Professional Documents
Culture Documents
Swart Kersfees
Swart Kersfees
Swart Kersfees
besonderhede en ... hou hom dop tot ek daar is. En laat Mufamadi kyk wat sy oor hom kan
uitvind.
Toe Helga besig is om aan te trek, kom Christine regop in die bed, haar o pofferig.
Waarheen is jy dan nou op pad? vra sy en vee oor haar gesig, haar blonde hare oor haar borste.
Waarheen dink jy? vra Helga.
By die Sabie-polisiestasie spoeg sy haar kougom tussen die varings in, trek haar o op
skrefies en stap die aanklagkantoor binne. Joshua Bouwer praat skuins agter haar: Luitenant
Raubenheimer? Sy kan sy o teen haar rug voel. Sy ril en draai om. Ons moet dadelik vertrek,
Luitenant, s hy en beduie deur se kant toe. Is u gewapen? Ek weet nie watter onheil op ons
wag nie. Sy ignoreer hom, groet die ander beamtes, en trek haar renjas tydsaam uit.
Die volgende oomblik val n geraamde foto van polisiekommissaris Riah Phiyega van die
muur af en val aan skerwe. Gots! roep Helga en sit haar hand selfbewus oor haar mond. Dan
trek sy haar skouers regop en kyk reguit na Joshua Bouwer. Hy is n middeljarige man met grou
o en n effense boep. Sy gesig is uitdrukkingloos, vlesig, en sy vel jeugdig. Hy dra blou jeans met
n wit oorhanghemp. Sy slape is grys, en ja, nes sy verwag het, tussen sy borshare blink n goue
ketting met n kruis. Onder sy linkerarm knyp hy n outydse leertassie vas.
Ons kan nie nog tyd mors nie, s hy en kom orent. Ongemerk haal hy n blonde haar van
Helga se skouer af en laat dit op die vloer val. Hy sidder, draai op sy hakke om en s: Ek sal
graag voor langs u wil sit. Ek wag in ontvangs.
Ek trust nie hierdie ou nie, is die eerste ding wat sy vir speursersant Nel s wanneer hy
by die aanklagkantoor instap, kon Mufamadi iets uitvind?
Nie veel nie, Joshua Bouwer was op n stadium in n psigiatriese hospitaal. Vir
observasie. Die Hof het hom verwys. Nel krap sy kop. Mag ek maar bly, Luitenant? Hierdie
fokken ou gee my die creeps. Ernstig. Hy s die oudste kind, Marike, is klaar vermoor dit is
blykbaar s wat vir hom vertel waar hulle is. Ek is moer bang vir spoke en goed, kan Van
Rensburg of Phaladi nie gaan nie?
Kry jou baadjie en kom, blaf Helga, as daar n moord is, pass ons net die docket aan.
In die gang op pad na ontvangs, steek sy vas. Ek wil h jy moet hom gou visenteer voor ons ry.
Ek sal sy tas deursoek ...
Merry Christmas, Helga, s iemand in die verbyloop.
Ja, merry, merry, s sy bitter en trek weer haar renjas aan.
In Joshua Bouwer se leertassie kry sy twee verslete Bybels een Grieks, die ander Latyns.
Ook n paar stokkies wierook en n aansteker. As ons nie n ry nie, gaan ons te laat wees, s
hy dringend. Daar kleef n effense soet reuk aan hom, val dit haar nou op. Iets soos tiemie en
muskus, met n ondertoon van tabakolie.
Wat is dit di? vra sy ongeduldig en hou n klein glasflessie op na hom.
Heilige water, s hy asof dit die natuurlikste ding op aarde is. Helga en speursersant Nel
wissel n veelseggende blik.
Het jy hom deursoek, Nel? Is hy skoon? vra Helga binnesmonds, en wanneer Nel knik,
s sy: Kom ons gly, gaan kry solank die kar.
My stryd is teen die onsigbare, Luitenant, s Bouwer, vuurwapens sal my niks help
nie.
Koes-koes drafstap hulle na die Ford Figo wat voor die polisiestasie geparkeer staan. Nel
hou vir Helga die deur oop, maar sy kyk verby hom, na n figuur wat oorkant die pad staan. Wat
maak daai meisiekind so alleen in die ren?
Sersant Nel kyk om. Van wie praat jy, Luitenant?
Die ren stroom oor Helga se gesig, en laat haar o brand. Daardie verwaarlooste kind ...
sy was nou net daar ...
Kan ons in hemelsnaam nou ry? vra Bouwer. Hy klim in en slaan sy deur hard toe.
