Ferdinand Postma High School Communication Letter (1/2016)

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 4

KOMMUNIKASIEBRIEF 1/2016

21 Januarie 2016
Geagte Ouer(s)/Voog(de)
Na welverdiende ruskans die afgelope vakansie, sien die totale Ferdiekorps uit na
volgepakte kwartaal waar ons elke geleentheid ten beste wil benut om elke Ferdieleerder se
potensiaal te ontsluit, te ontgin en te ontwikkel. Mag elkeen wonderlike 2016 beleef gevul
met energie, entoesiasme en empatie.
GRAAD 12-UITSLAE 2015
Ferdies is besonder dankbaar en gesend! Die matrikulante van 2015 is die 16de
agtereenvolgende Ferdiegroep wat daarin geslaag het om 100%-slaagsyfer te behaal. Ons
opregte gelukwensing aan die matriekklas van 2015 en al die onderwysers vir hul volgehoue
uitnemende werk.
Die Noordwes Onderwysdepartement lys die topskole wat 100%-slaagsyfer behaal het op
grond van die skool met die grootste aantal matrikulante. Ferdies beklee hier die tiende
posisie. Ferdies behaal persentasiegewys die derde posisie in die provinsie ten opsigte van
die aantal onderskeidings teenoor die aantal leerders. Wat uitsonderlike prestasie! Ons is
ook besonder trots daarop dat tagtig persent van die graad 12s matrieksertifikate met
graadtoelatingstatus ontvang het.
Victor Asiwe, ons DUX-leerder, is met sy aggregaat van 1684 die derde beste presteerder in
Noordwes. Hy het gemiddeld van 93.5% en agt onderskeidings behaal. Victor het met
hierdie praguitslae voorwaar sy naam gestand gedoen. Jacques Labuschagne het
aggregaat van 1538 en 7 onderskeidings behaal en beklee die 71ste posisie op die top 100lys en Caitlin Ross die tagtigste posisie met haar aggregaat van 1529. Talle matrikulante het
vyf, vier, drie, twee en een onderskeiding elk behaal.
Daar sal waarskynlik nog
onderskeidings na die hernasienproses bykom, omdat talle leerders vir verskeie vakke 79%
behaal het.
Op grond van die behaalde graad 12-vakgemiddeldes het Ferdies ook uitsonderlik presteer.
Baie geluk aan al die graad 12-personeellede met uitstekende vakgemiddeldes en dan in die
besonder die volgende personeellede:
Hoogste gemiddeld in die provinsie: Me Corlia Ford (Besigheidstudies), Me Maritte
Geldenhuys (Toerisme), Me Jolanda Rosin (Afrikaans Eerste Addisionele Taal).

Tweede hoogste gemiddeld in die provinsie: Me Hilary de Villiers (English Home Language)
en Me Marijana vd Westhuizen (Gasvryheidstudies).
Derde in die provinsie: Me Ronl van Vuuren (Engels Eerste Addisionele Taal) en
Vierde in die provinsie: Me Ester Geldenhuis (Afrikaans Huistaal), Me Jorette Schutte
(Wiskundige Geletterdheid) en Mnr Johan Koekemoer (Inligtingstegnologie).
AKADEMIESE MIDDAE
In ons strewe om ons leerders toe te rus om matrieksertifikate van uitnemendheid te verwerf,
is besluit om vanjaar ekstra akademiese tyd in te ruim.
Die graad 12-leerders is verplig om op die volgende dae naskool klas by te woon in die
onderstaande vakke:
Rekeningkunde: Maandae 14:00-15:00,
Fisiese Wetenskappe: Maandae 15:00-16:00,
Wiskunde: Dinsdae 14:00-15:00 (dit kan wees dat die Wiskundeklasse op alternatiewe
Dinsdae aangebied word omdat die Wiskundegroep so groot is).
Die graad 11-leerders is ook verplig om op die volgende dae na skool klas by te woon:
Fisiese Wetenskappe en Wiskunde afwisselend Maandae 14:00-15:00.
Ons dank aan die Ferdie-personeel wat soos altyd bereid is om die ekstra myl te loop en dit
boonop sonder enige ekstra besoldiging.
TOETS- EN TAAKROOSTER
Die taak- en toetsrooster van die eerste kwartaal is in die leerderdagboeke gedruk sodat
leerders en ouers daarvolgens kan beplan. Onderwysers en leerders moet streng by di rooster
hou. Let asseblief daarop dat toetse vanjaar op Maandae en Donderdae geskryf word tensy
anders vermeld op bogenoemde rooster.
Geen uitstel mag aan leerders gegee word vir laat inhandiging van take of skryf van toetse nie.
Slegs die adjunkhoof mag in uitsonderlike gevalle toestemming gee. Indien leerder a.g.v.
siekte of ander geldige rede nie toets op die toegekende datum of tyd kan skryf nie, moet die
adjunkhoof waar moontlik reeds die vorige dag of vroegoggend van die betrokke dag
geskakel/gespreek word.
Take wat een dag laat is, word met -5% en take wat twee dae laat is, met -10 % gepenaliseer.
Indien take later as twee dae is, word alle punte verbeur. n Mediese sertifikaat dien nie as
kwytskelding van die ingee van take nie. Leerders wat a.g.v. n geldige mediese rede (mediese
sertifikate) nie n taak op die geskeduleerde datum kan ingee nie, moet dit op die eerste dag
terug by die skool, wel ingee. Alle leerders moet dus al hul take doen en ingee om te kan slaag.

