Absg 16 Q1 Af L01

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 8

Les 1

*26 Desember1 Januarie

Krisis in die Hemel

SABBATMIDDAG
Lees vir hierdie week se studie:
Jesaja 14:4, 1215; Esegil 28:2, 1219; Johannes 12:31; Openbaring 12:713;
Lukas 10:121.

Geheueteks:
Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam! (Openbaring 7:10)

mdat liefde die grondslag van God se heerskappy is, hang die
geluk van intelligente wesens daarvan af dat hulle volkome in
harmonie is met die beginsels van geregtigheid. God verlang
van al Sy skepsels liefdesdiens diens wat uit waardering vir Sy
karakter voortvloei. Gedwonge gehoorsaamheid behaag Hom nie,
en daarom gee hy aan elkeen n vrye wil sodat Sy skepsels Hom vrywillig kan dien. Ellen
G. White Patriarge en Profete bl. 34 So lank alle geskape wesens hulle liefdestrou besef en
negekom het, was daar volkome harmonie in die ganse skepping. Dit het slegs een rebel
geneem om alles te verander. Lucifer was van mening dat hy God kon oortref. Hy het God se
posisie begeer en die status wat daarmee gepaard gaan. Sy obsessie om mag, het die oorlog
in die hemel teweeggebring. (Openbaring 12:7) Toe hy Adam en Eva by die boom verlei, het
die Satan die oorlog na die aarde gebring en ons leef nog steeds met die gevolge daarvan.
Die verlossingsplan was die wyse waarop God die rebellie in die bek sou ruk om die orde en
harmonie te herstel wat Satan versteur het.
*Bestudeer vandeesweek se les ter voorbereiding vir Sabbat, 2 Januarie.

SONDAG

27 Desember

Sondeval in die Hemel


Lees Jesaja 14:4, 1215. Watter beskrywing van die koning van Babilon dui daarop dat
hy van iemand baie groter as net n menslike regeerder praat?

Geen aardse koning het nog ooit uit die hemel geval nie. Verse 12-15 dui op iemand groter as
n koning, selfs groter as die koning van Babilon. Die beeld van opklim na die hemel,n posisie
hor as di van engele inneem, en op die berg van samekoms in die noorde sit, is beelde van
n god in die literatuur van die antieke Nabye Ooste. Satan se aspirasies word baie duidelik in
hierdie tweeledige profesie gesien. Jesus gebruik n soortgelyke skryfstyl wanneer hy oor die
verwoesting van Jerusalem profeteer (Matteus 24). Alhoewel die dissipels oor die verwoesting
van Jerusalem navraag doen, het Jesus in Sy antwoord na beide die historiese verwoesting deur
die Romeine in 70n.C. en die finale verwoesting van die wreld verwys. Jesaja doen dieselfde
en beskryf die kenmerke van n aardse koning en pas dit dan toe op iemand groter as slegs n
gewone koning.

Lees Esegil 28:2, 1219. Hoe word Satan hier beskryf?

Esegil beskryf n volmaakte wese in die tuin van Eden. Hy is met allerhande kosbare stene
versier, wat ons later in die borsplaat van die hopriester vind. Hy word ook as een van die
gerubs by die troon van God beskryf. Hierdie volmaakte wese het homself as gevolg van sy
skoonheid besoedel. Hierdie menslike parallelle help ons om goddelike werklikhede beter te
verstaan. Die profete het dit wat verstaanbaar was, gebruik om begrippe wat moeilik is, beter te
verduidelik. Wat in die hemel gebeur, is vir ons op aarde moeilik om te begryp, maar dis vir ons
wel moontlik om die verwoestende gevolge van ambisieuse aardse politieke leiers te verstaan.
Jesaja en Esegil gee vir ons insig oor die onverklaarbare historiese oorgang, toe alles mooi
en volmaak in God se heerskappy was, en toe deur Satan se vernietigende ambisie geskend is.
As n volmaakte wese, in n volmaakte tuiste, en so volmaak geskape
deur God, toegelaat het dat trots van hom besit neem, hoeveel meer
nog behoort ons as gevalle wesens uit hierdie dodelike sonde te
leer?

MAANDAG

28 Desember

Die Owerste van hierdie Wreld


Lees Johannes 12:31, 14:30, en 16:11. Waarom noem Jesus die Satan die owerste van
hierdie wreld?

