Professional Documents
Culture Documents
PRM Grondwet
PRM Grondwet
Ministries International
Konstitusie
1
ARTIKEL 1: VOORWOORD
a) Ons verklaar en bevestig die konstitusie om te dien as die grondbeginsels van ons geloof en
om die kerk te regeer in `n ordelike manier.
b) Die konstitusie is bedoel om geloofsvryheid van elke lidmaat voor te hou en ook die
vryheid van samewerking van die kerk in verhouding met ander kerke.
ARTIKEL 2: NAAM
a) Die naam van die kerk sal wees PENTICOSTAL REVIVAL MINISTRIES
INTERNATIONAL en sal bedryf word vanaf Klipdalstraat 38, De Doorns, 6875.
b) Hierna verwys as die kerk.
c) Die kerk is `n geestelike, nie-winsgewende organisasie soos beskryf in Seksie 13 van die Nie-
Winsgewende Organisasie Wet van 1997. NPO 057-394
d) Die Kerk sal:
i) In sy eie reg bestaan, onafhanklik van sy lede.
ii) Voortbestaan al verander die lidmaatskap en ampsdraers.
iii) Het die reg om eiendom te besit en ander bates.
iv) Is by magte om gedagvaar te word of om dagvaardigs uit te vaardig in sy eie naam.
Die artikel is die fundamentele waardes van die kerk en enige twyfel, onsekerheid en vrae rondom
die kerk se bestuur, gedragskode of operasie sal behandel word in ooreenstemming met die artikel.
a) Skrifte. Die Bybel was geskryf deur manne geestelik geinspireer en is die rekord van God se
openbarings van Homself aan mense. Dit is `n perfekte skat van goddelike instruksies.
Dit het God as skrywer en oorwinning vir sy volmaakheid. Dit is sonder foute. Die
Bybel openbaar die beginsel waarvolgens mense deur God geoordeel word. Die skrif
sal tot aan die einde bly staan. (2 Tim. 3:16, Rom. 15:4, Joh. 1:1-5)
b) God. – Daar is slegs een God. Hy is `n intelligente, geestelike en menslike Wese: die Skepper,
Verlosser, Voorsiener en Regeerder van die Heelal. God is heilige en in alles perfek.
Mens skuld aan God al sy liefde en gehoorsaamheid. God openbaar homself aan ons as
Vader, Seun en Heilige Gees. (Mal. 2:10, Rom 3:29-30, 1Tim. 2:5)
I. God regeer as Vader met voorsiening oor Sy heerskappy, Sy skepping en die vloei van
geskiedenis volgens die doelstellings van Sy genade. Hy is magtig, liefdevol en wys. God
is die Vader van waarheid vir hulle wat Sy kinders word deur geloof in Jesus Christus. Hy
is vaderlik in sy verhouding met alle mense. (Joh. 6:45)
2
11. Christus is die ewige seun van God. Jesus was deur die Heilige Gees in die wêreld gebring
deur die maagd Maria. Jesus het die wil van God geopenbaar en dit gevolg. Hy het die
wêreld se skuld op hom geneem alhoewel Hy nie gesondig het nie. Aan die kruis het Hy
voorsiening gemaak vir die verlossing van mens deur Sy dood. Hy sit aan die regterhand
van
God as tussenganger vir mens. (John. 3:16)
UITVOERENDE
HOOF
VISIE UITVOERENDE
HOOF
ALGEMENE
TESOURIER SKAKELBEAMPTE
SEKRETARIS
5.1.1.1 Hy sal hoof wees van die kerk en sy posbenaming sal wees Pastoor.
5.1.1.2 Is alleenlik daartoe gemagtig om ordinasies binne die kerk te doen, maar is nie beperk om
te delegeer.
5.1.1.3 Behou homself die reg voor om enige lid van die Hoof Uitvoerende Beheerraad tot gewone
lidmaat te vra om te bedank of af te dank sou daar gevind word dat die betrokke lidmaat
hom skuldig maak aan enige wangedrag buite die orde van die kerk.
5.1.1.4 Is gemagtig om binne redelike kennisgewing `n takleier of `n voorsitter van enige raad te
versoek om alle boeke, state, ooreenkomste waarby besigheid vir en namens die kerk
3
gedoen is beskikbaar te stel vir ouditering.
