Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 5

No.

Nuusbrief : Sentrale Volkskool

Januarie 2016

Skoolhoof: Mnr LGH Welthagen

Uit die Hoof se


kantoor
Ons hoop dat u almal n wonderlike
Kerstyd en vakansie gehad het en
sommer hope krag vir die nuwe
jaar! Baie welkom terug. Ons wens

is dat 2016 vir u en u gesin `n


uitstekende jaar sal wees. Ons wil
die kinders en ouers wat vir die
eerste keer deel word van Senties
in die besonder welkom heet. Ons
vertrou dat u gou sal inskakel en
baie tuis sal voel. U word uitgenooi
om enige tyd met die skool te skakel, hetsy vir inligting, hulp en/of
probleme wat sou opduik.

rooimier.senties@gmail.com

Tel : 056 2125 731

Hillstraat 92,

Baie welkom terug aan al die personeel. Ons is al twee dae druk besig
om ons vere reg te skud vir die
nuwe jaar. n Spesiale woord van
welkom aan ons assistente wat
vanjaar by ons aangesluit het. Ons
hoop dat u baie gelukkig sal wees in
u nuwe werksomgewing en dat ons
n lang verbintenis met u sal h.

Ander belangrike aspekte :


OUERAAND
Vind op Maandag 18 Januarie 2016 by die skool plaas. Dit neem die vorm van n bring en braai aan. Vure sal voorsien word, u is net verantwoordelik vir u eie vleis, bykosse, eetgerei en drinkgoed. Kom ons maak dit n rekord bywoning hierdie jaar! Ons nooi veral ons nuwe ouers en ons
Gr. 1 ouers uit om die aand by te woon. Dit gee u die geleentheid om u kind se onderwyser/s te ontmoet en om net lekker gesellig saam te verkeer.
ADMINISTRASIE
Baie dankie aan al die ouers vir die goeie samewerking met die voltooiing van die registrasieasook die Skoolfondsvorms aan die einde van verlede jaar. Vorms om leerlinge se inligting op te dateer word Maandag uitgedeel. Voltooi asb. en
besorg terug nie later as Vrydag , 22 Januarie.
KLASINDELINGS
Ek doen n vriendelike dog baie ernstige beroep op alle ouers om saam te werk deur nie te versoek dat verskuiwing van leerders na ander klasse
moet plaasvind nie. Sodanige versoeke skep n presedent en veroorsaak baie ekstra administrasie.
PAKKETTE / SKRYFBEHOEFTES
Baie dankie aan al die ouers wat reeds die Eerste maand fooi. betaal het. Ons wil u weereens daaraan herinner dat daar pakkette by die kantoor
beskikbaar is vir Gr.1 7. Hierdie pakkette is spesiaal verpak volgens die behoeftes van die Grade en bevat die hele jaar se voorraad behoeftes teen
n baie billike tarief. Ouers wat nie die Eerste maand fooi kan bekostig nie moet persoonlik met die Mev. Elbe Wessels in die finansile kantoor relings kom tref vir afbetaling. Sekere voorwaardes geld egter.
HANDBOEKE
Alle handboeke moet met plastiek oorgetrek word. Maak asseblief seker dat elke handboek u kind se naam in het en dat die handboeke met sorg
hanteer word. Verlore en/of verwaarloosde handboeke sal vervang moet word @ R200 per boek.

NASKOOLSENTRUM
Ons verskaf n opsionele diens deur n Naskoolsentrum te bedryf by die skool. Die sentrum is onder toesig van Mev. Elize Prinsloo en opgeleide
personeel. Daar word voorsiening gemaak vir studie van Gr 1 tot Gr.7-leerders. Ouers wat hulle kinders by die Naskoolsentrum wil inskryf kan n
inskrywingsvorm by die kantoor kom afhaal. Die koste beloop R 300 per maand. Vir enige navrae kan u gerus met Mev. Elize by 0836656777 skakel.
SWEM
Die Interhuis swemgala word op Donderdag 21 Januarie 2016 vanaf 8:00 by Mrewagswembad gehou. Al die Gr. 4 7 leerders moet aan die Interhuis swemgala deelneem. Hulle hoef nie te swem as hulle nie kan nie, maar hulle moet daar wees want dit is n gewone skooldag. Slegs leerders wat
een lengte van 25 meter kan swem mag deelneem. Die leerders word daaraan herinner dat indien hulle n plek sou behaal, dit van hulle verwag sal
word om vir die swemspan te swem. Onthou asseblief n hoed en smeer sonskerm aan. U kan ook n geldjie saamstuur vir die Snoepie. Die ouers
word ook uitgenooi om die dag saam met ons te kom geniet.

