Konsilie Van Nicea

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 29

April 2011.

Die kerkhistoriese agtergrond van die Konsilie van Nicea


en die kwessies wat op die Sinode hanteer is met
spesifieke verwysing na die konseptualisering van die
Goddelikheid van Christus en die wese van God.

0
Inhoudsopgawe

Inleiding
I. Doelstelling
II. Probleemstelling
III. Hipotese
IV. Doelwitte

Die Konsilie van Nicea 325 NC

1. Afgevaardigdes vanoor die hele bekend wêreld vergader in Nicea.


2. Drie hoof temas van die Konsilie
2.1 Die viering van Paasfees
2.2 Die Schism van Meletius
2.3 Die Leer oor die Goddelikheid van Christus en die wese van God
3. Die Prominentste rolspelers by die Konsilie van Nicea
3.1. Keiser Konstantyn
3.2. Athanasius
3.3. Eusebius van Caesarea
3.4. Arius
4. Die verloop van die Konsilie
4.1. Die keiserlike beskerming
4.2. Die agenda van Konstantyn
4.3. Kwessies en besprekings
5. Die begrip van die Drie-eenheid ná die Konsilie van Nicea
5.1. Adversus Praxean van Tertullianus
5.2. Die Belydenis van Nicea
5.3. De Trinitate van Augustinus
5.4. Depositio Arii van Athanasius
6. Samevatting
7. Bibliografie

1
Inleiding

I. Doelstelling

Die Konsilie van Nicea word in sy kerkhistoriese konteks ondersoek sodat die vraagstukke en

besluite daar geneem in die nodige perspektief geplaas kan word. Daardeur kan die

hedendaagse gelowige ’n beter idee vorm waarom daar soveel verwarring in die jong kerk

geheers het oor konsepte wat vandag in die meeste Christelike kringe as vanselfsprekend

aanvaar word. Wanneer die gelowige sy kennis in hierdie verband uitbrei sal hy die

herhaling van ou dwalinge in nuwer vorme kan herken en weerspreek.

II. Probleemstelling

Met die al groter wordende toegang tot elektroniese media wat deur die internet

vergemaklik word, soek die meeste mense vandag hul antwoorde aanlyn. Alhoewel dit

algemeen bekend behoort te wees dat daar soms verwarrende of vals inligting oor die

internet is, bly dit ongelukkig so dat die man op straat moeilik onderskei tussen feit, fiksie en

verdraaisel wat geredelik op die internet of in die gedrukte media as feitelike studies opgedis

word. Op die oog af gesaghebbende artikels of webblaai verkondig luidkeels slagspreuke

soos: ” Jesus never existed” of “The church invented God” wanneer daar gesoek word na

inligting oor die Drie-eenheid of die wese van Jesus. Hierdie artikels of sogenaamde

navorsing is meermale verdraaiings van die werklike geskiedkundige ontwikkelings proses

van Christelike denke. In hierdie referaat sal ons die kerkhistoriese agtergrond van die

2
Konsilie van Nicea naspeur om die konteks vir die sameroeping van die Konsilie in

perspektief te stel. Verder sal die sake wat daar ondersoek is en die besluite wat geneem is

ook bestudeer word. In besonder sal daar gefokus word op die debat rakende die wese van

Jesus rondom die Ariese dwaalleer. Sodoende word die verdraaiing dat die leer van die Drie-

eenheid van God bloot ‘n menslike uitvindsel is bestry vanuit ’n Christelik – Reformatoriese

perspektief.

Die Konsilie van Nicea is nie iets waarmee die gelowige homself daagliks besig hou nie en

min mense besef watter impak dit op die vorming van ons huidige begrip van die Goddelike

wese gehad het. Deur hierdie toeligting sal die gelowige gewapen word met die nodige

oorsigtelike kennis om nie net enige dwaalleer te bestry nie, maar ook om enige vrae in sy

gemoed rondom die wese van God te beantwoord.

III. Hipotese

Die openbaring van die Goddelike wese is fundamenteel aan ons begrip van die verlossing in

Christus. Slegs wanneer Jesus ten volle God en Mens is kon Hy die sonde offer voor ‘n

regverdige God betaal. Dit was dus van kardinale belang dat die vroeë kerk die wese van God

oordink en begryp soos dit in die Skrif openbaar word. God gebruik mense en

omstandighede in Sy betrokkenheid by die mens om hierdie belangrike grondslag te lê in die

vroeë kerk. Hierdie fundamentele leer is vandag net vir ons duidelik omdat die vroeë kerk

onder die leiding van die Heilige Gees hierdie dinge vanuit die Skrif en deur die openbaring in

Christus kon deurdink en verstaan. Die Christen word daagliks in hierdie dinge deur die

Heilige Gees onderrig en tot waarheid gelei deur die spesifieke openbaring in die Bybel as

geïnspireerde Woord van God.

3
IV. Doelwitte

Met die doel om die hedendaagse gelowige met kennis te bewapen sal daar gefokus word

op die groei en ontwikkeling in die Kerklike begrip aangaande die wese van God. Hierin sal

daar gepoog word om die volgende vrae te beantwoord:

1. Wie het die Konsilie bymekaargeroep?

2. Waarom is die Konsilie bymekaargeroep?

3. Wie was die prominente rolspelers?

4. Wat is die belangrikste aspekte wat bespreek is en wat was die konsensus?

5. Wat was die invloed van die besluite wat geneem is op ons moderne begrip van die

Goddelikheid van Jesus en die aard van God?

6. Wat is die relevansie van die Konsilie van Nicea vir die moderne gelowige?

7. Wat is die Kerk se antwoord op die wêreld se beskuldiging dat God “herontwerp” is

in Nicea?

4
Die Konsilie van Nicea 325 NC

Die ekumeniese konsilie gehou te Nicea is van groot belang vir ons begrip van die

ontwikkeling van Christelike denke en die kontekstualisering van die moderne begrip oor die

aard en wese van God.

