Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 59

HEC101V/501/3/2016

Studiebrief 501/3/2016
Gesondheidsopvoeding

HEC101V
Semesters 1 & 2
Departement Vroekinderjare-onderwys
BELANGRIKE INLIGTING
Hierdie studiebrief bevat belangrike
inligting oor die module.

INHOUDSOPGAWE
Bladsy
1

OORSIG VAN DIE KURSUS......................................................................................................... 3

DIE STUDIE-EENHEDE ............................................................................................................... 4

STUDIE-EENHEID 1: INLEIDING TOT GESONDHEID EN GESONDHEIDSOPVOEDING .......... 5

STUDIE-EENHEID 2: GESKIKTE GESONDHEIDSOPVOEDINGSTEMAS ................................ 23

N LAASTE GEDAGTE OOR GESONDHEIDSOPVOEDING ...................................................... 27

STUDIE-EENHEID 3: BELANGRIKE GESONDHEIDSTEMAS ................................................... 27

TOETS U KENNIS EN INSIG MET HIERDIE HERSIENINGSVRAE! .......................................... 53

BRONNELYS .............................................................................................................................. 57

Uitleg van die studiebrief:


Die ikone in hierdie studiebrief het die volgende betekenis:

U moet 'n aktiwiteit skriftelik doen.

U moet die voorgeskrewe boek raadpleeg.

U moet oor iets besin of daaroor nadink.

!!

Let noukeurig op hierdie inligting, want dit is belangrik.

HEC101V/501
Geagte Student

OORSIG VAN DIE KURSUS

Welkom as student by Gesondheidsopvoeding (HEC101V). Ek hoop dat u hierdie kursus


interessant en van praktiese waarde in u onderwysloopbaan sal vind.
Let wel: Sedert 2006 vervang hierdie module die modules PRS3019 en PST403P, en dit is
dus nou ook van toepassing op die programme BEd (Kleinkindontwikkeling) en BEd
(Intermedire & Senior Fase). Dit beteken dat daar in studie-eenheid 1 gedeeltes is wat uit die
BEd (KKO)-module PRS1023 herhaal word.
Soos in Studiebrief 101/2016 aangedui, is daar geen studiegids vir Gesondheidsopvoeding
nie; u ontvang slegs studiebriewe met riglyne vir die bestudering van hierdie module.
Studiebriewe in die 500-reeks neem die plek van studiegidse in.
VOORGESKREWE BOEK
Dit is belangrik dat u die voorgeskrewe boek bestudeer omdat dit die kern van hierdie module
is.

Weinstein, E & Rosen, E. 2003. Teaching children about health.


Second edition. Belmont, CA: Wadsworth.
Studente wat die graad BEd (KKO) volg, moet ook die boek gebruik wat vir hulle eerste
gesondheidsopvoedingmodule (PRS1023) voorgeskryf is. Studente vir die Intermedire en
Senior Fase kan di boek as aanvullende leesstof gebruik waar dit in hierdie studiebrief
aangedui word.

Marotz, LR, Cross, MZ & Rush, JM. 2005. Health, safety and
nutrition for the young child. Sixth edition. Albany, NY: Delmar.

DIE STUDIE-EENHEDE

Gebruik asseblief die studie-eenhede as riglyne vir die belangrikste onderwerpe wat by die
eksamen ingesluit sal word.
Onthou dat die werkopdragte en enige bykomstige inligting wat in die loop van die jaar in
ander studiebriewe gegee word, n belangrike deel van die inhoud van hierdie kursus uitmaak.
Die inligting en kommentaar oor die verskillende studie-eenhede in die studiebriewe is egter
nutteloos sonder die voorgeskrewe handboek.

STUDIE-EENHEID 1:

Inleiding tot gesondheid en gesondheidsopvoeding


(Weinstein&Rosen 2003: hfst 1)

STUDIE-EENHEID 2:

Geskikte gesondheidsopvoedingstemas
(Weinstein&Rosen 2003:hfstt 2, 3, 5, 6, 7, 13, 14, 15)

STUDIE-EENHEID 3:

Belangrike gesondheidstemas
(Weinstein&Rosen 2003: hfstt 5, 8, 9, 11, 12)
kindermishandeling en -verwaarlosing (hfstt 8, 9, 11)
hospitalisasie
chroniese siekte (hfs 5)
kinderstres (hfs 8)
verlies, die dood en sterwe (hfs 12)
HIV/Vigs (hfste 5 & 12, Studiebrief 102)

HEC101V/501

STUDIE-EENHEID 1: INLEIDING TOT GESONDHEID EN


GESONDHEIDSOPVOEDING

LEERUITKOMSTE
Die doel van hierdie studie-eenheid is om u te help om na te dink oor en insig
te kry in die maniere waarop n mens die gesondheid van kinders en
volwassenes kan verbeter en handhaaf in die KKO-sentrum of laerskool deur
gesondheidsbevordering en -opvoeding.
Nadat u hierdie eenheid bestudeer het, moet u

die begrip gesondheid kan verduidelik

die onderlinge verbondenheid van die gehalte van die kind se


gesondheids-, veiligheids- en voedingstatus kan verduidelik

die uitwerking wat oorerwing, gedrag en lewenswyse, die omgewing,


gesondheidsorgstelsels en ontwikkeling in die Suid-Afrikaanse konteks
op gesondheid het, kan beskryf

die verband tussen die kind se gesondheid en sy/haar emosionele,


sosiale en kognitiewe (of intellektuele) ontwikkeling kan verduidelik

die verskil tussen gesondheidsbevordering en gesondheidsopvoeding


kan verduidelik

die begrip gesondheidsbevorderende skole kan bespreek

die faktore wat skoolgesondheidsopvoeding benvloed, kan verduidelik

die belangrikste gesondheidsopvoeders van kinders kan identifiseer

ouers se rol in gesondheidsopvoeding kan bespreek

die verskillende kriteria waarvolgens gepaste gesondheidservarings


bepaal word, kan verduidelik

3.1

Wat is gesondheid?

Die Wreldgesondheidsorganisasie (WGO) van die Verenigde Nasies omskryf gesondheid as


a state of complete physical, mental and social well-being, and not merely the absence of
disease and infirmity (WHO 1947:3).
Dit beteken dat n mens jou eie en andere se gesondheid kan handhaaf deur positiewe
gesondheidsbesluite te neem. Dit sluit ook in die bevordering van n gesonde omgewing
omdat dit aan alle lede van die samelewing die geleentheid sal gee om optimale gesondheid
te bereik.

Is dit moontlik vir n mens om hierdie standaard van gesondheid te bereik?


BEd (KKO)-studente kan studie-eenheid 1 van die module PRS1023 raadpleeg
om die faktore wat die kind se gesondheid benvloed, te hersien.

Bogenoemde WGO-definisie beklemtoon duidelik gesondheid en nie siekte nie.


Dit
beklemtoon verder dat gesondheid nie net liggaamlike welstand behels nie, en dat die
liggaamlike aspek van gesondheid, hoewel dit belangrik is, nie in isolasie beskou moet word
nie. 'n Persoon se liggaamlike gesondheid kan egter in mindere of meerdere mate alle aspekte
van sy/haar ontwikkeling benvloed.
Volgens Hoyman (1975:514) l gesondheid op n kontinuum wat strek van optimale
gesondheid tot die dood. Om verskeie redes fluktueer ons gesondheidstoestand gedurig op
hierdie kontinuum, aangesien n voortdurende toestand van liggaamlike, ekonomiese,
omgewings-, sosiale en geestesgesondheid nie moontlik is nie.

Lees bladsye 18 tot 20 van die voorgeskrewe boek (Weinstein en Rosen, 2003).
Voltooi daarna die skriftelike aktiwiteit.

Wat is die verskil tussen die gesondheidkontinuum (wellness continuum) en die


Wreldgesondheidsorganisasie se definisie van gesondheid?

HEC101V/501
3.2

Die kind se reg op gesondheidsorg

Op 16 Junie 1995 het Suid-Afrika die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die
Kind onderteken. Tans is 171 lande ondertekenaars van die Konvensie. Hierdie konvensie
vermeld die basiese regte waarop alle kinders kan aanspraak maak sodat hulle veilig kan lewe
en ontwikkel en teen leed en uitbuiting beskerm kan word sonder enige diskriminasie. SuidAfrika het sedertdien die regte van kinders verskans in artikel 28 van die Grondwet van die
Republiek van Suid-Afrika, 1996, as deel van die Handves van Regte; dit vereis dat gepaste
stappe gedoen word om voorsiening te maak vir die beste belange van kinders, veral met
betrekking tot basiese voeding, skuiling, gesondheidsorgdienste en maatskaplike dienste
(Initial Country Report, South Africa 1997:8, 16).
Een van hierdie basiese regte is die kind se reg om te oorleef, wat die reg op lewe en die reg
op gesondheid en gesondheidsorg insluit. Dit beteken dat elke kind toegang tot
gesondheidsorg moet h deur middel van primre gesondheidsorgdienste om sodoende
siektes en wanvoeding te voorkom. n Ander basiese reg wat met gesondheid verband hou, is
die kind se reg op beskerming teen mishandeling en verwaarlosing deur ouers of ander
versorgers/oppassers (National Childrens Rights Committee).
3.3

Faktore wat gesondheid benvloed

Volgens Kibel en Wagstaff (1991) is die belangrikste verskille tussen kinders en volwassenes
daarin gele dat kinders groei en ontwikkel en van ander mense afhanklik is vir voeding en
beskerming. Om optimaal te groei en te ontwikkel benodig kinders: ... adequate nutrition,
protection from the environment and an emotionally nurturing family setting (Kibel & Wagstaff
1991:2).
Die vroe lewensjare is uiters belangrik vir die groei en ontwikkeling van die kind. Gedurende
di tydperk geskied neurologiese (brein en senuweestelsel) en spiergroei en -ontwikkeling die
vinnigste, en dit is alles faktore wat die kind se toekomstige intellektuele en liggaamlike
vaardighede in ho mate benvloed.
'n Mens se gesondheidstoestand word deur 'n verskeidenheid verweefde faktore bepaal. Dit
beteken dat dit moontlik is dat iemand se gesondheidstoestand voortdurend kan verander, ten
goede of ten kwade. Vanaf bevrugting kan 'n aantal faktore gesondheid en ontwikkeling op
verskillende tye benvloed. Party van hierdie vroegste invloede is die volgende:

Voorgeboortelike (prenatale) faktore (wat die fetus van bevrugting tot geboorte
benvloed) sluit in genetiese probleme, infeksies of ander siektes van die moeder
gedurende swangerskap, swak voeding van die moeder tydens swangerskap, sekere
soorte medisyne wat gedurende swangerskap gebruik word, rook en alkohol- of
dwelmmisbruik tydens swangerskap, blootstelling aan radioaktiwiteit, die ouderdom van
die vrou (baie jonk of bo 40 jaar) en voortydigheid van die bevalling.

Probleme tydens die geboorte (perinatale probleme), soos suurstoftekort by die


baba gedurende geboorte, geboortebeserings, resusonversoenbaarheid of bloeding.

Nageboortelike (postnatale) faktore, wat skade aan die sentrale senuweestelsel as


gevolg van infeksies, besering, vergiftiging, suurstoftekort of metaboliese probleme
insluit.

Oorerwing
Oorerwing bepaal wat n mens kan word (dws jou maksimum potensiaal). Oorerflike faktore
word by bevrugting van albei ouers ontvang.
Daar is verskeie genetiese steurings wat intellektuele of liggaamlike probleme by die kleuter
kan veroorsaak (bv Down se sindroom, porfirie of hemofilie). Die volgende verduideliking is 'n
baie simplistiese uiteensetting van die oorerflike basis van die lewe:
Die kern van elkeen van die miljoene selle in die menslike liggaam bevat 23 pare
chromosome (maw elke sel bevat 46 chromosome). Die uitsondering is die voortplantingselle,
wat net 23 chromosome elk bevat. N bevrugting het die selle van die nuwe embrio weer 23
pare (46) chromosome. Elke paar chromosome bestaan dus uit een chromosoom van die
moeder en een chromosoom van die vader.
Die chromosome lyk soos n gedraaide ketting en bevat duisende gene. Die ontwikkeling, bou
en funksionering van elke individu hang af van die genetiese komponente wat hy/sy van albei
ouers ontvang het. Aangebore eienskappe, soos die kleur van die o en hare, liggaamsbou
en so meer, word bepaal deur een of meer pare gene. In die geenpare kom een geen van die
moeder en die ander een van die vader.
Sommige van die gene kan abnormaal wees elkeen van ons het waarskynlik n paar
abnormale gene. Gelukkig is die normale gene vir n spesifieke eienskap gewoonlik geneig om
die abnormale geen te domineer. Dit gebeur baie selde dat albei ouers dieselfde abnormale
gene besit en dit dan aan die kind oordra.
Geboortegebreke en genetiese siektes kan voorkom as gevolg van abnormale chromosome,
abnormale seldeling of die wisselwerking tussen baie gene en die omgewing. n Persoon erf
die genetiese vatbaarheid vir n bepaalde afwyking, maar die siekte manifesteer hom eers as
toepaslike omgewingsinvloede voorkom (dit is meerfaktoroorerwing). Voorbeelde van
meerfaktoregebreke is diabetes, haaslip en gesplete verhemelte, horrelvoet, asma en spina
bifida.
In ontwikkelde lande het talle siektes met n ho sterftesyfer n genetiese komponent en
vermoedelik ook n meerfaktoroorsprong. Daar is dus n groot behoefte aan doeltreffende
gesondheidsopvoeding vir individue vanaf n vroe ouderdom.

