Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 40

WESTERN CAPE PRIMARY SCIENCE PROGRAMME

’n Voorbeeld van ’n kort leerprogram in die


Natuurwetenskappe en Tegnologie

ENERGIE EN
VERANDERING
GRAAD 4
Aktiwiteit 1: Ons gebruik energie vir alles wat ons doen
Aktiwiteit 2: Ons kry energie uit kos
Aktiwiteit 3: Kosenergiestories
Aktiwiteit 4: Waarvandaan kom die energie in ons huise?
Aktiwiteit 5: Die gebruik van energie – toe en nou
Aktiwiteit 6: Die maak van elektriese stroombane
Aktiwiteit 7: Projek: Maak jou eie flitslig

Ons verwelkom die wye gebruik van hierdie materiaal. Gee asb. erkenning aan PSP. ©PSP 2002
Ontwikkel deur die Western Cape Primary Science Programme-span
Hierdie leerprogram is daarop gerig om die volgende uitkomste
in die Natuurwetenskappe te bereik:

K LU 1: Wetenskaplike Ondersoek
Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike
verskynsels te reageer en om verhoudings en probleme binne die konteks van
wetenskap, tegnologie en die omgewing te ondersoek en op te los.

K LU 2: Konstruksie van Wetenskapkennis


Die leerder ken en is in staat om wetenskaplike, tegnologiese en
omgewingskennis te interpreteer en toe te pas.

K LU 3: Wetenskap, die Samelewing en die Omgewing


Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen
wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Kursus aangebied deur Rose Thomas, Shane Nzwane en Sandra Mahote


Boekie ontwerp deur Welma Odendaal, geïllustreer deur Janet Ranson
en Nicci Cairns en vertaal deur Ronél Gouws

Western Cape Primary Science Programme


Edith Stephens-Vleilandpark
Lansdowneweg
Philippi
Posbus 529
Howard Place
7450
Tel: 021 691-9039 Faks: 021 691-6350
e-pos: info@psp.org.za
webtuiste: www.psp.org.za
Inhoud
• Hierdie boekie illustreer ’n voorbeeld van ’n kort leerprogram vir graad 4.
• Dit ontwikkel begrippe, vaardighede, houdings en taal stapsgewys.
• Dit sluit die volgende in: aktiwiteite en take vir leerders, take vir onderwysers,
steunmateriaal en voorstelle vir assessering.

2 . . . . . . . . . .Aktiwiteit 1 – Ons gebruik energie vir alles wat ons doen

4 . . . . . . . . . .Aktiwiteit 2 – Ons kry energie uit kos

6 . . . . . . . . . .Aktiwiteit 3 – Kosenergiestories

8 . . . . . . . . . .Aktiwiteit 4 – Waarvandaan kom die energie in ons huise?

10 . . . . . . . . .Aktiwiteit 5 – Die gebruik van energie – toe en nou

14 . . . . . . . . .Aktiwiteit 6 – Die maak van elektriese stroombane

17 . . . . . . . . .Aktiwiteit 7 – Hoe om ’n flitslig te maak

21 . . . . . . . . .Voorgestelde werkskema

21–24 . . . . . .Assesseringsblaaie

25 . . . . . . . . .Kodes vir assessering

Leerdertaakkaarte
26 . . . . . . . . .Aktiwiteit 2 – Kos gee ons energie
30 . . . . . . . . .Aktiwiteit 4 – Energie in ons huis
31 . . . . . . . . .Aktiwiteit 5 – Energie wat aan mense beskikbaar is
36 . . . . . . . . .Aktiwiteit 6 – Laat ‘n gloeilamp brand
40 . . . . . . . . .Aktiwiteit 7 – My flitslig

Steunmateriaal

42 . . . . . . . . .Hoe gloeilampe werk

42 . . . . . . . . .Agtergrondinligting oor batterye

43 . . . . . . . . .Selle an batterye

Buiteblad . .‘n Kopkaart oor Energie en Verandering


Ons gebruik energie vir alles wat ons
doen
Aktiwiteit 1
Sleutelbegrip • Ons gebruik energie vir alles wat ons doen, byvoorbeeld om te
beweeg, om geluide te maak en om kos gaar te maak.

Onderwysertaak 1. Maak ’n kopkaart op die bord om uit te vind wat die leerders reeds
van energie weet.

s ko o n m a a k o o k
k
ama ndl a
har d lo o p

EN E R GIE
s kr y s eb e tsa
f
da n s
te
e n gro en ko u
te
v ru g

2. Maak flitskaarte met aksiewoorde en laat die leerders dit lees en die
onderstaande doen.

Leerdertaak Gebruik energie deur aksies


Lees en doen
a spring
a hardloop op die plek
a maak ’n windmeul met jou arms
a skreeu jou naam
a vryf jou hande saam om dit warm te maak.

