Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 29

+(,121/,1(

Citation: 1985 J. S. Afr. L. 121 1985 Content downloaded/printed from HeinOnline (http://heinonline.org) Thu Jun 13 11:33:58 2013 -- Your use of this HeinOnline PDF indicates your acceptance of HeinOnline's Terms and Conditions of the license agreement available at http://heinonline.org/HOL/License -- The search text of this PDF is generated from uncorrected OCR text. -- To obtain permission to use this article beyond the scope of your HeinOnline license, please use: https://www.copyright.com/ccc/basicSearch.do? &operation=go&searchType=0 &lastSearch=simple&all=on&titleOrStdNo=0257-7747

Enkele opmerkings na aanleiding van die aanspraak op bona vacantia as sogenaamde regale reg*
J C SONNEKUS** 1 Inleiding Die regswetenskap het 'n besondere belang by 'n gesonde balans tussen die regshistoriese metode en 'n wetenskaplik verantwoorde begrippesisteem. Juis in 'n grootliks ongekodifiseerde stelsel soos die Suid-Afrikaanse reg is hierdie stelling van groot betekenis. Daar moet met die nodige omsigtigheid met begrippe uit die gemenereg omgegaan word indien die toepassing daarvan nie streng binne die historiese perke gehou word nie. Dit kan andersins maklik gebeur dat leenbegrippe uit die gemenereg buite verband aangewend word ten einde 'n kwasie-grondslag te bied ter bereiking van 'n gans ander oogmerk as waarvoor hulle oorspronklik geformuleer is.' Die toepassing van die reels aangaande bona vacantia as sogenaamde regale reg kan dien om hierdie punt te illustreer. Ek kies juis hierdie voorbeeld ook omdat dit betrekking het op die fundamentele vraag in welke stadium dit binne In regstelsel aanvaarbaar word om die verhouding private regsubjek teenoor regsobjek te wysig na die van staat teenoor regsobjek - en dit sonder dat die staat hom enigsins ingespan het om beheer oor die objek te verkry. Die Suid-Afrikaanse reg is steeds sterk indiwidualisties ingestel soos blyk uit die klem wat op private eiendom geplaas word. 2 Daar behoort as sodanig gewaak te word teen 'n ongegronde aanmatiging oor private bates deur die staatskas. In hierdie bydrae sal ek in die eerste plek let op die historiese herkoms en toepassing van die sogenaamde aanspraak van die soewerein of staatskas uit hoofde van die beweerde regale reg op alle verlate goedere (bona vacantia) en daarna sal die aanspraak deur die staat in die lig van 'n moderne begrippesisteem krities gedvalueer word. Na my mening kan die juiste aanwending van 'n histories fundeerde begrip soos bona vacantia slegs aan die hand van 'n konsekwente toepassing van die gesketste twee metodes in die SuidAfrikaanse reg plaasvind. Daar sal aan die hand van die jongste app~lhofuitspraak waar die beweerde aanspraak op bona vacantia as kern van die uitspraak gedien het, 3 die toepassing van die bona vacantia-beginselsin die Suid-Afrikaanse reg gedvalueer word. Onder die vaandel van die norme oor bona vacantia is reeds in die
Rede gelewer op 2 Oktober 1984 by aanvaarding van 'n professoraat in Privaatreg aan die Randse Afrikaanse Universiteit. ** Professor in Privaatreg, Randse Afrikaanse Universiteit. 1 Watson waarsku teen die gevaar by oorplanting van alle regsbegrippe - Legal Transplants (1974) 10 ev. 2 Vgl die opmerking van ar Holmes in OaklandNominees (Pty) Ltd v Gelria Mining and Investment Co (Pty) Ltd 1976 1 SA 441 (A) 452A-B. Die indiwidualistiese siening van die eiendomsbegrip hou direk verband met die gemeenregtelike herkoms van ons privaatreg - vgl Olzen "Die geschichtliche Entwicklung des zivilrechtlichen Eigentumsbegriffs" 1984 JuS 328 335. 3 Rainbow Diamonds (Edms) Bpk v Suid-Afrikaanse Nasionale Lewensassuransiemaatskappy 1984 3 SA 1 (A).
*

TSAR 1985.2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 121 1985

122

SONNEKUS

gemaak: Suid-Afrikaanse reg namens die owerheid op die volgende aanspraak 4 (1) alle erflatings sonder 'n regmatige aanspraakmaker, 5 (2) alle woeste en onbeheerde grondstukke, (3) alle bates wat onverdeeld na deregistrasie of ontbinding van 'n maat6 eertydse maatskappy agtergebly het, skappy in 'n rekening van die 7 (4) alle sogenaamde kroonwild, (5) alle weggeworpe sake (res derelicta)8 en (6) trustbates wat nie vir die voorgeskrewe onpersoonlike doel aangewend kon word nie. 9 In die laaste instansie behoort die regswetenskap daarteen te waak dat die owerheid nie onder die een of ander valse vaandel aanspraak maak op bates wat dit nie regmatig toekom nie. Die redl "betaal aan die owerheid wat dit toekom" moet nie verbuig word om te lui "betaal aan die owerheid alles waarop dit na bewering aanspraak kan maak" nie. Reeds Van der Keesselt het met 'n beroep op die Digestall daarop gewys dat onder 'n goeie heerser daar geen vermoede bestaan ten gunste van die belange van die staatskoffers nie. 2 Historiese herkoms 2.1 Romeinse reg In die Romeinse reg kom die begrip bona vacantiahoofsaaklik ten aansien van onopgevorderde boedelbates na afsterwe van 'n erflater wat intestaat gesterf het voor. 12 Die enkele tekste waarin andersins ook na bona vacantia verwys indien dan word, hou meestal op een of ander wyse verband met erfopvolging, 1 3 nie die redls self nie, dan wel met die toepassing van die redls. In ooreenstemming met die algemene redl van die Romeinse erfreg, nemo pro parte testatus pro parte intestatus decedere potest 4 (niemand kan deels testaat en deels intestaat versterf nie) het die re6l slegs ten aansien van intestate erfopvolgings ter sprake gekom. In die lig van die algemeen aanvaarde voorkeur van die Romeinse reg ten gunste van testate vererwing, is oor alle
4 Vgl Ex parte Leeuw (1905) 22 SC 340 en Van der Merwe en Rowland Die Suid-Afrikaanse Erfreg (1983) 93. 5 Exparte Ministerof Lands 1944 CPD 481 en Minister van Landbou v Sonnendecker 1979 2 SA 944 (A). 6 Vgl Exparte The Government 1914 TPD 596; Exparte MinisterofLands; Exparte Ventersdorp Muslim Trust (Pty) Ltd 1964 3 SA 469 (T) en Cilliers en Benade Maatskappyereg(1982) 673 ev. 7 Die Suid-Afrikaanse reg ken nie werklik kroonwild nie. Dit kom egter in die omgangstaal as sinoniem vir verbode wild voor. 8 Vgl die Government-saak en Re JacobsonsLtd 1927 TPD 857. Daar is sells so ver gegaan as om die moontlikheid te opper dat die staat as reghebbende van onopgeeiste lyke van armlastige persone vryelik ingevolge wetgewing daaroor mag beskik - vgl Van der Walt "Artikel 10 van die Wet op Menslike Weefsel 65 van 1983 in 'n Jurisdiese, Etiese en Filosofiese Perspektief' 1984 TSAR 154 161 ev. 9 Van der Merwe en Rowland 345; Exparte Pienaar1972 4 SA 19 (W) en Exparte Bosman 1916 TPD 399. '0 Praelectionesluris Hodierniad Hugonis GrotiiIntroductionem ad lurisprudentiamHollandicam ad2 41 9. 1 49 14 10. 12 Vgl Justinianus lnst 2 6 9; C 10 10 1, 4 en 5; D 41 3 18; D 44 3 10 1 en D 30 114 2. Sien verder Kaser II Das Romische Privatrecht (1975) 533 ev; Kaser-Dannenbring Roman Private Law (1948) 528 ev; Van Zyl Geskiedenis (1968) 288; Van Oven Leerboek van Romeinsch Privaatrecht en Beginsels van die Romeinse Privaatreg(1977) 203-205. 13Vgl D 41 3 18; D 44 3 10 1 en C 10 10 5. Sien ook Kaser 510, 533 en 610. 14 Justinianus Inst 2 14 5.

TSAR 1985.2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 122 1985

AANSPRAAK OP BONA VACANTIA AS SOGENAAMDE REGALE REG

123

boedelbates met inagneming van die voorgaande reel volgens die geuite wil van die testateur beskik eerder as ooreenkomstig die rels van die intestate erfreg. Indien in die geval van testate opvolging nie oor 'n bepaalde boedelbate beskik kon word volgens die testament van die testateur nie, het die re~ls van substitusie en aanwas (die sogenaamde ius accrescendi)die bestemming van die betrokke boedelbate bepaal. Indien die norme van die intestate erfreg desnieteenstaande die algemene beginsel teen intestate vererwing soos hierbo gemeld tog die boedelbates se verdere lotgevalle bepaal het, is dit ooreenkomstig vas-uitgewerkte opvolgingsree1s gedoen. Ongeag na welke van die intestate erfopvolgingsre6ls van die Romeinse reg gekyk word, 15 het alle versterfregreels as laaste gemene reel die bepaling dat alle bates waaroor nie volgens die daaraan voorafgaande reels beskik kon word nie, as onopgevorderde boedelbates die staat toeval. 16 Indien gelet word op die veeltal moontlike beskikkings wat wel oor die boedelbates van die erflater gemaak kon word alvorens hierdie allerlaaste reel vir toepassing in aanmerking kon kom, is dit reeds duidelik dat die sogenaamde bona vacantia-reel nie dikwels toepassing kon gevind het nie. 17 Dit was na die keiserlike veranderinge aan die intestate erfregre6ls veral die edictum unde vir et uxor wat die moontlike toevalling aan die staatskas gekortwiek het. Ingevolge hierdie edictum is die langslewende eggenote tot die erfenis geroep. Die duidelikste voorsiening vir bona vacantia-bepalings in die voorJustiniaanse era, is terug te voer na keiserlike verordeninge. Die Lex Julia de 8 MaritandisOrdinibus en die Lex PapiaPoppaea' het onder andere verordeninge bevat oor die bevoegdheid om erfregtelik bevoordeel te kan word (die reeling van die persone wat sogenaamd incapax was weens nie-nakoming van sommige van di6 huweliksgerigte bepalings) en dan ook voorskrifte bevat ten aansien van die eindbestemming van daardie boedelbates wat weens toepassing van hierdie onbevoegdheidsreels nie aan die aangewese bevoordeeldes kon toeval nie. 19 In die Codex is verskeie bepalings oor die toeval aan diefiscus van die bates van 'n intestate erflater wat geen regmatige intestaaterfregtelike 20 aanspraakmakers nalaat nie. Kaser toon aan dat verkeerdelik in later eeue aanvaar is dat volgens die Romeinse reg alle bates wat maar hoegenaamd die staatskas toegeval het as bona vacantia getipeer was. Die voor-Justiniaanse reg het in hierdie verband duidelik onderskei tussen drie kategoriee van sogenaamde bona caduca, te wete die bona vacantia (intestaaterfregtelike boedelbates sonder aanspraakmaker), 21 die bona ereptoriaen daardie bona caducawat bestaan het uit bates wat ingevolge strafregtelike bepalings aan die staat verbeur is weens een of
's Sien in die algemeen Van Zyl 201 ev; Van Oven 518 ev; Kaser 510 ev. 16 Gedurende Augustus se bewind het dit in die "aerarium populi Romani" geval en later het dit na die "princeps" of die "fiscus" gegaan. Spesiale uitsonderings het tav die boedels van soldate, biskoppe, monnike, en curialesgegeld. Vgl Kaser 510 by n 97 en Van Zyl Universele Opvolging in die Suid-Afrikaanse Erfreg (1983) 25. 17 Die bona vacantia-bepalinghet pas in die sesde plek ter sprake gekom. Vgl vir 'n uiteensetting van die intestate erfopvolgingsreels met die klein op die Justiniaanse wysigings Kaser 510 en Van Oven 528. '8 Sien Spruit De Lex lulia et Papia Poppaea (1969) vir die omvang en beoogde funksie van die wetgewing en die werklike sukses daarvan om die Romeinse huwelik van 'n hellende vlak te red. 19 Konstantyn het dit reeds afgeskafsien Kaser 533. 20 C 10 10 1 en 10 104. 2 Met voorbehoud van die uitsonderings hierbo in n 16 vermeld. Sien Kaser 510.