1. Afgevaardigdes vanoor die hele bekend wêreld vergader in Nicea

Die vervolging van die Christene was pas opgehef deur die opskorting van die Februarie 313

Edik van Milan deur beide Keisers Licinius en Konstantyn. Dit was nou moontlik vir

Christelike leiers van binne en selfs buite die ryk om na Nicea te reis. Daar was ‘n Persiese

biskop, Johannes en selfs ‘n biskop vanuit Pitiunt (Kaukasus) wat die verrigtinge bygewoon

het (Clifford, 1907). Sokrates Scholasticus haal vir Eusebius Pamphili aan wat in

verwondering daarna verwys dat God hier kerklike ampsdraers vanuit Europa, Afrika, Asië,

Sirië, Venesië, Arabië, Palestina, Mesopotamië, Libië en selfs Skithië bymekaargebring het

(Schaff, 2009). Hy gaan verder deur te noem dat daar meer as drie honderd biskoppe

vergader was en dat hul assistente, diakens en presbiters “ontelbaar was” (ibid.). Meeste

navorsers aanvaar eerder die getal van 318 verteenwoordigers soos deur Athanasius

aangedui (Clifford, 1907) en ons volstaan daarby vir die doeleindes van die referaat. Ten

spyte van die multi kulturele aard van die vergadering is dit tekenend dat daar slegs sowat

tien verteenwoordigers van die Westerse Kerk teenwoordig was (Cairns, 1981).

5
2. Drie hoof temas van die Konsilie

Daar was n wye verskeidenheid kwessies bespreek by die konsilie maar ons fokus op die drie

belangrikstes.

2.1 Die viering van Paasfees

Die kontroversie aangaande die viering van die Paasfees het reeds vanaf omstreeks 190

voorgekom. Reeds tydens die bewind van Pous Victor is die toelaatbaarheid van die viering

van Paasfees op ‘n weeksdag ondersoek (Anon. 2011). Sommige Christene het die Joodse

gebruik bly volg om die Paasfees op die 14 de dag van die volmaan te vier. Daar is gevoel dat

Christene moet wegbeweeg van die vormgodsdiens van die Jode en dat dit ook die viering

van die Paasfees insluit.

Teen die tyd van die Konsilie is dit reeds algemeen aanvaar dat die Paasfees op ‘n Sondag

gevier moet word ongeag die fase van die maan. Nou was die vraag natuurlik: “Watter

Sondag, dan?”

2.2 Die skeuring van Meletius

Meletius, biskop van Lycopolis, was die leier van ’n groepie wat tot ’n kortstondige beweging

en skeuring gelei het. In 306 is hy reeds deur Peter van Alexander ontslaan uit sy amp, onder

andere omdat hy skuldig bevind was aan die maak van offerandes aan afgode.

6
Meletius het homself nie veel gesteur aan kerklike reg of tradisie nie en het rondgegaan om

kerklike amptenare in te huldig in ander stede en wyke. Reeds in 307 skryf vier Egiptiese

biskoppe aan Peter om te kla oor die gedrag van Meletius. Hy het hom nie daaraan gesteur

nie en nadat die betrokke biskoppe elkeen martelaars dode gesterf het, haas hy homself na

hul stede om sy invloed daar uit te brei. Hy ban vinnig die amptenare wat deur Peter

aangestel is en stel twee nuwes in hulle plek aan – beide óf in die tronk óf gevange gehou in

die myne (Leclerq, 1911).

Die Meletiese skeuring was een van die drie belangrikste aspekte wat aandag gekry het

tydens die konsilie van Nicea. Die gesag van biskoppe en die beperking daarvan tot sekere

geografiese gebiede het spesifiek aandag geniet, gebaseer op die onmin wat Meletius gesaai

het. Meletius is na afloop van die konsilie verbied om sy stad, Lycopolis, te verlaat en is van

alle geestelike gesag onthef (ibid.).

2.3 Die Leer oor die Goddelikheid van Christus en die wese van God

Tydens die vervolging van die Christelike Kerk was dit asof daar ’n onderlinge eenheid en

eenstemmigheid binne die Kerk was ter wille van oorlewing en die uitdra van die Evangelie.

Met die groter beskerming wat Christene geniet onder die heerskappy van Konstantyn (306-

337), wil dit voorkom asof dogmatiese verskille nou na vore tree en onmin saai (Cameron,

2005).

In die Weste het Tertullianus vroeg reeds aangedring op die eenheid van God terwyl die oor-

beklemtoning van sekere aspekte van die Goddelike aard in die Oosterse Kerk tot vele

mistastings sou lei. Tertullianus het ’n groot invloed gehad op die ontwikkeling van ons

7
begrip oor die Drie-eenheid. In sy Adversus Marcionum verklaar hy: ”Christelike waarheid

maak dit ongetwyfeld duidelik dat, indien God nie net een is nie, bestaan Hy nie” (Schaff,

2009).

Ons ondersoek die grondliggende invloed van Tertullianus in meer besonderhede hieronder.

Onder leiding van Arius (sien hier onder) het daar ‘n lering posgevat wat die Goddelikheid

van God die Vader bo dié van die Seun stel. Arius het hierdie mening hoofsaaklik gebaseer

op teksverse soos Joh. 14:28: ”Julle het gehoor dat Ek vir julle gesê het: “Ek gaan weg, maar

Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly gewees het dat Ek na die

Vader toe gaan, omdat die Vader groter as Ek is.” en Kol 1:15: ” Die Seun is die beeld van

God, van God wat self nie gesien kan word nie. Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele

skepping.” Hiervolgens maak Arius die gevolgtrekking dat Jesus ondergeskik is aan die Vader

en dat daar ‘n tyd was waar die Seun nie bestaan het nie. Hieruit kom hy tot die

gevolgtrekking dat Jesus, soos die res van die skepping, deur die Vader vanuit niks geskape

was (Schaff, 2009).

3. Die Prominentste rolspelers by die Konsilie van Nicea

Biskoppe vanoor die hele ryk het na Nicea gereis en hulle kon elkeen twee priesters en drie

diakens saambring. Die meeste van die afgevaardigdes was afkomstig vanuit die Ooste en

die drie Patriarge, Alexander van Alexandria, Eustachius van Antiogië en Macarius van

Jerusalem het die voortou geneem. Die Latynse provinsies het ten minste vyf

verteenwoordigers van Carthage, Italia, Hispanië, Gallië en die Danube streek gestuur.

