op een van die Vrystaatse sogenaamde foutlyne,
waar sommige dorpe in die munisipaliteit oorwegend Zoeloe, en ander oorwegend
Suid-Sotho is, en die een gemeenskap die ander gereeld van bevoordeling verdink.
In die verlede het hierdie aspek geblyk ‘n vonk in die kruitvat te wees, en het oproer
soos veldbrande langs die foutlyne langs versprei, beginnende by Harrismith en ein-
digende by Oranjeville.
Ook die onluste so twintig kilometer buite Kuruman in die rigting van Vryburg dra ‘n
ligte foutlyn-kenmerk waar die ou BOP-grense ‘n rol speel. ‘n Onlangse grensver-
skuiwing tussen die Noord-Kaap en Noordwes het ook nie veel bygedra om die ge-
73

moedere te kalmeer nie, en oproer het al voorgekom onder gemeenskappe wat on-
derskeidelik terug by die Noord-Kaap en terug by Noordwes geplaas wil wees.
Die ANC se vakansietyd om alles wat verkeerd is op apartheid te plaas het soos
voorspel grootliks na die vorige verkiesing uitgeloop. Dié veranderde werklikheid is
nie doeltreffend aangespreek nie, en ‘n persepsie van verrotting met verskanste kor-
rupte belange loop ongelukkig wyd.
Voeg hierby die Cope-faktor, en vir die voorverkiesingsklimaat is dit ook nie werklik
belangrik of Cope een persent, of dertig persent steun geniet nie.
Ander partye het moed geskep en sit skouer aan die wiel om uit die vermeende lug-
leegte wat ontstaan het munt te slaan. Baie water moet nog in die see loop, maar dit
is moeilik om te sien hoe die ANC nie in die komende verkiesing ‘n knou gaan weg
hê nie.
Hoewel Suid-Afrika soos verskeie ander lande in die wêreld geraak word deur ‘n
satheid met politiek-morele brankotskap, en die aanspreek van korrupsie hoog op
partye se verkiesingsagendas is, dui beide Ipsos-Markinor en ‘n peiling onder jong
Afrikaanssprekendes deur Afriforum dat korrupsie nie hoog op die agenda is nie.
Misdaad is wel, en by die Afriforum-peiling ook moraliteit. Ipsos-Markinor en ander
ervare peilingsinstellings sal waarskynlik nog nie ‘n behoefte aan moraliteit in poli-
tiek op hul vraelyste aangebring het nie, maar dit beteken nie dat dit afwesig is nie.
Op die internet kry artikels wat hieroor handel baie trefslae

Verkiesing en vroeë tekens van geweldspiraal—16 Februarie 2009

Die jaar 2009 staan nog in sy babaskoene, en reeds vertel koerante se argiewe vir
hierdie jaar ‘n onheilspellende storie oor die geweldspotensiaal wat oor swak diens-
lewering in die aanloop tot die komende algemene verkiesing teenwoordig is.
By Kuruman is agt mense reeds weens oproer oor beweerde swak dienslewering
agter tralies, maar hierdie kruitvat is ongelukkig nie die enigste in die land nie.
Dit beteken dadels dat mense gereeld spog oor hoe hulle geveg en opgeoffer het vir
die daarstelling van demokrasie, maar dan word die einste demokrasie deur ge-
welddadige optrede in die tande geskop.
Afgesien van stemreg, bied die grondwetlike demokrasie ‘n verskeidenheid mega-
nismes om ploeteraars en korruptes tot verantwoording te roep, soos persvryheid,
die reg tot optogte, openbare debat, en die reg om as kandidaat te staan.
Gewelddadige optredes is beslis nie deel hiervan nie.
‘n Reeks faktore veroorsaak dat die komende verkiesing dalk die grootste gewelds-
potensiaal in jare het. Die ontstaan van Cope en die wegruk van mense uit die hart
van die ANC is stellig een. Boonop het Cope gesien hoe ‘n party soos die IVP krimp
nadat dit opgehou het om rug styf te maak in die aangesig van intimidasie en selfs
geweld.
Gisteraand, op RSG se Kommentaar, is die moontlikheid openlik bespreek dat die
ANC heimlik sy losbekkige jeugleier, Julius Malema, toelaat om sy onhebbelikhede
kwyt te raak om as uitlaatklep vir ‘n sekere gehoor in die ANC te dien. Die implika-
sies, sou die aanname korrek wees en dit blyk ongelukkig in hierdie stadium ‘n ge-
regverdigde standpunt te wees, is dat die versoeke dat kiesers verdraagsaam moet
wees blote lippediens is om die media en die OVK te sus.
Dit het reeds onheilspellend duidelik uit uitsprake uit die geledere van Cope, die IVP
en die UDM geword dat hierdie partye nie bereid is om as bangbroeke respek en
74

steun te verloor nie, en duidelik gaan rug styfmaak teen intimidasie en geweld.
Boonop is dienslewering in belangrike opsigte nie op peil nie, al gee die regering en
die ANC deurlopend hoog op oor prestasies wat hiermee behaal is. Die publiek voel
egter self die riolering wat in strate afloop en in erwe oorkook, gevaarlike drinkwater,
slaggate waarin iemand pas weer gaan bome plant het en gesondheidsdienste wat
noustrop trek die tekorte aan die bas.
Ten spyte van waarskuwings deur politieke wetenskappe dat die blamering van
apartheid nie meer sal deug nie, het die ANC aanvanklik hierdie vakansietydperk
van tien jaar nog langer probeer rek, tot dit duidelik geblyk het dit deug nie meer nie.
Toe is a la Bob met populisme probeer, soos omstrede onteieningswetgewing voor
te stel. Amptenary en ander onkundiges wat die vashaak van die grondhervior-
mingsproses op die boere se brood smeer is selde, indien ooit, in die bek geruk,
sonder in ag neming van die konflikpotensiaal wat hierdie optredes skep.
Dit was selfs nodig om die Menseregtekommissie op appèl te neem om “Kill the
Boer, kill the farmer” tot haatspraak verklaar te kry, maar dit word ongelukkig nog
gereeld gehoor, terwyl die land se waarskynlike volgende president steeds na sy
verlore masjiengeweer soek.
Stemreg is uiteindelik die uitlaatklep, en Suid-Afrika kry nou die geleentheid om sy
demokratiese volwassenheid te demonstreer.
In die Noord-Kaap, war agt mense nou weens oproer gearresteer is, het provinsiale
grensverskuiwings reeds tot verskeie voorvalle van geweld gelei. Die Noord-Kaap is
egter nie die enigste provinsie wat so geraak is nie.

Brolloks spoeg politiek uit sy mond

Brolloks is nou juis iemand wat hom met die politiek ophou nie. Brolloks is te vreed-
saam en te lief vir die waarheid, al sê Mahalangu ook nou hoeveel keer dis in die
haak in vir politici om kluitjies te bak, en al het hy ook hoeveel dissipels wat hom nie
in die skande probeer steek nie.
Herrie het ook sy rybewys vêr en skwêr gekry – was glad nie nodig om Speaker te
word om ene gekoop te kry, en dan later adjunk-president te word nie.
Maar eintlik gaan dit daaroor dat Herrie nie kop of agterent van die politiek uitmaak
nie. Soos Herrie sukkel om te verstaan hoekom iemand baie moralisties opgetree
het deur bomme in byvoorbeeld ‘n burgerlike vrouekroeg te laat ontplof, of \babas
op ‘n plaaspad die ewigheid in te blaas.
So lyk dit vir Herrie, ‘n man moes net nie “struggle-boekhouding” gaan toepas het
nie, want al kry ‘n man later volle presidensiële kwytskelding is ‘n man se doppie in
die ANC geklink.
Dis verkeerd om dit in ‘n man se Broeksak te steek, smaak dit vir Herrie, solank
mens NieHuis daarmee koop nie. Dan is dit weer reg, en sal toegelaat word dat die
sand van geregtigheid dit mooi bedek.
‘n Oud-Minister se skielike aanspraak op die Eersteministerskap het fataal geduik
toe die dinge met sy grondtransaksies rondom bersproeiingskemas terwyl hy Minis-
ter van Waterwese was, op die lappe gekom het. Opslag was hy nie meer Minister
van Waterwese nie, maar van Droogmaakskap. Maar ‘n ander kan egbreuk pleeg
en suksesvol as verweer teen verkragting aanvoer, en hy gaan president word. Dit
terwyl die swaard van die tjoekie oor erger as Droogmaakwese oor sy kop hang.
Die een kan Promises maak dat die nete klap, en wegkom, terwyl ‘n ander sommer
skielik van die toneel kan verdwyn sonder dat die publiek eens geweet het hy het
iets verkeerd gesê nie.
75

