Download as doc, pdf, or txt
Download as doc, pdf, or txt
You are on page 1of 12

S v DE BLOM [1977] 4 All SA 70 (A)

Division: Judgment Date: Case No: Before: Parallel Citation: Appellate Division 16 May 1977 not recorded Rumpff HR, Jansen AR, Rabie AR, Muller AR en Joubert Wn AR 1977 (3) SA 513 (A) Keywords Cases referred to Judgment

Keywords Criminal Law - Intention - Statutory offence - Mens rea - Inference - Reasonable possibility that accused unaware that act illegal Criminal Law - Liability - Absolute - Statutory offence - Exchange control contravention - Ignorance of the law Criminal procedure - Sentence - Factors affecting - Ignorance of the law Exchange control - Regulations - Delegation of powers - Validity - Export of goods - Power of State President to restrict amount - Intention to bring goods back later - Mens rea - Culpa - Dolus - Validity - Delegation of functions to Reserve Bank Maxims - Ignorantia juris haud excusat Cases referred to: Evans v Bartlam [1937] 2 All ER 646 (HL) - Discussed S v Ntuli 1975 (1) SA 429 (AD) - Referred to S v Oberholzer 1983 (1) SA 741 (SWA) - Considered S v Qumbella 1966 (4) SA 356 (AD) - Considered S v Tshwape and Another 1964 (4) SA 327 (C) - Considered S v Tsochlas 1974 (1) SA 565 (AD) - Applied S v Wandrag 1970 (3) SA 151 (O) - Referred to
Page 71 of [1977] 4 All SA 70 (A) View Parallel Citation

Judgment RUMPFF, H.R.: Kragtens art. 9 van die Wet op Betaalmiddels en Wisselkoerse, 9 van 1933, hierna genoem die Wet, is sekere Deviesebeheerregulasies by Goewermentskennisgewing R1111 van 1 Desember 1961 deur die Staatspresident uitgevaardig. Regs. 2 (1) en 2 (3) lui soos volg:
2 (1) Behalwe met die vergunning van die Tesourie en ooreenkomstig die voorwaardes wat die Tesourie mag stel, mag niemand, behalwe n gemagtigde handelaar, vreemde valuta of goud koop of leen van, vreemde valuta of goud verkoop of leen aan, iemand wat nie n gemagtigde handelaar is nie. 2 (3) Enigeen wat nie n gemagtigde handelaar is nie en wat vreemde valuta of goud wil koop of leen of verkoop of uitleen, moet by n gemagtigde handelaar

Page 72 of [1977] 4 All SA 70 (A) View Parallel Citation aansoek doen en moet die inligting verstrek en die dokumente indien wat die gemagtigde handelaar mag verlang ten einde nakoming van die voorwaarde of voorwaardes gestel by sub-reg. (2) van hierdie regulasie te verseker.

Reg. 3 (1) (a) lui soos volg:


3 (1) Behoudens enige vrystelling wat deur die Tesourie of n persoon deur die Tesourie gemagtig, verleen mag word, mag niemand, behalwe met die toestemming van die Tesourie of van n persoon deur die Tesourie gemagtig, en ooreenkomstig die voorwaardes wat die Tesourie of die aldus gemagtigde persoon mag stel (a) enige banknote, goud, geldwaardige papiere of vreemde valuta uit die Republiek neem of stuur nie, of enige geldwaardige papiere aan iemand buite die Republiek oordra nie.

Reg. 10 (1) (b) bevat die volgende verbod:


10 (1) Behalwe met die vergunning van die Tesourie of n gemagtigde handelaar en ooreenkomstig die voorwaardes wat die Tesourie of die gemagtigde handelaar mag stel, mag niemand (b) goedere, insluitende klerasie, huishoudelike benodigdhede en juweliersware wat seshonderd rand in waarde te bowe gaan of sodanige groter bedrag as wat die Tesourie mag bepaal, uit die Republiek neem nie.

Luidens bepalings van reg. 1 is n


gemagtigde handelaar, ten opsigte van enige transaksie wat in verband met goud staan, iemand wat deur die Tesourie gemagtig is om in goud handel te drywe en, ten opsigte van enige transaksie wat in verband met deviese staan, iemand wat deur die Tesourie gemagtig is om in deviese handel te drywe;

en is
Tesourie, die Minister van Finansies en, ten opsigte van enige bevoegdheid of funksie wat ingevolge hierdie regulasies aan die Tesourie toegewys is, ook iemand wat deur die Minister gemagtig is om sodanige bevoegdheid of funksie uit te oefen.

Reg. 22 lui soos volg:


22. Elkeen wat die bepalings van enigeen van hierdie regulasies oortree of versuim om daaraan te voldoen, of die voorskrifte van n kennisgewing of bevel wat kragtens hierdie regulasies uitgevaardig is, of van n vergunning of vrystelling wat kragtens hierdie regulasies verleen is, oortree of versuim om daaraan te voldoen, of wat iemand belemmer in die uitoefening van n bevoegdheid of n funksie wat by of kragtens hierdie regulasies aan hom verleen of toegewys is, of wat in n verklaring wat gemaak of n opgawe wat verstrek word vir die toepassing van hierdie regulasies, n onjuiste verklaring maak (tensy hy bewys dat hy nie geweet het en nie deur redelik versigtig te wees kon uitgevind het dat die verklaring onjuis was nie) of wat weier of nalaat om inligting te verstrek wat hy ingevolge hierdie regulasies moet verstrek, begaan n oortreding en is by skuldigbevinding strafbaar met n boete van hoogstens tienduisend rand of met gevangenisstraf vir n tydperk van hoogstens vyf jaar of met sowel die boete as die gevangenisstraf; met dien verstande dat waar iemand skuldig bevind word aan n oortreding van hierdie regulasies met betrekking tot n geldwaardige papier, vreemde valuta, goud, n banknoot, tjek, posorder, wissel, bewys, skuld, betaling of goedere, die boete wat hom opgel kan word, n boete van hoogstens tienduisend rand is, of n bedrag wat gelyk staan aan die waarde van die geldwaardige papier, vreemde valuta, goud. banknoot, posorder, wissel, bewys, skuld, betaling of goedere, naamlik die grootste bedrag.