3.1 Keiser Konstantyn (ca. 272 – 337)

8
Die Konsilie is bymekaar geroep deur Keiser Konstantyn. Flavius Valerius Aurelius

Constantinus was die Romeinse Keiser van 306 tot 337. In die Kerkgeskiedenis is hy veral

bekend as die eerste Christelike Keiser, terwyl dit veral sy talent as meesterlike Veggeneraal

van die Romeinse legioene was wat die grondslag van sy bewind kon vorm. Die keerpunt in

sy lewe was tydens sy opmars na Rome toe hy in ‘n visioen die versekering gekry het dat die

Christelike God aan hom die oorwinning sou gee (Schaff, 2009). Na sy oorwinning oor die

leërmag van sy opponent, Maxentius in Rome, gee hy die eer aan die Christelike God en tree

hy op soos een wat onder die regering van God staan. Interessant genoeg is hy eers kort

voor sy dood in 337 gedoop (Herbermann, 1908).

Konstantyn nooi al 1800 biskoppe van die Christelike kerk uit en stel homself beskikbaar as

gasheer en beskermheer (Schaff, 2009).

3.2 n.,B.M. k -§Athanasius (ca. 296 -373)

Onder die reisgenote van Alexander van Alexandria was daar ‘n jong diaken, Athanasius

(Anatolios, 2004). Uit hoofde van sy amp is dit onduidelik of hy enigsins veel kon deelneem

aan die debat tydens die Konsilie. Wat ons wel weet is dat hy die outeur is van ‘n belangrike

bron aangaande die Konsilie (De Decretis Nicea, 325). Athanasius het later sy lewe gewy aan

die bestryding van die Ariese dwaalleer. In hierdie verband skryf hy werke soos Depositio Arii

en Apologia contra Arianus waarin hy sy standpunt vir die Goddelikheid van Jesus uiteensit

(Schaff, 2009). Hy leer dat Jesus “van gelyke status, gelyke ewigheid en van dieselfde wese as

die Vader” is (Cairns, 1981). Vir hierdie standpunt is hy vyf maal verban (Ibid.).

Ons kyk later in meer besonderhede na sy verdediging van die doktrine van “Homoousion”,

oftewel die Goddelikheid en gelykheid van die Seun met die wese van die Vader.

9
Die “Vader van ortodoksie” word uiteindelik die biskop van Alexandrië en word vandag

vereenselwig met die heersende doktrine van die Drie-eenheid.

3.3 Eusebius van Caesarea (ca. 260–339/41)

Eusebius Pamphili was ‘n beroemde kerkhistorikus. Eers ‘n kollega van Pamphilus (die

grondlegger van ‘n beroemde biblioteek in Caesarea), later priester en uiteindelik biskop van

Caesarea (Bacchus, 1909). Tydens die verrigtinge by Nicea neem Eusebius die ere plek in regs

van die keiser en lewer hy ook die openingsrede. Eusebius het eerder vir kompromie as

eensgesindheid gestreef by die konsilie en meld in sy brief aan sy gemeente (Epistola

Eusebii) dat hy die belydenis van die Konsilie met ‘n swaar hart geteken het (Schaff, 2009).

Hy stel dit duidelik in sy brief dat hy ‘n alternatief voorgelê het maar dat dit nie aanvaar was

deur die meerderheid nie en dat hy in belang van “vrede” en “eensgesindheid in ortodoksie”

by die weergawe van die konsilie berus het (ibid.). Die uiteindelike weergawe was wel

gebaseer op sy oorspronklike voorstel maar het verder gegaan deur die eenheid in Wese van

die Vader en Seun te beklemtoon (Bacchus, 1909).

Sokrates verdedig Eusebius in sy Kerklike Geskiedenis (Boek 2 hoofstuk XXI Verdediging van

Eusebius Pamphilus) teen die beskuldiging dat hy die Ariese leer aangehang het deur te wys

op Eusebius se aanvaarding van die gesag van die besluite geneem op die Konsilie. In ‘n nota

by Socrates se Kerk Geskiedenis merk ZENOS op dat Eusebius sy preke afgesluit het met die

woorde: “ Glorie aan die ongebore God deur sy enig- ‘ongegenereerde’ (monogenes) Seun”

(Bacchus, 1909).

10
Die Griekse woord “monogenes” verwys na ‘n begrip binne die raamwerk van die wese van

Jesus wat tydens die konsilie bespreek was. Hierdie woord kan in Engels met “begotten”, in

Frans “engendré” en in Duits met “gezeucht” vergelyk word. Dit verwys na die ongeskape

wese van Jesus. Later in die referaat sal meer indringend na hierdie aspek gekyk word maar

Eusebius se gebruik hiervan kan gesien word as bewys van sy ortodokse begrip van die Drie-

eenheid.

3.4 Arius (ca. 250/56 – 336)

Arius was die dryfkrag agter die Ariese leer wat die Goddelikheid van die Vader bo dié van

die Seun beklemtoon het. Hierdie kwessie was een van die hoof temas tydens die Konsilie

van Nicea en ook die kontroversie wat die naaste aan die kern van die Christelike belydenis

lê. Arius is gesteun deur Eusebius van Nicodemia en Theognis en Maris van Nicea en

Chalcedon onderskeidelik (Schaff, 2009).

Die meeste van Arius se werke is vernietig en die moderne navorser is afhanklik van bronne

geskryf deur sy teenstanders. Volgens Sokrates (ibid.) het Arius na afloop van ‘n preek deur

sy biskop, Alexander, daarop gewys dat indien “die Seun vanuit die Vader is”, dit beteken

dat daar ‘n tyd bestaan het waarin die Seun “nie was nie”. Die logiese uitvloeisel hiervan was

dat die Seun dus ondergeskik aan die Vader is en dat Hy as geskape wese dus “minder

Goddelik” is. In ’n poging om politeïsme te verhoed, verdraai Arius die Skriftuurlike

openbaring aangaande Christus (Cairns, 1981).