TSAR 1985.2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 123 1985

IZ4

SONNEKUS

ander konfiskeringsbepaling. Bona ereptoriawas daardie bates wat ingevolge 'n testamentre bepaling aan 'n onwaardige bevoordeelde toegewys is en wat dan in die lig van sy besondere onwaardigheid eerder aangewas het by die ander waardige erfgename of legatarisse waaronder in die laaste plek die fiscus getel het. 23 Hierdie indeling van die sogenaamde algemene kadusiteitsvoorskrifte is deur Justinianus afgeskaf hoewel dit nie die latere herlewing van sommige daarvan in ander verband kon verhoed nie. 24 In die na-Justiniaanse Romeinse reg is die begrip bona caduca uitsluitlik gebruik ten opsigte van daardie bates wat ingevolge 'n afsonderlike strafregtelike bepaling aan die staat verbeur is. Uit die voorgaande kan dus afgelei word dat in die Romeinse reg wel aansluitingspunte bestaan vir die stelling dat boedelbates by gebrek aan aanwysbare erfgename wat bevoeg en gewillig is om 'n erfregtelike voordeel te ontvang aan die staatskas toegeval het. Dit dien egter nog geensins as gesag vir die opvatting dat die staatskas as laaste intestate erfgenaam beskou moes word nie. 25 Die staat het nie soseer 'n aanspraak op die erfregtelike voordeel bekom nie, maar moes eerder opvolg in ooreenstemming met die beredderingsfunksie 26 wat as deel van die Romeinse erfreg op 'n universele erfgenaam gerus het. Die plasing van die toevalling aan die staatskas as laaste intestaaterfregtelike bepaling het dus effektief verseker dat die boedelbates nie onbepaald as 'n swewende of rustende boedel (hereditas iacens)27 behandel sou word nie want dit kon tot nadeel ook van derde skuldeisers strek. Tot tyd en wyl 'n erfgenaam aanspraak op die boedel maak, was dit reeds volgens Gaius 'n res nullius, kon dit nie gesteel word nie en was dit dus per definisie vatbaar vir eiendomsver28 kryging deur usucapio pro herede deur 'n bona fide beslaglegger. Uit die voorgaande volg dat die Romeinsregtelike re6ing ten aansien van bona vacantia nie as 'n sogenaamde regale reg, in die betekenis van 'n owerheidsaanspraak in privaatregtelike sin, verstaan moet word nie maar eerder as 'n boedelberedderingsfunksie wat aan die staat opgele is deur die norme van die objektiewe reg. 29 Uit die verskillende tekste wat oor bona vacantia handel, blyk nie byvoorbeeld dat die staat selfs in ooreenstemming met hierdie keiserlike dekrete 'n outomatiese erfregtelike aanspraak op die boedelbates wat sonder aanspraakmaker gebly het, verkry het nie. Dit kan selfs wees dat die staatskas deur die norme van die objektiewe reg tot enigste regmatige aanspraakmaker aangewys is, maar tot tyd en wyl die staatskas feitelik daarop aanspraak maak, het dit steeds ooreenkomstig die norme van die privaatreg 'n hereditas iacens gebly. Dit het ook nie tot gevolg gehad dat sodanige boedelbates sonder meer en bloot weens die tipering daarvan as bona
22 Gaius 2 150 en Kaser 533 n 26. 23 Sien C 7 62 62 en C 10 10 5pr; vgl verder Kaser 533-534 en die gesag aldaar vermeld. 24 Vgl bv die verwysing deur Van der Keessel ad 2 1 29 na bonacaduca en die vraag of die bepalings nog in die Hollandse reg toepassing vind. Blase Das Heimfallrechtderenglischen Krone (1965) 58-75 wys bv op die verskil in uitgangspunt in hierdie verband tussen die Engelse reg en die moderne Duitse reg waar ingevolge laasgenoemde regstelsel (1936 BGB) die staatskas wel tot 'n erfgenaam verklaar is ("ist der
Fiskus ... gesetzlicher Erbe"). 26 Vgl Van Zyl Universele 1-25; Van der Merwe en Rowland 1-3; Van Oven 536 ev en Van

22

Warmelo 'n Inleiding tot die Studie van die Romeinse Reg (1957) 187 ev.
27 Gaius Inst 2 9. Sien ook Van Zyl Romeinse Reg 225 n 91 en die gesag aldaar vermeld.

2 Kaser 510 n 97, en 536; CT 10 10 6; Van Oven 523 ev. 29 Hieronder sal aangetoon word in welke mate a 35(13) en 92 van die Boedelwet 66 van 1965 soos gewysig hierby en nie by die Engelsregtelike benadering nie aansluiting vind.

TSAR 1985.2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 124 1985

AANSPRAAK OP BONA VACANTIA AS SOGENAAMDE REGALE REG

125

vacantia onherroeplik aan die sfeer van die privaatreg onttrek is nie. Indien dit die effek van etikettering van sake as bona vacantia was, sou dit sonder meer beteken het dat so 'n saak (indien die boedelbate uit 'n saaklike reg bestaan het) nie langer 'n res in commercio nie maar ewe skielik 'n res extra commercium moes raak met die gevolglike ontoepasbaarheid van die normale privaatregtelike regsnorme ten aansien van sodanige saak. Ten aansien van bates van die staatskas het die redl in die Romeinse reg bestaan dat dit beskerm was teen verjaringsaansprake. Hierdie reel wat populr geformuleer word as "nullum tempus occurrit regi" en "contra principem non currit praescriptio" het laastens by Justinianus op sowel die werklike staatsvermoe as die sogenaamde privaatvermoe van die keiser betrekking gehad. 30 Indien bates wat as bona vacantia die staatskas toegeval het outomaties deur regswerking deel van die staatsbates geword het, dan moes hierdie verjaringsbeskerming ook ten aansien daarvan gegeld het. In meerdere tekste word egter telkens die uitsondering vermeld dat bates wat as bona vacantia die staat toegeval het, wel vatbaar bly vir verjaring tensy dit reeds as 31 bona vacantia aan die staat meegedeel was. Gedurende die middeleeue het veral Accursius se interpretasie van die tersake tekste algemeen inslag gevind en is die ou Romeinsregtelike uitsondering ten aansien van bona vacantiabehou. Hy formuleer die uitsondering egter met verwysing na bona vacantia wat nog nie deur die staat aangetrek of geinkorporeer is nie. 32 Hieruit kan afgelei word dat bona vacantia nie outomaties deur regswerking deel van die bates van die staatskas vorm nie en dat die gewone privaatregtelike norme vir verkryging van 'n vermoensreg steeds ten aansien van hierdie sake toepassing vind. Veral in die na-klassieke Romeinse reg is heelwat geskryf oor die moontlike effek van 'n tipering van sake as bona vacantia en in besonder die privaatregtelike gevolge daarvan. So is deur keisers Leo en Anthemius byvoorbeeld 'n wysiging van die vroeere bepaling met betrekking tot die aanwendbaarheid van die rei vindicatio in hierdie verband aangebring. In teenstelling met die vroeere reeling ingevolge waarvan 'n eienaar van sake wat per abuis as bona vacantia aan die staatskas toegeval het, nie sy sake met die rei vindicatio kon opvorder uit die hand van 'n derde wat so 'n saak as geskenk van die keiser ontvang het nie, het hulle bepaal dat hy wel steeds met die rei vindicatio kon slaag. 33 Hieruit kan ook afgelei word dat die saak beslis nie onherroepelik res extra commercium geraak het met die tipering daarvan as bona vacantia nie en dat die oorspronklike eienaar sy eiendomsreg steeds onveranderd behou het. Dit dui ook daarop dat die feit dat sake as bona vacantiadie staatskas toegeval het, nie outomaties kon beteken het dat die staatskas privaatregtelik eiendomsreg op die sake gevestig het bloot deur regswerking nie. 34 Die verhouding van die staatskas tot die bates kan veel eerder as 'n tipe publiekregtelike bewaarhouding bestempel word. In ooreenstemming hiermee
30 Sien Meijers "Verjaring tegen de Overheid" 1946 THRHR 3-6. 31 Vgl Justinianus Inst 2 6 9 - "Res fisci nostri usucapi non potest. Sed Papinianus scripsit, bonis vacantibus fisco nondum nuntiatis, bona fide emptorem sibi traditam rem ex his bonis usucapere posse". Sien verder D 41 3 18 - oor die interpretasie van hierdie teks het deur die eeue twyfel bestaan. 32 Vgl die bespreking deur Meijers 5-6. 31 Sien Kaser 510 n 97 en 284 n 83. 3 Sien ook Kaser 285-288.

TSAR 1985.2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 125 1985

126

SONNEKUS

bepaal Codex 10 10 5 dat amptenare aangestel moet word ter administrering van hierdie bona vacantia. Die bates kon die staat eers toeval nadat die staat van die aangewese amptenare kennis van die moontlike toevalling ontvang 35 het. Hieronder sal ek aantoon dat gedurende die latere resepsies van die Romeinse reg, veral in die vroee middeleeue, enkele van die juriste en veral die koningsjuriste nd die wysdom uitgevaardig by die Ryksdag te Roncalia in 1158 nC inderdaad verkeerdelik uit die Romeinse reg wou aflei dat die bona vacantia die keiser persoonlik toekom en dat hy willekeurig daaroor kon beskik. Die feit dat 'n boedelbate of in 'n gegewe geval al die boedelbates aan die staat toegeval het, het daarteenoor ook nie beteken dat die bate daarna soos res publica tot die gemene voordeel van alle staatsonderdane moes strek nie. In die Romeinse privaatreg is geen absolute aanknopingspunt aan te toon vir die opvatting wat in die middeleeue popular geraak het, as sou die staatskas ook sonder meer aanspraak kon maak ingevolge die redls van bona vacantiaop alle woeste en onbeheerde grond nie. Dat onbeheerde grond en veral grond binne Italie gele6 nie sonder meer ingevolge die norme van occupatio in eiendomsreg verkry kon word nie, hou hoegenaamd nie verband met 'n allesoorheersende restant aanspraak van die staat op alle woeste en onbeheerde grond nie maar moet eerder in die eiesoortige norme van die Romeinse reg met betrekking tot eiendomsverkryging van die grond as 'n res mancipi gesoek word. Net soos die woeste en onbeheerde grond het wilde diere en vis asook 'n res 36 derelictanooit outomaties die staat ingevolge die Romeinse reg toegeval nie. Die sake was volgens die Romeinsregtelike indeling van roerende sake res nullius en beslis nie aan die algemene privaatregtelike sfeer onttrek nie. Die enkele tekste vanuit die klassieke Romeinse reg wat bepaal het dat geabandonneerde sake nie deur occupatio in eiendomsreg verkry kon word nie, het ook eerder verband gehou met die bepalings ten aansien van res mancipien na die afskaffing van daardie indeling kon die sake as gewone res nullius in besit 37 geneem word. 2.2 Regale regte gedurende die middeleeue Die omvattendste weergawe van alle sogenaamde regale regte uit die middeleeue word aangetref in die "Weistum" van Frederik Barbarossa I, keiser van die Heilige Romeinse Ryk van 1155-1190 nC, uitgevaardig by die Ryksdag wat in 1158 nC te Roncalia gehou is.38 Die Ryksdag is bela ten einde Frederik
3 Aan die hand van D 44 3 10 1 kan selfs afgelei word dat verjaring steeds na vier jaar tav so 'n bona vacantia voltooi kon word. Die betrokke teks is egter onduidelik. Vgl ook Groenewegen Tractatus de Legibus A brogatis et Inusitatisin Hollandia Vicinisque Regionibus wat tav hierdie teks meld dat die betrokke verjaringstermyn in onbruik verval het. 36 Sien vir gesag oor res derelicta Kaser 288 ev; Van Oven 136 en Van Warmelo 364-365. 7 Sien Feenstra Romeinsrechtelijke Grondslagenvan het Nederlands Privaatrecht(1980) 77 ev en Kaser 288 ev. 38 Dit is as 'n uitspraak van die geldende gewoontereg ('n "Weistum") en nie 'n wet nie, uitgevaardig. "M6glicher Weise ist dabei auch von Bedeutung gewesen, dass die vorgenannte Aufzeichnung Regalia ihrem rechtlichen Charakter nach kein vom K6nig erlassenes Gesetz, sondern ein Weistum ist, also eine Aussage uber geltendes Gewohnheitsrecht, die auf amtliche Anfrage hin von glaubwfirdigen rechtskundigen Mdnnern abgegeben wurde" - sien Finsterwalder "Die Gesetze des Reichstags von Roncalia vom 11. November 1158" 1931 Zeitschrift der Savigny-Stiftung fur Rechtsgeschichte (Germ Abt) 1 7 en Ter Kuile "Het Grondregaal" in

TSAR 1985.2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 126 1985

127 Barbarossa se persoonlike magsposisie teenoor veral afvallige Lombardiese staatjies te herbevestig. Di6 in die "wysdom" vervatte opsomming van sommige regale regte was bloot 'n onderdeel van die bevoegdhede en regte wat hy vir homself as keiser aangematig het. Uit die bewoording van die oorgelewerde wysdom 39 blyk dat dit ook nie beskou is as 'n omvattende lys bevoegdhede nie, hoewel die meeste latere verwysings na regale regte sonder uitsondering hierdie lys herhaal met eerder toevoegings daaraan as weglatings daarvan. Ter Kuile het reeds aangetoon dat hierdie opsomming van die sogenaamde regale regte wat uit Roncalia stam, waarskynlik na 'n foutiewe begrip deur die Duitse keiser van die ware aard van die indeling van sommige sake as respublicain die Romeinse reg terug te voer is. 40 In Lombardye het die Romeinse reg steeds toepassing gevind en was ooreenkomstig die Romeinsregtelike indeling van sake alle we6, openbare strome en so meer as respublica ingedeel terwyl die vrye lug (die wind) net soos die see as res omnium communes en dus eweneens as res extra commercium bestempel is. Die Duitse keiser het hierdie sake wat tot die algemene voordeel van die gemeenskap in geheel bestem was, en beslis nie in privaatregtelike eiendomsreg aan die staat behoort het nie, verkeerdelik as koningsgoed bestempel en ook daarop aanspraak gemaak. Voor hierdie wysdom is daar in die Germaanse reg geen aansluitingspunt vir die latere sogenaamde allesomvattende grondregaal van die keiser of vors ten aansien van alle woeste en onbeheerde grondstukke nie. 41 Die gemelde "definitio regalium" is as onderdeel van die libri Feudorum (wat sedert die 13e eeu deel van die Corpus Iuris Civilisvorm) mettertyd in die hele regsgebied van die Heilige Romeinse Ryk, en dus ook in die OudVaderlandse reg, ingedra. 42 Ter Kuile meen dat Frederik Barbarossa waarskynlik met die samevatting van al die sogenaamde regale regte eintlik sy oog op die bepaling oor die bona vacantia as aanspraak op alle woeste en onbeheerde grond gehad het. 43 Indien dit juis is, sou dit vreemd wees dat hierdie aanspraak so byna terloops tussen die ander belastingheffende aansprake ingesluip het." Byna al die ander regale regte het die een of ander fiskale voordeel vir die soewerein ingehou en is dan ook deur die latere heersers gedurende die feodale tydperk in hierdie sin gebruik vir sover daar nog nie 'n behoorlik uitgewerkte belastingstelsel bestaan het nie. 45 Voorbeelde van hierdie belastingaangeleenthede is die tolreg, die reg op munt en daardie regte wat as latere uitbreidings op die stroomregaal belastingimplikasies gehad het
AANSPRAAK OP BONA VACANTIA AS SOGENAAMDE REGALE REG

Rechtskundige Opstellen (E M Meijers) (1935) 904 ev. 39 Vigs die formulering van Rahewin het dit hoofsaaklik oor die vrywillige teruggawe of herbevestiging van die gewoonteregtelike regaliaaan die keiser gehandel. Vgl die verskillende oorgelewerde tekste van die wysdom by Finsterwalder 6 ev. 40 Ter Kuile 926-927. 41 Vgl Haff "Zur Theorie eines allgemeinen Obereigentums des frinkischen K6nigs" 1912 Zeitschift der Savigny-Stiftung fir Rechtsgeschichte 325-328 en Ter Kuile 904 ev. 42 Ter Kuile en Ketelaar Oude Zakelijke Rechten Vroeger, Nu en in de Toekomst (1978) 9 meen dat die Hollandse Graaf Floris III moontlik self die Ryksdag as een van die vasalle bygewoon het en dat die regale regte reeds sodoende in die Hollandse reg ingedra is. Vgl ook Bort "Tractaet van de Domeynen van Hollandt" in Alle de Werken van Pieter Bort (1731) 249. Groenewegen verwys ook na die definisie van die regale regte by sy bespreking van Inst 2 1 12. 43 Ter Kuile 927. 4-Die reg om "ruimgeld" te hef ter afweer van 'n uitsettingsbevel uit sodanige woeste grond hou wel belastingimplikasies in - vgl Ter Kuile 930. 45 Vgl Ter Kuile 905 ev en Ketelaar 12-13.

