Professional Documents
Culture Documents
Hennie Potgieter
Hennie Potgieter
Dr Jordaan Potgieter volg die Potgieter naam selfs verder terug in sy navorsing tot by Hermann (1463), sy seun
Gerhard (1493) en kleinseun Diederik (1541). Diederik sou dan ook die vader van Berndt hierbo wees.
Essen (in Duitsland) is tot vandag toe nog beroemd vir die Ysterwerke en was daardie tyd ook reeds baie
bekend vir die pot- en ketelgieters wat daarvandaan kom. Dit gee waarskynlik vir ons 'n goeie leidraad na die
oorsprong van die van POTGIETER.
Berndt het sover bekend 3 kinders gehad. Kettel Hinrich POTGETER, of ook Kettelhinrich genoem, wat trou
met Fenne HILLERINCK wat van Hesepe kom. Na wat bekend is het hulle geen nageslag nagelaat nie. Sy
tweede seun was Kettel Hermann POTGETER. Hulle enigste bekende dogter was Kettel Grete POTGETER wat
getrou het met Albert ROLOWES.
Kettel Hermann POTGETER, of ook Kettelhermann genoem, was getroud met Agnese SCHOLTEN, 'n dogter
van Scholten VON BIMOLTEN, wat van Bimolten afkomstig is. Hulle woon op Ossenhoek, maar in die
oorlogtyd woon hulle by sy stiefouers op die Scholten boerdery. Agnese was ook Nese of Gese genoem. Slegs
een kind van hierdie huwelik Nesen Hermann POTTGETER wat ongeveer in 1590 gebore is, is bekend.
Hermann POTTGETER, ook genoem Nesen Hermann, waarskynlik so vernoem na sy moeder, Nese (Agnese).
Hermann is ongeveer 1590 gebore en in 1667 word sy naam in Nordhorn aangetref as Hermann Pottgeter,
burgermeester van Nordhorn. Hy het reeds voor die dertigjarige oorlog getrou met Tryne, die stiefdogter van
Gerdt Arents. Hermann was ook lid van die Nordhorn skoenmakersgulde. Hulle het vier kinders gehad; Nesen
Lambert POTGIETER die eienaar van 'n stuk grond in Pottkamp, Adeldorf, Gert POTGETER wat die eienaar
van die "Faberhaus" in Schuttorf was, Hermann POTTGEITER wat in 1648 trou met 'n dogter van Swenne
VON LODDEN, en Jan POTGIETER.
Jan (of Johannes) POTGIETER was gebore in Nordhorn, Wesfalen, Duitsland en trou in 1634 met Schwerne
LODDEN, die dogter van Swenne VON LODDEN van Frensdorf . Sy was ook in Nordhorn gebore, in die jaar
1610. Jan was ook genoem Ossenjan of Kettel Johan.
Ons stamvader Harmen Jansz POTGIETER wat in 1635 in Nordhorn gebore is was die enigste seun uit hierdie
huwelik.
Harmen Jansz was die seun van Jan Potgieter (gebore 1605) van Nordhorn, Duitsland, en Schwerne LODDEN
(gebore 1610), van Frensdorf, Duitsland. In 1670 verhuis Harmen na Amsterdam, en tree daar in diens van die
VOC as soldaat en kom na die Kaap van Goeie Hoop, waar hy met Isabella Fredericks (of Beeltjie), weduwee
van Claas Vechtman trou. Hulle het 9 kinders gehad, wat een seun van Isabella se vorige huwelik insluit. Later
verlaat hy die diens van die VOC en word vry-smit.
Noordhoorn is geleë in die Groningen provinsie, suid-wes van die stad Groningen. Die Potgieterfamilie het
daar op 'n plaas gewoon met die families Steyn en Prinsloo as bure. Harmen was dan ook 'n lewenslange vriend
van Douw Gerbrand Steyn. Sy dogter, Maria, het later met Jacobus Steyn, die aangenome seun van Douw
getrou en so die stammoeder van die Steyns in Suid-Afrika geword.
Hy was een van die eerste bewoners van die nuwe nedersetting by die Eersterivier (Stellebosch), waar hy sy
ambag as smit beoefen. Hy word deur de Wet gelys as smit 1674-1705. (de Wet GC, Die vryliede en
9 Sep 2002 Bladsy 2
vryswartes in die Kaapse nedersetting, p68). In 1688 het hy sy smitswinkel aan Lourens Verbrugge oorgedra vir
die helfte van die wins (p107, verw 1STB 18/152 kontrak 1.12.1687).
De Wet meld dat Harmen in 1663 'n vryburger geword het, in 1670 weer tot die Kompanjie in diens getree en in
1674 weer uitgetree en 'n vryburger gebly tot sy dood in 1706. (p 197, verw Boesken AJ, Resolusies vd
politieke raad, II 4.2.1671, p56; VC 49 Monsterrolle van vryliede 31.12.1706, p107)
Hy het in 1679 na die Eersterivier verhuis, waar hy gevestig het op die laer terrasse langs die Eersterivier, wat
aan hom belowe is in 1680, maar dit was eers baie later (1712) aan sy weduwee se boedel amptelik toegeken.