Arius se leer is tydens die Konsilie veroordeel, sy literêre werke vernietig en hy en sy

volgelinge is uit die Kerk geban.

11
4. Die verloop van die Konsilie

4.1 Die keiserlike beskerming

Die Keiser Konstantyn kom die groot saal te midde van die verenigde biskoppe en ander

afgevaardigdes binne. Keiserlik getooi in prag en praal bevestig die beskermheer van die

Konsilie sy teenwoordigheid as ’n subtiele herinnering aan die vergadering dat hy hoë

verwagtinge van ’n eenstemmige uitslag verwag (Schaff, 2009).

Nadat die Keiser plaasgeneem het lewer Eusebius ’n kort rede in Latyn (ibid.).

Dit is hier, tydens hierdie geskiedkundige gebeurtenis dat ons die eerste blik kry van die

Staat se oorheersing van die Kerk. Terwyl die Weste later hierdie verhouding in die skeiding

van Staat en Kerk ontwikkel het, kon die Oosterse Kerk die oorheersing deur die Staat nooit

werklik afskud nie.

IV.2 Die agenda van Konstantyn

Na afloop van die slag van Adrianopol (324) waartydens Konstantyn die leërs van Licinius (ca.

263 – 325) verslaan het word die Romeinse ryk onder Konstantyn verenig (Cameron, 2005).

Hy besef dat ’n verenigde ryk nie verdeeldheid in die Christelike Kerk kan duld nie. Nadat

Keiserlike diplomasie onsuksesvol gepoog het om die geskil tussen Arius en sy biskop,

Alexander, te besleg roep Konstantyn die Kerklike leiers op na NIcea sodat daar dogmatiese

eenstemmigheid oor hierdie en ander kwessies bereik kan word. Met sy teenwoordigheid by

die Konsilie maak Konstantyn dit duidelik dat daar net een aanvaarbare uitslag is –

konsensus.

12
Eusebius beskryf in sy Vita Constantini dat die Keiser klem gelê het op versoening en dat hy

deurgaans die aanwesiges herinner het aan die Christelike plig van liefde en geduld (Schaff,

2009). Sokrates (ibid.) verhaal dat Konstantyn al die petisies en aanklagtes teen ander

leraars laat verbrand het met die woorde: “Christus druk dit julle op die hart dat die wat

vergewing soek, sy broer moet vergewe.” Hierdie Keiserlike voorbeeld van versoening en

vergifnis het die ondertoon van die vergadering gestel.

IV.3 Kwessies en besprekings

Van al die dokumente aangaande die besluite en besprekings van die Konsilie, het daar net

drie behoue gebly (Leclercq, 1911):

1. Die Belydenis van Nicea.

2. Kanonieke wette.

3. Sinodale dekreet.

Daarvolgens weet ons dat die volgende besluite geneem is:

1. Daar is eenstemmigheid bereik oor die dag en datum vir die viering van die Paasfees (Schaff,

2009) en afgewyk van die Joodse gewoonte sodat Christene “niks in gemeenskap sal hê met

die (veragtelike) Jode nie, want ons het dit anders van ons Verlosser ontvang.” (ibid.).

Voortaan moet die Paasfees regoor die wêreld op dieselfde Sondag gevier word, op die

eerste Sondag wat volg op die eerste volmaan ná 21 Maart.

2. In die Sinodale dekreet lees ons dat Meletius in sy eie stad, Lycopolis, mag bly maar dat alle

uitvoerende gesag hom ontneem is. Hy word ook verbied om na omliggende streke te reis en

om daar enige geestelike aanstellings te maak (Leclercq, 1911). Hierdie sanksies was van

korte duur en Meletius en sy volgelinge het later by die Ariese beweging aangesluit en

bygedra tot die stryd teen ortodoksie.

13
3. Die Konsilie stel ’n belydenis saam wat duidelikheid verskaf aangaande die aard en wese van

die Drie-eenheid. Die belydenis van Nicea weerspreek in een stem die Dwaling van Arius en

bevestig die ortodokse siening dat Jesus gelykwaardig met die Vader in Sy Goddelike wese is.

Hierdie aspek van die Konsilie het verrykende gevolge gehad en lê die grondslag van die

moderne leer oor die Goddelikheid van Jesus en die aard van die Drie-eenheid. Ons

behandel hierdie aspek vervolgens in meer diepte aan die hand van die Adversus Praxean

van Tertullianus, die Belydenis van Nicea, die Depositio Arii deur Athanasius en die De

Trinitate van Augustinus.

5. Die begrip van die Drie – eenheid ná die Konsilie van Nicea

Reeds vanaf die tyd van die eerste kerkvaders is daar gedink en geskryf oor die wese van

God. Origen Adamantius (ca. 185–254) en Tertullianus is seker vandag die bekendste en ons

kyk vervolgens na Tertullianus se unitêre begrip van die Drie-eenheid sodat die debat in

konteks verstaan kan word.

5.1 Adversus Praxean van Tertullianus

Quintus Septimius Florens Tertullianus, die seun van ’n Romeinse soldaat en ’n regsgeleerde

van beroep is gebore ca. 145 (Schaff, 2009). Nadat hy bekeer tot die Christelike geloof skryf

hy talle werke in Grieks en Latyn en beklee later selfs die amp van Priester – heel moontlik in

die Kerk van Carthage. Slegs sy Latynse werke is vandag te vinde en hy word algemeen

beskryf as die vader van die Latynse Kerk. In sy latere werk val hy die Kerk aan en ondersteun

hy die Montanistiese leer van voortgesette openbaring. In sy Adversus Praxean beskuldig hy

’n ene Praxeas dat hy die erkenning van die Montaniste deur die pous verhoed het

14
(Chapman, 1912). In sy De Praescriptione Haereticorum waarsku hy die jong kerk teen dwaal

leraars en dwaalleer en herinner hy hulle daaraan dat dit so voorspel is in die Skrif (Mat.

7:15).

Tertullianus se leer oor die Drie-eenheid is somtyds gebrekkig aan ’n deurlopende argument

maar kom op die volgende neer (Chapman, 1912):

1. Tres Personae, una Substantia. Die Vader, Seun en Heilige Gees is elkeen onderskeibaar

maar van dieselfde substantia en status.

