Professional Documents
Culture Documents
Groen Versameling Artikels Oor Die Omgewing
Groen Versameling Artikels Oor Die Omgewing
every
tree that has fruit with seed in it. They will be yours for food. And to all the animals of the earth, and
to every bird of the air, and to all the creatures that move on the ground—everything that has the
breath of life in it—I give every green plant for food. It was so. God saw all that he had made—and
it was very good!
Voorwoord
Dit is ‘n versameling artikels uit my pen oor min of meer die afgelope jaar. Dit
loop hoofsaaklik van die jongste tot die oudste.
Makataan-oktaan
Herrie lees onlangs Amerikaanse navorsers meen die Tier in die Tenk is dalk in
waatlemoene opgesluit.
In plaas van mielies vir etanol gebruik, kan bitter baie woema uit waatlemoene
gehaal word. Natuurlik het die Suid-Afrikaanse joernaliste, soos al baie ander
mense wat Amerikaanse wyshede in Afrikaans wou weergee, “corn” met “koring”
loop vertaal. In ‘n ensiklopedie lees Herrie byvoorbeeld van die “Cliff dwellers”
wat so verwoed “koring” geplant het voor Columbus nog voet aan wal gesit het.
Soos ons weet is “sweet corn” groenmielies.
Ewenwel, die Amerikaners meen daar gaan elke jaar in hul land miljoene
waatlemoene verlore omdat hulle misvorm is, of vlekke het, en dus nie op die
mark die paal haal nie.
Onnosel Amerikaners, mens eet mos die binnekant!
Nietemin, waatlemoene kom oorspronklik uit Suider-Afrika, en mielies wat so in
Afrika ‘n stapelvoedsel is, kom uit Amerika. Die Russe se tradisionele drank,
Vodka, word glo uit aartappels gestook, en kom ook uit Amerika. Ook die
“kartoffelen” van die Duitsers se Schweine Fleisch und Kartoffelen-faam is nie
oorspronklik Duits nie, maar tel onder die horde alledaagse eetgoed wat die
Indiane baie eeue gelede geteel het.
Maar die plan van die tier in die tenk met waatlemoene sit Herrie en Oupa Nic
aan’t gesels. Hier in ons land is nie noodwendig ‘n surplus waatlemoene nie,
maar ons eet nie die skille nie. Ook eet ons nie die waatlemoen se familie, die
karkoere, tsammas en al die basters tussenin nie, en as mens iets wil plant vir ‘n
tier in die tenk is makatane dalk net die ding – dis is groter, en groei onder veel
meer marginale toestande, en word ook nie so erg gesteel nie.
Om karkoere te gaan bymekaar maak kan dalk ‘n hele span werksgeleenthede
skep.
Nou is Herrie darem heel bewus daarvan dat dit proe of karkoere en makatane
minder suiker in het as waatlemoene. Maar Herrie onthou sy skoolwerk. Op skool
wou Herrie g’n niks glo aalwyne is propvol suiker nie. Het Herrie gedink, daai ou
wat beweer aalwyne is vol suiker, het vir seker nog nie aan ‘n stuk aalwyn gaan
proe nie. Maar Herrie het die argument verloor, al had Herrie ‘n oupagrootjie wat
‘n diabeet was, en elke dag ‘n glas aalwynsap gedrink, en dan die heel dag geëet
het net wat hy wou. En daai oupagrooitjie het al sy gesonde tydgenote oorleef en
‘n flink ent in die 90 geword.
Dus sal Herrie nou nie stry dat die makataan-oktaan, of karkoer-mo*r nie so
lekker soos waatlemoena-woema sal proe nie, maar die gewone mens wil
daarmee ry, nie drink nie.
Natuurlik sal daar ‘n drinke-aanvraag vir makataan-oktaan wees. Jare gelede
kom oom Rons by ‘n kuipery. Eenkant loop die moes met die doppe en pitte in ‘n
geut weg, so sterk gegis mens hoor dit amper sis. Toe kom een van die kuipers,
en vat ‘n groot skep met sy blikbeker, en slaan dit weg.