HEC101V/501
Omgewing
In 1994 het die National Childrens Rights Committee (NCRC 1994:28) verklaar dat
for the majority of South Africans who live in depressed rural areas or in overcrowded
townships and informal settlements, the environment is one which is unsafe and
unhealthy, is devoid of basic amenities and recreational facilities and where open
spaces are filled with litter rather than trees and parks.
Die belangrikste omgewingsfaktore wat in Suid-Afrika bydra tot siekte, gestremdheid en die
dood is die volgende (NCRC, 1994; Von Schirnding, 1995):

'n gebrek aan riolering, afvoerstrukture en dienste om vaste en vloeibare afval te


verwyder

'n gebrek aan die voorsiening van veilige en voldoende water

Meer as vyf miljoen mense in Suid-Afrika is dakloos of leef in


ontoereikende akkommodasie.

onvoldoende veilige en skoon brandstof vir huishoudelike kook- en


verhittingsdoeleindes, wat beteken dat duur en dikwels ongesonde brandstof (soos
paraffien, steenkool en hout) gebruik word, wat weer lugbesoedeling en
gesondheidsprobleme vir kinders veroorsaak

Nagenoeg 1215 miljoen mense (30% van die bevolking) het nie toegang
tot skoon drinkwater nie, insluitende 50% van die landelike bevolking.
Volgens die 2002-studie South African Education for All het 25% van
primre skole in Suid-Afrika het geen toegang tot water binne loopafstand
van die skool nie (Human Rights Watch 2004: 18).

oorvol en onvoldoende lewensomstandighede

Nagenoeg 50% van die Suid-Afrikaanse bevolking het nie voldoende


sanitasie nie en in 2001 het 17% van huishoudings oor geen sanitasie
beskik nie (Statistics South Africa, 2003).

Nagenoeg 60% van die huishoudings in Suid-Afrika het geen elektrisiteit


nie.

swak beheer oor werkplekomgewings in sowel die formele as die informele sektor, wat
lei tot chemiese en biologiese kontaminasie van die grond, lug, water en
voedselhulpbronne, wat weer onaanvaarbare vlakke van besoedeling tot gevolg het

Baie van die hedendaagse omgewingsgesondheidsprobleme in Suid-Afrika het te doen met


armoede. Dit is juis diegene wat deur armoede benadeel word wat die kwesbaarste is, maar
hulle het ook die minste toegang tot gesondheidshulpbronne.
Von Schirnding (1995) beweer dat
the urban poor in South Africa, being simultaneously exposed to a myriad of agents
of environmental diseases, will suffer increasingly from the worst of both first and third
worlds, and being frequently nutritionally deprived, are the most vulnerable to the
effects of these diseases.

Lees ook in u voorgeskrewe handboek (hfst 13) oor


ander omgewingsfaktore wat gesondheid benvloed.

Lewenstyl en gedrag
Dr H Nakajima van die WGO voer aan dat ...most of the worlds major health problems and
premature deaths are preventable through changes in human behaviour and at low cost
(WHO 1988).
Baie van die belangrike besluite wat mense neem, word benvloed deur belangrike mense in
hulle sosiale netwerk en dit geld veral gesondheidsbesluite. Dit is n bekende feit dat mense
wat in n gemeenskap hoog aangeslaan word, persoonlike gesondheidsbesluite kan bevorder
of belemmer. Baie van ons maak staat op die advies van gesinslede, geestelike leiers of
vriende wanneer ons belangrike besluite neem.
Lewenstyl en gedrag word benvloed deur dinge soos persoonlike gesondheidskennis,
gebruike, kulturele en religieuse oortuigings, die invloed van die media en menings oor die
oorsaak van siektes.
In baie kulture in Afrika word die oorsaak van siektes toegeskryf aan, en die doel van genesing
gerig op, drie sake, naamlik geestelike of magiese aspekte, fisiese verskynsels en sielkundige
verskynsels. Wanneer daar n wanbalans tussen hierdie drie aspekte ontstaan, veroorsaak dit
siekte, en genesing geskied alleenlik as die balans weer herstel is.

Raadpleeg ook u voorgeskrewe boek (bl 19) vir meer


inligting oor risikofaktore en lewenstyl.

Gesondheidsorgstelsels
Die beskikbaarheid van of gebrek aan voorkomende primregesondheidsorgdienste, die
bestaan van n nasionale gesondheidsbeleid en die invloed van tradisionele geneeskunde sal
n mens se gesondheid in mindere of meerdere mate affekteer. As gevolg van die
ongelykhede in die voorsiening van gesondheidstelsels in die verlede was miljoene SuidAfrikaners (meestal kinders en mense wat in die landelike gebiede gewoon het) sonder
genoegsame gesondheidsorg.
10

HEC101V/501
Ontwikkeling
Armoede en lae sosio-ekonomiese status, wat deur enkelouergesinne, tienderjarige ouers,
werkloosheid, gebrek aan opvoeding, vinnige verstedeliking en soortgelyke faktore veroorsaak
word, kan ook die kind se gesondheid benvloed.
Die Birth to Twenty-studie (BTT) is n langtermynnavorsingsprojek van die Universiteit van die
Witwatersrand wat 3 770 kinders bestudeer wat tussen 23 April 1990 en 8 Junie 1990 in die
Johannesburg- en Sowetogebied gebore is. Dit is begin om die biologiese, omgewings-,
ekonomiese en psigososiale faktore te ondersoek wat geassosieer word met die oorlewing en
gesondheid van kinders wat in n stedelike omgewing woon.
Die aanvanklike bevindings het getoon dat een van die belangrikste faktore wat n kind se
gesondheid benvloed, die onderwysvlak van die kind se moeder is. Daar is bevind dat elke
bykomende jaar wat n vrou skoolgegaan het, geassosieer word met n afname van vyf tot tien
persent in die sterftesyfer van kinders onder vyf (dws die aantal kinders onder vyf jaar wat in n
spesifieke tydperk sterf) vir enige van haar kinders wat jonger as vyf jaar is.
Die sterftesyfer vir kinders jonger as vyf jaar by moeders met geen onderwys nie, is 80 persent
hor as vir kinders van moeders wat minstens oor n graad 10-sertifikaat beskik (Yach,
Richter, Cameron, Von Schirnding & De Wet 1993).
Die BTT-studie het bevind dat die volgende waar is:

Vroue met hor onderwysvlakke maak meer van voor-en nageboortedienste gebruik.

Hul kinders word meer dikwels gemmuniseer.

Hul kinders word beter gevoed vergeleke met kinders van moeders met laer
onderwysvlakke.

Hulle het meestal minder kinders.


Die bevindings van hierdie Suid-Afrikaanse studie strook met navorsing in ander dele van die
wreld. Volgens Morley en Lovel (1986) is daar n baie nou verband tussen die onderwys van
vroue en n laer babasterftesyfer, n laer geboortesyfer en beter kindervoeding.

11

Indien u bogenoemde afdeling en die voorgeskrewe boek weer lees, sal u


waarskynlik saamstem dat baie van die gemelde faktore wat mense se
gesondheid benadeel, buite hulle beheer is. Jy sal waarskynlik ook ander
faktore kan noem wat n kind se gesondheid benvloed. Maak n skema van
al hierdie faktore in die ruimte hier onder.

Faktore wat n kind se gesondheid kan benvloed

3.4

Die verwantskap tussen gesondheid en aspekte van die kind se ontwikkeling

Veranderinge in die kind se liggaamlike gesondheid kan ook sosiale, emosionele of


intellektuele aspekte van die kind se ontwikkeling benvloed. Hier onder word enkele
voorbeelde gegee:
Liggaamlike gesondheid en emosionele ontwikkeling
Daar is baie fisieke omstandighede wat die kind se emosionele toestand kan benvloed.
Enkele voorbeelde is:

n Siek kind kan prikkelbaar en angstig wees, wat skoolaanpassing en die ontwikkeling
van portuurgroepverhoudings kan benvloed.

n Honger of wanvoede kind kan kort van draad en prikkelbaar wees en nie in staat
wees om te konsentreer nie.

n Kind wat vetsugtig is en die spot van ander kinders moet verduur, kan selfbewus en
teruggetrokke word.

n Kind wat onvoldoende slaap kry en gevolglik moeg bly, kan by die geringste
aanleiding emosioneel oorreageer.

n Kind wat aan n chroniese siekte ly en deur die ouers oorbeskerm word, kan baie
veeleisend word.
12

HEC101V/501
Al hierdie emosionele response sal n invloed op die kind h en in mindere of meerdere mate
sy/haar skolastiese sukses benvloed. Emosionele probleme ken egter ook liggaamlike
simptome veroorsaak. Dink maar aan die emosioneel versteurde kind wat sy/haar bed
natmaak, vomeer, of enige ander soort abnormale fisieke simptoom begin openbaar.
Liggaamlike gesondheid en sosiale ontwikkeling
Ten einde goed in die skoolsituasie aan te pas is dit belangrik dat n kind goed met sy/haar
portuurs oor die weg kom en bevredigend in n groep aanpas. Die kind wat gesond is en
selfvertroue het, sal heel waarskynlik suksesvol wees in di opsig.
Siekte isoleer n kind dikwels vir tye van sy/haar portuurgroep en hy/sy moet dan nuwe sosiale
bande smee wanneer hy/sy weer skool toe gaan. Sekere fisiese probleme en belemmerings
kan daartoe lei dat die kind op sosiale gebied deur sy/haar vriende verstoot word. Die
vetsugtige kind kan deur die groep uitgesluit word omdat hy/sy nie liggaamlik op gelyke voet
kan meeding nie of kan oor sy/haar grootte gespot word.
Kinders kan ook sosiaal gesoleer word as gevolg van kroniese siektes soos MIV/Vigs. Hierdie
leerders kan ook, afgesien van die nadelige uitwerking van sosiale isolasie, n swak selfbeeld
ontwikkel.
Liggaamlike gesondheid en intellektuele ontwikkeling
Kinders met gesondheidsprobleme soos hemofilie (dws bloeding en kneusing omdat die bloed
nie effektief kan stol nie) kan leergeleenthede onts word omdat hulle liggaamlike
beweeglikheid in die wiele gery word. Navorsing het bewys dat daar n verwantskap tussen
motoriese vaardigheid en akademiese prestasie bestaan (Gallahue, Werner & Luedke 1975:
242). Die jong kind wat as gevolg van siekte nie genoeg motoriese ervaring opdoen nie, se
latere akademiese prestasies sal waarskynlik onbevredigend wees. Hierdie beperkte
liggaamsbeweging is veral gedurende die eerste jare van die kind se lewe nadelig, want hy
gebruik sy liggaam om die wreld om hom te ontdek.
Sekere infeksies tas ook die brein aan en dit kan intellektuele ontwikkeling benvloed.
Sommige kinders met byvoorbeeld MIV-infeksie kan neurologiese en leerprobleme ontwikkel
as gevolg van die effek van die MI-virus op die breinweefsel.
Die meeste onderwysers sal saamstem dat amper enige gesondheidsprobleem van swak
visie of n verkoue tot honger of kindermishandeling kan meebring dat kinders nie effektief
kan leer nie.

13

Kan u enige voorbeelde byvoeg?

Emosioneel: .........................................................................

Intellektueel: .............................................................................................................

Sosiaal: ....................................................................................................................

3.5

Gesondheidsbevordering teenoor gesondheidsopvoeding

Hierdie twee terme word dikwels verwar maar eenvoudig gestel kan ons s dat
gesondheidsopvoeding n strategie vir gesondheidsbevordering is (Reddy & Tobias 1994:19).
Gesondheidsopvoeding word gewoonlik gedefinieer as die beplanning van leergeleenthede
oor gesondheid met die doel om gesondheidsverwante gedrag sodanig te verander dat
individue hul gesondheid op n gunstiger vlak kan hou, soos blyk uit die volgende aanhaling uit
Reddy en Tobias (1994:20):
... the deliberate structuring of planned learning opportunities about health which are
aimed at voluntary changes in health-related behaviours to give individuals the
opportunity of achieving a more favourable position on the health continuum.
Gesondheidsopvoeding sluit, volgens Hubley (1994), al die volgende in:

om gemotiveer te wees om gedragspatrone te aanvaar wat gesondheid bevorder

om individue te help om ingeligte gesondheidsbesluite te neem en uit te voer

om bereid te wees om jou gedrag te verander sodat jou gesondheid kan verbeter

14

HEC101V/501
Gesondheidsopvoeding sal egter nie suksesvol wees indien opvoeders slegs kennis van
gesondheidskwessies
aan
individue
oordra
(die
inligtingoordragmodel
van
gesondheidsopvoeding) sonder om die politieke, sosiale en ekonomiese situasie waarin die
individue lewe, te verstaan nie. Crewe (1992:16) haal die volgende voorbeeld aan:
Most mothers will know instinctively when their children are malnourished. All the
information available about malnutrition and good feeding will be of no use if the mother
cannot afford the food, the sugar or even the matches to light the fire to sterilise the
water.
Die onderwyser het n belangrike rol om te speel in die oordra van kennis en die bevordering
van gesonde houdings en gedrag by jong leerders.
Gesondheidsbevordering het n brer benadering en behels meer as blote
gesondheidsopvoeding. Dit kan volgens Reddy en Tobias (1994:20). gedefinieer word as
enige kombinasie van gesondheidsopvoeding met verwante organisatoriese, politieke en
ekonomiese intervensies wat ontwerp is om gedrags- en omgewingsaanpassings te fasiliteer
wat individue, groepe of gemeenskappe se gesondheid sal verbeter of beskerm.
In 1986 het die Ottawa-Handves van die WGO gesondheidsbevordering gedefinieer as the
process of enabling people to increase control over and improve their health.
Die Gesondheidsbevorderingsbeleid van Suid-Afrika se Departement van Gesondheid het dit
as volg beskryf:
.... helping people to gain and maintain good health through promoting a combination
of educational and environmental support which influence peoples actions and living
conditions (Draft Health Promotion Policy, 1999:4).
Gesondheidsbevordering help of bemagtig mense om meer beheer oor hul gesondheid te
verkry en hul gesondheid op 'n individuele vlak te bevorder. Dit probeer ook gemeenskappe en
besluitnemers benvloed om veranderinge aan te bring aan die beleid wat ander mense se
gesondheid benvloed (Hubley 1994; WHO 1984).
Gesondheidsbevordering sluit die volgende in:

gemeenskapsdeelname

opvoeding

samewerking tussen sektore

multidissiplinre spanwerk

gemeenskapsontwikkeling

massamediaveldtogte

die voorkoming van spesifieke siektes

die lewering van basiese dienste (sanitasie, water, en dies meer)

15

Lees bladsye 21 en 22 van die voorgeskrewe boek oor die doel van
gesondheidsopvoeding. Maak n kort opsomming van die betekenis van
voorkoming deur gesondheidsbevordering (prevention through promotion).

