Nuusbrief 31 Van 2013 PDF

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 4

PRIMRE SKOOL WORCESTER PRIMARY SCHOOL

Tel: 023 347 0663/ F: 023 342 2766/ psw@psworcester.wcape.school.za Posbus/ P.O. Box 193, Worcester, 6849/ Krigestraat 8 Krige Street, Worcester
Nuusbrief/ Newsletter 31 van/ of 2013 20 September 2013

Vakansietyd wenke voelgoed.co.za


Lindie Strydom deel hier n paar wenke vir familietyd, gesinsbou en hoe om jou kinders tydens die vakansie besig te hou. Sy deel veral raad uit haar persoonlike lewe. -Red In n tyd wat televisie, Facebook, Twitter, BBM, Whatsapp, die internet en ander tegnologie ons met mense op enige plek en tyd kan verbind, leef ons ironies genoeg so los en afgesonder van mekaar. Ons weet van mekaar en ons weet van God, maar ons verleer hoe om verhouding te bou. Ons is afgestomp vir die ware eise van vriendskap. Ons leef langs mekaar, maar verby mekaar. Ons sien uit na die dag wat ons kinders hulle self kan besig hou, tot hulle op n dag niks meer saam met ons wil of hoef te doen nie. In vakansietyd gebeur dit so maklik dat ons ons kinders net besig hou sonder om te kuier en te gesels en sonder daardie spontane oomblikke waar waardes en lewenslesse sommer speel-speel oorgedra word. Saam lag skep n oopheid, n atmosfeer van vertroue en eenheid en n sterker verhouding gee ons inspraak in ons kinders se sponshartjies. Miskien l die skoolvakansie soos n berg voor jou omdat jy moet werk sonder enige blaaskans. Jou hartsbegeerte is egter ook om vir jou kinders n spesiale tyd saam met mamma en pappa te verseker. Dalk voel jy alewig skuldig oor die min tyd saam met jou kinders en wonder hoe jy elke oomblik kan laat tel? Of dalk is jy as tuisskoolmamma verveeld met jou gewone lys aktiwiteite en lus om ander ouers se idees en kreatiwiteit op die proef te stel. Hierdie is n poging, saamgestel uit vriende se idees, bedoel om ouers, grootouers, onderwysers en versorgers te prikkel met nuwe alternatiewe wat ons verhoudings sal versterk elke dag heel jaar lank. Vertel storie- Ons speel dit op die lapa se bankies (amper iets soos mini-verhoog) Ek verstaan glad nie dat my kinders van die verhoog sou hou nie maar dit werk soos bom. Paul begin byvoorbeeld die storie en Nina vat die storie vir hom verder. Van swaarde en stokke word alles skielik pienk en prinsessie-rig tot Hugo weer die seuntjieflavour mag gee. Ons gesin geniet uitstappie na normale restaurant sonder klimraam wat baie meer opwindend as mamma en pappa lyk. Dis goed vir ons om mekaar weg van die huis en ander afleidings, in die o te kyk en te gesels. Jy kan ook een keer per maand so uitstappie apart met elke kind onderneem! Hulle het groot waardering vir daardie een op een tyd alleen met mamma en pappa. Miskien het jy die film, Courageous gesien waar die pappa sy dogter leer hoe man behoort op te tree sodat sy niks minder verwag wanneer krel haar vir afspraak uit neem nie. Spandeer tyd alleen saam met elke kind. Laat hulle die aktiwiteit self kies wat hulle graag saam met mamma of pappa wil doen. Probeer om Special points elke dag so alleenof interest: geselstyd te skep, al is dit net vir paar minute. IMPORTANT Ontdek weer jou DATES eetkamertafel of sitkamermat en speel saam met jou kinders, SPORT maar laat hulle kies! Julle kan julle eie speletjies en rels maak of georganiseerde speletjies wat sommer altyd gereed moet staan (ja, maak dit maklik nie agter in kas weggesteek nie) speel.
UNO / Kaarte Rummy, snap / Go Fish en Hang Man is vir kinders wat al kan lees en skryf vet pret. / Piconary en Aconary / Stomstreke Bordspeletjies soos skaak, slangetjies en leertjies, Monopoly / Scrabble / Fuzzball Kringetjies en kruisies

Inside this issue:


SPORT 2

Sommer vinnig, vinnig sal die kinders hierdie aktiwiteite saam met mamma en pappa bo die televisie verkies. Ons het Immergroenkarakterkrans. Die kinders maak beurte om waarde op die boompie te kies (daar is lys van 63 waardes!) en dan praat ons oor hoe lyk deursettingsvermo of integriteit in die praktyk. Ouers hoef nie net te leer oor alles wat hulle self regkry nie Hier is jou kans om eerlik te wees oor jou eie tekortkominge en om saam .... vervolg bl.3

SCHOOL BUS

MILLENIUM DINNER

PARKING

PARENTS, PLEASE PAY YOUR SCHOOL FEES * Please use your MySchool card

Page 1

PRIMRE SKOOL WORCESTER PRIMARY SCHOOL


Belangrike datums/ Important dates
DAY Friday Tuesday DATE 20/9 1/10 ACTIVITY School closes @ 10:30 (reports from 10:30) School re-opens @ 07:25

SPORT UITSLAE/ SPORTS RESULTS Hokkie/ Hockey


U/13A vs Elkana 16/9/2013: WPS won 1-0 Congratulations!

