Die Verste Berge Is Altyd Die Blouste

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 6

In die eensame veld

Staan n tentjie klein.


En daarnaas in die skeemring
Skuif die ligtende trein
Ek sien in die tentjie
Deur die oop gordyn
n tafel met bordjies
En glasies fyn
Wat sag in die lig
van die kersie skyn.
En ek dag: Was ek net in die tentjie klein.
Ek sou tog so gelukkig syn

Voorsitter, dames en here, die gedig


van Totius, Repos Alleurs lei hierdie
toespraak in.
Die lewe op sosiale
media is mooi van ver, maar ver van
mooi, nes die blouste berge in die
verte.
Ek wil julle vandag deur die
volgende hoofpunte oortuig.
Glansoomblikke versus n glanslewe
Halwe waarhede is aan die orde van
die dag op sosiale media.
Sosiale
media
verwagtinge

skep

onrealistiese

Vandag se jongmense is selfversekerd


en talentvol, maar oor die algemeen,
glo maar ongelukkig.

Volgens die
artikel
Waarom is
Generasie-Y so ongelukkig
in die
Huffington Post wat in September 2013
verskyn het, is die verskynsel bekyk en
word jongmense se onvergenoegdheid
toegeskryf
aan
die
skeefgetrekte
werklikheid wat die sosiale media skep.

Vanwe al die glansfotos en stories


van ander mense se lewens, dink
jongmense verkeerdelik dat ander
jongmense ongelooflike dinge beleef,
terwyl hulle nie so suksesvol is nie. In
werklikheid is dit net glansoomblikke
en nie n glanslewe wat uitgebeeld
word nie.
Dink daaroor, dames en here, tieners
sit nie fotos op wanneer hulle weens
slegte gedrag detensie moet sit nie, of
van hul ouers se ou skedonk of hul
vervelige vakansie by Wawielpark in
Orkney nie. Wat sal die mense dink?

Jy sit fotos op van jou oorsese


vakansie- al is dit in Lesotho! Of van n
heerlike gesinsuitstappie waar almal so
gelukkig is dat dit lyk of hulle in The
Sound of Music speel en van jou krel
se cool motorfiets.

Dit bring my by die tweede punt.


Halwe waarhede is aan die orde van
die dag op sosiale media.

In n artikel deur Shauna Niequist in


die aanlyntydskrif, Relevant Magazine
van 4 April2013 getiteld Instagrams
Envy Effect skryf sy dat die internet
besaai is met halwe waarhede, want
ons besluit self wat mense sien en wat
nie.

Volgens Sherry Turkle, n lektor in


Sosiale studies van Wetenskap en

Tegnologie aan die Massachusetts


Instituut
vir
Tegnologie,
wat
aangehaal word in die artikel Pasop!
Facebook kan jou depressief maak in
Beeld van 7 April, kan e-posse SMSe
en inskrywings op Facebook mense
toelaat om hulself te omskep in iemand
wat hul graag wil wees.

Omdat kommentaar en gesprekke eers


geredigeer kan word, skep gebruikers
die mens wat hul eerder wil wees.

Dit bring my by die laaste punt:


Eendag as ek groot is gaan ek oorsee
reis, ek gaan baie geld h, my hare
gaan glansend oor my skouer val, my
beenhare gaan nie groei nie , en my
trouman gaan lyk of hy uit n Lapa
uitgewer-roman se voorblad stap en
my kinders gaan nie mors nie!
Voorsitter,
sosiale
media
onrealistiese verwagtings.

skep

Die Australiese model Essena ONeill,


n ster op verskeie sosiale media
platforms, wat meer as 600 000
aanhangers gehad het, het besluit om

die waarheid oor die duisende fotos


van haar perfekte somerlyf en vel te
vertel: Niks hiervan is eg nie.
In n videoblog op 3 November 2015 op
haar webwerf het sy uitgevaar teen die
kunsmatigheid van sosiale media en
die druk wat dit uitoefen op mense om
ander tevrede te stel, n voor te gee
om iets te wees wat jy nie is nie alles
om sosiale aanvaarding.
Voorsitter, dames en here, daar is n
rede hoekom die verste berge altyd die
blouste is - want jy kan dit nie mooi
sien nie.
En dieselfde geld vir sosiale media,
want glansoomblikke is ver verwyderd
van n glanslewe, halwe waarhede
word wyd en syd verkondig en
onrealistiese
verwagtings
word
geskep.
En soos Totius dit uitwys in sy gedig
Repos Allieurs- als lyk van ver af beter
en mooier, maar so ook vir die person
wie jy beny!
Naas die eensame tent
Staan n meisie klein,
In stomme bewondring

Van die ligtende trein;


Sy sien my geniet
My glansende wyn en kostlike maal
By elektriese skyn;
En ek raai die gedagte
Van die meisie klein:
Ag, was ek maar net |
in die vrolike trein,
ek sou tog o so gelukkig syn

You might also like