3.6

Gesondheidsbeleidsontwikkeling wat skole raak

3.6.1 Skole wat gesondheid bevorder


Die konsep van skole wat gesondheid bevorder (health promoting schools), is deur die WGO
(1991) bekendgestel as gevolg van n voorstel deur die Europese Gemeenskap se Raad van
Ministers van Onderwys, wat in 1988 besluit het
om toepaslike relings te tref vir die kordinering van gesondheidsbevorderlike
maatrels tussen skole, gesinne, gesondheidsinstellings en -dienste en die
gemeenskap sodat kinders gesondheidsopvoeding sou sien as 'n praktiese eerder as 'n
bloot teoretiese deel van hul lewe (European Commission 1989).
Die WGO (WHO 1993:1) definieer n gesondheidsbevorderende skool as n skool wat
aims at achieving healthy lifestyles for the total school population by developing
supportive environments conducive to the promotion of health. It offers opportunities for
and requires commitments to, the provision of a safe and health-enhancing social and
physical environment.
16

HEC101V/501
Internasionale kriteria vir gesondheidsbevorderende skole
Die kriteria vir n gesondheidsbevorderende skool is (Morton & Lloyd 1994:6)

toewyding aan die verbetering van die skool se fisiese, sosiale en psigologiese
omgewing
bevordering van 'n kind se selfagting
goeie onderwyser-leerder- en portuurgroepverhoudings
positiewe en produktiewe skakels met die skool, gesin en gemeenskap
'n stimulerende en goedgebalanseerde gesondheidsopvoedingskurrikulum
die manier waarop ouers rolmodelle vir leerders is
die gebruik van gespesialiseerde gemeenskapsdienste vir advies en ondersteuning in
gesondheidsake
die aktiewe betrokkenheid van enige skoolgesondheidsdienste by die
gesondheidsopvoedingskurrikulum
die manier waarop die skool sy personeel se gesondheid bevorder
die ondersteuning en toewyding van die senior bestuur aan die skool as 'n
gesondheidsbevorderende instelling

Die ontwikkeling van die benadering van gesondheidsbevorderende skole in SuidAfrika


Die behoefte aan n beleid van gesondheidsbevorderende skole is besef vanwe die
geskiedenis van diskriminasie en armoede in Suid-Afrika waardeur baie kinders in die land
aan onveilige en onhiginiese omgewings blootgestel is wat negatiewe gevolge vir hulle
liggaamlike, emosionele, intellektuele en sosiale welsyn gehad het.
Die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid het in 1996 'n nasionale werkswinkel
gehou in samewerking met die Departemente van Onderwys en van Welsyn om 'n beleid van
gesondheidsbevorderende skole in Suid-Afrika te begin beplan waardeur gesondheidsdienste,
die gemeenskap, onderwysers, ouers en kinders betrek sou word (Department of Health
1997:19).
Sedert 1999 is verskeie werkswinkels gehou oor beleidsriglyne vir die totstandkoming van
gesondheidsbevorderende skole in Suid-Afrika. Tans word hierdie benadering in verskeie
skole in die Wes-Kaap gemplementeer.
Volgens die Departement van Gesondheid (2003:4) is daar vyf komponente wat die grondslag
van skoolgesondheid vir die Health Promoting Schools-inisiatief (HPS) in Suid Afrika vorm:

Die ontwikkeling van geskikte beleide wat die skoolgemeenskap sal help om
deurlopend aan sy gesondheidsbehoeftes te voldoen.

Toegang tot toepaslike dienste wat aan die skoolgemeenskap se


gesondheidsbehoeftes aandag kan gee.

Die ontwikkeling van die persoonlike vaardighede van die lede van die
skoolgemeenskap sodat hulle hul eie gesondheid sal kan verbeter en ook die gesonde
ontwikkeling van andere sal kan benvloed.

17

Die ontwikkeling van die skool as ondersteunende omgewing vir die bevordering van
gesonde houdings en praktyke.
Gemeenskapsdeelname deur die skool en die brer gemeenskap om maniere te vind
en hul eie te maak om aan hulle kollektiewe behoeftes te voldoen deur toegang tot
gesondheidshulpbronne.

3.6.2 Nasionale Skoolgesondheidsbeleid


Die Departement van Gesondheid het in 2003 die School health policy and implementation
guidelines gepubliseer. Die visie van die beleid is the promotion of the optimal health and
development of school going children and the communities in which they live and learn
(Department of Health, 2003: viii).
Volgens hierdie dokument is kinders minstens 40 weke per jaar oor n tydperk van 12 of 13
jaar by die skool. Deur die infrastruktuur wat skole bied, kry gesondheids- en ander
maatskaplike dienste die geleentheid om met opvoeders saam te werk om kinders se kritieke
gesondheids-, ontwikkelings- en sosiale behoeftes aan te pak. (Department of Health, 2003:
iii).

Vind uit wat in u eie skooldistrik/laerskool gedoen word om die Nasionale


Skoolgesondheidsbeleid uit te voer.
..........................................................................................................................
...........................................................................................................................

3.7 Faktore wat skoolgesondheidsopvoeding benvloed


Daar is 'n aantal faktore wat die onderrig van gesondheidsopvoeding bemoeilik. Dit word in die
voorgeskrewe boek bespreek.

18

HEC101V/501

Maak n opsomming van hierdie afdeling in Weinstein en Rosen


(2003: 5 & 6) op u eie.

3.8

Gesondheidsopvoeders in die skoolomgewing

Ouers en ander gesinslede speel 'n vormende rol in die gesondheidsopvoeding van
kinders as gevolg van die sorg wat hulle in die huisomgewing gee en die voorbeeld wat
hulle vir hul kinders stel. Daar word dus aangeneem dat gesondheidsopvoeding in die
huis begin. Die onderwyser moet in hierdie opsig in 'n ondersteunende verhouding tot
die gesin staan (Morton & Lloyd 1994:134).

Die onderwyser is tydens skoolure die primre gesondheidsopvoeder en kan


gesondheidsopvoeding aan kinders, ouers en personeel in ander kategorie gee.

Ander beroepsmense, soos lede van die gesondheids- of welsynsektor dokters,


tandartse, verpleegkundiges, dieetkundiges, paramediese personeel, maatskaplike
werkers, sielkundiges en dies meer kan deskundige inligting oor gesondheid en
verwante sake voorsien en behoort, wanneer nodig, geraadpleeg te word.

Kinders word gewoonlik beskou as ontvangers van gesondheidsopvoeding eerder as


gesondheidsopvoeders. In 1979 is die Kind-tot-kind-program wreldwyd van stapel
gestuur om die Internasionale Jaar van die Kind te vier; dit was een van die eerste
geleenthede waarby erken is dat kinders by mekaar leer en nie net by volwassenes nie
(Young 1987: 155).

19

Hierdie program gebruik kinders om hul broers en susters en ander gesinslede te leer
van onderwerpe soos babasorg, die voorkoming van ongelukke, voeding en
immunisering en is op die volgende drie aannames gebaseer (Hubley 1994):
-

Opvoeding is op sy doeltreffendste indien dit in noue verband gebring word met


die dinge wat vir kinders en hul gesinne die meeste saak maak.

Opvoeding binne die skool en opvoeding buite die skool behoort verbind te word
sodat leer as 'n deel van die lewe gentegreer kan word.

Kinders beskik oor die wil, vaardigheid, potensiaal en motivering om mekaar te


help opvoed en hulle kan met die taak vertrou word.

Portuuropvoeding word belangrik teen die einde van die Grondslagfase en deur die hele
Intermedire en Senior Fase, wanneer inligting en modelle wat deur die portuurgroep verskaf
word, vir leerders dikwels meer aanvaarbaar is as di wat volwassenes verskaf.

Talle verenigings en organisasies produseer opvoedkundige materiaal wat die


onderwyser kan gebruik.

Vind uit watter organisasies in u omgewing opvoedkundige materiaal


produseer wat onderwysers vir gesondheidsopvoedingsdoeleindes kan
gebruik.
Versamel so veel moontlik van hierdie publikasies en liasseer hulle as die
begin van u eie gesondheidshulpbronversameling.
Gebruik die temas genoem in die studie-eenhede van hierdie studiebrief as
die temas waarvolgens u u hulpbronversameling organiseer.

3.9

Ouers se rol in gesondheidsopvoeding

Ouer betrokkenheid by die skool, en veral by die potensieel sensitiewe vraagstukke wat met
gesondheidsopvoeding saamhang, moet aangemoedig word.
Schurr (1992) stel die volgende maniere voor waarop ouers by die skool betrokke kan raak:

Vra ouers om stories of gevoelens oor hulle persoonlike gesondheidservarings met


leerders te deel.

Stig n ouersentrum by die skool wat nuttige hulpbronne bevat en as n vergaderplek vir
ouers en personeel kan dien.

Moedig skool- en gemeenskapsbetrokkenheid aan deur gesamentlike ouer-, leerder- en


onderwyseraktiwiteite (bv uitstallings in winkelsentrums).

20

HEC101V/501

Stel n brosjure vir ouers saam wat nuttige wenke en riglyne bevat, en versprei dit.

Beplan naweek- of aandsessies vir ouers om hulle in te lig oor hoe om by die skool
betrokke te raak.

Rel twee tot drie ouer-onderwyser-kontaksessies gedurende die jaar.

Publiseer n maandelikse nuusbrief vir ouers.

Stel voor dat elke leerder n notaboekie kry vir ouer-onderwyser-kommunikasie


gedurende die jaar.

Het u enige ander goeie wenke vir ouerbetrokkenheid? Skryf hulle hier
onder neer.

21

3.10

Kriteria vir die bepaling van toepaslike leerervarings

Volgens Robertson (1998:449) en Bender en Sorochan (1997:66 & 67) kan die volgende
kriteria gebruik word om vas te stel of die gesondheids-, veiligheids- en voedingskurrikulum vir
leerders geskik is:
Ja
Is die aktiwiteit gepas vir die ouderdom, kultuur en ontwikkelingsvlak
van die leerder?

Maak dit voorsiening vir 'n holistiese benadering?

Gee dit die leerders geleentheid om keuses te maak?

Bevorder dit positiewe keuses?

Is dit buigsaam?

Maak dit verkenning en interaksie vir die leerders moontlik (dws is dit
aksie-georinteerd)?

Is daar 'n verskeidenheid aktiwiteite?

Word 'n verskeidenheid aanbiedingsmetodes gebruik?

Bring die leerervaring sowel kennis as gesondheidsverwante


vaardighede en houdings mee?
Word twee of meer sintuie gedurende die leerproses gebruik?

Is dit ekonomies met betrekking tot tyd en koste?


Word die inligting onbevooroordeeld aangebied?

22

Nee

HEC101V/501

STUDIE-EENHEID 2: GESKIKTE GESONDHEIDSOPVOEDINGSTEMAS


LEERUITKOMSTE
Die doel van hierdie studie-eenheid is om u te help dink oor die
gesondheidsopvoedingkurrikulum in u betrokke fase.
Nadat u hierdie studie-eenheid bestudeer het, behoort u:
gesondheidsopvoedingstemas wat geskik is vir die kind in die
Grondslagfase of die Intermedire en Senior Fase, te kan identifiseer
geskikte leerervarings wat met hierdie onderwerpe verband hou, vir die
leerder in hierdie fases te kan beplan

Let wel: In hierdie studie-eenheid moet u seker maak dat u weet watter inligting u by
onderstaande onderwerpe kan gebruik wanneer u leeraktiwiteite vir leerders beplan. Onthou
asseblief dat meerkeusevrae in die eksamen uit enige hoofstuk kan kom en nie noodwendig
fase-spesifiek sal wees nie.
Bestudeer die volgende hoofstukke in Weinstein en Rosen (2003) op u eie:

die menslike liggaam (The human body and its development) hoofstuk 2
voeding (Nutrition) hoofstuk 3
oefening en gesondheid (Keeping kids active, keeping kids healthy) hoofstuk 4
aansteeklike en kroniese siektes (Communicable and chronic diseases) hoofstuk 5
geestesgesondheid (Mental health) hoofstuk 6
die voorkoming van skoolgeweld (Preventing school violence) hoofstuk 9
alkohol- en dwelmgebruik (Use of alcohol, tobacco and other substances) hoofstuk 10
omgewingsgesondheid (Environmental health) hoofstuk 13
veiligheid, voorkoming van beserings en noodhulp (Safety, injury prevention and first
aid) hoofstuk 14
verbruikersgesondheid (Consumer health) eerste deel van hoofstuk 15
Let wel:
U hoef hoofstuk 7 slegs deur te lees, aangesien die onderwerp daarvan
behandel word in die module oor voorligting, berading en
lewensvaardighede.

23

ASSESSERINGSTANDAARDE VIR DIE GRONDSLAGFASE VIR DIE EERSTE


UITKOMS
1.