MUSIEKONDERRRIG 2016

Indien u belangstel in musiekonderrig vir u kind in klavier, blokfluit, kitaar of klarinet, kontak mev Ineke
Badenhorst (Klarinet is slegs vir kinders van Graad 5 7).
Die leerlinge moet hul eie instrumente en boeke h. Ek kan die instrumente baie goedkoper aankoop, omdat ek
as onderwyser 10% afslag kry. Ek beding ook met die musiekwinkels om te kyk waar ons die beste pryse kan
kry.
Die klasgelde is soos volg:
Groepklas: Blokfluit/kitaar, R300 per kwartaal vooruitbetaalbaar.
Individuele klas: Klavier/klarinet R500.00 per kwartaal vooruitbetaalbaar.
Aangesien daar net n paar plekkies oop is, neem ek musiekaanlegtoetse af en werk op die basis van die kind
wat die hoogste getoets het, plaas ek eerste.
Indien u belangstel stuur dan net n sms met u kind se naam en klas bv 2A en
instrument waarin u belangstel, na: 0828200096.

SMART SWIPE:

Graad 7 kamp :
Die Graad 7s kampeer 12-13 Februarie naby

Smart swipe het ges hulle gaan


die kaart se gebruik einde Januarie 2016 staak om die fondse
wat nog op die kaarte is te gebuik
voor einde Januarie 2016. Daar
moet asb. Geen verdere gelde op
die kaarte oorbetaal word nie.

OUERBETROKKENHEID EN KOMMUNIKASIE
Ons ondervinding deur die jare is dat baie probleme en
onduidelikhede uitgeskakel kan word deur noue ouerbetrokkenheid. Ons versoek dus dat al ons ouers om
asseblief so ver moontlik betrokke sal wees by hul kinders
se aktiwiteite, hetsy op akademiese-, sport-of kultuurgebied.
Die Rooimier sal weekliks op Vrydae uitgegee word. Daar
is 4 maniere hoe ouers die Rooimier in die hande kan kry nl.
1.

2.
3.

4.

Voltoooi die afskeurstrokie en stuur hom terug na


Juffrou Lynne voor Donderdag, 21 Januarie 2016.
Sommige selfone maak dit nie oop nie a.g.v die
Firewall wat die boodskap keer. Indien dit gebeur
gaan u na opsie 2.
Die Rooimier sal elke Vrydagaand op die skool se
Facebookblad beskikbaar wees. Indien dit gebeur
gaan u na opsie 3.
Die Rooimier sal elke Vrydag / Saterdag op die
skool se webwerf: www.sentralevolkskool.co.za
beskikbaar wees. Indien dit gebeur gaan u na opsie
4.
U kind kan Vrydag of Maandag die Rooimier by die
Kantoor kom afhaal.

Parys.
Verdere inligting volg later.

Datumlys :
18 Jan

Oueraand in die vorm van n bring en braai


Om 18:00.

21 Jan

Swemgala om 07:15 by Mrewagswembad


Kleuterskool Oueraand om 18:00 in die
skoolsaal

22 Jan

Fonteine atletiek in Sasolburg

8 Feb

ATKV Redenaars

Klerewinkel :
Klerewinkel se tye is streng vanaf 11:00 tot 13:30
Maandae & Woensdae.
Kontak vir Anelda by 082 664 1340 indien u
onseker is oor enige iets.

Onthou :
Alle rooimier - inligitng moet asb. Voor
Woensdae 12 uur na die volgende e - pos
adres gestuur word. Geen inligitng wat laat is
word aanvaar nie.
rooimier.senties@gmail.com

Indien u n advertensie wil plaas is daar egter


kostes daaraan verbonde :
1/8 : R50
1/4 : R100
Halfblad : R200
Volblad : R400
Betalings kan by Elb Wessels afgehandel
word.

Graag wil ons net vir die volgende borge

dankie

s met die bydrae tot die koop van die skool se


nuwe bakkie.
Senties waardeer dit opreg!
Pick n Pay / 7Ster Bemarking & Vervoer / Marlec

Geagte alle Sentie - ouers :


Senties is ook bewus van die koolstofspoor wat ons laat, daarom sal die Rooimier voortaan slegs
elektronies beskikbaar wees.
Ons gaan die databasis opdateer en vra dat u asb. die volgende afskeurstrokie invul en terugstuur na
Jufrou Lynn toe, VOOR Donderdag, 21 Januarie 2016. Indien u nie die strokie invul en terugstuur
skool toe nie, gaan u nie die Rooimier ontvang nie.

