Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 13

+(,121/,1(

Citation: 1995 J. S. Afr. L. 725 1995 Content downloaded/printed from HeinOnline (http://heinonline.org) Thu Jun 13 08:00:13 2013 -- Your use of this HeinOnline PDF indicates your acceptance of HeinOnline's Terms and Conditions of the license agreement available at http://heinonline.org/HOL/License -- The search text of this PDF is generated from uncorrected OCR text. -- To obtain permission to use this article beyond the scope of your HeinOnline license, please use: https://www.copyright.com/ccc/basicSearch.do? &operation=go&searchType=0 &lastSearch=simple&all=on&titleOrStdNo=0257-7747

Aantekeninge
VERJARING OF VERVAL VAN VRUGGEBRUIK? 1 Die verwysing in van die uitsprake en ook die behandeling in sommige handboeke laat moontlik ruimte vir 'n verwarring van die tenietgaan van 'n persoonlike diensbaarheid soos vruggebruik weens afstanddoening met verjaring. Aan die hand van die volgende voorbeeld kan die aspek belig word. Gestel 'n testateur bepaal dat sy plaas na sy dood sy seun toekom maar onderworpe aan 'n lewenslange vruggebruik vir sy weduwee. Die vruggebruikster kom met haar kind ooreen om "haar vruggebruiksbevoegdhede" aan hom te verhuur sodat hy kan boer op sy grond. As barmhartige moeder skeld sy in die lig van periodieke misoeste en knellende droogte van tyd tot tyd die kind van sy verpligting kwyt om die huurgeld vir die bepaalde jaar soos afgespreek aan haar oor te betaal. Nadat die vruggebruik reeds m66r as dertig jaar duur, in welke tyd die seun aan sy moeder wel die meeste van die afgesproke huur betaal het, kom die seun plotseling v66r sy moeder te sterwe. Sy weduwee is sy enigste erfgenaam. Na haar verrassend snelle huwelik met die buurman, neem haar ou skoonmoeder nie langer genoe6 met die gedagte dat In nuwe huurooreenkoms met haar skoondogter en di6 se nuwe gade gesluit moet word vir die huur van die vruggebruiksbevoegdhede nie. Sy beplan om 'n nuwe huurooreenkoms ten aansien van die landboukundige benutting van die grond met 'n derde te sluit. Kan dit beweer word dat die vruggebruiksbevoegdhede hetsy weens abandonnering of verjaring die skoondogter as nuwe eienaar toekom en die vruggebruikster se rol uitgespeel is sodat die eienaar haar eiendom onbelas deur die vruggebruik kan benut? Welke rol speel die voortgesette registrasie van die vruggebruik teen die titelakte van die plaas? 2 Aard van vruggebruikerse bevoegdhede 2.1 Vruggebruik is een van die persoonlike diensbaarhede wat in die SuidAfrikaanse reg erken word. As persoonlike diensbaarheid is dit 'n beperkte saaklike reg wat op bepaalde eiendom rus wat aan 'n ander behoort en ingevolge waarvan die reghebbende van die diensbaarheid beperkte en bepaald omskrewe bevoegdhede ten aansien van die objek van die saaklike reg het. Persoonlike diensbaarhede is in die algemeen nie oordraagbaar nie. In Armstrong v Bhamjee (19913 SA 195 (A)) bevestig die app~lhof die bestaande reel: "It is trite law that a personal servitude is inalienableand terminates with the death of the holder thereof" (201D-my kursivering). In di6 verband is die formulering van artikel 66 van die Registrasie van Aktes Wet 47 van 1937 ongelukkig omdat daar melding gemaak word van die "oordrag of sessie" van persoonlike diensbaarhede aan die eienaar. Dit kan tog nie juis wees nie. Dieselfde regsubjek kan nooit reghebbende wees van die diensbaarheid 6n die onderliggende eiendomsreg nie. Die stelreel nulli enim res sua servit leer sedert die Romeinse reg dat niemand reghebbende van 'n serwituut op sy eie saak kan wees nie en die regsfiguur van vermenging of 725
[ISSN 0257-77471