5.1.1.5 Moet in sy hoedanigheid as hoof alle sake van die godsdienstige organisasie monitor.
5.1.1.6 Addisionele magte en regte kan aan uitvoerende hoof gegee word soos wat die behoefte
daarvoor ontstaan.
5.1.1.7 Die Uitvoerende Hoof is uit die aard van sy amp rekenpligtig en regsaanspreeklik vir alle
sake van die kerk.
5.1.1.8 Indien daar `n klag teen die Uitvoerende Hoof ingedien word is slegs die Hoof Uitvoerende
Beheerraad by magte om so `n beweerde klag of aantyging te ondersoek en beslis.
5.1.1.9 Die Uitvoerende Hoof het ook die reg om hom tot `n onafhanklike hof te wend sou hy na sy
mening vind dat die beslissing van die Hoof Uitvoerende Beheerraad nie regverdig is nie.
5.1.1.10 Hy sal as hoof van die kerk vir `n onbepaalde tyd bly totdat hy as lidmaat bedank, ernstig
siek is of tot sterwe kom, wat hom nie in staat stel om sy pligte na te kom nie. Dan sal hy
vervang word as hoof van die kerk.
5.1.1.11 Indien `n situasie ontstaan soos in art.5.1.1.10 dan sal die Eggenote Uitvoerende Hoof van
die kerk wees.
5.1.4.1 Is verantwoordelik vir die byhou van finansiële rekords van gelde ontvang.
5.1.4.2 Kontroleer die finansiële stelsels van Streke/Takke.
5.1.4.3 Berei verslae voor vir oudit doeleindes.
5.1.4.4 Gee riglyne oor die hantering van finansies aan kerkrade/streeksrade.
4
5.2 STREEKSRAAD
TAKLEIER
VOORSITTER
TAKLEIER TAKLEIER
5.3 KERKRAAD
PASTOOR
OUDERLINGSKOMITEE
Ouderlinge
DIAKENS
Die raad is verantwoordelik vir die bestuur van die plaaslike tak.
Die raad word bestuur deur `n Pastoor en `n Ouderlingskomitee.
Lede van die raad word gevorm deur die amptenare wat in die plaaslike tak woonagtig en
werksaam is.
Doen verslag aan die streekraad.
5
5.3.1 KWALIFIKASIES VAN DIE PASTOOR
5.3.1.1 Om as Pastoor te kwalifiseer binne Penticostal Revival Ministries International moet die
kandidaat oor die
volgende beskik:
5.3.1.1.1 `n Roeping vanaf die Here het.
5.3.1.1.2 Teologiese opleiding sal nie as maatstaf dien binne die kerk nie, maar sal in aanmerking
geneem word by aanstellings.
5.3.1.1.3 Ten minste een jaar onder `n gekwalifiseerde pastoor gedien het.
5.3.1.1.4 Hy moet sekerheid het oor sy roeping.
5.3.1.1.5 Die Ouderlingkomitee sal `n besluit neem oor die geskiktheid of aldan nie van die
kandidaat en `n aanbeveling aan die Streekraad doen vir aanstelling of anders.
5.3.1.1.6 `n Persoon wat as Pastoor binne die kerk opereer moet dieselfde visie van die kerk
ondersteun en bevorder.
5.3.2.1.1 Die Pastoor sal die hoof van die kerk bly tot die leierskap anders besluit.
5.3.2.1.2 Die Kandidaat vir die preekstoel sal `n man van God wees.
5.3.2.1.3 Hy sal handel en optree volgens die skrif en die kerk oral verteenwoordig.
5.3.2.2 PLIGTE
5.3.2.2.1 Die pastoor is verantwoordelik vir die leiding van die kerk om te funksioneer as `n
Nuwe Testamentiese Kerk.
5.3.2.2.2 Die pastoor sal die gemeente, organisasie binne die kerk en die kerkoffisiere lei in die
uitvoering van hul take.
5.3.2.2.3 Die pastoor is hoofsaaklik verantwoordelik vir die pastorale bediening.
5.3.2.2.4 Die pastoor is uit die aard van sy posisie hoof van alle subdepartemente en sy
teenwoordigheid is belangrik asook die erkening van sy leierskaprol binne die
departemente.