2. Die eenheid van God moet in die oorsprong van die onderskeibare “persone” gevind

word:

2.1 Die Seun ondergaan ’n “perfekte geboorte sodat die skepping deur hom kan

plaasvind

2.2 Daar was dus ’n tyd waar die Seun “nie was nie”.

3. Die Heilige Gees gaan uit “vanuit geen ander oorsprong as die Vader deur die Seun”

(Schaff, 2009).

I. Die eenheid van God

In Adversus Praxean begin Tertullianus met die woorde: “Soms vernietig die Satan die

waarheid deurdat hy dit verdedig” (Schaff, 2009). Hy verwys hier na ’n verdraaiing van die

unitêre bestaan van God. Ja, daar is net een God, maar hierdie God het nie self mens

geword deur die maagdelike geboorte nie en het ook nie op die kruis gesterf vir die sondes

van die mensdom nie. Die Seun is onderskeibaar van die Vader deurdat Hy mens geword het

en aan die kruis gesterf het vir die sondes van die mensdom. Die Satan weerspreek homself

in hierdie leuen (dat God net uit een persoon bestaan) omdat hy telkens vir Jesus as die

Seun van God aanspreek tydens Sy versoeking in die woestyn (Mat. 4). Tertullianus erken die

15
geïnspireerde aard van die Skrif en gebruik dit as die medium waardeur die kennis van die

aard en wese van God opgedoen kan word. Omdat die geïnspireerde apostels (Schaff, 2009)

die persoon van die Vader en die persoon van die Seun by name afsonderlik behandel, kan

dit nie anders vertolk word nie as dat God in Sy eenheid in persone onderskeibaar is nie.

God is dus een, maar onderskeibaar in drie – die Vader, die Seun en die Heilige Gees.

II. Die Seun

In hoofstuk twee van Praxean steun Tertullianus op die Skrif (hy gebruik die benaming

Paracletus om die geïnspireerde skrif en lering van die Heilige Gees aan te dui) deur te

benadruk dat daar net een God is. Hierdie God het ’n Seun “wat van Hom uitgaan”. Die

konsilie van Nicea tref ’n belangrike onderskeid tussen die “generasie” van die Seun en die

“uitgaan” van die Heilige Gees.

Tertullianus voltooi sy argument deur telkens klem te lê op “ons glo” (Schaff, 2009):

1. Dat alles deur die Seun tot stand gekom het.

2. Dat hy deur die Vader gestuur is om deur die maagdelike geboorte mens te word –

beide mens en God. Die Seun van die Mens én die Seun van God. By name Jesus

Christus.

3. Dat Hy gely het, gesterf het en opgestaan het uit die dood.

4. Dat Hy teruggeneem is na die hemel waar Hy aan Sy regterhand sit.

5. Dat Hy weer sal kom om te oordeel.

6. Dat Hy ook, volgens Sy eie belofte en dié van die Vader, die Heilige Gees gestuur het

wat regverdig maak die wat glo in die Vader, die Seun en die Heilige Gees.

16
Al hierdie dinge wat die Christen vandag glo, so sê hy, is van die begin af duidelik en is maklik

onderskeibaar van die dwalinge wat eers veel later ontwikkel het (Schaff, 2009).

5.2 Die Belydenis van Nicea

Daar was ’n parallelle onafhanklike ontwikkeling in belydenisse tussen die Ooste en die

Weste. Laasgenoemde het ontwikkel in die Apostoliese belydenis terwyl die eersgenoemde

uiteindelik geboorte gegee het aan die Symbolum Nicaeno-Constantinopolitanum of

Belydenis van Nicea soos ons dit vandag ken (Schaff, 2009). Dit is belangrik om daarop te

wys dat die oorspronklike belydenis wat na afloop van die Konsilie uitgevaardig is

onderskeibaar is van die “Belydenis van Nicea” wat ons vandag ken.

Na afloop van die Konsilie word ’n analitiese verklaring of belydenis uitgevaardig om die

standpunt van die vergadering oor die Goddelikheid van Jesus duidelik te maak. Wanneer

die belydenis in konteks gelees word, is dit duidelik dat die opsteller moeite doen om die

Goddelike wese van Christus te benadruk. Mens kry die indruk dat dit amper nie duideliker

gestel kan word nie. Deur die publisering van hierdie dokument maak die Konsilie dit

duidelik dat daar eenstemmigheid bestaan oor die ongeskape wese en Goddelikheid van

Christus.

Soos reeds vermeld het Eusebius ook ’n verklaring voorgestel maar dit is nie onveranderlik

aanvaar nie (ibid.). Eusebius se verklaring was gemik op die soeke na ’n middelgrond terwyl

die uiteindelike belydenis ’n duidelik eensydig posisie inneem teen die Ariese leer. Die

Niceense belydenis lê baie klem op die formulering van fundamentele begrippe en daarom

word elke woord deeglik oorweeg en in hul volle betekenis aangewend.

17
Die mees opvallende verskil tussen die voorlegging van Eusebius en die uiteindelike teks is in

die gebruik van die Griekse woorde “homoousios” en “homoiousios” om verskillende

opvattinge aangaande die wese van God weer te gee. In sy brief aan sy gemeente in

Caesarea (Schaff, 2009) verduidelik Eusebius dat die uiteindelike belydenis verskil van sy

voorstel in die byvoeging van die woorde “een in wese” (homoousios) in teenstelling met die

woorde “gelyksoortig in wese” (homoiousios). Dit wil voorkom asof Konstantyn aangedring

het op hierdie byvoeging (of die weglating van een iota) sodat daar nie sprake van

dubbelsinnigheid kan wees nie. Die woord is oorspronklik vanuit die Griekse filosofie afgelei

en het later kontroversie uitgelok omdat dit as onbybels beskryf is.