TSAR 1995.4
HeinOnline -- 1995 J. S. Afr. L. 725 1995

SONNEKUS

confusio bring ook mee dat die diensbaarheid van regswe6 uitgewis word indien die reghebbende van die diensbaarheid ook eienaar van die belaste eiendom word. Die beperkte saaklike reg is dus persoonlik verkleef of verknog aan die persoon van die regsubjek en kan nieteenstaande die feit dat dit deel van sy vermo6nsregte vorm nie aan 'n ander oorgedra word nie. (Die hiermee strydige obiter dictum in Van der Merwe v Van Wyk NO 1921 EDL 298 en in Loubser v SA Spoorwee en Hawens (1976 4 SA 589 (T) 601A-B) word by implikasie deur die applhof in DurbanCity Council v Woodhaven Ltd 1987 3 SA 555 (A) verwerp.) 2.2 Soms word weliswaar beweer dat die reghebbende van 'n persoonlike diensbaarheid soos vruggebruik wel die bevoegdheid sou h om sommige van, of al, sy bevoegdhede ingevolge die diensbaarheid aan 'n derde oor te dra. Sodanige formulering is minder suiwer. Die reghebbende dra klaarblyklik geeneen van sy bevoegdhede as beperk saaklike geregtigde aan die derde oor nie. Wel word reeds gemeenregtelik toegelaat dat 'n vruggebruiker bevoegdhede soortgelyk aan di6 wat hom ingevolge die serwituut toekom, aan 'n derde verkoop, skenk, uitleen, verhuur of ter bede verleen (sien bv Voet 7 1 32). Hy kan dus wel in bepaalde omstandighede met 'n derde ooreenkom om aan laasgenoemde bevoegdhede te verleen soortgelyk aan sommige van di6 wat hy as reghebbende van 'n persoonlike diensbaarheid soos vruggebruik geniet. Die derde word egter nie saaklike reghebbende danksy daardie ooreenkoms nie. Hy verkry geen tipiese saaklike remedies om sy posisie te beveilig nie en moet hom daarvoor op verbintenisregtelike remedies teen die serwituutreghebbende verlaat. (Vgl Bhamjee v Mergold Beleggings (Edms) Bpk 1983 4 SA 555 (T); Van der Merwe Sakereg (1989) 366. Sien verder Sonnekus en Neels "Bevoegdhede van reghebbende van serwituut van weg" 1987 TSAR 88-96 93 en die bespreking aldaar.) 2.3 Die ooreenkoms tussen die vruggebruiker en die persoon aan wie bevoegdhede analoog aan sommige of al die bevoegdhede van die vruggebruiker verleen word, kan 'n verskeidenheid vorme aanneem. Dit kan as 'n huurooreenkoms ingeklee word waar die vruggebruiker met die huurder ooreenkom dat laasgenoemde al of sommige van die bevoegdhede wat die vruggebruiker toekom, kan uitoefen vir 'n bepaalde termyn of in die algemeen vir die hele duur van die vruggebruik teen betaling van die ooreengekome huurgeld. Nakoming van die huurverpligtinge deur die huurder hoef ook nie slegs daaruit te bestaan dat die huurgeld in kontant betaal moet word word nie. Dit is gebruiklik, veral met betrekking tot huurooreenkomste wat met vruggebruik oor landbougrond verband hou, dat die partye ooreenkom dat die verpligtinge van die huurder ten dele of ten voile vereffen word cieur 'n deel van die opbrengs van die plaas aan die vruggebruiker-verhuurder oor te dra-iets soos 'n deelsaai-ooreenkoms. Die aangaan van sodanige ooreenkoms met 'n derde ingevolge waarvan die vruggebruiker bevoegdhede analoog aan sy vruggebruiksbevoegdhede aan die medekontraktant verleen, hef uiteraard nie die beperk saaklike reg van die vruggebruiker as persoonlike diensbaarheidsreghebbende op nie-die derde TSAR 1995.4
HeinOnline -- 1995 J. S. Afr. L. 726 1995

[ISSN 0257-77471

VERJARING OF VERVAL VAN VRUGGEBRUIK?

727

ontleen steeds sy bevoegdhede uit hoofde van die verbintenisskeppende ooreenkoms danksy die feit dat die vruggebruiker as sodanig daardie bevoegdheid het. Uiteraard kan die vruggebruiker soos enige reghebbende self besluit oor die omvang van vergoeding wat hy vir die verlening van die vergunning aan die kontraktant verlang en mits die partye daaroor wilsooreenstemming bereik, maak dit daardie wesenlike beding van hul ooreenkoms uit. Dit impliseer dat die vruggebruiker ook regsgeldig mag besluit. om die verlening van die vergunning selfs gratis tot die beskikking van 'n ander te stel. Ook in daardie geval oefen die vruggebruiker steeds self sy vruggebruik uit. Ongeag wat die omvang van die vergoeding is, indien enige, waarop die partye ooreengekom het, ontleen die medekontraktant slegs sy bevoegdhede om op die plaas te mag boer aan die verbintenisskeppende ooreenkoms met die vruggebruiker en geniet hy nie in sy eie hoedanigheid enige saaklike regte ten aansien van die plaas nie. Dit is dan ook duidelik dat die medekontraktant deurentyd die onderliggende regsposisie van die vruggebruiker as sodanig bly erken-ongeag die omvang van die vergoeding (huurgeld) wat hy daarvoor betaal. Hy tree deurentyd as beheersdienaar vir en namens die vruggebruiker as saaklikreghebbende op. 2.4 By enige van die ooreenkomste is altyd inbegrepe dat die regte van die regsverkryger laatstens met die verval van die vruggebruik self te niet gaan ongeag op welke termyn die partye selfs uitdruklik sou afspreek (C 3 33 12; D 7 4 2 1; Voet 7 4 13; Cowley v Hahn 1987 1 SA 440 (OK) 446G). Hierdie is die direkte gevolg van die feit dat die vruggebruiker se regte aan horn persoonlik verkleef is en onoordraagbaar is. 2.5 In Durban City Council v Woodhaven Ltd 1987 3 SA 555 (A) het applregter Vivier deeglik ingegaan op die sogenaamde oordraagbaarheid van In persoonlike diensbaarheid soos vruggebruik. Hy meld met verwysing na erkende Romeinse reg-handboeke dat van die vroegste Romeinse tekste die persoonlike verkleefdheid van hierdie kategorie diensbaarhede bevestig (560C-F; sien Thomas Textbook of Roman Law (1976) 195-205; Buckland A Textbook of Roman Law from August to Justinian (3e uitg) 268-270). Justinianus het reeds aangetoon dat enige poging tot oordrag van die beperk saaklike regte van 'n persoonlike diensbaarheidsreghebbende regtens onbestaanbaar is (Inst 2 4 3). Hoewel verskil van mening oor die gevolg van sodanige abortiewe poging tot sessie onder die ou skrywers geheers het, is die heersende gedagte nie meer dat die reg deur die abortiewe poging uitgewis word nie maar bloot dat die poging negeer word as 'n handeling waarvan die reg nie kan kennis neem nie (5601; sien ook Van der Merwe 1987 Annual Survey 220 224). Reeds ten aansien van die Romeinse reg is beweer dat hoewel die diensbaarheid self onoordraagbaar is, die reghebbende wel oor die sogenaamde reg om die diensbaarheid te geniet kan beskik ("Usufructuarius vel ipse frui ea re vel alii fruendam concedere vel locare vel vendere potest"-D 7 112 2; sien ook Woodhaven-saak 560F). Sande het met verwysing na hierdie aangeleentheid byvoorbeeld slordig geformuleer en beweer dat vruggebruik en habitatio as "purely personal rights" weliswaar nie sedeerbaar is nie maar dat die bevoegdheid om die objek van die diensbaarheid te geniet wel oordraagbaar is (sien die Woodhaven-saak 560F-G). Benewens die feit dat persoonlike diensTSAR 1995-4
HeinOnline -- 1995 J. S. Afr. L. 727 1995