TSAR 1985-2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 127 1985

128
46

SONNEKUS

byvoorbeeld die reg op veer, die watertol en die reg op aanwas. Sedert hierdie "definitio regalium" word die aanspraak van die soewerein op woeste en onbeheerde grond as aanspraak op bona vacantia en die tipies of onopgevorderde nalatenRomeinsregtelike aanspraak op nie-aanvaarde 7 4 skappe steeds naas mekaar vermeld. Uit die regale aanspraak op bona vacantia volg die latere afgeleide regale regte bekend as die wildernisregaal, die reg op duin en ander woeste grond en nog later die jag- en visregte en die reg op windvang wat op sy beurt weer uitgebrei is nadie "molenrecht" of die reg op 'n windaangedrewe koringmeule in 'n bepaalde gebied. Dit wil dus voorkom of die opstellers van die "definitio" net soos latere juriste in die Suid-Afrikaanse reg waarby ek hieronder terugkom, 48 bloot aangeklamp het by die begrip bona vacantia wat ook in die Romeinse reg voorgekom het, sonder om moeite te doen om die juiste omvang en trefwydte daarvan vas te stel. 49 Die latere standpunt van skrywers dat die regale reg op bona vacantia sy herkoms in die tekste van die Codex50 het, is dus hoogs 51 verdag. In ooreenstemming met die algemene tendense van die feodale era, het die keiser sy magsbasis probeer beveilig deur aan vasalle aspekte van sy gesagbevoegdhede oor te dra. Ten dele het dit ook die oordrag behels van sy regale regte ten aansien van die tersake gebied sodat met behulp van die inkomste verkry uit die uitoefening van die regale bevoegdhede of die verdere verpagting van hierdie bevoegdhede die koste wat met die administrasie van die gebied 52 verband gehou het, gedelg kon word. 2.3 Romeins-Hollandse reg Met die resepsie van die Romeinse reg in die regsgebied van die Lae Lande en Holland in besonder, was die regale regte en die norme van die Romeinse reg dikwels in konflik veral ten aansien van die eiendomsbegrip wat in die Romeinse reg soos geresipieer met moeite beperkings op eiendomsreg gedoog het. 53 Etlike regale regte het juis beperkings op eiendomsreg meegebring. Met die ontwikkeling van die sterk feodale bestel het die keisers en soewereine in toenemende mate oor die sogenaamde regale regte soos privaatbesit en nie as publiekregtelike vergunnings nie beskik en dit dan ook aan hul vasalle of leenmanne in leen gegee. Die uitbreidings aan die genoemde regale regte wat op die "definitio" gevolg het, het na alle waarskynlikheid verband gehou met toegeeiende bevoegdhede danksy die feitelike magsuitoefening deur die
Uit die opbrengs van hierdie regte kon die administrasie van die gebied ten dele bekostig word
vgl Bort 248 ev.

41Sien bv De Groot Inleidinge 2 1 54, Bort 282 even selfs in die Engelse reg Chitty A Treatise on the Law of the Prerogativesof the Crown (1820) 135-139 en Blase 7-27 en 57 ev. 48VgI r Mason se opmerkings in die Government-saak 597. Sien verder hieronder by n 145 ev. 49"Misschien ook is de term bona vacantia direct aan het Romeinsche recht (C 10 10 4) ontleend in de beteekenis van niet aanvaarde nalatenschappe, gelijk Frederik Barbarossa in 1158 al deed en eenige eeuwen later Groenewegen" - Ter Kuile 932.
50 C10 104 en5.

51 Sien ook Finsterwalder 7 ev. (1977) 130-135 en 52 De Smidt Compendium van de Geschiedenisvan het NederlandsPrivaatrecht

Bort 249. 53VgI bloot die verskille toy alluvio by openbare water, die sogenaamde jagregte en regte tav skatvinding - sien Voet 41 1 4-12; De Groot 2 1 54; Van der Keessel ad 2 28 6 en 2 1 51.

TSAR 1985-2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 128 1985

AANSPRAAK OP BONA VACANTIA AS SOGENAAMDE REGALE REG

129

landsheer, graaf en biskop van die dag. Die bevoegdheid van die landsheer of graaf om byvoorbeeld aanspraak te kon maak op die reg van windvang of op alluvio langs 'n openbare stroom het nie in soveel woorde in die "definitio" voorgekom nie en tog is in die Romeins-Hollandse reg aanvaar dat die graaf of selfs die ambagsheer hierdie bevoegdhede gehad het en dit verder in agterleen kon oordra selfs aan 'n persoon wat byvoorbeeld geensins oewereienaar was nie. In ooreenstemming met die wye beskikking oor die regale regte is dit as beperkte saaklike regte behandel. 54 Soos die leenmanne meer onafhanklike gesag gevestig het, het hulle weer op hul beurt hierdie sogenaamde heerlikheidsregte in onder- of agterleen aan hul agterleenmanne of ambagshere verleen met die gevolglike devolusie van die staatsgesag en die toenemende verbrokkeling van die sentrale owerheidsgesag. Ten aansien van die mindere regale regte ("regalia minora") het die gebruik veral in Holland 55 besonder sterk gevestig om dit nie langer as publiekregtelik verkree konsessies soortgelyk aan die afgeleide of gedelegeerde owerheidsgesag te behandel nie, maar is dit toenemend slegs as beperkte saaklike regte en dus as deel van die vervreembare boedelbates van die reghebbende met gepaardgaande bevoegdhede behandel. 56 Ketelaar skryf hierdie verandering toe aan die privatisering van die reg wat op die resepsie van die Romeinse reg gevolg het en die beklemtoonde individualisering wat later ten aansien van eiendomsreg na die Franse Revolusie gevolg het. 57 In hierdie opsig het die Hollandse reg dan ook relreg verskil met did van byvoorbeeld Utrecht, Gelderland of Brabant soos Meijers reeds aangetoon het. 58 Die regale regte van die ambagsheer of graaf op byvoorbeeld windvang, die openbare stroom en bedding van die stroom, of die regte van veer, jag, eendekooi of swanedrift het gevolglik in die Hollandse reg as beperkte saaklike regte ingeburger geraak binne die privaatreg.59 In die lig van die gesketste verandering wat die tipering van die regale regte in die Romeins-Hollandse reg ondergaan het, moet ook die verskillende uiteensettings van bona vacantiadeur die ou skrywers geinterpreteer word. De Groot6O en Groenewegen6l meld byvoorbeeld nog as gemeenregtelike regale reg die uitsluitlike jag- en visvangbevoegdheid van die graaf, terwyl Van der Keesse162 daarop wys dat die bepaling soos ook did ten aansien van die houtvesterin Holland afgeskaf is en dat terugbeweeg is na die Romeinsregtelike reeling. Daarvolgens is wild en vis res nullius. Dieselfde blyk by De Groot se behandeling van bona vacantia ten aansien van onverdeelde erflatings. 63 Dit is opvallend dat in veral die Hollandse reg hierdie ou regale regte na die
54 Ten dele is dit ook verklaarbaar vir sover die reghebbende van 'n regale reg effektief die inhoudsbevoegdhede van 'n eienaar van grond beperk het. Ter Kuile 930 ev; De Smidt 72-75 en Ketelaar 9-15. 5 In teenstelling tot die ander regsgebiede in die Lae Lande - vgl Meijers 12 ev. 56 Bort 249-271; De Bldcourt en Fischer Kort Begrip van het Oud-Vaderlands Burgerlijk Recht (1967) 143-148 en 231-233; De Smidt 70-73; Ketelaar 13-15; Meijers 16-17.
57 Ketelaar 15.
58 12-21.

9 Sien vir 'n volledige bespreking van die verskillende ou saaklike regte Ketelaar 133-196. Sien ook die bespreking van Ketelaar se werk deur Wedekind in 5474 WPNR 235-238. 60 2 1 54 en 2 4 20 en 26. 61 Tract ad Inst 2 1 12. 62 ad 2 4 7-14. Sien ook Van der Merwe en Rabie "Eiendom van Wilde Diere" 1974 THRHR
63 2 30 1-3 en vgl dit met Van der Keessel se bespreking ad 2 28 6 en 2 28 41.

38-48.

TSAR 1985-2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 129 1985

130

SONNEKUS

privatisering deurgaans as beperkte saaklike regte ter sprake gekom het wat as sodanig ook aan die gewone beginsels van die privaatreg soos verjaring en besitsverkryging onderworpe was. 64 Die regale regte het meestal 'n beperk omskrewe bevoegdheid aan die reghebbende verleen ten aansien van 'n saak as objek welke saak in eiendomsreg aan 'n ander behoort het. Hierdie omskrywing van die ou regale regte is ten voile in ooreenstemming met die indeling van saaklike regte in voile eiendomsreg en die beperkte saaklike regte soos dit veral na aanleiding van De Groot se eiendomsbegrip in die RomeinsHollandse reg en later ook in ander Wes-Europese regstelsels ingedra is met die 65 klem op die wesenlik onbeperkte aard van eiendomsreg. Meijers het reeds aangetoon dat die indeling en bespreking van saaklike regte by die ou skrywers sedert die begin van die 17e eeu swaar op die indeling van die Duitse juris Hahn gesteun het. 66 Dit verbaas dus nie dat ook die regale regte wat as 'n verlening van beperk omskrewe bevoegdhede aan 'n nie-eienaar ten aansien van 'n saak van 'n ander bestempel is, analoog aan diensbaarhede behandel is nie. Dit verklaar die opmerkings van Van der Keessel en andere dat die regte wat uit die leenreg ontstaan het, nooit as bona vacantia na die algemene staatskas kon oopval nie omdat dit telkens indien dit heerloos sou raak ooreenkomstig die algemene beginsels van die leenreg op die leenheer teruggegaan het. 67 Aangesien van die ou skrywers so onder invloed van veral die Franse juriste van die dag gestaan het dat hulle nie altyd besef het dat die Oud-Vaderlandse reg geen allesomvattende bodemregaal geken het nie, het van hulle verkeerdelik gemeen dat grond wat eienaarloos raak net so aan die staat as opperleenheer terugval. 68 Dit was ten aansien van die RomeinsHollandse reg nie juis nie. Die omvattendste behandeling van die regale regte in Holland word aangetref in die werk van Bort waar hy ook onderskei tussen die regaliaminora en die regalibus majoribus.69 Uit die voorbeelde van "regalia" wat Bort in hierdie verband noem, kan afgelei word dat daar mettertyd in die Hollandse reg onderskei is tussen daardie regale regte wat toepassing gehad het op sake wat reeds in die Romeinse reg as res publica tipeer is (openbare wee, strome en mere asook dit wat hyself as heerlikheidsregte ("jura Majestatis") aandui byvoorbeeld regstoepassing, boeteheffing en verbeurdverklaringsbepalings) 70 en ander wat nie bestem was tot gemene voordeel van die hele gemeenskap nie byvoorbeeld die regte op jag
6 Dit was in skrille teenstelling tot die posisie in bv die Franse reg van voor die Revolusie tav die "domaine public" - sien Meijers "Publiek Domein en Zaken buiten den Handel" 2543-2547 WPNR (ook II Verzamelde PrivaatrechtelijkeOpstellen (1955) 105 106 ev). Sien ook Ketelaar 16-44. 65 Vgl Feenstra Jus in Re (1979) 6-27 en "Hugo de Groot's Eerste Beschouwingen over Dominium en over de Oorsprong van de Private Eigendom: Mare Liberum en zijn Bronnen" 1976 Acta Juridica269 ev. Sien ook Aicher Das Eigentum als subjektives Recht (1975) en Olzen 328-335. Vgl die volgende formulerings in di6 verband: "Eigentum sei ein 'an sich unbeschranktes Herrschaftsrecht', oder, es sei 'unbeschrinkt, vertrage aber Beschrankungen', 'es wachse nach Wegfall der fremden Berechtigung wieder zur urspriunglichen Grosse an', ein Phanomen, welches man auch als Elastizitat des Eigentums bezeichnete" - Olzen (335). 6 Ketelaar 138. 67 Vgl Van der Keessel ad 2 41 19. De Groot 2 1 54.
69 247 ev.