Die een kan naweek vir naweek met ‘n weermaghelikopter gaan inspeksie doen by
‘n missieltoetsrterrein, en terwyl hy dan nou elke naweek toevallig in die omgewing
is, in sy strandhuis oorbly. ‘n Ander zooi net een vliegtuigkaartjie en hy sit soos ‘n
vlieg in die salf.
Ja, niemand sê die ANC het korrupsie uitgevind nie, net vervolmaak.
Ai, en politici en die bottel. Soos iemand gesê het oor ‘n politikus wat so ‘n borrelen-
de persoonlikheid het, en sy maat droog opmerk dat daar ook vreeslik baie borrels
by daai huis in Akasiapark weggery word. So erg dat die leë borrels verkoop moet
word om sigarette te kan koop.
En Bacchus woon nie net in een party nie. Nee, Herrie moes al dikwels vir ‘n politi-
kus-boer wat nou uittree, so met brekies by landboukongresse op die hoogte gaan
hou waar hy buite onder ‘n boom staan en wag dat hy presentabel genoeg geraak
het om self saal toe te kom. In die oggend.
Ai, en die slag toe Brolloks die “amptelike” verduideliking aan ‘n minister moes op-
stel oor hoekom ‘n administrateur wat beskermheer van ‘n fietstoer was, nie by die
eindpunt was nie. Hy was, het Brolloks gesien, maar in sy ampsmotor aan die an-
derkant van die stadsaal as waar die ontvangs was, so uit soos ‘n kers.
En daai ander een wat so na die Nasionale Raad van Provinsies toe gepos is – dis
nie van bloeddruk dat hy so rooi in die gesig is nie.
En ‘n sekere Premier wat knaend van die verhoog af sulke vreemdhede kwytraak –
dis die borrel wat praat. Sy is in haar gemeenskap berug vir al die leë borrels wat
daar weggery word. Maar die “borrelende geaardhede” strek veel hoër ook, soos
hulle in Engels sê, “raait to de dop.”
Maar dis die wyd omgaan met die waarheid wat kopkrappers veroorsaak. Selfs al is
die politici in hul “ander lewe” pastore en Reverends. Brolloks het pas maar weer
beleef hoe ‘n samewerkingsooreenkoms tussen partye in die stof byt omdat die een
wat so graag geestelike waardes pleeg weer die waarheid geweld aangedoen het
om sy diktatoriale ingesteldheid te verdoesel.
Of laat Brolloks dit so stel: Politiek kan interessant wees, net jammer van die politici.

Vakbonde en vabonde

Die probleme wat die Tshwane Universiteit van Tegnologie nou beleef val in ‘n pa-
troon van roterende ontwrigting wat tersiêre opvoedingsinstansies jaarliks tref. Die
oorsake wissel, maar al te dikwels is die hand van vakbonde sigbaar. Te dikwels het
werkersbelange min met die onstuimigheid te make, en kan dit eerder na politiek
teruggevoer word.
In ‘n grondwetlike demokrasie is daar ‘n veronderstelde skeiding van die wetgewen-
de, uitvoerende en juridiese gesag. Die grenslyn tussen die wetgewende en uitvoe-
rende is nie altyd suiwer nie, omdat ‘n minister tegelykertyd ‘n wetgewende en uit-
voerende funksie vervul. Die praktyk het ook ontwikkel dat ministers se top-
amptenary in ‘n noue vertrouensposisie met die minister moet staan, wat te dikwels
politieke lojaliteit insluit.
Die laaste saak wat ‘n demokrasie nodig het, is dat die vakbonde ook nog die sui-
wer skeidslyne vertroebel.
‘n Groot deel van Mangaung se diensleweringsprobleme word egter juis hieraan
toegeskryf. Dit is veral sigbaar in afdelings met skaars, en gevorderde vaardighede,
waar kwalifikasies nog soms swaarder weeg as politieke affiliasie by aanstelling. In
die proses gebeur dit dan dikwels dat die meer senior amptenaar nie lid is van die
76

regerende politieke party nie, of ‘n lae posisie daarin beklee, terwyl werkers dan dik-
wels hoë ampte in die politieke party of vakbond beklee.
Word die laks amptenaar aangespreek, vind die toesighouer dat hy gou politieke of
arbeidsteenspoed ondervind. Die probleem word veral moeilik hanteerbaar as die
politieke party en vakbond onderling geaffilieer is.
Die wetgewer het tekens getoon dat hy bewus is van die gevare, en beperkings om
die aanwending van ledegelde vir politieke doeleindes te plaas.
‘n Saak wat die Cope-leier, Terror Lekota, gereeld aanraak is hoe hy probeer keer
het dat die vakbondwese in die weermag posvat. Die grondwet waarborg dit egter,
waarna hy probeer keer het dat die vakbond politieke affiliasie ontwikkel. Dit spreek
vanself waarom juis die gewapende magte nie politieke affiliasie behoort te hê nie.
Popcru, as filiaal van Cosatu, het egter reeds die polisie in ‘n taamlike stewige beer-
greep beet.

Die ou mense wil dit drink– 13 Februarie 2009


Koop nou, betaal later. In die aanloop tot die komende verkiesing is dit te wagte dat
regeringswoordvoerders al hoe indrukwekkender syfers sal verskaf oor vordering
wat met dienslewering gemaak is, en onder meer hoeveel huise gebou is.
Die Engelse spreekwoord lui immers: “Beauty is but skin deep,” en dit geld ook die
voorsiening van dienste. Dit wat op die oppervlakte te siene is, en wat die stemme
trek, is maar die oortjies van die seekoei. Onder die oppervlakte loop uiters kom-
plekse infrastruktuur, soos rioolnetwerke en watervoorsiening. Probleme hiermee
kos lewens.
Pas is berig dat die drinkwater van 31 Vrystaatse gemeenskappe nie geskik vir
menslike gebruik is nie. Dit volg na weeklikse berigte van nimmereindigende riool-
probleme oor die hele provinsie. Uiteindelik beland baie van die riool in drinkwater-
bronne. By baie gemeenskappe bestaan die kundigheid en kapasiteit nie meer om
drinkwater behoorlik veilig te maak nie.
Die oorsake vir die rioolprobleme is veelvoudig. Die opheffing van woongebied-
apartheid het gevolg kort nadat die deeltittelwet, en dus meenthuise wettig geword
het. Terselfdertyd het die sentrale sakekerne van baie gemeenskappe grootliks ont-
volk, en terwyl die infrastruktuur dar nou onderbenut word, is die druk in woongebie-
de groter. Oorbevolkte studentehuise en die talle gastehuise vererger die druk.
In die tradisioneel swart woongebiede is die uitlegte dikwels lukraak gedoen, en die
rioolpype wat later gelê is moet ongewone kronkelings en hellings maak. Boonop,
omdat in die verlede gestel is swart mense is net tydelik in wit Suid-Afrika, is swart
woongebiede dikwels op swellende kleigronde gebou wat ‘n eie nagmerrie vir ri-
oolinstandhouding skep.
Sudies in Egipte wys hoeveel invloed ‘n veranderde kul;tuur op rioolwerke het. Plat-
telanders wat verstedelik is dikwels meer sosiaal met groot hoeveelhede platteland-
se families wat lang tye kuier, en in daardie tyd hul klere was, bad en eet. Hul kos is
dikwels ryker en vetter as dié van die tradisionele stedeling, en die vetbelaaide skot-
telgoedwater skep sy eie tipe probleme.
Dr. Anthony Turton, voorheen van die WNNR, se gewraakte lesing is vooraf in on-
der meer in Bloemfontein gelewer sonder dat dit mediadekking geniet het. Toe die
lesing egter verbied word, het dit die aandag getrek, en wat dit aan die lig gebring
het is rede tot kommer. Hy verwys telkemale na geboorte-afwykings wat besoedelde
water tot gevolg het. Genetici meen, hoewel dit nie bo alle twyfel bewys kan word
nie, is daar sterk aanduidings hiertoe, en het hy uitstekende bronne gebruik.
77
Wetenskaplikes soek juis antwoorde oor hoekom siektes soos kanker toeneem en
binnekort die wêreld se hoof-doodsoorsaak gaan wees, en die aantal outistiese ge-
boortes , voorheen baie skaars, nou reeds op tussen een uit 150 en een uit 90 be-
loop, en meer is as die geval Downs, diabetes, spastiese en kankervoorkomste te-
same onder kinders.
Indien besoedelde water ‘n rol speel, is die prys wat betaal word astronomies. Die
staat Montana bereken die koste van vroeë intervensie om so veel as moontlik ou-
tistiese kinders so onafhanklik as moontlik te maak op ongeveer ‘n halfmiljoen rand.
Met die intervensie is die verdere koste vir die staat oor die kind se leeftyd R10 mil-
joen, daarsonder sowat R30 miljoen.
En dis maar een afwyking wat moontlik na watergehalte herlei kan word.
Watergehalte is juis nou skerp onder die soeklig nadat cholera na Suid-Afrika oorge-
spoel het. Daar was egter sowat ‘n jaar gelede reeds skaars-gerapporteerde chole-
rasterftes in Soweto waar mense water van Soweto gedrink het. Voor dit het tifoïde
lewens by Delmas ge-eis. Die gewone e-coli wat dikwels bloot as klikbek gebruik
word om die teenwoordigheid van riool in drinkwater te bepaal, kan egter ook sterf-
tes veroorsaak, soos waar mense erg deur Vigs afgetakel is, of babas weens wan-
voeding min weerstand het.babasterfets by Reitz tot ‘n jaar gelede het min media-
aandag getref,. selfs nadat minstens een drinkwatermonster positief vir e-coli ge-
toets het. Die groter sterftevoorkoms in die Oos-Kaap het ook meer mediaaandag
getrek.

Faal die onderwys die begroting?