[ISSN 0257-77471

SONNEKUS

baarhede beperkte saaklike regte is en geen vorderingsregte nie en dus beslis nie as saaklike regte "sedeerbaar" kan wees nie, het hy nagelaat om die grondslag van die "sessionaris" se bevoegdhede uit te lig. (Vgl die opmerking van Scott The Law of Cession (1980) 15 n 39. Sien vir die foutiewe standpunt Cowley v Hahn 1987 1 SA 440 (OK) 446A-C.) In die Romeins-Hollandse reg bestaan ook aanknopingspunte vir die standpunt dat 'n reghebbende van 'n persoonlike diensbaarheid oor van sy bevoegdhede kan beskik. (VgI De Groot Inleidinge 2 39 4; Van der Keessel ad De Groot 2 39 5; Voet 7 4 3; 7 1 32 en die Woodhaven-saak 561B-E.) Meerdere moderne skrywers beweer ook dat 'n vruggebruiker sy gebruiksen genotsbevoegdhede ingevolge die vruggebruik ter beskikking van 'n derde kan stel, sy reg op vrugtetrekking kan "verkoop", aan 'n ander kan skenk of verhuur. (Vgl Van der Merwe 366.) Die afloopdatum van die reg bly egter volgens di6 standpunt verkleef aan die oorspronklike termynbepaling of die lewe van die oorspronklike vruggebruikreghebbende. In meerdere tekste van ou skrywers en uitsprake is steunend op die gemenereg beweer dat "the whole right of enjoyment" van vruggebruik s6 "oordraagbaar" is (vgl Van der Merwe v Van Wyk 1921 EDL 299; Delport en Olivier Sakereg Vonnisbundel (1985) 581; JCM "The cession of usufruct" 1923 SALJ 148-150). Hierbo is egter reeds aangedui dat die derde hoogstens vorderingsregte teen die serwituutreghebbende kan verkry om aanspraak te kan maak op prestasie deur laasgenoemde van bepaalde voordele wat die vruggebruiker uit hoofde van sy saaklike reg geniet. Dit impliseer wel dat die beperkte saaklike reg steeds bestaan maar dat die vruggebruiker ooreenkomstig die bedonge vorderingsreg van byvoorbeeld die huurder vir die duur van die bedonge huur nie self sy vruggebruiksbevoegdhede kan uitoefen sonder om kontrakbreuk teenoor die huurder te pleeg nie. In die geval van vruggebruik verval die kontraktueel bedonge bevoegdhede van byvoorbeeld die huurder dus laatstens met die dood van die regsubjek by ontstentenis van 'n andersoortige termynbepaling. 2.6 In die hipotetiese feitestel wat hierbo voorgehou is, blyk geen rede om te aanvaar dat die vruggebruik in casu aan 'n ander termynbepaling onderworpe is nie en dit sal dus regtens pas met die afsterwe van die vruggebruikster outomaties verval. Tot op daardie stadium kan sy as vruggebruikster beskik oor al die bevoegdhede wat haar as vruggebruikster toekom. Die feit dat sy meer as dertig jaar 'n derde, toevallig haar seun en eienaar van die grond, toegelaat het om die bevoegdhede by haar te huur, dui dus allermins op die nieuitoefening van haar bevoegdhede. 3 Abandonnering 3.1 Enige regsubjek kan willens en wetens te enige tyd afstand doen van enige van sy vermodnsregte. Abandonnering is in die Suid-Afrikaanse reg 'n verskyningsvorm van die bred versameling eensydige regshandelinge. In die moderne Nederlandse reg was v66r inwerkingtreding van die nuwe Wetboek eweneens aanvaar dat afstanddoening 'n eensydige regshandeling is (vgl Pitlo-Brahn Zakenrecht (1989) 264; Brahn Zwaartepunten van het Nieuwe Vermogensrecht (1987) 139). NA 1 Januarie 1992 word afstanddoening beheers deur artikel 3:98 BWen vind die algemene redls van afdeling 3.4.2 (a 3:84 BW) TSAR 1995.4
HeinOnline -- 1995 J. S. Afr. L. 728 1995

IISSN 0257-77471

VERJARING OF VERVAL VAN VRUGGEBRUIK?

