Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 4

BOEDELS

Die bereddering van boedels kan volgens kenners vertraag word, as:
Die testament in die hof betwis word.
As daar vermoed word dat n persoon n geestelike ongesteldheid gehad het toe hy of sy
die testament onderteken het. Daar sal bewys moet word dat die persoon geestelik
ongesteld was toe hy of sy die testament onderteken het. As jy verwag dat daar onmin of
moontlik besware teen jou testament gaan wees, kan jy spesiale voorsorgmaatrels tref. As
jy dalk ernstig siek is, kan jy versoek dat n mediese dokter by die ondertekening van die
testament teenwoordig is sodat hy van jou geestelike en verstandelike vermons kan getuig.
n Persoon wat weens n mediese toestand nie meer n handtekening kan maak nie, kan die
testament ook met 'n merk soos 'n duimafdruk onderteken, maar dan moet 'n kommissaris
van ede, soos 'n polisiebeampte, teenwoordig wees en sertifiseer dat hy oortuig is van jou
identiteit en dat die dokument jou testament is. Die hele ondertekeningsproses kan ook op
video of DVD opgeneem word. Om n familietwis tot die minimum te beperk, kan jy ook n
video of DVD maak waarin jy jou laaste wense en boodskappe vir jou geliefdes, asook redes
vir jou besluite rakende die erfporsies uiteensit. Dis egter belangrik om te weet dat hierdie
opname onder geen omstandighede jou skriftelike testament kan vervang nie.

Voorbeelde van ongeldige testament:


Wanneer n persoon nie handelsbevoeg is nie en nie verstaan het waarmee hy besig was
en wat hy geteken het nie.
Ouderdom en verswakking. n Boedelkenner, noem die voorbeeld van n erg verswakte
bejaarde wat in die hospitaal l en deur een van sy kinders versoek word om sy testament te
verander.
Wanneer die testament onder dwang of afdreiging geteken is.
Bedrog. Wanneer n persoon die testament teken, maar nie geweet het dit is n testament
wat hy teken nie, byvoorbeeld hy is valslik onder die indruk gebring dat hy iets anders teken
soos n huurooreenkoms.

Belangrike punte wat aandag vereis:


1. Enigiets waarin jy jouself weerspreek. Weersprekende boedelinstruksies kan in n hof
gebruik word om jou testament ongeldig te verklaar. Onterfde familielede gryp dikwels na n
strooihalm en probeer om die testament ongeldig te laat verklaar. Dit is dus uiters belangrik
dat die testament s opgestel word dat daar geen foute gemaak word. Daarom is dit
belangrik om jouself van die wetlike vereistes te vergewis. Mense wil dikwels kostes bespaar
en stel dan sommer hul eie testament op. Foute sluip maklik in en baie van hierdie
testamente voldoen nie aan die wetlike vereistes nie en is dus ongeldig of onuitvoerbaar.
n Kenner soos n geoktrooieerde rekenmeester of prokureur is op hoogte van alle wetlike
vereistes en kan vir jou waardevolle raad gee.

2. Wanneer daar nie genoeg geld in die boedelbankrekening is om boedelkostes te betaal


nie. n Voorbeeld is wanneer n eiendom nie getransporteer kan word nie, aangesien daar
nie geld in die boedel is om die kostes daarvan te dek nie.
3. Wanneer die inligting wat deur die eksekuteur benodig word nie spoedig aan die
eksekuteur van die boedel gegee word nie. Om hierdie probleem uit te skakel, beveel ek aan
dat mense n testament ler open en sorg dat hulle presies weet waar die testament en