In die Nederlandse volksgeskiedenis word die verhaal vertel van ‘n seuntjie wat op
‘n klein gaatjie in ‘n dyk afgekom het waardeur die water gespuit het. Die seun het
besef die dyk gaan meegee, en moes toe besluit: Gaan hy na die dorpie hardloop
en hulle van die dreigende gevaar vertel, of gaan hy sy vinger in die gaatjie steek en
so die gevaar afweer tot hulp kom?
Hy het besef as hy die dorp toe hardloop, is die kanse goed dat die wal gaan breek
voor die nodige gedoen kan word. Hy het dus sy vinger ingesteek, en soos die gaat-
jie groter geword het nog vingers, later sy hand en later sy hele arm, voordat ie-
mand op hom afgekom, en die gemeenskap gered kon word.
‘n Begrotingsrede is ook die tyd dat bestek opgeneem word oor of daar gate in die
dyk is, en of daar genoeg middele is om dit in stand te hou. ‘n Algemene verkiesing
is wanneer oor die doeltreffendheid geoordeel word.
Dit is daarom ook praktyk dat die laaste begroting voor ‘n algemene verkiesing so
veel as moontlik gaatjies probeer toestop, terwyl die las wat nodig is om dit te doen
so min as moontlik belaai word.
‘n Mens kan maar net bespiegel waar die Vrystaatse gesondheidskrisis sou gaan
draai het as ‘n verkiesing nie op hande was nie, selfs met ‘n nuwe minister met dui-
delike vasberadenheid om van haar portefeulje ‘n sukses te maak.
Ook die agterstand in paaiebegrotings het liederlike afmetings begin aanneem, en
so ook die tameletjie van plaaslike regeringsvlak, hoewel uitstaande dienstegeld ook
‘n rede is. Trouens, vlak voor ‘n verkiesing is dit onwaarskynlik dat ‘n regering die
hordes mense wat met dienstegeld en hospitaalrekenings in die rooi is en wat die
boeke sou kon laat klop, sal opskroef.
Maar is daar genoeg bekwame en gewillige hande om al die gate toe te stop?
Vanoggend berig Volksblad oor 160 plattelandse koshuiskinders op Petrusburg in
78
die Vrystaat wat sonder heenkome is omdat die onderwysdepartement se begroting
opgedroog het.
Gister is berig dat die Onderwys-vakbond, Naptosa die Noord-Kaapse departement
hof toe wil sleep oor die verbreking van beloftes oor tydelike onderwysers, terwyl
ook SADOU vir die departement dikbek is.
Net om sout in die wonde te smeer het die breedsprakige ANC-jeugleier, Julius Ma-
lema die onderwysminister van ‘n aangeplakte aksent beskuldig het.
Op ‘n ernstiger noot: Vanoggend se berig word afgesluit met die maar te gereelde
refrein: “Die departement het teen druktyd nog nie gereageer nie.”
Die raadpleeg van enige koerant in die land se elektroniese argief toon dat hierdie
refrein aan die orde van die dag geword het – van derde regeringsvlak tot die sen-
trale regering. “Geen kommentaar” bly beter as die opdis van ‘n feëverhaal wat on-
gelukkig ook gebeur, maar dit dui op onheilspellende onbekwaamheid, en solank dit
aan die orde van die dag is, is die vraag of al die gaatjies in die dyk toegestop word
onbeantwoord.

Verskillende persepsies laat geweldspotensiaal prut—11 Februarie 2009

Die spreekwoord lui: Die mens reageer volgens sy persepsie van die werklikheid,
eerder as die werklikheid self. Suid-Afrika stuur nou op ‘n algemene verkiesing af,
en voorvalle van politieke geweld kom reeds gereeld voor.
Ter wille van perspektief. Politieke geweld in Suid-Afrika is nie beperk tot verkie-
singstye nie. Die Vrystaat het sedert die vorige algemene verkiesing reeds verskeie
voorvalle van politieke geweld beleef, en minstens een raadslid is naby Oranjeville
in oproer dood. In Botshabelo moes die destydse burgemeester en haar adjunk ook
inderhaas by ‘n saamtrek die hasepad kies toe die skare hulle onder klippe gesteek
het.
Ook elders in die land is oproer beleef oor swak dienslewering en ongewilde provin-
siale grensverskuiwings.
In ‘n heterogene land soos Suid-Afrika wat boonop ook volgens sommige bronne
die hoogste inkomstegaping ter wêreld het na Brasilië verbygesteek is, is dit ‘n on-
begonne taak om al die faktore wat spanning verhoog te lys. Dit sal ook van streek
tot streek wissel, soos blyk daaruit dat verskeie Pakistanse winkels in die Vrystaat in
geweldsaksies geplunder is voor xenofobiese geweld landswyd ontplof het.
Terwyl die regering groot gewag maak oor vordering wat met dienslewering gemaak
is, is daar ‘n groeiende aantal mense van alle bevolkingsgroepe wat juis oor die ge-
brek daarvan die mond uitspoel, en soms selfs verder gaan. Swak dienslewering het
aan die begin van verlede jaar enkele swak gerapporteerde cholera-sterftes in So-
weto tot gevolg gehad, nie baie lank nie nadat dieselfde soort toestande tifoïde-
sterftes in Delmas tot gevolg gehad het. Rou riool wat ten spyte van hofbevele in die
Vaalrivier beland haal gedurig die nuus. Suid-Afrika het amper teenspoed gehad toe
dit blyk die dorp Parys stort lank reeds sy rou riool in die Vaalrivier, en binne-in die
internasionale bewaringsgebied van die Vredefort-koepel.
Pas het ‘n kommunikasiebeampte van Grondsake in die Vrystaat die weerlig op
hom getrek deur in ‘n private brief aan die media die skuld vir die slakkegang van
grondhervorming op wit boere te pak. Enige persoon met selfs net die geringste be-
trokkenheid by georganiseerde landbou, ook in die Vrystaat, sal kan getuig van frus-
trasies wat juis deur die Departement van Grondsake veroorsaak word deur nie vir
afsprake op te daag nie, nie korrespondensie te beantwoord nie en ander werkswy-
ses wat vir boere Grieks is. Net om daarna te hoor die boere is die oorsaak van ‘n
79
grondhervorminsgaksie wat skeef geloop het, of ‘n restitusie-eis wat sloer. Boonop
word hierdie weergawe ook aan die veronderstelde begunstigdes opgedis, terwyl
boere en georganiseerde landbou met vragte skrywes sit wat die teendeel bewys.
Wat kommerwekkend is, is dat die amptenaar sê hy stel die standpunt van baie
mense.
Indien Grondsake se kant so skoon is, hoekom sou adjunk-minister Dirk du Toit in ‘n
vergadering met landbouleiers wat ook deur van sy amptenare bygewoon is, die
boere versoek het om ‘n amptelike versoek te rig vir die daarstelling van ‘n klagtedi-
rektoraat? By hierdie geleentheid het Du Toit uitgewys dat sy eie kantoor nie met
klagtes en die oplos daarvan kon voorbly nie, weens die grootskaalse onbekwaam-
heid elders in sy departement. Ongelukkig het hy dit nie in die TV-en ander media-
onderhoude regstreeks na sy toespraak herhaal nie. En hierin lê die kruks: Met ‘n
media wat wyd tref, is dit nie moontlik om verskillende weergawes vir verskillende
gehore op te dis, en weg te kom daarmee nie. Nafu kla juis dat Grondsake ander
weergawes aan hulle verskaf as aan Vrystaat Landbou.
Enigeen wat onthou van Boipatong en die honderde sterftes per maand in politieke
geweldpleging aan die begin van die 90’s toe die ANC-IVP-stryd tekens van ‘n bur-
geroorlog getoon het, sal bekommerd wees oor voorvalle wat nou dikwels die ANC
en Cope betrek, maar ook ander kontakvlakke soos met die IVP het. Selfs die DA
het al deurgeloop en die DA-leier het al verskeie doodsdreigemente gehad.
Erns met die aanspreek daarvan is nodig, nie ‘n gesing oor ‘n masjiengeweer wat
nog soek is nie.

Boere weer uit onkunde gestriem—10 Februarie 2009

Vrystaat Landbou moes tot hul verbystering lees wat ‘n amptenaar van die Departe-
ment van Grondsake in sy privaat hoedanigheid aan die media skryf. Hy pak die
blaam vir die stadige pas van grondhervorming vierkantig op die boere.
Geen wonder nie dat mnr. Louw Steytler, president van Vrystaat Landbou, die stel-
lings in die brief as doodeenvoudig nie waar nie, afmaak.
Enige waarnemer wat die wel en weë van Vrystaat Landbou en die ander provinsia-
le Unies volg, sal kan getuig dat amptenare van Grondsake, maar ook ander sleutel-
personeel, en ampsdraers soos LUR’s vir Landbou en Premiers, dikwels doodeen-
voudig nie hul opwagting by kongresse maak waarheen hulle genooi word nie.
In die proses hoor en sien hulle nie van al die projekte wat in die gees van mentor-
skap van stapel gestuur word nie.
Enige persoon met verstand weet dat die blote oordrag van grond aan nuwelingboe-
re nie landelike welvaart bevorder nie. In teendeel, sonder kennis, hulpmiddels en
bystand op landbougrond in Suid-Afrika wat internasionaal as marginale landbou-
grond beskou word, is ‘n resep vir rampspoed. Verhale van ambisieuse planne wat
in duie gestort het, is volop, soos die onverkrygbaarheid van Katrivier se bekende
lemoene tragies getuig. Verhale van verwaarloosde plase waar net kakiebos groei,
is volop. Boonop dui klimaatsveranderingsprojeksies daarop dat boerderyomstan-
dighede nog moeiliker gaan word.
Voeg hierby klinklare bewyse dat minstens sommige boere met waardasies inge-
loop is en wat al ‘n draai in die parlement gaan loop het, en die prentjie raak baie
anders as wat die amptenaar dit beskryf.
Veediefstalstatistieke dui skets ook ‘n mistroostige prentjie. Waar gevestigde boere
gewoonlik enkele stuks vee op ‘n slag verloor, word die krale van nuwelingboere ge-
80

woon skoongemaak en is dit bykans onmoontlik om weer te begin.