729

toepassing met inbegrip van titel, beskikkingsbevoegdheid en formele handeling wat meebring dat dit nou aldaar formeel as 'n meersydige regshandeling tipeer word hoewel veral ten aansien van afstand van beperkte regte steeds in feite slegs 'n eensydige regshandeling ter sprake is. (Sien Reehuis en Heisterkamp Goederenrecht (1994) 353 ev; Nieuwenhuis, Stolker en Valk Nieuw Burgerlijk Wetboek (1990) 112-113; Brahn en Reehuis Zwaartepunten van het Vermogensrecht (1993) 373.) Terwyl 'n meersydige regshandeling die samewerking deur meerdere regsubjekte behoef, is 'n eensydige regshandeling per definisie 'n handeling wat deur een individu verrig kan word en waaraan die reg steeds ten minste sommige van die gevolge heg wat die individu beoog het (De Wet en Van Wyk Kontraktereg en Handelsreg (1978) 6). Soos die ander voorbeelde van eensydige regshandelinge (waaronder testamentsverlyding of In herroepingshandeling by 'n testament, repudi6ring van 'n erflating, opsegging van huur of dienste, aanmaning en terugtrede) heg die reg juis ten aansien van abandonnering gevolge daaraan hoewel slegs die wil van die reghebbende in ag geneem word. (Sien ook Sonnekus "Kwytskelding, skenking en 'n gelykenis" 1995 TSAR 140-153.) Ten aansien van abandonnering verander weens die afstanddoeningsbedoeling van die reghebbende in die algemeen slegs sy regsposisie. Geen ander regsubjek verkry as gevolg daarvan sy regte nie soos duidelik blyk uit die weggooi van 'n le6 sigaretdosie of die repudidring van 'n erflating. Indirek bring afstanddoening van 'n beperkte reg soos vruggebruik of 'n ander diensbaarheid tog 'n verruiming van die bevoegdhede van die eienaar mee. Hoewel hy geen nuwe reg daardeur verkry nie, geniet hy voortaan die bevoegdhede as reghebbende onbelas deur die beperkte saaklike reg wat abandonneer is. 3.2 Abandonnering is per definisie 'n eensydige regshandeling waardeur die reghebbende bewustelik en vrywillig homself onherroeplik ontdaan van 'n vermoensreg wat hy gehad het. Die oomblik wat die reghebbende die abandonneringsbedoeling gevorm het, verval daardie vermoinsreg resloos. Vir intrede van did gevolg van abandonnering is dit dus onbelangrik hoe lank die afstanddoeningsbedoeling geduur het. Tydsverloop speel daarteenoor wel In deurslaggewende rol by verjaring. Dit is egter opvallend hoe geredelik in die uitsprake en by van die skrywers 'n verwarring van hierdie twee regsfigure intree. As dit werklik oor die tydsduur gaan, moet aan al die vereistes van verjaring voldoen word terwyl vir afstanddoening die duur van die afstanddoeningsbedoeling nie ter sake kan wees nie. Tog word in van die uitsprake s6 geformuleer asof die tydsduur wat die reghebbende van die diensbaarheid nagelaat het om teen die inbreukmakende gedrag van die eienaar op te tree aanduidend van sy afstanddoeningsbedoeling kan wees. (Sien Braun v Powrie (1903) 20 SC 476 480.) 3.3 Weens die verreikende gevolge ook juis vir die vermodnsregtelike posisie van die reghebbende indien hy hom van van sy vermo~nsregte ontdaan, stel die reg wel bepaalde vereistes vir abandonnering: 3.3.1 Van deurslaggewende belang is die prim~re vereiste dat die reghebbende hom bewustelik van sy vermo~nsreg ontdaan het, dus die afstanddoeningsbedoeling horn nagewys kan word.

[ISSN 0257-77471

TSAR 1995.4
HeinOnline -- 1995 J. S. Afr. L. 729 1995

730

SONNEKUS

3.3.2 As eensydige regshandeling word juridies slegs kennis geneem van die gerigte wilsbesluite van die reghebbende ten einde die intrede van regsgevolge teweeg te bring. Dit staan dus enige regsubjek vry om na keuse homself te ontdaan van enige van sy vermoinsregte deur bloot die nodige wilsbesluit daartoe te neem. As eensydige regshandeling behoef dit nie die medewerking van enige ander regsubjek nie-ook nie van die eienaar wie se inhoudsbevoegdhede in omvang toeneem danksy die abandonnering van 'n beperkende reg nie. In die geval van saaklike regte word wel geleer dat vir die verkryging van 'n saaklike reg 'n mate van publisiteit met die regsverkryging gepaard moet gaan. (Tav roerende sake word gewoonlik aan die publisiteitsvereiste voldoen mbv die beheersvereiste terwyl tav onroerende sake vir alle afgeleide gevalle van regsverkryging registrasie in die akteskantoor vereis word maar vir oorspronklike wyses van regsverkryging eweneens op die beheersvereiste gekonsentreer word.) Verkeerdelik word soms aanvaar dat analoog aan die publisiteitsvereiste by die verkryging van die saaklike reg eweneens 'n publisiteitsvereiste gestel sou word vir afstanddoening van die reg. Daar is egter geen materiile regsvereiste van publisiteit vir abandonnering nie. In die praktyk sal egter gewoonlik aan die hand van na buite waarneembare feite afleidings gemaak moet kan word oor die waarskynlike bedoeling van die eienaar. Sodanige benutting van die na buite waarneembare optrede van die eienaar ten einde die waarskynlike subjektiewe bedoeling af te iei, durf egter nie verhef word tot 'n selfstandige publisiteitsvereiste as sou dit in alle gevalle van abandonnering van toepassing wees nie. 3.3.3 In die Suid-Afrikaanse reg bestaan geen vermoede dat selfs langdurige nie-uitoefening van beheer oor sy saak (om welke rede dan ook) outomaties tot die verlies van sy eiendomsreg vir die eienaar (of waar van toepassing die reghebbende van die beperkte saaklike reg) voer nie. Die aanwesigheid van die afstanddoeningsbedoeling moet dus bewys word deur wie dan ook daarop wil steun. (Sien De Groot Inleidinge 2 37 4; Voet 8 6 5 gelees met 7.) Deurentyd moet die onderskeid tussen die beweerde afstanddoening (eensydig afhanklik van die werklike abandonneringsbedoeling) en verjaring (afhanklik van die durende positiewe optrede deur die aanspraakmaker op verjaring) in gedagte gehou word (Clack v Morgan 1922 EDL 55 64; Edmeades v Scheepers 1 SC 334 340; Head v Du Toit 1932 CPD 287 295). In die Suid-Afrikaanse reg word soms in aansluiting by die vorige formulering geleer dat abandonnering nooit vermoed word nie maar dat in iedere geval daadwerklike afstanddoening bewys moet word op die gebruiklike oorwig van waarskynlikhede. 'n Sleuteluitspraak oor abandonnering in die Suid-Afrikaanse reg is SM Goldstein v Gerber (1979 4 SA 930 (A)). In die uitspraak beslis die app~lhof op 936F dat bewys gelewer moet word van 'n abandonneringsbedoeling eer die reg sal aanvaar dat 'n persoon langs die weg van die eensydige regshandeling homself sou ontdaan het van sy saaklike reg op die saak:
"'There is in my opinion nothing in the evidence of Brown or the plaintiff, or for that matter in the evidence of any other witness, which points either to an intention to abandon the roller or . . .any act which can be regarded as evidencing such an intention" (Sien verder Sonnekus 1987

TSAR 370 ev; 1987 TSAR 266 en 1989 TSAR 720.)