2
Onderwysertaak Verduidelik aan die leerders dat hulle energie gebruik om al hierdie dinge
te doen.

Leerdertaak
Voltooi hierdie sinne – byvoorbeeld:
Ons gebruik energie om te spring.
1. Ons gebruik energie om fiets te ry.
2. Ons gebruik energie om ons arms te swaai.
3. Ons gebruik energie om te skryf.
4. Ons gebruik energie om te dans.
5. Ons gebruik energie om te speel.

3
Aktiwiteit 2 Ons kry energie uit kos

Sleutelbegrip • Kos gee ons energie sodat ons kan lewe.

Onderwysertaak 1. Fotostateer die volgende vir die leerders:


a die byskrifte op bladsy 26
a die prent van aktiewe kinders op bladsy 28,29.
2. Deel byskrifte en prente vir die leerders uit.

1. Kyk aandagtig na die prent en pas elke byskrif by ’n aksie.


Leerdertaak
2. Vertel jou groep van elke aksie in die prent.
3. Jy kan so begin:
Die meisie gebruik energie om te spring …

4
Onderwysertaak 1. Wys na iemand op die prent wat moeg lyk.
2. Bespreek die volgende met die leerders:
(a) Waarom is hierdie persoon so moeg?
(b) Hoe kan hierdie mens nog energie kry om aan te gaan met haar of
sy taak?
(c) Wat kan sy of hy doen om meer energie te hê?

Leerdertaak Leerdertaakkaart:
INDIVIDUEEL
Kos gee ons energie
1. Soek mense wat eet en drink op die prent.
2. Kyk na die prent en sê watter soorte kos vir elke mens die energie gee
Taakkaart vir om hom of haar aktief te hou.
fotostatering op 3. Voltooi die paragraaf hieronder oor kos as ’n energiebron vir ons
bladsy 27. liggaam.

Kos gee vir ons energie

Ons kry energie van kos. Die meisie koop ’n worsbroodjie.


Die seun gaan springmielies en ’n worsbroodjie eet.
Die kos sal vir hulle energie gee om vanmiddag sport te speel.

Ek hou daarvan om soggens pap te eet, want dit gee my energie om


al my take by die skool te doen.

5
3 Waarvandaan kom die energie in
ons kos?
Aktiwiteit

• Die energie in ons kos kom van die son.


Sleutelbegrippe
• Energie word in iets wat ’n energiestorie of voedselketting
genoem word, oorgedra.

Onderwysertaak Wys aan die leerders hoe energie in ’n sekere volgorde van een lewende
ding na ’n ander oorgedra word en lei die begrip van ’n energiestorie
(voedselketting) in.
Voorbeeld:
a Die meisie kry energie uit die brood wat van koring gemaak is.
a Die koringplante kry energie van die son.

Leerdertaak 1. Pas die sinne by die prente en sit dit in die regte volgorde om ’n hele
kosenergiestorie te maak. Onthou, al die stories moet met die son
eindig.

1 2 3 4

a Thembi kan baie vinnig hardloop, want sy kry energie deur brood te
eet.
a Die brood word van koring gemaak. Dit bêre die energie van die
koring.
a Die koringplante kry energie om te groei van die son.
a Die son gee hitte- en ligenergie.

1 2 3 4

a Die melk, wat vir my energie gee, kom van die koei.
a Die koei kry energie van gras.
a Die gras kry energie van die son.
a Die son gee hitte- en ligenergie.

6
Leerdertaak 2. Teken nog energiestories en skryf sinne waarin jy die energiestorie
(vervolg) vertel. Elke storie moet met die son eindig.
Idees:
a Die energiestorie van ’n atleet
a Die energiestorie van ’n sokkerspeler
a Die energiestorie van ’n voël wat vlieg
a Die energiestorie van ’n kat wat ’n muis vang.

Kosenergiestories
Assessering
3
Aktiwiteit
Wat ons wil assesseer Wat ons van die leerders verwag

Pas prente by sinne a Elke sin moet by die regte prentjie gepas
word.
a Die sinne en die prente wat daarby pas,
moet in die korrekte volgorde wees om
’n energiestorie te vertel.
a Die volgorde moet dus wees:
dier R groen plant R son.

Teken nog energiestories a Die tekening moet duidelik wees.


en skryf sinne daaroor a Die sinne moet by die regte prente
pas.
a Die tekeninge en die sinne wat daarby
pas, moet in die korrekte volgorde wees
om ’n energiestorie te vertel.
a Die volgorde moet dus wees:
dier R groen plant R son.

7
4 Waarvandaan kom die energie in ons
huise?
Aktiwiteit

• Hitte-energie in ons huis kom van bronne soos paraffien, gas,


Sleutelbegrip
hout en elektrisiteit.

Onderwysertaak Bespreek met die leerders watter soort energie ons gebruik om kos te
kook en verduidelik dit aan hulle.

Leerdertaak Leerdertaakkaart:
INDIVIDUEEL Taakkaart vir
Energie in ons huis fotostatering op
1 Kyk na elkeen van hierdie prente en skryf
bladsy 30–31.
onder elkeen waarvandaan die hitte-energie
om te kook, kom.
2. Waarvandaan kom die hitte-energie in elkeen van hierdie prente?

