Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 4

Hel op aarde, is om aan die einde van jou lewe te kom, en dan gekonfronteer te word met

die persoon wie jy kn wees


Want wat kan erger wees as om aan die einde van jou lewe te kom en dan in selfverwyt te
s: as ek maar net?
Ek het n ruk gelede iets gelees wat my baie laat nadink het: Die rykste plekke op aarde is
nie die olievelde van die Midde-Ooste of die diamantvelde van Suider-Afrika nie. Die rykste
plekke op aarde is die begraafplase van die wreld. Onder die grond l daar ontelbare
sakeondernemings wat nooit begin is nie, liedere wat nooit gesing is, boeke wat nooit
geskryf is, drome wat nooit verder as die droom beweeg het nie, potensiaal wat nooit
verwesentlik is nie...
Moenie dat jou lewe in selfverwyt eindig nie. Moenie saam met jou skat begrawe word nie.
Watter mense is dit wie se skat ni saam met hulle begrawe is nie? Dit was hulle wat geglo
het dat God iets van Homself in hulle gesit het. Hulle liggame is uiteindelik ook begrawe,
maar hulle het iets agtergelaat wat blywend is. En uiteindelik kan daar van hulle almal ges
word dat hulle die hoogste vorm van vervulling, vreugde en betekenis gedurende hulle tyd
op aarde beleef het.
Die goeie nuus is dat dit nog nie vir jou te laat is nie. Jy kan nog steeds alles word wat jou
Maker bedoel het dat jy sal wees.
Dit is nou ju tyd! Neem vandag nog die besluit. Moenie langer verskonings maak of wag vir
die perfekte oomblik nie. Neem n besluit en doen dit net. Gee die tree. Dit is geloof!
As ons die lewe met `n rolprent vergelyk, speel die meeste mense as byspelers in hulle eie
film. Omstandighede of nog erger, ander mense, speel die hoofrol in hulle storie.
Maar hier is die punt: jy is deur jou Maker gekies om die STER in jou storie te wees. Jy is ni
veronderstel om as `n ekstra daarin te speel nie.
Om watter rede is daar so min sterre onder ons? Waarom speel jy nie die hoofrol in die film
oor jou eie lewe nie?
Een rede is omdat daar vandag `n verlammende plaag oraloor versprei het. Soveel mense
glo dat daar, op `n manier, iewers, iemand daarvoor verantwoordelik is om hulle lewe te vul
met geluk, opwindende beroepe, geld en wonderlik verhoudings, omdat wel, hulle lewe.
Miljoene mense oor die wreld heen word deur hierdie plaagsiekte gestroop van die
oorvloed lwe wat ons Maker vir ons bedoel het.
Maar hier is die waarheid: Jyself is daarvoor verantwoordelik om `n lewe met geluk,
betekenis en vervulling te skep. Net jy en jy alleen kan die een lewe wat aan jou gegun is,
legendaries leef. Niemand anders kan jou lewe namens jou lei nie. Moet daarom nie langer
wag op iemand anders nie. Begin lewe deur self verantwoordelikheid te aanvaar vir die een
lewe wat aan jou geskenk is. You cant hire someone else to do your push-ups for you, s
Tim Rohn.
Nog `n rede waarom baie mense byspelers in hulle eie lewensverhaal is, is omdat hulle nie
verstaan hoe God die mens se brein ontwerp het nie. Met jou brein is jy `n medeskepper,
saam met God, van jou realiteit en van jou eie lewensverhaal.
Jy het tot jou beskikking die onbeskryflikste meganisme sover bekend aan die mens jou
brein. Dit is in jou denke waar alles begin en waar die lewe hom eintlik afspeel.