Toe die stoom klaar uit die man se neusgate en ore gefluit het sê oom Rons vir
hom: “Jis, maar jy drink sterk goed!”
Die man gloei van trots. “Dza, ek soekkit stêk. Ma ek drink ook petrol. Ma dan
moerrit BP wees.”
Rioolregruk peperduur
Dit gaan meer as R150 miljoen kos om die rioolaanlegte van die Mafube-
munisipaliteit in die Noordoos-Vrystaat weer op dreef te kry.
Dit blyk uit ‘n kosteberaming wat die belastingbetalersvereniging van die gebied
laat doen het. Mafube, wat in Suid-Sotho “sonsopkoms,” maar in ‘n vreugdevolle
sin soos by die geboorte van ‘n eersgeborene beteken, sluit Vrede en verskeie
omliggende dorpe in. Dit is egter nie net Mafube se rioolaanlegte wat haper nie.
Die nasionale belastingbetalersvereniging beskryf Vrystaatse rioolaanlegte as
skokkend en dat rou riool op verskeie plekke in riviere loop. Verskeie hofbevele
is al bekom om munisipaliteite te dwing om hul wetlike verpligtinge na te kom.
Groen: "Mindset" doen wat dit sê - die elektriese motor wat anders is
Te dikwels kom prottipes elektriese motors na vore, net om dan heeltemal van
die toneel te verdwyn. Dié tipe motors is gewoonlik oninspirerend, swak afgewerk
en ...wel, lelik.
Die mooier modelle, soos die Chevrolet Volt, is veronderstel om in 2010 op die
mark te kom, maar dan moet General Motors nog bestaan. Die Tesla Roadster is
ook in ‘n ander klas, maar sy prys van ongeveer R1,2 miljoen word deur die
Nederlanders as “slordig” bestempel. Dis ‘n sportmotor met ‘n geweldige
reikwydte.
Die Toyata Prius is ook vir 2010 vir die mark bestem, ‘n hebride motor wat primêr
op petrol loop, en deur sy elektriese kapasiteit aangevul word.
En nou is daar die Switserse Mindset. Die karretjie is mooi, en is primêr elektries
met ‘n petrol-aanvuller. Die ontwerper, Murat Günak het al diep spore getrap by
onder meer die Peugeot 206 en het die Volkswagen Scirocco ontwerp, en was
tot onlangs die topontwerper by Volkswagen.
Sy geraamde koste sal sowat 35 000 Euro’s wees, ‘n veel meer bekostigbare
kopie as die Tesla Roadster.
Sneeu in Antarktika
Geen eise vir minimum-loon nie, geen eis vir verblyfreg of enige restitusie-eis
(nog) nie, en was boonop nog nooit gekletter aan diens nie.
Dis nou nie dat mnr. Wimmie van der Merwe wat tussen Bethlehem en Kestell
boer se nuwe skaapwagter nie soms vol aapstreke is nie. Hy, dié
selfaangestelde skaapwagter, is immers ‘n bobbejaan.
Adoons het onlangs uit die bloute opgedaag, en op eie inisiatief saans die skape
begin kraal toe jaag.
‘n Bobbejaan mag vlytig met die werk wees, maar Adoons is tog effe onhandig,
en in sy ywer word die skape soms in drade vasgejaag.
So ver doen Adoons meer goed as kwaad, maar met bobbejaanstreke weet
mens nooit.
Byskrif: Gelukkig nie nog slegte nuus vir boere nie. Hierdie reuse
sprinkaan is met die hulp van rekenaartegnologie geskep. Die sprinkane
wat in die artikel beskryf word is dit waaraan die boere gewoond is.
Antarktika word warmer - of nie?
Antarktika word wél warmer, is die jongste bevinding van navorsers soos pas in
Nature gepubliseer.