1 2 3 4

elektrisiteit hout gas paraffien


2. Kyk na die prent van die gesin in die kombuis en voltooi die tabel op die volgende bladsy.

8
Wie of wat gebruik Waarvandaan kom Wat doen die energie?
energie? die energie?

die ketel gas laat die water kook


die strykyster hout laat die yster warm word
die lamp paraffien laat die lamp brand
die radio batterye laat die radio speel
die vuur hout brand en laat die vuur brand en maak die
seun se hande warm

3. Voltooi die sinne hieronder soos die eerste een.


a. Die ketel kry energie van gas om die water te laat kook.
b. Die strykyster kry energie van hout om dit warm te laat word.
c. Die lamp kry energie van paraffien om die kamer lig te maak.
d. Die radio kry energie van batterye om musiek te speel.
e. Die vuur kry energie van brandende hout om die seun se hande warm te maak.

Assessering
Aktiwiteit 4 Waarvandaan kom die energie in ons huise?

Wat ons wil assesseer Wat ons van die leerders verwag

Bronne van hitte-energie Die leerders moet die volgende kan


doen:
a Identifiseer die korrekte hittebron op
elke prent.

Die voltooiing van die tabel Die tabel moet voltooi word met:
a die korrekte energiebron vir elke
energiegebruiker en die korrekte
inligting oor wat die energie doen.

Sinne Die sinne moet sê:


a waarvandaan die energie kom
a wat die energie doen.

9
Aktiwiteit 5 Die gebruik van energie – toe en nou

• Mense maak reeds van lank gelede op energie staat om dinge te doen.
Sleutelbegrippe
• Mense maak nog steeds op energie staat om dinge te doen.
• Mense gebruik energiebronne wat toeganklik vir hulle is.

Onderwysertaak Deel die prente van toestelle wat mense gebruik, uit – bladsy 32.

Leerdertaak Kyk na die prente en bespreek die volgende:


GROEP a. Watter toestelle is lank gelede gebruik?
b. Watter toestelle word deesdae die meeste gebruik?

10
Onderwysertaak 1. Deel die prente van die twee gesinne uit – bladsy 34 en 35.
2. Lei ’n bespreking van hoe hierdie gesinne energie gebruik. (Verwys na
die vrae op die Leerdertaakkaart op bladsy 33.)
3. Skryf die nodige woordeskat op die bord sodat die leerders die tabel
kan voltooi. (Verwys na die woordeskattabel op bladsy 12.)

Prent 1

Prent 2

11
Leerdertaak Leerdertaakkaart:
GROEP
Energie wat aan mense beskikbaar is
Taakkaart vir fotostatering vir leerders op bladsy 33.
Kyk na die prente van gesinne en voltooi die tabel hieronder.

Vrae Prent 1 Gebruik dit


elektrisiteit?

1. Wat gebruik hulle om kos Hulle brand hout om ’n vuur te maak om Nee.
te kook? te kook.
2. Wat gebruik hulle om lig Vuur. Nee.
te maak?

3. Wat gebruik hulle om hul Hulle brand hout om vuur te maak. Nee.
huis warm te hou?

4. Wat gebruik hulle om Hulle sing, klap hande, vertel stories en dans. Nee.
hulself te vermaak?

5. Wat gebruik hulle om te Hulle eet droë kos en hou kos in koeler dele Nee.
keer dat hul kos sleg word? van die huis.
6. Wat gebruik hulle om van Hulle stap lang afstande. Nee.
plek tot plek te kom?

7. Wat gebruik hulle om klere Hulle sny dierevelle en berei dit voor vir klere. Nee.
te maak en dit op te pas?

Vrae Prent 2 Gebruik dit


elektrisiteit?

1. Wat gebruik hulle om kos Hulle gebruik ’n elektriese stoof. Ja.


te kook?

2. Wat gebruik hulle om lig Hulle gebruik elektriese lampe. Ja.


te maak?

3. Wat gebruik hulle om hul Hulle gebruik ’n olieverwarmer. Ja.


huis warm te hou?

4. Wat gebruik hulle om Hulle kyk TV en gaan fliek. Ja.


hulself te vermaak?

5. Wat gebruik hulle om te Hulle gebruik ’n yskas en ’n vrieskas. Ja.


keer dat hul kos sleg word?

6. Wat gebruik hulle om van Hulle gebruik motors, treine en vliegtuie. Ja.
plek tot plek te kom?

7. Wat gebruik hulle om klere Hulle gebruik ’n elektriese naaimasjien en ’n Ja.


te maak en dit op te pas? strykyster.

12
Onderwysertaak 1. Bespreek die idees oor die twee gesinne met die leerders en wys op
die volgende:
a Baie jare gelede was die energie van mense se eie liggame die
enigste energie wat hulle kon gebruik om werk te doen.
a Mettertyd het mense vuur ontdek. Hulle het ontdek dat as hulle hout
verbrand, die vuur se hitte en lig nuttig kan wees.
a Mense het ook begin om diere as vervoer te gebruik en om hulle te
help om swaar werk wat baie energie vereis, te doen.
a Vandag gebruik baie mense masjiene en elektriese toestelle. Dit
gebruik baie energie in die vorm van elektrisiteit.
a Mense gebruik nog steeds energiebronne wat lank gelede gebruik
is, want dit is wat beskikbaar is.