Ons is geskep om suksesvol, legendaries te lewe. Ons brein is inderdaad ontwerp met `n
suksesmeganisme. Alhoewel jy nie die omstandighede, seisoene of die winde kan kies nie,
kan jy kies hoe jy jou seile gaan draai. Jy kan bepaal hoe jy daaroor gaan dink.
n Derde, en byna onstellende rede, is dat ons lewe asof ons vir ewig gaan lewe. Maar hier
is die waarheid: Jou lewe vlieg sekonde vir sekonde verby. Jy gaan ni vir ewig hier op
aarde wees nie. Wat jy wil doen, moet jy NOU doen. Drome het ook n bepaalde rakleeftyd.
Geleenthede kom dikwels net eenmaal in n leeftyd by jou verby. Wat jy wil doen, moet jy
Nou doen. Mre is dit dalk te laat.
Hoekom sal jy n wonderlike lewe wat die Droomgewer aan jou gun wil uitstel? Dit is nou
JOU tyd. Jy lewe NOU.
Die feit dat jy hierdie boek in jou hande hou en lees, beteken dat jy gereed is vir meer. En
daar is altyd meer in die lewe vir hulle wat meer verwag en meer wil leer. Daar is `n beloning
vir hulle wat klop, soek en vra.
Jy sal beginsels leer hoe jy die Goddelik-ontwerpte neurone in jou brein kan laat vuur om
alles te word wat Hy bedoel het dat jy sal wees in alle areas van jou lewe. Dit behels geld,
gesondheid, verhoudings, beroep en `n algehele gevoel van geluk en tevredenheid met die
lewe self.
Jy sal begin put uit die asemrowende kragbron tussen jou ore wat elke aspek van jou lewe
vir altyd gaan verander.
Jy sal onmiddellik aanklank vind by die meeste van die idees in die boek. Wat sal gebeur is
dat jy instinktief iets van die universele skeppingswaarhede sal herken. En jy sal nie langer
`n byspeler in jou eie storie wees nie.
Wat gaan gebeur is dat jy `n nuwe soort entoesiasme sal begin ervaar soos jy deur die boek
lees. Die woord entoesiasme kom van die twee Griekse woorde en theos wat beteken IN
GOD. Die entoesiastiese gevoel wat jy sal ervaar is omdat jy nie langer tn die wette van
die skepping gaan werk nie. Jy sal saam daarmee begin vloei.
Daar sal `n Goddelike ritme en harmonie in jou lewe kom wat dinge net soveel makliker en
sprankelend vir jou sal maak.
Omdat jy entoesiasties is, sal daar `n nuwe energie van jou uitgaan. Dit sal die regte deure
laat oopgaan, die regte mense op die regte tyd jou pad laat kruis. Jy sal ook op die regte tyd
die regte idees kry.
Lees al die woorde, pas die tegnieke toe en jy sal verstom staan hoe talle skynbare
toevallighede vir jou sal begin gebeur. Joseph Campbell beskryf hierdie toevallighede as a
thousand unseen hands wat jou te hulp sal snel.
Jou gesprekke sal begin bestaan uit sinne soos: Ek wil nie eers begin om dit te beskryf nie,
maar.... Jy sal dit nou nie glo nie, maar...
Skeptici sal s dat jy net gelukkig is, op die regte tyd op die regte plek... Maar jy sal weet wat
die waarheid is. Die waarheid is dat jy begin glo het dat jy deel van die groter kosmos is. Jy
sal daarvan bewus wees dat jy volgens die oerwyshede en oerwette van die skepping begin
leef.
Jy sal opgewonde raak wanneer jy agterkom waartoe jy in staat is. Jy gaan gevoelens van
beheer ervaar. Hierdie oerwaarhede gaan verander hoe jy dink en voel. En dan sal jy `n ryk

en vol lewe begin skep. Jy sal nie meer net reageer op dit wat om jou gebeur of probeer
wees wat ander mense van jou verwag nie.
Moenie langer tevrede wees met `n middelmatige, saai, vervelige lewe nie. Jy is beslis
bestem vir baie meer! Laat die woorde van die 13de-eeuse Persiese wysgeer Rumi jou
motiveer om alles te word wat jou Maker met jou lewe in gedagte gehad het: Don't be
satisfied with stories, how things have gone with others. Unfold your own myth.
In sy gedig You have wings skryf hy verder :
You were born with potential.
You were born with goodness and trust.
You were born with ideals and dreams.
You were born with greatness.
You were born with wings.
You are not meant for crawling, so don't.
You have wings.
Learn to use them and fly.
So, begin sommer nou reeds droom van `n lewe waar jy vry sal leef, `n lewe waar jy die skat
in jou sal deel met die wreld en sy mense.
Wat jy glo, sal gebeur bestaan uit twee dele:
In Deel 1 sal jy leer hoe jy, en spesifiek jou brein, inskakel by die groter kosmos. Dit gaan
dalk nodig wees dat jy hierdie deel `n paar maal lees totdat jy die inhoud daarvan regtig
verstaan en in jou lewe gentegreer het. Die wetenskap en die teologie het die afgelope
dertig jaar baie nader aan mekaar beweeg. Dit is veral te danke aan ontdekkings in veral die
kwantefisika.
Ek het nie probeer om die Bybel as reg te bewys nie, maar om eerder uit te wys dat die
Bybel hierdie ontdekkings al vir eeue leer. Ek het ook probeer om ingewikkelde en
komplekse teorie so eenvoudig as moontlik te beskryf. Daarom glo ek dat jy die boek
eerder soos `n storieboek sal lees, as `n boek vol feite en argumente.
Deel 2 is `n stap-vir stap gids wat jou sal wys hoe om die lewensbeginsels in Deel 1,
prakties toe te pas.
Dalk moet jy nou, aan die begin hierdie mooi woorde oor jou lewe bid: God made my life
complete when I placed all the pieces before Him. When I got my act together, He gave me
a fresh start. (Psalm 18:20 Message)
Sien jou op die podium!
Francois Stone

You might also like