Sub-arts. 9 (1), (2), (3) en (5) van die Wet, waarvan die Staatspresident sy bevoegdheid aflei om die regulasies uit te vaardig, lui soos volg:
9 (1) Die Staatspresident kan regulasies uitvaardig aangaande enige aangeleentheid wat direk of indirek betrekking het of van invloed is op, of in verband staan met, betaalmiddels, die bankwese of wisselkoerse. (2) Genoemde regulasies kan bepaal, dat die Staatspresident enige daarin genoemde sanksies wat hy wenslik ag, kan toepas, hetsy siviele of kriminele. (3) Die Staatspresident kan in so n regulasie ten dele of ten volle, hierdie Wet of enige Parlementswet of ander regsbepaling wat betrekking het of van invloed is op, of in verband staan met, betaalmiddels, die bankwese of wisselkoerse, skors, en enige sodanige Wet of regsbepaling wat met so n regulasie in stryd of onbestaanbaar is, word geag geskors te wees vir so ver as wat dit met so n regulasie in stryd

Page 73 of [1977] 4 All SA 70 (A) View Parallel Citation of onbestaanbaar is. (5) (a) Enige regulasies kragtens hierdie artikel uitgevaardig kan voorsiening maak vir die verlening aan die daarin aangewese persone van die bevoegdheid om bevele en rels uit te vaardig vir enige van die doeleindes tot bereiking waarvan die Staatspresident by hierdie artikel gemagtig word om regulasies uit te vaardig. (b) Dit word geag dat die bepalings van hierdie sub-artikel op die drie-entwintigste dag van Januarie 1948 in werking getree het.

Sub-art. 9 (4) handel oor die tertafellegging van die regulasies en is nie van belang in hierdie saak nie. In Goewermentskennisgewing R1112 van 1 Desember 1961 verskyn daar
bevele en rels kragtens die Deviesebeheerregulasies uitgevaardig by Goewermentskennisgewing 1111 van 1 Desember 1961.

Rel 2 hiervan lui soos volg:


2. Die Minister van Finansies het die Suid-Afrikaanse Reserwebank aangestel om uitvoering te gee aan die bevoegdhede of funksies wat by regs. 2, 3 (1), 4 (2), 5, 6 en 14 (1) aan die Tesourie toegewys is, en het, kragtens reg. 19, ook genoemde bank gemagtig om enigeen te beveel om inligting wat hy vir doeleindes van, en in verband met, sy funksies kragtens die regulasies nodig het, te verstrek.

In rel 3 (a) word n aantal banke as gemagtigde handelaars aangestel vir die toepassing van die regulasies. Rel 10 lui soos volg:
10 (a) Persone wat inligting of advies verlang in verband met valutaof geldaangeleenthede wat deur die regulasies gerel word of wat goedkeuring of toestemming verlang ten opsigte van aldus gerelde valuta-, geldof goudtransaksies moet by die Deviesebeheer deur bemiddeling van hul bankiers in die Republiek aansoek doen of, indien hulle nie sulke bankiers het nie, deur bemiddeling van die in para. 3 genoemde banke. (b) Die vorms van opgawes, aansoeke, verklarings en permitte wat deur die Tesourie voorgeskryf is vir gebruik in verband met transaksies wat gerel word deur sodanige van die regulasies as wat op die beheer, uitvoer of invoer van valuta, geld of goud van toepassing is, word nie deur die Tesourie of die Staatsdrukker gehou nie, maar wel deur die in para. 3 genoemde banke, by wie applikante hulle kan verkry.

Appellante is in die Kaapse Provinsiale Afdeling skuldig bevind aan n oortreding van reg. 3 (1) (a) asook aan n oortreding van reg. 10 (1) (b) van die hierbo genoemde Deviesebeheerregulasies. Die eerste oortreding het gegaan oor 40 000 Amerikaanse dollarnote en die tweede oortreding oor juwele ter waarde van ongeveer R14 000. Op die eerste oortreding is sy gevonnis tot n boete van R2 500 en tot een jaar gevangisstraf wat vir drie jaar voorwaardelik opgeskort is. Op die tweede oortreding is sy gevonnis tot n boete van R500. Die Hof het by die oplegging van die vonnis oorweeg dat die geld en juwele wat by die oortreding ter sprake was, luidens regs. 3 en 10 tot voordeel van die Gekonsolideerde Inkomstefonds verbeur word onderhewig aan n diskresie verleen aan die Tesourie om die verbeurde in sy geheel of gedeeltelik terug te betaal of terug te gee. Voor die aanvang van die verhoor in die Verhoorhof is n eksepsie teen die klagstaat opgewerp en daar is aangevoer dat die betrokke regulasies ultra vires sou wees. Hierdie eksepsie is afgewys. Na skuldigbevinding en vonnis is die Verhoofhof gevra om verlof tot appl te gee. Dit is geweier, maar n regsvraag in verband met die tweede oortreding is voorbehou. Later is verlof tot appl deur hierdie Hof toegestaan. In hierdie stadium is dit nodig om kortliks na die feite te verwys. Die polisie het klaarblyklik n wenk gekry dat appellante van plan was om geld en juwele uit die land te neem. n Kaptein Visagie van die Polisie verbonde aan die Handelstak, wat namens die Staat getuienis afgel het, het verduidelik
Page 74 of [1977] 4 All SA 70 (A) View Parallel Citation