Leerdertaak Skryf ’n gevolgtrekking oor hoe mense energie gebruik. Jy kan só begin:
INDIVIDUEEL
Mense gebruik die energie wat hulle maklik kan kry
Vandag het ek geleer dat mense lank gelede hout en olielampe gebrand
het om lig in hul huise te kry. Vandag gebruik mense egter paraffien en
elektriese lampe om lig te kry.
Nog iets wat ek geleer het, is dat mense lang afstande geloop het
om te kom waar hulle wou wees. Vandag gebruik ons egter motors,
busse en vliegtuie wat brandstof en elektrisiteit gebruik..
Ek het ook geleer dat mense lank gelede rondom die vuur vergader
het om liedere te sing, stories te vertel en hande te klap om hulself
te vermaak. Vandag gaan mense egter fliek en kyk televisie om
hulself te vermaak.
Ten slotte het ek geleer dat mense deesdae elektrisiteit vir energie
gebruik. Maar mense gebruik ook nog energiebronne en hulpbronne
wat lank gelede gebruik was, want dit is wat vir hulle beskikbaar is.

5 Die gebruik van energie – toe en nou


Assessering
Aktiwiteit

Wat ons wil assesseer Wat ons van die leerders verwag

Die voltooiing van die tabel Die leerders moet die volgende skryf:
a gepaste antwoorde oor elke prent
a of elektrisiteit gebruik word of nie.

Die skryf van ’n paragraaf oor Die sinne moet


die energiebronne en hulp- a sinvol wees
bronne wat mense gebruik a noem watter energiebronne en
-hulpbronne beskikbaar vir mense is.

13
Aktiwiteit 6 Die maak van elektriese stroombane

• Elektrisiteit beweeg langs ’n roete of pad.


Sleutelbegrippe
• Die pad of roete waarlangs elektrisiteit beweeg, is ’n stroombaan.
• Elektrisiteit kan net beweeg as die pad waarlangs dit moet
beweeg, nie gebreek of afgesluit is nie.

Onderwysertaak 1. Stel die apparaat bekend: sel, draad, gloeilamp. Skryf die name op die
bord.
2. Gee aan elke groep leerders ’n sel, twee stukke draad en ’n gloeilamp.

Leerdertaak Leerdertaakkaart A:
GROEP
Laat ’n gloeilamp brand
1. Gebruik die apparaat om die gloeilamp te laat brand.
Taakkaart vir 2. Teken ’n diagram met byskrifte om te wys hoe jy die gloeilamp laat
fotostatering op brand het.
bladsy 36–37. draad
sel

gloeilamp

elektrisiteitsvloei

3. Skryf ’n paragraaf om te verduidelik hoe jy die gloeilamp laat brand


het. Onthou, jou paragraaf moet ’n opskrif hê.
Hoe ek die gloeilamp laat brand het
Vandag in die klas het ek ’n gloeilamp laat brand. Dit is hoe ek dit gedoen
het:
Eers het ek die een punt van die een stuk draad aan die sel se een
punt gekonnekteer.
Toe het ek die ander punt van die stuk draad aan die metaaldeel van
die gloeilamp gekonnekteer.
Daarna het ek die een punt van die tweede stuk draad aan die
metaalpunt onderaan die gloeilamp gekonnekteer.
Laastens het ek die ander punt van die tweede stuk draad aan die
ander pool van die sel gekonnekteer.

14
Inset deur onderwyser
1. Verduidelik aan die leerders hoe ’n gloeilamp werk. (Verwys na
steunmateriaal op bladsy 42.)
2. Stel sleutelwoorde en begrippe bekend: elektriese stroombaan,
elektrisiteit vloei wanneer die pad nie gebreek of afgesluit is nie.

Onderwysertaak Gee aan elke groep leerders een gloeilamp, twee stukke draad, ’n
batterye en ’n taakkaart om te voltooi.

Leerdertaak Leerdertaakkaart B:
GROEP
Ander eenvoudige elektriese stroombane
Taakkaart vir Gebruik die apparaat in elke diagram en kyk watter elektriese stroombane
fotostatering op werk en watter nie werk nie.
bladsy 38.
1. (a) Dink jy die gloeilamp sal brand?
1 Ja Nee
– +
(b) Konnekteer die drade, gloeilamp en sel soos op die prent.
Het dit gebrand?
Ja Nee
2 ¸
2. (a) Dink jy die gloeilamp sal brand?
Ja Nee
– +
(b) Konnekteer die drade, gloeilamp en sel soos op die prent.
Het dit gebrand?
Ja Nee
3.
¸
(a) Dink jy die gloeilamp sal brand?
3
– + Ja Nee
(b) Konnekteer die drade, gloeilamp en sel soos op die prent.
Het dit gebrand?
Ja Nee

4
¸
4. (a) Dink jy die gloeilamp sal brand?
Ja Nee
– + (b) Konnekteer die drade, gloeilamp en sel soos op die prent.
Het dit gebrand?
Ja Nee
5 5.
¸
(a) Dink jy die gloeilamp sal brand?

