Op Die Vlerke Van

You might also like

Download as doc, pdf, or txt
Download as doc, pdf, or txt
You are on page 1of 2

Op dieVlerke van ‘n Sabbats Heerlikheid.

JES 58:13 : As jy jou voet terughou van die Sabbat - om nie jou begeertes in die dag
van My Apartheid te doen nie, en as jy die Sabbat 'n verlustiging noem [en] die
apartgestelde [dag] van JaHWeH hooghou; en as jy haar eer deur nie jou eie weë te
gaan nie, nie geleentheid vir jou begeertes soek of besigheid te praat nie;

JES 58:14 : dan sal jy jou verlustig in JaHWeH, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes
van die Aarde en jou laat geniet die Erfdeel van jou vader Jakob; want die Mond van
JaHWeH het dit gespreek.

As mens die gedeelte lees en die volheid daarvan bepeins dan voel dit asof enige iets
wat mens daaraan toevoeg leeg en betekenisloos is, want dit spreek soveel grootheid
en heerlikheid in een sin uit.

Maar hoekom ervaar die mens dan nie die heerlikheid daarvan om op die hoogtes van
die aarde te ry nie?
Of om die erfdeel te geniet van jou vader Jakob nie?

Omdat ons, ons nie verlustig in die Sabbat nie – Nee! meneer, mevrou en liewe
jongeling dis nie Sondag nie. Sondag is nie die Sabbat nie, dis die eerste dag van die
week en die Sabbat is die sewende dag van die week.
Gaan kyk maar op die meeste kalenders en kyk waar begin die week.

Ai, dis nou ‘n gelol want Saterdag of te wel die Sabbat is my dag van inkopies, dis die
dag waarop ek gaan golf speel (oops nee, dit meng in met my rugby kykery, sal die
golf maar skuif na Sondag toe) of die dag waarop ek my sport gaan beoefen. Daar is
mos nie ander tye in die week wat ek dit kan doen nie.

O ja, dan het ek die ander groot “No, No,” vergeet – wat sal my vriende sê as ek nou
skielik die Sabbat onderhou, ek is seker ek gaan ‘n klomp van hulle verloor want hulle
gaan dink ek is ‘n jood of iets.

Maar wag, ek is mos nie skuldig daaraan nie, ek onderhou my Sabbat die Sondag,
daar, probleem opgelos!
Het jy dit werklik opgelos of slegs jou probleem verplaas sodat dit jou gewete kan
pas.
Vader is tog baie duidelik in sy opdrag – dit is die Sabbat – nie die Sondag of enige
ander dag wat jou pas as ‘n Sabbat nie. Wie dink jy is jy om Vader se orde van Sy
Skepping te verskuif en te verander soos dit jou pas?

Soos wat daar vir Salomo ‘n paar dinge was wat hy nie kon verstaan nie, is daar ‘n
paar dinge wat my verstand ook te bowe gaan.
Een daarvan is dat wanneer ‘n man byvoorbeeld ‘n nuwe motor wil koop dan sal hy
die motor behoorlik navors en op die internet gaan soek, hy sal brosjures oor die
motor in die hande kry, hy sal met die handelaar gaan gesels en sy vriende (wat hy
weet hom die waarheid sal vertel) gaan raadpleeg. Dieselfde geld vir die vrou wat vir
haar ‘n nuwe skottelgoedwasser, naaimasjien of omkapmasjien wil gaan koop. Die
intensiteit van die navorsing is ongelooflik.
Maar as dit kom by die navorsing van die dinge van Vader dan is daar ‘n absolute
traagheid, Sy handleiding word nie geraadpleeg nie, ons soek nie oral na die waarheid
nie, ons aanvaar die woorde van onbetroubare vriende.

Meneer, die motor gaan jou sowat 10 jaar hou en neem jou van punt A na punt B, hoe
jy daar kom hang af van die tipe motor, in gerief en gemak of met ‘n seer rug en
bene.
Daarenteen is jou siel vir ‘n ewigheid, dit is van die vootyd af daar en neem jou tot in
ewigheid. Dit is vir ‘n tydjie deel van hierdie aardse liggaam maar dis ook jou
voertuig na die ewige heerlikheid of verdoemenis. Hoe jy daar kom is ook vir jou om
te besluit, gehawend of op die vlerke van ‘n Sabbats heerlikheid.

Ek gaan nie vir jou hier vertel hoekom en waarom Saterdag die Sabbat is nie, jy moet
dit self gaan navors en vir Vader vra vir leiding in die opsig. Gaan soek want jou lewe
hang daarvan af, soek asof jy soek na die grootste skat van jou lewe.

Wanneer jy gevind het dan sal jy ook kan sê – ek ry oor die hoogtes van die aarde en
op die vlerke van ‘n Sabbats heerlikheid.
Tot dan is daar ‘n traan in my oog en ‘n trek van pyn in my hart vir jou omdat jy nog
nie kon vlieg op die vlerke van ‘n Sabbats heerlikheid nie.

You might also like