dat hy na die D. F. Malanlughawe is waar hy relings getref het met sekere spoorwegen lugdiensbeamptes. Dit blyk uit die getuienis vir die Staat as n geheel dat n vliegtuig om elfuur op n internasionale vlug sou vertrek. Kort voor elf het appellante, as laaste passasier, by die internasionale afdeling van die lughawe aangekom. By n toonbank is haar paspoort en vliegkaart getoon en haar

bagasie is op n band gesit om na die vliegtuig geneem te word. Daarna is sy na die internasionale vertreksaal. Die toegang daartoe word deur n polisieman bewaak. Alleen passasiers met paspoorte en vliegkaarte en persone met n permit word in die saal toegelaat. Appellante moes nog deur n vestibule gaan waar mans en vroue geskei word om weens veiligheidsoorwegings ondersoek te word, en onmiddellik daarna sou sy verby n beheerpunt gaan in verband met paspoort- en geldelike navrae. Toe appellante in die kantoor gaan by die vestibule waar vroue ondersoek word, is sy voorgekeer en gekonfronteer met haar koffers wat vanaf die band onderskep is en in die kantoor gebring is. Haar bagasie is deur twee vrouelike polisiebeamptes ondersoek. Heel onder in n koffer in n handsak gevind wat niks anders bevat het nie as Amerikaanse dollarnote, 50 dollar- en 100 dollarnote, n totaal van 10 000 dollar. In n ander koffer is ook 10 000 dollar gevind, in 100 dollarnote, wat weggesteek was in n plastiek stortkappie wat in n toiletsak gedruk was. Daarna is die geld aan Kaptein Visagie oorhandig. Hy het appellante gevra of sy enige magtiging gehad het om die geld uit die Republiek te neem. Appellante het ges dat sy geen magtiging gehad het nie en dat sy nie geweet het dat sy magtiging nodig gehad het nie. Appellante is gearresteer en sy en haar man wat buite die saal was, is na die aanklagkantoor in Caledonplein geneem. Sy is gevra of sy nog geld het. Daarop het sy ja geantwoord en ges dat sy nog 20 000 Amerikaanse dollar gehad het. Van hierdie 20 000 dollar was 10 000 in n laars weggesteek wat in n tas was en die ander 10 000 was in n handtas wat in n koffer was. Op n vraag of sy juwele gehad het, het sy n leertassie oorhandig met juwele. In hierie stadium het ng die appellante ng haar man enige verdere verduideliking oor die geld gegee. Wat die juwele betref, het appellante ges dat dit haar persoonlike besittings was. Kaptein Visagie het verklaar dat hy uitdruklik aan appellante gevra of sy juwele het omdat die Polisie bewus daarvan was dat sy juwele sou h. In kruisondervraging het Kaptein Visagie erken dat appellante op die betrokke dag juwele gedra het en meer juwele as n gewone Suid-Afrikaanse vrou sou dra. Klaarblyklik is daar geen beslag gel op die juwele wat appellante persoonlik gedra het nie en is daar geen klag teen haar ingebring in verband daarmee nie. n Sekere Cane, n juwelier van Johannesburg, het ten behoewe van die Staat getuienis afgel en verklaar dat een van die juweelstukke wat van appellante geneem is n saffieren diamantring was wat sy firma vir dr. De Blom, eggenoot van appellante, gemaak het. Dit is aan hom verkoop vir R10 800. n Ander item was n goue halssnoer met robyne waarvan dr. De Blom die stene voorsien het en sy firma die snoer gemaak het. Die waarde hiervan het hy geskat op R3 900. Ander kleiner items wat van appellante geneem is, was van minder waarde. In kruisondervraging het Cane erken dat sy firma dikwels werk doen vir dr. De Blom, dat De Blom veel reis en met edelstene terugkom wat die firma vir hom moet set. Cane het erken dat volgens dr. De Blom die saffieren diamantring n verjaardagpresent
Page 75 of [1977] 4 All SA 70 (A) View Parallel Citation

vir appellante sou wees. Namens die Staat het ook n sekere Neethling getuienis afgel. Hy was vroer in die handelstak van die Polisie en is nou werksaam by die Deviesebeheerafdeling van die SuidAfrikaanse Reserwebank. Hy het o.a. die volgende getuienis afgel:
Wat is die prosedure gewoonlik indien n lid van die publiek wil geld uit die land uitneem? Die aansoeker moet sy eie bankier nader aan wie hy of sy n aansoek moet rig. Daar is sekere magte aan die banke toegestaan om n aansoeker toestemming te gee om geld die land uit te neem. Dit is voorgeskryf in die voorskrifte wat in terme van die Deviesebeheerregulasies opgestel is en elke bank het n afskrif van die voorskrifte. Indien die aansoek vir n bedrag groter as wat in die voorskrifte voorgeskryf word of vir n ander doel as di wat in die voorskrifte voorgeskryf is, dan moet die bank namens die aansoeker n aansoek aan die Suid-Afrikaanse Reserwebank rig om n permit om geld die land uit te neem of te stuur of oor te boek. En die Suid-Afrikaanse Reserwebank kan dan so n aansoek oorweeg en na aanleiding van die meriete van die geval die aansoek toestaan of afwys? Dit is korrek. Word daar enige rekord gehou of n aantekening gehou deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank, of wat is die posisie? Die Reserwebank hou rekord van alle aansoeke tesame met die antwoorde daarop natuurlik. Tesame met die antwoorde daarop? Dit is korrek.

