Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 4

GENEALOGIESE GENEALOGICAL

GENOOTSKAP VAN SOCIETY OF


SUID-AFRIKA SOUTH AFRICA

WES-GAUTENGTAK WEST GAUTENG BRANCH

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS


17 JULIE 2010

NEXT MONTHLY MEETING: SATURDAY 17 JULY 2010 @ 14:00

VENUE: NG Kerk (Dutch Reformed Church), Philips Avenue, Discovery, Roodepoort

ADMISSION: R5,00 for refreshments.

ALL WELCOME.

HOW TO GET THERE MAP AVAILABLE ON www.westggsa.blogspot.com

WEBSITE
Members are reminded of the branch’s new blog site [website] at
http://westgssa.blogspot.com

Louw Du Plessis se artikel wat hieronder gepubliseer word, was geskeduleer om ‘n maand of
wat gelede al gepubliseer te wees. Dit is so ‘n wonderlike artikel met al sy opwindende foto’s
dat ek dit in een artikel wou publiseer; ongelukkig kon ek nie omdat die e-pos tegnologie ons
net soveel toelaat en nie meer nie. Nou het ek die stoute skoene aangetrek en besluit om dit in
meerdere uitgawes te publiseer.

Nee – ek gaan niks hieraan sny nie. Julle moet die voordeel kry om die totale artikel te lees.
Toe ek dit per e-pos van Louw ontvang het, het ek my werk gelos en eers gesit en gelees. Ek
hoop julle gaan dit net soveel geniet. Ek en Gerard Marloth het probeer om dit meer
“tegnologies vriendelik” te maak, maar het nie geslaag nie, dus sal die artikel soos ek hierbo
gemeld het, oor meerdere uitgawes strek. Geniet dit.

NEELS COERTSE
REDAKTEUR
SANDTON
1
BESOEK AAN NAMIBIË EN ANGOLA GEDURENDE AUGUSTUS 2008
DEUR LOUW DU PLESSIS
Die doel van die besoek aan Namibië en Angola was hoofsaaklik om die voetspore van my voorgeslagte, die
Du Plessis’s, Potgieters en Labuschagnes, te volg. Ek ken Namibië goed aangesien ek daar gebore en
grootgeword het, maar ek wou Angola graag besoek om te sien waar hulle vanaf 1881 gewoon het. Na 50
jaar in Angola, het die Dorslandtrekkers se afstammelinge hulle gedurende 1928 in Suidwes- Afrika/Namibië
hervestig.

Die reise van daardie dae was so anders as vandag. Verskeie gesinne het vanaf 1874 tot 1905 die ZAR
verlaat omdat hulle nie onder die Engelse juk wou dien nie; en as gevolg van ‘n trekgees en jagters-instink.
Baie van hulle was afstammelinge van gesinne wat die Groot Trek meegemaak het. Die trekkers het die
allervreeslikste ontberinge per ossewa deur die woestynagtige gedeeltes van Botswana deurgemaak. Baie van
hulle het eensame grafte gevind tydens die trek as gevolg van koors (malaria) en dors. Ons het met gemak in
lugverkoelde 4x 4 motors, ‘n Engel vrieskassie, en ‘n kragbron (Inverter) die tog aangepak, ek het ‘n totaal
van 8300 kilometers afgelê.

Elke vyf jaar word ‘n herdenkingsfees van afstammelinge van die Dorslandtrekkers naby Swartbooisdrift in
die Kaokoveld, aan die walle van die Kunene-rivier, gehou.

Tydens die Augustus 2008-fees kon ek kennis maak met sommige van die Du Plessis afstammelinge wat ek
nooit gedurende my skooljare in Suidwes-Afrika geken het nie.

Du Plessis-afstammelinge by die fees.


Louw sit derde van links voor.

Na die saamtrek, was ons ‘n groep van 28 voertuie wat na Angola gereis het, met Faan van der Merwe van
Grootfontein, Namibië, wat as gids opgetree het. Ons het in twee groepe verdeel, en het by twee verskillende
grensposte, Ruacana en Omahenene, vanaf Namibië na Angola oor die grens gegaan, om dit makliker te
maak vir doeane doeleindes. Sommer met die intrapslag het ons agtergekom dat ons nou werklik met Afrika-
tyd en onbeholpenheid te doen het. Aan die Namibiese kant was daar nie oponthoude gewees nie. Die
administrasie was gerekenariseerd, en die fisiese kontrolering van die voertuie se enjinnommers het die
langste geneem. Aan die Angola kant was dit ‘n nagmerrie, en geduld was prioriteit nommer een. Eers was
dit grensbeheer-/paspoort-/visa-formaliteite, en daarna doeane-reëlings. Alle inskrywings is met die hand
gedoen; alles moes vir inspeksie afgepak word; en kamera- en rekenaar-nommers is met ons dokumentasie
vergelyk. Nadat ons amper vier uur lank by die grensbeheer besig gehou is, is ons oor die Kunene-rivier die
Angolese binneland in.

2
Gedenksteen by Swartbooisdrif ter gedagtenis
aan die persone wat gedurende 1928 teruggekeer
het na Suidwes-Afrika.
Beraadslaging tussen Jurie Viljoen,
oud predikant Andries Alberts, en Dr Callie Opperman

Gedeelte van die groep in Angola

Ons het ‘n tweespoor pad na Cahama gevolg en ongeveer vier uur lank aan sewentig kilometers gery. Op
sommige gedeeltes - selfs op die hoofpaaie in Angola wat eens geteer was, bring jy menige ure deur - die
gate is groter en dieper as vragmotorwiele. Die swak toestand van die paaie is nog as gevolg van die oorlog,
en ook die baie vragmotors wat dit tans gebruik. Sommige van die brûe bestaan uit ‘n paar enkele houtpale
wat in die lengte oor die rivier/stroom geplaas is, sodat jy al jou sintuie moet gebruik om daaroor te ry.
Angola is ‘n waterryke land met ‘n pragtige natuur, maar jy moet liefs nie in die reënseisoen die land besoek

3
nie. Ons moes sò versigtig bestuur en sò op die pad konsentreer, dat ons amper nie die omgewing kon geniet
nie.

Die Chinese is darem tans besig om nuwe teerpaaie vanuit die groter dorpe te bou, veral vanaf
Lubango na die Namibiese grens, wat baie sal help.

Die volgende aflewering word in volgende maand


nuusbrief gepubliseer.

*******************

WEST GAUTENG BRANCH COMMITTEE, 2009


Designation Name Telephone Email
Chairman/Membership Lucas Rinken 011-760-3009 lgrinken@iburst.co.za
Matters
Vice-Chairmen Gerard Marloth 011-782-6599 gerard.marloth@yahoo.com
&
John Stephens 011-948-9676 johnstephens13@gmail.com

Treasurer Kriek Fourie 011-955-3533 leanderf@npa.co.za


Secretary John Stephens 011-948-9676 johnstephens13@gmail.com
Events Secretary Margaret 011-955-2819 nerine@yebo.co.za
Humphries
Librarian Graham Southey 011-787-4842 None
Assistant Librarian Louise Dick 011-679-4321 None
Membership Secretary Gerard Marloth 011-782-6599 gerard.marloth@yahoo.com
Blog Journalist Penny Evans 011-763-2465 penny.evans55@gmail.com
Communications Neels Coertse 011-463-4049 neelscoertse@wirelessza.co.za
Cemetery Coordinator Giel Nel 011-762-3702 Gielnel100@gmail.com
Product Sales Barbara Bouwer 011-675-5034 barbara.bouwer@vodamail.co.za

You might also like