Tot dusver was die algemene beskouing dat dié yskontinent ietwat van ‘n
uitsondering was as dit by aardverwarming kom. Dié foutiewe aanname was
blykbaar gebaseer daarop dat bykans al die sowat 65 weerstasies aan die kus is.
Volgens die algemene opvatting wat nou op sy kop omgekeer word, is wel
aanvaar dat die westelike deel van die kontinent warmer word, maar dat die
warmer weer meer as geneutraliseer word deur die oostelike deel wat veel hoër
is, en kouer word.
Daar is voorts aanvaar dat die gat in die osoonlaag die polêre blokkasie versterk,
wat gemeen is die Antarktiese klimaat grootliks van veranderings elders vrywaar.
Nou het ‘n groep Amerikaanse wetenskaplikes 25 jaar se data teen statistiese
modelle ontleed, en tot die slotsom gekom die kontinent volg doodgewoon die
res van die wêreld na.
En al bots die modelle met bestaande data, word aanvaar die Amerikaners slaan
die spyker op die kop – al is dit ook net-net. Bron: Trouw
Wonderwerkgrot
Die ontdekking van artefakte van 2 miljoen jaar oud lui ‘n nuwe era in van waar
paleontologie en argeologie ineen vloei.
Volgens beskikbare literatuur is die ouderdom van die grottekeninge wat tot
dusver bestudeer is, minstens 10 000 jaar oud. Die ontdekking van artefakte
skuif nie net die datering van menslike bewoning in die grot baie ver terug nie, dit
neem die datering van artefakte terug na ongeveer die oudste menslike vorm wat
nog beskryf is.
Dit is lank reeds bekend dat dit nie net die moderne mens en sy regstreekse
voorouers is wat werktuie gebruik het nie. Verskillende vorme wat self uitgesterf,
of waarvan die latere vorme uitgesterf het, het ook werktuie gebruik. Dit is
dikwels onregstreeks afgelei soos die nabyheid van die vondse van hierdie oer-
menslike oorblyfsels en artefakte – natuurlik nie p sig selfs baie bevredigend nie
omdat daar verskillende verklarings kan wees oor hoe goed bymekaar gekom
het wat nie bymekaar hoort nie – soos dat die een groep van die ander groep
kon opgevreet het, en die slagoffers se oorblyfsels naby hul vreetlustige
tydgenote se werktuie gevind kon word.
Argeoloë het dikwels ook te make met artefakte wat in lae voorkom wat veel ouer
is as die tydperke van hul eintlike herkoms. Latere bewoners wat ouer bewoners
se items begrawe, is maar een verklaring hiervoor, maar ook grotte wat instort en
plundertogte dien as verklarings.
Daar moet dus wyer gekyk word, soos om die grootte van artefakte met die
grootte van handpalms te vergelyk.
In die reël word werktuie groter hoe verder terug dit dateer. In hierdie opsig is die
Wonderwerkgrot se vondse ‘n uitsondering – dit is weer veel kleiner as die eerste
steentydperk se artefakte. Hier sal ‘n mens natuurlik vir meer inligting moet wag,
aangesien dit nog nie werklik bekend is watter soort artefakte gevind is nie. Tog,
dit wat op die TV-beeldmateriaal gesien is, lyk soos ‘n kleiner weergawe van die
handgrawer wat so kenmerkend van die eerste en middel-steentydperke is.
‘n Vinnige blik vanoggend op die internet dui daarop dat die ontdekkings (nog)
nie die internasionale media-aandag getrek het wat dit verdien nie. Trouens,
Trouw berig vanoggend oor die horingpit van ‘n oeros se horing wat iemand in
Nederland sowat ‘n jaar gelede gevind het. Dit is sowat 800 jaar oud.
Dit is natuurlik nie nuut dat paleontoloë en argeoloë elders ter wêreld traag is om
Suidelike Afrika as die wieg van die mensdom te erken nie. Dit geld beide die
oervoorouer van die mens, en die eerste moderne mense veel later. Daar is selfs
by geleentheid vernuftig bedrog gepleeg deur stukke sjimpansee-skedel en
ander menslike stukke aan mekaar te las en in ‘n Britse gruisgroef te “ontdek.”
