Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 1

Nuus / News 12 May / Mei 2011 19

Help om brande
te voorkom
KWAADWILLIGE brandstigting en brande wat as gevolg van nalatigheid ontstaan, kom
al hoe meer voor. Alle onbeheerde en onbeplande brande moet voorkom word.
As 'n ekologiese faktor is vuur waarskynlik net so belangrik en normaal soos temperatuur, lig of
enige ander faktor. Beheerde brande kan trouens 'n uiters waardevolle ekologiese faktor wees.
Vuur is egter ook 'n belangrike beperkende faktor, veral omdat die mens dit beter kan beheer as
enige ander beperkende faktor. Daar word tussen twee soorte brande onderskei, naamlik
kroonvure, dit wil sê allesvernietigende vure soos groot bosbrande, en oppervlakvure, wat beheer
word sodat bome en ander groter plante nie baie beskadig word nie.
Die doel van oppervlakvure is om beter weiveld aan grasvreters te verskaf, om die indringing van
ongewenste houtagtige gewasse in grasveld te voorkom, en om tydelike migrasies te veroorsaak
en so wisselweiding af te dwing, byvoorbeeld in wildtuine.
Elke grondeienaar of kleinhoewe-eienaar moet aan ’n brandvereniging behoort en strategies
voorbrande maak.
Indien jy publieke-aanspreeklikheidsversekering uitneem, maak seker dat dit brandverspreiding
insluit.
Vir meer inligting skakel Rex Baragwanth: 082 432 6193 of Rina Smith: 082 886 9691. (Namens
die Lydenburg Wes Brandvereniging.

Die Lydenburg Hoërskool se eerste hokkiespan in aksie Saterdag tydens dié skool se wintersport. Die dogters eerste span het 0-1 verloor teen Uplands, maar die
eerste seunsspan het gelykop gespeel. Mignon Black en Chané Killian het netbal Mpumalanga span gekry. Uitslae as volg vir die hokkiespelers wat span gekry het:
o.16: J. Steenekamp, Nohlanda Buda, Jada Lindstrom; o.16: Herman Jacobs; Reserwes: Casper Aucamp, Louis van Dyk en Shaun Mkhonza; 0.18: Marisa du
Preez en Dirkie Struwig.

You might also like