Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 2

PROSPECTUS NOVUS SKOOL

DIE SKOOL...

Soos die betekenis van die skool se naam aandui, bied Prospectus
Novus Skool ‘n nuwe begin vir leerders met spesifiek leergestremdhede en ander
verwante probleme. Leerders van regoor die Tshwane metropolitaanse gebied kan
in hierdie parallel-medium skool opgeneem word.
Prospectus Novus Skool spreek die leerder se behoeftes aan deur gebruik te
maak van 'n interdissiplinêre spanbenadering.
DIE LEERDER
Spesifiek Leergestremdheid (SLG) is 'n sambreelterm vir vele uiteenlopende tipes
leerprobleme. Die volgende vier algemene elemente verwys:
a. Potensiaal en akademiese prestasie stem nie ooreen nie
b. Ontwikkelings- en voorgeletterdheidsleerprobleme
c. Probleme met akademiese leervaardighede
d. Neurologiese disfunksie ('n lewenslange toestand) - aandag- en
konsentrasieprobleme
Fisiese oorsake so os blindheid, doofheid en verstandelike gestremdheid is
uitgesluit.
OPNAMES
'n Afspraak word by die sekretaresse van die Sielkunde-afdeling gemaak. Die
leerder is vir drie opeenvolgende dae in sy toepaslike graadklas ingedeel,
waartydens hy deurlopend deur die verskillende spanlede geassesseer word.
Spesifieke inligting en vorms is noodsaaklik vir hierdie afspraak.
DIE SPAN…
ONDERWYSERS EN KLASSE:
PNS bied die gewone GDO kurrikulum aan van Graad 1 - 9. Klasse het 'n
maksimum van 20 leerders. Graad 1-4 leerders ontvang die volle spektrum
dienste. Binne klasverband sluit dit ervare onderwysers wat remediërende
onderwysmetodes gebruik, in. Sodoende word daar op 'n individuele vlak in die
klasopset aandag aan die leerder se unieke behoeftes geskenk.
SIELKUNDIGES
Die sielkundiges is verantwoordelik vir die eerste ontmoeting met die
ouers/voogde en lei ook die spanassessering van die leerder. Ondersteuning vir
emosionele en sosiale probleme word gebied. PNS beskik oor 'n voltydse suster,
pediater en maatskaplike werker wat verder na die leerders se fisiese en
maatskaplike behoeftes omsien.
ARBEIDSTERAPIE
Leerders word deur arbeidsterapeute gehelp om hulle potensiaal
te ontwikkel ten opsigte van visuele perseptuele-, motoriese-,
sosiale- en voorberoepsvaardighede.
SPRAAKTERAPIE
Gesproke en geskrewe kommunikasievaardighede van die leerder word
aangespreek deur spraakterapeute. Individuele- en groepsessies fokus op die
volgende: spraak, beg- rip en gebruik van taal, luister- en sosiale
interaksievaardighede, lees- en spelvaardighede.
REMEDIERENDE ONDERRIG
Bykomende RO word in klein groepies aangebied waar aandag veral aan
skolastiese lees- en spelvaardighede geskenk word deur Remediërende
Onderwysers. Hier kan die leerder selfvertroue in sy eie akademiese
leervaardighede stelselmatig binne die kleiner groepsopset opbou.

You might also like