Ritmiese gimnastiek/ Rhythmic Gymnastics


Inge Smith & Summer-Joy Hendricks will be competing at Nationals in Durban during the September holidays. Good luck, WPS is holding thumbs!

Kriekettoer na Swellendam:
23 - 27 September 2013

Baie sterkte aan al die spelers wat gaan deelneem! Geniet dit en hou WPS se naam hoog!

UNISA Uitblinkers
Al hierdie leerders behaal tussen 80% en 90% vir hulle onlangse klaviereksamen: Giancarlo Abrahams Karla Wessels Liam Smith Rachel Kruger Aimee Phillips Helena Stynder Tatum Noble Shelomi Truter WOW! Wat n UITSONDERLIKE UNISA PRESTASIE: Chan Pienaar (6.4) Gr.2 = 84% Gr.3 = 85% Emily Voigt (6.4) Gr.2 = 80% Gr.3 = 80% Francois Prinsloo (6.4) Gr.2 = 73% Gr.3 = 82% Wat bogenoemde so n uitsondelike prestasie maak, is dat hierdie leerders 2 klaviereksamens binne een jaar voltooi het EN dit boonop met hoogste lof geslaag het.

Ouers/ Parents
Dear Parents We would like to upgrade our foundation phase play area and make it more interesting. We would like to bring nature closer to our learners. If you have any ducks, chickens, geese, peacocks, etc. that you would like to donate, please contact our office at 023 347 0663. We intend to establish the birds during the September holiday. Regards Mr Peens & Mrs Margo le Roux Liewe Ouers Ons wil baie graag die Grondslagfaseterrein nog interessanter maak! As daar enige ouers is wat hoenders, ganse, eende, poue, ens. het wat hul kan skenk, sal ons dit baie waardeer! Ons wil die natuur so n bietjie nader aan ons kinders bring. Ons wil graag die vols tydens die Septembervakansie vestig. Skakel asb. die kantoor indien u kan help, by: 023 347 0663 Groete Mnr. Peens en Juf. Margo

WPS BUS: WPS wil graag al die ouers in kennis stel dat die skool in die proses is om nog n skoolbus aan te koop. WPS would like to inform all parents that the school is in the process of purchasing another school bus.

PARENTS, PLEASE PAY YOUR SCHOOL FEES * Please use your MySchool card

Page 2

Nuusbrief/ Newsletter 31 van/ of 2013 MILLENIUM ETE/ DINNER


(Gr. 7s + parents) Datum/ Date: 24 Oktober/ October 2013 Koste/ Cost: sal deurgegee word/ will be sent through Kaartjies beskikbaar vanaf 4 Oktober 2013 by mev. Suzanne le Roux (Sport & kultuur) Tickets available from 4 October 2013 @ mrs. Suzanne le Roux (Sport & Culture)

Koekverkoping/ Cake Sale


Baie geluk aan die Gr.6e met n baie suksesvolle koekverkoping. Julle het n fantastiese bedrag van R4128.00 ingesamel. Thank you to Marga Louw and all the parents who assisted her. It is greatly appreciated by the school and learners. Die volgende koekverkoping is op 18 Oktober 2013 en word gerel deur die Gr.5e. - Natalie Page - OOV Voorsitter

Klop op die skouer/ Pat on the back


Baie geluk aan die volgende 2 leerders wat onder die 1ste 20 finaliste is van die Kruiskyk TV Eisteddfod: JP le Roux en Shelomi Truter Kom ons ondersteun ons maats en stem vir hulle by die volgende nommers: SMS na 41911 JP = Sing#1490 Shelomi = Sing#1515 5 SMSe per selfoon. Sluitingsdatum: 17 Oktober 2013

