Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 2

Aan Alle Mede Beleggers

Ek stuur n laaste massa epos uit aan al die beleggers waarvan ek n epos adres het aangesien ons webwerf
eersdaags aktief sal wees en kan u die vordering met hofsaak voortaan daar volg.
1. KLAS AKSIE HOFSAAK
Daar heers tans nog baie verwarring te oordeel na al die navrae wat ek ontvang m.b.t. watter sindikasies
in die saak verteenwoordig word.
1.1. Hoveld Sindikasies 19-22.
Liassering van prosesstukke in die Hooggeregshof t.o.v. HS 19-22 was onderhewig aan n verjarings
datum vir die liassering van stukke voor 31 Oktober 2014.
Die klas aksie regspan het dus voorkeur verleen aan hierdie proses ten einde die sperdatum te haal
wat wel gedoen is.
1.2. Hoveld Sindikasies 15-18
Prosesstukke vir HS 15-18 word nou voorberei en sal vroeg in die eerste kwartaal van 2015
geliasseer word.
1.3. Regsgronde
Die regsgronde vir die twee aksies verskil ook in n mate deurdat by HS 19-22 daar n buy back
opsie betrokke is wat nie op HS 15-18 van toepassing is nie.
Sodra HS 15-18 prosesstukke geliasseer is, sal die twee sake gelyklopend wees met beleggers wat
toegetree het ondersteunend as een klas aksie.
1.4. Opsommend
Alhoewel twee hofsake, a.g.v. die regsgronde wat verskil, is die einddoel waarna gestreef word in
beide sake dieselfde nl. om die respondente in die twee sake tot verantwoording te roep en om
beleggers se geld terug te eis.
Daar word dus namens beleggers in al die sindikasies (15-22) opgetree.
n Hofdatum was bepaal vir 5 Januarie 2015 maar het van die respondente op nommer 99
verdediging aangeteken en het hulle regtens nou tyd tot einde Januarie 2015 om opponerende eeds
verklarings te liasseer.
Applikante se regspan sal daarna weer aansoek doen vir n nuwe hofdatum.
2. DEPOSITOS / BYDRAES TOT KLAS AKSIE
Beleggers tree daagliks steeds toe tot die klas aksie om hul stem te voeg by mede eisers om hul geld
terug te kry.
Daar is baie beleggers wat navraag doen oor hul depositos omdat hulle nog nie n kwitansie
ontvang het nie.
Prokureur JP Joubert het goedgunstiglik die gebruik van sy trustrekening gratis aangebied waarin
bydraes vir die hofsaak inbetaal kon word met die uitdruklike versoek dat deposante hul
besonderhede moet verskaf.
Ongelukkig is daar BAIE depositos met geen besonderhede nie en moet hierdie deposante nou
nagespoor word wat n geweldige tydrowende saak is tot so n mate dat daar nou vrywilligers uit
beleggers geledere is wat hand bysit.

Theron Prokureurs (Prokureur van rekord), n korrespondent van JP Joubert, het ook n trust
rekening geskep om die druk op JP Joubert te verlig en alle betalings moet voortaan in Theron se
trust rekening inbetaal word. Vir die van u wat gevra het - hulle werk saam en indien u die verkose
R1000 bydrae in paaiemente betaal kan die oorblywende paaiemente steeds by Joubert Prokureurs
inbetaal word.
Indien u die korrekte bankrekening nommer gebruik het, hetsy vir Joubert of Theron sal u bydrae
wel in hul bankrekenings reflekteer alhoewel n kwitansie nie aan u gestuur is nie. Koste om n
kwitansie uit te reik en aan te stuur is duur wat n aansienlike gat in ons kosbare skatkis gaan maak.
Ek behoort binnekort n lys van deposante te ontvang en sou u werklik twyfel kan u aan my n e-pos
navraag rig en sal ek u bydrae bevestig.
3. WEBWERF - www.hsaction.co.za
Theron Prokureurs het n Webwerf op gestel wat hulle gereeld sal bywerk met nuutste inligting oor
die hofsaak en ander relevante sake. Ek het dit onmiddellik ondersteun want nou word inligting
direk deur Prokureur van rekord na die beleggers via die webwerf gekommunikeer.
Verwagtinge is dat die webwerf 26 Januarie 2015 aktief sal wees en kan u dit dan gerus besoek by:
www.hsaction.co.za
Ons is steeds besig om n ander webwerf wat goedgunstiglik deur n mede belegger geregistreer is
en maandeliks betaal word op die been te bring, maar weens onvoorsiene omstandighede en
powere hulp van MWeb kon ons nog nie daarin slaag om dit te aktiveer nie. Radio praatjies,
onderhoude en dergelike info sal op hierdie webwerf geplaas word waarna u kan luister of aflaai.
Met die hulp van n kundige sal hierdie webwerf hopelik ook binnekort aktief wees en met n skakel
(link) gekoppel wees aan www.hsaction.co.za U kan ook direk ingaan op www.pickvestaction.co.za
sodra geaktiveer.
4. TOETREDE TOT KLAS AKSIE
Ek kry steeds baie navrae oor hoe Beleggers tot die hofsaak kan toe tree en heg hierby aan die
nodige inligting.
Prokureur deel mee dat hul nuwe toetreders wat na die afsnydatum van 31 Januarie 2015
inbetalings doen, sal kan akkommodeer maar slegs tot die eerste offisile hofdatum wat nou in
afwagting is.
Beleggers wat egter hul bydraes in paaiemente betaal en reeds toegetree het word nie hierdeur
geraak nie.
Ons advies is dat u onmiddellik aansluit as u dit oorweeg en nie uitstel nie. Van uitstel kom afstel en
as die finale afsnydatum bereik is sal u dalk nie meer kan aansluit nie.
5. FACE BOOK
Besoek Pickvest classaction op face book en deel interessante inligting rondom die saak.

www.facebook.com/PICkvestCAinfo

Baie dankie vir al die vriendelike eposse van waardering vir wat die organiseerders namens mede beleggers
doen om van die hofsaak n sukses te help maak.
U bydrae is ook baie belangrik. Saam sal ons slaag.
Groete Helgard Hancke

You might also like