70 Bort 269-273 en 309 ev.

TSAR 1985.2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 130 1985

AANSPRAAK OP BONA VACANTIA AS SOGENAAMDE REGALE REG

131

en "vogelerije". Slegs laasgenoemde kategorie is as privaatregtelik beperkte saaklike regte behandel. Slegs ten aansien van die sake wat werklik tot openbare of gemene nut bestem was, het die kwalifikasie gegeld dat dit buite die privaatreg val en dus ook nie vervreem kan word of deur verjaring verkry kon word nie. 72 Aangesien die regaliaminorawel in die Hollandse reg binne die privaatreg geval het, het die normale beginsels van die privaatreg en dus ook verjaring ten aansien daarvan onveranderd toepassing gevind. 73 In sy behandeling van die regale reg op bona vacantiaof onbeheerde goedere stel Bort aanvanklik in deel VII van sy werk slegs wat alles ook volgens die reg van ander state as regale regte tipeer is en dui dan mettertyd aan in welke mate die Hollandse reg in hierdie verband van die ander afwyk. Hy sluit uitdruklik alle res nullius van sy definisie van bona vacantia uit. Slegs goedere wat deur die eienaar verlaat is 74 (soos verlate of oorstroomde landerye en ledige erfenisse) word volgens Bort hieronder inbegryp. 75 Hy verwys egter wel na die Advies van die Zeeuwse Rekenkamer van 24 Februarie 1650 ingevolge waarvan die wind en die vrye lug, "as niemands eygen zijnde", die owerhede toekom wat dit as deel van hul regale regte aan hul vasalle kon uitgee in leen. 76 Dit dui egter daarop dat nie slegs reeds verlate sake as bona vacantia tipeer is nie. Die ratio agter die regale reg is volgens Bort dat die oomblik as die private eiendomsreg op die sake ophou, verenig die sake weer "cum Dominio universali" net soos die geval met vruggebruik is. 77 Hierdie stelling van Bort sou juis gewees het indien die Hollandse reg net soos die Engelse reg of die Franse reg wel 'n onderliggende "bodenregal" geken het waarvolgens die kroon 'n sluimerende eiendomsreg op alle grond binne sy staatsgebied gehad het. Hierbo is egter reeds gemeld dat die Hollandse reg geen sodanige bodemregaal geken het nie en dat daar wel in die Oud-Germaanse reg ruimte was vir grond wat res nullius was soos die navorsing van veral Ter Kuile 78 en Haf 79 aangetoon bet. Bort meld self dat die rubriek "ledige erfenisse" mettertyd in Holland drasties ingeperk is en nie langer byvoorbeeld die boedels van alle uitlanders of buite-egtelike kinders tot voordeel van die staatskas ingesluit het nie.S Hierdie verskraling is in ooreenstemming met die reeds gemelde tendens om bona vacantiasoos ander regale regte as beperkte saaklike regte te behandel in welke geval hierdie aanspraak op ledige erfenisse moeilik by die patroon inlas.
71 Hieronder hoort ook die sogenaamde "pootrecht", "weiderechten", "recht van eendenkooi",

71

"recht van windvang", "visrecht", "veerrecht", "recht van aanwas", "stuwrecht", "recht op kerkgestoelte" en "recht van de dertiende penning" - sien verder Ketelaar 131-270. 72 Sien Meijers "Publiek Domein" 106-108. Dit is opmerklik dat die klem ook deur Sentell A Study of Escheatand Unclaimed PropertyStatutes (1962) tov die bepalings oor bona vacantia in die reg van Georgia tot 'n groot mate op die algemene belang geplaas is - sien 5-17. 71 Vgl Meijers "Publiek Domein" 115-116 en Ketelaar 136-138, 157-159 en 224-226. 7 Toy res derelictaplaas Bort, soos ook De Groot, die klem duidelik op die bedoeling om die saak prys te gee. Tov wrakgoed geld oenskynlik afsonderlike bepalings - vgl Bort 278-279. Die eienaar kon byvoorbeeld sy wrakgoed binne een jaar en ses weke terugvorder. Eers daarna het dit die graaf toegekom - dus 'n verkorte verjaringstermyn. 71 Sien in besonder sy bespreking in Deel VII.5 en 6 op 283. 76 Bort 249 en 267-269 en sien verder Ketelaar 195. 77 Vgl Bort Deel VII.3 op 283: "waer van daen dat deselfe af-komstich is" waarop hy uitdruklik na die terugval van die vruggebruiksbevoegdhede na die eienaar verwys.
78 921 ev.

79 325 ev. o Bort Deel VII.6-16 op 283-284.

TSAR 1985.2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 131 1985

132
8

SONNEKUS

Volgens De Blecourt en Fischer ' moet die verwysing deur De Groot8 2 na "niet-aenghevaert zijnde" sake (waaronder hy edele vo~ls, growwe wild, verlate land, visse in vaarbare waters en die erfenisse wat nie opgevorder is nie vermeld) as aanduiding dien dat grond nooit in Holland res nullius kon wees nie. Die standpunt is deur die navorsing van Ter Kuile agterhaal. De Groot het 83 nie in sy Inleidinge nader op die leenregtelike aangeleenthede ingegaan nie. Uit sy gebruik van die woord "Vasallen" in die kantskrif tot "smalheeren" blyk egter duidelik dat hy dit hier oor die sogenaamde regale aansprake van die smalhere gehad het. Sy ander opmerkings oor bates wat die graaf toeval moet in dieselfde lig gelees word. 84 Van der Keessel meld byvoorbeeld ten aansien van 'n verlate saak (res derelicta) dat dit nie outomaties soos De Groot wel beweer die graaf as bona vacantia toeval nie, maar dat die Romeinsregtelike reel herleef het en dat die sake in die algemeen as res nullius die besitter deur occupatio toekom. 85 Dieselfde kwalifikasie is reeds by Bort ten aansien van verborge skatte te lees waar hy daarop wys dat die Hollandse hofuitsprake toenemend na die Romeinsregtelike posisie neig en dit nie langer as bona vacantia aan die graaf toekom nie. 86 Dieselfde standpunt word ook by Voet aangetref. 87 Van der Keessel meld verder met verwysing na De Groot 2 30 1-4 dat De Groot nie die versterfregnorme van die Schependomsreg korrek weergegee het nie en te vroeg die staatskas wou bevoordeel. Matthaeus meld in sy behandeling van die Utrechtse regale regte ook dat die fiscus reghebbende word van alle onbeheerde goedere maar vervolg dan met 'n herhaling van die uitsondering wat ons reeds hierbo by die bespreking van Digesta 41 3 18 en 44 3 10 1 teengekom het te wete dat verjaring wel ten aansien van die goed kan loop indien dit nog nie deur die fiscus "zijn benaderd". 88 In die lig van die algemene bepalings "heerenpeeren rotten niet" 8 9 wat in die Utrechtse en Veluwsche reg toepassing gehad het, kan die uitsondering slegs met moeite verklaar word. Beteken dit dat die staatskas dus nie outomaties eiendomsreg op die bona vacantiaverkry het nie maar eers deur beslaglegging eiendomsreg verkry? Indien wel, moet dit res nullius wees totdat daarop beslag gel6 is in welke geval verjaring nie ter sprake kon kom nie. Verjaring loop slegs teen 'neienaar. 'n Res nullius word deur occupatio in eiendomsreg verkry. As verjaring wel ter sprake kom blyk nie wie die eienaar van die saak was teen wie verjaring loop nie. Die tipies leenheersregtelike ratio wat Bort vir die regale aanspraak op alle bona vacantiaaanvoer, verraai in welke mate sy uiteensetting nie die Hollandse
81 148.

82 Inleidinge 2 1 54. 83 Hy het wel gesuggereer dat hy dit later in 'n ander werk sou doen, dog nie daarby uitgekom nie - vgl 47 n 4 in die Dovring, Fischer, Meijers-uitgawe. Vgl 2 1 50-54 en 2 9 9. 85 Die enigste uitsondering is indien 'n bepaalde "stadskeur" in belang van die algemene openbare veiligheid byvoorbeeld bepaal het dat verlate en bouvallige geboue die gemeente toekom ten einde dit van verval te red - vgl byvoorbeeld die verwysing deur Van der Keessel (ad 2 32 3) na a 47 van die Stadskeur van Leiden in hierdie verband. 6 Bort Deel VII. 18-27 op 284-285. Hy verwys ook in dieselfde verband na die aanspraak van die keurvors op minerale regte. 87 Voet 41 1 11-13. ' Matthaeus Zinspreuken (1775) 9.25 op 236. 89 Vgl Meijers "Verjaring" 13 waar hy die spreuk aanhaal aan die hand van Schlichtenhorst se Aantekeningen op het Veluwsche Landrecht.

TSAR 1985.2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 132 1985

133 reg ten voile weergee nie. Hy het hom waarskynlik ten dele laat lei deur van die Franse en Duitse skrywers van sy dag. 90 Volgens Bort is onder hierdie aanspraak inbegryp aansprake op alle verlate lande, alle ledige erfenisse en verborge skatte, hoewel die uitsprake van die howe nie eenvormig is nie en ook geleer is dat die skat nie aan die prins nie dog aan die vinder en die eienaar van die grond waar dit gevind is om die helfte toekom. In die lig van die klem wat Bort plaas op die rol van die Rekening Kamer wat sedert 1447 alle domeinregte ten aansien van die respublica namens die Graaf van Holland bewaar en sedert 1581 dit namens die Staten van Holland beheer, is dit duidelik dat die graaf nie langer enige privaatregtelike aansprake op die werklike res publica gehad het nie. Bates wat na analogie van die Romeinsregtelike kadusiteitsbepalings bona caduca aan die staat verbeurd verklaar is ingevolge 'n besondere konfiskeringsbepaling, is ooreenkomstig die kwasiebelastingheffende bepalings behandel en is nie met bona vacantia-bepalings te verwar nie. 91 Die oorspronklike regale regte het danksy die privatisering daarvan in Holland die afskaffing van die heerlikheidsregte as nadraai van die Napoleontiese era oorleef. Selfs in die moderne Nederlandse reg kan vandag nog geldiglik gebie word by 'n openbare veiling op van hierdie titels en bevoegdhede. So onlangs as 8 Maart 1978 is byvoorbeeld nog fl14 500 betaal vir die titel en ambagsheerlikhede van "Ambachtsheer van's Heer Hendrikskinderen" te Goes. 92 Net so het die afskaffing van die publiekregtelike heerlikheidsregte van die feodale here nie die gevestigde beperkte saaklike regte van byvoorbeeld die reghebbende van 'n reg van windvang of eendekooi afgeskaf nie en bestaan daar in die moderne Nederlandse reg steeds van hierdie beperkte saaklike 93 regte. Met die resepsie van die Romeins-Hollandse reg aan die Kaap de Goede Hoop, was die feodale bestel in Nederland nog lank nie iets van die verlede nie. Hoewel die praktiese betekenis daarvan sekerlik aan die taan was, is dit die eerste keer in Nederland na die Franse besetting deur die Napoleontiese magte in 1798 afgeskaf, net om weer ingevolge die "Soewereine Besluit" van 26 Maart 1814 as heerlikheidsregte te herleef na die bevryding van Nederland in 1814. 94 Die skrif was egter aan die wand wat die feodale bestel betref en dit is finaal 95 afgeskaf in 1848. Na die personele unie 96 is alle ware heerlikheidsregte, die ten aansien van belastingheffing, in die Staten-Provinciaal van elke "gewest" verenig. 97 Aangesien die regale aanspraak op bona vacantia nie as 'n belastingheffende
AANSPRAAK OP BONA VACANTIA AS SOGENAAMDE REGALE REG

90 Vgl die verwysings deur Bort in Deel VII.5 en 6 en 12. 91 Vgl Van der Keessel ad 2 1 29. 9 Ketelaar haal in die verband die ProvincialeZeeuwse Courantvan 8 Maart 1978 aan - 111 n 80 en 112. Vgl egter ook die afskrif van die veilingsvoorwaardes met betrekking tot die ambagsheerlikhede van Abcoude en Bambrugge van 1749 - Ketelaar 6. 93 Sien die statistiek soos aangehaal deur Ketelaar 175-196. 9 Sien vir besonderhede De Smidt 72-73 en Ketelaar 56-72. 9' Dit is vervat in die sg "Grondwetsherziening" van 1848. Hoewel vergoeding en skadeloosstelling aan die reghebbendes van die regale regte vir die verlies van hul regte belowe is, is geen skadevergoeding betaal nie. Sien De Smidt 73. 96 Dws toe die soewerein van alle Nederlande dieselfde persoon was onder Karel V en Phillips II
-

Vg1 Kersteman Hollandsch Rechtsgeleert Woordenboek (1768) 173. Sien in die algemeen De Bl6court en Fischer 226. Sien ook Wedekind 236-237.

sien De Smidt 93.