ander waardevolle dokumente gehou word. Maak seker dat hulle vooraf weet wie die boedel
gaan beredder en sodra die eggenoot of eggenote te sterwe kom, moet die persoon wat die
boedel gaan beredder, onmiddellik daarvan in kennis gestel word. Die oorspronklike
testament, identiteitsboekie en doodsertifikaat van die oorledene, moet aan die persoon
oorhandig word wat die boedel gaan beredder, sodat hy met sy taak kan voortgaan. Jy moet
ook self n afskrif van die testament behou, om seker te maak of aan al die bepalings van die
testament uitvoering gegee word. Laat maak altyd n afskrif van die mees onlangse
testament en hou dit in jou besit.
Die inhoud van jou testament is vertroulik en hoef nie openbaar gemaak te word terwyl jy
nog leef nie. Ouers maak soms die fout om hul opgestelde testament aan hul kinders te wys,
wat dan tot onenigheid in die familie kan lei.
Aan watter wettige vereistes moet my testament voldoen?
1. Die testateur of testatrise en twee onafhanklike getuies moet op elke bladsy teken. Twee
bevoegde getuies moet ook die testament op elke bladsy teken. Ook mag enige erfgenaam
in die testament nie as getuie teken nie. Dit moet die volle handtekening wees en nie net
voorletters nie. As die testament uit meer as een bladsy bestaan, moet dieselfde mense op
al die bladsye teken. As die kommissaris van ede die testament gesertifiseer het, moet
dieselfde kommissaris ook elke bladsy teken.
2. Daar moet geen ruimte vir dubbelsinnigheid of onduidelikheid wees nie. Enigiets waarin
jy jouself weerspreek, asook weersprekende boedelinstruksies kan in n hof gebruik word om
jou testament ongeldig te verklaar. Dit is van die grootste belang dat jou testament op skrif is
en tegnies korrek opgestel word, verkieslik deur n deskundige op die gebied.
3. Die testament moet ook op elke bladsy onderteken word en die datum moet op die
testament aangebring word.

Lewende Testament
Genadedood is onwettig in Suid-Afrika, maar n bevoegde persoon het wel die reg om
lewensonderhoudende mediese behandeling te weier. n Lewende testament kan jou gesin
van n baie moeilike keuse bespaar en sal bepaal of jy kunsmatig aan die lewe gehou moet
word deur middel van masjiene soos respirators en buisvoeding of nie. Jou lewende
testament behoort nie deel van jou gewone testament te vorm nie, aangesien jou gewone
testament gewoonlik eers n jou dood gelees word. Die moontlikheid bestaan dat jy dalk
teen jou wil aan die lewe gehou kan word, as jou naasbestaandes nie bewus is dat jy wel n
lewende testament opgestel het en waar dit gehou word nie. Jou naaste familielede en
vriende behoort te weet waar jou lewende testament gehou word.
VOORBEELD VAN N LEWENDE TESTAMENT
Ek verklaar dat hierdie my Lewende Testament is.
Wanneer die tyd aanbreek dat ek nie meer kan deel in besluite oor my eie toekoms nie,
moet di verklaring as n testament van my wense beskou word.
As daar geen redelike vooruitsig is op my herstel van liggaamlike siekte nie, of as
verswakking verwag word, wat my ernstige ellende sal besorg, of my onbevoeg sal maak vir
n rasionele bestaan, versoek ek om toegelaat te word om te sterf en nie kunsmatig aan die
lewe gehou te word nie en dat ek die nodige medikasie sal ontvang wat my vry van pyn en
angs sal hou, selfs al sou dit my dood verhaas.
Dat alle lewensbehoudende stelsels, soos ventilators, respirators of enige ander
gesofistikeerde en moontlik duur mediese tegnieke, met groot omsigtigheid gebruik sal word
om die lewe te behou, in die geval waar daar n redelike kans op herstel bestaan en ni om
die oomblik van dood uit te stel nie en sodoende die doodstryd en angs uit te rek, waar daar
geen kans op herstel is nie.
Hiermee gee ek die geneesheer wat my op daardie tydstip behandel, toestemming om alle
toestelle wat my aan die lewe hou, af te skakel.

Kontak gerus vir Gerrit by dutoit.gerrit@momentum.co.za

You might also like