Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 2

God is Liefde 1Johannes 4:7-21

On hoor gereeld die woorde Die Liefde Wen! of soos die bekende Beatles lied s All you
need is love. Dit klink mooi, want wie hou nie van die liefde nie? Sekerlik sal al die wreld
se probleme opgelos word as almal net vir almal lief is? Daar word gedurig vinger na die
kerk toe gewys en die Bybel self word in ons gesigte gegooi wanneer ons op enige manier
die sonde van die wreld aanspreek. Mense wat nooit die Bybel gelees het nie, ken
1Korintirs 13. Sommige ken die woorde wat in 1Johannes 4 voorkom God is Liefde.
Sekerlik as die Bybel dan so vol van die liefde is, hoekom is die Christene so haatvol. In
sekere gevalle is dit waar dat Christene nie op die regte manier optree nie en dat dat daar
wynig min van God se liefde openbaar word. Wat sal ons dan s? Kan die liefde nie wen
nie? Nee liefde kan baie dinge oorkom maar die wreld het meer nodig as net liefde.
1

GOD IS LIEFDE

In hierdie gedeelte van 1Johannes 4:7-8 lees ons Wie nie liefhet nie, het geen kennis van
God nie, want God is liefde. Party mense het hierdie woorde omgedraai en begin s Liefde
is God. Die Beatles is verkeerd dit is nie All you need is Love nie. Die antwoord is All
you need is God. Die verkeerde manier om hierdie woorde te interpreteer is om die logiese
afleiding te maak van God is liefde. Daar is geen haat in God nie. God het almal ewe lief.
En dan kwoteer jy net die eerste gedeelte van Johannes 3:16 Want so lief het God die
wreld gehad dat Hy sy Enige gebore Seun gestuur het. Jy maak nie die res van daardie
sin klaar nie. Jy stop daar. Die wreld wil tog nie hoor dat daar n klousule is nie sodat
elkeen wat in hom glo nie verlore sal gaan nie.
Wat beteken hierdie Liefde van God dan? Is dit onmoontlik vir God om te haat? As dit
onmoontlik is vir God om te haat, dan moet ons die vraag vra Wat van die vloed? Wat van
die duisende mense wat voor Sy volk uitgedryf was? Om te lief h beteken nie dat daar
geen plek is vir haat nie. Dit klink dalk verskriklik maar dink oor di scenario. As iemand in
jou huis in breek om jou familie seer te maak dan is jou plig as iemand wat jou familie lief
het nie om die inbreker n drukkie te gee en hom vrye toegang tot jou familie te gee nie. Nee
jy val hom aan en beskerm jou familie.
Wat van die woorde wat ons partykeer s: God haat die sonde, nie die sondaar nie. Psalm
5:6 U haat almal wat onreg doen, Psalm 11:5 Die Here onderskei tussen regverdige en
goddelose. Wie geweld liefhet, haat hy.
So beteken dit dat God dan nie groot in Liefde is nie? Nee dit beteken dat Liefde nie die
enigste karakter eienskap van God is nie. God is regverdig. God is Heilig. God is liefde. God
is lig. Dit is a.g.v die sentiment dat God net liefde is, dat die mense vra maar hoe kan n
liefdevolle God toelaat dat daar soveel pyn in die wreld is?
2

GOD SE LIEFDE GEOPENBAAR IN DIE DOOD VAN JESUS

Ons kan die vraag terug vat na die begin toe As God n liefdevolle God is, hoekom het Hy
net nie vir Adam en Eva vergewe vir die vrug wat hulle geet het nie? Hoekom moes hulle
sterf vir hulle sonde hoekom moes die mensdom sterf vir hulle sonde? Die antwoord vind
ons in 1Joh 4:9-10;17-19. God is n regverdige God. God is n Heilige God. Hierdie heiligheid
en regverdigheid van God beteken dat enige sonde wat teen Hom gedoen word strafbaar is
anders is Hy nie regverdig nie. Hierin l die oneindige genade en liefde van God in plaas

van om Adam en Eva onmiddelik te laat sterf en die mensedom uit te wis laat hy hulle lewe
en kinders kry. Hulle sterf nogsteeds maar nou is daar n rede daarvoor. God in Sy genade
en Liefde besluit self om die prys van sonde te betaal vir die wie Hy liefhet maar vir die
prys van sonde om betaal te word moet daar n finaliteit verbonde wees. As God nie die
dood in die wreld gebring het nie, sou dit nie moontlik gewees het om Adam en Eva en die
res van die wreld se sonde te betaal nie. Maar nou is daar n finaliteit die mens sterf. En
om rede dood nou in die wreld is, is dit moontlik dat een van Adam se kinders gebore
onder die wet, sonder sonde en gebrek kan sterf vir die sonde van sy familie die
afstammelinge van Adam. Om hierdie te bewerkstellig, besluit die Seun van God om Sy lewe
neer te l vir sy broers en susters. Dit bewerkstellig God deur die donkerste van sondes
moord te gebruik om sy Seun te vermorsel op die kruis van Golgota.
3

GOD SE LIEFDE GEOPENBAAR IN OORDEEL

Die vraag is nie Hoe kan n liefdevolle God sonde en pyn toelaat in hierdie wreld nie. Die
vraag wat die wreld moet vra is Hoekom het n regverdige God ons nog nie vernietig
nie. Die antwoord is God is Liefde en hy wil nie h dat enige van Sy kinders verlore moet
gaan nie. Daar kom n oordeelsdag wat God die streep gaan trek, en dan gaan Hy nie kom
om die sonde te straf nie maar die sondaars. God haat die wat Sy kinders seer maak.
Daarom roep die heilige volk van God onder die altar uit Hoe lank nog, heilige en getroue
Heerser? Wanneer voltrek U die oordeel en wreek U ons dood op die bewoners van die
aarde? Luister na die volgende woorde Openbaring 6:10-11
4

GOD SE OPENBARING VAN SY LIEFDE IN DIE SEUN

God se liefde is juis so groot en so wonderlik dat dit nie iets is wat net automaties moet
gebeur omrede Hy geen keuse het nie. Nee Sy liefde is spesifiek vir jou en vir my. Hy gee
om vir sy kinders en hy haat die vyand wat jou seer maak. Dit is ware liefde nie dat ons
alles net aanvaar omrede die wreld s dit is reg nie. Ware liefde is geopenbaar in die Seun
wat sy lewe gegee het sodat elke een wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie. Ware liefde is
geopenbaar deur dat God die sonde en die vyand so baie haat dat Hy selfs Sy Seun gestuur
het om deur hierdie vyand dood gemaak te word, sodat daar geen verskoning ooit sal wees
vir hulle nie, en Hy sy oordeel oor hulle kan uitspreek. Want die lig het na die wreld gekom
en die wreld het Hom nie erken nie. God se liefde is so groot, dat Hy ons nie in die lewe
hou vir duisende jare vol sonde, pyn en lyding nie, maar dat daar n dag kom wanneer ons
verander gaan word of deur die vleeslike dood of deur Sy koms.

You might also like