Daarna het hy verklaar dat daar geen rekord is van enige aansoek om geld uit die land te neem in die naam van appellante nie. Wel was daar n aansoek in 1975 namens dr. R. E. de Blom, deur Trustbank, om R7 000 uit die land te neem. Aan hom is verlof toegestaan om R1 000 uit te neem bo en behalwe die normale reistoelae van dr. De Blom en appellante. Neethling het ook verklaar dat indien iemand persoonlike besittings of juweliersware uit die land wil neem ter waarde van meer as R600,

toestemming van die aansoekdoener se bankier verkry moet word en dit sal onderhewig wees aan die voorwaarde dat die juweliersware teruggebring moet word. Wat geld betref, is daar n reistoelae van R2 000 per persoon per jaar, waarvan slegs R200 in note mag wees en waarvan slegs R50 in SuidAfrikaanse note mag wees. Onder kruisondervraging het Neethling verklaar dat aan die betrokke bankiers van tyd tot tyd deur die Reserwebank voorskrifte gegee word (relings) waarvolgens die bankiers leiding ontvang in verband met die beslissings wat aan hulle opgedra is ten opsigte van n verskeidenheid finansile aangeleenthede. Hierdie voorskrifte van die Reserwebank (ook bekend as die Bankers Bible) word nie aan die algemene publiek verskaf nie maar wel aan die bankiers omdat o.a. vreemde valuta alleen van n bankier gekoop kan word. Binne sekere gestelde perke mag, volgens Neethling, n bankier in sekere bepaalde gevalle toestemming verleen om geld die land uit te neem maar verslag daarvan moet in elk geval aan die Reserwebank gedoen word. Behalwe die R2 000 per persoon as reistoelae mag n bankier tot R3 000 as besigheidsreistoelae toeken sonder om aan die Reserwebank verslag te lewer. Daar mag o.a. sekere vestigingsbedrae aan emigrante toegeken word maar in die onderhawige geval sou geen bankier toestemming kon verleen tot die uitneem van die R40 000 in dollarnote nie. Gedurende die herverhoor van Neethling is namens appellante erken dat geen aansoek by n bankier gedoen is om toestemming om die juwele uit die land te neem nie. Appellante het getuienis onder eed afgel en verklaar dat sy n Argentynse onderdaan is en getroud is met dr. De Blom wat n Australiese onderdaan is. Uit haar getuienis blyk dit dat
Page 76 of [1977] 4 All SA 70 (A) View Parallel Citation

haar man onskynlik n ryk besigheidsman is, met besighede in die Transkei, Ciskei en in Durban. Hy was besig om te onderhandel oor die invoer van n motorfietsfabriek in die Transkei in saamwerking met n Jeepfabriek in Argentini. Sy en haar man is reeds vyf jaar in die land en n dogtertjie is hier gebore wat saam met haar na Argentini sou gaan toe sy gearresteer is. Haar plan was om in Buenos Aires, Argentini, n huis of woonstel te koop vir haar moeder wat sieklik is en wat met n suster van appellante ongeveer 100 km van Buenos Aires woon. Skynbaar wou sy die huis koop sodat wanneer sy of haar man in Argentini sou wees, hulle ook in die huis sou kon tuisgaan o.a. omdat sy nie daarvan hou om in hotelle te bly nie. Sy het haar man gevra om haar die geld te gee in dollars omdat sy in Argentini die dollars teen n driemaal hor koers sou kan wissel as reisigerstjeks. Sy het ook die kwitansie gesien waarvolgens haar man wettiglik die dollars in Suid-Afrika gekoop het. Sy het geweet dat hy dit deur n man met die naam van Vermeulen van Trust Bank gekoop het. Toe sy oorspronklik in die land gekom het, het sy 100 000 dollars gehad en sy beskou dat die besighede waarby haar man betrokke is, besighede is wat aan hulle beide behoort. Die 40 000 dollars het sy as haar eie geld beskou. Wat die juwele betref, het appellante beweer dat sy altyd as sy oorsee gaan n deel van haar juwele saamneem en terugbring. In haar hoofgetuienis het sy o.a. die volgende ges:
What was your intention as far as the jewellery was concerned? This is my jewellery. I take always my jewellery when I travel. This is all the jewellery I always take out. When I was going to Argentina I had just come back in July and I took with me my emeralds and beautiful things Ive got and I brought it back and I brought more because I brought one ring that I bought in Hong Kong and all . . . One moment. You say that you had been over in July and you bought jewellery overseas whilst you were over there and you brought back certain of the jewellery. Now you have just described . . . COURT: Is that the jewellery involved in . . .? No. Mr. Levy: I will find out, mLord, You have described this jewellery now which you brought back. Is any of this jewellery which you brought back part of the jewellery that is now in this . . .? What I bought overseas? Yes. That is only what I bought overseas? Yes. Yes, it is one little ring, a black ring and my earrings, gold, which I bought in Hong Kong.

Oor wat sy gewoonlik dra, het sy die volgende te s gehad:


I have in cross-examination, Mrs. De Blom, put to the various witnesses that people in your station of life and you as an Argentinian they do wear a lot of jewellery? Are you at the moment wearing jewellery? Yes, I got from my father when I was 18 years old and I use this every day of my life. All this jewellery I always wear, it is never in the bank. At the moment you are wearing four rings? Yes.

And you are wearing two or three different types of bracelets? Yes. A watch? No, this one, well, weve got the custom every year my husband has to give me one for every year we are married. And you are also wearing these necklaces and things. Yes.