Toe God in die begin Adam en Eva in die Tuin van Eden geplaas het, moes hulle dit versorg
(Genesis 2:8, 15). Dit het ook die versorging van die wesens in die water, die hemel en die aarde
ingesluit. (Genesis 1:26,28). Toe Adam die diere name gegee het, het hy sy rentmeesterskap
oor hulle gedemonstreer. Dis gewoonlik die een in beheer wat die naam gee. Deur al die diere
name te gee het Adam baie duidelik gedemonstreer dat hy die heerser van die wreld was. Die
oomblik toe Adam sy heerskappy verloor het, was die duiwel baie vinnig om die vakuum te vul.n
Deel van die herstel van die mensdom wat deur Christus se offer op Golgota moontlik gemaak
is, sal wees wanneer die verlostes die voorreg ontvang wat aan Adam en Eva gegee is om vir
ewig saam met God as konings en priester te regeer (Openbaring 1:6, 5:10). Die eerste paar
hoofstukke van die boek Job, openbaar hoe oneindig groot en omvangryk Adam se verlies was.
Wanneer ons n blik op die troonkamer van die heelal kry, sien ons hoe die menslike ras sedert
die sondeval, ondergeskik aan die natuur geword het.

Lees Job 1:6,7 en 2:1,2. Waarom stel Satan homself aan die vergadering van die seuns
van God voor as iemand wat die aarde deurkruis het?

n Swerftog en om die aarde te deurkruis is nie net iets wat toeriste doen nie. In die Bybel
dui dit op eienaarskap. Toe God die land aan Abraham gegee het, moes hy dit in sy lengte en
breedte deurstap (Genesis 13:17), so ook in die geval van Moses en Josua (Deuteronomium
11:24, Josua 1:3). Tot n sekere mate loop die Satan te koop met die idee dat hy die god van
hierdie wreld is (2 Korintirs 4:4). Die voorstelling van Satan in die eerste twee hoofstukke van
Job, stem ooreen met wat in Genesis 3 gebeur het. Satan inisieer die moeilikheid in die paradys,
stap weg en laat die slagoffers aan hulle tragiese lot oor.
Watter bewyse van Satan se werk kan ons in die wreld sien? Watter
hoop put ons uit die belofte dat hierdie hele groot fiasko eendag
tot n einde gaan kom?
8

DINSDAG

29 Desember

Oorlog in die Hemel


Ons het geen idee wat oorlog in die hemel behels het nie; dit wil s, watter soort fisiese stryd
gewoed het, behalwe dat Satan en sy engele uitgewerp is. Om die waarheid te s, die Bybel s
niks van die fisiese nadraai van hierdie hemelse konflik nie. Dit hanteer eerder die geestelike
gevolg daarvan op die aarde.

Lees Openbaring 12:716. Wat leer dit oor die impak wat die groot stryd op die hemel
en op die aarde gehad het?

Let op na die positiewe verwysing van Johannes na die voordurende oorlog tussen die aanklaer
van ons broeders en die oorwinnaars. Hy koppel dit aan die verlossing en komende koninkryk
van God (Openbaring 12:10, 11). Hierdie positiewe tema word deurgaans in die hoofstuk
uitgelig; dis beslis n baie belangrike aspek van die groot stryd. Dis van uiterse belang dat ons
na die hele konteks van hoofstuk 12 kyk. Drie groot bedreigings word beskryf, maar elkeen bereik
n klimaks in triomfantlike verlossing. Aan Johannes word n dramatiese visioen getoon oor die
stryd tussen Christus en Satan; dit blyk asof die magsbalans nie dieselfde is nie. Byvoorbeeld,
die groot rooi draak (Satan, vers 9) maak gereed om die baba (Jesus) te verslind wat op die
punt staan om gebore te word. Watter baba sal dit oorleef? Maar Hy oorleef dit, en word na God
se troon opgeneem. Dan probeer die draak die moeder-vrou, simbool van die volk van Here,
(sien vers 13) te vervolg. Watter kans het n moeder wat so pas geboorte aan haar baba gegee
het, om haarself teen die draak te verdedig? Maar ook sy ontvlug wonderbaarlik (vers 14). In n
derde poging om Gods kinders te vernietig, stuur die draak vloedwaters agter die vrou aan (vers
15). Wat is n vrou se kans op oorlewing in hierdie alles-meesleurende watermassas? Maar God
gryp weer n keer in en verlos haar (vers 16). Die draak se volgende teiken is die oorblyfsel van
die vrou se saad. Hy is woedend en maak teen haar oorlog. Die geskiedenis getuig van hoe daar
op God se kinders jag gemaak is, hoe hulle onderdruk is en oor die eeue heen vervolg is. Ons
kyk te dikwels na die onmoontlikheid om te oorwin, en wonder of die gelowiges gaan oorleef.
Ons vergeet dat die verhaal nie daar eindig nie. Die verhaal neem ons na Openbaring 14 waar
die getroues voor die troon van God staan: ook hulle, is verlos.
Hoe kan jy, in tye wanneer magte groter as jyself, jou oorweldig, leer
om moed te skep in die Here wat groter as al hierdie dinge is?