TSAR 1985.2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 133 1985

134

SONNEKUS

bepaling behandel is nie, kon dit nie ook ingevolge hierdie bepaling in die Staat gevestig het nie. Dit beteken dus dat ten tyde van die kodifisering van die moderne Nederlandse reg geen restant van die middeleeuse regale aanspraak op bona vacantia, hetsy ten aansien van die onbeheerde sake, hetsy ten opsigte van erfenisse in die Romeins-Hollandse reg behoue gebly het nie. Die bepalings van artikel 576 BW moet dus direk op die Franse Code Civil teruggevoer word en hou nie verband met 'n algemeen geldende heerlikheidsreg ten gunste van die soewerein in die Romeins-Hollandse reg van direk v66r die kodifikasie nie. 98 Dit bepaal dat "Gronderven en andere onroerende zaken die onbeheerd zijn en geenen eigenaar hebben, gelijk mede de zaken van dengenen die zonder erfgenaam overleden is, of wiens erfenis is verlaten, behoren aan den staat". Dit is opvallend dat die ooreenstemmende artikel in die NBW slegs lui: "Aan de Staat behoren onroerende zaken die geen ander eigenaar hebben".99 Die behoud van die bona vacantia-bepalingin die gemelde artikel 576 BW

moet dus as 'n laat resepsie van die tipies Fransregtelike "domaine public"

vanuit die Code Civil bestempel word en kan nie as 'n voortsetting van 'n algemene regale reg vanuit die Romeins-Hollandse reg beskou word nie aangesien die aanspraak op bona vacantia in die laat Romeins-Hollandse reg
00 slegs 'n beperkte saaklike reg was. 1

geresipieer nie.' 0' Die Kompanjie het dit nie as leenheer teenoor die Vryburgers gedra nie en die resepsie van die Romeins-Hollandse reg het dus nooit 'n
resepsie van die beginsels of norme wat eie aan die feodale bestel was, ingehou

Aan die Kaap is op geen stadium 'n enkele sweem van die feodale bestel

nie.
Om daardie rede het die tipiese oud beperkte saaklike regte soos jagreg, visreg en reg op aanwas nooit qua beperkte saaklike regte deel van die

Suid-Afrikaanse reg gevorm nie en kan ingevolge die algemene beginsels van

die Romeinse reg steeds deur die wettige sowel as die onwettige jagter 10 2 eiendomsreg verkry word op gejagte wild. Die Suid-Afrikaanse jagter hoef persoon as reghebbende van 'n ander nooit te vrees dat die staat of 'n sogenaamde jagreg sakeregtelik op die eiendomsreg op daardie wildsbok

aanspraak kan maak nie. Van diefstal van wild is daar dus ook in die meeste
98 Sien Meijers "Publiek Domein" 106-118 en Ketelaar 194 ev.

gevalle geen sprake nie. 10 3 Op geen stadium is ook in die Suid-Afrikaanse reg

"Staat eigenaar res nullius" wat 9 A 5.3.5 NBW. Die kantskrif in die Vermande-uitgawe lui klaarblyklik te wyd is omdat dit verkeerdelik die indruk wek dat alle "res nullius" en dus ook roerende sake by die artikel inbegrepe is. Artikel 575 BW het wel bepaal "Er zijn zaken die aan niemand toebehooren; de overige zijn het eigendom of van den staat, of van gemeenschappen, of van bijzondere personen." Sien ook Brahn Zwaartepunten van het Nieuwe Vermogensrecht (1984) 135. 100 Hoe maklik hierdie begrippe en hul herkoms verwar word, blyk reeds uit Bort se gebruik van regale regte en domeinregte as sinonieme - 247 en 248. 101 Hoewel 'n stelsel van "leningsbesit" en "leningseiendomsplase" wel aan die Kaap tot 1743 voorgekom het, was dit nooit as gelykstaande met die tipiese leenheersregtelike norme van die Romeins-Hollandse reg behandel nie. Sien Visagie Regspleging en die Reg aan die Kaap van 1652-1806 (1969) 79-88. Sien verder Van der Merwe en Rabie "Eiendom van Wilde Diere" 1974 THRHR 38 44 ev en S v Frostand Noah 1974 3 SA 466 (K) 471C-H en 472E-473H. 102 Contra die uitspraak in Dunn v Bowyer 1926 NPD 516 waar verkeerdelik die nie-geresipieerde beginsels uit die regale regte toegepas is. 103 Vgl "Werkelijk 'wild' immers is res nullius, is niemands eigendom en wat van niemand is kan ook door niemand worden'gestolen" - Brahn 134-135 en "The prince cannot be called the

TSAR 1985-2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 134 1985

AANSPRAAK OP BONA VACANTIA AS SOGENAAMDE REGALE REG

135

geleer dat 'n reg van aanwas iemand anders as die oewereienaar toekom nie of dat enige persoon aanspraak kon maak op 'n windreg nie. Hierdie regte wat verskyningsvorms was van die uitgebreide oud-Romeins-Hollandse saaklike regte bekend as die aanspraak op bona vacantiais nooit in die Suid-Afrikaanse reg geresipieer nie. Indien die sogenaamde regale regte steeds deel van die Suid-Afrikaanse reg gevorm het, sou dit nie moontlik gewees het om ten aansien van hierdie sake ooreenkomstig die Romeinsregtelike norme te beskik nie en sou die Suid-Afrikaanse regsposisie ooreengestem het met die regsposisie in Engeland en ook die Wes-Europese kodes waar onder invloed van die Code Civil die domeinregte behou is as regale regte ook na die Republiekwor-

ding. 104
Uit die voorgaande blyk dat net soos in die Justiniaanse Romeinse reg ook in die Romeins-Hollandse reg gesag bestaan vir die standpunt dat onopgevorderde erfenisse as bona vacantia aan die skatkis toeval. Dit blyk nie uit die behandeling deur van die ou skrywers of die skatkis as regmatige erfgenaam 'n aanspraak op die boedelbates verkry het en of die skatkis steeds bloot 'n kwasie-bewaarhouersrol vervul het nie. Van der Keessel se bespreking van De Groot ad 2 1 55, 2 28 6 en 2 28 41 wek byvoorbeeld die indruk dat die skatkis in die allerlaaste instansie wel as regmatige aanspraakmaker ten aansien van die boedelbates opvolg en dat die sake selfs waar die bates uit saaklike regte bestaan het, nooit res nullius was nie. In sy bespreking van 2 41 19 meld hy egter uitdruklik dat die skatkis nooit erfgenaam word nie maar slegs die goed in besit neem wat sonder aanspraakmaker is. Hy meld ook tot welke mate in die Romeins-Hollandse reg danksy die beperkende uitleg deur veral die Hoge Raad van hierdie aanspraak van die skatkis, die toevalling aan die skatkis 'n 05 absolute uitsondering gevorm het.1 3 Engelse reg 10 6 Na aanleiding van regter Mason se opmerking in Ex Parte The Government dat ten aansien van bona vacantia Engelse reg in Suid-Afrika toegepas word, word kortliks gelet op wat daardie regstelsel bepaal. In die Engelse reg word die bona vacantia-bepalingsas deel van die redling rakende die publiekregtelike prerogatiewe van die koning behandel. 10 7 Die prerogatiewe van die kroon het na 1066 en veral na die wet PrerogativaRegis (1324) duidelik beslag gekry. Sedert die staatsregtelike probleme van die 17e en 18e eeue is die koninklike prerogatiewe in 'nmate deur die howe begrens.
owner of such animals before he hath actually caught them: so that he who hunts contrary to a royal prohibition doth not commit theft, nor take away the goods of another" - Chitty A Treatise on the Law of the Prerogativesof the Crown (1820) 137. 104 Dat die Suid-Afrikaanse wetgewer moontlik onwetend wel reeds in die rigting beweeg het, kan nie ontken word nie. Die strand was ingevolge die Romeinse reg altyd res publica en het dus alle burgers van 'n bepaalde land toegekom. Ingevolge a 2(1), 2(3) en 6(1) van die Strandwet 21 van 1935 soos gewysig bet die staatspresident tans eiendomsreg op die strand. Hiervolgens bepaal wetgewing verder welke burgers toegang tot die strand het. 105 ad 2 30 3. In hierdie verband kan ook sy opmerking gelees word: onder 'n goeie heerser bestaan daar geen vermoede tgv die staatskas se belange nie - ad 2 41 9.
1061914 TPD 596 597. 107 Vgl Halsbury-Hailsham VIII Halsbury'sLaws of Englandwat dit as deel van die "constitutional

law" behandel - 1503-1521; Enever Bona Vacantia under the Law of England (1927) 13 ev. Sien ook Holdsworth A History of English Law (1956) Vol 1473; III 67-72; VII 495; IX 69 en X 350 en Chitty 135 ev.

TSAR 1985.2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 135 1985

1-10
08 09

SONNEKUS

Enever' en Blase' het aangetoon dat die aanspraak van die Engelse kroon op alle heerlose grondstukke nie na die geresipieerde bona vacantia-redlherlei kan word nie dog op die tipiese oud-Engelsregtelike "escheat"-bepalings uit o die leenheerstelsel teruggaan. 1 0 Hiervolgens is die Engelse kroon sedert Willem die Veroweraar as staatshoof die eienaar van alle grond binne sy regsgebied met uitsondering van die hertogdomme van Lancaster en Cornwall."1 Ten aansien van eersgenoemde hertogdom het die kroon sedert 1461 alle aansprake op terugvalregte op grond aan die koning en sy nageslag in hul persoonlike hoedanigheid oorgedra terwyl laasgenoemde die oudste seun van die regerende monarg toekom. Die sogenaamde "escheat"-bepalings het dus tot die begin van hierdie eeu bloot die terugval van grond aan die kroon as oppereienaar gereel ingevolge 'n tipiese bodemregaal uit die middeleeue en grootliks analoog aan die terugval van opgeskorte bevoegdhede na die eienaar 12 na verval van 'n beperkte saaklike reg.1 Die bona vacantia-bepalingsis in die Engelse reg sowel na hulle oorsprong as in hul huidige toepassing publiekregtelike prerogatiewe wat gemeenregtelik deur die norme van die objektiewe reg aan die kroon verleen is en op die 3 privaatregtelike norme inbreuk maak.1 In die moderne Engelse reg vind die gemeenregtelike prerogatief van die kroon ingevolge die bona vacantia-bepalingsselde toepassing maar die besondere statut~re bona vacantia-bepalings wat daarop gemodelleer is, word hoofsaaklik by onopgevorderde erflatings 1 4 en onverdeelde bates van 'n gederegistreerde of ontbinde maatskappy of soortgelyke regspersoon toegepas." 5 Die gemeenregtelike prerogatiewe het odnskynlik nie analoog aan die kwasie-Romeinsregtelik geinspireerde bepalings van die vastelandse stelsels ontwikkel nie. 116 So byvoorbeeld het slegs die kroon aanspraak op enige skatvinding terwyl die tipiese Romeinsregtelike redl eerder die waarde van die skat om die helfte tussen vinder en eienaar van die perseel waar dit gevind is, verdeel. Dieselfde verskil in uitgangspunt bestaan ten aansien van jagvergunnings. In ooreenstemming met die uitgebreide regale aanspraak op alle bona
108 13

ev.

'09 28-56 en 120-127. 110 Chitty 226-237. In die Suid-Afrikaanse reg het "escheat" wel in die sogenaamde "Escheat
11

12

113

114

115

116

Laws" 11 van 1868 en 6 van 1869 in Natal as kolonie ter sprake gekom. Dit is interessant dat die kroon se aanspraak op eilande wat deur alluvio binne territoriale waters ontstaan eweneens as 'n prerogatief soos toy bonavacantiaverklaar is, terwyl dit volgens die Romanistiese regstelsels res nullius is - vgl Blackstone II Comm 261 en Jackson "Alluvio and the Common Law" 1983 LQR 412 429. Die Administration of Estates Act 1925 het met ingang 1926 die "escheat"-bepalings afgeskaf en onder die bona vacantia-bepalingstuisgebring. Blackstone definieer bona vacantia as "goods in which no one else (other than the King) can claim a property" - I Comm 299. Halsbury definieer dit as "things in which no one can claim a property" - VIII 1503. Blase toon dat hierdie definisie te wyd was (126-127). Sien ook Holdsworth X 350. A 46(1)(vi) van die Administration of Estates Act 1925 soos gewysig. Halsbury meld uitdruklik dat hierdie aanspraak van die kroon nie op 'n gemeenregtelike prerogatief nie, maar hierdie statutdre bepaling teruggaan - VIII 1504 n 1. A 354 van die Companies Act 1948. Sien vir 'n volledige bespreking Blase 75 ev. Sien verder Halsbury VII 1449 tav die gelykluidende bepalings tov "Chartered Corporations". Vgl verder Halsbury XI 1398 en die gesag daar vermeld. Sien Enever 14 en Blase 28-55.

TSAR 1985.2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 136 1985

AANSPRAAK OP BONA VACANTIA AS SOGENAAMDE REGALE REG

15/

vacantia verleen die Engelse reg aan die kroon die alleen aanspraak op 'n algemene jagvergunning. Dit is kwansuis in ooreenstemming met die grondgedagte van die Engelse sakereg dat die koning die oppereienaar van alle grond binne die ryk is. Chitty wys egter daarop dat Bracton beklemtoon het dat die jagvergunning van die kroon nie outomaties beteken het dat die kroon eiendomsreg op alle wild gehad het nie. Dit het slegs aan hom die vergunning verleen om enige plek te kon jag. Hierdie laaste stap in die verwarring van die privaatregtelike eiendomsbegrip en die publiekregtelike jagvergunning het egter reeds by Blackstone ingetree - 'n verwarring wat tot vandag in die 1 benaming "kroonwild" teruggevind word asof dit die kroon se eiendom is. 17 Die Engelse reg onderskei tussen twee kategoriee sake wat beide as bona vacantia bestempel word. In die eerste plek word in sekere eng omskrewe omstandighede aan die kroon 'n aanspraak op sekere sake verleen wat weens hul besondere aard en die tipies agtiende eeuse waarde-oordeel afgesonder was vir die kroon byvoorbeeld witswane, walvisse, steure, skatte, wrakgoed, loslopende diere en die goud- en silwermyne. 118 Ten aansien van hierdie sake word gemeld dat dit behoudens die kwalifikasies wat deur die howe daarop geplaas is, deur niemand anders in eiendomsreg verkry kan word nie. 119 Hierdie kwalifikasies bring byvoorbeeld mee dat die kroon slegs 'n gevestigde reg het op walvisse wat binne die gebiedswaters van Engeland gevang word maar nie op alle losswemmende walvisse nie. 120 Die kroon se reg het dus telkens gevestig as die sake in besit geneem is en ons sou kon se dat ingevolge die bona vacantia-bepalingdit geag word dat die besitnemer as besitsdienaar namens die kroon opgetree het. Omgekeerd het dit beteken dat niemand anders die nodige kompetensiebevoegdheid gehad het om regsgeldig eiendomsreg deur besitname ten aansien van hierdie sake te vestig nie. As 'n saak nie uitdruklik volgens die "common law" vir die kroon bestem was nie, kon die eerste besitter wel eiendomsreg deur 121 occupatio op 'n res nullius vestig. In die tweede plek omvat dit die sake wat ingevolge die statutre bona vacantia-bepalings aan die kroon toeges6 word omdat niemand feitelik daarop aanspraak maak nie. Hieronder is die bepalings vervat in artikel 46(1)(vi) van die Administration of Estates Act oor onopgevorderde erflatings 22 en artikel 354 van die Companies Act (1948) die belangrikste. Ten grondslag van die statutere bona vacantia-bepalings le steeds die beginsel van die Engelse reg wat uitgedruk word in die spreuke: "The English law abhors that ownership be in abeyance", 123 en "The property of all goods
117 Chitty 135-136. Vgl ook Holdsworth X 351.
19 Vgl Chitty 142-155.

