Download as doc, pdf, or txt
Download as doc, pdf, or txt
You are on page 1of 2

Mikrogolf Fudge

Woensdag, Junie 10 2009 @ 02:42 NM CDT

Geskryf deur: Philinda

1 Blik Kondensmelk 2 k Strooisuiker 125 g Margarien/Botter 1 t


Vanielje Essens
Metode: Voeg Kondensmelk, Strooisuiker en Margarien saam in 'n groot glasbak (± 15
cm hoog). Kook op Hoog vir 2 minute. Haal uit; roer goed en plaas terug vir 8 minute op
Hoog. Haal uit; voeg 1 t Vanielje essens by. Roer goed.Gooi in 'n gesmeerde pan. Laat
staan vir 2 minute. Sny in blokkies en geniet. * Jy kan dit op die stoof ook maak, gebruik
net gewone suiker ipv strooisuiker en kook vir ongeveer 10 minute, maar roer
aanhoudend en gooi die vanielje essens heel laaste in. Lekker eet.,

Hollandse Botterkoekies
Woensdag, Junie 10 2009 @ 02:37 NM CDT

Geskryf deur: Philinda

150 g sagte egte botter 100 g strooisuiker 200 g koekmeel


Meng bestanddele en maak bolletjies wat jy moet platduk met 'n vurk. Bak in 180 grade
oond vir ongeveer 15 - 20 minute - of totdat ligbruin.

Tuisgemaakte nougat
Donderdag, Februarie 26 2009 @ 02:53 NM CST

Geskryf deur: jpetro

Benodighede:
ryspapiervelletjies
100 g amandels, geblansjeer
200 g heel haselneute
100 g ongesoute pistasieneute, geskil
1 vanieljepeul of 5 ml vanielje-ekstrak
625 g suiker
150 ml vloeibare glukose
100 g heuning
3 eierwitte

Metode

Voer die bodem van ’n diep bakplaat of oondpan met bakpapier uit. Rangskik velletjies
van die ryspapier op die bakpapier. Rooster die amandels en haselneute tot goudbruin.
Gooi die haselneute in ’n skoon vadoek en vryf die skilletjies af. Meng al die neute en
kap dit rofweg. Skraap die saadjies uit die vanieljepeul en hou dit eenkant.

Gooi die suiker, vloeibare glukose en heuning in ’n swaarboomkastrol met 75 ml water.


Verhit oor medium hitte en roer tot die suiker opgelos het. Sodra die suiker opgelos het,
moet jy die mengsel saggies laat prut totdat dit die kraakstadium bereik (wanneer jy ’n
druppel daarvan in koue water sit en daarop byt, kraak dit – dis 150 °C op ’n
suikertermometer.)

Klits die eierwitte met ’n elektriese klitser totdat dit stywe punte vorm. Voeg dan die
suikerstroop geleidelik by terwyl jy aanhou klits. Klop tot die mengsel ferm en styf is.

Vou die neute en vanieljesaadjies of -ekstrak by die mengsel in. Gebruik dan ’n
gesmeerde spatel en skep die mengsel op die ryspapier in die bakplaat. Maak dit glad
en sit nog ’n vel ryspapier bo-op.

Gebruik ’n plat houer as ’n gewig en sit dit bo-op die ryspapier. Laat die nougat
heeltemal afkoel. Bedek dit dan met kleefplastiek en hou dit vir drie tot vyf dae in die
yskas voordat jy dit sny.

Dis belangrik om die nougat vir minstens drie dae in die yskas te bêre voordat jy dit
sny...laat goed stol.

You might also like