TSAR 1995.4
HeinOnline -- 1995 J. S. Afr. L. 730 1995

I ISSN

01257-77471

VERJARING OF VERVAL VAN VRUGGEBRUIK?

Sien ook appdlregter Joubert se opmerking in die verband in Reck v Mills 1990 1 SA 751 (A):
"In hierdie verband is dit gewens om daarop te wys dat volgens ons gemene reg word eiendomsreg oor 'n saak deur derelictio verloor wanneer 'n eienaar sy saak prysgee of abandonneer met die bedoeling om nie meer eienaar daarvan te wees nie. Raadpleeg Inst 2.1.47; De Groot 2.1.52; 2.32.3; Vinnius ad Inst 2.1.46 nr 1; Van Leeuwen CF 1.2.1.18, 1.2.3.14; Voet 41.1.10; Van der Keessel ad Gr 2.32.3" (757B-C-my kursivering).

Hieruit skyn dit of minstens met betrekking tot verlies van eiendomsreg deur abandonnering by ontstentenis van ander beter bewys van die daadwerklike afstanddoeningsbedoeling die klein geplaas word op die waarskynlike kans dat die eienaar nog effektiewe beheer sal kan uitoefen. Toegepas op diensbaarhede 16 die klein dus eweneens op die bewys van die daadwerklike abandonneringsbedoeling. "The onus is strictly on the appellant. He must show that the respondent, with full knowledge of her right, decided to abandon it, whether expressly or by conduct plainly inconsistent with an intention to enforce it" (Laws v Rutherfurd 1924 AD 261 263. Sien ook Hepner v Roodepoort-MaraisburgTown Council 1962 4 SA 772 (A) 778 en Margate Estates Ltd v Urtel (Pty) Ltd 1965 1 SA 279 (N) 294G-H). Daarenteen word egter beweer dat alvorens die abandonnering van 'n diensbaarheid waaronder ook 'n persoonlike diensbaarheid soos vruggebruik teenoor derdes werking sal h6, die afstanddoening as rojering geregistreer moet word (Joubert "Afstanddoening van serwituutregte" HuldigingsbundelP van Warmelo (1984) 118-126 124). Dit is ook die standpunt van Van der Merwe (384) en Silberberg-Schoeman The Law of Property (398-399). Die skrywers steun op Hawkins v Munnik ((1830) 1 M 465 466). (Sien egter daarteenoor Kleyn en Boraine Silberberg and Schoeman's The Law of Property (1993) 383 wat nie die stelling van hul voorgangers napraat nie.) Met respek oortuig die obiter opmerkings in daardie ou uitspraak nie. Die abandonneringsbedoeling van die reghebbende wis die reg uit nieteenstaande die feit dat 'n "dooie" inskrywing steeds in die registers mag bestaan. Joubert het in die lig van die vermelde interpretasies wat in die regspraak reeds aan afstanddoening van diensbaarhede geheg is, aanvaar dat afstanddoening "na gelang van die uitgangspunt van die beoordelaar, 'n een- of 'n tweesydige handeling [kan] wees" (118). Die voorbeelde van beweerde tweesydige handelinge in hierdie verband was egter beperk tot gevalle van ooreenkomste tot kansellering van die diensbaarheid wat met abandonnering in die ware sin van die woord niks gemeen het nie. Hoewel die aktespraktyk in die verband op ongetoetste aannames oor die regsposisie berus, word aanvaar dat 'n diensbaarheid tot die formele rojering bly bestaan. In beginsel mag binne die aktespraktyk beweer word dat aanknopingspunte vir die regsposisie by afstanddoening van 'n diensbaarheid gevind kan word in die hantering van verval van 'n diensbaarheid deur 'n ander regsfeit soos confusio wat eweneens nie op 'n ooreenkoms tussen die partye berus nie. Indien die howe by herhaling gene6 was om materiele gevolge te heg aan die feit dat 'n serwituut verkeerdelik na confusio geregistreer bly, kan aanvaar word dat dieselfde mag gebeur indien die serwituut weens afstanddoening verval het maar nog nie formeel gerojeer is nie. In daardie geval is 'n beroep op artikel 68 van die Registrasie van Aktes Wet 47 van 1937 aangewese (sien 5 hieronder).