Hulle ry uit die dorp tot op die hoofpad, draai dan op n grondpad af. Joshua Bouwer sit
met een van die Bybels op sy skoot en prewel iets. Kort-kort vee hy sy gesig met n sakdoek af.
Het julle daai roofvol gesien? vra Nel, elke keer as ons verby hom ry, gaan sit hy n
paar pale voor ons. Watter soort arend is dit?
Helga sug. Ek weet niks van vols af nie.
No shit, s Nel en bars uit van die lag. Helga snuif hard en gluur na hom in die
truspieltjie. Nel sluk sy grinnik en druk sy kop tussen hulle in. S vir my, meneer Joshua, kan jy
in die toekoms ook sien? Bouwer glimlag verle. Hy vroetel die goue kruis uit sy hempskraag en
hou dit lank tussen sy vingers vas. Sien jy dalk iemand spesiaal op my pad vorentoe? hou Nel
aan.
Wees versigtig vir die vrou op die dier, die een wat uit die see kom, s Bouwer skielik
asof hy in n beswyming is, sy is net so bedrieglik soos haar naam Christine.
Vir n oomblik haal Helga haar o van die pad af om sy gesigsuitdrukking te peil.
Christine? Haar hart begin onbedaarlik klop. Wat sal hy van Christine weet? Te laat sien sy die
bruin streep uit die hoek van haar oog, dan hoor sy die slag.
Waddefok?! skree Nel, dis n fokken bok, jirre ... dit was n bok!
Sy verminder spoed en trek van die pad af. Haar gesig doodsbleek. Sy stap om die kar en
bestudeer die skade. Druppels rol van haar renjas af en vorm modderplassies om haar skoene.
Die buffer is moer toe, s sy, dan draai sy om en skiet die bok wat nog ruk-ruk in die pad l.
Wat nou, Luitenant? Gaan ons omdraai? vra Nel hoopvol.
Joshua Bouwer draai in sy sitplek om. Julle kan nie nou wil omdraai nie! Sy stem is skril
en sy gesig rooi. Asseblief, asseblief ... Opeens n dogtertjie se stem. Help my!
Die arend wat n entjie weg op n telefoonpaal sit, draai sy kop, knip-knip sy geel o, sprei
sy vlerke en swiep geruisloos weg. Helga staar strak voor haar uit. Joshua Bouwer sit sy hand so
skielik op haar been dat sy ruk van die skrik. Hier regs, s hy, nous hulle naby ... Sy o brand
in hare. Mag God met julle wees, mag God hom oor julle ontferm ...
Wanneer hulle deur n verrinneweerde hek ry, gly yskoue vingers teen haar ruggraat af.
Die tweespoorpaadjie wat voor hulle uitstrek, is n rooibruin pappery. Weerskante van hulle staan
rye en rye aangeplante dennebome soos n bataljon soldate.
Nel, bel die AK, s vir hulle waar ons is ... s Helga. Haar stem is onvas. Ek sien geen
naamborde nie. Meneer Bouwer weet jy dalk ...
Moet my nie seermaak nie, asseblief! gil hy in n ho stemmetjie en gryp sy kop met
albei hande vas. Hy sluk hard, sy adamsappel pluk op en af. Dis sy, s hy dan in sy eie stem,
Satan self is hier! O Hemelse Vader, bind asseblief die bose geeste van die lug, water, grond ... in
Jesusbloed ...
My bliksem, snou Helga hom toe, kan jy nie net vir n oomblik stilbly nie?!
My foon is morsdood, s Nel bewerig, dit moes natgeren het of iets.
Helga kyk na haar eie foon se dooie skerm en byt haar lip. Myne ook ... Meteens staan
daar iets voor hulle in die pad. Iets soos n natgerende wolf. Dalk n bruinhina. Sy stert kwispel,
sy maanhaar gevlek met bloed. Daar is iets in sy bek.
Liewe Here, Nel, s Helga, moenie vir my s dis n kind se arm in sy bek nie ...
Sekondes tik soos donderslae verby voor Nel sy deur oopstamp en gly-gly in die modder
vorentoe beweeg. Hy pluk sy pistool uit en skiet drie skote. Die dier glip soos n skaduwee die
bos in. Nel storm agterna en trek die 9 mm se sneller so ver as wat hy hardloop. Helga skud haar
kop. Here, daardie klein vingertjies, die bleekwit handjie in die ding se bek ...
Joshua Bouwer se histeriese gegiggel bring Helga tot verhaal. Dis vir jou, dis alles vir
jou! lag hy demonies. Jys my bruid ... Dan druk hy sy hande voor sy gesig en mompel:
ingevaar?