– + – + Ja Nee
(b) Konnekteer die drade, gloeilamp en sel soos op die prent.
Het dit gebrand?
Ja Nee
¸
15
Leerdertaak
(vervolg)

6 6. (a) Dink jy die gloeilamp sal brand?


+ – Ja Nee
– +
(b) Konnekteer die drade, gloeilamp en sel soos op die
prent. Het dit gebrand?
Ja Nee
¸
7 7. (a) Dink jy die gloeilamp sal brand?
+ –
– + Ja Nee

(b) Konnekteer die drade, gloeilamp en sel soos op die


prent. Het dit gebrand?
Ja Nee
¸
8 8. (a) Dink jy die gloeilamp sal brand?

Ja Nee
– + – +
(b) Konnekteer die drade, gloeilamp en sel soos op die
prent. Het dit gebrand?
Ja Nee
¸

Assessering
Aktiwiteit 6 Die maak van elektriese stroombane

Wat ons wil assesseer Wat ons van die leerders verwag

Laat ’n gloeilamp brand Die leerders moet daarin slaag om die gloeilamp te laat brand.

Tekening van ’n stroombaan Die tekening moet:


a duidelik wees
a die korrekte byskrifte hê
a ’n geslote stroombaan illustreer.
Paragraaf om te verduidelik hoe Die skryfwerk moet:
hulle die gloeilamp laat brand het a ’n gepaste opskrif hê
a logies wees
a noem hoe hulle die gloeilamp laat brand het
a begrippe korrek gebruik, byvoorbeeld elektrisiteit vloei deur
die draad, konnekteer, gloeilamp, sel, ens.
Die voltooiing van die tabel oor Die tabel moet wys watter stroombane gewerk het en watter
elektriese stroombane nie gewerk het nie, byvoorbeeld stroombaan 2, 4, 5 en 8 het
gewerk, maar stroombaan 1, 3, 6 en 7 het nie gewerk nie.

16
Aktiwiteit 7 Hoe om ’n flitslig te maak

Sleutelbegrippe • Elektrisiteit kan net deur ’n flitslig vloei as die elektrisiteit se pad
nie gebreek of afgesluit is nie.
• Elektrisiteit in ’n flitslig vloei deur die draad (filament) in die
gloeilamp en word na lig verander.

Onderwysertaak 1. Wys die diagram van die flitslig op die bord.


2. Haal ’n flitslig uitmekaar en verwys na die diagram soos wat jy die
verskillende dele aan die leerders wys.
3. Maak seker die leerders ken die verskillende dele van die flitslig,
byvoorbeeld skakelaar en sel. Verwys na die steunmateriaal.
4. Gee aan elke groep leerders ’n gloeilamp, twee stukke draad en ’n
battery om hul eie flitslig te maak. Leerders kan self verdere materiaal
vind.

batteryhouer skakelaar

gloeilamphouer weerkaatser
gloeilamp eindstuk

glas wat gloeilamp


basis
beskerm
veerkonneksie vir battery

batterye

17
Leerdertaak Projektaakkaart
INDIVIDUEEL
My flitslig
Taakkaart vir 1. Gebruik die stukke draad, die gloeilamp en die battery en nog enige
fotostatering op ander gepaste materiaal om jou eie flitslig te maak.

bladsy 40. 2. Bied jou flitslig vir die groep aan.


3. Kan dit brand?
4. Maak ’n tekening met byskrifte van jou flitslig.
5. Voltooi die stappe hieronder om aan iemand te vertel hoe jy jou flitslig
gemaak het.

Hoe ek ’n flitslig gemaak het


Wat ek gebruik het:

’n gloeilamp, ’n toiletpapierkarton, tinfoelie, deurskynende plastiek,


batterye, stukke draad, kleeflint, wondergom en ’n papierbekertjie
Wat ek gedoen het:

Eers het ek die boonste deel van die papierbekertjie afgesny en die
res met tinfoelie uitgevoer om ’n weerkaatser te maak. Toe het ek
dit met deurskynende plastiek verseël.
Toe

het ek die bodem van die papierbekertjie afgesny en die gloeilamp


daarin gesit.
Daarna

het ek twee batterye se teenoorgestelde pole verbind en die draad


aan die een punt gekonnekteer.
Vervolg op bladsy 19

18
Volgende

het ek die batterye met die draad in die batteryhouer van


toiletpapierkarton ingedruk.
Toe

het ek die los punt van die draad aan die kant van die gloeilamp
vasgemaak en die gloeilamp se metaalpunt aan die batterye
gekonnekteer.
Laastens

het ek alles met kleeflint in posisie geplak sodat my flitslig kon


brand.