Die hartseer werklikheid is dat die persepsies van baie dat die boere die vlieg in die
salf is, vir baie die ware toedrag van sake reflekteer. En die mens reageer ten ene
male nou eerder op sy persepsie van die werklikheid as die werklikheid self.
Die aanstel van geskikte en bekwame amptenare eerder as politieke kommissarisse
sou egter baie van die knelpunte ondervang het.

Noord-Kaap se geweldsiklus—9 Februarie 2009

Die spreekwoord lui dat, as armoede by die voordeur inkom, liefde by die agterdeur
uitvlieg.
Dwars oor die land is die Vrystaat se buurprovinsie, die Noord-Kaap, se inwoners vir
hul gasvryheid bekend. Dit is ook die bakermat van die land se storievertelkunde.
Ongelukkig het die provinsie ook ‘n ander sy.
Die provinsie het in die onlangse verlede die land se verkragtinghoofsetel geword,
met die meeste verkragtings tot verhouding van die bevolkingsgrootte.
Die getal rooftogte met verswarende omstandighede is twee keer so hoog as die
aantal gewone rooftogte, en die ernstiger weergawe het sedert 2002 in dié provinsie
verdubbel
Wat aanrandings met die opset om ernstig te beseer betref, is die provinsie se sy-
fers verhoudingsgewys twee keer so hoog soos die gewone aanrandings, en ook
twee keer so hoog soos die tweede mees gewelddadige provinsie.
Ook wat poging tot moord betref, is die provinsie se syfer veel hoër as die provinsie
in die tweede plek. Wat moord self betref, is die provinsie se bydrae egter gelukkig
beskeie en is sy syfer uitgedruk per 100 000 van die bevolking, dieselfde as die land
se gemiddeld.
Die hele misdaadprofiel dui op ‘n streek waar sake op die sosio-ekonomiese terrein
die kreeftegang gegaan het, en nie ‘n streek waar menselewens tradisioneel goed-
koop geag is nie. Haglike sosio-ekonomiese omstandighede gaan dikwels met mo-
rele verval gepaard. Bacchus en dagga speel ‘n duidelike rol.
Met die naderende verkiesing sak allerlei partye met sakke vol beloftes op die pro-
vinsie toe. Dit is goed en wel, maar ‘n party wat hoop vir die provinsie kan bring in
die vorm van morele herstel is wat die provinsie duidelik nou die nodigste het. Die
tipe sosio-ekonomiese hulp wat nou gebied word, soos toelaes vir buite-egtelike kin-
ders, verdiep eerder die probleem. In die eerste plek is die toelaes te gering om
werklik vir die baba te sorg, laat staan nog ‘n hele uitgebreide familie soos wat dik-
wels gebeur. Daar is dikwels druk op jong meisies om in die ander tyd te kom sodat
die familie ‘n meevallertjie te beurt kan val.
Wat vir die Noord-Kaap geld, geld uiteraard ook ander dele van die land, hoewel
daardie syfers weens groter bevolkingsgetalle nie hul provinsiale syfers so skeeftrek
nie.
Die Vrystaat se ekonomie is juis baie kwesbaar met die groot aantal mynwerkers in
marginale myne, en die marginale boerdery-omstandighede in die provinsie. Land-
bou-ekonome waarsku deurlopend dat grondhervorming, een van die regering se
metodes tot groter landelike welvaart, erg kan en sal boemerang as grondhervor-
ming nie met behoorlike ondersteunigstelsels gepaard gaan nie. Hierdie aspek ont-
breek grootliks in die AC se verkiesingsmanifes wat kundiges met die hande in die
hare laat oor die ANC se skynbare onvermoë om werklikhede raak te sien. Keuring
is eintlik ook ‘ vereiste, maar dit is politiek inkorrek om dit te opper.
81

In ‘n land waar die ANC se president se verweer teen ‘n verkragtingsaanklag ower-


spel was, en waar veroordeelde bedrieërs deur wetgewing en nie partybeleid nie as
parlementskandidate gefnuik word, is dit moeilik om nie te dink dat oproepe om mo-
rele herlewing lippediens is nie.
Selfs die opposisie word gestriem omdat hulle vraagtekens oor die land se president
se beweerde buite-egtelike eskapades, as privaat aangeleenthede uit die openbare
domein probeer hou

SA se eiesoortige sienings
Onder die paradokse van 2009 is die 500ste herdenking van Calvyn se geboorte, en
die 200jarige herdenking van Darwin se geboorte. Nog iets in ‘n soortgelyke orde is
die 50ste bewindsaanvaarding van die kommuniste in Kuba, en die 20jarige herden-
king van die val van die Berlynse muur.
Pas het Duitsland die onnodige dood van ‘n jong man gedenk wat kort voor die val
van die Berlynse muur deur Oos-Duitse grenswagte doodgeskiet is. Tien koeëls het
deur sy jong liggaam geruk.
Die ironie was dat die Oos-Duitse despote hul land die Vrye Duitse Demokratiese
Republiek genoem het.
‘n Vel oor die oë trekkery soos min.
In sy “interim”-Staatsrede het pres. Motlanthe die mense van Kuba met die vyftigjari-
ge herdenking van die verwerwing van hul “soewereiniteit” geluk gewens. Of die
Castro-bloedbad beter was as die diktatuur van die Batistas wat in Kuba omver ge-
werp is, is ‘n debatspunt. Maar om kommunisme skielik met “soewereiniteit” gelyk te
stel is bietjie dik vir ‘n daalder.
So beskryf dr. Leopold Scholtz die “soewereine” Kuba van die
Castro’s: “Al loop Castro se leuen hoe snel . . .
DONDERDAG 1 Januarie

was dit ’n halfeeu gelede dat pres. Fidel Castro en sy rebelle die hoofstad van Kuba
seëvierend binnegetrek en die korrupte diktator Fulgençio Batista verjaag het.
Een van die verstommendste verskynsels van die 20ste eeu was die wyse waarop
groot dele van die bevolking in die demokratiese Weste vir die – soos dit ervaar is –
heroïek en romantiek van die bebaarde en aantreklike rebelle geval het.
Dat Castro en Che Guevara, sy beul, tydens hul driejarige guerrillastryd etlike hon-
derde afvalliges persoonlik afgemaai het (en dit in die eerste weke ná hul magsoor-
name voortgesit het), het die bewonderaars verbygegaan.
Die Franse filosoof Jean-Paul Sartre het Guevara selfs as “nie slegs ’n intellektueel
nie, maar die volledigste menslike wese van ons tyd” beskryf!
En die rebelse geslag van 1968 het Castro en Guevara aanbid.
In werklikheid was Kuba reg van die begin af ’n meedoënlose diktatuur. Hoekom is
Kuba dan so lank in die Weste so intens bewonder?” (Volksblad 7 Januarie 2009).
‘n Mens kan voortgaan en noem van die vlugtelinge na Amerika wat die nie gemaak
het nie. Afgesien van die derduisende wat dit wel gemaak het.
Selfs die naïefste “useful idiot” moet begin somme maak as die land wat hy so be-
wonder onder die drie mins persvrye lande ter wêreld tel.
Dat ons interim prez die Kubaanse diktatuur aanprys, en die Oos-Duitse bevryding
ignoreer spreek ongelukkig onrusbarend in elke taal – dit onderstreep dat nog ‘n ter-
myn van die ANC aan bewind, veral met ‘n twee derde meerderheid, ‘n dobbelspel
82

met die onomkeerbare word.


