Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 2

Leefgesond

RAGITIS . . .
. . . wat is dit?
Ragitis word veroorsaak deur 'n gebrek aan vitamien D.
Dit word gekenmerk deur misvorming van bene en tande en kom voor onder
kleuters en babas wat ondervoed is en nie daaglikse blootstelling aan die son het
nie. In Suid-Afrika kom dit meer algemeen voor in die Wes-Kaapse winters
wanneer kinders so toegewoel is teen die koue dat hul liggaam nie kans kry om
vitamien D te produseer nie.
Volwasse ragitis kom voor by swanger of borsvoedende vroue, bejaardes, mense
met niersiektes of diegene wat inwendige omleidingchirurgie gehad het.
. . . simptome?
By babas sal die kopbeen sag bly en die been nie behoorlik sluit nie. Die been in
die skelet is sag en die punte van die lang bene in die arms en bene is vergroot.
Tipiese simptome sluit in bakbene, 'n duifborsie (borsbeen wat uitsteek) en 'n
gekromde ruggraat. Die gewrigte, knie en enkelgewrigte is erg vergroot.
Ragitis word ook geassosieer met swak ontwikkelde spiere, 'n maag wat uitstaan
en vertraagde ontwikkeling in loopvaardighede.
Kleuters met ragitis is dikwels rusteloos en prikkelbaar. Tandbederf en
misvormde tande is ook 'n teken van ragitis.
. . . hoe voorkom ek dit?
Ragitis word veroorsaak deur wanvoeding en kan voorkom word deur by 'n
gebalanseerde dieet te hou, wat eiergeel, olierige vis en suiwelprodukte insluit.
Bring daagliks 'n bietjie tyd in die buitelug deur, sodat jou liggaam kans kry om
vitamien D te vervaardig terwyl dit aan sonlig blootgestel is.
Moenie babas te erg toemaak nie. Ouer mense en swanger en borsvoedende
vroue moet ook daagliks tyd buite spandeer. Vislewerolietablette is ryk aan
vitamien D en jou dokter kan dit voorskryf as hy/sy vermoed jou kinders kan
dalk 'n tekort aan vitamien D ontwikkel.
Moet nooit meer van die tablette neem as wat deur jou dokter voorgeskryf word
nie, omdat dit groot dosisse vitamien A en D bevat wat in die liggaam geberg
word en in oormaat skadelik kan wees.
. . . hoe word dit behandel?
As jy (of jou kinders) met ragitis gediagnoseer word, sal jou dokter jou aanraai
om jou inname van vitamien D en kalsium te verhoog. Suiwelprodukte soos melk
en kaas, eiergeel en vis is baie belangrik. Vislewerolietablette kan as aanvulling
voorgeskryf word.
Spandeer sowat 'n halfuur per dag in die son sodat jou liggaam blootstelling aan
die ultravioletstrale kan kry. (Vermy egter die son tussen 10:00 en 15:00, omdat
dit gevaarlik is.) --


Bron
Berigte-Die Burger 10 Sep 2013
http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2003/09/10/VB/07/02.html

You might also like