5.3.2.2.5 Die pastoor sal alle skriftuurlike pligte van sy kantoor nakom en onder die leiding van
die Heilige Gees vryheid het oor die spreekstoel.
5.3.2.2.6 Die pastoor sal `n geskrewe verslag aan die gemeente bied tydens die jaarlikse gemeente
vergadering wat die vordering van die kerk sal bevat asook watter nuwe doelwitte en
mikpunte daar gestel word vir die nuwe jaar.
5.3.2.2.7 Ten laaste moet die pastoor gereeld verslag doen van die werksaamhede binne die kerk
aan die Streeksraad.
5.3.2.3.1 Die leierskap (ouderlingskomitee) sal `n besluit rondom die maandelikse vergoeding van
pastoor neem.
5.3.2.3.2 Die vergoedingspakket van die pastoor sal die volgende bevat:
5.3.2.3.2.1 `n Mededingende maandelikse salaris
5.3.2.3.2.2 `n Maandelikse petrol- en telefoontoelaag.
5.3.2.3.2.3 Bydrae tot `n pensioenfonds of `n uitkeerpolis.
5.3.2.3.2.4 Volle betaling van `n Ongeluks/Lewens/Ongeskiksheidspolis.
6
5.3.2.3.3 Die leierskap sal oor bogenoemde `n besluit neem en die gemeente dienooreenkomstig
inlig rakende die aangeleentheid.
5.3.2.3.4 Verhoging van die Pastoor se salaris sal in lyn wees met die inflasiekoers van die
regering.
5.3.2.3.5 Indien die pastoor in `n tydelike werk is en aan hoof van die gemeente sal die
ouderlingkomitee ` n besluit neem oor sy vergoedingspakket.
5.3.2.4 VAKANSIE
5.3.2.4.2 Die kerk sal elke jaar `n vakansie van `n maand aan die Pastoor toestaan met volle
salaris.
5.3.2.4.3 Gedurende die tyd sal daar nie van die Pastoor verwag word om enige pligte binne die
kerk te verrig nie en sy teenwoordigheid is in die tyd nie verpligtend.
5.3.2.4.4 Die Pastoor kan die vakansie neem gedurende `n tyd wat vir hom geleë is.
5.3.3 OUDERLINGKOMITEE
5.3.3.1.1 Die samestelling van die ouderlingskomitee sal wees die pastoor as voorsitter en
ouderlinge
5.3.3.1.2 Die ouderlinge sal aangestel word deur die Pastoor en in samewerking met die
ouderlingkomitee.
5.3.3.1.3 Die ouderlinge moet aan die vereistes volgens 1 Timothues 3:1-7 voldoen en moet `n
aktiewe lidmaat van die gemeente wees vir ten minste een jaar.
5.3.3.1.4 Ouderlinge dien op die komitee totdat hulle bedank, verhuis, ernstige siek word of `n
ouderdom bereik waar hulle nie hul pligte kan uitvoer nie.
5.3.3.1.1 Moet verslag doen aan die gemeente oor die werksaamhede binne die kerk. Dit sluit in
verslae oor die geestelike groei van die gemeente, sy uitreikingsprogram asook
finansiële verslae rakende die begroting van die kerk.
5.3.3.1.2 Moet voorleggings doen van doelwitte wat in die nuwe jaar bereik en geimplementeer
moet word.
5.3.3.1.3 Moet probleme en navrae van buite die kerk aanspreek en oplossings bied.
5.3.3.1.4 Moet take uitvoer wat die werksaamheid van die Pastoor sal vergemaklik en wat nie aan
ander komitee toegeskryf is nie.
5.3.3.2.1 Die ouderlingkomitee sal gereeld op die eerste Saterdag van elke maand vergader of as
anders besluit word.
5.3.3.2.2 Spesiale vergaderings kan aangevra word deur die Pastoor (voorsitter van die
ouderlingkomitee) of in sy afwesigheid deur die visie voorsitter.
5.3.3.2.3 Die Sekretaris sal `n kennisgewing met die agenda, datum, tyd en plek van die
vergadering ten minste sewe (7) dae voor die vergadering aan die komiteelede verskaf.
5.3.3.2.4 Sake wat nie in die agenda aangedui is nie sal nie bespreek word en mag slegs met die
eenparige toestemming van die vergadering bespreek word.
