Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 2

Daar is n spreekwoord wat s: Water is lewe.

Die lewensstroom van n gesin is


kommunikasie en sodoende geen kommunikasie lei tot konflik. Dit is moeilik in
enige mens se lewe wanneer n rivier ophou vloei, asof die lewenslyn wat
verhoudinge bou, nie meer daar is nie.
In Paljas, is Hendrik en Katrien McDonald se verhouding soos die eensame en
droe omgewing van die Karoo landskap. Die ongelukkige verhouding word
geopenbaar deur die hewige konfliksituasies. Katrien s vir Hendrik die oorsaak
is die kwaal van die McDonalds om hulle bekke te hou. Albei slaap op
enkelbeddens wat toon dat hulle gesoleerd is en daar is duidelik n gebrek aan
kommunikasie.
Baie van die argumente is oor Willem en Emma en hierdie argumente affekteer
die twee lede van die gesin op n emosionele vlak. Katrien verag Hendrik vir sy
opdringerige, selfsugtige begeerte om Willem wat van n angstoestand sukkel te
paai om weer te begin praat veral aan die ontbyttafel. Katrien wys afkeuring
teenoor Hendrik want hy maak altyd verkeerde aanmerkings veral gedurende
Willem se toertjie en hierdie baklei veroorsaak Willem om na Manuel weg te
hardloop.
Die konfliksituasie en breek in kommunikasie bereik n hoogtepunt toe Katrien so
frustreerd is met Hendrik so verwagtinge om Emma aan Nollie af te smeer dat sy
haar misnoe uitspreek. Hendrik is in konflik met Katrien se verdediging oor
Emma dat hy minagting toon vir haar skaamheid (deur van al wat n broek dra
weg te hardloop). Hendrik hoop dat sy nie eendag op die rak sit en alleen in n
bed soos n oujongnooi slaap nie. Di konflik is n gevolg van die verhouding en
gebrek aan kommunikasie tussen Emma en Hendrik.
Emma en Hendrik se verhouding het definitief n gaping weens die konflikte in
belangstellings. Hendrik sien Nollie as die regte skoonseun en n goeie maat vir
Emma maar sy aan die anderkant maak dit duidelik dat sy gerriteerd is omdat
haar pa gedurig vir Nollie aan haar wil opdring. Emma wou nie n verhouding met
Nollie aanknoop nie want sy weier om met Nollie te praat. Die skeiding word
vererg omdat Emma nie vir Hendrik wil vertel van die insident met Nollie in die
veld nie , omdat sy voel dat sy nie Hendriks simpatie wil h nie.
Emma, wat sien hoe ongelukkig haar ouers is, s sy wil nooit trou nie want sy is
bang om in n verhouding betrokke te raak. Die oorsaak van Emma se persepsie
is n verband met Katrien se koevlug vir aandag en geselskap na Frans Lomberd
neem. Dus, konfronteer Emma haar ma oor Frans en haar ongelukkigheid, want
sy besef haar ma wil nie daaroor praat nie. Die enigste oogkontak tussen hulle is
in die spieel en dit beklemtoon die gebrek aan begrip en kommunikasie tussen
hulle.
Die effek van al die konfliksituasies tussen die lede van die gesin word
ondersteun deur die feit dat Hendrik na romanties musiek vir sy eensame siel
begin luister en dat Emma nie meer die klavier speel nie.

Om n boodskap te gee, enige verhouding is nie maanskyn en rose nie. Daar is n


tyd wanneer die rivier absoluut droog is en dis wanneer daar soveel konflikte is
en dan is daar n tyd wanneer die rivier weer vloei. Die feit dat Emma, Katrien en
Hendrik hierdie konflikte ervaar, maak dat hulle mekaar meer waardeer en so
groei in karakter. As bogenoemde karakters mekaar waardeer het ongeag hulle
foute sou hulle verhouding soveel sterker gewees het. Sodoende sou hulle
verhouding gewees het soos n rivier wat nooit opdroog nie.

You might also like