[ISSN 0257-77471

TSAR 1995.4
HeinOnline -- 1995 J. S. Afr. L. 731 1995

732

SONNEKUS

3.4 In die onderhawige hipotetiese feitestel is daar myns insiens geen kans dat die eiseres kan aantoon dat haar ou skoonmoeder op enige stadium die daadwerklike abandonneringsbedoeling ten aansien van haar vruggebruik gehad het nie. Dit word bevestig deur die feit dat sy op 'n deurlopende grondslag deur al die jare wat haar seun op die tersake deel geboer het ook haar vruggebruik bly uitoefen het en hy dit van sy kant met die oorbetaling van die afgesproke huur bly erken het. Daar moet dus duidelik onderskei word tussen enersyds, afstanddoening van die vruggebruik wat myns insiens nie bewysbaar aangetoon sal kan word nie, en andersyds die periodieke kwytskelding van die verskuldigde huur. Aangesien kwytskelding slegs betrekking het op die vorderingsreg van die vruggebruikster op die verskuldigde prestasie deur die huurder, het die kwytskelding geen effek op die voortbestaan of uitoefening van die vruggebruik as saaklike reg nie. Selfs indien die vruggebruikster aan haar seun die vergunning verleen het om die eiendom gratiste bewerk "tot en met verdere kennisgewing", sou dit nie op abandonnering van haar saaklike reg as vruggebruikster neerkom nie. Dit dui eerder daarop dat die vruggebruikster gebruik gemaak het van haar bevoegdheid om haar vruggebruiksbevoegdhede gratisaan die tersake party beskikbaar te stel, wat in wese slegs ten aansien van die vergoedingsaspek verskil van 'n huurooreenkoms. Die vruggebruikster oefen steeds haar vruggebruik uit ook as sy dit gratis of goedkoop aan 'n ander per afspraak verleen. Daar is dus geen sprake daarvan dat sy nie langer haar vruggebruik in die woorde van artikel 7(1) van Wet 68 van 1969 "uitgeoefen" het nie. 4 Verjaring 4.1 Verjaring word in die Suid-Afrikaanse reg beheers deur die norme van die gemenereg behalwe daardie aspekte waarvoor uitdruklik in die onderskeie wette voorsiening gemaak word. Enige verjaringstermyn wat geheel of ten dele v66r 1 Desember 1970 geloop het, word beheers deur die ou Verjaringswet 18 van 1943 terwyl die nuwe Verjaringswet 68 van 1969 die termyn wat vanaf daardie datum loop, beheers. Vir die huidige moet dus aanvaar word dat as 'n deel van die onderhawige hipotetiese feite v66r daardie afsnypunt in 1970 afspeel beide wette gevolglik toepaslik sal wees. Ten opsigte van verj aring verskil die Suid-Afrikaanse reg van die vastelandse sisteme waarmee dit gewoonlik vergelyk word. In die Suid-Afrikaanse reg val die klem by verjaring dikwels op die verkryging van 'n vermo~nsreg deur voldoening aan al die tersake vereistes (met inbegrip van tydsverloop) eerder as op die tenietgaan van 'n remedie waarmee die reg beskerm sou kon word. Daarom word verjaring binne die sakereg tipeer as 'n oorspronklike wyse van regsverkryging sonder om onnodig ag te slaan op die keersy van die munt en die gevolglike verlies deur hierdie regswerking van die voormalige reghebbende se vermo~nsbate. In die Suid-Afrikaanse reg word konsekwent geleer dat die remedie onlosmaaklik met die tersake reg vervleg is en daar is dus geen ruimte vir 'n negatiewe uitwissende verjaring van die remedie terwyl die onderliggende reg steeds intak gelaat word nie. In did opsig sluit die Suid-Afrikaanse reg eerder aan by die Romeinsregtelike usucapio as by die longi temporispraescriptio(vgl onderskeidelik C7 39 3-wat as vertrekpunt vir die bekende 30 jaar-termyn vir TSAR 1995.4
HeinOnline -- 1995 J. S. Afr. L. 732 1995

JISSN 0257-77471

VERJARING OF VERVAL VAN VRUGGEBRUIK?

733

die tenietgaan van 'n regsvordering vermeld word-C 7 31 1 en C 7 33 12). (Sien Zwalve Hoofdstukken uit de Geschiedenis van het Europese Privaatrecht:1 Inleiding en Zakenrecht (1993) 163 n 56; Trinkner "Eigentumserwerb durch Ersitzung im altorientalischen Recht" 1991 BB 2454-2457.) Terwyl dit by verkrygende verjaring sedert Pienaarv Rabie (1983 3 SA 126 (A)) vasstaan dat die klem op die objektiewe gemeenskapsbelang in regsekerheid val en die bedoeling of laksheid van die reghebbende geen rol speel nie, skemer ten opsigte van uitwissende verjaring wel steeds die negatiewe "straf vir laksheid"-gedagte deur. Van v66r daardie app~lhofuitspraak kan meerdere Suid-Afrikaanse uitsprake aangehaal word waarin uitdruklik geheul is met die "straf vir onagsaamheid"-gedagte. (Sien bloot die volgende formulering waaruit die verwarring tussen die objektiewe vereistes van verjaring en die sogenaamde teenstrydige daad blyk: "The right to acquire by prescription is founded upon negligence of the owner in not protecting his interests against strangers in possession, but this foundation fails where the adverse possession is not patent to him and others"-Smith v Martin's Executors 16 SC 148 151. Sien ook Wynne v Pope 1960 3 SA 37 (K) 41E.) By bevrydende verjaring val die klem op die belang van die skuldenaar om eindelik van sy onafgedwonge prestasieverpligting bevry te word en aangesien op die regsfiguur in sy belang In beroep gedoen kan word kan ook hy voortydig van die moontlike latere beroep daarop afstand doen (Nedfin Bank Bpk v Meisenheimer 1989 4 SA 701 (T) 708D). Die werking van verkrygende verjaring val daarteenoor buite die afspraaksbevoegdheid van die tersake partye aangesien dit die objektiewe gemeenskapsbelang in regsekerheid dien. In die Duitse reg word voorsiening gemaak vir Ersitzung( 937-945 BGB), benewens die afsonderlike norme wat "die Verjahrung des Eigentumsanspruchs" beheers ( 194-225 BGB). Laasgenoemde is dan 'n uitwissing deur tydsverloop van die remedie ter beskerming van die tersake reg ("das Recht, von einem anderen ein Tun oder ein Unterlassen zu verlangen (Anspruch), unterliegt der VerjAhrung"- 194(1)). (Sien Wilhelm Sachenrecht (1993) 589.) Die nuwe Nederlandse BW ken insgelyks benewens verkrygende verjaring soos gereil in artikel 3:99 ev, ook die uitwissing van 'n remedie ingevolge artikel 3:306-326 gelees met artikel 3:104-106 BW. Dit sluit dus ook die uitwissing van 'n sakeregtelike remedie soos die actio confessoria vir diensbaarhede in (sien Voet 7 6 1).
"Wanneer de verjaring van de rechtsvordering van een beperkt gerechtigde tegen de hoofdgerechtigde tot opheffing van een met het beperkte recht strijdige toestand wordt voltooid, gaat het beperkte recht teniet, voor zover de uitoefening daarvan door die toestand is belet" (a 3:106 BW).