5.3.3.2.5 `n Meerderheid (50% + 1) van die komiteelede is nodig om `n kworum te vorm en die
vergadering te wettig.
7
5.3.4 DIE PLIGTE VAN DIE KERKSEKRETARIS
5.3.6.1 Die kerk moet `n ouditeur aanstel om die finansiële boeke van die kerk te oudit op `n
jaarlikse basis of soos deur die gemeente aangevra.
5.3.7.1 Wanneer `n vakature ontstaan binne die leierskap van die Ouderlingskomitee as gevolg
van dood, oorplasing, onbevoegdheid, bedanking of enige rede sal die Pastoor `n
plaasvervanger aanwys.
8
5.3.8 DIE DIAKENS
5.3.8.1.1 Die diakens moet voldoen aan die vereistes volgens 1 Timotheus 3:8-13.
5.3.8.1.2 Die diaken moet `n aktiewe lidmaat van die kerk wees vir ten minste een (1) jaar.
5.3.8.1.3 Die diaken moet die hele kerkprogram/visie ondersteun.
5.3.8.1.4 Daar sal ten minste twee (2) diakens in die kerk wees.
5.3.8.1.5 Soos die kerk groei moet daar vir elke 15 lidmate een diaken aangestel word.
Die plaaslike kerk sal staande komitees tot stand bring wat probleme en ondersteuning in hul
afdeling sal aanspreek. Die komitee sal verslae en aanbevelings aan die Ouderlingskomitee voorlê
vir goedkeuring om uitgevoer te word.
5.3.9.1.1 Die komitee is verantwoordelik aan die Pastoor om leierskap te voorsien in die Kerk se
opvoedkundige program.
5.3.9.1.2 Die komitee lei die kerk in beplanning, uitvoering en evaleuring van `n saamgestelde
Christelike Opvoeding program.
5.3.9.1.3 Dien as `n navorsingskomitee vir alle ander departemente/komitees binne die kerk.
5.3.9.1.4 Koördineer die uitreiking van publikasies of persverklaring onder die naam van die
kerk.
5.3.9.1.5 Ontwikkel spesiale opvoedkundige en opleidingswerkswinkels soos seminaars,
konferensies en kampe binne die gemeente.
5.3.9.1.6 Hou toesig oor die opleiding van Bybelstudie leerders en opvoeders binne die gemeente.
5.3.9.1.7 Berei `n begroting voor vir Christelike Opvoeding en bestuur dit.
5.3.9.2.1 Die komitee is verantwoordelik aan die Pastoor en die gemeente om die kerk te lei in
lofprysing en aanbidding.
5.3.9.2.2 Konsulteer met die Pastoor oor lofprysing en aanbiddings aktiwiteite en beplan die
weeklikse lofprysing en aanbiddingorde.
5.3.9.2.3 Werk saam met die musikante om sangstukke voor te berei vir dienstye.
5.3.9.2.4 Ontwikkel lidmate in die lofprysing en aanbiddingsveld van die bediening.
5.3.9.2.5 Berei `n begroting voor vir lofprysing en aanbidding en bestuur dit.
5.3.9.2.6 Organiseer die pligte van elke lid van die lofprysing en aanbiddingspan.
9
5.3.9.3 VOORBIDDERS KOMITEE (INTERSESSORS)
5.3.9.5.1 Is oorhoofs verantwoordelik om na die maatskaplike welstand van die gemeente te kyk.
5.3.9.5.2 Organiseer lerings in menslike en geestelike opheffings.
5.3.9.5.3 Versamel herbruikbaar items en kospakkies vir verspreiding onder behoeftigdes.
5.3.9.5.4 Ondersteun lidmate met huislike probleme en help met verwysings na
regeringsorganisasies.
5.3.9.6 ONDERHOUDSKOMITEE
5.3.9.6.1 Is oorhoofs verantwoordelik om toesig te hou oor die roerende en nie-roerende eiendom
van die kerk.
5.3.9.6.2 Help met voorbereiding van die kerksaal vir dienste of spesiale geleenthede.
5.3.9.6.3 Hou `n inventaris van alle roerende en nie-roerende eiendom van die kerk.
5.3.9.6.4 Organiseer vrywilliges betrokke by skoonmaakaksies.
5.4 HUWELIKSBEVESTIGER
5.4.1.1 Die kerk erken slegs huwelike tussen `n man en `n vrou as `n heilige instelling
van God.