Die plaas is uit die boedel aan Aletta Beck verkoop, wie dit "Voorgelegen" gedoop het. Die grond het bestaan
uit twee dele - die oostelike deel strek van die huidige kerk van Stellenbosch tot by Mostertsdrift. Die veel
groter westelike deel strek van erens tussen die huidige Andringa en Herte strate en sluit in die gebied waar die
huidige stadsaal gebou is. Sy opstal was op hierdie groter deel, ongeveer waar Bird straat vir Dorp straat kruis.
Die huis het 'n netjiese front, wat die indruk skep dat Harmen 'n ryk man moes gewees het. In 1693 verkoop hy
deel van die grond aan Linnes.
Op 8 November 1679 is die stad Stellenbosch gestig. Minder as drie weke nadat Simon van der Stel in 1679
by Kaap aangekom het as kommandeur van die nedersetting, het hy en 'n paar amptenare te perd 'n inspeksietog
na Hottentots-Holland onderneem waar 'n paar vryburgers reeds gevestig het (vandag Somerset-Wes en
omgewing). Nadat van der Stel se werk daar afgehandel was het hulle met 'n ompad teruggegaan. Op 8
November het hulle by 'n asemrowende landstreek uitgekom waar Harmen en 'n paar ander vryburgers gevestig
was. Hulle het daardie aand op 'n eiland in die Eersterivier oornag. Op die eiland was daar baie pragtige hoë
bome. Omdat geen kommandeur of goewerneur voorheen daar was nie, het Simon van der Stel die eilandjie
Stellenbosch genoem.
Die plek het hom onmidelik, uit die oogpunt van sy opdragte as kommandeur, geinteresseer omdat dit as
voortreflik vir landbou beskou is. Onmiddellik nadat hy terug was by die Kasteel aan die Kaap, het hy
aangekondig dat daar vir mense wat hulle langs die oewers van die Eersterivier wil vestig, grond beskikbaar is
in die vorm van eiendomsplase. Baie gunstige voorwaardes is vir voornemende boere aangebied en die reaksie
was goed.
Potgieter het ook aktief deelgeneem aan die openbare lewe van die klein gemeenskap as "wagmeester" van die
artillerie. Kommissaris H.W van Reede het hom aangestel as 'n lid van die heemraad in 1685 (saam met Gert
van der Bijl, Henning Husing en Jan Cornelis Mostert). Van Reede verwys na hom nie by sy van nie, maar
verwys eerder na hom by wyse van sy aambag, Harmen Jansz Smit, soos wat wel dikwels die geval was in
daardie tye. Hy het sy ambag by Stellenbosch voortgesit, en later sy stief-seun, Nicolaas Vechtman in die
ambag opgelei. Hierdie stief-seun was 'n groot vriend van Adam Tas, wat na hom verwys het as die "kreupel
vulkaan" - 'n verwysing na die kreupel Romaanse smit-god, Volcanus.
JA Hofmeyer verwys na die boek "Slagtersnek en sy mense" deur Dr J.A. Heese, waar daar vermeld word dat
Harmen Jansz vermoor was in 1702. Heese het later dit reg gestel. Hofmeyer noem ook dat Harmen Jansz 'n
permit toegestaan was in 1705 om 6 waens hout te versamel by die Vier-en-twintig-riviere en maak daarvan die
aanname dat Harmen Jansz tussen 1 Sep 1705 and 1708 moes gesterf het. Sy weduwee hertrou met Lourens
Verbrugge in 1708.
In die indeks van hofsake in Uit die Raad van Justisie, 1652-1672 (Staatsdrukker, Pretoria 1986) verskyn daar
verskeie sake waarin "Harmen Jansz" betrokke sou wees:
338, 30.7.1670, Harmen Jansz vs. Willem Willemsz van Deventer; skuld; saak geskik (CJ1, p583)
341, 30.7.1670, Harmen Jansz; hout sonder toestemming gekap (CJ1, p592)
396, 1.6.1671 & 6.1.1672, Fiskal vs. Harmen Jansz van Noordhoorn; Kompanjie se tyd en werktuie vir eie
gewin gebruik; ses maande ad opus publicum en ses maande gasie pro fisco. (CJ 2952, p406-408, CJ 1,
p672-672,739)
9 Sep 2002 Bladsy 3
Bronne:
Patrick van Griethuysen
Stellenbosch - Drie eeue, geredigeer en saamgestel deur F Smith, Stadsraad van Stellenbosch (1979), ISBN 0
620 03910-8. Artikel deur AM Hofmeyer.
Hy trou Isabella FREDERIKS, 8 Mei 1672 in Swellendam,4,2 g. 8 Mei 1652 in Amsterdam, Nld, s.
1711.5 Isabella: wed Nikolaus Vechtman. Na Harmen se afsterwe trou sy met Lourens Verbrugge.
1.1. Johannes (Jan Harmensz) POTGIETER, gedoop 23 Sep 1674,1 s. 1733, verw. nr. b1.1 Johannes,
ook bekend as Jan Harmensz Potgieter, was eerstens getroud met Clara Herbst, dogter van Johannes
Herbst van Bremen. Hulle het 3 dogters gehad, waarvan die eerste waarskynlik voor 1714 oorlede is. In
1714, na die dood van Clara, trek hy verder na die binneland na Stellenbosh met sy twee dogters,
Elizabeth en Sibella. Vanaf 1717 woon hy by Rhebokskloof, Kliprivier ("Cliprivier") in Wellington later
die eiendom van Charl Cillie.