Hoe om ’n flitslig te maak


Assessering
7
Aktiwiteit
Wat ons wil assesseer Wat ons van die leerders verwag

Diagram van ’n flitslig Die diagram moet die korrekte byskrifte


hê.

Model van ’n flitslig Die model moet ’n werkende model


wees – dit moet kan brand.

Tekening van eie flitslig Die tekening moet duidelik wees.


Die byskrifte moet reg wees en na die
korrekte dele van die flitslig wys.

Die skryf van die prosedure Die skryfwerk moet die volgende doen:
om ’n flitslig te maak a beskryf die nodige apparaat om ’n
flitslig te maak
a verduidelik die nodige stappe om ’n
flitslig te maak
a die stappe moet duidelik wees
a die stappe moet logies wees.

19
VOORGESTELDE WERKSKEMA VIR DIE LEERPROGRAM
ENERGIE EN VERANDERING – GRAAD 4
PERIODE 1 PERIODE 2 PERIODE 3 PERIODE 4
Aktiwiteit 1 Aktiwiteit 2 Aktiwiteit 3 Aktiwiteit 4
• Vorige kennis oor energie • Leerders pas aksies by • Lei voedselkettings in • Bespreking van die
byskrifte en gesels gebruik van hitte-energie
• Leerders gebruik energie • Pas sinne by prente om
daaroor (15 min) vir kos kook
deur aksies energiestories te maak
• Bespreking van wat vir (30 min) • Skryf oor bronne van
• Voltooiing van sinne
ons energie gee hitte- en ligenergie in ons
(50 min) • Teken en skryf ander
huise
• Skryf oor kos as energiestories
(50 min)
energiebron (20 min)
(35 min)

PERIODE 5 Periode 6 PERIODE 7 PERIODE 8


Aktiwiteit 5 Aktiwiteit 5 (verv) Aktiwiteit 6 Aktiwiteit 6 (verv)
• Bespreking van hoe • Bespreking van die • Lei komponente van ’n • Voltooiing van taakkaart
gesinne energie gebruik. resultate en inset deur stroombaan in (5 min) oor hoe om ’n gloeilamp
onderwyser (30 min) te laat brand
• Voltooiing van tabel oor • Voltooiing van taakkaart
(50 min)
energie beskikbaar vir • Skryf oor energiebronne oor hoe om ’n gloeilamp
mense en -hulpbronne te laat brand
(50 min) beskikbaar vir mense (45 min)
(20 min)

PERIODE 9 PERIODE 10 PERIODE 11 PERIODE 12


Aktiwiteit 6 (verv) Aktiwiteit 6 (verv) Aktiwiteit 7 Aktiwiteit 7 (verv)
• Inset deur onderwyser oor • Voltooiing van taakkaart • Haal flitslig uitmekaar en • Leerders begin die projek
hoe ’n gloeilamp werk oor ander eenvoudige benoem die verskillende oor die maak van ’n
stroombane (50 min) dele daarvan (10 min) flitsligmodel (maak ’n
• Lei sleutelwoorde in ver-
werkende model van ’n
band met stroombane in • Leerders voorsien hul
flitslig) (50 min)
(50 min) flitsligdiagram van
byskrifte (40 min)

PERIODE 13 PERIODE 14
Aktiwiteit 7 (verv) Aktiwiteit 7 (verv)
• Die projek word voortgesit • Die projek eindig
(tekening en skryfwerk oor (aanbieding en inlewering
eie flitslig) (50 min) van projek)

Totale tyd om die aktiwiteite in hierdie leerprogram te voltooi = 14 lesse van


50 min. elk = 11,6 uur. Dit is 3 weke se werk.
(Aanbevole tyd per week vir Natuurwetenskappe en Tegnologie = 4 uur)

20
Taakkaarte
Fotostateer vir leerders
Aktiwiteit 2 Kos gee vir ons energie

Byskrifte

skreeu skreeu skreeu

spring spring spring

gooi gooi gooi

hardloop hardloop hardloop

praat praat praat

lag lag lag

maak ’n lawaai maak ’n lawaai maak ’n lawaai

sing sing sing

skiet skiet skiet

26
Leerdertaak Aktiwiteit 2
INDIVIDUEEL
Leerdertaakkaart
Kos gee vir ons energie
Kyk na die prente van aktiewe leerders op bladsy 28, 29.
1. Soek mense wat eet en drink op die prent.
2. Kyk na die prent en sê watter soorte kos vir elke mens die energie gee
om hom of haar aktief te hou.
3. Voltooi die paragraaf hieronder oor kos as ’n energiebron vir ons
liggaam.

Kos gee vir ons energie


Ons kry energie van kos. Die meisie koop ——————————————

——————————————————————————————————

Die seun gaan ———————————————————————— eet.

Die kos sal vir hulle energie gee om vanmiddag sport te speel.

Ek hou daarvan om soggens ——————————————— te eet,


want dit gee my ————————— om al my take by die skool te doen.