5.4.1.2 Die kerk neem `n besliste standpunt in teen enige vorm van homoseksualiteit as `n
sonde teen die opdragte van die Here soos in Genesis 2:22-24.
5.4.1.3 Huweliksbevestigers van die Penticostal Revival Ministries International wat deur die
Uitvoerende Beheerraad benoem sal word, word dus verbied om enigsins teen die wil van
die Here man en man of vrou en vrou in die huwelik te bevestig.
5.4.1.4 Sou hy hom hieraan skuldig maak sal sy status as huweliksbevestiger onmiddelik van hom
ontneem word en voor `n kerklike dissiplinêre komitee verskyn om te besin oor sy
leierskapposisie binne die raamwerk van die kerk.
5.4.1.5 In die geval van `n huwelik van geskeide persone moet die huweliksbevestiger eers vooraf
toestemming by die Uitvoerende Beheerraad vra of hy sulke persone kan trou en die
beslissing van die Uitvoerende Beheerraad is finaal.
10
5.5 LIDMAATSKAP
5.5.1 KWALIFIKASIES
5.5.1.1 Die kerk sal bestaan uit gelowiges in Christus wat die Woord van God aanvaar as hul
rigtingwyser om hul geloof uit te leef in liefde en getrouheid aan die Here Jesus Christus.
5.5.1.2 In die kerk moet lidmate aan die volgende voldoen:
a) `n Persoonlike erkenning van Jesus Christus as sy Verlosser en Saligmaker.
b) Gedoop wees deur onderdompeling as openbare simbool van sy geloof in God.
c) `n Lidmaatorientasie sessie voltooi het.
d) `n Geskrewe verbintenis met die kerk te onderteken om die reëls en regulasies van die
kerk te ondersteun en te onderwerp daaraan.
5.5.2 TOELATING
5.5.2.1 Persone kan as lidmate opgeneem word deur `n oorplasingsbrief vanaf `n ander kerk met
dieselfde geloofsoortuigings, deur `n belydenis van christelike ervarings en deur die
erkening van Jesus as Verlosser en Saligmaker en bereidwillig om gedoop te word.
5.5.2.2 Voornemende lidmate moet aan die Ouderlingskomitee hul begeerte bekend maak om as
lidmaat opgeneem te word.
5.5.2.3 Voornemende lidmate sal eers `n nuwe lidmaatskaporientasie klas bywoon voor hulle
opgeneem sal word as lidmate.
5.5.3.1 Enige lidmaat wat afwesig is van die kerkaktiwiteite vir `n tydperk van een (1) jaar of langer
sonder om kontak met die kerk te maak, in gesprekvoering of finansieël tot die kerk bydra
sal as onaktief beskou word en nie meer as lidmaat erken word binne die kerk nie.
5.5.3.2 `n Lidmaat kan uit die kerk geskors word op aanbeveling van die Ouderlingskomitee nadat
daar onherstelbare skade berokken is deur die persoon teenoor die liggaam van Christus.
5.5.4.1 Van alle lidmate word verwag om `n onberispelik lewe te lei as lig van die wêreld.
5.5.4.2 Moet deel hê aan die Heilige Nagmaal.
5.5.4.3 Moet `n liefde het vir gebed.
5.5.4.4 Moet God se Woord bestudeer en bepeins.
5.5.4.5 Moet alle dienste van die kerk bywoon.
5.5.4.6 Moet sy tiendes en offers aan die kerk gee volgens die Woord van God.
5.5.4.7 Moet die visie van die kerk ondersteun en uitdra.
5.5.5 GRIEWE
5.5.5.1 Alle griewe van lidmate sal volgens die reëls soos in Mattheus 18 behandel word en geen
openbare gehore sal aangehoor word tot en met die uitslag van die griewe nie.
5.5.5.1 Alle griewe moet skriftelik ingehandig word by die ouderlingskomitee en onderteken wees
deur ten minste twee volwaardige lidmate in die gemeente.