Jan se naam kom voor in die weilisensies wat tussen 1703 en 1707 uitgereik is. (de Wet GC, Die vryliede
en vryswartes in die Kaapse nedersetting, p39 verw. RLR Oude Wildschutte Boek: weilisensies.
27.12.1703 en 5.3.1705 pp 134-135, 138-9)
'n Keerpunt was bereik aan die Kaap in 1715, toe die veiligheid van die vry-burgers sodanig verswak het
dat die VOC nie meer in staat was om hulle te beskerm nie. Na die soveelste aanval, waartydens die huis
van Pieter Rossouw afgebrand was en die vry-burgers se beeste gesteel is, pleit die boere by die politieke
raad vir toestemming om 'n vergeldingskommando bymekaar te maak. Op Woensdag, 20 November 1715,
word 'n kommando van 30 vrywillegers onder die bevel van "burgervaandrig" Schalk Willemsz van der
Merwe en "wagtmeester" Jan Harmensz Potgieter opdrag gegee om die boesmans wat die aanval gedoen
het te gaan soek en die gesteelde beeste terug te bring. Gedurende hierdie ekspidiesie wond Jan Harmensz
'n boesmanvrou noodlottig. In die notules van die Politieke Raad van Dinsdag, 7 January 1716, gee Jan
Harmensz, wat beskryf word as 'n vry-burger van Stellenbosch, sy verslag oor die ekspidisie.
Jan was aangekla voor die Krygsraad en baie jare daarna, na baie oorweging en verdere getuinisse voor
die Krygsraad, is Jan uiteindelik op 14 October 1727 ontslaan uit die weermag op grond van "gevorderde
ouderdom en onbehoorlike gedrag".
Hierdie ekspediesie merk die begin van die kommandostelsel in Suid Afrika, waarvolgens die beskerming
van die plattelandse mense in die hande van vrywillige burgers gelaat word. Later is die kommandostelsel
met wette gereguleer, met die kommandant en die veldkornet as verkose leiers van die kommandoes.
In 1732 word daar in die de la Fonteine verslag gemeld dat hy 'n bestaan maak van sy vee en landerye.
Jan Harmensz sterf waarskynlik in 1733, aangesien die opgaafrolle van 1734 sy vrou aandui as "weduwee
Jan Harmensz".
Bronne:
F Smith, Stellenbosch - Drie eeue (Stadsraad van Stellenbosch, 1979)
Ters Van Huysteen, Hugenoteland (Tafelberg Uitgewers, Kaapstad, 1985)
Resolusies van die Politieke Raad, Deel IV, 1707-1717
9 Sep 2002 Bladsy 4
Hy trou (1) Clara HERBST, 24 Jul 1712 in Stellenbosch, 6 g. 1687 in Drakenstein,7 (dogter van
Johann HERBST en Lysbeth SANDERS) s. cir 1714,8 verw. nr. b2.9 Clara: Haar van word ook
aangedui as HARST.
Hy trou (2) Maria Catharina VAN EEDEN, 18 Feb 1714 in Stellenbosch,1 (dogter van Jan JANSE
VAN EEDEN en Maria ROUSSEAU) gedoop 13 Feb 1692,10 verw. nr. b5.1 Maria: Die trou
datum word soms ook aangedui as 14 Feb 1715. Sy xx Theunis Botha.
1.1.1. Johanna POTGIETER, gedoop 3 Apr 1704 in Stellenbosch, 1 s. < 1714,11 verw. nr.
b1c1.1
Sy trou Andries Pieter DE JAGER, 29 Sep 1726 in Drakenstein,9 g. in Drakenstein, (seun van
Pieter Christiaan DE JAGER en Hermina KARELSE) verw. nr. b1.9 Andries: Hy maak 'n
bestaan op sy leenplaas (De la Fonteine, 1732). Burger Drakenstein.
1.1.3. Isabella (Sibella) POTGIETER, g. in Drakenstein, gedoop 28 Jun 1711, 1 verw. nr. b1c3.1
Sy trou Philippe DU PREEZ, 9 Mrt 1727 in Drakenstein,1 (seun van Philippe DU PRE en
Elizabeth (Isabeau) PREVOT) gedoop 4 Apr 1705, 1 s. 11 Des 1765,12 verw. nr. b1c4.1
Philippe: Boer met vee op Grootvadersbosch (huidig Goede Hoop) in Heidelberg. Burger
Drakenstein.
Sy trou Christoffel BOTHA, 13 Des 1733,1 (seun van Theunis BOTHA en Maria Magdalena
SNYMAN) gedoop 11 Feb 1713,9 s. 1764,13 verw. nr. b1c2. Christoffel: As jongman
werk hy by sy vader op die plaas (De la Fonteine, 1732). hy xx 10.11.1735 Catharina Blom.
Sy trou Jacobus BOTHA,1 5 Jan 1738,1 (seun van Theunis BOTHA en Maria Magdalena
SNYMAN) gedoop 8 Aug 1717,9 verw. nr. b1c4. Jacobus: Burger Swellendam en
Drakenstein. Hy maak 'n bestaan as veeboer en landbouer.