Sy haal haar dienspistool uit die holster en druk dit in haar renjas se sak. Haar vingers vat
die botteltjie raak. Joshua Bouwer se water. Wat het hy nou weer ges? Gooi dit in haar keel. In
sy keel. So iets.
Sy stap deur die oopte, klop hard aan die deur en staan twee tree terug. Die deur swaai
oop. Haar mond val oop.
Voor haar staan Christine in n rooi rok, haar blonde hare oor haar skouers. Helga se
hartklop versnel. Daar is n afgryslike reuk in die vertrek. Die reuk van ontbinde vlees.
Kom in, my lief, pruil Christine, ek het vir jou gewag. Sy trek Helga na binne. Die
deur dawer agter hulle toe. Die stank is onuithoudbaar. Dit is donker, en Helga kan net vormlose
hompe in die vertrek uitmaak. Sy strek haar hande voor haar uit.
Wat maak jy hier, Christine? vra sy, haar tong onwillig. Ek verstaan nie ... Sy swaai
om en tas na die deur, draai aan die deurknop. Dit gee nie skiet nie. Sy ruk daaraan. Die deur bly
toe. Gal stoot in haar keel op. Ek moet hier uitkom!
Christine lag. Maar jyt dan al die pad gekom, my engel, jy kan mos nie nou al gaan nie.
Dan begin sy sing: Siembamba, mamma se kindjie ... draai sy nek om, gooi hom in die sloot, trap
op sy kop ...
Die vormlose strukture in die vertrek kry vastigheid. In die middel van die vloer staan drie
onderstebo houtkruise. Aan elke kruis hang n kind. Kaal en vermink. Die oudste kind, Marike,
hang in die middel. Onder haar staan n emmer bloed.
Helga kan die naarheid nie meer keer nie, dit stort by haar mond uit. Christine dans stadig
en sensueel deur die kamer. Welkom, my liefling, my bruid! Voor Helga se o verander sy van
gedaante. Eers in n bok, dan in n arend, daarna in n wolf, en eindelik terug na die vrou in die
rooi rok wat Helga se arms vasgryp en wild met haar begin dans. Helga stamp haar weg. Waar is
Nel? vra sy. Sersant Nel! skree sy, Sersant Nel!
Hy kan jou nie hoor nie, my skat, lispel Christine. Hy sal nooit weer hoor nie ... Sy
kom druk haar borste weer teen Helga, en lek haar deur die gesig. Dit was nie n slang wat die
seun van die mens in die woestyn probeer verlei het nie, weet jy? Sy giggel. Die tyd het
aangebreek, die uur is voltrek. Weer verander sy van vorm, hierdie keer in n reptiel met n diep
stem: Jy, my bruid, gaan met die bloed van n maagd gedoop word ... ek gaan jou vrymaak.
Helga pluk haar pistool uit en skiet die magasyn leeg. rens begin n kind huil. Die dier se
skubberige huid is plek-plek stukkend waar die koels hom getref het, en uit een van die skeure,
klim Christine. Helga se hart tamboer in haar bors. Sy raak bewus van n gedempte dreunsang. Uit
die planke van die houthut klouter wesens met skuimende bekke, hol oogkasse en velle oortrek
met maaiers.
Sy wil gil, maar haar keel wurg toe. Sy voel na die botteltjie water in haar sak. Die wesens
is nou minder as n meter weg. Wanneer sy die prop met haar duim loswikkel, wriemel hulle oor
mekaar en begin mekaar verslind.
Jy is afvallig, sis Christine, jy weet wat gebeur met ongehoorsame kinders, n Heltjie,
of het jy vergeet? Helga pluk die flessie uit haar sak, maar dit glip deur haar vingers en
versplinter op die vloer.
Eensklaps is dit doodstil. Christine steek haar een klou uit en die emmer bloed gly
gedienstig tot teen haar voete. Dan tel sy dit op en tiep dit oor Helga se kop. Die bloed druip
klewerig oor haar hare en gesig, tot in haar nek. Dan word alles swart.
Helga! Christine se stem kom van ver af. Sy skud haar liggies aan die skouer. Helga se
o gaan stadig oop. Ek dink jyt gedroom, jys skoon natgesweet.
Verligting spoel soos louwarm water oor Helga se koue lyf. Slaap verder, dis vandag
Kersfees. Gesende Kersfees, Heltjie. Christine soen haar teen die voorkop. Is dit oor die
vermiste kinders waaroor jy so droom?
Ek ... dink so.
Jy sal hulle kry, daarvan is ek seker. Rus nou eers.
Helga sug en draai op haar sy. Iets druk teen haar heup. Iets glad en koel. Haar hart mis n
slag. n Klein glasflessie water.