WOENSDAG

30 Desember

Satan Uitgewerp
Soos ons voorheen gesien het, was die oorlog in die hemel nie slegs tot die hemel beperk nie,
maar ons planeet is ook geraak. Vir n tyd lank het dit gelyk of Satan, (die aanklaer van ons
broeders, volgens Openbaring 12:10) sy aantygings van God se volk voor Sy troon kon bring.
Job was een van die Bybelse karakters wat hierdie onwaardige behandeling moes verduur.

Lees Lukas 10:121. Wat is die betekenis van die woorde wat Christus oor Satan
uitspreek?

Voordat Jesus die 70 uitgestuur het, het Hy hulle beveel om nie ekstra geld of klere saam te
neem nie(Lukas 10:4), en om vrede op hulle gashere af te bid (vers 5). Hy het hulle gewaarsku
dat hulle soos skape is wat onder wolwe ingestuur word(Lukas 10:3) n besorgheid wat in
Openbaring 12 voorkom waar die draak oorlog teen God se volk wil voer. Toe die dissipels met
blydskap terugkeer (Lukas 10:17) het hulle vertel hoe die duiwels hulle in die Naam van Jesus
aan hulle onderwerp het. Dit moes groot vreugde aan Jesus gebring het (Lukas 10:21). Dit is in
hierdie konteks dat Jesus die Satan soos n bliksemstraal uit die hemel sien val het. Hy waarsku
die dissipels dat hulle vreugde nie oor die sukses van demoniese magte se ontketening moet
wees nie, maar eerder dat hulle name in die boeke van hemel opgeteken is. (Lukas 10:20).
Hierdie aanmaning herinner ons dat ons verlossing veilig in die hande van ons Verlosser is. Dit
is Jesus wat die vyand verslaan het, nie ons nie. Jesus se volgelinge word die voorreg gegun
om van hulle oorwinning te getuig wat Hy behaal het. Dit wil voorkom asof die gebeurtenis in
Lukas 10:1720, verbind word met die getuienis-taak wat Jesus ons opgel het, as n mag oor
Satan in die groot stryd. Wanneer ons getuig vir God, word die Satan se mag verswak, wat hy
oor mense voer. En dit bied hulle die geleentheid om die aanvanklike evangelisasie-opdrag uit
te voer tot uitbreiding van Sy koninkryk. Mag oor die vyand is alleen moontlik as gevolg van
Jesus se oorwinning wat Hy aan die kruis behaal het. Paulus s dat Jesus owerhede en magte
ontwapen het en oor hulle getriomfeer het (Kolossense 2:15). In Hom is Gods volk oorwinnend.
Satan se dood is verseker. Die owerste van hierdie wreld (is) buitentoe gedryf (Johannes
12:31), sodat hy in ewigheid nooit weer die volk van die Here sal kan aankla nie. Laat ons juig
en bly wees. Die Here het oorwin!
Wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is. Gesels
bietjie hieroor. Wat s dit, en waarom moet ons ons daaroor verbly?

10

DONDERDAG

31 Desember

Die Oorlog duur voort


Net soos die reflekse en stuiptrekkings van n slang wat so pas doodgemaak is, jou steeds kan
vergiftig as jy hom sou optel, so is die Satan se byt ook nog steeds dodelik. Hy is op Golgota
verslaan, maar die gevaar is nog nie oor nie.

Lees Johannes 16:33. Hoe het Jesus Sy dissipels teen die voortdurende stryd teen die
bose gewaarsku?

Jesus het geweet Sy volgelinge gaan dit nie maklik h nie, maar in plek daarvan om op die
uitdagings te fokus, het Hy Sy dissipels se o gevestig op die oorwinning wat hulle in Hom kon
behaal. Terwyl Paulus oor hierdie waarborg dink, het hy die gelowiges in Rome verseker dat
God die Satan spoedig onder hulle voete sou verbrysel (Romeine 16:20). En Johannes het die
oorblyfselkerk dieselfde versekering gegee hulle oorwinning was verseker as gevolg van die
bloed van die Lam (Openbaring 12:11).

