By Die Eeuwending

You might also like

Download as doc, pdf, or txt
Download as doc, pdf, or txt
You are on page 1of 2

By die eeuwending – Louis Esterhuizen

1. Hoe is dit moontlik

2. hierdie eeu met sy atoombom en rewolusie

3. met sy kolonies

4. en globale oorloë hoe is dit moontlik

5. hierdie eeu met sy maanlanding

6. en gestroopte kruis, met sy

7. hoogoonde en strafkampe met sy diktators

8. en martelare

9. Hoe is dit moontlik hierdie millennium

10. met sy kruisvaart sy seereise

11. en vreemde vastelande met sy ontploffing

12. van kennis

13. hoe is dit moontlik

14. hierdie millennium met sy gewelddadige soeke

15. na identiteit met sy lugvaart en ruimte

16. verkenning
17. Hoe is dit moontlik in die enkele klik

18. van ’n lewe ook nog die oerknal

19. van liefde

You might also like