1.1.6. Johannes POTGIETER, gedoop 1 Mrt 1722 in Stellenbosch, 1 verw. nr. b1c6.1 (Jan)
Burger Swellendam.
Hy trou Aletta VAN ROOYEN, 14 Mrt 1751,1 (dogter van Cornelis VAN ROOYEN en
Jacomina (Jacomyntjie) VAN DEVENTER) gedoop 27 Aug 1724,1 verw. nr. b3. Aletta: Sy
xx 20.12.1772 Johann Christoffel Heymers van Bleckede in Hanover, die substituut-landros van
Swellendam, Haar vader kom van Gorinchem in Nederland na die Kaap in 1713.
9 Sep 2002 Bladsy 5
1.1.6.1. Maria Catharina POTGIETER, gedoop 8 Jun 1755 in Swellendam,1 verw. nr.
b1c6d3.1
1.1.7. Frederik POTGIETER, gedoop 11 Jun 1724 in Swellendam,15 s. Aug 1785 in Land van
Waveren,16 woonplek in Stellenbosch, verw. nr. b1c7, beroep Boer, houtkapper. 17 Besit die
plase Welgelegen (in 1767 aan hom toegeken) en Goedgeloof (huidiglik Sandfontein) aan die
Kromme-rivier, in die Humansdorp distrik.
Hy trou (1) Eva Catharina KRIEL, 2 Jun 1748 in Swellendam,15 (dogter van Hermanus
KRIEL en Elisabeth Anna MALAN) gedoop 21 Des 1727,15 beroep bakker. Eva: Haar vader
kom van Hanau, Duitsland na die Kaap in 1719 as soldaat op die Risdam. Hy word burger in 1722
en trou met Maria Steyn. In 1725 hertrou hy met Eva se moeder, Elizabeth Anna Malan.
Hy trou (2) Maria Magdalena LANDMAN, 7 Apr 1765, (dogter van Willem LANDMAN en
Catharina HOFFMAN) gedoop 23 Jun 1748 in Kaapstad, 1 verw. nr. b1.9 Maria: Haar vader
kom in 1735 van Amsterdam en word in 1744 'n burger aan die Kaap.
1.1.7.1. Maria Catharina POTGIETER, g. in Swellendam, gedoop 5 Apr 1749,1 verw. nr.
b1c7d1.
1.1.7.2. Johannes Hermanus POTGIETER,1 gedoop 20 Mei 1751,1 verw. nr. b1c7d2.
Burger Swellendam.
1.1.7.3. Elisabeth Anna POTGIETER, gedoop 13 Aug 1752,1 verw. nr. b1c7d3.
Sy trou Cornelis Johannes ROELOFSE, 5 Nov 1769,1 (seun van Balthasar ROELOFSE
en Maria KNOETZEN) gedoop 10 Okt 1734,1 verw. nr. b2.1 Cornelis: Oudste seun
van Batthasar Roelofs wat in 1721 van Hadersleban na die Kaap kom as matroos en later werk
as boukneg. In 1731 trou Cornelis se vader met Maria nadat hy burger aan die Kaap geword
het in dieselfde jaar. COrnelis se moeder kom van Fuhnen.
1.1.7.4. Isabella POTGIETER, gedoop 29 Mrt 1755,1 s. 12 Feb 1836,20 verw. nr. b1c7d4.
MOOC 1836/1370 79j.
Sy trou Johann Friederich SCHOLTZ, ook bekend as Jan Frederik, 1 Mei 1774,21,2
immigreer 1761 van Hamburg, Duitsland,2 naturaliseer 1772 in Stellenbosch, 2 verw. nr.
stamvader,1,2 beroep 1761 Haakbusskutter,2 beroep Boukneg.2 Johann:.
9 Sep 2002 Bladsy 6
1.1.7.5. Hermanus Lambertus POTGIETER, gedoop 24 Okt 1756,1 verw. nr. b1c7d5.
Burger Swellendam.
Hy trou (2) Sara Josina JANSE VAN VUUREN, 20 Des 1789 in Stellenbosch,1 (dogter
van Lucas VAN VUUREN en Sara Johanna VAN LEEUWEN) gedoop 5 Nov 1775,15 s. 14
Nov 1858 in Potchefstroom,18 verw. nr. b2c4d12.18
Hy trou (3) Johanna Maria VAN NIMWEGEN, 15 Jun 1800 in Kaapstad,22 (dogter van
Gerrit VAN NIMWEGEN en Maria BEYERS) gedoop 6 Okt 1765,1 verw. nr. b4.9
Johanna: dogter van die van Nimweging stamvader wat vanaf Nederland kom.
1.1.7.5.1. Sara Johanna POTGIETER, gedoop 19 Feb 1797 in Kaap de Goede Hoop,16
verw. nr. b1c7d5e8.23 van Uitenhage (1815).
Sy trou Frederik Johannes POTGIETER, cir 1833,20 g. 1786,20 (seun van Evert
Frederik POTGIETER en Aletta Susanna ZONDAG) gedoop 5 Nov 1786 in Alexandria,
Kaap,1 s. 28 Jul 1841 in Quaggasmuts, Olifantshoek, Uitenhage,20 woonplek in
Suurveld,17 verw. nr. b1c7d7e1, beroep Boer, Quaggasmust.24 Frederik:
MOOC 1841/5080. Hy was 'n Asma lyer. As gevolg van sy siekte kon hy nie die Groot
Trek mee maak nie.