5.5.6 STEMGEREGTIGDES
5.5.6.1 Slegs ingeskrewe lidmate aktief betrokke in die kerk met die ouderdom van 16 jaar en ouer
11
is stemgeregtig.
5.5.7 LIDMAATSKAPVERBOND
5.5.7.1 Omdat ek die Here Jesus as my Verlosser en Saligmaker aanvaar het, gedoop is deur
onderdompeling en verbind het tot die geloofsbelydenis, doelstellings en struktuur van die
Penticostal Revival Ministries International, voel ek gelei deur die Heilige Gees om my met
die Kerkfamilie te vereenselwig.
5.5.7.2 Ek verbind myself dus tot God en die ander lidmate deur die volgende te doen:
• 1 Petrus 1 :22 … moet julle mekaar vurig liefhê uit `n rein hart
• Efesiers 4 :29 … Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net ‘n woord
wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.
• Hebreeus 13 :17 … Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulle
waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee, sodat hulle dit met blydskap kan
doen en nie al sugtende nie; want dit is vir julle nie nuttig nie.
• 1 Thes. 1:2 … Ons dank God altyd oor julle almal as ons aan julle dink in ons gebede
• Luk. 14:23 … Toe sê die heer vir die dienskneg: Gaan uit op die paaie en na die lanings en
dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word.
• Rom. 15:7 … Neem daarom mekaar aan, soos Christus ons ook aangeneem het, tot
heerlikheid van God.
• 1 Petr. 4:10 … Namate elkeen `n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee
dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.
12
• Filip. 2 :3-4 … Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet
die een die ander hoër ag as homself. Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie,
maar elkeen ook na die ander s’n.
• Hebr. 10 :25 … en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die
gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag
sien nader kom.
• Filip. 1 :27 … Alleenlik, gedra julle waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom
en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een
gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie,
• 1 Kor. 16:2 … Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en
opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insamelinge nie eers plaasvind as ek kom nie.
• Lev. 27:30 … Ook al die tiendes van die land, van die graan van die land, van die vrugte
van die bome, behoort aan die HERE; dit is heilig aan die HERE.
5.5.8 KERKVERGADERINGS
5.5.8.1 DIENSTYE
• Die kerk sal elke Sondag oggend vergader vir preke, instruksies, evangelisasie en
aanbidding aan die Almagtige God.
• Die kerk sal elke Maandae en Woensdag of dag soos deur die pastoor en gemeente bepaal
vergader vir gebedsessies.
• Die vergaderings is oop vir enige lidmaat of persoon wat dit wil bywoon.
• Die vergadering word gehou onder die toesig van die pastoor, ouderlingkomitee,
aanbiddingspan en voorbidders.
5.5.8.2 JAARVERGADERING
• Spesiale vergaderings vir die gemeente kan geroep word deur die Pastoor.
• Kennis van so `n vergadering moet ten minste een (1) week voor die beplande of
geskeduleerde vergadering tydens `n diens vanaf die preekstoel afgekondig word.
• Die agenda moet saam met kennisgewing bekend gemaak word.
• Die meerderheid van stemgeregtigdes in die kerk sal `n kworum vorm.
13
5.5.8.4 NAGMAALSEREMONIE
6.5.1 Roerende eiendom word beheer deur elke plaaslike raad onder wie se jurisdiksie die
gemeente val.
6.5.2 Geen item mag verwyder word of uitgeleen word sonder die toestemming van die takleier
onder wie se jurisdiksie die gemeente val.
6.5.3 Wanneer enige item in die naam van Penticostal Revival Ministries International gekoop
word, het sy gemeente volle seggenskap daaroor.
6.5.4 Sou enige iemand `n skenking aan die kerk doen in watter vorm ookal moet hy/sy hom/haar
vergewis daarvan dat sou hy/sy die kerk vir watter rede ookal verlaat hy/sy geen seggenskap
het op die item soos deur hom/haar geskenk.
6.6.1 Nie-roerende eiendom word slegs deur die Uitvoerende Raad beheer en onderhou.
6.6.2 Slegs die Uitvoerende Beheerraad het magtiging om gebou aan te koop en te verkoop of
onderverhuur.
ARTIKEL 7: FINANSIES
7.1.1 Die pligte van die persoon wat vir die invordering en ontvangs van gelde
verantwoordelik is, moet skriftelik deur die Kerkbestuur aan hom/haar opgedra
word.