118 Vgl Chitty 136 ev; Blase 28 ev en Halsbury VIII 1503 ev. 120Blase 28 ev; Halsbury VIII 1519. 121Chitty 136; Blase 127 steunend op Armory v Delamirie 1722 1 Str 505 en contra Enever 15 wat dit te eng geformuleer het en die prerogatief tav alle res nullius wou uitbrei. Sien in die verband ook Holdsworth VII 479-495. 122 Sowel ingevolge die testate as die intestate erfreg - Enever 23-42. Wat onverdeelbare boedelbates ingevolge testamentere boedelbereddering betref, het die statut6re bona vacantiareeling soos ingevoer in die Executor's Act 1830 die gemeenregtelike reel in Engeland gewysig waarvolgens die eksekuteur vroeer persoonlik aanspraak kon maak op alle onverdeelbare boedelbates. Sien ook Holdsworth IX 69. 123 "We have defined bona vacantia as chattels real and personal which, not being previously Crown property, become through lack of other ownership the property of the Crown or its

TSAR 1985.2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 137 1985

lib

SONNEKUS

must be in some person". Aan die hand van hierdie stelreels kan 'n moontlike dwaling in die Engelse reg in hierdie verband (gesien vanuit 'n Romanistiese agtergrond) blootgel6 word. In die Engelse reg is ten opsigte van bona vacantia nie onderskei tussen die reg en die objek van daardie reg nie en dieselfde begrip is vir beide gebruik. Hoewel geen reg sonder 'n reghebbende denkbaar kan wees nie, ken selfs die Engelse reg ten aansien van geabandonneerde sake die indeling res nullius. 124 Aangesien die Suid-Afrikaanse reg in ooreenstemming met Campbell v Hal125 en ander beslissings nie al die prerogatiewe wat eie aan die Engelse kroon was geresipieer het nie, kon die bona vacantia-bepalingsvan daardie regstelsel nie sonder meer deel van die Suid-Afrikaanse reg geword het nie. 126 Wat die statut~re bona vacantia-bepalingsbetref spreek dit eintlik vanself dat dit nie deel van die Suid-Afrikaanse reg kon word sonder uitdruklike wetgewersarbeid te dien effekte nie. 127 4 Die Suid-Afrikaanse reg In die vroe6 gerapporteerde Suid-Afrikaanse regspraak is daar feitlik geen spore van enige verwysings na die begrip bona vacantia nie. In die enkele uitsprake waar die begrip wel ter sprake gekom het, was dit aanvanklik telkens in verband met onverdeelbare bates van 'n intestate erflating. Een van die vroegste gewysdes waar die begrip wel ter sprake gekom het, was Ex Parte Leeuw 128 in 1905. In hierdie saak het die weduwee 25 jaar na die dood van haar eggenoot met wie sy in gemeenskap van goed getroud was, aansoek gedoen om 'n bevel ingevolge waarvan sy (nieteenstaande die uitdruklike bepalings van die gemeenregtelike intestate erfreg) tog geregtig sou wees op die onverdeelde helfte van die gemeenskaplike boedel wat as haar oorlede man se boedel steeds onopgevorderd by die eksekuteur was. Regter Maasdorp het in sy uitspraak (sonder verwysing na enige gesag oor die bona vacantia-aspek) gemeld dat die intestate erfreg inderdaad geen reg op die bates aan die langslewende gade verleen nie en dat die bates ook nog nie die kroon toekom nie omdat 40 jaar nog nie sedert die afsterwe van die oorledene verloop het nie. Die regter meen dat selfs indien die kroon beweeg sou kon word om sy aanspraak op die bates as bona vacantia te abandonneer, dit pas na 40 jaar, nadat die kroon dus reghebbende geword het, sou kon gebeur. 129 In die tussentyd het die kroon dus ook nie enige reg wat dit selfs as dit sou wou aan die weduwee kon oordra nie. Hierdie beslissing impliseer dat volgens die regter
grantees. It is incorrect to say literally that they are goods which have no owner. Bona vacantia form no exception to the rule that ownership cannot be in abeyance, for on the cessation of the previous ownership, if any, the property becomes vested in the Sovereign forthwith, and forms part of the jura regalia of the Crown" - Enever 16. 124 Blase 127. 125 (1774) 1 Cowper 204. 126 Sien VerLoren van Themaat-Wiechers Staatsreg (1981) 54-57, Coertze "Watter Regsisteem Beheers die Verhouding tussen Owerheid en Onderdaan in die Unie, Romeins-Hollandse Reg of Engelse Reg?" 1937 THRHR 34 40-41 en Coertze "Die Posisie van die Koning as Hoof van die Uitvoerende Gesag van die Unie van Suid-Afrika" 1939 THRHR 249 253-265. 127 Die wetgewersarbeid met die aanname van Wet 48 van 1961 bied 'n goeie voorbeeld van hoe die Suid-Afrikaanse wetgewer mettertyd bevoegdhede eie aan die Engelsregtelike prerogatiewe vir homself aanmatig. Sien Hansard26 Mei 1961 kolom 7413-7438. 128 (1905) 22 SC 340. 129 342.

TSAR 1985-2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 138 1985

AANSPRAAK OP BONA VACANTIA AS SOGENAAMDE REGALE REG

159

die Suid-Afrikaanse reg nie die Engelsregtelike prerogatief van die kroon op bona vacantia geresipieer het nie. Volgens daardie regstelsel word die kroon 0 13 en kan immers onmiddellik reghebbende van die onverdeelde nalatenskap 131 jaar is twee daaropvolgende die In beskik. daaroor diskresie ook volgens sy weer in die Kaapse hof sprake van 'n enkele gerapporteerde uitspraak waar bona vacantia in hierdie verband ter sprake kon kom. 132 beslis hoofregter De Villiers op gesag van In Ex Parte Spangenberg soos vervat in Codex 10 10 4 vacantia-bepaling die bona Groenewegen om 33 slegs toe te pas indien daar absoluut geen erfgename bestaan nie.1 In casu beslis die hof op 'n deurbreking van die strikte linefre stelsel van die Schependomsreg ten gunste van die moederlike verwante sodat hulle wel intestaat kan opvolg ten aansien van die deel van die boedelbates wat na die vaderlike kant (waar geen intestate erfgename aangetref kon word nie) sou gegaan het. Uit hierdie uitspraak blyk beslis dieselfde benadering ten opsigte vacantia-bepalings as van die staat se moontlike aansprake ingevolge die bona 134 wat ons hierbo by Van der Keessel aangetoon het. Gedurende 1908 word dieselfde hoofregter De Villiers genoop om in die lig van die besondere omstandighede van die geval tog te beslis dat sekere bates die Britse kroon as bona vacantia toegeval het. In Estate Baker v Estate Baker135 was die erflater wat intestaat gesterf het te alle relevante tye in Engeland gedomisilieer. Aangesien hy 'n buite-egtelike kind van sy ouers was, kon geeneen van sy ouerlike verwante volgens die Engelse reg enige voordeel uit sy boedel ontvang nie. Die hof beslis egter dat die Engelse reg slegs ter sprake kom ten aansien van die roerende bates maar dat die onroerende bates wat in Suid-Afrika gelee is volgens die beginsels van die Romeins-Hollandse intestate erfreg sal vererf en dus sy moederlike verwante toekom. 136 In die loop van sy uitspraak verwys die regter met goedkeuring na die temperende opmerkings van Voet 137 in verband met die aanspraak van die staatskas en beklemtoon dat die aanspraak van die kroon moet wyk voor 'n regmatige aanspraak van enige intestate erfgenaam ongeag die feit dat die aanspraak eers na verloop van tyd te berde gebring word. 38 Die hof beslis dus dat ingevolge die Engelse reg die kroon wel aanspraak het op die roerende bates ingevolge die bona vacantiabeginsels soos dit in daardie regstelsel toepassing vind. In al drie genoemde uitsprake het die staatskas se aanspraak op bona vacantia nie verband gehou met 'n bepaalde saak of boedelbate nie maar met die geheel van boedelbates van die erflater net soos dit oorspronklik in die Romeinse reg by universele erfgename ook die geval was.
13o Enever 21 en Halsbury VIII 1504: "The Crown takes directly by succession under that paragraph and not by any prerogative right to ownerless property under which, but for the statute, it would otherwise have taken." 131 Vgl a 46(1)(vi) van die Administration of Estates Act 1925 en Parry en Clark The Law of Succession (1983) 91.
132 133 134 135 136 (1907) 24 SC 288. 290. (1908) 25 SC 234.

Van der Keessel ad 2 41 9. Sien ook Voet 38 17 29. Vir die toepassing van maatstawwe tav bona vacantia in gevalle waar die norme van die internasionale privaatreg toepassing vind, sien Forsyth en Bennett Private InternationalLaw (1981) 305.

137 38 17 29. 138 Op 242.

TSAR 1985.2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 139 1985

1t+V

SONNEKUS

In twee gerapporteerde uitsprake blyk dat die staat wel ingevolge die bona vacantia-beginsel aanspraak gemaak het op 'n bepaalde stuk grond wat deel van 'n erflater se boedelbates kon gevorm het. In Ex ParteMinisterof Lands139 het die hof die onbestrede aanspraak van die minister op 'n stuk grond binne die munisipale gebied van Kaapstad sonder verwysing na enige gesag toegestaan. Uit die feite blyk dat die grond geregistreer was in naam van 'n persoon wat reeds in 1873 gesterf het en dat die grond nie as 'n boedelbate in sy boedelrekening gereflekteer is nie. Die regsbasis van die staat se aanspraak in hierdie geval is uiters onduidelik. Die grond is nooit ingevolge die voorgangerbepalings van die huidige Boedelwet by 'n voogdyfonds aangemeld nie. Die staat het ook nog nie die grond in besit geneem nie. Streng gesproke moet dit 6f as onopgevorderde boedelbate te gelde gemaak word en die geld inbetaal word, 6f die stuk grond was res nullius. Vir tipering as bona vacantiabestaan egter geen gesag nie. In die resente app~lhofuitspraak van hoofregter Rumpff in Minister van Landbou v Sonnendecker14o het Sonnendecker aanvanklik in die Transvaalse provinsiale afdeling van die hooggeregshof onsuksesvol aansoek gedoen om 'n bevel dat hy ingevolge die verjaringsreg eiendomsreg verkry het op 'n bepaalde stuk grond wat in ene Firmin se naam geregistreer was. Die minister het, in die woorde van die hoofregter, hom soos die ryk veeboer uit die verhaal van Natan, die profeet van Dawid se tyd, gedra en ook hierdie stukkie grond van 'n enkele morg groot vir die staat as bona vacantia opgevorder. 141 Die advokaat vir die ministerie het toegegee dat daar geen gesag vir die toepassing van bona vacantia in sodanige geval bestaan nie maar tog beweer dat die grond waarskynlik deur die geregistreerde eienaar geabandonneer is en dus die staat toegeval het.142 Blote belangeloosheid of langdurige afwesigheid van jou saak is egter nie in die Suid-Afrikaanse reg outomaties gelyk te stel aan 'n abandonneringsbedoeling nie. 143 N6g die hof a quo nbg die applhof het dit egter in die Sonnendecker-saak uitgespreek oor die vraag of 'n geabandonneerde saak hoegenaamd ingevolge die Suid-Afrikaanse reg die staat as bona vacantia toeval. Daar is soos hierbo aangetoon geen rede hoekom 'n geabandonneerde saak nie in die SuidAfrikaanse reg net soos 'n res derelicta in die Romeinse reg 'n res nullius word wat deur occupatioin eiendomsreg verkry kan word nie. Trouens, dit is presies wat die Transvaalse hof in Sheba Gold Mining Company v Vautin Millbourne 1 44 and Steers in 1889 beslis het. In daardie saak het die hof die verweerders gelyk gegee in hul aanspraak dat die slykafval 6f weens alluvio 6f na abandonnering hul eiendom geword het. Indien die Suid-Afrikaanse regsbeginsels konsekwent in die Sonnendeckerfeitestel toegepas sou word, moes die bewering van die minister dat die grond deur Firmin geabandonneer is daartoe gelei het dat Sonnendecker reeds as
139 1944 CPD 481. 141 945F-G.

1401979 2 SA 944 (A). Sien ook 1980 De Rebus 104. 142 945A-B. Die minister het hom verder daarop beroep dat die grond nadat dit as geabandonneerde grond bona vacantia die staat toegeval het teen verjaringsaansprake deur a 3 van Wet 48 van 1961 absoluut beskermd was. 143 VgI Salvage Assocation of London v SA Salvage Syndicate Ltd (1906) 23 SC 169 en S M Goldstein & Co (Pty) Ltd v Gerber 1979 4 SA 930 (A) 936F-937B.
'441889 Barber 16.