1.1.7.6. Amerentia Hester POTGIETER, gedoop 5 Nov 1758,1 verw. nr. b1c7d6.
1.1.7.7. Evert Frederik POTGIETER,1 gedoop 12 Okt 1760 in Swellendam,1 verw. nr.
b1c7d7. Burger Swellendam. Ouderling in die Voortrekker kerk.
Hy trou Aletta Susanna ZONDAG, 8 Mei 1785 in Swellendam,1 (dogter van Matthys
ZONDAG en Dirkje KNOETZEN) gedoop 6 Des 1767 in Kaapstad,15 verw. nr. b1c1.1
Aletta: Sy xx Izaak Meyer.
Hy trou (2) Maria Susanna FOURIE, 9 Apr 1820 in Uitenhage,16 (dogter van
Philip FOURIE en Anna Margaretha WASSERMAN) gedoop 19 Jun 1798, 9 s. 20 Aug
1837 in Quaggasmuts, Olifantshoek, Uitenhage, 10 verw. nr. b15c1d2.
Hy trou (3) Sara Johanna POTGIETER, cir 1833,20 (dogter van Hermanus
Lambertus POTGIETER en Sara Josina JANSE VAN VUUREN) gedoop 19 Feb 1797 in
Kaap de Goede Hoop,16 verw. nr. b1c7d5e8.23 Sara: van Uitenhage (1815).
Sy trou Izaak MEYER, 25 Nov 1804 in Swellendam,14 (seun van Jan MEYER en
Magdalena SCHEEPERS) gedoop 6 Nov 1785.21 Izaak: Burger Uitenhage.
Hy trou (2) Cornelia Johanna VAN DEN BERG, 4 Feb 1884 in Zeerust Ned
Herv Kerk,31 g. 18 Feb 1831 in Kaap,9 (dogter van Petrus Paulus VAN DEN
BERG en Cornelia Johanna FOUCHE) gedoop 4 Jul 1831,9 s. 31 Mrt 1886 in
Plaas Bokkraal, Zeerust,20 verw. nr. b1c7d5e1f6.9 Cornelia: MHG 0/3167.
Omstreeks 1821-1824 trek Evert na die Suurveld, oos van die Sondagsrivier (HJ
Potgieter) waar hy op die plaas Brakfontein, Olifantshoek vestig. Voor die Groot trek
woon Evert steeds in Olifantshoek. Sy buurman was Karel Landman. Evert het 'n
gedeelte van sy grand aan die NG Kerk van Uitenhage geskenk, waar hy saam met Karel
Landman en Gert Rudolph gehelp het om die kerkgebou op te rig. Later is die dorp
Alexandria op hier opgerig. Evert het ook daar gedien as diaken.
Visagie dui sy woonplek voor die Groot Trek aan as De Bega, Onder-Boesmansrivier
(Voortrekkerstamouers 1835-1845, Jan Visagie). Hy verwerf die eerste maal bekendheid
toe hy saam met die Uys kommissie gaan. Hulle verlaat die Kaap op 8 Sep 1834 om 'n
bestemming vir die Groot Trek te vind. Met hul terugkoms gee hulle 'n baie positiewe
verslag oor die land wat hulle besoek het. In Natal vind hulle 'n plek wat hulle geglo het
slegs tweede tot die hemel self kon wees. Evert vermeld in 1852 "I also found in 1834,
when I first visited this country, that there were English people residing in the vicinity of
the Bay ... Messrs. Fynn, Ogle and Richard King .... I think the number naturelle seen by
me in 1834 might have been between 2,000 and 3,000 souls, but at the time I was not
inland to where Ladysmith now is. I did not go further than the Tugela on the coast."
Op 17 April 1837 was Evert verkies as lid van die Politieke raad, wat later die Volksraad
sou word, by Vetiver (Winburg). Hendrik Potgieter was nie daar verkies nie en dit lei
later tot groot ontevredenheid tussen Hendrik se volgelinge en die uiteindelike
wegbreek van daardie groep.
Op 6 Jun 1837 by Vetrivier het Evert en 6 ander getuies as verteenwoordigers van die
Volk 'n brief onderteken wat vir F Schutte die mandaat gee om na die Kaap te gaan en 'n
dominee vir die Voortrekkers te soek. Hy teken ook die notules van die kerksraad
vergadering by Vetrivier van 5 Jun 1837.
Vanaf Vetrivier skaar Evert hom by die trekkers na Natal en neem deel aan die slag van
Bloedrivier op 16 December 1838. Hy sou aanvanklik saam met Retief se ekspedisie na
Dingaan gegaan het, maar 'n geweldige tandpyn het hom verhoed. Op 21 Des 1838 het
Evert die Retief-Dingaan traktaat op die ligaam van die gevalle Piet Retief gevind en sy
bekende sertifikaat van egtheid aangeheg.
