Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 3

Ragitis(Rickets)

Definisie:
Ragitis is n toestand wat meestal by babas en kinders voorkom en word
veroorsaak deur n gebrek aan Vitamiene D, kalsium en fosfaat. Dit lei tot
verswakking en versagting van beendere in die liggaam.
Dit word gekenmerk deur misvormde bene en tande by veral kinders wat
ondervoed is en nie daaglikse blootstelling aan die son kry nie.
Wanneer kinders nie genoeg groente en vrugte en genoeg Vitamiene D
inkry nie, kan hulle liggame nie die kalsium absorbeer om sterk bene en
tande te vorm nie.
2.Oorsake
Die primre oorsaak van Ragitis is n vitamien-D tekort bv. wanneer
babas en kleuters nie daaglikse blootstelling aan die son het nie.

Dit word ook veroorsaak wanneer kleuters en babas ondervoed is.
In Suid-Afrika kom dit meer algemeen voor in die Wes-Kaapse winters
wanneer kinders so toegewoel is teen die koue dat hul liggaam nie kans
kry om vitamien D te produseer nie. Volwasse ragitis kom voor by
swanger of borsvoedende vroue, bejaardes, mense met niersiektes of
diegene wat inwendige omleidingchirurgie gehad het.
Vit D help die liggaam om kalsium en fosfaat vlakke in die bloed te
kontroleer. Wanneer hierdie vlakke te laag daal, produseer die liggaam
hormone wat maak dat kalsium en fosfaat uit die bene vrygestel word.
Dit lei tot bros en swak bene.
Vit D word geabsorbeer uit die voedsel wat ons eet of geproduseer deur
die vel wanneer dit aan sonlig blootgestel word.
Die volgende persone is dus meer vatbaar om ragitis te ontwikkel
Mense in lande met min blootstelling aan sonlig
Mense wat in kantore werk bedags as die son skyn
Mense wat lactose intolerant is en nie suiwel produkte kan verteer nie
Vegetarirs
Mense wat nie melk drink nie.

3.Simptome
By babas sal die kopbeen sag bly en die been nie behoorlik sluit nie.
Die been in die skelet is sag en die punte van die lang bene in die arms en
bene is vergroot.
Tipiese simptome sluit in bakbene, 'n duifborsie (borsbeen wat uitsteek)
en 'n gekromde ruggraat.
Die gewrigte, knie en enkelgewrigte is erg vergroot.
Ragitis word ook geassosieer met swak ontwikkelde spiere, 'n maag wat
uitstaan en vertraagde ontwikkeling in loopvaardighede.
Kleuters met ragitis is dikwels rusteloos en prikkelbaar.
Tandbederf en misvormde tande is ook 'n teken van ragitis.
Pyne in die bene en spierkrampe.
Statige ontwikkeling kragtens groei baie korter as maats
Verhoogte been fracture



4.Behandeling
Die doel van die behandeling is om die simptomes te verlig en die oorsaak
reg te stel, sodat die toestand nie weer terugkom nie.
As jy met ragitis gediagnoseer word, sal jou dokter jou aanraai om jou
inname van vitamien D, kalsium en fosfaat te verhoog wat dan die meeste
simptome sal elimineer.
Ragitis word ook veroorsaak deur wanvoeding en kan voorkom word deur
'n gebalanseerde diet te volg, wat eiergeel, olierige vis, lewer en
suiwelprodukte insluit.


Vislewerolietablette, ryk aan Vit D kan as aanvulling voorgeskryf word.
Moenie babas te erg toemaak nie hulle moet blootgestel word aan
direkte sonlig vir die vel om sy eie vit D te maak.
Ouer mense, swanger en borsvoedende vroue moet ook daagliks tyd buite
spandeer, sowat 'n halfuur per dag in die son.
Vermy egter die son tussen 10:00 en 15:00, omdat dit gevaarlik is.
Soms is n operasie egter nodig om ernstige been abnormaliteite reg te
stel.
Moet nooit meer van die tablette neem as wat deur jou dokter
voorgeskryf word nie, omdat dit groot dosisse vitamien A en D bevat wat
in die liggaam geberg word en in oormaat skadelik kan wees.
5.Ander inligting
Ragitis kan voorkom word deur seker te maak dat jou diet genoeg
kalsium, fosfaat en vit D insluit. As jy gastro het, moet jy aanvullings
neem. Nier siektes wat swak absorpsie van vit D tot gevolg het, moet
onmiddellik behandel word.
Ragitis kan gediagnoseer word d.m.v. bloedtoetse en been biopsie.
Babas met ragitis breek baie maklik hulle bene. Dit lei soms tot
kindermishandeling bewerings. Interessant om te weet dat mense met
donker velle die sonlig blok en daarom produseer hulle minder vit D, as
mense met ligter velle met dieselfde hoeveelheid sonlig. Daarom kom
ragitis meer algemeen onder swatr mense voor.
Daniel Whistler het in 1645 die eerste bekende beskrywing van die
siekte gegee. Die Engelse woord rickets is afgelei van die Engelse woord
wrickken wat beteken om te draai.
6.Gevolgtrekking
Na aanleiding van onlangse studies kom Ragitis al hoe meer voor in
ontwikkelende lande. Ek skryf dit toe aan wanvoeding eerder as te min
blootstelling aan die son. Arm mense se dieet bestaan dikwels net uit
mieliemeel wat nie ryk aan kalsium en fosfaat is nie. Verder keer hulle
donker velle ook die son af en baie minder vit D word daarom self
geproduseer.
Ek stel voordat dat die regering van daardie lande gratis vit D aanvullings
aan daardie mense beskikbaar stel om sodoende hierdie probleem aan te
spreek.
7.Bronnelys
www.wikipedia/rickets
www.mieliestronk.co.za wanvoeding
Die Burger 2003/09/10 Leef gesond
www.medicineplus/rickets
Prente - Google

You might also like