GESONDHEIDSBEVORDERING

Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor persoonlike, gemeenskaps- en


omgewingsgesondheid te neem.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
GRAAD R

GRAAD 1

verduidelik hoe
belangrik dit is om
net skoon water te
drink en vars kos
te eet

voedsame keuses
identifiseer uit n
reeks algemeen
beskikbare voedsel
en drinkgoed

beskryf watter
stappe gedoen
kan word om
persoonlike
higine te
verseker

stappe verduidelik
om persoonlike
higine te verseker
en di stappe met
omgewingsgesondheid in verband
bring

24

demonstreer
watter
voorsorgmaatrels
teen oordraagbare
siektes getref kan
word
veiligheid by die
huis en die skool
verduidelik
die reg van
kinders om nee te
s vir seksuele
misbruik
verduidelik en
maniere om dit te
doen beskryf

beskryf bronne
van skoon en
onsuiwer water en
eenvoudige
suiweringsmetodes

stel stappe voor


om die huis- en
skoolomgewing
gesonder te maak,
en ondersoek dit

onderskei tussen
situasies wat veilig
is en di wat
voorsorgmaatrels
teen oordraagbare
siekte vereis

gevare en gepaste
voorsorgmaatrels
identifiseer op die
roete skool toe

GRAAD 2

situasies herken wat


seksuele misbruik
uitmaak of daartoe
kan lei en iemand
noem aan wie dit
gerapporteer kan
word

identifiseer
oordraagbare
siektes en
verduidelik
maatrels om
jouself en ander
daarteen te
beskerm
identifiseer
padtekens wat op
voetgangers van
toepassing is en
verduidelik wat
hulle beteken

GRAAD 3

vergelyk gesonde en
swak dieetgewoontes
en beskryf die
uitwerking van sulke
gewoontes op
persoonlike
gesondheid

neem deel aan n


hersirkuleringsprojek
en verduidelik hoe
hersirkuleringsprojek
tot omgewingsgesondheid bydra

bespreek mites
betreffende
oordraagbare siektes
en die oorsake en
voorkoming daarvan

identifiseer geskikte
persone en hulle
kontakbesonderhede
ten einde gevalle van
ongelukke,
mishandeling,
misdaad, brand, siekte
en beserings aan te
meld

HEC101V/501

ASSESSERINGSTANDAARDE VIR DIE INTERMEDIRE FASE VIR DIE


EERSTE UITKOMS
1.

GESONDHEIDSBEVORDERING

Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor persoonlike, gemeenskaps- en


omgewingsgesondheid te neem.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

GRAAD 4

ondersoek spyskaarte
van verskillende kulture
en stel planne vir
gesonde maaltye voor

ondersoek die verband


tussen n gesonde
omgewing en
persoonlike gesondheid
en doen daaroor
verslag

verduidelik kinders se
gesondheidsregte en
-verantwoordelikhede,
en stel maniere voor
waarop dit in n
bekende situasie
toegepas kan word
noem en verduidelik
verkeersrels van
toepassing op
padgebruikers

GRAAD 5

ondersoek maniere om die


gehalte van voedsel en
water in verskillende
kontekste te beskerm, en
doen daaroor verslag

ondersoek n plaaslike
omgewingsgesondheidsprobleem met behulp van
verskillende databronne en
beplan n strategie om die
probleem op te los

herken die simptome en


oorsake van siektes wat
plaaslik voorkom en
bespreek
voorkomingstrategie

verduidelik die individuele


gesondheids- en
maatskaplike uitwerking
van middelmisbruik

GRAAD 6

interpreteer voedseletikette en
bespreek die
gesondheidsuitwerking van die
gelyste bestanddele krities

neem deel aan n


probleemoplossingsaktiwiteit in
verband met n
omgewingsgesondheidsvraagstuk ten einde keuses en/of
aksies te formuleer wat goed is
vir die omgewing

verduidelik oorsake van


oordraagbare siektes
(insluitende MIV/Vigs) en die
beskikbare geneesmiddels, en
evalueer voorkomingstrategie
ooreenkomstig
gemeenskapsnorme en
persoonlike waardes

identifiseer verskillende vorme


van misbruik en stel strategie
voor om dit te bestry

25

ASSESSERINGSTANDAARDE VIR DIE SENIOR FASE VIR DIE EERSTE


UITKOMS
1.

GESONDHEIDSBEVORDERING

Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor persoonlike, gemeenskaps- en


omgewingsgesondheid te neem.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
GRAAD 7
stel maniere voor om
die voedingswaarde
van sy/haar eie dieet
te verbeter
evalueer optrede om n
omgewingsgesondheidsprobleem op te
los
beskryf strategie om
met n siekte
(insluitende MIV/Vigs)
te leef
bespreek die
persoonlike gevoelens,
gemeenskapsnorme,
waardes en
maatskaplike druk wat
met seksualiteit
geassosieer word

GRAAD 8
beplan optrede waarin wette
en/of beleide vir die
beskerming van
omgewingsgesondheid
toegepas word om n
omgewingsgesondheidsvraa
g-stuk op te los
ontleed krities die oorsake
van algemene siektes
ooreenkomstig sosioekonomiese en
omgewingsfaktore
beskryf wat n gesonde
lewenstyl in sy/haar eie
situasie is as n manier om
siekte te voorkom
demonstreer ingeligte,
verantwoordelike
besluitneming oor
gesondheid en veiligheid
ondersoek n gesondheidsen veiligheidsvraagstuk wat
met geweld verband hou en
stel alternatiewe vir geweld
voor as teenstrategie

26

GRAAD 9

illustreer en evalueer die


invloed van ekologiese,
maatskaplike, ekonomiese,
kulturele en politieke faktore op
sy/haar eie voedselkeuses

ontwikkel n omgewingsgesondheidsprogram en voer dit uit

ondersoek persoonlike en
sosiale faktore wat tot
middelmisbruik bydra en stel
gepaste response en
rehabilitasieopsies voor

evalueer krities hulpbronne vir


gesondheidsinligting,
gesondheidsdienste en n reeks
behandelingsopsies, insluitende
vir MIV/Vigs

bespreek maniere om insigte


verkry uit deelname aan
optrede in verband met n
nasionale gesondheids- of
veiligheidsbevorderingsprogram, toe te pas

HEC101V/501

N LAASTE GEDAGTE OOR GESONDHEIDSOPVOEDING

In hierdie studie-eenheid het ek probeer om u te laat besef hoe moeilik dit is om mense se
gesondheidsgedrag te verander sonder die samewerking van al die belanghebbende partye.
Dink aan James Yen se woorde uit die 1930's (Morley & Lovel 1986:202), waarin die
verantwoordelikhede van die ideale gesondheidsopvoedingonderwyser beskryf word:

Go in search of your people


Love them
Learn from them
Plan with them
Serve them
Begin with what they know
Build on what they have
But the best of leaders
When their task is accomplished
Their work is done
The people all remark
We have done it ourselves.

STUDIE-EENHEID 3: BELANGRIKE GESONDHEIDSTEMAS

Die volgende belangrike gesondheidstemas word in hierdie studie-eenheid behandel

kindermishandeling en -verwaarlosing
hospitalisasie
chroniese siekte
kinderstres
verlies, die dood en sterwe (loss, death and dying)
MIV/Vigs

27

6.1

Kindermishandeling en -verwaarlosing

LEERUITKOMSTE
Die doel van hierdie afdeling van die studie-eenheid is om u te help om na te dink
oor die vraagstukke van kindermishandeling en -verwaarlosing en om dit te
verstaan.
Nadat u hierdie afdeling bestudeer het behoort u

die verskille tussen die onderskeie kategorie van kindermishandeling en


kinderverwaarlosing te kan verduidelik

die kenmerke van volwassenes wat kinders mishandel, en van


mishandelde en verwaarloosde kinders te kan beskryf

die rol van die onderwyser ten opsigte van die mishandelde en/of
verwaarloosde kind en ouers wat hulle aan kindermishandeling skuldig
maak, te kan verduidelik

te kan verduidelik hoe onderwysers behoort op te tree as hulle


kindermishandeling of -verwaarlosing vermoed

vertroud te wees met wetgewing wat met kindermishandeling verband hou

Die onderwerp kindermishandeling word in die hedendaagse literatuur onder 'n reeks terme
bespreek. Sommige van die bekendstes word hier in Engels aangegee: battered baby
syndrome; child battering; child maltreatment; non-accidental childhood injury en child abuse.
Locke (1984:53) gee 'n nuttige definisie van kindermishandeling: any interaction or lack of
interaction between a child and his or her caregiver which results in non-accidental harm to the
childs physical and/or developmental state.
Bestudeer hoofstuk 11 van Weinstein en Rosen (2003) op u eie. KKO-studente
kan hierdie inligting aanvul met hoofstuk 11 van Marotz et al (2005).

28

HEC101V/501

HISTORIESE VOORKOMS VAN KINDERMISHANDELING


Hoewel kindermishandeling deesdae skynbaar baie meer algemeen is, is dit nie n nuwe
maatskaplike verskynsel nie. Volgens Langor (1974:353-367) is kindermoord van die vroegste
tye af by sommige kultuurgroepe n metode van bevolkingsbeheer. Daar is ook baie stawende
getuienis dat kinders gedurende die agtiende eeu (gedurende die Industrile Rewolusie)
mishandel en uitgebuit is. Selfs tradisionele kleuterrympies lewer bewys daarvan:
There was an old woman
Who lived in a shoe
She had so many children
She didnt know what to do
She gave them some broth
Without any bread
And whipped them all soundly
And put them to bed.
(Opie & Opie 1951:355)
(Dink ook aan die Afrikaanse liedjie Siembamba.)

Kan u aan enige onlangse wetgewing in Suid-Afrika (of u eie land) dink wat
regte aan kinders gee?

DIE VOORKOMS VAN KINDERMISHANDELING IN SUID-AFRIKA


In 1996 het die Kinderbeskermingseenheid met 35 838 gevalle van misdaad teen kinders te
doen gehad. Dit verteenwoordig 'n gemiddelde toename van 36% per jaar sedert 1983.
Tussen 1995 en 1996 het seksuele misdade teen kinders wat amptelik aangemeld is, n
toename getoon van 38% vir verkragting, 35% vir sodomie en 15% vir bloedskande (Initial
Country Report 1997:104). Teen 2000 is 72 000 misdade teen kinders aangemeld (Berry &
Guthrie 2003:30). Daar is 'n paar moontlike redes vir hierdie toename in kindermishandeling
(Initial Country Report 1997:104-105):

toename in aanmelding van kindermishandeling en -verwaarlosing as gevolg van


groter openbare bewustheid van die probleem

gesinsarmoede wat kinders tot prostitusie dryf (genoem oorlewingseks)

die MIV/Vigs-epidemie in Suid-Afrika, wat die mite laat ontstaan het dat seks met 'n
maagd vigs sal voorkom of genees

29

KLASSIFIKASIE VAN KINDERMISHANDELING EN -VERWAARLOSING


Daar is verskillende algemene klassifikasies van kindermishandeling. Halperin (1979:21-30)
gebruik die volgende klassifikasie:

fisieke mishandeling

fisieke verwaarlosing

emosionele mishandeling

emosionele verwaarlosing

seksuele mishandeling

mediese verwaarlosing

opvoedkundige verwaarlosing

verwerping

veelvuldige mishandeling

Raadpleeg asseblief hoofstuk 11 van die voorgeskrewe boek vir die kategorie
van mishandeling en dui aan of dit ooreenkom met bogenoemde kategorie van
Halperin.
...................................................................................................................................
.....................................................................................................................................
..................... ..............................................................................................................
...................................................................................................................................
.....................................................................................................................................
..................... ..............................................................................................................
...................................................................................................................................
.....................................................................................................................................
..................... ..............................................................................................................
...................................................................................................................................
.....................................................................................................................................
..................... ..............................................................................................................
...................................................................................................................................
.....................................................................................................................................

30

HEC101V/501

FAKTORE WAT BYDRA TOT KINDERMISHANDELING EN -VERWAARLOSING

Bestudeer die gedeelte hieroor in ondergenoemde boek (bll 285287), wat


in die Studieversameling van die Unisa-Biblioteek beskikbaar is:
Marotz, LR, Cross, MZ & Rush, JM. 2005. Health, safety and nutrition for
the young child. Sixth edition. Albany, NY: Delmar (die vyfde uitgawe kan
ook gebruik word bll 258261).

DIE ROL VAN DIE ONDERWYSER


Die onderwyser het n belangrike rol om te speel in verband met kindermishandeling:

Identifikasie van die mishandelde kind


Hier is dit noodsaaklik dat die onderwyser al die liggaamlike en gedragsimptome wat op
mishandeling dui, herken.

Bestudeer hierdie afdeling op bladsy 279 in Marotz et al (2005) of bladsye 251


254 in Marotz et al (2001).

Identifikasie van die ouer wat sy/haar kind mishandel


Die onderwyser moet op die uitkyk wees vir kenmerke en gedrag by n ouer wat daarop
kan dui dat hy/sy sy/haar kind of kinders mishandel.

Bestudeer hierdie afdeling in Marotz et al (2005: 285286) of (2001: 259).

Die onderwyser moet skriftelik verslag hou van alle waarnemings van vermeende of
werklike mishandeling.
Bestudeer hierdie gedeelte in Marotz et al (2005: 283 & 288) of (2001: 261).

31

Aanmelding van kindermishandeling


Volgens Robertson (1989:7-8) is die volgende prosedures belangrik om te verseker dat
die korrekte wetlike proses gevolg word:
o

Teken die kind se weergawe van die gebeure so gou moontlik aan. Gebruik die
kind se eie woorde, indien moontlik.

n Belangrike bewysstuk in n saak van seksuele molestering is die eerste


verslag. Dit is die verklaring van die persoon aan wie die kind eerste van die
aanval vertel het. Baie onderwysers kan hulle in hierdie posisie bevind. Dit is
noodsaaklik dat die onderwyser n skriftelike aantekening hiervan maak sodat
hy/sy akkuraat verslag kan lewer indien hy/sy in n later stadium gevra word om
getuienis te lewer.

Die onderwyser moet haar/sy vermoedens aan die skoolhoof en aan n


maatskaplike werker, mediese dokter, verpleegkundige of polisiebeampte
rapporteer sodat n behoorlike ondersoek gedoen kan word. Die onderwyser
moet nooit die ouers self konfronteer nie omdat dit die ouers kan antagoniseer,
die mishandeling kan vererger en die ouer-onderwyser-verhouding vernietig.