Op 3 Jan 1840 word Evert aangestel as diaken van die Natalse kerk en op 18 Jan 1841
word hy weer vir die volgende jaar bevestig. Hy was waarskynlik die volgende jaar weer
bevestig, want by Pietermaritzburg op 2 Okt 1843 teken hy ook 'n brief as diaken van
die kerk.
Evert se naam is ook te vinde op die kieserslys vir die aanstelling van Daniel Lindley as
priester in Pietermaritzburg, op 16 January 1841. Daar word vermeld dat Evert in 1842
struwelinge met Andries Pretorius gehad het. Op 9 Aug 1842 teken hy ook die
memorandum wat vra vir die afdanking van AWJ Pretorius en die aanstelling van GJ
Rudolph as Kommandant Generaal.
Hy het die volgende Volksraad vergaderings bygewoon as lid: 4 Mar 1840, 1-4 Apr
1840, 3-5 Jun 1840, 5,13 Aug 1840, 3 Jan 1842 (election of members), 25-29 Apr 1842,
2 Jun 1842, 8-10 Aug 1842, 4-6 Okt 1842, 3-6 Apr 1843 (sworn in), 7 Aug 1843, 4-5 Sep
1843, 4-5 Des 1843, 4 Mar 1844, 2-4 Sep 1844, 6-7 Jan 1845, 7-8 Apr 1845, 7-8 Jul
1845, 6 Okt 1845.
Uit die bogemelde kan dit opgemerk word dat hy nie in 1841 enige vergaderings
bygewoon het nie en dus waarskynlik nie verkies was nie. In 1842 word Evert aangestel
as 'n lid van 'n spesiale kommisie. Notules van die sittings van die kommisie vir 14 Mar
1842, 13,22 Jun 1842, 15 Jul 1842, 5 Des 1842 en 14 Nov 1842 (Evert as voorsitter) is
saam met die Volksraad notules bewaar.
In die Volksraad vergadering van 4-6 Oct 1842 gee Evert verslag dat reisigers 'n oorlas
van hulself maak waneer hulle op sy plaas Uitkomst (later het Cato Ridge hier ontstaan)
uitkamp op hul weg na die kus. Evert verkry toestemming om 'n spesiale plek aan te dui
waar die reisigers kon uitkamp.
Evert het ook deelgeneem aan die gevegte teen die Engelse by Port Natal. Na die Engelse
besetting het hy egter in Natal aangebly en was ook ouderling op Pietermaritzburg.
Teen tye van sy dood was daar aktes op twee eiendomme Uitkomst & Doornberg op sy
naam. Sy naam verskyn ook op die index van grond eise van Natal (1842 - 1846) vir die
plase Uitkomst (eis19) en Buffelsfontein, ook bekend as Riervallei (eis 20) en ook plot
nommer 79, Burger street, Pietermaritzburg. Hy het ook die plase Groote Draai, De
9 Sep 2002 Bladsy 16
Hy het ook gewoon by Saailaer (ca 1845), waarna hy op 'n plaas gaan woon het naby die
huidige Winterton. Hiervandaan het hy na die plaas Klipplaatsfontein getrek. Ongeveer
1859 trek hy na Utrecht.
Let wel: Sy doop datum word foutiewelik in Genealogië van die Afrikaner families in
Natal (B Cilliers) aangedui as 23 Maart 1800.
Bronne:
De Jongh PS, Sarel Cilliers (Perskor 1987)
Liebenberg BJ, Andries Pretorius in Natal (Academia, 1977)
Notule van die Natalse Volksraad 1838-1845 (Staat 1953)
Dreyer A, Die Kaapse kerk en die Groot trek (V.d. Sandt De Villiers 1929)
Muller CFJ, Die oorsprong van die Groot Trek (UNISA 1987)
G Nurden, Index of land claims, Natal 1842 - 1846
HJ Potgieter.
1.1.7.8. Jacobus Theodorus POTGIETER,1 gedoop 2 Okt 1763,1 verw. nr. b1c7d8. Burger
Swellendam.
Hy trou Elsie DU PLESSIS, 2 Nov 1783,1 (dogter van Charl Johannes DU PLESSIS en
Elisabeth DU PREEZ) gedoop 23 Sep 1764,1 verw. nr. b1c1d1e2.1
1.1.7.9. Willem Hans Jurgen POTGIETER, gedoop 16 Mrt 1766,1 verw. nr. b1c7d9.
1.1.7.10. Maria Catharina POTGIETER, gedoop 17 Apr 1768,1 verw. nr. b1c7d10.
1.1.7.11. Jan Frederik POTGIETER, gedoop 14 Apr 1771,1 verw. nr. b1c7d11.
1.1.7.13. Maria Magdalena Jacoba POTGIETER, gedoop 2 Apr 1775,1 verw. nr. b1c7d13.
Sy trou Johannes Jacobs VAN RENSBURG,1 9 Mei 1790,1 (seun van Marthinus
Phillipus VAN RENSBURG en Hester Magdalena BOTHA) gedoop 28 Apr 1765, 1 verw. nr.
b1c5d1.45 Johannes: Burger Graaff-Reinet. Boer op Goedgeloof, naby die Kromrivier
mond.