Wat haar laat aankoms by die lughawe betref, het sy beweer dat sy nie so laat was nie en dat nadat haar bagasie afgelewer was, sy n gesprek met die Argentynse konsul gehad het oor Nasionaliteitsprobleme wat haar dogtertjie in Argentini miskien kon oploop. Toe sy gevra is of sy magtiging gehad het om die geld uit die land te neem, is dit die eerste keer dat sy die woord magtiging (permission) gehoor het. Sy het ontken dat sy ges het dat sy geen magtiging gehad het nie. Wat sy wel ges het is dat dit haar
Page 77 of [1977] 4 All SA 70 (A) View Parallel Citation

geld is en dat sy dit van haar man gekry het. Sy het verduidelik dat sy die geld verdeel het en in die koffer o.a. in n laars en stortkappie gesit het omdat sy haar koffers nooit sluit nie. Ten slotte het sy aan die einde van haar hoofgetuienis die volgende antwoorde gegee:
Mrs. De Blom, the question at the moment is: Did you have any intention to do anything wrong, to take any money out of the country or jewellery out of the country when you did not have the right to do so? Mr. Levy, I never knew I had to have permission to take my things out, because I did not export, I just bring back my jewellery. I never knew that. I did it before in July when I went. You have done this before, you had done it in July when you took out your jewellery and you brought it back? Thats right. As far as the money is concerned did you know that you had to have permission for the money? No, absolutely. I never knew. My husband told me it is all right. He says it is your money, you can take it, and it was good enough for me.

In kruisondervraging het sy verklaar dat sy nie n rekening in haar eie naam by n bank het nie maar dat sy op n bepaalde rekening van haar man kan trek en dat twee persone die tjek moet teken. Die rekening was by Trust Bank in Oos-Londen en Braamfontein. Toe hulle in Julie oorsee gegaan het, het sy haar reisigerstjeks in Oos-Londen onderteken. Appellante het ook die volgende antwoorde gegee:
To what countries did you travel, Mrs. De Blom, since you have been resident in South Africa? Russia, Tokyo, Czechoslovakia, Rome, Paris, Vienna. . . . Let me put it to you this way, Mrs. De Blom. How many trips have you taken overseas? How many separate trips have you taken? Two. Only two? Yes. And that was with your husband? No, wait a minute. We come over here and we stay one month and we went overseas for three months. When I came back here I was pregnant, three months pregnant. I was in the middle of the bush, so my child was born here and I went in July with my husband. Two trips? Yes. And you have never asked your husband how much money you were allowed to take on a trip like that, not so? We were allowed, but I never was interested. My husband does these things.

En verder:
COURT: I do not understand this. You say youve got an interest in the business and you and your husband work closely together. You do not live apart or anything like that, you are living together? No, sure. But now I cannot understand, your husband is a very big business man, he must know that you require permission to take money out of the country? That is not my problem. I ask my husband to do it and he did it and he gives me the money.

Op n aantal spesifieke vrae of sy haar man gevra het of sy geregtig was om die geld uit die land te neem, het sy ontwykend geantwoord. Later het sy geantwoord dat sy haar man wel gevra het of sy die geld uit die land kon neem en daarna, toe sy gevra is waarom sy haar man gevra het, het sy weer ontwykend geantwoord en daarna o.a. ges dat sy wel gevra het of sy die geld uit die land kon neem en dat hy ges het dat sy wel die geld kon uitneem omdat hy dit gekoop het. Haar antwoorde was ook soos volg:

Now it is quite another thing, he might have the money legally in South Africa. What I want to know is, did you ask him well, now youve got the money legally, can I take it out of South Africa? Did you ask him that? I was going to Argentina. That was what the money was for, he knew that was the money I was to take out. Are you saying now that you did not ask him whether you could take it out of the country? Yes, I said take it with me. I said take it with me, this money. I was going out . . . Page 78 of [1977] 4 All SA 70 (A) View Parallel Citation Just listen. I am asking you whether you asked him whether you were entitled to take the money out of the country. Did you ask him that? I dont understand. Because I was going overseas . . . All right.