TSAR 1985.2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 140 1985

AANSPRAAK OP BONA VACANTIA AS SOGENAAMDE REGALE REG

141

besitter eiendomsreg deur occupatio verkry het. Die meeste gerapporteerde regspraak waarin na bona vacantia verwys is, het telkens verband gehou met bates wat onopgevorderd in naam van 'n gederegistreerde of 'n ontbinde maatskappy of soortgelyke regspersoon gebly het. Die aard van die bates betrokke in die verskillende beslissings het gewissel van eiendomsreg of beperkte saaklike regte op sake (sowel roerende as onroerende) tot vorderingsregte ten aansien van verskillende prestasies. In Ex parte The Government145 - die uitspraak wat steeds as sleutelvonnis in hierdie verband genoem word - het die staat gedurende 1914 beslag geld op 'n sekere plaas uit hoofde van die feit dat die geregistreerde eienaar agterstallig was met die betaling van die verskuldigde belasting ten aansien van die eiendom. Toe blyk dat die eienaar 'n maatskappy was wat oorspronklik in Engeland geregistreer was en reeds meer as sewe jaar tevore aldaar ontbind is, het die staat aanspraak gemaak op die eiendom as bona vacantia. Die advokaat namens die staat het bloot op gesag van De Groot1 '46 en Voet 147 en verder Engelsregtelike bronne1 4 beweer dat die Suid-Afrikaanse reg en die Engelse reg ten aansien van bona vacantia dieselfde is. Regter Mason beslis dat ingevolge die Engelse reg wat toepassing vind die kroon uit hoofde van 'n prerogatief aanspraak het op Bile onbeheerde grond. 149 Die kern van die beslissing is vervat in die volgendepetitioprincipii: "But there apparently being no individual, even under Transvaal law, who is entitled to the land, it becomes 0 ' '15 bona vacantia. Hierdie uitspraak is in alle latere uitsprake as sleutelvonnis gebruik ondanks die feit dat die hof nie eers vasgestel het of sy twee premisse, te wete (i) dat daar geen aanspraakmakers in geval van 'n gederegistreerde maatskappy is nie, en (ii) dat die kroon of die staat wel outomaties daarop geregtig is, juis is nie. Daar bestaan geen rede hoekom in die geval van 'n ontbinde of gederegistreerde maatskappy die oorspronklike aandeelhouers nie 'n vorderingsreg ingevolge hul aandeelhouding het ten opsigte van enige resterende bates van M die maatskappy nie. In Ex parte LiquidatorsLime Products (Pty) Ltd T 1 is dit presies wat regterpresident Van Zyl beslis het. Ondanks die feit dat die likwidateur van die nou reeds ontbinde maatskappy ten tye van likwidasie van die maatskappy geoordeel het dat 'n bepaalde verbandreg-versekerde vorderingsreg niks werd is nie (en dit dus streng gesproke geabandonneer het) 152 het die hof die aansoek om verdeling van die geldprestasie wat later gein is op 'n pro rata-basis onder die eertydse aandeelhouers toegestaan.1 53 Indien die aandeelhouers inderdaad hierdie restant vorderingsreg geabandonneer het, is daar steeds geen rede hoekom die plaas nie in die Government-geval as 'n res
145 1914 TPD 596.
147 38 17 29-32.
148

146 Inleidinge 2 30 3.

In die verband is oa verwys na Halsbury V 973 en VIII 875; Palmer's II Company Law 790 en Lindley Companies 1176. 149597. Dit is opmerklik dat die hof verder vir gesag ivm bona vacantia in die Suid-Afrikaanse reg na Leyser, 'n Duitse juris, verwys.

150 597. 15'1942 CPD 402. 152 405. 153 In die lig van die bekende aksessoriteits-beginsel wat tav saaklike sekerheidsregte toepassing

vind, is hierdie beslissing verbasend. Indien die vorderingsreg as waardeloos geabandonneer is, kon die verbandreg nie alleen bestaan nie.

TSAR 1985.2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 141 1985

14Z

SONNEKUS

nullius deur occupatio in eiendomsreg verkry kon word nie. Met inagneming van die feit dat die staat in daardie geval inderdaad reeds beslag op die plaas gele het in die lig van die agterstallige belastingskuld van die eienaar, kon dieselfde eindresultaat langs 'n ander weg as die gewraakte aanspraak op bona vacantia bereik word. Die howe het ten aansien van die sogenaamde bona vacantia-gevalle nie altyd konsekwent rekening gehou met die algemene beginsel van die SuidAfrikaanse reg dat dit enige regsubjek vrystaan om mits hy maar oor die nodige kompetensiebevoegdhede beskik geldiglik afstand te doen van enige van sy vermoensregte nie. In Ex parteSengol Investments (Ply) Ltd154 het regter Van Dijkhorst so onlangs as* 1982 die volgende opmerking ten aansien van mineraalregte gemaak: "These rights were considered by the directors of the abandonneringshandeling is heeltemal geldiglik deur die direksie verrig terwyl die maatskappy nog funksioneer het. Daar bestaan dus geen enkele rede hoekom die mineraalregte nie onmiddellik as beperkte saaklike regte te niet sou gaan weens die abandonneringsbedoeling van die tersake regsubjek nie. Geen subjektiewe reg, ook nie 'n beperkte saaklike reg nie, kan bestaan in afwesigheid van 'n regsubjek nie. Regter Van Dijkhorst beslis egter "The property owned vested in the State as res derelicta ... The mineral rights... became bona vacantia, therefore vested in the State, which is still the holder thereof." 156 Daar gelaat dat houerskap van 'n mineraalreg kwalik voorstelbaar is, was hierdie uitspraak maar slegs die soveelste voorbeeld waar aan die hand van die towerbegrip bona vacantia 'n bate die staatskoffers toegedeel is in flagrante negering van die duidelike beginsel van die Suid-Afrikaanse reg. In Ex parte Marchin1 57 het regter Cillid ook ten aansien van mineraalregte beslis dat die mineraalregte die staatskoffers as bona vacantia toegeval het ondanks die feit dat die eienaar van die betrokke grondstuk daarop aanspraak gemaak het dat sy bevoegdhede as eienaar, net soos in die geval van die wegval van die reghebbende van enige ander beperkte saaklike reg, weer outomaties na hul volle omvang gedy.1 58 Die regter het soos volg geargumenteer: Aangesien mineraalregte 'n langer lewensduur het as 'n persoonlike diensbaarheid wat hoogstens tot afsterwe van die reghebbende beperk is, beteken dit dat 'n mineraalreg sonder regsubjek kan bestaan.159 Hierdie denkfout staan in die klassieke werke oor die logika bekend as 'nfalacianon causapro causa.16 Die verkeerde gevolgtrekking-word-uit die verkeerde premis gemaak. Die hof het boonop toe dit beslis het dat die staat reeds reghebbende van die
154 1982 3 SA 474 (T).
155

company to be valueless and as such this asset was written

off.

''

155

Hierdie

156

157 158

159

160

475H. Ook die moderne Duitse reg erken steeds die moontlikheid dat 'n saak wat bewustelik deur die eienaar geabandonneer is, deur blote occupatio deur 'n besitnemer in eiendomsreg verkry word - Westermann Sachenrecht (1960) 288 ev. 476F. 1964 1 SA 147 (D). "[Ilt is clear that the rights which were ceded ... constituted a personal quasi-servitude which the company could alienate freely and which continued to exist after it was abandoned on the liquidation of the company, and when the company itself ceased to exist" - 150F. Sien vir 'n kritiese bespreking van hierdie dictum oa Viljoen The Rights and Duties of the Holder of MineralRights (1975) 27-28. Sien ook die opmerking deur Scott 1981 TSAR 192. Sien in die algemeen n 65 hierbo. Vgl verder 151A-C. Sien Copi Introductionto Logic (1967) 64-65.

TSAR-1985.2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 142 1985

AANSPRAAK OP BONA VACANTIA AS SOGENAAMDE REGALE REG

143

saaklike reg geword het nieteenstaande die feit dat die staat daar onbewus van was en geen aanpassing dienooreenkomstig in die registrasiekantoor plaasgevind het nie, vergeet van die uitspraak van regter Bristowe in die bekende Montrose-saak.161 Daar het die Transvaalse hof, waaraan regter Cilli6 ingevolge die presedenteleer gebonde was, in verband met 'n aanspraak deur die staat op eiendomsreg ten aansien van vier plase wat steeds in die naam van 'n gederegistreerde maatskappy geregistreer was, beslis: "There is no dominium in the Crown; if the Crown claims to be entitled to the property as bona vacantia it must come to this court to get an order." 162 Dit is geen wonder dat Heyl opmerk dat die Suid-Afrikaanse regsposisie onduidelik is nie en dat dit nie seker is op welke stadium die staat wel reghebbende ten aansien van grond ingevolge bona vacantia-bepalingsword nie. 163 Aan die hand van die voorgaande uitsprake kan die afleiding gemaak word dat minstens in die geval van saaklike regte op sowel roerende as onroerende sake die staat nie outomaties eiendomsreg uit hoofde van die bona vacantiareel verkry op sodanige sake bloot omrede die regsubjek sy saaklike reg abandonneer nie. Die saak kan as objek selfstandig as 'n res nullius bestaan en kan deur enige besitter ingevolge die beginsels van occupatio in eiendomsreg verkry word. Indien - soos in die Government-saakgebeur het - dit die staat is wat eerste op die saak beslag 16, verkry die staat om daardie rede en nie uit hoofde van die bona vacantia-redl nie, eiendomsreg op die saak. Daarna sal ingevolge die Montrose-saak die hof steeds genader moet word om 'n verklarende bevel te dien effekte en ten einde die registrateur van aktes opdrag te gee om die registers dienooreenkomstig aan te pas. Hierbo is gemeld dat nie alleen ten aansien van saaklike regte nie maar ook ten aansien van vorderingsregte reeds deur die Suid-Afrikaanse howe beslis is dat die staatskoffers ingevolge die bona vacantia-beginsel verryk word. In hierdie verband dien die 1914-uitspraak van regter Bristowe in die Sprawsonsaak steeds as argetipe. 164 In casu het 'n maatskappy voor deregistrasie 'n vorderingsreg gehad teen 'n bank vir 29. Die bedrag is na deregistrasie in die voogdyfonds inbetaal. Die hof beslis: "The general rule is that as soon as a corporation ceases to exist, all its movable property goes as bona vacantiato the '165 Crown. It seems to me, therefore, that the Crown is entitled to this fund. Die feit dat dit in casu geen roerende saak nie dog 'n vorderingsreg was, beskou die regter as irrelevant - die vorderingsreg het ook per definisie die kroon toegeval. 166 Die regter kwalifiseer egter hierdie beslissing met die volgende opmerking: Die feit dat daar bepalings bestaan ingevolge waarvan die geld in die voogdyfonds inbetaal is, "do not relate to the title of the persons to whom
Ex parte Montrose Exploration Co Ltd 1918 TPD 179. 182. Heyl Grondregistrasiein Suid-Afrika (1977) 153. Hoewel Baur die indruk laat dat geen onroerende saak vandag in Duitsland "Herrenlos" kan wees nie (Lehrbuch des Sachenrechts (1981) 520) wys Westermann daarop dat in die begin van die dertigerjare dit dikwels voorgekom het dat 'n eienaar van 'n groot "villa" in die lig van sy hoi eiendomsbelastingskuld sy eiendomsreg op sy villa eenvoudig geabandonneer het. Deur die "Aufgabe" plus deregistrasie word die grondstuk "Herrenlos" en kan dit deur besitname deur 'n ander in eiendomsreg verkry word - 435-437. 16 Ex parte Sprawson: in re Hebron Diamond Mining Syndicate 1914 TPD 458. 165 461. Die regter bet nagelaat om te meld op welke Romeins-Hollandsregtelike gesag die "algemene reel" teruggaan.
161 162 163

'66 461.

TSAR 1985.2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 143 1985

11+1

SONNEKUS

the funds belong".1 7 Hieruit kan afgelei word dat die fondsbepalings soos die grotendeels gelykluidende bepalings van die huidige Boedelwet1 68 bloot administratiewe bepalings is om die statutere bewaarhoudingsverhouding ten aansien van sodanige fondse te reguleer en geensins aanduidend is van wie privaatregtelik reghebbende ten aansien van dusdanige fondse is nie. Die Sprawson-uitspraak is klakkeloos nagevolg in meerdere latere uit69
sprake. 1

Uit die voorgaande uiteensetting van die lotgevalle en herkoms van bona vacantiain die gemenereg en die Engelse reg blyk dat die toevallige voorkoms van dieselfde begrippe bona vacantia in die Codex in min of meer verbandhoudende sin, in die Suid-Afrikaanse reg bloot as gerieflike kapstok gedien het waaraan die Engelse reg die Suid-Afrikaanse reg binnegedra kon word en dien geensins as bewys van die stamboom van die bona vacantia-leersoos dit in die Suid-Afrikaanse reg toepassing vind nie. In Ex Parte The Government170 is verkeerdelik gemeen dat die Suid-Afrikaanse reg dieselfde regsbeginsels in hierdie verband as die Engelse reg het. Indien 'n maatskappy ontbind word of gederegistreer word, verloor die eertydse regspersoon sy regspersoonlikheid en hou dus op om as regsubjek draer van regte en verpligtinge te wees.1 71 Die aanbeveling van die Van Wyk de Vries-kommissie as sou die lede dan in hul persoonlike hoedanigheid aanspreeklikheid opdoen, 172 impliseer ook dat hulle die regte wat die maatskappy toegekom het, ontvang. Dit kan slegs juis wees indien dit in ooreenstemming met die geykte regsbeginsels plaasvind. In die afwesigheid van 'n afsonderlike regsreel wat die outomatiese oordrag van regte in so 'n geval redl, vind oordrag van regte slegs met nakoming van al die normale vereistes wat die reg stel plaas. Indien die bates van die maatskappy saaklike regte was, moet voldoen word aan onder andere die vereistes van 'n saaklike ooreenkoms plus besitsverkryging of registrasie. In al die gerapporteerde beslissings is die vereistes juis nie nagekom nie. By ontstentenis van 'n afsonderlike statutdre bepaling in die verband, kan die staat ook nie outomaties reghebbende van sodanige bates word sonder om eers die spreekwoordelike vinger te verroer nie. Bona vacantiaduff geen mistieke dekmantel word waaronder negering van geykte regsbeginsels verdoesel kan word nie. Ter aanvang van hierdie bespreking is reeds verwys na die onlangse uitspraak van die app~1hof in die SANLAM-saak. 173 In hierdie uitspraak het die app lhof by monde van waarnemende app~lregter Galgut beslis dat vorderingsregte net soos saaklike regte die staat ingevolge die bona vacantiareel toeval. In hierdie saak was die relevant feite kortliks die volgende. 'n Maatskappy, Mankor, het in 1971 aandele in 'n ander maatskappy, Bontekoe, gehad welke maatskappy 'n diamantontginningskonsessie gehad het. Hierdie
167460. 168 65 van 1966 soos gewysig. 169 VgI Ex parte Pillay and Sons Ltd 1951 1 SA 229 (T) 231F-H en Suid-Afrikaanse Nasionale
170 1914 TPD 596. 171 Hoewel daar duidelike

Lewensassuransiemaatskappyv Rainbow Diamonds (Edms) Bpk 1982 4 SA 633 (K) 637H.

verskille bestaan, is hierdie regsgevolg gemeen aan ontbinding en deregistrasie - vgl Van Wyk de Vries Commission of Enquiry into the Companies Act (Main Report) (1970) 517-521 en Cilliers en Benade Maatskappyereg (1982) 673-679. 172 520. Sien ook Cilliers en Benade 675. 173 1984 3 SA 1 (A).