AFWESIGHEDE
U moet asseblief alle versoeke vir verlof tot afwesigheid (met motivering) skriftelik aan die
graadvoog rig. Leerders moet hierdie versoeke tydens aantrede/voogperiode by hul
graadvoog ingee. Indien die versoek goedgekeur word, moet die leerder uitteken en
terugteken by die skool se ontvangskantoor. Geen leerder mag die terrein verlaat sonder dat
hierdie prosedure gevolg is nie. Dit word as baie ernstige oortreding van die gedragskode
beskou indien leerder die terrein sonder die nodige toestemming verlaat.
Let asseblief daarop dat leerders nie net gehaal kan word sonder dat relings vooraf getref is
nie. Graadvoogde se klasse mag nie onderbreek word vir verlofsake nie en daarom sal
hierdie reling konsekwent toegepas word.
Die skoolhoof/adjunkhoof moet die oggend van die toets/eksamen in kennis gestel word van
afwesigheid en die leerder moet ook so spoedig moontlik daarna mediese sertifikaat
inhandig. Slegs mediese sertifikaat dien as geldige verskoning vir afwesigheid tydens
eksamen/toets. Leerders wat versuim om mediese sertifikaat in te handig, sal nul vir die
betrokke vraestel kry.
RAPPORTE
Die eerste kwartaal se rapporte word op 8 April 2016 ontvang.
HANDBOEKE
Leerders is welkom om tablette en elektroniese handboeke in plaas van harde kopie
handboeke te gebruik. Leerders en ouers is self verantwoordelik vir die aankoop van die
tablette en elektroniese formaat handboeke. Indien leerder hom/haar tydens klastyd
skuldig maak aan die gebruik van die tablet vir ander doeleindes as akademie, verbeur hy/sy
die reg om in die toekoms tablet en elektroniese handboeke te gebruik.
Leerders wat die tablette met elektroniese handboeke gebruik, kan die keuse uitoefen om ook
skoolhandboeke te gebruik. Geen afslag kan egter van skoolfonds gegee word indien die
leerder nie van die skoolhandboeke gebruik maak nie.
OUERAANDE
Vanjaar se graad 8-inligtingsoueraand vind op 28 Januarie 2016 om 17:15 in Tuscany plaas.
Die eerste algemene oueraand vind op Dinsdag, 9 Febuarie 2016 plaas. Daar word
uitgesien uit na groot oueropkoms.
Opvoeders kan sonder afspraak vanaf 17:30 18:00 in hul verskillende klasse ontmoet word.
Vanaf 18:00 19:30 spreek opvoeders die ouers wat vooraf afsprake gemaak het. Leerders
kry die afspraakvorms die week vr die oueraand by skoolontvangs en 10-minuut-afsprake
word gemaak vir die tydgleuf 18:00 tot 19:30.
Graad 12-ouers en leerders ontmoet die hoof en adjunkhoof vir belangrike vergadering
om 18:00 in die saal en ni 18:30 soos in die dagboek geskeduleer nie.
SETH-leerders
'n Aparte skrywe word binnekort uitgestuur met meer inligting oor vanjaar se program en tye.
SETH-inligtingsoueraand word 26 Januarie 2014 om 18:00 in Tuscany gehou vir gekeurde
graad 8 SETH-leerders.

ATLETIEK
Die atletiekseisoen is volstoom aan die gang. Ons wil graag weer die interhor wen en het
elke ouer se ondersteuning nodig. Oefentye is in die dagboek. Sorg asseblief dat leerders by
die oefening uitkom. Geen atlete sal verskoon word nie. Help ons asseblief in die verband.
Let op die volgende belangrike datums:
22 Januarie:
29 Januarie:
05 Februarie:
12 Februarie:
12 Februarie:
19 Februarie:
20 Februarie:
27 Februarie:

Interhuis
Koster
Fochville
POSA
Bergsig Royal Bafokeng
Interhor te Wolmaransstad
Dr. Kenneth Kaunda
NWESA

Die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vind 17-19 April 2016 in Bloemfontein plaas.


Atlete wat vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wil kwalifiseer, is verplig om op 12
Februarie aan die POSA-byeenkoms deel te neem.
Mag die 2016-atletiekseisoen se vrugte op harde werk selfs soeter wees as 2015!
Mag elkeen van ons hierdie kwartaal spreekwoordelik met lekkerkry klaarkry omdat ons
doelgerig lewe!
Vriendelike Ferdiegroete.

_________________
A.J. LABUSCHAGNE
SKOOLHOOF

You might also like