Die prys vir so ‘n geflikflooiery is hoog, bitter hoog. Sedert die val van die Berlynse
muur belê die Duitse Federale regering miljarde, eers mark, nou euro’s per jaar in ‘n
poging om die ekonomiese peil in die ou Oos-Duitsland op dieselfde peil as van die
ou Wes-Duitsland te kry.
Waarskynlik het niemand so ‘n opdraende stryd verwag nie. Immers is die ou Wes-
Duitsland as dekadent en ruggraatloos voorgehou, terwyl die Oos-Duitsers by Olim-
piese Speles en ander byeenkomste uitgestaan het – weliswaar skynbaar minstens
soms met die hulp van hormone en ander hulpmiddels.
Tot mense wat uit die ou Oos-Duitsland gevlug het en hier kom nesskop het, en hier
oor ‘n eertydse Pruisiese trots, dissipline, opoffering, presiesheid en hardwerkend-
heid gedroom het, is gewalg as hulle nou by die “huis” gaan kuier en sien wat die
Kommuniste van die mense daar gemaak het. Om Pik se ewe breedsprakige seun
se woordeskat te leen, slapgat geword het. Staan met bakhande, die “dekadente”
Weste moet gee en gee. Dit is volgens al ‘n mens se logika oordrewe en oorvereen-
voudig, maar ongelukkig wag die uwe nog vir ‘n Suid-Afrikaanse Pruis wat sy heimat
gaan besoek en teruggekeer het om ‘n ander storie te vertel.
En onthou, hul verwysingsraamwerk hier is ‘n land wat as beleggersland baie punte
verloor oor arbeidswetgewing wat produktiwiteit allermins aanhelp.
Ons land is kniediep in die knoffel as ons na Kuba as rolmodel opsien.
Maar dis niks, hier te lande het verskeie senior ANC-lede al by amptelike grondbe-
rade die versugting uitgespreek om Mugabe as die spanleier vir grondhervorming
aan die werk te kry.
Soos Filemon die dag vir oom Nico vertel – hy het op ‘n slang getrap.
“Nou hoe het die slang jou nie gepik nie?”
“Nee, ek weet nie waar die slang se gedagtes was nie

Herrie se rooi lyn na die rioolfeetjies 7 Februarie 2009

In Herrie se deurblaai van buitelandse koerante kom Herrie op ‘n paar eienaardighe-


de af – in die VSA het ‘n verlore hond na ses maande weer sy opwagting gemaak,
en in die naburige Mexiko het twee nonne gaan kla dat hulle na hulle gearresteer is
gedwing is om te ontklee.
Die polisiemanne wou blykbaar seker maak hulle is wel vroue, maar die joernaliste
meen hulle wou eintlik kyk of die twee, wat vir aalmoese gebedel het, nie dalk iets
weggesteek het nie. Hulle meld nie wat nie.
Voor dit die Suid-Afrikaanse koerante gehaal het, het Herrie al die storie geskryf oor
die Suid-Koreaanse vrou wat haar teoretiese eksamen vir ‘n rybewys 771 keer ge-
druip het.
En dan het Herrie ‘n storie geskryf oor die bobbejaan wat homself by oom Wimmie
as skaapwagter loop aanstel het.
Hoewel Herrie in sy skryfsels (gewoonlik) sorg aan die dag lê om die waarheid nie
geweld aan te doen nie, sal Herrie niemand verkwalik as hulle so deur ‘n versame-
ling van Herrie se pennevrug blaai, ‘n frons tussen die oë kry nie, en dan ‘n drielet-
terwoord hardop uiter nie. Een van Herrie se werke, Die reine waarheid en ander
liegstories, is miskien ‘n goeie voorbeeld.
Nou as Herrie ‘n denkbeeldige insident uit vergetelheid gaan haal en met werklike
insidente en feite opstop ter wille van die nageslag, dan is Herrie immers gekwalifi-
seerd vir &^% skryf.
Want sien, onder Herrie se kwalifikasies, tel ‘n loodsgieterskursus. En die loodgie-
83

terskursus het ‘n afdeling oor riolering in. En dis waar die ding inkom, Herrie se ver-
worwe kennis oor riolering saam met stedelike geografie, het in die nuwe Suid-
Afrika waar dit baie aktueel raak, by wyse van spreke die reputasie van ‘n ekspert
gekry om oor rioleringsprobleme uitsprake te lewer.
Nou moet Herrie byvoeg, Herrie was ook ‘n politieke navorser, en in vandag se
Suid-Afrika met dienste wat ineenstort, is dit ondenkbaar om nie oor ‘n “gesonde”
rioleringskennis te beskik nie. ‘n Gebrek aan kennis hieroor kan dodelik wees, soos
blyk uit Delmas se tifoïdesterftes, en nou cholerasterftes bykans landswyd.
Met dié dat Herrie se misipaal nie op klagtes oor riolering reageer nie, het mense
begin om Herrie hieroor te nader. Herrie het immers die papiere om *&^ te kan
praat, of dan minstens daaroor. Nou die dag nog bel ‘n vrou, sy het Volksblad gebel,
en hulle het Herrie se selfoonnommer vir haar gegee. Tot Volksblad erken nou al
Herrie is ‘n ekspert *&^prater.
Maar die belangrikste, Herrie het ’n geheime nommer op sy selfoon, en Herrie stuur
‘n SMS na daai nommer, en ‘n uur later word die probleem reggemaak. Nee, nie na
die rioolfeetjies nie, maar na ‘n kontrakteur wat sy bes probeer.

NS. Die munisipaliteit het sedertdien die kontrakteurs se dienste beëindig en


word daar soos van ouds gesukkel om uit die *&^ te kom.

Land met twee persepsies van die werklikheid—4 Februarie 2009

Die verskillende persepsies oor die werklikheid binne Suid-Afrika is nog selde so
goed gedemonstreer soos in vandag se Volksblad. Op die voorblad is ‘n berig oor
die geldpenarie in die Vrystaatse Gesondheidsdepartement wat onder meer veroor-
saak dat nuwe MIV-positiewe pasiënte nie op anti-retrovirale programme geplaas
kan word nie. ‘n Foto dui ‘n reuse slaggat, wat meer soos ‘n meer lyk, in ‘n teerpad
buite Viljoenskroon. Hierdie is ook nie die enigste slaggat wat die afgelope paar dae
die Volksblad gehaal het nie.
Hierteenoor spog die ANC in die Noord-Kaap, dat, soos hulle dit stel, daagliks dui-
sende ontnugterde Cope-lede na die ANC terugkeer. Die ANC se prestasies met
dienslewering word as rede aangevoer.
Wat die werklike toedrag van sake is, is skaars ter sprake omdat mense op hul per-
sepsies van die werklikheid eerder as die werklikheid self reageer.
‘n Politieke wetenskaplike wil egter graag ook sy oë oor die werklikheid werp, sodat
hy ‘n objektiewe oordeel kan val. Wat dit betref klink die miljarde rande se begro-
tingsagterstande wat oor jare opgebou het in die gesondheidsdienste, paaie en mu-
nisipale infrastruktuur nie goed nie.
Hierteenoor spog die regering graag, en Statistieke SA se syfers beaam dit, dat
daar groot vordering met die voorsiening van huise was, die wegdoen met die em-
merstelsel,. krag- en watervoorsiening na huise of gedienste erwe. Trouens, hierdie
syfers lyk so goed dat dit moeilik versoenbaar is met dit wat met op die grond waar-
neem – uitgebreide plakkergebiede met min dienste.
Volgens huishulpe wat in Botshabelo woon, is die owerheidsklinieke daar bykans
dolleeg en middels vir diabetes en ander is lankal net nie meer beskikbaar nie. Pasi-
ente word na die Rooms-Katolieke Kerk verwys wie se medisynespense blykbaar
vol is.
In die media word dikwels gelees dat die ANC met middelmatigheid behep is. Dit
beteken dat daar nie net twee persepsies is nie, maar drie, want vir baie mense tel
84

sake soos rioolriviere deur woonbuurte wat dae lank vrugteloos gerapporteer word,
cholera en ander siektes wat in waterbronne beland, urelange kragonderbrekings,
slaggate wat nie herstel word nie en die omvang van misdaad nie middelmatigheid
nie, maar swak in die ergste graad.
Die ANC staan egter nie alleen in sy persepsie oor tevredenheid nie. In pres. Thabo
Mbeki se laaste presidensiële oorsigverslag verwys hy ook na die hoë vlakke van
tevredenheid by burgers oor dienslewering. In sy voorverkiesingspeiling meen die
Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasse-aangeleenthede ook dat die ANC weens hierdie
vlakke van tevredenheid sy twee derde meerderheid in die Nasionale Vergadering
behoort te behou. Ipsos-Markinor het egter verlede jaar twee peilings uitgebrei wat
op dalende vlakke van vertroue in die regering dui. Baie van die peilings wat op ver-
minderde vlakke van tevredenheid dui, dateer uit die dae voor Eskom se kragkrisis
hande uitgeruk het, inflasie ‘n groot probleem geword het en die inkomstegaping
nog aansienlik kleiner was as nou.
So kort voor die verkiesing is dit te wagte dat sommige opposisiepartye mildelik kli-
niese data sal gebruik om die kiesers te oortuig dat hulle eintlik baie rede het om
met die ANC ontevrede te wees. Die ANC het reeds begin om die media vir hierdie
groter bewuswording van redes om ontevrede te wees begin verkwalik. Hierdie druk
sal ook toeneem.
Die lakmoestoets kom egter op die kontakvlak. Al hoe meer klagtes van geweld en
intimidasie kom reeds voor, en al hoe meer partye word hierdeur geraak. ‘n Deel
van die probleem is dat ‘n party wat nou optree op ‘n wyse wat as lafhartig beskou
kan word, al is dit net in sekere kulture, gaan ‘n knou weg hê. Rug styfmakery en
breedsprakerigheid om te toon dat iemand nie vir koue pampoen skrik nie, gaan aan
die orde van die dag wees, en bydra daartoe dat die politieke temperatuur gaan
styg.