Namens appellante is in hierdie Hof verskillende argumente voorgel. In die eerste plek is o.a. aangevoer dat alleen persone wat in die regulasies aangewys word, bevele en rels kan uitvaardig. Op hulle beurt kan sulke persone nie ander persone benoem om bevele en rels uit te vaardig nie. Die Reserwebank is nie deur die Staatspresident in die regulasies benoem om bevele en rels uit te vaardig nie. Indien die voorskrifte of relings wat in die Bankers Bible voorkom sodanige rels is, dan is hulle ongeldig. Hulle is ook ongeldig so word betoog, omdat hulle nie kragtens art. 16 van Wet 33 van 1957 gepubliseer is nie. Aanvullend tot hierdie betoog is aangevoer dat wanneer aan n ondergeskikte wetgewer die mag gegee word om regulasies uit te vaardig, sodanige wetgewer nie bevoeg is om n rel uit te vaardig wat aan n ander persoon die bevoegdheid gee om volgens absolute diskresie n toestemming te weier sonder dat n leidraad gegee word in verband met voorwaardes wat vir die verkryging van die toestemming nagekom moet word. Ook is die Reserwebank n onafhanklike liggaam, so is betoog, wat nie onder beheer van die Tesourie of Minister van Justisie staan nie. Hierdie betoog aangaande die bevoegdheid van die Minister van Finansies en aangaande wat in die sgn. Bankers Bible verskyn, is nie regtens gegrond nie. As aanvangspunt moet die besonder wye bevoegdheid gestel word wat aan die Staatspresident kragtens art. 9 van die Wet toegeken word. Hy kan regulasies uitvaardig aangaande enige aangeleentheid wat in verband staan met betaalmiddels, die bankwese of wisselkoerse. Implisiet is die vereiste dat n masjinerie geskep word waardeur die land se geldwese beheer en gerel kan word. Uitdruklik word in art. 9 (5) (a) van die Wet bepaal dat in die regulasies aan sekere persone die bevoegdheid verleen word om bevele en rels uit te vaardig vir bereiking van dieselfde doel waarvoor die Staatspresident regulasies kan uitvaardig. Hierdie is n hoogs uitsonderlike bepaling maar nietemin eksplisiet en ondubbelsinnig. Wanneer art. 9 (5) (a) van die Wet dus bepaal dat die Staatspresident by regulasie n persoon kan aanwys wat die bevoegdheid het om bevele en rels uit te vaardig vir dieselfde doeleindes as waarvoor die Staatspresident gemagtig is om regulasies uit te vaardig, dan volg dit, na my mening, by noodwendige implikasie, dat so n persoon ook die bevoegdheid het om deur bevele en rels instansies of persone te benoem om hom by te staan om sy bevoegdhede behoorlik uit te oefen. Vgl. Steyn, Uitleg van Wette, 3de uitg., bl. 51. Reg. 3 handel oor toestemming en voorwaardes van die Tesourie of van n persoon deur die Tesourie gemagtig en reg. 10 handel oor die toestemming en voorwaardes van die Tesourie of van n gemagtigde handelaar. Volgens omskrywing in die regulasie is n gemagtigde handelaar iemand wat deur die Tesourie gemagtig is en is die Tesourie die Minister van Finansies of iemand wat deur die Minister gemagtig is. Volgens die Bevele en Rels van 1 Desember 1961 het die Minister van Finansies die Suid-Afrikaanse Reserwebank aangewys om uitvoering te gee aan die bevoegdheid of funksies wat by regs. 2, 3 (1), 4 (2), 5, 6 en 14 (1) aan die Tesourie toegewys is.
Page 79 of [1977] 4 All SA 70 (A) View Parallel Citation

Die Minister van Finansies was dus ten volle geregtig om die Suid-Afrikaanse Reserwebank aan te stel met die bevoegdhede genoem in reel 2 van die genoemde bevele en rels van 1 Desember 1961. Daar is geen getuienis dat die voorskrifte (rulings) wat deur die Reserwebank aan die gemagtigde handelaars of bankiers gegee word, bevele en rels is soos deur art. 9 (5) (a) beoog nie. By die

uitoefening van sekere bevoegdhede moet die Reserwebank vanselfsprekend n diskresie h by aansoeke in individuele gevalle en fungeer die Reserwebank klaarblyklik om praktiese redes en vir die gerief van die publiek deur middel van gemagtigde handelaars en bankiers. Die beleid wat toegepas word in verband met uitvoer en invoer van valuta, geld of goud kan inderdaad wissel van dag tot dag en die uitoefening van die diskresie van die Reserwebank sal in alle individuele gevalle onderhewig wees aan die beleid wat gevolg word wanneer sulke aansoeke oorweeg word. Dat amptelike publikasie in die Staatskoerant van wat in elke individuele geval oorweeg sal word, totaal onmoontlik sou wees, spreek m.i. vanself, en daarom is in die bevele en rels van 1 Desember 1961 uitdruklik bekend gemaak dat persone wat inligting of advies verlang o.a. in verband met valuta- of geldaangeleenthede, of wat toestemming verlang in verband daarmee, hulle moet wend na hul bankiers of na die banke wat in die bevele en rels genoem word, en dit word uitdruklik gestel dat vorms van opgawes, aansoeke, verklarings en permitte wat deur die Tesourie voorgeskryf is, nie deur die Tesourie of die Staatsdrukker gehou word nie maar deur die banke in reel 3 genoem. Deur die publikasie in die Staatskoerant is die publiek dus ten volle ingelig oor die prosedure wat gevolg moet word in verband met toestemming om geld of juwele uit die land te neem en moet die betoog namens appellante in hierdie verband verwerp word. Wat die juwele betref, is ook betoog dat reg. 10 (1) (b) ongeldig is, indien dit sou bedoel om die uitneem van goedere te reguleer nieteenstaande dit die bedoeling van die uitnemer sou wees om die bepaalde goedere weer terug te bring. Na my mening beoog reg. 10 (1) (b) om te bepaal watter bedrag aan goedere (kapitaal) iemand uit die Republiek mag neem, afgesien van sy bedoeling. Dit is aanvullend tot reg. 10 (1) (a) wat spesifiek oor uitvoer handel. Die feit dat dit die bedoeling van die uitnemer mag wees om die kapitaal weer terug te bring, affekteer geensins die wye bevoegdheid van die Staatspresident om die uitneem van goedere (kapitaal) bo n sekere bedrag te beperk of om dit onderhewig aan sekere voorwaardes te stel nie. In die skriftelike betooghoofde is namens appellante aangevoer dat die Staat nie bewys het dat appellante nie die nodige magtiging gehad het vir die uitneem van die geld en juwele nie. Gedurende die mondelinge betoog is egter toegegee dat die Staat prima facie bewys het dat daar geen sodanige magtiging was nie. Daarteenoor is aangevoer dat indien daar n bewyslas op appellante gerus het om die nodige magtiging te bewys, sy haar van so n bewyslas gekwyt het. In hierdie opsig is daar ook namens appellante aangevoer dat daar n bewyslas op die Staat rus om te bewys dat appellante die nodige mens rea gehad het en dat die Staat hom nie daarvan gekwyt het nie en, in die alternatief, indien daar n bewyslas op appellante rus dat sy wel haarself daarvan gekwyt het. Dit is wenslik om in die eerste plek die vraagstuk van mens rea kortliks
Page 80 of [1977] 4 All SA 70 (A) View Parallel Citation