27
Aktiwiteit 2: Aktiewe kinders

28
29
Leerdertaak Aktiwiteit 4
INDIVIDUEEL
Leerdertaakkaart
Energie in ons huis
1 Kyk na elkeen van hierdie prente en skryf onder elkeen waarvandaan
die hitte-energie om te kook, kom.

1 2 3 4

Waarvandaan kom die hitte-energie in elkeen van hierdie prente?

1. —————————————————————

2. —————————————————————

3 .—————————————————————

4. —————————————————————
2. Kyk na die prent van die gesin in die kombuis en voltooi die tabel.

Wie of wat gebruik Waarvandaan kom Wat doen die energie?


energie? die energie?

die ketel

die strykyster

die lamp

die radio

die vuur

30
3. Voltooi die sinne hieronder soos die eerste een.

a. Die ketel kry energie van gas om die water te laat kook.

b. Die strykyster ------------------------------------------------------------

c. Die lamp - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

d. Die radio - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

e. Die vuur - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

31
Aktiwiteit 5
Energie beskikbaar vir mense

Leerdertaakkaart:
Toestelle – toe en nou

32
Aktiwiteit 5
Leerdertaakkaart: Energie wat aan mense beskikbaar is

Kyk na die prente van gesinne en voltooi die tabel hieronder.

Vrae Prent 1 Gebruik dit


elektrisiteit?

1. Wat gebruik hulle om kos te kook?

2. Wat gebruik hulle om lig te maak?

3. Wat gebruik hulle om hul huis


warm te hou?

4. Wat gebruik hulle om hulself


te vermaak?

5. Wat gebruik hulle om te keer dat


hulle kos sleg word?

6. Wat gebruik hulle om van plek


tot plek te kom?

7. Wat gebruik hulle om klere te


maak en dit op te pas?

Vrae Prent 2 Gebruik dit


elektrisiteit?

1. Wat gebruik hulle om kos te kook?

2. Wat gebruik hulle om lig te maak?

3. Wat gebruik hulle om hul huis


warm te hou?

4. Wat gebruik hulle om hulself


te vermaak?

5. Wat gebruik hulle om te keer dat


hulle kos sleg word?

6. Wat gebruik hulle om van plek


tot plek te kom?

7. Wat gebruik hulle om klere te


maak en dit op te pas?

33
Aktiwiteit 5
Energie beskikbaar vir mense
Prent 1

34
Aktiwiteit 5
Leerdertaakkaart: Energie beskikbaar vir mense
Prent 2

35
Leerdertaak Aktiwiteit 6
GROEP
Leerdertaakkaart A: Laat ’n gloeilamp brand
1. Gebruik die apparaat om die gloeilamp te laat brand.
2. Teken ’n diagram met byskrifte om te wys hoe jy die gloeilamp laat
brand.

Diagram

36
Leerdertaakkaart (vervolg)
3. Skryf ’n paragraaf om te verduidelik hoe jy die gloeilamp laat brand.
Onthou, jou paragraaf moet ’n opskrif hê.
Hoe ek die gloeilamp laat brand het
Vandag in die klas het ek ’n gloeilamp laat brand. Dit is hoe ek dit gedoen het:

Eers het - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

-------------------------------------------------------------------------

-------------------------------------------------------------------------

-------------------------------------------------------------------------

-------------------------------------------------------------------------

Toe ---------------------------------------------------------------------

-------------------------------------------------------------------------

-------------------------------------------------------------------------

-------------------------------------------------------------------------

Daarna ------------------------------------------------------------------

-------------------------------------------------------------------------

-------------------------------------------------------------------------

-------------------------------------------------------------------------

-------------------------------------------------------------------------

Laastens -----------------------------------------------------------------

-------------------------------------------------------------------------

-------------------------------------------------------------------------

-------------------------------------------------------------------------

-------------------------------------------------------------------------

37
Aktiwiteit 6 Ander eenvoudige elektriese stroombane
Gebruik die apparaat in elke diagram en kyk watter elektriese
Leerdertaakkaart B stroombane werk en watter nie werk nie.
1 1. (a) Dink jy die gloeilamp sal brand?
– +
Ja Nee
(b) Konnekteer die drade, gloeilamp en sel soos op die prent.
Het dit gebrand?
2 Ja Nee
2. (a) Dink jy die gloeilamp sal brand?
– + Ja Nee
(b) Konnekteer die drade, gloeilamp en sel soos op die prent.
Het dit gebrand?
Ja Nee
3 3. (a) Dink jy die gloeilamp sal brand?
– + Ja Nee
(b) Konnekteer die drade, gloeilamp en sel soos op die prent.
Het dit gebrand?
Ja Nee
4 4. (a) Dink jy die gloeilamp sal brand?
– + Ja Nee
(b) Konnekteer die drade, gloeilamp en sel soos op die prent.
Het dit gebrand?
Ja Nee
5. (a) Dink jy die gloeilamp sal brand?
5
Ja Nee
– + – + (b) Konnekteer die drade, gloeilamp en sel soos op die prent.
Het dit gebrand?
Ja Nee
6 6. (a) Dink jy die gloeilamp sal brand?
+ – Ja Nee
– +
(b) Konnekteer die drade, gloeilamp en sel soos op die
prent. Het dit gebrand?
Ja Nee
7 7. (a) Dink jy die gloeilamp sal brand?
+ –
– + Ja Nee
(b) Konnekteer die drade, gloeilamp en sel soos op die
prent. Het dit gebrand?
Ja Nee
8 8. (a) Dink jy die gloeilamp sal brand?
Ja Nee
– + – +
(b) Konnekteer die drade, gloeilamp en sel soos op die
prent. Het dit gebrand?
Ja Nee