Vind uit by n kinderwelsynsbeampte of polisiebeampte watter


wetgewing in Suid-Afrika (of u eie land) bestaan wat betref die
verpligte aanmelding van kindermishandeling.

Hulp wat aan die kind gegee word

Bestudeer hierdie inligting in Marotz et al (2005:287290) of


(2001:261264).
Raadpleeg ook die toepaslike gedeeltes van hoofstukke 6 en 8 van die
voorgeskrewe boek.

Robertson (1998:383-384) noem dat daar 'n paar kritieke sake is wat 'n onderwyser
moet voorsien om 'n mishandelde kind te help en te ondersteun sodat die kind 'n ...
sense of well-being to progress beyond the abuse kan ontwikkel.
Dit sluit in:
o
vertroue
o
voorspelbare roetines
o
konsekwente gedrag
o
veilige grense
o
selfvertroue
o
goeie kommunikasievaardighede

32

HEC101V/501

Kan u aan n paar maniere dink waarop u elk van die volgende in die klaskamer
kan toepas ten einde hulp en ondersteuning aan n leerder te gee?

Vertroue

..................................................................................................
...................................................................................................
...................................................................................................

Voorspelbare roetines

..................................................................................................
...................................................................................................
...................................................................................................

Konsekwente gedrag

..................................................................................................
...................................................................................................
...................................................................................................

Veilige grense

..................................................................................................
...................................................................................................
...................................................................................................

Selfvertroue

..................................................................................................
...................................................................................................
...................................................................................................

Goeie kommunikasie-

..................................................................................................

vaardighede

..................................................................................................
...................................................................................................
...................................................................................................

33

In aansluiting by hierdie inligting oor die onderwerp in die voorgeskrewe boek moet die
volgende praktiese oorwegings in gedagte gehou word wanneer n mens te doen het met
kinders wat mishandel of verwaarloos is:
Gee n vroe versnapering aan die kinders wat honger skool toe kom.
Laat die kind wat tuis nie genoeg geslaap kry nie, indien nodig, 'n ekstra rusperiode toe.
Voorsien verrykte opvoedkundige ervaringe vir kinders wat opvoedkundig verwaarloos
is.
Voorsien geleenthede vir kinders om plante en diere te versorg, aangesien dit hulle die
gevoel gee dat hulle nodig is en hulle help om 'n sorggewende houding teenoor ander
aan te kweek.
Beplan aktiwiteite wat die ontwikkeling van selfhelp- en selfversorgingsvaardighede
aanmoedig en wat niemand hulle tuis geleer het nie. Dit kan gedoen word deur hulle
onder andere toe te laat om skottelgoed te was, poppe te bad en roetine-aktiwiteite uit
te voer.
Voorsien geleenthede vir sensopatiese (klei, water, modder, vingerverf, speeldeeg ens)
en liggaamlike aktiwiteite sodat hulle gevoel van sukses en bevoegdheid verhoog kan
word en hulle op n bedreigingsvrye manier uitdrukking aan hulle emosies kan gee.

Kan u aan enige ander maniere dink waarop u mishandelde leerders kan help?
Raadpleeg ook hoofstuk 8 van die voorgeskrewe boek (gedeelte oor stres).

34

HEC101V/501

Opvoeding rakende seksuele molestering


Volgens Koblinsky en Behana (1984:3) moet kinders daadwerklik opgevoed word oor
seksuele misbruik, want dit is nie meer genoeg om hulle net teen die gevaar van
vreemdelinge te waarsku nie. Di outeurs beveel n aantal maniere aan waarop kinders
voorberei kan word om potensile misbruiksituasies te vermy:

Leer kinders dat sekere dele van hulle liggame privaat is, soos die dele wat deur
swemklere bedek word. Niemand het die reg om aan daardie dele te vat nie
selfs nie wanneer hulle klere dra nie behalwe n onderwyser, ouer of
gesondheidswerker wat help met n mediese ondersoek of die ondersoek uitvoer.
Hulle moet ook geleer word dat niemand die reg het om hulle te vra om aan
iemand anders se private dele te vat nie.

Help kinders om verskillende soorte aanrakings te identifiseer:

goeie aanrakings, soos omhelsing om iemand te verwelkom, n soen en


n handdruk wat kinders positief omtrent hulleself laat voel

verwarrende aanrakings wat hulle ongemaklik laat voel

slegte aanrakings, byvoorbeeld om geslaan te word, langdurige of


oormatige gekielie, of aanrakings aan hulle private liggaamsdele

Leer kinders om NEE te s vir ongewenste aanrakings soos NEE, moenie


daar aan my vat nie; ek hou nie daarvan nie. Daar moet aan kinders verduidelik
word dat slegte aanrakings kan kom van iemand wat hulle ken.

Kinders moet aangemoedig word om openlik daaroor te kommunikeer en


geheimhouding moet ontmoedig word. Kinders moet ook geleer word na wie om
te gaan as iets hulle pla.

Die onderwyser moet speletjies en stories gebruik om gedurig die konsep van
voorkoming te versterk, byvoorbeeld deur wat as...-speletjies te speel wat n
hipotetiese situasie skep.

Hulp wat aan ouers gegee word


Onderwysers en skole moet op lang termyn ouerondersteuning en
gemeenskapsopvoeding gee oor gepaste maniere om kinders groot te maak, dissipline
en so meer, en moet die ontwikkeling van ouerondersteuningsgroepe aanmoedig om
die sosiale isolasie van sommige ouers te voorkom of teen te werk as dit misbruik in die
hand kan werk.

Bestudeer hierdie gedeelte in Marotz et al (2005:290-291) of


(2001:264).

35

RAPCAN
(Resources Aimed at the Prevention of Child Abuse and Neglect)
Hierdie organisasie in Kaapstad bied kursusse aan en stel pamflette
beskikbaar oor kindermishandeling.
Adres:
RAPCAN
Tel: 021 712 2330 Faks: 021 712 2365
Webwerf: www.rapcan.org.za
e-pos: info@rapcan.org.za

BEDEKTE EN OPENLIKE VORME VAN MISHANDELING IN SKOLE


Paulson (1982) voer aan dat daar verskeie bedekte en openlike vorme van
mishandeling is wat voorskoolse personeel (en ouers) onwetend teenoor kinders
pleeg. Al di vorme van mishandeling onts die kind die geleentheid om n goeie
selfbeeld te ontwikkel en dit verneder die kind en stel hom/haar in die verleentheid.
Paulson doen n ernstige beroep op onderwysers om hulle gedrag en gesindheid te
herevalueer omdat hulle so n groot invloed tydens die kind se eerste lewensjare
uitoefen.

36

Bedekte vorme van mishandeling deur preprimre onderwysers:


o

Die onderwyser dring daarop aan dat kinders op sommige gebiede leer om
onafhanklik te wees, maar op andere afhanklik bly. As die onderwyser haastig is,
doen sy byvoorbeeld dinge vir die kinders wat hulle self kan doen.

Die onderwyser oorbeklemtoon die aanleer van akademiese vaardighede en


skoolgereedheidsaktiwiteite voordat die kind, wat ontwikkeling betref, daarvoor
gereed is.

Daar word te veel staat gemaak of opvoedkundige materiaal in pakketvorm,


byvoorbeeld werkboeke en plastiekmateriale. Dit beroof die kind van die
geleentheid om natuurlike materiale te ontdek en daarmee te eksperimenteer.

Die onderwyser vermy die gebruik van materiale waarin kinders n intrinsieke
belangstelling het (bv water, modder, verf en houtwerk) omdat dit te veel geraas
maak of te morsig of te gevaarlik is.

n Snelle personeelomset voorkom dat die kind n veilige en stabiele verhouding


met n onderwyser ontwikkel.

Die onderwyser het n afkeer van sekere kinders. Sy sal byvoorbeeld altyd
sekere kinders betig oor gedrag wat sy by ander kinders, van wie sy hou, toelaat.

HEC101V/501

Openlike vorme van mishandeling:

Direkte verbale aanval, byvoorbeeld As jy nie ophou huil nie, sal jou ma jou nie
kom haal nie of Hoe kan jy so dom wees? Gister was Maandag en mre is
Woensdag, dus wat is dit vandag?

Fisieke dwang. Kinders word byvoorbeeld getrek, gestoot, gestamp of geskud


(omdat lyfstraf verbode is).

Dink vyf minute lank na oor wat Paulson (1982) s oor openlike en
bedekte vorme van mishandeling deur onderwysers. Kan u enigiets uit u
ervaring as onderwyser en/of student in die Grondslagfase of
Intermedire en Senior Fase by die lys voeg?

6.2

Hospitalisasie

LEERUITKOMSTE
Die doel van hierdie afdeling van die studie-eenheid is om u te help om
na te dink oor die maniere waarop die ervaring van siekte en
hospitalisasie die jong kind kan affekteer.
Nadat u hierdie studie-eenheid bestudeer het, behoort u

die emosionele effek van hospitalisasie op die jong kind te kan


verduidelik

die manier waarop kinders op moontlike hospitalisasie voorberei


kan word, te kan beskryf

te kan verduidelik wat met aanpassing en regressie n


hospitalisasie bedoel word

die rol van die onderwyser in die hospitaalomgewing te kan


beskryf

die effek van siekte op die gesin te kan verduidelik

37

DIE EMOSIONELE EFFEK VAN HOSPITALISASIE OP DIE KIND


Hospitalisasie kan n baie traumatiese ervaring vir die jong kind wees. Amerikaanse navorsing
toon dat 50% van alle kinders onder die ouderdom van sewe ten minste een nag in die
hospitaal sal deurbring (Lerwill 1983:4).
Kinders onder die ouderdom van vyf jaar is veral vatbaar vir die stres van hospitalisasie as
gevolg van hulle ontwikkelingsvlak en ouderdom.
Omdat baie jong kinders meer vatbaar is vir siektes, is die kanse groter dat hulle
gehospitaliseer sal moet word wanneer hulle dit juis die minste kan hanteer.

Vir Grondslagfase-studente: Kan u aan twee redes dink waarom kinders meer
vatbaar vir siektes is tydens die eerste paar jaar van hulle lewe? (U kan module
PRS1023 raadpleeg indien u u geheue wil verfris.)
(1)
......................................................................................................................

(2)
......................................................................................................................
Volgens Wolff (1981:63) is siekte n universele oorsaak van stres by kinders, wat die kind se
emosionele stabiliteit bedreig vanwe die onbekende ervaringe en persone waaraan hy/sy
blootgestel word.
Siekte, ongeag die duur van die hospitaalverblyf, veroorsaak angs omdat die kind op
gedwonge wyse van familie en vriende geskei word. Bykomende faktore, soos om aan pyn
onderwerp te word, intrusiewe prosedures (bv inspuitings) en die onaangename newe-effekte
van medikasie en behandeling dra by tot die stres wat kinders ervaar (Gibbons & Boren
1985:83).
Voor die ouderdom van sewe jaar ontwikkel die kind vinnig en ontwikkel daar nuwe
intellektuele, liggaamlike en emosionele vermons. Dit sluit in spraak, beweeglikheid,
onafhanklikheid, simboliese denke en outonomie, en dit word vinnig versteur as die kind stres
ervaar.
'n Kind se vermo om dinge te hanteer word beperk deur sy/haar vlak van taal- en kognitiewe
ontwikkeling en deur sy/haar beperkte lewenservaringe. Volgens Maccoby (1983:220) sal
spesifieke gebeure waarskynlik minder stres by die kind veroorsaak as veranderinge in die
patrone van gesinsinteraksies en die verhoudinge wat hieruit voortvloei.

Bestudeer ook hoofstuk 8 (Childhood stress) van die handboek


saam met hierdie afdeling oor hospitalisasie.
38

HEC101V/501

Hospitalisasie is egter nie die enigste lewensgebeurtenis wat noemenswaardige stres by 'n
kind kan veroorsaak nie. Ander stresvolle gebeure is die dood van 'n ouer of gesinsgenoot,
egskeiding, huweliksprobleme, verhuising, ernstige beserings en bepaalde stressors by die
skool, soos afknouery, buitensporige mededinging, toetsangs, portuurgroepverwerping en so
meer.
Lees die afdeling in Marotz et al (2005: 37-41; 2001:33-39) oor
geestesgesondheid (mental health).
Bestudeer ook hoofstuk 8 (bll 275-279) van die voorgeskrewe boek oor ander
bronne van kinderstres wat eie aan die verskillende grade is.
Die volgende faktore kan die kind se ervaring van hospitalisasie benvloed (Orr 1992:65-86)

Ouderdom
Navorsing dui aan dat die negatiewe uitwerking van hospitalisasie die ergste is vir
kinders tussen die ouderdom van sewe maande en vier jaar (King & Ziegler 1981:22).

Die kind se persepsie van siekte, mediese prosedure en die hospitaal


Die kind se begrip van siekte word hoofsaaklik bepaal deur sy kognitiewe
volwassenheid. Die jong kind begryp nie konsepte soos die oorsaak van siekte, die
nodigheid van behandeling en die rol van gesondheidspersoneel nie. Die kind is eers in
'n later stadium daartoe in staat om konsepte wat met siekte verband hou, te verstaan
(Brewster 1982).
Daar word algemeen aanvaar dat die kind se kennis van siekte die beste verduidelik kan
word aan die hand van Piaget se stadia van kognitiewe ontwikkeling, wat daarop
neerkom dat die kind se konsep van siekte sal ontwikkel van 'n primitiewe en
egosentriese redenering tot 'n meer abstrakte siening. Dit is eers as die kind die fase
van konkreet-operasionele denke betree (vanaf ses tot twaalf jaar) dat mens van die
kind kan verwag om die verhouding tussen sy/haar simptome en behandeling te
verstaan (Perrin & Gerrity 1981:842).