Lees Hebrers 12:1,2. Wie is hierdie getuies, en hoedanig bemoedig hulle ons? Lees
Hebrers 11.

Hebrers 11 bied n vlugtige skets van die lewens van sommige van die geloofshelde. Abel het
n regververdige offer gebring en alhoewel hy dood is, word hy nie vergeet nie. Henog het met
God gewandel en is in die hemel opgeneem. Noag waarsku teen komende gebeure en bied
verlossing aan n wreld wat in sonde versonke is. Abraham verlaat n ontwikkelde beskawing
om na die beloofde te land te verhuis. Sara skenk geboorte aan die beloofde kind, alhoewel dit
nie meer fisies moontlik was nie. Moses verkies om liewer saam met sy volk swaar te kry as om
in die koning se paleis te woon. En Ragab getuig van God se grootheid (Josua. 2:911). Hierdie
mense maak deel uit van die groot wolk van getuies waarna Hebrers 12:1 verwys. Hulle is nie
passiewe getuies soos toeskouers op n pawiljoen nie. Hulle is eerder aktiewe getuies van God
se getroue ondersteuning wanneer hulle allerhande aanslae in die gesig moet staar. Ons staan
nie alleen in hierdie groot oorlog nie.
Kyk n bietjie na sommige van die mense wat in Hebrers 11 genoem
word. Watter karaktereienskappe het hulle geopenbaar? Watter
hoop gee dit jou as jy sien hulle was nie foutloos nie maar mense
met vrese, hartstogte en swakhede soos ons almal?

11

VRYDAG

1 Januarie

Verdere Studie:
Ons weet nie waarom sonde in Lucifer ontstaan het nie. Ellen G. White skryf: Geleidelik het
Lucifer hom aan die begeerte vir selfverheffing oorgegee. Patriarge en Profete, bl. 35. Die feit dat
sonde ontstaan het in n volmaak-geskape wese, vertel ook op n kragtige wyse van die werklike
bestaan van n vrye wil en vrye keuse as deel van God se regering. God het al die intelligente
wesens goed geskape; hulle was sedelike wesens met n goeie sedelike natuur. Daar was niks
in hulle wat na die kwaad geneig het nie. Hoe het sonde dan in Lucifer ontstaan? Die antwoord
is eenvoudig. Daar is geen antwoord nie. Daar is geen verskoning vir sonde nie. Indien daar
n verskoning was, sou God uiteindelik daarvoor verantwoordelik wees. Ons is bekend met n
oorsaak-en-gevolgverhouding. Maar sonde het nie n oorsaak nie; daar is eenvoudig nie n rede
daarvoor nie. Dit is irrasioneel en dwaas, onsinnig. Lucifer kon nie sy optrede regverdig nie,
veral omdat hy so grootliks deur God begunstig is. Op n manier, deur sy vrye wil te misbruik het
Lucifer homself verontreinig. Van n engel van lig het hy die Satan, die testander geword.
Alhoewel ons nie alles verstaan nie, moet ons tog kennis neem van die feit dat ons baie versigtig
met die heilige gawe van vrye keuse moet omgaan.

Vrae om te bespreek:
1. Jaloesie het n belangrike rol in Satan se rebellie teen God
gespeel. Watter skade het jaloesie in jou lewe veroorsaak? Hoe kan
ons weerstand teen hierdie algemene emosie bied?
2. Gesels meer oor die ongelooflike gawe van n vrye wil en vrye
keuse. Hoedanig wend ons hierdie gawes op n daaglikse basis
aan? Dink net aan die rampspoedige gevolge van die verkeerde
aanwending van hierdie gawe. Hoe kan ons leer om dit reg aan te
wend?
3. Dink aan die rol wat die wet in die konteks van n vrye wil en n vrye
keuse speel. Die feit dat God n wet het behoort van die werklikheid
te getuig dat ons n vrye keuse het. Wat sou die doel van die wet
gewees het as sedelike wesens nie kon kies om die voorskrifte te volg
nie? Dink na oor die implikasies van die wet en wat dit aangaande
die vryheid van die mens vertel.
4. Daar is n tendens in sekere dele van die wreld om die letterlike
bestaan van die duiwel te ontken. Waarom is so n siening teenstrydig
met selfs die basiese begrip van die verstaan van die Bybel?

12

Notas

You might also like