7.1.2 Die verantwoordelikheid vir die stiptelike en doeltreffende invordering van hierdie geld
berus by die pastoor en Finansiële Komitee
7.1.3 Die Kerkbestuur moet `n bankrekening by enige bank van sy keuse open en in stand hou.
7.1.4 Amptelike kwitansies moet dadelik uitgereik word ten opsigte van die ontvangs van
amptelike geld.
7.1.5 Amptelike kwitansieboeke sal deur die Bestuur aangekoop word.
7.1.6 Amptelike kwitansieboeke moet veilig bewaar word.
7.1.7 Vir elke invordering moet `n aparte kwitansie uitgereik word.
14
7.1.8 Die oorspronklike, plus die deurslagkopieë, moet tegelyk uitgeskryf word.
7.1.9 Die aard van die geld wat ontvang word, bv. Kontant, tjek, moet op die kwitansie aangedui
word.
7.1.10 Die doel waarvoor die geld ingevorder is, moet beknop, maar duidelik op die kwitansievorm
gemeld word.
7.1.11 Niks mag op `n kwitansie uitgewis of verander word nie. `n Foutiewe kwitansie moet
gekanselleer word en in die boek bly.
7.1.12 Wanneer `n kwitansieboek vol is moet dit veilig bewaar word vir ouditdoeleindes.
7.1.13 Enige persoon wie se pligte die ontvangs of uitbetalings van gelde insluit. Is
verantwoordelik vir die veilige bewaring van sodanige geld onder sy / haar beheer.
7.1.14 As die persoon genoem in 9.1.13 tydelik of permanent van sy / haar pligte onthef word,
moet die finansiële rekords nagegaan en gebalanseer word tot op datum. Die persoon tesame
met sy opvolger en die pastoor moet die gebalanseerde finansiële rekords parafeer.
7.2. SKENKINGS
7.3. HUURGELD
7.4. BEGROTING
7.4.1 Die kerkbestuur moet elke jaar `n begroting opstel wat die beraamde inkomste en uitgawes
van die kerk aandui.
7.4.2 Voordat die begroting deur die Kerkbestuur finaal goedgekeur word, moet dit by `n
gemeenteveragdering aan die die gemeente voorgelê word. Die gemeente moet minstens 21
dae kennis kry van so `n vergadering.
7.4.3 Die begroting moet opgestel word vir `n boekjaar wat strek vanaf 1 Januarie tot 31
Desember.
7.5. REKENINGE
7.6. OUDITEUR
7.6.1 Die boeke, aantekeninge en finansiële state moet jaarliks geouditeer word deur `n persoon
wat ingevolge die Wet op Openbare Rekenmeester en Ouditeurs as rekenmeester en
ouditeur geregistreer is en skriftelik deur die kerkbestuur aangestel is.
7.6.2 Die finansiële dokumente moet binne 2 maande na die afsluiting van die boekjaar aan die
ouditeur voorsien word.
15
7.6.3 Die Kerkbestuur moet die verslag nie later as die tweede vergadering na ontvangs bespreek.
7.7. FONDSINSAMELINGS
7.8. AANKOPE
7.8.1 Aankope tot `n bedrag van R1000,00 kan deur dagbestuur goedgekeur word.
7.8.2 Aankope vir `n bedrag bo R1000,00 moet aan die Kerkbestuur voorgelê word vir
goedkeuring.
7.8.3 Ten minste 2 (twee) kwotasie moet vir aankope bo die bedrag van R1000,00 verkry word.
7.8.4 Normaalweg word die goedkoopste kwotasie aanvaar.
7.8.5 Alle aankope moet in `n kerkbestuurvergadering aan die bestuurslede verklaar word.
7.9. LISENSIEGELDE
7.10. BELEGGINGS
7.10.1 Die finansiële komitee in samewerking met die kerkbestuur kan beleggings namens die kerk
maak.
7.10.2 Indien die kerk fondse kan belê mag dit slegs by geregistreerde finansiële instansie gedoen
word of die kerk kan sekuriteite/aandele uitneem by geregistreerde lisensieerde
aandeelmaatskappy wat op die aandelebeurs genoteer is.