4.2 Aangesien die eienaar van 'n saak nooit 'n beperkte saaklike reg oor sy eie saak kan verkry nie (nulli enim res sua servit-D 8 2 26) is daar geen sprake daarvan dat die eienaar (hetsy dit in die onderhawige hipotetiese geval die seun van die vruggebruikster of na sy dood sy weduwee is) deur verkrygende verjaring die vruggebruik as persoonlike diensbaarheid kon verkry nie. (Gien v Gien 1984 3 SA 54 (T).) Selfs buiten die onderhawige geval waar die eienaar abortief beweer om deur verjaring die persoonlike diensbaarheid te bekom, het De Wet reeds aangetoon dat "die vestiging van 'n persoonlike servituut deur verjaring [skyn] iets TSAR 1995-4
HeinOnline -- 1995 J. S. Afr. L. 733 1995

1ISSN 0257-77471

SONNEKUS

te wees wat selde, indien ooit in die praktyk sal voorkom. Ek stel dus voor dat geen voorsiening gemaak word vir die verkryging van persoonlike servitute deur verjaring nie" ("Verjaring" in Opuscula Miscellanea(1979) 56 op 101). Indien verjaring hoegenaamd ten aansien van vruggebruik ter sprake kon kom, kon dit hoogstens gaan oor die uitwissing van die persoonlike diensbaarheid deurdat die diensbaarheidsreghebbende vir 'n ononderbroke termyn van dertig jaar nooit haar vruggebruik uitgeoefen het nie dn die eienaar van die eiendom gedurende daardie tydperk ononderbroke die bevoegdhede wat die vruggebruiker toegekom het, uitgeoefen het sonder om die regte van die vruggebruiker te erken, dit wil s6, sogenaamd met 'n teenstrydige gesindheid beheer oor die eiendom uitgeoefen het. Die Suid-Afrikaanse reg ken, anders as die gemenereg en ook die moderne Duitse en Nederlandse reg, geen uitwissende verjaring met betrekking tot saaklike regte in die algemeen nie. Uitwissende (of bevrydende) verjaring word in die ou Verjaringswet uitsluitlik met betrekking tot die uitwissing van vorderingsregte behandel. Om daardie rede dat De Wet met die oog op die nuwe Verjaringswet wat hy opgestel het vermeld: "maar die tenietgaan van servitute deur verjaring word glad nie aangeraak nie. . . " (79). (Sien vir die geregtelike erkenning van die rol van De Wet ten aansien van die huidige wet en die gewig wat aan daardie bydrae van De Wet geheg kan word die uitspraak van ar Corbett in Westinghouse Brake & Equipment (Pty) Ltd v Bilger Engineering (Pty) Ltd 1986 2 SA 555 (A) 562D.) 4.3 Die nuwe Verjaringswet maak wel uitdruklik in artikel 7(1) gewag van die "uitwissing van 'n serwituut deur verjaring": "'n Serwituut word deur verjaring uitgewis indien dit vir 'n ononderbroke termyn van dertig jaar nie uitgeoefen is nie." De Wet as vader van die wet het in di6 verband duidelik aangesluit by die regsposisie in van die vastelandse stelsels waar non usus wel tot die uitwissing van persoonlike diensbaarhede kon lei-sien Windscheid-Kipp Lehrbuch des Pandektenrechtsse bespreking by 216; Voet 8 6 7. Die Nederlandse reg is in di6 verband tot 1992 beheers deur artikel 854.5 BW wat bepaal het: "Vruchtgebruik eindigt [d]oor verjaring, wanneer de vruchtgebruiker gedurende dertig jaren van zijn regt geen gebruik heeft gemaakt." (Sien vir die soortgelyke bepaling vir erfdiensbaarhede a 754 BW oud.) Hierbo is reeds aangetoon dat die posisie daar te lande tans beheers word deur artikel 3:106 gelees met artikel 3:314.1 BW wat meebring dat die klem steeds op die uitwissing van die aksie geplaas word hoewel die verjaringstermyn gekrimp het tot slegs 20 jaar. Die Duitse reg verwys in 1028(1) BGB eweneens na die uitwissing deur verjaring van die aksie waarmee die diensbaarheidsreghebbende sy diensbaarheid kan afdwing.
"Ist auf dem belasteten Grundstuck eine Anlage, durch weiche die Grunddienstbarkeit beeintrAchtigt wird, errichtet worden, so unterliegt der Anspruch des Berechtigten auf Beseitigung der Beeintrachtigung der Verjahrung, auch wenn die Dienstbarkeit im Grundbuch eingetragen ist. Mit der VerjAhrung des Anspruchs erlischt die Dienstbarkeit, soweit der Bestand der Anlage mit ihr in Widerspruch steht"-my kursivering.

Die Switserse wetboek (ZGB) swyg daarteenoor oor die tenietgaan van persoonlike diensbaarhede deur verjaring. TSAR 1995-4
HeinOnline -- 1995 J. S. Afr. L. 734 1995

[ISSN 0257-77471

VERJARING OF VERVAL VAN VRUGGEBRUIK?