Petaljes met die edeles

Die edeles se blouligbendes wat so rof met die publiek tekere gaan, roep by Herrie
sy eie herinneringe oor wedervarings met edeles op.
Herrie is self lief vir voet in die hoek sit, maar weens die alewige moontlikheid dat dit
Herrie gouer bankrot kan maak as normaalweg, is dit maar’n grootliks onuitgeleefde
lekkerte.
By geleentheid moet Herrie vir Piet Badenhorst van Bloemfontein na Wepener ver-
gesel. Hy het pas minister geword, na Herrie al heelwat met hom as adjunk-minister
te make gehad het.
Hy kom sonder sy privaat sekretaris in die Rosestad aan, en Herrie verander op
slag in chauffeur, privaat sekretaris en lyfwag. So langs die pad begin die minister
vir Herrie aanpor om maar bietjie die voet swaarder in die hoek te laat rus.
Herie, synde onkundig oor regte en mags en nie mags nie is dit by die edeles kom,
is heel verlig en laat hom nie twee keer nooi nie. Die perdjie loop staan amper op sy
agterpote soos Herrie vet gee, en dit suiker te lekker af Wepener toe.
Skielik beduie die minister van statiger ry. Op die volgende hoogte sien hy iets wat
hy meen dalk ‘n spietkop kan wees. Toe besef Herrie, nie eens ‘n edele het die reg
om landswette te oortree nie.
Blykbaar nie meer nie, want nou word sommer op ander motoriste geskiet as hulle
die voortsnellende konvooie se spoed durf breek. Uniformdraende lede van veilig-
heidsmagte mag blykbaar ook op parkeerplekke vir gestremdes parkeer vir privaat
inkopies, selfs al word ‘n ampsmotor onwettig vir die doel ingespan. Herrie wonder
85

net hoekom hulle dan so histeries raak as foto’s van hul wettige optredes geneem
word.
Maar dié dag het Minister Piet vir Herrie om ‘n ander rede amper ‘n hartaanval laat
kry. Die besoek was die kersie op die koek van reëlings wat lank tevore begin het,
en het deel uitgemaak van ‘n strategie rondom ‘n verkiesing. Die toespraak het by
die uwe begin,k en is in die afwesigheid destyds van sulke luukshede soos fakse,
om nie van e-pos te praat nie – heen en weer Wepener toe gery en oral uitgeklaar
waar dit uitgeklaar moes word.
Dit was destyds verbode dat ‘n amptenaar ‘n rekenaar by die werk mag gehad het
uit vrees hy durf dalk net sy eie tikwerk doen. Nee, tikwerk moes by die tikpoel ge-
doen word, en dit moes met die bodes tikpoel toe en terug gaan.
Die “werkstudie”-mense het dit so bevind, en hulself nogal “bestursadviesdienste”
genoem.
Dit was al erg genoeg as ‘n mens die tikwerkie sonder tikfoute terugkry, maar dit
was ongelukkig die uitsondering. Dit moes dan weer die rondte van Vader Cloete
loop, en word oorgetik (rekenaars was maar traag om ingevoer te word) en die foute
is reg, maar goed wat reg was, is nou verkeerd. So met die derde probeerslag tik
hulle dit dan maar op ‘n woordverwerker en kry mens die stuk na ‘n maand of twee
darem reg. Al drie paragrawe.
‘n Toespraak bietjie langer.
Dan moet die toespraak in Pretoria by die Minister se departement se toespraakko-
mitee kom. Wanneer dit klaar is, moet dit terug by die uwe kom, en as dit terug is,
moet Herrie mediaverklarings maak, dit getik, en by die media besorg kry.
Kortom, dis ‘n hengse langdradige en omslagtige proses.
En so in die afsuikery Wepener toe, vra Herrie vir die minister of hy darem tevrede
is met sy toespraak.
Seg hy ewe: Nee, hy hou nie van geskrewe toesprake nie, hy lees maar die geleent-
heid en geniet dit om uit sy kop te praat.
Dit het mooipraat gekos om te keer dat Herrie ‘n beroerte en hartaanval gelyk kry.
Minister Piet sê toe hy meen darem die toespraak is in sy soetkysie en hy sal daar-
na kyk.
In Wepener praat hy toe uit sy vuis uit, en na hy klaar is maak hy die soetkysie oop,
graaf ‘n paar velle papier uit en rammel gou die toespraak af wat reeds op die media
se rollers was.
Ander kere was Herrie minder gelukkig. Soos met die sensus toe die Premier van
hara toespraak afwyk, en dinge kwytraak soos sy hoop die polisie skiet sommer
plaasaanvallrs dood voor hulle hul nog toesluit het. In die koerante wat nie by die
geleentheid was nie, en wat die inligting behoorlik met embargo gekry het, is toe ge-
plaas wat die premier moes sê. Alles oor die sensus en hoekom dit so belangrik is.
Maar die res wat daar was? Binne ‘n ommesientjie is die doodskietwensery interna-
sionale nuus. Al wat oor die sensus deurkom wat veronderstel was om bekend ge-
stel te word, was “by geleentheid van die bekendstelling van die sensus.”
En toe gaan ontken die premier nog sy het gesê wat sy gesê het.
Hierdie premier het meer keer dinge gesê voor sy gedink het. Toe oud-president
Mbeki uit die bloute die sluiting van die kommando’s aankondig, moes die premiers
met slim praatjies die brouwerk probeer regverdig. Hierdie ene laat wiel toe met
kommando’s wat “struikrowersneste” sou wees.
Kort hierna moet die uwe ‘n landbouvergadering in Herriesmith, ekskuus, Harry-
smith, gaan toespreek, en dié word by die kommandokantore gehou. Maar Herrie
weet nie waar dit is nie, en ry op die bordjies af met die “i”’s op. By die misiplaa swe
86
inligtingskantoor is twee jonge dames wat nie Afrikaans verstaan nie, en ook nog
nooit van ‘n ding soos die kommandokantoor gehoor het nie. Herrie het nog so ge-
wonder of my moes vra na die “bandits’ nest,” maar vra toe maar buite, en die eer-
ste een vir wie Herrie vra beduie die pad kommandokantore toe haarfyn.
Mens wat nie vooraf hul toesprake lees nie kan ook probleme veroorsaak. Soos die
een LUK wat op Kroonstad moes praat. Hy was in Pretoria, en ek ontmoet hom toe
op pad terug in Kroonstad, en gee die toespraak.
Hy het die toespraak geniet, maar ook sekere aannames gemaak oor wat kom, en
dan gesê wat hy meen moet kom, en dan kort daarna lees hy die teenoorgestelde.
Die feit dat hy ‘n paar happe ingehad het en by geleentheid amper agter die kateder
uitgeval het, het dalk iets daarmee te make gehad.
By geleentheid bied Herrie ‘n konferensie in die Norman Doubelsaal in Hidedal aan.
Herrie bespreek lank genoeg voor die tyd ‘n bakkie by die statasgarage om stoele
en pante aan te ry, en gaan die middag voor die tyd staatsgarage toe.
Chaos. Die bakkie is bespreek, maar daar is nie so iets beskikbaar nie. Die groot-
baas sit in die Pinksterbiduur, en goete soos selfone het nog nie bestaan nie.
Met ‘n groot gesukkel is die baas daar. Herrie is naderhand nukkerig, want as hulle
nie ‘n bakkie het nie, moet hulle dringend een deur die nag van Johannesburg laat
kom, want die volgende dag praat die minister, en dan moet die saal klaar wees.
Oplaas kry Herrie ‘n lorrie waarvoor hy natuurlik nie ‘n rybewys het nie, maar nood
is nood.
Die minister was al besig om die toespraak wat Herrie geskryf het te les toe is Her-
rie nog agter die gordyne besig om uit sy oorpak te wikkel en in sy pak klere in. Tus-
senin het iemand darem gehelp om ou ds. Gordon, wat ingestem het om die ope-
ning met Skriflesing en gebed te doen, uit sy tuin te gaan haal waar hy besig was
om nat te lei. Skoon van die geleentheid vergeet.
Gelukkig was al die toesprake wat Herrie deur die jaar vir ministers, adjunk-
ministers, administrateurs, DG’s en LUK’s geskryf het so vol drama nie.
En nee, Herrie was nog nooit ‘n amptelike toespraakskrywer nie.