Vrees vir pyn en die dood


Liggaamlike pyn is 'n algemene oorsaak van stres vir enige persoon (volwassene en
kind) omdat dit onaangename sensoriese, liggaamlike, emosionele en motoriese
response veroorsaak. Dit is veral waar van die voorskoolse kind wat te jonk is om te
verstaan wat aan die gang is.
Jong kinders ontwikkel dikwels fantasie en vrese. Die aard daarvan hang grootliks af
van die ontwikkelingsfase waarin hulle hulle bevind. Volgens Servonsky en Opas
(1987:361) kom die volgende vrese algemeen by jong kinders voor:

39

OUDERDOM

KENMERKENDE VRESE

Vanaf geboorte tot


3 maande

Vrees vir skielike beweging, harde geluide en gebrek aan


ondersteuning (om laat val te word)

4 tot 12 maande

Vrees vir vreemdelinge, onbekende voorwerpe, hoogte, pyn


en enige vorige onaangename situasies

1 tot 3 jaar

Vrees vir vreemdelinge, pyn, die onbekende, baie harde


masjinerie, die donker, om alleen gelaat te word, vir sekere
diere

4 tot 6 jaar

Vrees vir onbekende, bonatuurlike wesens (soos spoke of die


jongste televisiemonster), skeiding van familie, vreemde
roetines, liggaamskending (soos inspuitings), die dood.

Liggaamsindringing en skending
Omdat die kind se konsep van sy/haar liggaamsbeeld nie volledig ontwikkel is nie, is
enige indringing van die liggaamsruimte van die jong kind (soos gebeur tydens 'n
operasie, inspuitings, rektale temperatuurmeting en uitsuiging) 'n bedreiging van die kind
se integriteit en eiewaarde (Becker 1980:23; Rae 1982:1065).
In navorsing wat Erikson (1972:113) uitgevoer het, is bevind dat vierjarige kinders alle
anale en velprosedures as vyandige optrede deur gesondheidswerkers ervaar het en
dat hulle gedink het 'n bloedoortapping is nodig omdat die mediese personeel te veel
van hulle bloed getrek het.

Gewysigde motoriese en sensoriese aktiwiteit en verlies aan selfbeheer


Hospitalisasie verg dikwels 'n inperking van liggaamlike mobiliteit of selfs die algehele
immobilisering van die jong kind en dus word die kind se sensoriese stimulasie en
interaksie met die omgewing beperk. Die kind word ook gedwing om weer afhanklik te
word van ander, wat die kind se selfbeeld in gedrang bring as hy/sy nie toegelaat word
om aan selfsorgaktiwiteite deel te neem nie.

40

HEC101V/501

Skeiding van ouers en familielede


Dit is waarskynlik die belangrikste oorsaak van hospitaalstres wat jong kinders kan
ervaar. Kinders voel kwaad vir hulle gesinslede omdat di hulle verlaat het en alleen in
'n vreemde omgewing gelaat het. Die volgende reaksies wat met 'n bepaalde ouderdom
verband hou, kom gewoonlik voor:

OUDERDOM

KIND SE REAKSIE

Vanaf geboorte
tot ouderdom van
6 maande

Babas is bewus van veranderinge in die omgewing en


veranderinge ten opsigte van sy/ haar versorger. As
babas vir lang tye van hul moeders (of versorgers)
geskei word, kan hulle belangstelling in hul omgewing
verloor en gevolglik sal hulle aktiwiteitsvlak en
gebabbel afneem.

7 maande tot 4jarige ouderdom

Teen di tyd het die meeste kinders n noue


emosionele band met hulle moeders (of primre
versorgers) ontwikkel en word hulle ontwrig as hulle
van di persone geskei word. Hulle verstaan nie
waarom hulle verlaat word nie en op hierdie ouderdom
kom die mees ekstreme tekens van skeidingsangs dus
voor.

4 jaar en ouer

Kinders het nou 'n begrip van tyd en kan verstaan dat
hul ouers op n sekere tyd sal terugkeer. Hulle kan
ook sommige van die redes vir die hospitalisasie
begryp.

Robertson (1977:10-13) het die volgende drie fases in die kind se reaksie op skeiding
van sy ouers beskryf. Die tydsduur van hierdie fases wissel van indiwidu tot indiwidu en
kan wissel van enkele ure tot etlike dae:

Die protesfase
Die kind is omgekrap, verward en bang vir die vreemde omgewing. Die kind het n sterk
bewuste behoefte aan sy/haar ouers en sal alle kontak met hospitaalpersoneel vermy.
Namate die kind besef dat sy/haar ouers weg is, neem die uiterlike intensiteit van
sy/haar reaksies af (hierdie fase kan dae of weke lank duur).

41

Die wanhoopfase
Die kind huil nou klaend en ononderbroke, en is afgeslote van die omgewing en apaties.
Dit kom voor of die kind in 'n staat van rou is oor die ouers wat hy/sy dink hom/haar
agtergelaat het. Indien die ouers die kind sou besoek, sal die kind bitterlik huil wanneer
hulle vertrek. Die kind sal normaalweg tydens hierdie fase kontak met ander
personeellede vermy.

Die ontkenningsfase
Dit kom na vore as daar herhaalde of langdurige skeiding is. Die kind begin geleidelik
belangstel in sy/haar omgewing. Hy/sy vestig nie meer sy/haar vertroue op een persoon
nie. Wanneer die ouers die kind besoek, protesteer hy/sy nie meer wanneer hulle
vertrek nie. Trouens, dit kan lyk of die kind meer geheg is aan die verpleegpersoneel.
Volgens Rutter (1979:149-151) sal nie alle kinders die drie skeidingsfases van
skeidingsangs openbaar nie en baie kinders sal tussen die eerste twee stadiums wissel.
Die uiteindelike effek van skeiding sal afhang van die volgende:
o
die kind se ouderdom ten tyde van die hospitalisasie
o
die kwaliteit van die ouer-kind-verhouding voor hospitalisasie
o
of die skeiding volkome is en of die ouers kontak met die kind behou het
o
of dit n akute of chroniese siekte is (dws die aantal vorige tye in die hospitaal en
die mate van liggaamlike lyding)
o
die mate van voorbereiding wat gedoen is
o
die tydsduur van die hospitalisasie

Die onbekende hospitaalomgewing


Volgens Poster (1983:121) is die hospitaal 'n unieke omgewing wat vir kinders
onbekend en vol misterie is. In 'n tyd wanneer jong kinders die sekuriteit van 'n
bekende roetine en omgewing nodig het, word hulle gekonfronteer met vreemde klanke,
mense, tonele en reuke. Die volgende kan die kind help om die vreemde hospitaal
omgewing te hanteer:
o
Maak die kind vertroud met die hospitaalomgewing deur hom/haar toe te laat om
die omgewing te verken.
o
Laat die kind toe om eenvoudige mediese toerusting te hanteer en te ondersoek.
o
Gee die kind eerlike antwoorde op moontlike vrae, maar hou die antwoord
eenvoudig sodat die kind die verduideliking sal verstaan.
o
Verseker die kind dat hy/sy daarop geregtig is om bang te voel, maar stel
hom/haar gerus oor hierdie vrese en klaar enige wanopvattings op wat hy/sy dalk
het.
o
Verduidelik die behandelings wat gevolg gaan word, sonder om die pyn en
ongerief onnodig te beklemtoon.
o
Moedig ouers aan om saam met die kind in die hospitaal te bly en teenwoordig te
wees wanneer ingrypende of vreesaanjaende prosedures gevolg word, soos
bloedtoetse, lumbale punksies en X-strale.

42

HEC101V/501

VOORBEREIDING VAN DIE KIND VIR HOSPITALISASIE


Navorsing het bewys dat goeie voorbereiding die probleme wat as gevolg van hospitalisasie
ontstaan, baie kan verminder. Navorsing het getoon dat voorbereiding wat by die
ontwikkelingsfase van die kind pas, sy/haar angsvlak tydens hospitalisasie en die mate van
regressie n ontslag kan verminder.
Daar word egter aanvaar dat die voorbereiding meer suksesvol is vir die ouer kind en dat die
kind onder twee meer daarby sal baat as die ouers en personeel sensitief ingestel is op die
kind se emosionele behoeftes en verstaan wat skeiding vir die jong kind meebring (Goslin
1978; Stacey, Dearden, Pilll & Robinson 1970).
STRES EN REGRESSIE N HOSPITALISASIE
Baie kinders vertoon simptome van regressie nadat hulle uit die hospitaal ontslaan is. Volgens
Audette (1974:31) kan regressie gedefinieer word as ... a coping mechanism whereby the
individual reverts temporarily to an earlier, previously abandoned developmental stage of
behaviour in order to retain or regain mastery of a stressful, anxiety-producing or frustrating
situation, thus achieving self-gratification and protection.
Audette (1974:32) voer aan dat daar vier hoofredes is waarom n kind n hospitalisasie tekens
van regressie kan toon om stres te hanteer:

individuele verskille, wat sal bepaal of 'n bepaalde kind regressie gebruik weens 'n lae
frustrasietoleransie of weens 'n vorige ervaring waardeur hy/sy kon oefen om die stres
van hospitalisasie te hanteer
die ouderdomsfaktor, wat dit meer waarskynlik maak dat n kind van tussen twee en ses
jaar oud regressie sal toon as wat n ouer kind dit sal toon
die ouer-kind-verhouding, wat die kind se vermo om stres te hanteer benvloed
die mate van stres wat ervaar word

Tipiese tekens van regressie is bednatmaak, die behoefte dat ander hom/haar aantrek, voer
en bad, duimsuig, gekerm, woedebuie, huilery, klouerigheid, nagmerries, nuwe vrese en
toenemende eise om aandag.
Dit is verstaanbaar dat hierdie gedragsimptome die posthospitalisasieperiode besonder
moeilik maak vir familielede. Navorsing het egter getoon dat indien regressiewe gedrag nie
aanvaar word nie, dit bloot uitgerek sal word (Audette 1974). Ouers moet aangeraai word om
die kind tyd te gee om sy of haar gevoel van sekuriteit en vertroue in die gesin en
huisomgewing te herwin.

43

DIE ONDERWYSER SE VERANTWOORDELIKHEDE IN 'N HOSPITAALOMGEWING


Die onderwyser wat in 'n hospitaalomgewing werk, is lid van die totale gesondheidspan en
behoort gereeld besprekings met ander spanlede te h ten einde 'n betekenisvolle bydrae tot
die kind se herstel te maak.
Die daaglikse aktiwiteite moet so gerel word dat dit die gehospitaliseerde kind die geleentheid
bied om te speel, aangesien dit 'n wesenlike deel van die kind se lewe is. In 'n
hospitaalprogram moet elke kind individuele aandag kry omdat groepaktiwiteite nie altyd
uitvoerbaar is nie.
Aktiwiteite kan in 'n sentrale speelkamer of langs die kind se bed plaasvind. As die kind 'n ruk
lank uit die saalomgewing kan wegkom, sal dit help om die stres wat met die hospitalisasie
verband hou, te verlig. Die onderwyser moet so veel moontlik van die gewone voorskoolse en
skoolaktiwiteite voorsien, afhangende van die kind se toestand en beweeglikheid.
Grondslagfase-studente kan PRS101Y-studiemateriaal raadpleeg vir verdere inligting oor
aktiwiteite wat by die ontwikkeling van jong kinders pas.
DIE UITWERKING VAN SIEKTE OP DIE GESIN
Siekte of die hospitalisering van 'n kind kan die gesinslewe ontwrig. Baie ouers ervaar 'n
skuldgevoel en 'n gevoel van hulpeloosheid wanneer hulle kinders gehospitaliseer word.
Jong broers en susters kan dalk dink dat hulle die oorsaak van die siekte is of hulle kan bang
wees dat hulle self sal siek word. Gibbons en Boren (1985:94) voer aan dat ''... illness in one
family member reverberates throughout the entire family system''.
Navorsing het getoon dat ouers om die volgende redes angs ervaar:

gebrek aan inligting oor die kind se siekte

gebrek aan ondersteuning deur gesondheidpersoneel

skuldgevoelens omdat hulle kwaad is vir die kind omdat hy/sy siek is of omdat hulle
dink hulle die siekte veroorsaak het

uitsluiting van versorging van en besluitneming oor die kind tydens hospitalisasie

onbekendheid met die hospitaalomgewing en apparaat

hospitaalkoste wat 'n groot finansile las op die gesin plaas


Die broers en susters van gehospitaliseerde kinders voel dikwels dat hulle die siekte
veroorsaak het of vrees dat hulle ouers hulle sal verwerp of verlaat aangesien die ouers so
betrokke is by die siek kind (Craft & Wyatt 1986; Fife, Huhman & Keck 1986).

44

HEC101V/501

6.3

Chroniese siekte

Chroniese siekte kan gedefinieer word as 'n toestand wat vir langer as drie maande per jaar
inbreuk maak op 'n persoon se daaglikse funksionering of wat vir lang tye hospitalisasie tot
gevolg het (Marlow 1977). Sommige skrywers meen hierdie definisie is beperkend, want n
persoon kan n chroniese siekte h, byvoorbeeld ho bloeddruk, sonder om siek te voel, of die
vroe fase van MIV-infeksie, waar geen tekens van siekte getoon word nie. Kibel en Wagstaff
(1995:391) voer aan chroniese siekte kan ... protracted but stable, or progressive and life
threatening, or a non-fatal handicapping condition wees.
Chroniese siektes veroorsaak n veelheid probleme vir al die gesinslede. Ouers of primre
versorgers reageer dikwels met skok, ongeloof, ontkenning of skuld en kan veeleisend,
beskuldigend of aggressief word. As die ouers egter eers die situasie aanvaar het, kan hulle
oorbeskermend teenoor die kind word, of die kind verwerp.
Die kind se eie aanvaarding van die siekte sal van 'n paar faktore afhang, soos ouderdom,
intelligensievlak, gesinshoudings, frekwensie van hospitalisering, ensovoorts. Dit is gewoonlik
raadsaam om kinders soveel moontlik van hulle siekte te vertel as wat hulle sal verstaan. Dit
moet gebeur sonder om onnodige vrees in te boesem en kinders sal normaalweg uit ervaring
leer hoe die siekte hulle daaglikse lewe raak.
DIE ONDERWYSER SE ROL
Dit is altyd nuttig as die onderwyser kennis dra van die chroniese siekte en die eise wat dit aan
die kind en sy/haar gesin stel sodat die onderwyser simpatieke en gepaste ondersteuning aan
sowel die leerder as sy/haar gesin kan gee.

