Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 2

Daar is n spreekwoord wat s: Water is lewe.

Die lewensstroom van n gesin is kommunikasie en


sodoende geen kommunikasie lei tot konflik. Dit is moeilik in enige mens se lewe wanneer n rivier
ophou vloei, asof die lewenslyn wat verhoudinge bou, nie meer daar is nie.
In Paljas, is Hendrik en Katrien McDonald se verhouding soos die eensame en droe omgewing van
die Karoo landskap. Die ongelukkige verhouding word geopenbaar deur die hewige konfliksituasies.
Katrien s vir Hendrik die oorsaak is die kwaal van die McDonalds om hulle bekke te hou. Albei
slaap op enkelbeddens wat toon dat hulle gesoleerd is en daar is duidelik n gebrek aan
kommunikasie.
Baie van die argumente is oor Willem en Emma en hierdie argumente affekteer die twee lede van die
gesin op n emosionele vlak. Katrien verag Hendrik vir sy opdringerige, selfsugtige begeerte om
Willem wat van n angstoestand sukkel te paai om weer te begin praat veral aan die ontbyttafel.
Katrien wys afkeuring teenoor Hendrik want hy maak altyd verkeerde aanmerkings veral gedurende
Willem se toertjie en hierdie baklei veroorsaak Willem om na Manuel weg te hardloop.
Die konfliksituasie en breek in kommunikasie bereik n hoogtepunt toe Katrien so frustreerd is met
Hendrik so verwagtinge om Emma aan Nollie af te smeer dat sy haar misnoe uitspreek. Hendrik is in
konflik met Katrien se verdediging oor Emma dat hy minagting toon vir haar skaamheid (deur van al
wat n broek dra weg te hardloop). Hendrik hoop dat sy nie eendag op die rak sit en alleen in n bed
soos n oujongnooi slaap nie. Di konflik is n gevolg van die verhouding en gebrek aan
kommunikasie tussen Emma en Hendrik.
Emma en Hendrik se verhouding het definitief n gaping weens die konflikte in belangstellings.
Hendrik sien Nollie as die regte skoonseun en n goeie maat vir Emma maar sy aan die anderkant
maak dit duidelik dat sy gerriteerd is omdat haar pa gedurig vir Nollie aan haar wil opdring. Emma
wou nie n verhouding met Nollie aanknoop nie want sy weier om met Nollie te praat. Die skeiding
word vererg omdat Emma nie vir Hendrik wil vertel van die insident met Nollie in die veld nie ,
omdat sy voel dat sy nie Hendriks simpatie wil h nie.
Emma, wat sien hoe ongelukkig haar ouers is, s sy wil nooit trou nie want sy is bang om in n
verhouding betrokke te raak. Die oorsaak van Emma se persepsie is n verband met Katrien se
koevlug vir aandag en geselskap na Frans Lomberd neem. Dus, konfronteer Emma haar ma oor Frans
en haar ongelukkigheid, want sy besef haar ma wil nie daaroor praat nie. Die enigste oogkontak
tussen hulle is in die spieel en dit beklemtoon die gebrek aan begrip en kommunikasie tussen hulle.
Die effek van al die konfliksituasies tussen die lede van die gesin word ondersteun deur die feit dat
Hendrik na romanties musiek vir sy eensame siel begin luister en dat Emma nie meer die klavier
speel nie.

Om n boodskap te gee, enige verhouding is nie maanskyn en rose nie. Daar is n tyd wanneer die
rivier absoluut droog is en dis wanneer daar soveel konflikte is en dan is daar n tyd wanneer die rivier
weer vloei. Die feit dat Emma, Katrien en Hendrik hierdie konflikte ervaar, maak dat hulle mekaar
meer waardeer en so groei in karakter. As bogenoemde karakters mekaar waardeer het ongeag hulle
foute sou hulle verhouding soveel sterker gewees het. Sodoende sou hulle verhouding gewees het soos
n rivier wat nooit opdroog nie.

You might also like