Daar kan vandag onderskei word tussen drie Niceense Belydenisse (Schaff, 2009):

1. Die oorspronklike, van die Konsilie in 324. Hierdie belydenis eindig kortstondig met

die woorde “en in die Heilige Gees” en soos hierbo aangedui, hoofsaaklik opgestel

om die Ariese dwaalleer te bestry. Dit stem ooreen met dié van Eusebius soos hierbo

verduidelik, behalwe met die toevoeging van homoousios. Hierdie belydenis was

algemeen geldend tot en met die Konsilie van Chalcedon in 451.

2. Die Nicaeno-Constantinopolitanum. Die groot verskil van hierdie belydenis wat in

Konstantinopel in 381 opgestel is, is sekerlik die weglating van die sin “…dít is van

dieselfde wese…” ( τουτέστιν ἐκ τῆς οὐσίας τοῦ Πατρός, θεὸν ἐκ θεοῦ) in die tweede

artikel wat so belangrik geag is tydens die Ariese kwessie. Verder word die

uitbreiding na “en in die Heilige Gees” bygevoeg en die paragraaf met betrekking tot

die verbanning van die Ariërs weggelaat.

3. Die Latynse of Westerse filioque weergawe. Soos die iota toevoeging tot groot

kontroversie aanleiding gegee het, só het die Latynse vervanging van die Griekse

18
woord volgens Schaff (Creeds of Christendom: 2009) gelei tot die tweede grootste

skeuring in die Christelike geskiedenis (die grootste was dié i.v.m. die Pouslike gesag).

Augustinus leer dat die Heilige Gees vanuit sowel die Vader as die Seun uitgaan. In

teenstelling hiermee leer die Griekse Kerk dat die Heilige Gees van die Vader alleen

uitgaan in die konteks van ’n ewig- genererende proses.

5.3 De Trinitate van Augustinus

Gen. 1:26: Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons

beeld…”

De Trinitate is die titel van ’n werk deur Augustinus geskryf in omstreeks 399 - 421 in reaksie

op die algemene verwarring wat in die jare 350-380s omtrent die aard en wese van God,

Jesus en die Drie-eenheid geheers het (Clark, 2001). Dit is dus duidelik dat die Konsilie van

Nicea nie die laaste woord was in die soeke na eenstemmigheid oor die mees basiese

beginsels van die Kerk nie. In Augustinus vind ons goed deurdagte en sistematiese

uiteensetting van die aard van die Drie-eenheid, ofskoon hy daarop wys dat die werk volgens

hom nie na wens voltooi kon word nie.

Augustinus het hoofsaaklik drie aspekte aangespreek (Ibid.) waarvan ons op die eerste fokus

vir die doeleindes van die referaat:

1. Skriftelike gesag vir die besluite van Nicea aangaande die Goddelike aard en gelyke

status van die Vader, die Seun en die Heilige Gees.

19
2. ’n Verduideliking van die vereiste van geloof in ’n Goddelike Middelaar en die konsep

van verlossing aan die heidense filosowe.

3. Die verband tussen geestelike groei, verlossing en die mens as skepsel na die beeld

van God.

Die mens kan die bestaan van God vanuit die natuur aflei maar die kennis van Sy wese kan

net vanuit die Skrif verkry word (Rom. 1:20). Augustinus beroep homself sonder aarseling op

hierdie onderskeid tussen Algemene Openbaring en Spesifiek Openbaring aangesien die

Bybel algemeen aanvaar is as die geïnspireerde Woord van God (Berkhof, 1996). Dit is dus

slegs vanuit die geïnspireerde Skrif dat die mens die openbaring van Jesus as ewige God in

die Drie-eenheid kan ontvang. Augustinus steun op Skrifgesag vir Skrifuitleg. Wanneer God in

Gen. 1 aan die woord is hoor Augustinus die woorde van die Drie-enige God. Die woorde van

die Vader, Seun en Heilige Gees wat die mens in Sy beeld skape. Die Drie-eenheid van God is

dan ook in die mens omdat die mens volgens die beeld van God geskape is. Hierdie beeld is

verwronge deur die sonde en Augustinus berus homself by hierdie aspek as ’n misterie van

’n God wat maar net gedeeltelik deur die sondige skepsel verstaan kan word. Hy beklemtoon

die eenheid van God in die eerste plek en vervolgens die onafhanklike optrede en toon aan

dat die een nie die ander uitsluit nie (Schaff, 2009). Wanneer Jesus mens word openbaar hy

die Drie-enige God aan die mens. So beveel Jesus in Mat. 28:9 om te doop in die Naam van

die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Jesus tree “afsonderlik” op soos die Vader

“afsonderlik” vir Jesus as sy Seun identifiseer tydens Sy doop (Mark. 1:10).

Gal. 4:4: “Maar toe die tyd wat God daarvoor bepaal het, aangebreek het, het Hy sy Seun

gestuur.”

20
So lees ons ook dat die Vader die Seun “stuur” en dat die Heilige Gees “gestuur” word deur

die Vader en die Seun. Is die gestuurde dan onderhorig aan die opdraggewer? Augustinus

weerspreek hierdie denkrigting deur klem te lê op die aard van die opdrag. God “stuur” Sy

Seun. Hy stuur vanuit homself (lig uit lig), vanuit Sy wese en nie ’n afgewaterde alternatief

nie, maar uiteindelik homself. Enigiets anders sou nie voldoen aan die vereistes van Sy

geregtigheid nie. Ten einde hierdie punt te benadruk was dit nodig om die Goddelikheid van

Jesus weer te bevestig deur die gesag van die Skrif. Augustinus tref ’n onderskeid tussen die

menslike en Goddelike natuur van Jesus. Waar daar sprake is van die dienende Jesus

vereenselwig hy dit met Sy menslike natuur (Joh. 14:28) onderskeibaar van Sy Goddelike

natuur; “Ek en die Vader is een.” (Joh. 10:30).

Joh.1:1-3: “In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was

self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n

enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.”

Augustinus weerspreek die semi-Ariese standpunte van ’n hiërargiese Godheid deur te steun

op Skrif getuienis van die eenheid van God.

Ten einde die Eenheid van God aan te dui sonder dat die drieledige wese daarvan nagelaat

word, is dit dus nodig om die Goddelike en ongeskape wese van Jesus aan te toon sodat die

afsonderlike handelinge in die perspektief van die Drie-eenheid duidelik kan blyk.