Die onderwyser moet ondersteunend wees teenoor sowel die kind as sy/haar ouers wat
die behoeftes van die leerder betref, byvoorbeeld medikasie in skooltyd, ekstra rustye,
spesifieke toiletbehoeftes, afwesigheid van skool, ekstra hulp met skoolwerk,
verleentheid oor liggaamlike voorkoms en so meer.

Die onderwyser moet die vertroulikheid van enige inligting oor 'n leerder se toestand
handhaaf; skriftelike toestemming van ouers is nodig voordat hierdie inligting met ander
personeel gedeel is.

Die onderwyser moet by die ouers vasstel wat die leerder van sy/haar eie siekte
verstaan en weet (sommige leerders met byvoorbeeld MIV-infeksie is dalk heeltemal
onbewus van hul eie siektestatus). Dit is NIE die onderwyser se verantwoordelikheid
om die kind daaroor in te lig nie.

Die onderwyser moet die skoolprogram kan aanpas om langer rusperiodes en


dieetaanpassings vir die kind te skep, indien nodig. Die onderwyser moet ook by die
ouers uitvind of daar spesifieke voorsorgmaatrels is vir skooluitstappies of toere sodat
die leerder, wanneer moontlik, daaraan kan deelneem.

Die onderwyser moet toesien dat die skool- en klaskameromgewing voorsiening maak
vir die leerder se spesifieke chroniese siekte. Leerders in rolstoele moet byvoorbeeld
maklike toegang tot die klaskamer en klaskameraktiwiteite h, terwyl die vlak van
allergene (soos troeteldierhare, bordkrytstof, stuifmeel of skimmels) aangepas moet
word indien daar asmatiese of allergiese leerders in die klas is.
45

Die onderwyser moet bewus wees van die uitwerking van enige medikasie wat
gedragsveranderinge, soos slaperigheid, hiperaktiwiteit en so meer, tot gevolg kan h.

Die onderwyser moet alle noodtoestande wat met n spesifieke chroniese siekte
verband hou, korrek kan hanteer, byvoorbeeld n asma-aanval of hipoglisemie as
gevolg van lae bloedsuikervlakke by n diabetiese leerder.

Kinders met 'n chroniese siektetoestand of gestremdheid moet dieselfde as gesonde


kinders behandel word. Daar moet onthou word dat die manier waarop die onderwyser
die kind hanteer, 'n groot invloed sal h op wat die kind se houding teenoor die siekte
en sy/haar selfbeeld sal wees.

6.4

Bestudeer hierdie onderwerp op bladsye 164 tot 171 in


Weinstein en Rosen (2003).

Verlies, die dood en sterwe

Bestudeer hoofstuk 12 van Weinstein en Rosen (2003) op u


eie.

Die verwerking van 'n kind se dood is vir enige volwassene, maar veral vir die ouers of primre
versorgers, 'n moeilike ervaring. Kinders se ouers sal baie van die stadiums van rou wat in die
volgende afdeling bespreek word, ervaar en dit begin dikwels met die diagnose van terminale
siekte.
Dit is belangrik dat die ouers die kind se siekte ten volle verstaan sodat hulle hul energie op
die hede kan rig en hulle nie oor 'n onbekende toekoms kwel nie. Die onderwyser speel 'n
belangrike rol in die sin dat sy/hy 'n simpatieke oor kan bied.

46

HEC101V/501

DIE KIND SE KONSEP VAN DIE DOOD


Die jong kind het 'n swak konsep van tyd en ruimte en vind dit dus moeilik om tussen fantasie
en realiteit te onderskei. Dit maak dit moeilik vir die kind om te onderskei tussen permanente
en tydelike skeiding.
Die meeste kinders toon teen die ouderdom van vier 'n belangstelling in die dood en sal
daaroor praat sonder om die finaliteit van die dood te verstaan. Die kind sal dikwels die dood
as ''slaap'' beskryf en glo dus dat die oorlede persoon na die lewe kan terugkeer. Hierdie
konsep word onwetend deur volwassenes versterk deurdat hulle hierdie analogie gebruik om
die dood aan kinders te verduidelik. Gedurende hierdie vroe jare kan die kind dink dat hy/sy
verantwoordelik is vir die dood van iemand naby aan hom/haar.
Tussen die ouderdomme vyf tot agt besef die meeste kinders dat die dood permanent is, maar
beskou nie die dood as 'n vreesaanjaende werklikheid wat hul persoonlik kan raak nie. Hulle
word egter angstig dat hulle ouers sal sterf en hulle alleen sal laat.
Van agt tot tien jaar begin die meeste kinders die abstrakte konsep van die dood te verstaan
as iets onomkeerbaars wat hulle eendag sal tref. Hulle stel ook belang in die misterie van die
dood en die rituele rakende die dood.
Van nege tot elf jaar sal die meeste kinders die dood as deel van die lewe kan aanvaar en
belangstel in wat n die dood gebeur.

VERWERKING VAN DIE DOOD


Die smart wat kinders ervaar, kan lei tot 'n aantal emosionele, kognitiewe, sosiale en
liggaamlike probleme en daarom is dit belangrik dat die kind sy/haar smart hanteer. Verdriet
bestaan uit drie hooffases, alhoewel hulle nie noodwendig in dieselfde volgorde op mekaar
volg nie. Dit kan ook gebeur dat individue tussen fases fluktueer. Daar word algemeen
aanvaar dat herstel aangehelp word as mense toegelaat word om uiting aan hul gevoelens te
gee.

Die protesfase
Tydens hierdie fase is die individu gewoonlik nie bereid om die verlies te erken en te
aanvaar nie. Hulle kom soms verward voor en toon gedragsimptome soos die vrees om
alleen te wees, slaapversteuringe, verandering in eetlus of depressie. Dit is in di
stadium dat daar gepoog moet word om die kind se normale roetine te probeer
handhaaf en die onderwyser behoort in die loop van die dag die kind gerus te stel.
Die gesin moet aangeraai word om die kind by die begrafnisrelings te betrek en die
kind die geleentheid te gee om vir oulaas totsiens te s aangesien dit hom/haar help om
die finaliteit van die situasie te waardeer. Dit sal die kind help om die situasie in die
daaropvolgende dae en maande te aanvaar. Baie van hierdie besluite sal berus op die
gesin se sienings en geloofsoortuigings.

47

Die kind sal moontlik probeer aktief bly om die gedagte aan wat gebeur het, te probeer
vermy. Die onderwyser moet probeer verseker dat daar genoeg aktiwiteite en
geleenthede is vir die kind om besig te bly. Die kind moet ook die geleentheid gegee
word om te praat, maar moet nie gedwing word om dit te doen nie. 'n Veilige omgewing
sal die meeste terapeutiese waarde h in die eerste paar maande.

Die fase van wanhoop en verdriet


Die kind kan overte emosies, soos droefheid met gepaardgaande trane en alleenheid,
toon. Sommige kinders kan regressie tot 'n meer infantiele gedragstadium of woede en
skuld ervaar. Kinders kan ook ander tekens toon wat dui op hulle onvermo om op
skool 'n goue middeweg te vind. Die fase kan 'n jaar of langer duur.
Die onderwyser moet die kind emosioneel ondersteun en moet vir die kind geleenthede
bied om oor die oorledene te praat. Die onderwyser moet ook die kind se gevoelens van
hopeloosheid aanvaar en moet die kind gerusstel dat dit 'n normale reaksie is om
ontstig te voel. Daar behoort voorsiening gemaak te word vir geskikte boeke wat oor die
onderwerp van die dood handel, aangesien dit dikwels die kind insig gee in emosies wat
hy/sy dalk ervaar.

Aanvaarding
Tydens hierdie fase verwerk kinders hulle verlies en begin hulle om die situasie in 'n
meer realistiese lig te beskou en na die toekoms te kyk. Dit is belangrik dat die kind
aangemoedig word om oor die oorledene te praat en om beide positiewe en negatiewe
gevoelens oor die persoon te herroep.
Die onderwyser behoort die ouers aan te moedig om hul verdriet met die kind te deel,
aangesien dit help om gesonde nuwe leefpatrone te vestig. Die kind moet egter die
intensiteit van ouerlike smart gespaar word en behoort eenvoudige takies te kry om
hom/haar deel van die gesin te laat voel.

48

Lees die gedig: The cry guy op bladsy 423 van die voorgeskrewe
boek. Skryf neer wat hierdie gedig vir u beteken met betrekking tot
enige persoonlike verliese wat u self ervaar het.

HEC101V/501

Indien 'n skoolmaat doodgaan, behoort die dood openlik met die kinders bespreek te word en
die onderwyser behoort die onderwerp op sensitiewe, dog feitlike manier te hanteer. Die
oorledene se ouers kan 'n boek van herinnering kry met boodskappe of tekeninge deur die
kinders in die klasgroep.
Die onderwyser behoort die ouers wie se kind dood is, te ondersteun en as teken van respek
die begrafnis by te woon.

Bestudeer hoofstuk 12 (Childrens experiences with


loss, death and dying) van die voorgeskrewe boek; dit
is n uitstekende hoofstuk oor hierdie belangrike
onderwerp.
As gevolg van die MIV-epidemie sal baie onderwysers,
as n direkte gevolg van di siekte, die dood van
leerders, ouers of kollegas ervaar (huidige statistieke
toon dat daar tussen 600 en 1 000 MIV-verwante
sterftes per dag in Suid-Afrika is).
U moet dus op hoogte bly van hoe om sulke situasies
te hanteer.

6.5

MIV/VIGS

!!

Die inligting in hierdie afdeling vul die inligting op bladsye 163 en 164
van u voorgeskrewe boek (Weinstein & Rosen 2003) aan.

Onlangse statistieke (einde 2006) dui daarop dat 5,4 miljoen volwassenes en kinders in SuidAfrika MIV-infeksie het. Die Pretoria News (26 Junie 1997) berig dat 200 genfekteerde babas
elke dag in Suid-Afrika gebore word. Uit hierdie statistieke kan afgelei word dat die kanse dat
'n MIV-positiewe kind 'n primre skool sal bywoon, vinnig aan die toeneem is.

49

HOE WORD DIE SIEKTE VERSPREI?


Die menslike immuniteitsgebreksvirus (MIV) word slegs oorgedra deur

onbeskermde hetero- of homoseksuele omgang (die vernaamste oordragmetode) met 'n


genfekteerde persoon (wat verkragting of seksuele misbruik insluit)
direkte kontak met besmette bloed (bv bloedoortappings, chirurgie, orgaanoorplantings)
'n genfekteerde moeder aan 'n ongebore baba tydens swangerskap, geboorte of
borsvoeding

MIV WORD NIE VERSPREI DEUR

omhelsing of aanraking van 'n genfekteerde persoon nie


kontak met urine, ontlasting of speeksel van n genfekteerde persoon nie
(mits dit nie met bloed besmet is nie)
deel van kos en eetgerei van 'n genfekteerde persoon nie
deel van toilette nie
toevallige kontak met kinders of volwassenes in skole of by die werk nie
muskiet- of ander insekbyte nie

DIE ROL VAN DIE ONDERWYSER MET BETREKKING TOT 'N LEERDER MET MIV/VIGS
Die onderwyser moet ALMAL (elke kind en volwassene) as potensieel MIV-genfekteerd
beskou. Dit behels die volgende voorsorgmaatrels:

50

Bedek snye en sere op u hande met waterdigte pleister.


Moenie artikels wat met bloed besmet kan raak, met ander deel nie (bv tandeborsels en
skeermesse).
Tref universele voorsorgmaatrels as u iemand met 'n bloeiende wond behandel of as
u met bloedbesmette liggaamsvloeistowwe en artikels werk.

HEC101V/501

UNIVERSELE VOORSORGMAATRELS VIR SKOLE

Alle bloed, bloedprodukte en bloedbevlekte liggaamsvloeistowwe moet as


potensieel aansteeklik beskou word.
Let Wel: Dit is nie van toepassing op ontlasting, neusuitskeidings,
speeksel, sweet, trane, urine en braaksel nie, behalwe as dit sigbaar
bloed bevat.

Elkeen moet enige moontlike metode gebruik om direkte kontak met bloed
of bloedbevlekte liggaamsvloeistowwe te verhoed. Waterdigte handskoene
of plastieksakke kan byvoorbeeld gebruik word om die hande te beskerm.

Nieporeuse handskoene moet ook tydens die skoonmaak van


bloedspatsels gedra word.

Hande moet deeglik gewas word nadat die handskoene verwyder is of na


enige toevallige kontak met bloed.

Was bloedvlekke met 'n ontsmettingsmiddel.

Gebruik 'n 1:10-mengsel van huishoudelike bleikmiddel (een


eenheid huishoudelike bleikmiddel in nege eenhede water) vir
ontsmetting.
'n Skoon mengsel moet daagliks vars voorberei word.

Hanteer enige bloedbevlekte klere en lappies met handskoene en week dit in die
bleikmiddel (hipochloriet). Daarna word dit met seep in warm water uitgewas.
Bloedbevlekte materiaal moet in n plastieksakkie toegemaak word voordat dit
weggegooi word.

Plak 'n kennisgewing op as daar leerders met waterpokkies in die skool is. Mense met 'n
lae immuniteit is baie vatbaar vir sommige virusinfeksies soos waterpokkies.