1.1.7.14. Beatrix Johanna POTGIETER, gedoop 19 Jan 1777,1 verw. nr. b1c7d14.
Sy trou (1) Jacobus Frederik POTGIETER, 31 Mei 1795,1 (seun van Hans Jurgen
POTGIETER en Elisabeth VAN STADEN) gedoop 25 Des 1775,1 verw. nr. b6c9d8.
Jacobus: Boedel 4065/1887 & 107/1874.
9 Sep 2002 Bladsy 17
Sy trou (2) Wessel Hendrik MOOLMAN, 17 Jul 1814 in George,27 g. 11 Des 1779,21
(seun van Petrus Lafras MOOLMAN en Johanna WESSELS) s. 11 Jul 1849 in Uitenhage. 21
Wessel: Burger Stellenbosch. Hy xx Martha Elisabeth Joubert. HY woon aan die
Zwartkoprivier, Uitenhage (huweliksregister).
Hy trou (2) Cornelia CRONJE, Apr 1810 in Swellendam,1 (dogter van Johannes Izaak
CRONJE en Sara VAN TONDEREN) gedoop 8 Apr 1792,10 verw. nr. b3c5d7.9
Sy trou1 Lucas Johannes VAN DER SCHYFF, (seun van Dirk VAN DER SCHYFF en
Cornelia BOTHA) gedoop 18 Mei 1783,1 verw. nr. b3c3d5.1
1.1.7.18. Frederica POTGIETER, gedoop 29 Jan 1786 in Swellendam,1 verw. nr. b1c7d18.1
Sy trou Jurgen Johannes KEMP, 5 Mrt 1808 in Swellendam,14 (seun van Petrus
Johannes KEMP en Catharina Elisabeth HUMAN) gedoop 28 Mrt 1779, 14 verw. nr.
b3c5d3.9 Jurgen: Burger Swellendam.
1.1.8. Theodorus POTGIETER, gedoop 7 Apr 1726 in Swellendam,1 verw. nr. b1c8. Hy trek
ooswaarts en vestig in die Swellendam distrik. Burger Stellenbosch.
Hy trou Hester Anna MARAIS, 2 Mrt 1749 in Drakenstein,1 (dogter van Daniel MARAIS en
Aletta RUSSEAU) gedoop 7 Mrt 1728 in Swellendam.15 Hester: Huweliksdatum word ook
getoon as 2 Jun 1748 (Kommandant-generaal Hendrik Potgieter).
1.1.9. Hermanus Lambertus POTGIETER, gedoop 16 Mei 1728 in Swellendam,1 verw. nr.
b1c9.1
1.1.10. Maria Johanna POTGIETER, gedoop 27 Aug 1730 in Swellendam, verw. nr. b1c10.
Sy trou Christoffel SNYMAN,26 8 Sep 1748,26 g. Jan 1727 in Drakenstein,1 (seun van
Philippus SNYMAN en Johanna Margaretha VAN DEVENTER) gedoop 9 Mrt 1727, 26 s. Jan
1783,26 verw. nr. b7c1. Christoffel: hy xx 1.3.1750 Anna Margaretha van Rooyen. Burger
Drakenstein, Kaap.
9 Sep 2002 Bladsy 18
1.3. Catharina POTGIETER, gedoop 26 Nov 1679 in Stellenbosch, 1 verw. nr. b2.1
Sy trou (1) Pieter HUBNER, 1695,10,2 g. 1662,21,2 immigreer van Hamburg, Duitsland,2
naturaliseer 1693,2 woonplek in Honswijk naby Paarl,2 verw. nr. stamvader,1,2 beroep 1693
Soldaat.2 Pieter: Word op 1 Jan 1698 gevonnis vir onwettige handel met die Hottentotte, gegesel en
verban en al sy eiendom word gekonfiskeer.
Sy trou (2) Jacob POTJE, 4 Jan 1705 in Swellendam,14 verw. nr. stamvader, beroep landbouer.
Jacob: Hy kom van Moscroon of Moescroen, Flanders, Belgium.
1.4. Elizabeth POTGIETER, gedoop 28 Jun 1682 in Stellenbosch, verw. nr. b3.
1.5. Amerentia POTGIETER, gedoop 17 Sep 1684 in Stellenbosch, 1 verw. nr. b4.
1.6. Maria POTGIETER, gedoop 31 Aug 1687 in Kaapstad,21 verw. nr. b5.
Sy trou Jacobus STEYN, 4 Okt 1706 in Stellenbosch, g. 1683 in Stellenbosch, 46 (seun van Douw
Gerbrand STEYN en Maria LOZEE) gedoop 29 Aug 1683 in Kaapstad,21 verw. nr. b1.1 Jacobus:
Jacobus is inderwaarheid die stamvader van hierdie tak van die Steyn familie in Suid-Afrika. Sy moeder is
van onbekende herkoms en het reeds 'n kind (Jacobus) gehad voordat sy met Douw getrou het in 1685.
Jacobus het later die Steyn van aangeneem. Jacobus was 'n vryburger en later vryslagter. De la Fonteine
beskryf hom in 1732 as 'n arm man. Sy stiefvader kom omstreeks 1672 van Leeuwarden na die Kaap as
messelaar in diens van die HOIK en word in 1686 die opsigter van die kerkhof van Stellenbosch.