7.10.3 Die kerk kan na verskillende banke gaan vir finansiële advies en om vir beter voordele te
beding.
7.12.1 Wanner kontant benodig word bv. Kleingeld, word `n tjek in die naam van die pastoor
uitgemaak.
7.12.2 Alle betalings, uitgesonderd kleinkasbetalings, geskied per tjek.
16
7.12.3 Twee van die drie tekengemagtigdes moet ten alle tye tjeks onderteken. Verkieslik die
pastoor en een van die ander twee.
7.12.4 Tjeks moet gekruis word. “Nie Verhandelbaar Nie”
7.12.5 Geen KONTANTTJEKS mag uitgereik word nie.
7.13. KLEINKAS
7.13.1 `n Kleinkas is slegs vir die betaling van toevallige klein uitgawes.
7.13.2 Die bedrag van die kleinkasvoorskot moet deur die Kerkbestuur vasgestel word.
7.13.3 Voldoende boekhoustelsel moet in plek wees vir die kleinkasbedrywighede. Die boeke moet
maandeliks deur `n ander aangewysde persoon gekontroleer word.
7.13.4 Alle kleinkasbetalings moet deur `n verantwoordelike persoon gemagtig word.
7.13.5 Kwitansie van aankope moet aan die kleinkasbetaalvorm geheg word.
7.13.6 `n Tjek uitgereik in die naam van die pastoor moet vir kleinkas voorsiening maak.
7.13.7 Geen lenings kan uit die kleinkas gemaak word nie.
7.13.8 Die kleinkas moet op `n gereelde grondslag tot die voorgestelde bedrag aangevul word.
7.13.9 Die bedrag van die kleinkas moet ook gereeld hersien word.
7.14.1 `n Bedrag vir petroltoelaag sal op `n raadsvergadering bepaal word nagelang van die
huidige
petrolprys ten opsigte van petroluitgawes vir die pastoor.
7.14.2 `n Geskenk / Ruiker ter waarde van R100,00 sal aan `n gemeentelid gegee word tydens `n
verjaarsdag, siekte, geboorte of sterfte. Die geskenk is slegs van toepassing op aktiewe
lidmate van die gemeente. `n Ruiker sal aan `n gemeentelid verskaf word as sy / haar
onmiddelike familie (man/vrou/kind/ma/pa) siek is of afsterf.
7.14.3 `n Bedrag van R100,00 sal geskenk word aan `n gasspreker wat die gemeente bedien.
7.14.4 `n Bedrag sal deur die Bestuursraad vasgestel word vir die betaling van elektrisiteit indien
`n
gebou gehuur word vir gebruik deur die gemeente.
7.14.5 Indien die voertuig in diens van die kerk tydens amptelike gebruik onklaar raak onderneem
die kerk nagelang van die finansiële posisie van die kerk om by te dra tot die herstel van die
voertuig.
7.14.6 `n Kontantbedrag sal aan die pastoor betaal word aan die einde van die jaar as
vakansiebonus.
ARTIKEL 9: ONTBINDING
17
9.1 Slegs Die Uitvoerende Beheerraad is by magte om die kerk te ontbind.
9.2 Voordat so `n ontbinding plaasvind moet alle belanghebbendes in kennis gestel
word i.v.m voorneme om te ontbind.
9.3 `n Trustee word aangestel deur die Uitvoerende Beheerraad wat alle bates en nie-
vaste bastes op `n veiling plaas en die inkomste van die veiling, nadat verpligtinge
afgetrek aan `n “non-profit” organisasie met dieselfde doelstellings sal skenk.
9.4 Die Trustee is verantwoordelik om alle skulde te betaal uit die inkomste gemaak by
veiling/verkoop van die vaste en bewegende bates.
9.5 Geen eiendom of geld mag aan enige lid/amptenaar van die kerk gegee of betaal word nie.
9.6 Daar kan by `n algemene vergadering besluit word aan watter organisasie of organisasies die
skenkings sal ontvang.
Die konstitusie was goedgekeur en aanvaar deur die lidmate van Penticostal Revival Ministries
International op `n spesiale vergadering gehou op …………………………
……………………………. …………………………..
Voorsitter Visie-Voorsitter
…………………………….. …………………………..
Sekretaris Tesourier
………………………………
Skakelbeampte
18