Gekke en dwase 3 Februarie 2009

Terwyl die politieke klimaat opnuut aan die styg is, en daar nou ‘n paar voorvalle
van politieke geweld voorgekom het, is daar nog ‘n patetiese vingerwysing na ander
om die eie ek se aandeel hierin te probeer verbloem.
Die ANC was die afgelope naweek sowel slagoffer as aanstigter, maar uit sy verkla-
rings sou ‘n mens slegs die slagoffer-gedeelte agterkom. Oor sy eie ondersteuners,
waarvan ‘n hele aantal blykbaar erg gekoring was, wat in die Oos-Kaap moles by ‘n
Cope-vergadering gemaak het word in alle tale geswyg.
Hierdie selektiewe optrede is slegte nuus, omdat die ANC reeds verskeie openbare
oproepe gedoen het dat daar politieke verdraagsaamheid moet wees soos dit ‘n vol-
wasse demokrasie betaam. Deur egter selektief te reageer wanneer dié vermanings
in die wind geslaan word, word die saak nie gedien nie.
Daar is egter ander onrusbarende tekens. die ANC-president en s ondersteuners
gaan lustig voor om “bring my masjiengeweer” te sing, en hou veral Cope iewers ‘n
saamtrek, kan ‘n mens amper voorspelbaar gaan kyk hoe naby daaraan die ANC
skielik ook ‘n saamtrek reël.
Die doel van laasgenoemde optrede is heel waarskynlik nie om geweld te ontlok
87

nie, maar om soos klokslag te probeer toon dat die ANC meer ondersteuners as Co-
pe het.
Die ANC se fiksasie met Cope neem trouens sulke afmetings aan dat dit die ANC
skynbaar ontgaan dat ook die DA, die UDM en IVP nou skielik stadions en sale be-
gin vol maak. Selfs skynbaar uitgediende partye soos die PAC en die UDM monster
nou groot getalle ondersteuners.
Die ANC kan soos sake nou staan, binnekort ervaar dat hy met Cope om ‘n been
baklei, en dat ‘n ander party daarmee heen kan wees.
Dat nou juis nou weer met sensitiewe kwessies getorring word, naamlik plekname,
is onverantwoordelik. In beginsel is dit reg dat die ANC hieroor sy ware kleure voor
‘n verkiesing wapper, maar in die praktyk is dit bekend dat dit waarskynlik een van
die mees omstrede sake is wat nasionale versoening na die maan stuur, en dié by-
komende brandhout op die politieke vuur kan dalk net die deurslaggewende faktor
word wat die pap laat verbrand. Die spreekwoord: Gekke en dwase skryf hul name
op mure en glase, was nog selde so waar soos nou. Die ANC oordeel waarskynlik
hy het geen ander keuse nie as om sy steunbasis deur emosionele sake op te
sweep en te konsolideer nie, nadat dit waarop hy sy aanslag moes bou, naamlik
ekonomiese welvaart, behoorlike dienslewering, die uitbou en instandhouding van
infrastruktuur en skoon administrasie klaaglik misluk het. Juis vandag word berig
van ‘n motoris van die Noord-Kaap wat ernstige onderstelskade aan sy voertuig op-
gedoen het toe hy daarmee in ‘n teerstraat in ‘n slaggat beland het.
Om menselewens in die proses in gevaar te stel, en veral op te offer, is egter nie die
handelsmerk van ‘n party wat verdien om die regerende party te wees nie.
Die DA kon in beginsel as die wenner na vore getree het, maar die lystingsproses
van kandidate, veral in Gauteng, skep ‘n groeiende probleem. Dat die DA-leier, He-
len Zille, die ontevredenes so kort en kragtig en eintlik neerhalend as slegte verloor-
ders afmaak, dui op politieke onervarendheid. Die land het nou meer partye nodig
wat deel van die oplossing is, nie deel van die probleem nie

Saad van politieke geweld gesaai—2 Februarie 2009

Die algemene verkiesing is nog nie eens afgekondig nie, of voorvalle van geweld
tussen ondersteuners van politieke partye kom reeds voor.
Die geweldsvoorvalle kom voor ten spyte van herhaalde oproepe deur leiers dat sa-
ke vreedsaam moet verloop, hoewel die wanklankige agterryers ook af en toe hul sê
inkry met uitsprake wat die politieke hitte laat styg.
In hierdie stadium is die gevalle van geweld min of meer beperk op die ANC-Cope-
raakvlakke, en soos ons al tradisioneel gewoond geraak het, die IVP-ANC-raakvlak.
Oproepe tot politieke volwassenheid moet ernstig opgeneem word. Die huidige
Suid-Afrikaanse bedeling het ontstaan terwyl ‘n bykans volskaalse burgeroorlog tus-
sen die IVP en ANC gewoed, en duisende mense die lewe gelaat het. Om ‘n idee te
gee – in Maart 1992, met die 1994-verkiesing nog betreklik ver in die verskiet, het
437 mense omgekom, en is 898 beseer in voorvalle wat met verkiesingsgeweld in
verband gebring word. Name soos Boipatong, Orange Farm en vele meer het huis-
houdelik geword. Treingeweld en taxi-geweld was ernstige kopsorge.
Verskeie kenners meen die land se steeds ongehoorde hoë vlakke van geweldsmis-
daad is ‘n regstreekse voortsetting van wat destyds hande uitgeruk het.
Feit is, Suid-Afrika het volgens peilings ‘n erg gepolariseerde samelewing – waar-
skynlik deels die gevolg van oud-pres. Thabo Mbeki se Afrikanisme-voorkeure en
88

regstellende aksie, terwyl geweldsmisdaad spanningsvlakke hoog hou. Die huidige


ekonomiese slapte en mense wat steeds, en moontlik nou vir die eerste keer swaar
kry, is ook nie bevorderlik om die pot se deksel dig te hou nie.
Die politieke klimaat gaan nog verder verhit, onder meer namate soustreinryers be-
sef Cope se steun maak dat hulle nou te laag op lyste is, en op die stasies in die
wind en weer gaan agterbly. Die ou laai om kiesers te vertel dat hulle hul HOP-huise
en pensioene gaan verbeur deur nie vir die ANC te stem nie, word nou uit ander
swart geledere as leuens ontmasker. In die verlede is makliker met dié soort bogsto-
ries weggekom.
Hier en daar is munisipaliteite wat onsensitief genoeg is om te stok oor emosionele
kwessies, soos die burgemeester van Potchefstroom wat ontken dat ‘n skikking oor
dié stad se naam bereik is soos gister nog gerapporteer is, en vandag die nuus dat
ook Upington se stadsraad besluit het om aan dié sensitiewe kwessie te krap.
Voeg voorts daarby dat Jacob Zuma se vervolging ongeag allerlei suggesties oor
geweld skynbaar voortgaan, en opposisiepartye heelwat klem lê op die misdaadre-
kords van hoë ANC-kandidate, dan is die tafel gedek vir konfrontasie.
Ongelukkig koester baie die persepsie dat die een wat die sigbaarste as die versoe-
ner gesien word, ook die swakkere en die verloorder is. Die sagte woord wat die
grimmigheid afkeer word dus dikwels nie gespreek nie – veel eerder uitsprake wat
daarop dui dat partye hul man gaan staan as hulle aangeval word.
‘n Groot toets kom vir die veiligheidsmagte dat hulle hul openbare rol gaan vervul
om ‘n vreedsame verkiesing te verseker. Om as verlengstukke van ‘n politieke party
op te tree gaan uiters gevaarlik wees.

Boere van Du Toit verlos?

Die kanse lyk goed dat Suid-Afrikaanse landbou na afloop van die komende alge-
mene verkiesing ‘n nuwe minister en adjunk-minister gaan kry.
Mnr. Dirk du Toit, omstrede adjunk-minister van Landbou- en Grondsake, het die
313de plek op die ANC se voorlopige benoemingslys vir die parlement gehaal, wat
sy kanse om tot die Nasionale Vergadering verkies te word feitlik nul maak.
Hoewel die ewe omstrede minister, Lulu Xingwana die 65ste op die lys is, en ver-
kies sal word, is sy nie tot die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee verkies nie,
en doen gerugte die rondte dat sy nie weer op die boere losgelaat sal word nie.
Du Toit het in ‘n stadium die hoop laat opvlam dat hy groter begrip vir sy departe-
ment se probleme toon toe hy in ‘n vergadering met boere in Bloemfontein voorge-
stel het dat die landbou vir ‘n klagtedirektoraat in sy departement vra, omdat sy kan-
toor nie kan voorbly om klagtes oor brouwerk elders in die departement te hanteer
nie. Hy het egter reeds by dieselfde geleentheid in onderhoude met die media en
daarna nie weer hierna verwys nie.
Xingwana het onder meer die boere se bloed laat kook deur op Kerkplein bewerings
oor aanrandings en ander vergrype te maak na aanleiding van ‘n enkele gerappor-
teerde geval in die Wes-Kaap. Dit het later geblyk dat die regering in daardie stadi-
um reeds maande daarvan bewus was dat die Onafhanklike Klagtedirektoraat die
bewerings as vals bewys het, en dat die aanvanklike klaagster na sy bekeer is, die
betrokke boer om verskoning gevra het.
Agri SA het ook reeds sy kommer uitgespreek omdat die ANC in sy verkiesingsma-
nifes in verskeie opsigte die bal oor landbou en landelike groei totaal misslaan.
89