Hy maak dit duidelik: Die Seun is net soveel God soos die Vader en beide is ewig bo tyd en

plek verhewe. Die Heilige Gees is net soveel God soos die Seun en die Vader en sodanig ook

onsterflik en ewig (Schaff, 2009). Terwyl hy die eenheid van God beklemtoon maak hy seker

dat hy nie in dieselfde slaggat as Tertullianus val waar die Seun op ’n tyd “nie was nie”.

21
In die Niceense belydenis was woordkeuses belangrik vir die illustrasie van sleutel konsepte.

Augustinus plaas hierdie terme onder die mikroskoop om die wesenlike eenheid van die

Drie-eenheid te verduidelik kragtens hul onderlinge verhouding. Hy differensieer tussen die

Ariese leer wat hou dat die Seun substansieel van die Vader verskil en die Niceense siening

dat die Seun een in wese (homoousios) met die Vader is. Omdat die Seun altyd en ewig die

Seun is en die Vader altyd die Vader, kan daar nie sprake wees van ’n wesenlike verandering

gebaseer op die Aristotiese leer van substansiële verandering nie (Clarke, 2006).

Eks.3:14 “Toe sê God vir Moses: “Ek is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Ek is’ het my na

julle toe gestuur.”

Augustinus vra die vraag of daar ’n entiteit kan bestaan wat “meer kan wees” as die God wat

Homself voorstel as: “Ek is.” Hy kritiseer die Griekse woord ousia as verwysing na die

substansiële aard van God en stel die Latynse woord essentia (wese?) voor sodat God nie

met blote materie vergelyk kan word nie. Hy bevraagteken die Griekse onderskeid tussen

ὑπόστασις en Οὐσία.

Die wese van God is die oorsprong van substansie en nie die objek daarvan nie. Van die teks

in Rom. 11:36 sê Augustinus: “Soos dit nie vir God een ding is om te wees en ’n ander om

glorieryk te wees nie, so is dit ook nie korrek om van drie wesens en drie glories te praat nie”

(Schaff, 2009). Die onveranderbare en onveranderlike God is waarlik dié Wese.

Augustinus waarsku teen die gebruik van die bewoording “persoon” (wat voortvloei vanuit

die Latynse gebruik van substantiam en substantias) sodat dit nie die indruk wek dat die drie

22
“persone” van God afsonderlik en onafhanklike entiteite daarstel nie. Hy erken dat dit

moeilik is om die begrip van “een wese, drie persone” anders uit te druk en dat dit verkieslik

is bo “een wese, drie substansies” wat nie net teenstrydig is nie, maar ook foutief (Schaff,

2009).

5.4 Depositio Arii van Athanasius

In sy Depositio Arii en Verdediging van die Niceense belydenis (De Decretis) gaan Athanasius

met ’n fynkam deur die Ariese leer en weerlê hy elke subtiele aspek daarvan vanuit ’n

kragtige eksegese van die Skrif (Schaff, 2009).

Athanasius som die Ariese leer soos volg op:

1. Daar was ’n tyd wat God nie Vader was nie.

1.2 Die veronderstelling dus dat daar ’n tyd was wat die Seun (Woord) nie was nie.

2. Die Seun is dus geskape, waarna God die Vader word.

2.1 As blote kreatuur deel die Seun (Woord) nie in die wese van die Vader nie.

2.2 Die Seun ken dus nie die Vader nie en kan dus niks van Hom aan die mensdom

verhaal nie.

2.3 Die Seun is veranderlik en onderworpe aan die wet van Aristoteles aangaande die

veranderlikheid van veranderbare stowwe.

3. Die mens word deur die Vader geskape deur die Seun.

23
3.2 Die Seun se bestaansreg is dus gekoppel aan die ontstaan van die mens (sien

Tertullianus).

3.2 Gevolglik het die Seun geen kennis van Homself nie.

Athanasius verwys na Skrifgesag in Joh. 1 om te wys dat die Woord van die begin by God was

en dat die Woord self God was en is. Hiermee weerspreek hy die eerste dwaling dat daar ’n

tyd was wat God nie Vader was nie. Hieruit vloei dit dat daar nie ’n tyd was waarin die Seun

nie bestaan het nie en dus dat die Seun nie geskape kon word nie maar ewig soos die Vader

is.

Verder bou hy sy verdediging van die ortodokse leer op die volgende teksverse:

Joh. 14:9: “En Jesus sê vir hom: ‘Ek is al so lank by julle, en ken jy My nie, Filippus? Wie My

sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan sê: ‘Wys vir ons die Vader’?”

Die Seun ken die Vader en kan die Vader aan die mens openbaar. Jesus sê hier dat Hy en die

Vader dieselfde is, nie soortgelyk of bloot ’n goeie namaaksel is nie.

Joh. 14:10: “Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met

julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom van die Vader wat in My bly en sy werke

doen.”

Joh. 14:11: “Glo in My omdat Ek in die Vader is en die Vader in My.”

Die Seun en die Vader is van dieselfde Wese en vorm ’n eenheid. Die Vader kan nie

onveranderlik wees en die Seun veranderlik nie.

24
Athanasius gaan vêrder (Schaff, 2009) deur die Ariërs gelyk te stel met die Antichris en

waarsku sy lesers soos Tertullianus om nie verras te wees dat daar in hierdie tye dwaal

leraars verskyn nie (1 Tim. 4:1).

6. Samevatting

Joh. 3:16: “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat

in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.”

