Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 3

Ware en 'valse' profete!

Ek gaan nou net bietjie my OPINIE gee van wat ek voel 'n ware en wat 'n valse profeet is. Daar is geweldig baie groepe/kerke vandag en meeste bid tot die Heilige Gees vir 'openbaring' en leiding! Maar hoekom dan so veel verskillende uiteenlopende opinies en 'leringe' as daar tog net EEN Gees kan wees?

En waarom laat God dit toe? Hoekom stop God nie die verwarring wat dit veroorsaak nie want dit is presies wat dit doen! Verwarring en verdeling! Nou dit is maklik om te s dat ons stryd nie teen vlees en bloed is nie en dat ons net ten dele ken en elkeen 'verstaan' God maar op sy manier. MAAR dit antwoord nie die vraag oor HOEKOM God dit nie 'uitsorteer' nie! Hoe kan God van mense verwag om werklik vertroue in Hom te plaas as hulle nie kan seker wees watter 'groep' is 'reg' en watter groep nie! Die feit is, solank as wat elkeen van ons, ons 'eie' evangelie kan verkondig, sal elkeen van ons net bly glo SY evangelie is die regte een. So vir elke groep is dievolgende groep die een wat mislei is, tenspyte daarvan dat albei groepe net so hard tot die 'Gees' bid as die res! Elkeen van ons voel hy is reg en dia ander een verkeerd en solank as wat ons asem het sal ons mekaar probeer oortuig (met skrif) dat die ander groep verkeerd is! Ek bid mos tot die Heilige Gees! So hoe kan EK dan nou verkeerd wees! Ek kry mos 'skrif' ter bevestiging! God praat met my en deur my! So glo ons elkeen en tenspyte daarvan dat daar so ontsettend baie verskille is kan ons net nie dink dat ons verkeerd kan wees nie en die ander groep dalk reg nie! Nee, ons bid mos vir die 'Gees' vir leiding! En ons sal eerder aanvaar dat die ander groep die misleiding verkondig.

IEWERS IS IETS GROOTS FOUT!! PUNT!!

Moenie my vra wat nie want ek is nie bevoeg om te kan s nie. Ek sou s dat net God 'bevoeg' kan wees! NIE ONS MENSE NIE, so moenie 'n klomp skrifte kwoteer en almal probeer oortuig jy is bevoeg nie! Almal doen dit en NIEMAND kom erens nie! Net GOD kan dit doen! Of jy nou elke 2 sekondes vir die Heilige Gees bid vir leiding, dit maak GEEN verskil nie want jy is nogsteeds nie God nie. Maar ek weet ook mense gaan nie luister nie! Die groep leiers gaan nie ophou stry en baklei nie en dit maak ook nie regtig saak nie want dit bewys vir my maar net weereens dat ons 'n klomp kinders is wat elkeen dink hy/sy weet waarvan hy/sy praat.

Nou die ironie van die saak is dat meeste van ons (indien nie almal) opreg is in ons bedoelings! Ons 'soek' wel vir God en wil graag Sy weg verkondig maar die realiteit is, ons verskil! Tenspyte daarvan dat ons God soek! Nou weereens is dit vir elkeen van ons makliker om vinger te wys na die volgende ou en omdat dit makliker is om die ander ou te verdink van misleiding, is dit natuurlik ook makliker om jouself te verskoon van misleiding!

Nou hierdie is maar net 'n OPINIE! Ek is NIE die Alfa en die Omega nie! Maar net so min is die volgende ou dit ook nie!

So BAIE duidelik is dinge nie reg nie!

Maar nou gaan ek bietjie weer op tone trap hier. Weereens, ek s nie dit wat ek s is die waarheid nie! Dit is mos maar 'n plek hierdie waar ons geregtig is om ons opinies te lig! So elkeen is welkom om sy s te s! En daarom s ek ook my s!

Nou agv. dit wat ek hier bo genoem het oor almal se 'claim' van leiding deur die Gees, beskou ek persoonlik dit as GEEN bewys nie. Soos ek ges het, ALMAL 'claim' dit! Wat maak jou uniek? Gaan kyk maar in die geskiedenis, veral die laaste paar jare! Hoeveel ouens het dit nie al gedoen nie? En dan sien mens net dat hulle tog op die einde mislei was! OM TE 'CLAIM' DIE HEILIGE GEES LEI JOU IS GEEN WAARBORG DAT JY WAARHEID VERKONDIG NIE! Die wreld bewys dit! Vat 'n nommer!

En dan is daar die 'God-het-vir-my-skrif-gegee' ene! Weereens! Wat maak dit so uniek? Hoeveel mense is daar nie wat al 'skrif' gekry het en dat dit sommer twak was nie! Dit is ook GEEN bewys nie! Godsdiens is al so deur mekaar as gevolg van skrif! En dit word nie beter nie!

Dan is daar die ouens wat hulle self Bybelse name gee en opvallend is dit altyd 'n Moses of 'n Henog of die gewildste; Elia! Ek het nog nie van 'n Simson juis gehoor of 'n Naftalie of 'n Judas nie, nee altyd die 'groot geeste'! Lyk vir my geweldig baie soos ego 'boosters'! Weereens, gaan kyk bietjie na die geskiedenis en sien hoeveel kere dit nie al gebeur het nie! MENSE, HOU OP OM JULLE OU VUIL SOKKIES TE ROOK! Kom bietjie terug aarde toe! Of vat 'n nommer! Jy is beslis nie die eerste nie! Weereens is die mense waarskynlik eerlik en opreg maar mens kan 'te diep' in die Bybel ook kyk as jy my vra!

Dan is daar die ouens wat jou dreig met God wat jou iets gaan aan doen of gaan verwerp omdat jy die persoon wat die 'claims' maak 'verwerp'. Neem bietjie inisiatief en dink iets anders uit as dreigemente? Of vat 'n nommer!!!

Nee wat mense! 'Claims' verleen jou GEEN maar GEEN geloofwaardigheid nie! Inteendeel, in my boeke plaas ek jou sommer net daar in die 'valse' afdeling! Weereens s ek nie ek betwyfel noodwendig jou opregtheid nie maar jou 'evangelie' lag ek dan maar voor! En ek voel ek het die volste reg om dit te doen en om jou as 'vals' te beskuldig totdat GOD die teendeel bewys!

Maar voordat jy nie water-in-wyn verander of vuur uit die hemel roep of jou staf in 'n slang verander nie, gaan ek nie anders as om te moet lag nie! Want jy is maar net een van duisendes wat hulle stemme probeer dik maak! En so maar net nog meer verwarring teweeg bring!

Moet ook nie vir my vertel van die engel wat aan jou verskyn het en jou vertel het hoe belangrik jy is en dat jy 'n spesiale boodskap gaan oordra nie en dat jy dit of dat gaan doen nie! Ego, ego , ego!

As God jou WERKLIK stuur, laat GOD dit bewys soos Hy met Sy ander profete gewys het deur die tekens en wonders wat hulle verrig het!

Tot dit nie gebeur nie, oortuig jy my NIE!

En vat maar weer 'n nommer! Want jy is beslis nie die eerste een wat met so 'n storie vorendag kom nie! ;)

You might also like