735

Wat die nuwe Nederlandse reg ni 1992 betref is weggedoen met non usus as wyse van tenietgaan van genotsregte sodat slegs verjaring soos gereel in artikels 3:106 en 3:306 ev BW nog gemeld word. Dit veronderstel dat vir die duur van die verjaringstermyn (20 jaar) 'n feitelike toestand bestaan wat met die voortbestaan van die beperkte genotsreg onversoenbaar sou wees (Reehuis en Heisterkamp 356; Snijders en Rank-Berenschot Goederenrecht(1994) 234 en 551). Ook daar gaan dit egter nie oor verkrygende verjaring gesien vanuit die hoek van die eienaar van die belaste eiendom nie maar oor die uitwissing van die remedie waarmee die genotsgeregtigde die strydige toestand sou kon ophef. Langs die omweg van die verval deur tydsverloop van die remedie word dus in effek bereik dat die diensbaarheid verval en die eienaar van die grond voortaan onbelaste eiendomsreg geniet met die gevolglike toename in die omvang van sy inhoudsbevoegdhede as eienaar. Tot met die inwerkingtreding van die nuwe Verjaringswet het die tenietgaan van persoonlike diensbaarhede deur verjaring nie in die Suid-Afrikaanse howe direkte toepassing gevind nie. (Sien De Wet 58 op 102.) Die bespreking deur Hall en Kellaway (Servitudes (1957) 124-126) konsentreer ook eerder op abandonnering en die moontlike rol van tydsverloop as aanduiding van die abandonneringsbedoeling by verval van diensbaarhede as om op die moontlikheid van 'n uitwissende verjaring binne die vastelandse idioom in te gaan. Ook die verwysing na "allowed acts to be done inconsistent with the continued existence of the servitude" in Braun v Powrie (480) het eerder met die moontlike afleiding oor verval deur afstanddoening as met verjaring weens tydsverloop te doen. In die verwysings vermeld deur Van der Merwe en De Waal oor verval van 'n diensbaarheid deur verjaring word ook nie deurgaans duidelik tussen verjaring en abandonnering onderskei nie (The Law of Things and Servitudes (1993) 281). In die lig van die voorgaande kan dus aanvaar word dat daar geen ruimte is om selfs analoog aan verkrygende verjaring soos in Wet 18 van 1943 bepaal voorsiening te maak vir verlies van die vruggebruik deur verjaring v66r 1970 nie. Hoewel die nuwe Verjaringswet reeds byna 25 jaar in werking is, het die tenietgaan van 'n persoonlike diensbaarheid deur verjaring nog nie pertinent in die regspraak ter sprake gekom nie. 4.4 Aangesien sedert die inwerkingtreding van die nuwe wet in 1970 nog geen 30 jaar verloop het nie en geen byrekening van enige verjaringstermyn van v66r 1970 kan plaasvind nie, is daar geen kans dat die skoondogter in casu sal kan slaag slegs met 'n beroep op gemelde artikel 7(1) van die nuwe Verjaringswet nie. Selfs indien aan die termynbepaling voldoen sou kon word, is daar, soos hierbo aangetoon, geen ruimte om te beweer dat die vruggebruikster ononderbroke vir 30 jaar nie haar vruggebruik uitgeoefen het nie aangesien ook die verlening van bevoegdhede aan 'n derde steeds op "uitoefen" van die vruggebruik neerkom. 4.5 Selfs indien aanvaar word dat ondanks die stilswye in die ou Verjaringswet van enige verwysing na uitwissing van 'n diensbaarheid deur verjaring dieselfde beginsels analoe toepassing sou vind, sou myns insiens ook nie deur die eiseres aangetoon kan word dat aan die onderliggende beginsels van die verjaringsreg TSAR 1995-4
HeinOnline -- 1995 J. S. Afr. L. 735 1995

[ISSN 0257-7747]

SONNEKUS

soos beheers deur die ou Verjaringswet vir die tydperk tot 1 Desember 1970 voldoen is nie. (Sien oor die inkleding van die nec precario en die sogenaamd adverse user-vereistes Sonnekus "Waterserwituut en verkrygende verjaring" 1995 TSAR 562 ev.) Aangesien niemand die aard van sy beheersverhouding eensydig heimlik kan verander sonder dat dit na buite waarneembaar is nie (nemo sibi ipse causam possessionis mutare potest-D 41 2 3 19), voldoen die prekaris soos ook die huurder nooit qua prekaris of huurder aan die beheersvereiste wat vir verjaring gestel word nie-hy het nooit die possessio civilis in die sin van met die animus domini nie. (Sien ook Zulu v Minister of Works, KwaZulu 1992 1 SA 181 (D) 186A-B; City of Cape Town v Abelsohn's Estate 1947 3 SA 315 (K); Bisschop v Stafford 1974 3 SA 1 (A) 7-8. Sien ook Van der Merwe 278-280; Carey Miller The Acquisition and Protectionof Ownership (1986) 72; De Wet "Verjaring" 98-102.) 4.6 In die lig van die voorgaande en die feit dat die oorlede seun uit hoofde van die afspraak met sy moeder op die grond geboer het, kan nie deur die eiseres bewys word dat haar voorganger in titel deur "verkrygende verjaring" onbelaste eiendom vry van die vruggebruik verkry het nie. Dit is die geval hetsy dit oor 'n bewese huurooreenkoms of bloot 'n vergunning ter bede handel. Indien aangetoon kan word dat die voorganger van die eiseres wel gedurende die gemelde beweerde verjaringstermyn tot met sy afsterwe die regsposisie van sy moeder as vruggebruikster erken het, het hy inderdaad nie met die nodige "teenstellige gesindheid" beheer oor die plaas uitgeoefen nie. 5 Die Registrasie van Aktes Wet 47 van 1937 maak in artikel 68(1) voorsiening vir die registrasie van die "verval" om welke rede dan ook van 'n persoonlike diensbaarheid. Indien die verval uit 'n rojeringsooreenkoms volg, word afsonderlik daarvan gewag gemaak en boonop in artikel 68(2) bepaal dat die rojeringsooreenkoms in 'n notarile akte beliggaam moet wees (sien Bezuidenhout v Nel 1987 4 SA 422 (N)). Registrasie van die verval van 'n diensbaarheid hetsy weens abandonnering of verjaring sal dus wel deur artikel 68(1) beheers kan word. (Sien Van Huyssteen "Die persoonlike serwituut vruggebruik-'n akte-perspektief" 1989 De Rebus 117 en 215 en 1991 THRHR 310.) Daardie statut~re voorskrif het egter soos eerder aangedui slegs administratiewe betekenis en kan hoogstens volg op 'n materiile verstelling van die regsposisie. In die onderhawige hipotetiese geval sou die registrateur slegs tot rojering van die persoonlike diensbaarheid meewerk mits bewys kon word dat die vruggebruik wel reeds deur abandonnering of afstanddoening verval het, aangesien vereistes vir die verjaringsmoontlikheid soos aangetoon nie vervul is nie. Aangesien reeds aangetoon is dat ook nie voldoen kon word aan die vereistes vir afstanddoening nie, behoort die eiseres geen sukses met sodanige vordering te h nie. J C SONNEKUS Randse Afrikaanse Universiteit

TSAR 1995.4
HeinOnline -- 1995 J. S. Afr. L. 736 1995

[ISSN 0257-77471

You might also like