1.7. Hans Jurgen POTGIETER,1 gedoop 16 Jul 1690,1 s. 1736 in Drakenstein,47 verw. nr. b6.1
Hans was 'n burger van Drakenstein. Op 17 Nov 1722 word hy vrygestel van militere diens op gronde van
'n fisiese gebrek. (Resolusies van die Politieke raad Deel VI 1720-1723). Op 13 Maart 1731 word daar 'n
geval bespreek in die politieke raad waarby Hans betrokke was. Tien Boesmans (seuns van Grebenau) het
vee by landbouer Hans Jurgen Potgieter geroof, waarna hulle deur 12 burgers agtervolg en opgespoor is.
Die Boesmans het met pyle op die burgers begin skiet (Resolusies van die Politieke raad Deel VI
1729-1734).
In die de la Fonteine verslag word die kommentaar gegee dat hy van sy vee en plaas 'n bestaan kan maak,
maar nie sonder skuld nie (1732). Daar word ook gemeld dat Frederik Huppenaar (sy susters-kind) by
hom inwoon as kneg.
Jurie Potgieter <jurida@freemail.absa.co.za> skryf oor die oorsprong van die naam Hans Jurgen dat daar
as getuienis van die doop onder andere Hans Jurgen Grimpe was. Hy het in 1677 in die land aangekom het
en is 1647 in Duitsland gebore is. Die naam Hans Jurgen gaan dan weer verder in die Grimpens terug. Sy
tweede vrou, Elizabeth van Brakel is later met Adam Tas
getroud.
Hy trou Cornelia BOTHA, 31 Mrt 1720 in Stellenbosch,48 (dogter van Frederich BOTHA en Maria
KICKERS) gedoop 6 Jan 1697,1 verw. nr. b7.1 Cornelia: Sy trou 13 Apr 1738 na Hans se
afsterwe met Cornelis Van Rooyen van Gorinchem, Nederland.
1.7.1. Hans Jurgen POTGIETER, gedoop 15 Apr 1736 in Kaapstad,1 verw. nr. b6c9.1
Hy trou Elisabeth VAN STADEN, 5 Sep 1756 in Paarl,1 gedoop 12 Apr 1737,1 verw. nr.
b1c3d4.1
9 Sep 2002 Bladsy 19
1.7.1.1. Jacobus Frederik POTGIETER, gedoop 25 Des 1775,1 verw. nr. b6c9d8. Boedel
4065/1887 & 107/1874.
1.8. Beatrix POTGIETER, gedoop 17 Mrt 1693,1 verw. nr. b7. Keer in 1730 terug na Amsterdam saam
met Elias en 2 kinders. Bly op die Reguliersgracht in Amsterdam op 18 Des 1732.
Sy trou (1) Dirk VROONHOF, 4 Feb 1714, g. cir 1687 in Sonsbeek,12 verw. nr. stamvader, beroep
Onderchirurgijn. Dirk: (of TROONHOF). Kom van Sonsbeek in 1708 en praktiseer as junior chirurg
van 1708 tot 1716 en as chirurg van 1717 tot 1724. Wew Aeltie Vershuur.
Sy trou (2) Elias KIEN, 1726,49 g. cir 1689 in Amsterdam, Nld.7 Elias: (Vaandrig,
opperchirurg) Skeepsgeneesheer op die Berbice toe hy in 1726, terwyl die skip in Tafelbaai gelê het, met
Beatrix trou. Hy word kort daarna vryburger maar keer terug na Amsterdam in 1730. De la Fonteine
1732: Deese heeft niet al te veel gehad.
9 Sep 2002 Bladsy 20
FK2228.
26 Viljoen D, geslagsregister van Eloise Viljoen (http//users.iafrica.com).
27 NG Kerk, George, Huweliksregisters van die NG Kerk, George, FK2251.
28 Sterf kennis (man).
29 J200: Doopregisters van George NG Kerk.
30 J50: Doopregister van Swellendam (FK2230).
31 Lukas Potgieter / Eric Swardt, Doop en huwelik registers soos afgeskryf deur Lukas Potgieter.
32 Lukas Potgieter, Doop en huwelik registers van die Ned Herv Kerk van Transvaal.
33 Sterf kennis (moeder).
34 Doop register.
35 Hennie Potgieter <hmsp@lantic.net>.
36 Lukas Potgieter / Eric Swardt, Doop en huwelik registers soos afgeskryf deur Lukas Potgieter.
37 Stairs databasis van die Staats Argief Buro.
38 Lukas Potgieter, Doop en huwelik registers soos afgeskryf deur Lukas Potgieter.
39 Huwelik sertifikaat.
40 Lukas Potgieter, Rekords van die Binnelandse sake, BS7.
41 Pretorius, ME., Pretorius oor 3 eeu 1600 - 1900, (ISBN 0 620 16896 x, 1992).
9 Sep 2002 Bladsy 21
42 Tian Schutte.
43 Lesley Bone <brazens@globalnet.co.uk>.
44 Nida Potgieter, <nida@iafrica.com>.
45 Van Rensburg Web page (www.geocities.com/Athens/Atlantis/4364/).
46 World Family Tree CD 080.
47 Opgaafrolle.
48 Conrod Mercer www.geocities.com/Heartland/Acres/6302.
49 Resolusies vd Politieke Raad Deel VII.