Dankie/ Thank you


Die GSF-maatjies en juffrouens gee vir ouma Letitea en oupa Gerdie Hugo n stywe druk en klomp soene! Baie dankie dat Eureka se tuinkabouters ons roosbome so mooi kom snoei het. Met so n oulike oupa en ouma kan n mens oorlog toe gaan! ... van bl. 1 met jou kinders die waardes te leer en te oefen. Storie lees is altyd treffer! As mamma of pappa so bietjie stemme en beweging kan bysit nog beter. Lees die storie tot op punt en maak dan self einde op. Gee elke kind beurt om te kies wat daardie dag gedoen of gespeel word. Ons leer hoe ons verskil en om mekaar se verskille te respekteer, te waardeer en te geniet. Stoei met pappa is belangrik veral vir die seuns wat nodig het om so bietjie te rough and tumble saam met pappa. Laat die kinders konsert hou of saam met hulle gunsteling sanger (probeer) sing. (Mamma en pappa moet ook hulle naam met plank slaan.) Maak jou eie weergawe van Noot vir Noot Mev. Petro le Roux (5.1) wil graag vir gr.5.1 en al die ouers van haar klas baie dankie s vir al die bederf met haar verjaardag. Al die pragtige blomme, geskenke en kaartjies word opreg waardeer. Buite speel is n wenner. Net speel met n bal of n hond of wat ook al. Maak fliekaand by die huis met popcorn en groot bed waar almal kan l en kyk en probeer gerus ou DVDs en videos soos Swart kat, Trompie, McGuyver of Heidi! Bak saam kolwyntjies en laat jou kinders versier. Maak huisgodsdiens gereelde ritme en span gerus die tegnologie in! Vir kleiner kinders kan jy die Bybelstorie van die aand op jou iPad/ tablet teken en DVD soos The Story is kragtige uitbeelding van Bybelkarakters soos Dawid, Ester en Jesus se kruisiging en opstanding. Gaan na www.voelgoed.co.za vir die volledige lys van idees.
Page 3

waar jy kriptiese leidrade gee en dan neurie. Ons gesin het wat ons noem gesingeheim iets wat net ons in ons gesin mag weet. Saam kosmaak selfs al meng en mors die kinders. Dit laat hulle deel voel. Ons dink soms saam aan nuwe maniere vir kosmaak en noem enigiets wat ons uitgedink het Scheffertreffer. (Scheffer is hulle van.) Wonder nou oor Strydom Strydomkosbom? Skep jou eie gesinswaardes. Dis belangrik dat kinders besef hulle is deel van gesin en waarvoor julle gesin staan. In ons huis vloek ons nie, in ons huis help ons mense, want mense is vir ons belangrik, ens. Sit die musiek bietjie aan en dans mal. Kamp in die tuin.

PARENTS, PLEASE PAY YOUR SCHOOL FEES * Please use your MySchool card

ONTHOU ASB./ PLEASE REMEMBER: Stuur asb. die Interskole opgawebriefies EN die MAKRO vorms terug skool toe. Please return the Interschools questionnaire AND the MAKRO forms to school.

SONSKERMS/ SHADES Met die somer en lekker warm weer wat kom, benodig jou voertuig n sonskerm! Die WPS sonskerms (R100) is van n baie goeie en duursame materiaal gemaak en boonop regtig mooi!! Dis ook by die skool te koop. SAAM KAN ONS n GEDUGTE ONDERSTEUNERSPAN MAAK! Marise de Wet Sel: 084 556 9601 With summer on its way, your vehicle will be needing a proper shade! The WPS shades (R100) are manufactured from a good, durable material and are really beautiful. Available at WPS. Together we can build a mean supporter team! Marise de Wet Cell: 084 556 9601

PARKERING/ PARKING
Parents are kindly requested not to park in the red or yellow lines at the crossings or in front of the main entrance. This slows down traffic and the safety of your child is at stake. Please refrain from parking in the drop-n-go zone when dropping/fetching your child at school. Please use the allocated parking bays if you need to stop. The area in front of the school is reserved for the school bus. Do not stop there in the afternoons at 14:45. Graag wil ons u as ouers versoek om asseblief nie in die geel of rooi strepe by die voetoorgange of binne die skool se hek, by die hoofingang, stil te hou nie. Die verkeer word belemmer en u kind se veiligheid is op die spel. Moet asseblief nie in die drop-&go sone parkeer wanneer u kind op/afgelaai word nie. Gebruik asseblief die gemerkte parkeerareas indien u moet stilhou. Die area voor die hoofdeure van die skoolgebou is gereserveer vir die skoolbus. Moet asb. nie hier stilhou om 14:45 in die middae nie. Ouers wat verkeerdelik binne rybane voor die skool stilhou, die verkeersvloei ophou en skoolpersoneel vloek en onbeskof is as hulle gevra word om te skuif, sal veroorsaak dat ons die voorhek sal toemaak en u almal in die straat parkeer. Ek sal nie toelaat dat my personeel gevloek en geskel word nie. Ons maak staat op almal se samewerking. Baie dankie!
WPS Greetings A.M. Peens (PRINCIPAL)

Bank details: NEDBANK 147 005; ACC NO: 147 000 3910 (Cheque acc.)
Page 4

PARENTS, PLEASE PAY YOUR SCHOOL FEES * Please use your MySchool card

You might also like