te bespreek. In ons reg word die uitdrukking mens rea gebruik om dolus of culpa aan te dui, kyk o.a. S. v. Qumbella, 1966 (4) S.A. 356 (A.A.), en S. v. Oberholzer, 1971 (4) S.A. 602 (A.A.). In laasgenoemde saak het hierdie Hof herbevestig dat in ons reg die algemene rel geld dat actus non facit reum nisi mens sit rea en dat by die uitleg van n strafbepaling vermoed word dat die Wetgewer, by ontstentenis van duidelike aanduidings tot die teendeel, nie bedoel het om skuldlose oortredings daarvan met straf te bedreig nie. In die onderhawige saak het die Verhoorhof in sy uitspraak omtrent mens rea die volgende ges:
Now looking at the relevant prohibitions contained in the Exchange Control Regulations, it would seem that they are couched in terms consistent with an intention to impose strict liability. They contain no words which explicitly state that the State is required to prove that the person taking currency or jewellery out of the country acted knowingly or wilfully before he or she could be said to have contravened the prohibitions contained in the two relevant sections with which we are dealing. On the other hand there is no specific exclusion, in terms, of the element of mens rea. On the assumption that in such event there is a presumption that mens rea is a required element of the offence then, in my opinion, ignorance of the unlawfulness of the conduct, i.e. ignorance that permission was required to take the currency or the jewellery out of the country, is not an element of the required mens rea. The matter is succinctly put by CORBETT, J., in the case of S. v. Tshwape and Another, 1964 (4) S.A. 327 (C). This is a case in which the accused had been charged with the contravention of certain regulations relating to the slaughter of animals. The regulation, briefly put, states that no person shall in an outside area slaughter or cause animals to be slaughtered, except under the authority of a permit issued by a board. Now there was no dispute between

the State and the persons concerned in that case that they had in fact slaughtered the animals in contravention of the particular section in question. One of the grounds of appeal that was advanced in this Court was that, as the accused were unaware of the fact that they required permission, they did not have the necessary mens rea justifying their conviction for a contravention of this particular section. Counsel who appeared in the matter apparently abandoned this point on appeal, but nevertheless CORBETT, J., expressed his opinion on this matter in the following terms. He says: Assuming that mens rea is a necessary ingredient of a contravention of clause 2 (1) (a) I am of the opinion that the statement by appellant No. 1 to the effect that he did not know that a permit was required, is not relevant to the question of mens rea. Without attempting to formulate a proper definition of mens rea it seems to me that conduct which falls within the terms of a statutory offence, will only escape the taint of criminality on the ground of the absence of mens rea, where it appears that the person concerned through ignorance or mistake was at that time unaware of some fact or circumstance which either by itself or in conjunction with other facts and circumstances rendered such conduct an offence. I know of no principle whereby a person who is aware of all the material facts constituting the offence can escape criminal responsibility on the ground of a lack of mens rea merely because he was unaware that his conduct constituted a contravention of the law. On the contrary, the rule is that every person is presumed to know the law and that ignorance of the law is no excuse.

In hierdie stadium van ons regsontwikkeling moet dit aanvaar word dat die clich dat every person is presumed to know the law geen grond vir bestaan het nie en dat die opvatting ignorance of the law is no excuse regtens nie van toepassing kan wees nie in die lig van die hedendaagse skuldbegrip in ons reg. Wat die Engelse reg betref, het in Evans v. Bartlam, 1937 A.C. 473, Lord ATKIN, onder andere op bl. 479 die volgende ges:
The fact is that there is not and never has been a presumption that everyone knows the law. There is a rule that igorance of the law does not excuse, a maximum Page 81 of [1977] 4 All SA 70 (A) View Parallel Citation of very different scope and application.

Wat regsonkunde of regsdwaling betref, word daar in die Strafreg van De Wet en Swanepoel, 3de uitg., op bl. 140, o.a. die volgende ges:
Met die opvatting dat wederregtelikheidsbewussyn elementum essentiale van opset is, wil ek saamstem. n Mens handel slegs dan dolo malo wanneer hy hom willens en wetens in stryd met die regsorde stel. Dit wil nie s dat die dader moet weet dat hy art. W van Wet X van 19YZ oortree nie, of dat die dader moet weet dat wat hy voornemens is om te doen met hierdie of daardie strawwe strafbaar is nie, maar slegs dat hy bewus daarvan moet wees dat wat hy wil doen regtens ongeoorloof is. Dit wil ook nie s dat die dader seker moet wees dat wat hy wil doen wederregtelik is nie, maar slegs dat hy hom die voorstelling gemaak het dat wat hy wil doen moontlik regtens ongeoorloof kan wees, en hy hom met hierdie moontlikheid versoen.

En verder:
Teen hierdie standpunt kan aangevoer word dat regsonkunde of regsdwaling steeds opset sal uitsluit. Dit is ook waar. Die punt is egter dat mens die dader die verwyt dat hy opsetlik gehandel het, nie kan maak nie, tensy hy ook bewus was van die ongeoorloofdheid van sy optrede. By misdade waarby opset vereis word, moet regsonkunde en regsdwaling steeds verskoningsgrond wees, omdat dolus of opset ontbreek, mits die dwaling wesenlik is. Dit is n billiker en suiwerder houding om in te neem as die groteske dat iedereen geag word die reg te ken. Hierdie laasgenoemde fiksie was nog nooit n waarheid nie, en dit is dit vandag ook nie. Om te gaan beweer dat regshandhawing onmoontlik is sonder die reeds gewraakte fiksie, is ook verkeerd.