TSAR 1985-2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 144 1985

AANSPRAAK OP BONA VACANTIA AS SOGENAAMDE REGALE REG

14:

aandele is vervreem aan regsvoorgangers van Rainbow en een van die voorwaardes was dat die koper aan die verkopers 'n bepaalde persentasie van die waarde van al die ontginde diamante bo 80 000 karaat sou betaal. (Agterliggend aan die voorwaarde was dat die berekende karaat-opbrengs van die konsessiegebied hoogstens 80 000 karaat sou wees en daarvolgens is die koopsom bepaal. Sou die gebied dus 'n hoer diamantopbrengs lewer, wou die verkoper 'n vorderingsreg vir die afgesproke meerwaarde van die ontginde diamante he.) Op 8 Desember 1971 is al die bates van Mankor aan SANLAM waarvan dit toe 'n volfiliaal was, oorgedra en Mankor is na 'n spesiale besluit op 9 Junie 1972 vrywillig gelikwideer en die oorskot bates is onder die aandeelhouer, SANLAM, verdeel. 174 In die proses van oordrag van alle bates van Mankor aan SANLAM is die voorwaardelike vorderingsreg teen Rainbow se voorgangers ten opsigte van die meerwaarde van ontginde diamante oor die hoof gesien. Mankor is ingevolge artikel 174 van die ou Maatskappywet in Maart 1974 finaal ontbind. Reeds in 1975 is aan die gestelde voorwaardelike perk van 80 000 karaat diamante voldoen en wou SANLAM aanspraak maak op prestasie deur Rainbow. In die lig van die feit dat Rainbow SANLAM se bevoegdheid om op die prestasie aanspraak te maak ontken het, het SANLAM aansoek by die tesourie gedoen om 'n skriftelike sessie van die vorderingsregte wat kwansuis as bona vacantia die staatskas toegeval het. Ooreenkomstig die bepalings van die Maatskappywet was dit nie moontlik om op die laat stadium die hof te nader om tersydestelling van die ontbinding van Mankor nie. 175 'n Skriftelik beliggaamde sessie-ooreenkoms is daarop tussen die tesourie namens die staat en SANLAM aangegaan ingevolge waarvan die vorderingsregte teen Rainbow aan SANLAM terugsedeer is. Paragraaf (g) van hierdie ooreenkoms lui: "Aangesien die staat die vorderingsregte wat aan hom toegeval het in die omstandighede nie vir homself wil opeis nie. . ." in die lig van die gevestigde beleid van die staat dat dit sig nie ten koste van enige regmatige eiser wil verryk nie, is die regte sedeer. In die loop van hulle uitsprake het n6g app~lregter Galgut n6g regter Grosskopf in die hof a quo, gelet op die ware herkoms of toepassing van die sogenaamde bona vacantia-aanspraakvan die staat. Indien vir die huidige aanvaar word dat die regte wel die staat as bona vacantia kon toegeval het, is dit onduidelik hoe daar ooit sprake kon wees van verryking ten koste van 'n regmatige eiser. Die verweer van die advokaat vir Rainbow dat die staat nie reghebbende van die vorderingsregte kon word ingevolge die bona vacanta-reel nie, en dit dus ook nie aan SANLAM kon sedeer nie, wys die hof van die hand. App6lregter Galgut beslis dat die bona vacantia-re6l uit die Romeinse reg in die SuidAfrikaanse reg geresipieer is en in elk geval ook volgens die Engelse reg as 'n
174 71.

171 Selfs in die nuwe Maatskappywet 61 van 1973 kon aanvanklik slegs binne twee jaar na ontbinding vir tersydestelling van die ontbinding gevra word. Na die wysiging van a 420 in 1980 het die beperking verval en kan die hof te eniger tyd 'n bevel gee wat die ontbinding nietig verklaar. Die bevel is egter nie terugwerkend van krag nie - vgl Cilliers en Benade 674.

TSAR 1985.2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 145 1985

11+o

SONNEKUS

prerogatief van die kroon beskou word. Die feit dat die bona vacantiaaanspraak van die Britse kroon op bates van ontbinde en gederegistreerde maatskappye in die Engelse reg nie uit die gemeenregtelike prerogatief van die kroon nie maar uit besondere artikels van die Engelse Maatskappywet afkomstig is, bet blykbaar nie die hof in sy beslissing beinvloed nie. 177 App~lregter Galgut meld wel dat in ons Maatskappywet nie 'n gelykluidende bepaling opgeneem is nie. 178 Hierbo is reeds daarop gewys dat die SuidAfrikaanse reg nie die prerogatief van die kroon op bona vacantiageresipieer het nie - selfs indien aanvaar sou word dat dit in daardie regstelsel deel van die prerogatiewe was. 179 Daar bestaan ook soos aangetoon geen gesag vir die standpunt van die hof in die Sprawson- en Government-saak (wat app~lregter Galgut klakkeloos navolg) dat saaklike regte op roerende sake en vorderingsregte geensins wesenlik verskil nie. 180 Die regter se argument hoekom hy hom 81 distansieer van die standpunt van die hof in die Montrose-saakl oortuig ook met respek ges6 nie. 182 Hoekom is dit 'n onhoudbare gevolgtrekking dat 'n saak wat sonder 'n eienaar is as res derelicta 'n res nullius is wat vatbaar is vir occupatio? Die regter laat na om hierdie stelling te staaf. Die app~lhof beslis dat "die staat die eienaar geword het van hierdie vorderingsreg"183 en dit dus geldiglik aan SANLAM sedeer het. Daargelaat dat die objek van eiendomsreg nie 'n vorderingsreg kan wees nie, het die app~lregter nooit die beginselprobleem dat nie alle vorderingsregte sonder meer sedeerbaar is aangeraak nie. Volgens die beginsels van die verbintenisreg moes die vorderingsreg van Mankor by ontbinding verval het weens wegval van die regsubjek. Daar is geen manier waarop 'n vorderingsreg sonder 'n regsubjek kan bestaan nie. Prestasie as objek van 'n vorderingsreg kan ook nie soos 'n roerende of onroerende saak as selfstandige deel van die natuur bly bestaan sodat later daarop soos op 'n res nullius beslag geld kan word nie. Die afwesigheid van primate gesag in die grootste meerderheid van die Suid-Afrikaanse gewysdes is merkwaardig. Soos bekend moet die regskeppende krag van langdurige gewoonte nie alleenstaande as waarborg vir die juistheid van 'n bepaalde foutiewe gebruik bestempel word nie. Die feit dat in 'n tiental of meer uitsprake vanuit 'n bepaalde premis geargumenteer is, duff nooit as bewys van die waarheid van die vertrekpunt gebruik word nie. In gevalle van deregistrasie van 'n maatskappy kan dieselfde resultaat indien dit werklik regspolities gewens is, bereik word deur gebruik te maak van die gewone regsnorme ten aansien van 'n veronderstelling. Ten tyde van deregistrasie van 'nmaatskappy is die ontbinding van die regsubjek afhanklik van die veronderstelling dat alle wesenlike verpligtinge nagekom is. Indien op 'n latere geleentheid blyk dat daar inderdaad nog bates oor was wat foutiewelik weens
10C-H en 11F. Sien ook 4. 1OG-H. 178 101. 171Sien hierbo by n 126. 18 10C en 1 1A.Hierdie benadering is beslis onaanvaarbaar indien gelet word op die verskille tav oa die objekte van 'n vorderingsreg en 'n saaklike reg. Vg Reinsma Het Onderscheidtussen Zakelijke en Persoonlijke Rechten met Betrekking tot Onroerend Goed in het Zuidafrikaanse Recht (1970) 151. 181 1918 TPD 179. 182 12D. Hoewel regswerking sekerlik 'n wyse van regsverkryging is, stel die reg normaalweg streng vereistes daarvoor. 183 12F-G. Sien ook 10A-C en 15D.
176
177

176

TSAR 1985.2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 146 1985

AANSPRAAK OP BONA VACANTIA AS SOGENAAMDE REGALE REG

14/

)n oorsig nie onder die aandeelhouers verdeel is nie, beteken dit bloot dat nie geregtelik kennis geneem is van die ontbindingshandeling nie omdat die veronderstelling waaronder dit plaasgevind het nie juis was nie. Dit beteken dat die betrokke maatskappy dan in werklikheid nooit sy regsubjektiwiteit verloor het nie en die bates was dus nooit heerloos nie. Die reg pas in effek dieselfde veronderstelling toe in alle gevalle waar 'n hof om 'n "vermoede van dood"-bevel ten aansien van 'n natuurlike regsubjek genader word. 184 Die Romeinsregtelike aanpassings ten aansien van die rei vindicatio waarna vroeer verwys is,1 85 sou ook hieronder tuisgebring kon word. Indien 'n behoefte wel sou bestaan om probleme by gederegistreerde maatskappye aan die hand van sodanige veronderstelling op te los, durf die veronderstelling egter nie fingeer word nie. Dit kan dus slegs toepassing vind indien dit inderdaad die subjektiewe bedoeling van die betrokke partye was. 5 Gevolgtrekking In die lig van die voorgaande uiteensetting kan die volgende stellings gemaak word: (1) Die Suid-Afrikaanse regters van die begin van hierdie eeu het nie besef dat die regale aansprake van die Romeins-Hollandse reg vanuit publiekregtelike konsessies ontwikkel het tot beperkte saaklike regte nie. (2) Daar is ook nie besef dat die tipies leenheerregtelike norme van die feodale era nooit in die Suid-Afrikaanse reg geresipieer is nie. (3) Die dikwels gelykluidende begrippe in die Engelse reg het ten aansien van bona vacantia verband gehou met die publiekregtelike prerogatiewe van die kroon wat onder geen omstandigheid na die Britse besetting deel van die Suid-Afrikaanse privaatreg gevorm het nie. (4) Die verwysings in die Engelse reg na die toepassing van bona vacantiabepalings ten aansien van bates van gederegistreerde en ontbinde maatskappye hou selfs in die Engelse reg nie verband met 'n gemeenregtelike prerogatief nie maar moet herlei word na artikel 345 van die Engelse Maatskappywet waarvoor daar geen eweknie in die Suid-Afrikaanse Maatskappywet bestaan nie. (5) Die reeling ten aansien van artikels 35(13), 91 en 92 van die Boedelwet bevestig dat die staat nie in die persoon van die meester privaatregtelike reghebbende word van enige geld wat in die voogdyfonds inbetaal word nie maar dit bloot in bewaring hou tot voordeel van enige regmatige aanspraakmaker. In teenstelling tot sodanige inbetaalde geld, maak die artikels nie daarvoor voorsiening dat die staat outomaties reghebbende word of selfs bewaarhouer word van saaklike of vorderingsregte sonder 'n regsubjek nie-om nie eens te praat van bepaalde roerende of onroerende sake nie. Sulke vermo6nsbates kan dus ook nie, tensy dit te gelde gemaak is, ingevolge artikel 92 van die Boedelwet nd dertig jaar aan die staat verbeur word nie. (6) Die toevallige ooreenstemmende termynbepaling van artikel 35(13) van die Boedelwet en artikel 1 van die Verjaringswet dui ook nie daarop dat die staat na 30 jaar eiendomsreg deur middel van verjaring verkry nie.
184 Vgl Exparte Holden 19544 SA 128 (N); Ex parte Graham 19634 SA 145 (D) en Exparte Verster
'8

1956 1 SA 409 (K). Sien hierbo by n 33.

TSAR 1985.2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 147 1985

146

SONNEKUS

Behalwe dat die objekte nie beperk is tot sake nie, loop verjaring nie ten gunste van 'n regsubjek wat die eiendomsreg van 'n ander erken nie. Dit is 'n afsonderlike norm van die objektiewe reg wat buite die privaatreg om bepaal dat enige geld wat onopgevorderd vir 30 jaar in die voogdyfonds bewaar is, aan die staatskas verbeur word.
SUMMARY THE CLAIM TO BONA VACANTIA AS A SO-CALLED ROYAL PREROGATIVE According to Roman law, unclaimed heritages went to the fiscus as bona vacantia. Since the Diet of Roncalia (1158) the Roman legal term bona vacantia has been used to indicate one of the so-called royal prerogatives to all unowned or unclaimed things and property. At the turn of the century some South African judges did not realise that most of the regalia minora as defined during feudal times, had undergone a major change in Roman-Dutch law and were no longer regarded as concessions derived from public law, but as analogous to personal servitudes and thus as private property rights. As such they were not received in the law of South Africa. Accordingly, the Roman legal principles in connection with wild animals and res derelicta could revive in South African law. The classification of wild game as "royal game" is unknown to South African law. For the same reason a res derelictadoes not automatically belong to the treasury as bona vacantia but is classified as a res nullius. The mere fact that English law still uses the term bona vacantia in connection with a royal prerogative, either according to the common law or statute law, can be no indicator that the term carries the same meaning in Roman and English law. As a matter of fact, South African law did not receive all the royal prerogatives from English law and definitely did not receive the English royal prerogative to bona vacantia. It would be wrong to try to transplant the principles of English law in this regard. In modern South African law the term bona vacantia is mostly used in connection with moneys left unclaimed in the guardian fund and property left unclaimed after the deregistration of a company. According to section 35(13) read with section 92 of the Administration of Estates Act 66 of 1965 any money in the guardian fund which has remained unclaimed by the person entitled thereto for a period of thirty years, shall be forfeited to the state. This forfeiture clause does not grant the treasury a right in terms of private law to claim the money, but is a forfeiture clause derived from the norms of the objective law.

TSAR 1985.2

HeinOnline -- 1985 J. S. Afr. L. 148 1985

You might also like