Baie dankie,

Lynn Scheepers
________________________________________________________________________

Ek, Ouer/voog van ________________________________ in Gr. _____ wil


die Rooimier per e - pos ontvang.
Verskaf asb. U e - pos adres : ______________________________________
___________________________
Handtekening ouer/voog

SENTRALE VOLKSKOOL KROONSTAD


Kwartaalprogram Eerste Kwartaal 2016

Januarie

Februarie
Onderwyser portfolios reggestel

Maart

Boekkontrole

Boekkontrole

Boekkontrole

NVS Swembyeenkoms

5
6

10

12

Verslag van HOD na skoolhoof

Klasbesoeke

ATKV Redenaars

Toetsreeks

SMT vergadering

Klasbesoeke

10

Toetsreeks

Finansile vergadering

11

Onderwyser portfolios en punte

Personeelvergadering
10

14
Kleursport atletiek

Klasbesoeke

Toetsreeks

Kroon Atletiekbyeenkoms

12

Toetsreeks

11

Klasbesoeke

13

Toetsreeks

12

Klasbesoeke

14

Beplanning en werksopdragte 2de KWT

13

QLTC Vergadering

16
17
18

7
Koshuisvergadering

Personeelfunksie

Vakvergaderings nog nie afgehandel

15

Boekkontrole
SBST Vergadering

11

Oueraand

13

Graad 1 Foto dag

14

19
20

Toetsreeks

Graad 7 Wegbrekers

15

Toetsreeks

Graad 7 Wegbrekers

16

Toetsreeks

17

Toetsreeks

18

Toetsreeks

15

BL Vergadering

16

Vrystaat swemkampioenskappe

21

SVS Kleur swemgala

17

Vrystaat Swemkampioenskappe

Skool Sluit

22

Fonteine atletiekbyeenkoms

18

20

23

19

21

24

20

22

19

25

Proefbalans

21

23

26

Onderwyser portfolios

22

24

27

23

25

28

Satelliet 10 Atletiekbyeenkoms

24

26

29

Health and safety vergadering

25

27

30

26

28

0/9 Rugbyeweek

31

27

29

0/9 Rugbyweek

30

0/9 Rugbyweek

31

0/11 + 0/13 Rugbytoer

Nautilus Kamp 1 (BFN)

28
29

Boekkontrole

BUITEMUURSE ROOSTER
Eerste Kwartaal 2016
Item

Datum

Tyd

Personeel/Plek

Naellope: Juniors 0/7-0/9

MAANDAG,
DINSDAG & DONDERDAG

14:00-15:00

Juf. E Kriel, Juf. W Venter,


C Oosthuizen

Naellope: Seniors 0/10-0/13

MAANDAG,
DINSDAG & DONDERDAG

15:00-16:00

Mnr S Bester, Juf. A Hagen,


E Venter

Hekkies

MAANDAG,
DINSDAG & DONDERDAG

15:00-16:30

Mnr. J Viljoen, Juf. E Munro,


Juf. S Cornelissen

Middel Afstande

MAANDAG,
DINSDAG & DONDERDAG

16:00-17:00

Juf. L van Zyl, Mnr. Froneman

Hoogspring Juniors (0/10 & 0/11)

MAANDAG,
DINSDAG & DONDERDAG

14:00-15:00

Mnr M van Zyl, Mnr N van


Coller, Juf M Maas

Hoogspring Seniors (0/12 & 0/13)

MAANDAG,
DINSDAG & DONDERDAG

15:00-16:00

Mnr M van Zyl, Mnr N van


Coller, Juf M Maas

Verspring

MAANDAG,
DINSDAG & DONDERDAG

14:00-15:00

Juf. M Wessels, Juf. E Blom

Diskus

MAANDAG,
DINSDAG & DONDERDAG

14:00-15:00

Juf. L Blignaut, Juf. M Campher

Gewigstoot

MAANDAG,
DINSDAG & DONDERDAG

15:00-16:00

Juf. A Snyman, Mnr. O Prinsloo,


Juf. M Camher

Spiesgooi

MAANDAG,
DINSDAG & DONDERDAG

14:00-15:00

Mnr. H Du Plessis, D Dreyer

Revue

MAANDAG

18:00-20:00

Juf. I Badenhorst , E Munro

Netbal 0/7 & 0/8

DINSDAG & DONDERDAG

14:00-15:00

Juf. H Hagen, & Juf. M van Zyl

Netbal 0/9 & 0/10

DINSDAG & DONDERDAG

14:00-15:00

Juf. S van Niekerk

Netbal 0/11, 0/12 & 0/13

DINSDAG & DONDERDAG

15:00-16:00

Juf. E Burgers, Juf. E Blom,


Juf. E Venter

Geagte Ouers en leerlinge.


Let asb. dat die Netbal begin. Hierdie oefeninge is slegs vir leerlinge wat nie in die Atletiekspan is nie.
Geen atleet sal benadeel word nie, aangesien daar slegs nou op vaardighede gekonsentreer gaan word.
Rugbyoefening gaan na Satellietbyeenkoms begin.

You might also like