38
Aktiwiteit 7

39
Leerdertaak Aktiwiteit 7
INDIVIDUEEL
Projektaakkaart: My flitslig
1. Gebruik die stukke draad, die gloeilamp en die battery en nog enige
ander gepaste materiaal om jou eie flitslig te maak.
2. Bied jou flitslig vir die groep aan.
3. Kan dit brand?
4. Maak ’n tekening met byskrifte van jou flitslig.

Diagram

40
Aktiwiteit 7
Leerdertaakkaart (vervolg)
5. Skryf om aan iemand te vertel hoe jy ’n flitslig gemaak het.
Hoe ek ’n flitslig gemaak het
Vandag in die klas het ek ’n gloeilamp laat brand. Dit is hoe ek dit gedoen het.

Wat ek gebruik het: - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

-------------------------------------------------------------------

Wat ek gedoen het: - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

-------------------------------------------------------------------

Eers - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

-------------------------------------------------------------------

Toe ---------------------------------------------------------------------

-------------------------------------------------------------------

Daarna ------------------------------------------------------------------

-------------------------------------------------------------------

Volgende - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

-------------------------------------------------------------------

Toe ---------------------------------------------------------------------

-------------------------------------------------------------------

-------------------------------------------------------------------

Laastens - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

-------------------------------------------------------------------

41
Ondersteuning vir onderwysers
Hoe gloeilampe werk Dit is hoe ’n gloeilamp van binne lyk.

’n Gloeilamp brand wanneer daar ’n


pad is waardeur die elektrisiteit kan glasgloeilamp
vloei.
Die elektrisiteit moet van die
battery se een punt (pool) deur wolframfilament
die elektriese drade, deur die
filament (dun draadjie) in die
gloeilamp en dan terug na die
battery se ander punt (pool) vloei.
Wanneer jy ’n gloeilamp konnekteer,
moet jy seker maak dat daar een
konneksie met die metaalpunt
onderaan die gloeilamp is en nog een
na die metaalomhulsel om die basis
metaalomhulsel

van die gloeilamp.


Elektrisiteit kies altyd die kortste en
maklikste roete langs geleiers. As die
plastiekpen

maklikste roete dus nie deur die filament metaalpen


gaan nie, sal die gloeilamp nie brand nie.

Agtergrondinligting oor batterye


’n Flitsligbattery word ook soms ’n elektriese sel genoem. Die
algemeenste battery wat ons gebruik, is ’n droëselbattery met
chemikalieë wat in ’n omhulsel verseël is.
Die chemikalieë in die battery reageer saam. Die chemiese reaksie
wek elektrisiteit op wat gebruik kan word wanneer die battery aan ’n
stroombaan gekoppel word. Wanneer die batterye se chemikalieë klaar
gereageer het, hou dit op met werk en kan dit nie herlaai word nie.
Ons gebruik baie klein droëselbatterye om krag aan digitale
horlosies en sakrekenaars te verskaf. Hierdie batterye het ander
chemikalieë daarin.
Ander batterye kan met elektrisiteit herlaai word en weer gebruik
word. ’n Motorbattery bestaan uit verskeie loodsuurselle wat herlaai
kan word.

42
Selle en batterye

Kwikbattery vernikkelde staalomhulsel


Hierdie soort battery word gebruik om krag
aan digitale horlosies en sakrekenaars te
verskaf. Dit is ’n kwikbattery.
batterysuur
Batterysuur is ’n vloeistof of klam stof wat
elektrisiteit gelei, byvoorbeeld suurlemoensap,
soutwater en ammoniumchloriedpasta.
sinkpoeier
kwikoksied en grafiet

Droëselbattery
Die gewone
droëselbattery
verskaf krag van 1,5
volt. Die sink vorm
die battery se
omhulsel. Die koolstofpen (positief)
batterysuur is
ammoniumchloried sinkomhulsel (negatief)
in die vorm van ’n
klam pasta.

ammoniumchloriedpasta

Loodsuurbattery
Loodsuurbatterye word in motors gebruik. Dit word
só genoem omdat dit elektrodes het wat van lood klemskroef
gemaak is en omdat die batterysuur swaelsuur is.
volmaakdeksel
Die battery bestaan uit ses stelle selle wat elk twee
volt verskaf, dus ’n totaal van 12 volt.
klemskroef

positiewe plaat sel

loodplate

omhulsel
negatiewe plaat

43

You might also like