Download as doc, pdf, or txt
Download as doc, pdf, or txt
You are on page 1of 3

Leukemie

Ons praat vandag oor leukemie, nie net omdat dit n baie interesante tipe
kanker is nie, maar ook omdat ons iemand persoonlik geken het wat die
stryd teen Leukemie verloor het.

INLEIDING
Baie mense dink dat Leukemie kanker van die bloed is, maar in
werklikheid, is dit kanker van die beenmurg. Om meer akuraat te wees,
kan ons eintlik se dat die kanker plaas vind in die ‘fabriek’ van die
beenmurg waar die bloedselle geproduseer word.

OORSAKE
Dit is nie seker wat Leukemie veroorsaak nie. Dokters sukkel al lank om
die oorsake van hierdie kanker te vind, maar is sover sonder sukses.
Leukemie kom meer voor in mans as vrouens en meer voor in blankes as
nie-blankes. So dit is baie moeilik om te verduidelik hoekom een persoon
Leukemie kry en die ander persoon nie.

OORSPRONG
Daar is 4 tipes Leukemie en al 4 van hulle begin in die beenmurg. Die
Leukemie selle in die beenmurg groei en oorleef beter as normale selle,
so met tyd dryf die Leukemie selle die normale selle uit. Na hierdie
gebeur het, het jy Leukemie.

VOORKOMS
Die effek van Leukemie op n persoon hang af van watse tipe Leukemie
die persoon het. Oor die algemeen is die simptome as volg:
………….Lae energievlakke
………….Kort asem gedurende fisiese aktiwiteite
…………. N Bleek vel
…………..Swart en blou merke verskyn op vel vir geen werklike rede
…………..Lae witbloedsel telling
…………..klein rooi kollietjies onder die vel
…………..effense koors.
Baie keer kan die persoon glad nie simptome wys nie en kan slegs uitvind
of hy of sy Leukemie het deur n bloed toets te vat en die resultaat te
analiseer.

LEWENSVERWAGTING
Hoe lank jy kan lewe met Leukemie hangaf van mens tot mens en die tipe
Leukemie wat jy het beinvloed jou tydperk wat jy kan lewe saam die
kanker. Jou lewensverwagting kan enigiets wees van 3 maande tot 15 jaar

BEHANDELING
Die mees effektiewe behandeling vir Leukemie is Chemoterapie. In
Chemoterapie word n aantal teenkankermiddels vir die pasient gegee. Die
pille wat vir die pasient gegee word beskadig meer die kanker selle as die
normalle selle in die liggaam. Radiografie gaan gewoonlik hand in hand
met Chemoterapie.

VOORKOMING
Ongellukig kan nie alle vorme van Leukemie voorkom word nie, maar
daar is wel n paar dinge wat jy kan doen om jou kaanse minimaal te
verminder om leukemia te kry. Om op te hou rook en om jouself nie bloot
te stel aan Benzene nie,sal jou bietjie help. Blootstelling aan
Chemoterapie vermeerder ook jou kaans om Leukemie te kry.

INTERESANTE DINGE
Meer as een derde van alle kankers wat in minderjariges voorkom is
Leukemie. Leukemie kom baie meer voor in mense ooronder die
ouderdom van 20 jaar oud.
Die gemiddelde ouderdom van mense wat Leukemie kry is 70 jaar oud.

GROEPE WAT DEUR DIE KANKER AFFEKTEER WORD


Oor die algemeen kry meer blanke mense n vorm van Leukemie as nie-
blanke mense. Die manlike geslag word ook meer affekteer as die
vroulike geslag. Alhoewel Leukemie eintlik beskou word as n kinder
siekte, word mense oor die ouderdom van twintig oor die algemeen tien
keer meer diagnoseer met n vorm van Leukemie. Die gemmiddelde
ouderdom wat gediagnoseer word met leukemie is 70.

EIE SIENING
Ek dink oor die algemeen dat Leukemie nie gesien moet word as n
doodsvonnis nie. Met die regte behandeling kan jy jou lewe leef tot
wanneer jy wil.

BRONNELYS
Inligting is verkru vanaf WWW.WIKIPEDIA.ORG
WWW.SCUMDOCTOR.COM
WWW.LEUKEMIA.ORG

You might also like