Wat wel soos ‘n paal bo water staan, is dat die bestaande kennis van menslike
vaardighede, deur die ontdekkings erg beïnvloed gaan word.
Die ontdekking dra ook ‘n tikkie ironie deurdat groepe jong aarde kreasioniste
reeds bekend gemaak het dat hulle aanstaande jaar ‘n verskerpte aanslag gaan
voer om te bewys die aarde is net 6 000 jaar oud. Dit is weer ‘n teenreaksie op
die viering van Darwin se 200ste geboorteherdenking.
Waterprobleme
Terwyl berig word dat Suid-Afrika binnekort ‘n waterkrisis soortgelyk aan die
Eskom-kragkrisis in die gesig staar en dat ‘n nuwe dam in Lesotho beoog word,
berig Volksblad vanoggend dat die koerant oorval word van klagtes oor
watertekorte of water wat vermors word.
Onder die ergste gevalle wat genoem word is ‘n waterpyp wat Sondagnag in
Waterberglaan in Spitskop gebars het, en nog nie herstel is nie terwyl duisende
liter drinkwater verlore gegaan het. ‘n Soortgelyke probleem is in Brandwag
ondervind. ‘n Eetplek in die stad het nie water nie, en die dorp Zastron in die
Suid-Vrystaat het die afgelope drie dae nie water nie.
Eiland verdwyn
Ysland se erfeniswonder weggevreet deur die see
‘n Mosie van wantroue in die mensdom, maar ‘n verdiende een daarby.
In November 1963 het natuurkragte vir ‘n nuwe eiland gesorg – Surtsey, sowat
32 kilometer suid van Ysland.
Die Yslanders, wat dadelik besef het hier is ‘n unieke geleentheid, het die eiland
buite perke vir die mensdom behalwe wetenskaplikes gestel. Hier sou die
wetenskaplikes op ‘n kleiner skaal kon volg hoe ‘n nuwe stuk land begin leef.
Die eiland is hierdie jaar tot Unesco se wêrelderfenisgebiede toegevoeg, maar
wetenskaplikes sal moet gou speel – twee kleiner eilande wat saam met Surstey
ontstaan het is reeds deur see-erosie verswelg, en van Surtsey se oorspronklike
oppervlak is die helfte ook reeds deur die see teruggeëis.
Reeds die eerste jaar na die eiland gevorm is, het ‘n wetenskaplike ‘n aantal
sade gekry wat aan land gespoel het, en ‘n vlieg gevang.
Die eerste plante is in 1965 gevind, en twintig jaar later was daar reeds meer as
twintig plantspesies aangeteken. Die totaal staan nou op sowat 70. Verskeie
voëlsoorte het ook reeds kom nesskop.
Alle voorsorg ten spyt, het nie net die natuur vir nuwe spesies gesorg nie. Die
wetenskaplikes was by geleentheid verras toe ‘n nuwe plant geil langs hul hut,
die enigste bewoonde struktuur, begin groei het. Dit het geblyk aartappels te
wees, wat skelm deur inwoners van die nabygeleë Westmaneilande geplant is.
‘n Besoeker se roekelose broeklosmakery het ook al ‘n tamatieplant opgelewer.
Hierdie indringers word met wortel n tak uitgegraaf. Die mens is hier nie deel van
die natuur nie, maar ‘n indringer.
Wetenskaplikes beraam dat die see sedert die ontstaan van die eiland sowat 2,5
akker per jaar verswelg het, en minder as die helfte van die oorspronklike
oppervlak van sowat 2,5 vierkante kilometer is nou oor.
Die eiland is na Surtur, die mitologiese Nordiese god van vuur, vernoem.
Bronne: Encarta en Christian Science Monitor
Foto: Christian Science Monitor
Click to view large
Download full size (65 KB)
Mynbou in Vredefort-bewaringsgebied?
