Preek 2016-04-03 - Wat Is Geloof

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 2

Wat is Geloof?

(Heb 11:1)
1

INLEIDING

Wanneer daar van geloof gepraat word is daar verskeie interpretasies. Uit die aard van die saak word daar
gewoonlik na twee tipes geloof verwys. Aan die een hand is daar die godsdiens geloof, waarby bedoel
word dat dit die iets is waarin n persoon glo. Ons praat byvoorbeeld van die Christen-geloof of die
Moslem-geloof. Geloof is dan in hierdie opsig dit wat die mens as selfsprekend en waaragtig aanvaar.
Die ander geloof waarna verwys word is daardie geloof wat vrugte dra die geloof wat die mens in staat
stel om die omoontlike te kan doen. Hierdie is gewoonlik die meer populre definisie van geloof. Hierdie
geloof kan strek van die eenvoudige as jy glo in jouself kan jy alles doen tot glo in die krag van God want
Hy kan alles doen
In die Bybel word die woord geloof in altwee hierdie kontekse gebruik, en op die oog af lyk dit asof die
Bybel onderskeid maak tussen die geloof in die waarheid en die geloof in die krag. As ons dieper in die
woord kyk, sal ons egter agterkom dat daar nie twee tipes geloof is nie, maar net een en dat hierdie twee
tipes wat ons onderskei uit een konsep vloei.
2

HEB 11:1

Nuwe Vertaling: Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die
dinge wat ons nie sien nie.
Ou Vertaling: Die geloof dan is n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, n bewys van die dinge wat
ons nie sien nie.
2.1

Voorafgaande Konteks en Persoonlike Vertaling

Eerstens wil ek hierdie skrif in sy konteks plaas, en dan wil ek my eie vertaling uit die grieks gee. In die ou
vertaling sien ons dat hierdie woorde eintlik volg op dit wat vooraf ges word: want geloof is As ons
daarom terug blaai na Hebrers 10:32 sien ons waaruit hierdie hoofstuk oor geloof volg. (v32)Dink terug
aan vroer dae toe God julle tot die lig gebring het, hoe julle in die stryd staande gebly het toe julle baie
moes ly...(v34) met blymoedigheid aanvaar omdat julle geweet het dat julle n besitting het wat beter en
blywend is.(v35)Moenie julle geloofsvertroue prysgee nie...(v36)maar volharding het julle nodig om die wil
van God te doen en te ontvang wat hy beloof het.
Hier is die konteks waarin die skrywer van Hebrers di bekende definisie gee (in my eie woorde):
Daarom is geloof n vaste vertroue en n sekerheid dat ons sal ontvang wat God belowe het. Al sien ons dit
nie met ons eie o nie, is ons oortuig dat dit waaragtig is.
2.2

Die konteks van Hebrers 11

11:3 Deur die WOORD van God is die Wreld geskep. Die sigbare het onstaan uit die onsigbare
Geloof is die oortuigende vaste vertroue dat God se Woord iets uit niks kan maak. (Matt 8:5-10)
11:4-5 Deur Abel se geloof in God het hy n beter offer gebring Hier sien ons die godsdiens geloof in
dieselfde konteks as die voorafgaande geloof wat vrugte dra. Abel het absoluut n vertroue in God gehad
as die Skepper en die Voorsiener. Daarom het n lewe van geloof gelewe en in elke aspek van Sy lewe God
behaag. Dieselfde sien ons van Henog en die konteks is geleef het soos God dit wou.

SONDER GELOOF IS DIT ONMOONTLIK OM GOD TE BEHAAG... (HEB 11:6)

11:6 Sonder geloof is dit onmoontlik om God se wil te doen. Wie tot God nader, moet n oortuigended
vaste vertroue h in Sy bestaan, en vertrou dat God di beloon wat na Hom soek.
3.1

Romeine 8:28

Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet, die wat volgens sy besluit geroep
is. Weereens wil ek na hierdie skrif in konteks kyk. Romeine 8:18 begin met hierdie woord Ek is daarvan
oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die
toekoms sal laat aanbreek nie. Romeine 8:24 Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat n
mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien? Maar as ons hoop op wat ons
nie sien, wag ons daarop met volharding. DAAROM weet ons dat God alles ten goede laat meewerk,
MAAR Die wat Hy gekies het, het Hy bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat
sy Seun baie broers kan h: Die wat HY daartoe bestem het, het Hy ook geroep. Die wat Hy geroep het,
het Hy ook vrygespreek. En di wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik. Die alles ten goede kan
of nou of later beteken. Dit is nie te s dat God alles nou vir jou gaan laat uitwerk nie, maar dat Hy dit wel
gaan doen en dat Hy dit gaan doen op die tyd wat Hy bestem het. Geloof is dan in hierdie konteks
daardie vaste vertroue dat God bestaan en dat Hy die beloon wat na Hom soek, maar ook die geloof wat
die vaste vertroue in God se tyd het.
4

OPSOMMENDE OORSIG VAN DIE RES VAN HEBRERS 11

11:11 Omdat Abraham geglo het.... Omdat hy God wat dit beloof het, getrou geag het.... v13 terwyl hulle
steeds geglo het, het hulle gesterf sonder om te verkry wat beloof is v17-19 Abraham was oortuig dat
God by magte is om uit die dood op te wek.
11:24-27 Moses wou nie die maklike weg vat nie, maar het die smaad van Christus a groter rykdom geag,
omdat hy na die beloning uitgesien het... Hy het volhard soos iemand wat die onsienlike God sien.
5

JESUS DIE BEGIN EN VOLEINDER VAN GELOOF (12:2-4)

Wat sal ons dan hiervan s: Christus het vir ons gewys wat die begin en einde van geloof is. Geloof is die
vaste vertroue in God, die oortuiging dat God in beheer is en die sekerheid dat Hy getrou is aan Sy woord.
Daarom kan ons lees in Romeine 1:16-17 Ek skaam my nie...
My vertaling: Ek het n vaste vertroue in die Evangelie, want deur die krag van die evangelie red God almal
wat glo uit elke nasie, stam en taal. Want in die evangelie word die mens se verhouding met God herstel deur die vertroue in Hom van die begin tot die einde soos daar geskrywe staan Die regverdige mens
sal deur die geloof lewe.
6

WAT IS GELOOF DAN?

Geloof om berge te versit, is nie geloof in geloof nie. Dit is nie n spesiale krag, of n mate van geloof wat
jou instaat stel om mense gesonde te maak nie. Geloof is die vaste vertroue in God. Dit is die uitgangspunt
van jou hele lewe elke woord en elke daad. As jy bid vir genesing, is dit omrede jy n vertroue het in God
se krag en majesteit om dit gesond te maak, n oortuiging het oor Sy goedheid en getrouheid. Terselftetyd
is geloof daardie deel van jou wat ten spyte van die pyn wat bly volhard in jou verhouding met God.

You might also like