LET WEL:

n Onderwyser mag nie teen enige kind diskrimineer op grond van sy/haar MIV-status
nie. MIV-genfekteerde persone hou onder normale omstandighede geen risiko vir
ander mense in die skool in nie, mits die normale voorsorgmaatrels ten opsigte van
bloedhantering getref word.

Vertroulikheid is noodsaaklik as u enige inligting oor 'n persoon se MIV/Vigs-status


bekom het. Niemand in die skool hoef eers daarvan te weet nie. Dit is selfs nie eers vir
u nodig om te weet wie (kind of personeellid) in die skool MIV-positief is nie.
51

Die skriftelike toestemming van die ouer of voog word benodig voordat u inligting oor
die MIV-status van 'n kind aan iemand anders (al is dit 'n medepersoneellid) gee.

Dit is ONWETTIG (in stryd met die Grondwet) om op enige wyse teen mense wat MIVpositief is, te diskrimineer. Ingevolge die Grondwet het kinders
o
die reg op gesondheidsorg
o
die reg om vry te wees van diskriminasie
o
die reg op onderwys
o
die reg op ouersorg

Raadpleeg ook asseblief ook


(1)
(2)

die amptelike skoolbeleid oor MIV/Vigs


Riglyne vir Onderwysers wat in Studiebrief HEC101V/102
vervat en aan u gestuur is.

Let Wel: Bogenoemde studiebrief is deel van u studiemateriaal


wat geksamineer gaan word.

SLOT
Beste wense met u studie. Kontak my, u dosent, asseblief voor die eksamen indien u enige
probleme het. Ek is hier om u te help, maar moet asseblief nie wag totdat dit te laat is nie!

U Dosent
Mrs DM Hannaway

52

HEC101V/501

TOETS U KENNIS EN INSIG MET HIERDIE HERSIENINGSVRAE!

Verduidelik die verband tussen opvoeding en gesondheid.

Analiseer die implikasies van die Wreldgesondheidsorganisasie se definisie van


gesondheid.

Beskryf die manier waarop gesondheid alle aspekte van die kind se ontwikkeling
benvloed. Gee voorbeelde wat van toepassing is in u omgewing.

Verduidelik hoe die volgende faktore die gesondheid van die kind benvloed: oorerwing,
omgewing, gedrag, lewenstyl en ontwikkeling.

Bespreek die algemeenste omgewingsfaktore wat gesondheid in Suid-Afrika (of u eie


land) benvloed.

Verduidelik hoe siekte die kind se voedingstatus benvloed.

Bespreek die verband tussen gesondheid en leer.

Bespreek kortliks drie omgewingsfaktore wat negatiewe of positiewe invloed op


gesondheid uitoefen.

Bespreek die betekenis van voorkoming deur gesondheidsbevordering (prevention


through health promotion).

Verduidelik wat bedoel word met die volgende:


o
gesondheid
o
gesondheidsopvoeding
o
gesonde lewenstyl
o
die Health Belief Model
o
gesondheidsrisikofaktore
o
die drie vlakke van lokus van kontrole

Verduidelik hoe u ouers in die gesondheidsopvoedingkurrikulum van die Grondslagfase


OF die Intermedire en Senior Fase kan betrek.

Bespreek aan die hand van gepaste voorbeelde die kriteria waarvolgens toepaslike
leerervarings bepaal kan word vir gesondheidsopvoeding in die Grondslagfase OF die
Intermedire en Senior Fase.

Verduidelik in besonderhede die redes waarom gesondheidsopvoeding deur


onderwysers aangebied moet word.

Bespreek die stelling dat liggaamlike aktiwiteit die risiko van sekere kroniese siektes
kan verminder.

Bespreek die belangrikste eienskappe van emosionele gesondheid.


53

Bespreek die rol van die onderwyser in die vestiging van die emosionele welstand
(emotional wellbeing) van leerders in die klaskamer in die Grondslagfase OF die
Intermedire Fase.

Bespreek die stelling Opvoeders kan bron van ondersteuning vir die leerder ten
opsigte van emosionele gesondheid wees.

Verduidelik hoe kroniese stres tot die ontwikkeling van siekte kan lei.

Bespreek enkele positiewe en negatiewe maniere waarop kinders stres hanteer.

Bespreek die volgende stelling krities: Medikasie is effektiewe manier om stres te


beheer.

Verduidelik die effek van die volgende op die liggaam:


o
alkohol (drank)
o
tabak
o
kokaen
o
dagga (marijuana)

Beskryf die verskillende kategorie van kindermishandeling en -verwaarlosing.

Bespreek krities sommige van die faktore wat met die toename in kindermishandeling in
Suid-Afrika in verband gebring word.

Bespreek die tekens en simptome van die volgende:


o
fisieke mishandeling
o
fisieke verwaarlosing
o
emosionele mishandeling
o
emosionele verwaarlosing
o
seksuele mishandeling

Waaraan sal u 'n mishandelde kind in die skool uitken?

Bespreek die rol van die onderwyser wat te doen kry met 'n kind wat mishandel is.

Verduidelik hoe u leerders in die Grondslagfase OF in die Intermedire Fase oor


seksuele mishandeling sal opvoed.

Die stres van die moderne lewe veroorsaak die toename in kindermishandeling.
Ontleed hierdie stelling krities.

Beskryf die uitwerking van hospitalisasie op die jong kind.

Bespreek hoe die onderwyser die kind op hospitalisasie kan voorberei.

Verduidelik wat u verstaan onder die konsep van regressie as simptoom van stres n
hospitalisasie.

Bespreek die algemene bronne van stres vir leerders in die Grondslagfase OF die
Intermedire en Senior Fase en verduidelik hoe u leerders sal help om stres te hanteer.

54

HEC101V/501

Kind in u klas is as gevolg van kroniese siekte oorlede. Verduidelik hoe u hierdie
gebeurtenis in die klaskamersituasie sal hanteer.

Gee 'n paar voorbeelde van hoe die onderwyser die begrip ''dood'' aan 'n jong kind kan
verduidelik.

Bespreek die volgende stelling:


ontwikkelingsvlak af.

Bespreek die maniere waarop die onderwyser die gesin van kind met 'n chroniese
siekte kan bystaan.

Bespreek die onderwyser se rol in die versorging van en bystand aan (care and
support) leerders wat geaffekteer is deur of genfekteer is met MIV/Vigs.

Bespreek die rol van die onderwyser in die hantering van MIV-genfekteerde kind
tydens sportaktiwiteite.

Bespreek die implikasies van die amptelike skoolbeleid oor MIV/Vigs vir die onderwyser
in die Grondslagfase OF in die Intermedire en Senior Fase.

Verduidelik in besonderhede die implikasies van universele voorsorgmaatrels vir die


primre skool.

Verduidelik kortliks watter toepaslike inhoud u sal insluit wanneer u die volgende
leeraktiwiteite vir leerders in die Grondslagfase beplan:
o
voetgangerveiligheid
o
fietsveiligheid
o
veiligheid tuis
o
skoolveiligheid
o
tandhigine
o
voedselveiligheid
o
voedsame kospakkies vir skoolpouse
o
verbruikersgesondheid
o
liggaamlike fiksheid
o
voorkoming van vergiftiging
o
kosgidspiramide
o
brandveiligheid

Wat is die rol van die KKO-onderwyser tydens die voorsiening van aktiwiteite oor
voedingsopvoeding vir die kind?

Bespreek vier maniere waarop voedingsopvoedingsaktiwiteite die kind se algemene


ontwikkeling kan bevorder.

Bespreek die kriteria vir die keuse van geskikte voedingsopvoedingskonsepte vir jong
leerders.

Verduidelik waarom gesondheids- en veiligheidsopvoeding belangrik is vir jong kinders.

Kinders se reaksie op die dood hang van hulle

55

Hoe besluit onderwysers oor die betroubaarheid van inligting en bronne oor
gesondheid, veiligheid en voeding?

Beskryf hoe u die volgende noodsituasies sal hanteer:


o
n leerder wat verstik
o
leerder wie se neus bloei
o
volwassene wat vermoedelik hartaanval kry
o
leerder met eerstegraadbrandwond
o
leerder met tweedegraadbrandwond
o
leerder met derdegraadbrandwond
o
leerder wat epileptiese aanval kry
o
leerder wat asma-aanval kry
o
diabetiese leerder wat insulienskok (lae bloedsuikervlak) ontwikkel het
o
diabetiese leerder wat in diabetiese koma (ho bloedsuikervlak) is

Hoe sal u die veiligheid van leerders op die laerskool se speelterrein verseker?

Hoe sal u die veiligheid van leerders tydens sportaktiwiteite verseker?

56

HEC101V/501

BRONNELYS

Bender, SJ & Sorochan, WD.1997. Teaching health science: elementary and middle school.
Fourth edition. Boston, Mass: Jones and Bartlett.
Berry, L & Guthrie, T. 2003. Rapid assessment: the situation of children in South Africa. Cape
Town: Childrens Institute, University of Cape Town & Save the Childrens Fund.
Burt, JJ, Meeks, LB & Pottebaum, SM. 1980. Toward a healthy lifestyle through elementary
health education. Belmont, Calif: Wadsworth.
Coovadia, HM & Loening, WEK (eds). 1992. Paediatrics and child health: a handbook for
health professionals in the Third World. Cape Town: Oxford University Press.
Crewe, M. 1992. Neither health nor education! Urbanisation and Health Newsletter. 12
March.
Department of Health. 2003. School Health Policy and implementation guidelines. Pretoria:
Department of Health.
European Commission. 1989. Resolution of the Council of Ministers of Education meeting
within Council 23rd November, 1988, concerning health education in schools
(89/c/3/01), Official Journal of the European Commission.
Ferrinho, P. 1993. Development and health. CHASA - Journal of Comprehensive Health
4(2):3539.
Gallahue, DL, Werner, PH & Luedke, GC. 1975. A conceptual approach to moving and
learning. New York: Wiley.
Halperin, M. 1979. Helping maltreated children: school and community involvement. St Louis,
Mo: Mosby.
Hubley, J. 1994. Communicating health. London: Macmillan
Human Rights Watch. 2004. Forgotten schools: right to basic education for children on farms
in South Africa, (online) 16(7A):1-59. Accessed on 2004/11/07. Available at:
http://www.hrw.org/ reports/2004/southafrica0504/southafrica0504simple.pdf.
Initial Country Report, South Africa. 1997. Convention on the Rights of the Child. Pretoria:
Government of National Unity.
Kibel, MA & Wagstaff, LA (eds). 1991. Child health for all: a manual for Southern Africa.
Cape Town: Oxford University Press.
Kibel, MA & Wagstaff, LA (eds). 1995. Child health for all: a manual for Southern Africa.
Second edition. Cape Town: Oxford University Press.
Koblinsky, S & Behana, N. 1984. Child sexual abuse. Young Children 39(6):315.
57

Langor, W. 1974. Infanticide: a historical survey. History of Childhood Quarterly 3:353367.


Locke, N. 1984. Early recognition of at risk factors in potential child abuse. Australian Nurses
Journal 14(4):5355.
Marlow, DR. 1977. Textbook of pediatric nursing. London: Saunders.
Marotz, LR, Cross, MZ & Rush, JM. 2001. Health, safety and nutrition for the young child.
Fifth edition. Albany, NY: Delmar.
Marotz, LR, Cross, MZ & Rush, JM. 2005. Health, safety and nutrition for the young child.
Sixth edition. Albany, NY: Delmar.
Morley, D & Lovel, H. 1986. My name is today: an illustrated discussion of child health,
society and poverty in less developed countries. London: Macmillan.
Morton, R & Lloyd, J (eds). 1994. The health-promoting primary school. London: David
Fulton.
National Childrens Rights Committee. [Sd]. United Nations Convention on the rights of the
child. 2nd edition. Braamfontein: NCRC.
National Childrens Rights Committee. 1994. A national programme of action for children in
South Africa: an outline. Johannesburg: NCRC.
Opie, I & Opie, P. 1951. The Oxford dictionary of nursery rhymes. London: Oxford University
Press.
Paulson, JS. 1982. Covert and overt forms of maltreatment in the preschool. Child Abuse and
Neglect 7(1):4554.
Pike, G. 1994. Health issues. Cambridge: Cambridge University Press.
Robertson, G. 1989. Sexual abuse of children in South Africa. Hammanskraal: Unibooks
Robertson, C. 1998. Safety, nutrition and health in early education. Albany, NY: Delmar.
RSA. 2000. National guidelines for the development of health promoting school/sites in South
Africa. (Unpublished draft document of the Task Team, April 2000).
Schurr, SL. 1992. Sixteen proven ways to involve parents. From Schools in the Middle. 2:3
9.
Servonsky, J & Opas, SR. 1987. Nursing management of children. Boston, Mass: Jones &
Bartlett.
SmithKline Beecham Trust Fund Project. 1992. SB primary clinical care manual.
Johannesburg: Jacana.
South Africa. 1997. Convention on the rights of the child. Initial Country Report. Pretoria:
Government Printer.
Department of Health. 1997. Annual report. Pretoria: Government Printer.
58

HEC101V/501

Statistics South Africa. 2003. Census 2001.


UNAIDS, June 2002. Report on the global HIV/AIDS epidemic. Joint United Nations
Programme on HIV/AIDS. Geneva: UNAIDS.
Von Schirnding, Y. 1995. Environmental health: from Cinderella status to centre stage.
CHASA Journal of the Community Health Association of South Africa 6(2):6163.
Yach, D, Richter, L, Von Schirnding, Y & De Wet, T. 1993. Maternal education and child
health: emerging evidence from birth to ten: report back on initial findings. Urbanisation
and Health Newsletter (18), June/September, part 2.
Young, B. 1987. The CHILD-to-child approach: health scouts. In Kelly, PJ & Lewis, JL. (eds.).
Education and health. Oxford: Pergamon Press.
World Health Organization. 1984. Health promotion: a discussion document on the concepts
and principles. Geneva: World Health Organization.
World Health Organization.1997. Promoting health through schools. Geneva: World Health
Organization

59

You might also like