Terwyl SA onder skoot kom oor die beweerde verwaarlosing van sy verpligtinge
oor die Vredefortkoepel-wêrelderfenisterrein, stamp bewaringskundiges en ‘n
mynhuis koppe.
Die Vaalweekblad berig groot kommer bestaan oor die Australiese maatskappy,
White Rivers Exploration se vasbeslotenheid om in en om die erfenisgebied te
prospekteer. Dié maatskappy sê hy het meer as R79 miljoen van die Australiese
mynmaatskappy ontvang het om op die oewers van die Vaalrivier te prospekteer.
Volgens die Vredefortkoepel Geologiese Bestuursplan wat op die internet te lese
is, word juis na maniere gekyk om bestaande letsels van goud-, koper- en
granietmyne in die area te rehabiliteer. Hiervolgens word beplan om minder
sensitiewe rotse te identifiseer wat vir navorsingsdoeleindes gebruik kan word.
UNESCO verbied enige mynaktiwiteite in en om die bewaringsgebied.
Die Geologiese Bestuursplan meld dat minder as ‘n kwart van die oorspronklike
impakkratergebied wat sowat 2 miljard jaar oud is, tot bewaringsgebied verklaar
is. Die bewaring van die verklaarde gebied is dus baie belangrik.
Aardverwarming
Net meer as ‘n duisend jaar gelede het Vikings die kus van ‘n land wat hulle pas
ontdek het Vinland (Wynland) genoem. Die naam is aan die kus wat vandag New
Foundland en Labrador heet gegee na aanleiding van beskrywings dat wilde
druiwe in groot aaneenlopende plate voorgekom het.
Vandag is dit ondenkbaar dat hierdie kusgebied ooit plantegroei van hierdie aard
kon dra, en geleerdes is so skepties hieroor dat daar lank bedenkinge was oor of
die Vikings ooit Amerika ontdek het en kolonies gestig het. Dit het taamlik
onlangs eers verander toe oorblyfsels van die Vikings se nedersettings ontdek is.
Tog was dit ‘n klimaat wat al kouer geword het wat die Vikings eers hul Vinlandse
en daarna Groenlandse kolonies laat ontruim het.
Nou heers groot kommer oor aardverwarming.
Dit is nie net ysplate op die pole wat swig onder die aanslag van
klimaatsverandering nie, ook die gletsers van die Alpe is besig om teen ‘n vinnige
tempo te smelt, terwyl lande om die Middellandse See nou sowat 20 persent
minder reënval as ‘n eeu gelede ontvang.
Die Europese Omgewingsagentskap, EEA wat in Kopenhagen gesetel is, sê
boonop dat Europa se temperatuur die afgelope tyd vinniger as elders ter wêreld
styg, en dat dit ook in die toekoms die geval sal wees.
Volgens die agentskap het Europese gletsers sedert 1850 sowat twee derdes
van hul omvang weens smelting verloor, maar veral sedert 1980 het die tempo
waarteen gletsers wegsmelt vinnig toegeneem.
So ver vanjaar het die Arktiese see-ys boonop tot die tweede kleinste oppervlak
in menseheugenis teruggekrimp. Die Gletsermonteringsdiens meen die tempo
waarteen Arktiese ys smelt het sedert 2000 verdubbel. Die vergrote oppervlak
water gaan na verwagting weer ‘n groot impak op aardverwarming hê.
Een van die probleme wat voorsien word deur die groot ysplate wat nou in die
see begin ronddryf is die gevaar wat dit vir aflandige oliesoektogte inhou. Die
platforms is eenvoudig nie gebou om in die pad van ysplate so groot soos stede
en ongeveer 40 meter dik te staan nie.
Rondom Ellesmere-eiland het die gemiddelde temperatuur oor die afgelope vyftig
jaar met sowat twee grade gestyg, en die gemiddelde wintertemperatuur met
sowat 5 grade.