William G.T. Shedd sê in sy voorwoord tot De Trinitate (Schaff, 2009): “ The Doctrine of the

Divine Unity is a truth of natural religion; the doctrine of the Trinity is a truth of revealed

religion.” Di is miskien vir baie mense verbasend dat die vroeë kerk soveel debat rondom die

Drie-eenheid van God moes voer. Vir sommige is dit selfs ’n aanduiding daarvan dat die leer

oor die Drie-eenheid “uitgedink” of selfs versin is deur manipulerende skadufigure vanuit die

duistere verlede. Wanneer ons die geleentheid kry om weer die geskrifte van die kerkvaders

in hierdie verband te lees word jy getref deur die erns en opregtheid waarmee hierdie

kwessie benader is. Soos Tertullianus kan ons ook die hand van die Satan deurgaans in

hierdie debat sien. Die vroeë kerk moes die deurtrap werk doen sodat die wesenlike aspekte

van die Christelike evangelie nie verlore sou gaan nie. Indien Jesus nie terselfdertyd God en

Mens was nie, is die sondeoffer nie betaal nie en bly ons slawe van die dood. Die Satan kon

die verlossingswerk van Jesus nie keer nie, maar hy het gepoog om die waarde daarvan in

die begrip van die mensdom te verduister. Hierdie debat was dus nodig. Nodig én belangrik

vir die voortbestaan van die Kerk van Christus.

25
Ter afsluiting wil ek graag stilstaan by ’n aandeel wat C.S. Lewis het in die verkondiging van

die waarheid aangaande die Goddelike wese van Jesus Christus. In sy bekende apologetiese

werk, Mere Christianity, verduidelik Lewis (1952:157) die woord “begotten” in verwysing na

die verhouding tussen die Vader en die Seun: “To beget is to become the father of: to create

is to make. And the difference is this. When you beget, you beget something of the same

kind as yourself.” ’n Man kan moontlik ’n robot maak wat amper soos ’n mens is, maar nie ’n

mens is nie. So verduidelik Lewis in een sin dat die Seun nie “soos” die Vader is nie, maar “of

the same kind”.

Alhoewel ons menslike woorde en gedagtes vêr te kort skiet in ons pogings om substansie te

verleen aan ons konsep van God kom lig straaltjies van die waarheid tog deur die gordyn wat

ons temporale bestaan skei van die Ewige. Soos Augustinus kan ons ook afsluit met die

gebed dat ons deur die Gees van die Drie-enige God gelei en onderrig mag word om Hom

elke dag meer en meer te ken totdat ons Hom volledig sal ken in die ewige bedeling waarvan

die apostel vertel in 1 Kor. 13:12.

26
7. Bibliografie

ANON. 2011. Council of Nicea. (In Encyclopædia Britannica.)


http://www.britannica.com/EBchecked/topic/413817/Council-of-Nicea Date of access: 25
Mar. 2011.

ANATOLIOS, K., ed. 2004. Athanasius. (In Early Church Fathers Series; London: Routledge.
p.293.)

BACCHUS, F. J. 1909. Eusebius of Cæsarea. (In The Catholic Encyclopedia. Vol. 5. New York:
Robert Appleton Company.) http://www.newadvent.org/cathen/05617b.htm Date of access:
3 Apr. 2011.

BERKHOF, L. 1996. Systematic Theology. Wm. B. Eerdmans Publishing Company.

CAIRNS, E.E. 1981. Christianity through the centuries. A History of the Christian Church.
Zondervan: Grand Rapids.

CAMERON, A. 2005. The Reign of Constantine, a.d. 306–337. The Crisis of Empire, A.D. 193–
337. (In Bowman, A.K, Garnsey, P. & Cameron, A., eds. Cambridge Histories Online.)
Available: Cambridge University Press.

CHAPMAN, J. 1912. Tertullian. (In The Catholic Encyclopedia. Vol. 14. New York: Robert
Appleton Company.) http://www.newadvent.org/cathen/14520c.htm Date of access: 6 Apr.
2011.

CLARK, M.T. 2001. De Trinitate. (In Stump, E & Kretzmann, N., eds. The Cambridge
Companion to Augustine. Cambridge Collections Online.) Available: Cambridge University
Press.

CLIFFORD, C. 1907. St. Athanasius. (In The Catholic Encyclopedia. Vol. 2. New York: Robert
Appleton Company.) http://www.newadvent.org/cathen/02035a.htm Date of access: 2 Apr.
2011.

HERBERMANN, C. & GRUPP, G. 1908. Constantine the Great. (In The Catholic Encyclopedia.
New York: Robert Appleton Company.) http://www.newadvent.org/cathen/04295c.htm
Date of access: 1 Apr. 2011.

LECLERQ, H. 1911. Meletius of Lycopolis. (In The Catholic Encyclopedia. Vol. 10. New York:
Robert Appleton Company.) http://www.newadvent.org/cathen/10164a.htm Date of
access: 28 Mar. 2011.

LEWIS, C.S. 1952. Mere Christianity: a revised and amplified edition, with a new introduction,
of the three books, Broadcast talks, Christian behaviour, and Beyond personality. San
Francisco: Harper.

27
NICOLAS, J. 1991. Synthèse dogmatique: de la Trinité à la Trinité, Volume 1. Fribourg:
Imprimerie Saint Paul. p. 213.
SCHAFF, P & MENZIES, D.D., eds. 2009. Ante-Nicene Fathers Volume 3 - Enhanced Version
(Early Church Fathers). 1.1 Edition. Christian Classics Ethereal Library.

SCHAFF, P. 2009. Creeds of Christendom Volume 1: The History of the Creeds - Enhanced
Version. 1.1 Edition. Christian Classics Ethereal Library

SCHAFF, P. 2009. Nicene and Post-Nicene Fathers Series 1, Volume 3 - Enhanced Version
(Early Church Fathers). 1.1 Edition. Christian Classics Ethereal Library.

SCHAFF, P. 2009. Nicene and Post-Nicene Fathers Series 1, Volume 5 - Enhanced Version
(Early Church Fathers). 1.1 Edition. Christian Classics Ethereal Library.

SCHAFF, P. 2009. Nicene and Post-Nicene Fathers Series 2, Volume 2 - Enhanced Version
(Early Church Fathers). 1.1 Edition. Christian Classics Ethereal Library.

SCHAFF, P. 2009. Nicene and Post-Nicene Fathers Series 2, Volume 4 - Enhanced Version
(Early Church Fathers). 1.1 Edition. Christian Classics Ethereal Library.

THAYER & SMITH. Greek Lexicon. (In The New Testament Greek Lexicon.)
http://www.searchgodsword.org/lex/grk/view.cgi?number=5207 Date of access: 26 Mar.
2011.

28

You might also like