DA slaan bal mis oor moraliteit van openbare figure 29 Januarie 2009

Tien uit tien vir die Volksblad wat die durf aan die dag lê om die DA aan die hare
beet te kry oor stellings dat moontlike immorele optrede deur hoë politici “private
aangeleenthede” is.
Die DA het die bal bitter lelik aangeslaan. Dis ook nie die eerste keer nie, en ‘n oor-
haastige mediaverklaring van Dianne Kohler-Barnard is al in die verlede oor ‘n
soortgelyke aspek subtiel gerepudieer.
Sulke blapse is te wagte van ‘n party wat alles vir almal probeer wees. Soos al dik-
wels uitgewys is, kan ‘n party vir en teen aborsies, die doodstraf en gay huwelike
wees solank dit in die opposisie is. Om dit so te hou, beteken egter ook die party
moet ‘n “ewige” opposisierol speel, want die oomblik dat dit aan bewind kom, moet
na die een of ander kant hieroor standpunt ingeneem word – en as dit sulke diep
beginselsake is – bevind ‘n hele klomp kiesers wat die party aan bewind gestel het,
hulle eensklaps in die koue.
Vit kiesers met behoudende waardes: Die DA is en bly lid van Liberaal Internasio-
naal. Dit hou een van die talle ondervoorsitterskappe. Die party het onlangs wyle
Helen Suzman gehuldig, ‘n persoon wat sterk vir liberale waardes opgekom het.
Liberalisme fokus skerp op individuele regte, en wanneer dié draadtjie te veel gerek
word, kan wel tot die slotsom gekom word dat ‘n openbare ampsfiguur wat die kat in
die donker knyp, owerspel pleeg, steel en vele meer, se private sake uit die openba-
re domein gehou moet word.
Openbare figure word egter met openbare (belastingsbetalers-) fondse in hul ampte
geplaas en gehou, en daardie ampte moet as rolmodelle dien.
Dit beteken niks as die regering – en opposisie – kla dat morele verval die basisoor-
saak vir die land se geweldsmisdaadprobleem is, maar hulself aan onbehoorlike ge-
drag skuldig maak nie. Die DA doen immers mee aan oproepe om morele herstel,
en maak daarop aanspraak dat van sy verteenwoordigers verwag word om ‘n voor-
beeld te stel. Presies hoe ernstig dit beskou kan word as die party egter sekere
swak en immorele voorbeelde as “privaat aangeleenthede” beskou, word nou ern-
stig onder verdenking geplaas. Selfs van ‘n junior offisier in ‘n uniformtak word seke-
re standaarde in sy privaat lewe verwag om die nodige respek vir die amp wat die
sterretjies en kastele op hul skouers verteenwoordig te regverdig. Dis byvoorbeeld
die amp, nie die persoon nie, wat gesalueer word. Maar verbrou die persoon, is die
sterretjies en kastele daarmee heen.
Bill Clinton se politieke loopbaan is deur die Monica Levinski-sage erg geknou.
Die DA se optrede nou klink baie na ‘n huidige Cope-leier se woorde kort na 1994
toe hy geprotesteer het met: “As ons almal moet afdank wat hulle aan korrupsie
skuldig maak, hoe gaan ons ooit regstellende aksie toegepas kry?”
Dis moeilik om selfs eens die beginpunt van so ‘n dwaalleer vas te vat. Is dit suiwer
rassisme, is dit negrofilisme, is dit paternalisme, is dit nepotisme, is dit gewoon ver-
steurde waardes, is dit onbesonnenheid, is dit verouderde verheerliking van libera-
lisme?
Doen u self die guns: Gaan tik in Google “Dangers of Liberalism” in, en kyk hoeveel
trefslae daar is. Herhaal nou die oefening met “Dangers of Christian Democracy.”
In kort, selfs die liberaliste weet hul eie ideologie kan baie gevaarlik wees as mense
onverantwoordelik daarmee omgaan.
90
Gelykheid voor die gereg nie so gedien

Die aanstelling van ‘n nuwe minister van Veiligheid en Sekuriteit was tot dusver ge-
oordeel ‘n welkome verbetering op die vorige. Die regte geluide word gemaak, en
nou is ‘n senior polisiebeampte geskors omdat hy weens dwarsboming van die ge-
reg aangekla word in ‘n saak wat ironies met Jackie Selebi se vervolging verband
hou.
Ongelukkig lyk dit of ongewenste elemente te lank toegelaat is om vastrapplek in
die polisie te kry, en dat dit ‘n ruk sal neem om van die vrot appels ontslae te raak.
Hulle is ‘n verleentheid vir toegewyde en hardwerkende polisiebeamptes.
Pas het die minister ‘n bestraffende kostebevel in die Vrystaatse Hooggregeshof op
die lyf geloop omdat die advokaat wat hom in ‘n siviele eis moet verteenwoordig,
eers kort voor die verhoor aangestel is en hy dus nie gereed was nie. Ook in vandag
se Volksblad word berig oor hoe ‘n polisielid glo met ‘n verkeersbeampte saamge-
span het om inkriminerende foto’s van die verkeersbeampte op die klaer se selfoon
te verwyder.
In nie een van die gevalle was die minister, en allermins die nuwe minister, by die
beweerde oortredings betrokke nie. Hy staan gewoon in die hof pa as politieke hoof
van sy departement, en die werklike slagoffers is die belastingbetalers wat vir die
regskoste opdok. Die regter het ook duidelik sy misnoeë hiermee uitgespreek.
Dit is ongelukkig nie die eerste keer nie. Ook in die Modderklip-saak het die appèl-
hof se regters hul misnoeë te kenne gegee omdat die staat alles in sy vermoë doen
om deur vertragingstaktiek die regskostes vir die klaer so hoog te jaag dat die klaer
die handdoek moes ingooi, en is hierna as ‘n algemene verskynsel verwys dat dit
nie geduld sal word nie. In daardie saak het die regters ook ‘n reddingsboei na die
staat gegooi om waardig uit die stryd te tree. Die staat het egter die saak voortgesit,
en toe die saak verloor. Die saak is hierna na die Grondwetlike Hof geneem en ook
hier het die staat bloedneus gekry.
Die staat kan, want die besluitnemers betaal nie self die regskoste nie.
Die appèlhofregters het beslis ‘n punt beet dat dié soort optrede nie die saak van
geregtigheid dien nie. In wese maak dit die grondwetlike beginsel van gelykheid
voor die reg ongedaan.
Daar is wel ‘n teenvoeter. Die howe kan, en het al in gevalle van ooglopende kop-
pigheid, die regskostes persoonlik teen die besluitnemer toegestaan. Dit het ook al
gebeur dat ‘n regter ‘n vorige Vrystaatse LUR vir Onderwys wat kort-kort met sake
waar hy die kous oor die kop gekry het in die howe beland het, gewaarsku dat hy
tender om ‘n persoonlike kostebevel op die lyf te loop.
Dit is iets wat uiteraard spaarsamig ingespan word, en wat waarskynlik pandemoni-
um sal veroorsaak in ‘n Suid-Afrika waar mense eerder weens die ANC se kader-
ontpooiingsbeleid as hul bekwaamheid en geskiktheid in besluitnemingsposte be-
land.
Die regspraak word egter nie gedien as die tydperk waar belastingbetalers vir onbe-
kwames se manewales moet bly opdok te lank gerek word nie.
91
Wolf skaapwagter...met ‘n verskil
Herrie sien een van die redes waarom Suid-Afrika nie so waffers as beleggersland
vaar nie, is die arbeidswetgewing wat arbeidsake te veel bemoeilik.
Nou hoor Herrie van ‘n oplossing der oplossings: “Maak vir Kees skaapwagter.”
Oupa Nic se broer wat op naasliggende grond boer, oom Wimmie, span nou vir
Adoons as skaapwagter in. Die mooiste van alles is, Adoons het net op ‘n dag self
sy opwagting gemaak, en saans ja hy nou die skape uit die veld kraal toe. As ta ag-
terkom hy het bietjie “opgeslip” gaan haal hy die wat sy skerp oë ontglip het ook.
Waar Adoons nou in vaardigheid dalk nie heeltemal die mas opkom nie en soms in
sy ywer die skape in ‘n draadheining vasjaag, maak hy in ander opsigte op. Hy vra
nie loon nie, kla nie oor naweekwerk nie, en dring ook nie op huisvesting met lopen-
de kraanwater en die Agrilek aan nie, en soek ook nie rantsoene nie. Nee wat, ‘n
paar lekker sappige skerpioene doen die ding.
Die probleem is dat Adoons sonder verwysings, getuigskrif of selfs dienssertifikaat
aangekom het. Wanneer hy weer die pad gaan vat, weet mens nou nie. Dalk stig
iemand ook die BAV (Bobbejane teen arbeidsuitbuiting vakbond).
Oor die jare is verskeie nie-mensagtige skaapwagters al beproef. Ou Langoor was
belowend, maar toe raak hy te besitlik oor die ooie, en val die lammers aan wanneer
hulle gebore word. Nou hou hy homself meestal geselskap, en steur hom nie aan
die perde met wie hy ‘n kamp deel nie. Ander het al volstruise probeer. Maar om
van kees skaapwagter te maak ...Herrie dink nie iemand het al daaraan gedink nie.
PH Nortjie vertel juis van die boer wat voor die pes, Cochoneal, ‘n turksvykraal vir die
skape gemaak het. Op ‘n dag vang die boer en sy seun die trop in die kraal waar
hulle die lammers verskeur. Die twee gaan steen in die hek, en begin skiet.
Maar watwou, die malende bobbejane het gou agtergekom daar is net een uitgang.
Skaars twee skote elk afgeskiet toe is die bobbejane by die hek uit en trap die boer
en sy seun in die grond in.
Nortjé skryf dit nou nie, maar Herrie weet ‘n bobbejaan wat skrik, is ‘n nare ding.
Soos Oupa Jan altoos gesê het, hy skrik hom oop. As ‘n man byvoorbeeld op bob-
bejane skiet wat jy in die groentetuin betrap het, hoef jy ‘n goeie drie jaar nie te be-
mes nie.

You might also like