In n artikel getitel, Wederregtelikheidsbewussyn by Strafregtelike Aanspreeklikheid, op bl. 271 van die T.H.R.H.R., band 30, 1967, kom prof. Van der Vyver tot die konklusie dat ten opsigte van wederregtelikheidsbewussyn in die strafreg geen onderskeid tussen n regsdwaling en n feitedwaling gemaak behoort te word nie en verder ook
(a) dat opset deur n bona fide-dwaling uitgesluit word, self al is die dwaling nie redelik nie; maar (b) dat nalatigheid alleen deur n dwaling uitgesluit word as die elemente van sowel bona fides van die dader as die redelikheid van die dwaling aanwesig is.

In n artikel, Regsdwaling en Dolus in die Strafreg, in die T.H.R.H.R., band 37, 1974, verwys prof. Van Rooyen na die geskiedenis van die ignorantia juris-begrip en na n menigte beslissings van ons Howe. Hy kom tot die volgende konklusie op bl. 35:

In die Suid-Afrikaanse regspraak geld die ignorantia iuris-rel skynbaar sonder uitsondering. Op grond van billikheidsoorwegings is daar egter, meesal onbewustelik, uitsonderings op die rel gemaak en dit het veral in die claim of right-sake gebeur. Verder is daar ook sake waar daar, sonder verwysing na n claim of right, wederregtelikheidsbewussyn vereis is. By die putatiewe regverdigingsgronde is daar verdeeldheid oor die vraag of dit as n feite- of n regsdwaling of n claim of right-geval beskou moet word. By noodweeroorskryding wat tot die dood lei, word by geringe en ernstige oorskryding na gelang van die geval aan strafbare manslag en moord skuldig bevind.

En verder:
Na my mening bestaan daar geen grond vir die onderskeid tussen n regsen n feitedwaling vir sover dit dolus betref nie. Telkens word daar oor bevoegdhede, hetsy dit direk uit die objektiewe reg afkomstig is (kompetensiebevoegdhede), hetsy dit via n subjektiewe reg daaruit afkomstig is (inhoudsbevoegdhede), gedwaal. Waar iemand dwaal oor die vraag of n saak syne is (feitedwaling), of dwaal oor die vraag of dit n res nullius is (feitedwaling), of dwaal oor die vraag of hy sy aartappels langs die pad sonder lisensie mag verkoop (regsdwaling), of oor die bestaan van die omstandighede wat noodweer regverdig (feite- of regsdwaling), gaan dit telkens om n bevoegdheidsdwaling. Die omstandighede waaruit die dwaling voortspruit, mag verskil maar steeds word daar oor n bevoegdheid en dus oor die reg self gedwaal. Page 82 of [1977] 4 All SA 70 (A) View Parallel Citation

Ook is hy die volgende mening toegedaan:


Dit word dus hier betoog dat elke wesenlike bevoegdheidsdwaling dolus uitskakel aangesien dit wederregtelikheisbewussyn negativeer. Daar kan nou wel gevra word of dit nie die weg open vir derduisende beroepe op regsonkunde nie. Die antwoord hierop is dat die erkenning dat n feitedwaling wel dolus uitskakel, nie hiertoe gelei het nie en daarom sal regsdwaling ook nie as verweer misbruik word nie.

En verder:
Ook sal die doel van die regulatoriese misdade nie in duie stort nie. Soos Milton (1971 S.A.L.J. 70) aandui, lei n nalatige feitedwaling dikwels by hierdie misdade tot n skuldigbevinding, aangesien nalatigheid as voldoende skuldvorm by die meeste van hierdie misdrywe beskou word. Waarom kan n nalatige dwaling ten opsigte van die regsposisie (as die onderskeid dan nou gemaak moet word!) nie ook n voldoende skuldvorm wees nie? Staan dit egter vas dat dolus n vereiste is, moet wederregtelikheidsbewussyn deur die Staat bewys word. Die beskuldigde hoef geensins die wet of die sanksie daarvan te ken nie: as hy maar net in die leke-sin van die woord die moontlikheid besef dat sy daad regtens verbode is en hom daarmee versoen, is hy skuldig.

In hierdie veband kan ook verwys word na n bespreking van die beslissing in S. v. Ntuli, 1975 (1) S.A. 429 (A.A.), deur dieselfde skrywer in die T.H.R.H.R., 1975, bl. 406. In n proefskrif getitel: Wederregtelikheidsbewussyn in die Strafreg (Universiteit van Pretoria, 1973) het D. A. Botha n historiese en regsvergelykende ondersoek gedoen na wat in die titel genoem word. Op bl. 331 stel hy die posisie, m.i. korrek, soos volg weer:
In die Suid-Afrikaanse regspraak is daar aanduidings van n toenemende besef dat n dader nie van skuld verwyt kan word tensy wederregtelikheidsbewussyn op een van die volgende twee wyses n rol gespeel het nie: (a) vir dolus word verlang dat die dader met wederregtelikheidsbewussyn moes gehandel het; as vrye, verantwoordelike lid van die samelewing verdien hy om verwyt te word omdat hy bewus was van die wederregtelikheid van sy voorgenome optrede en hy gevolglik daarvan kon afgesien het; vir culpa word verlang dat die dader van die wederregtelikheid van sy gedraging bewus kon en moes gewees het; as vrye, verantwoordelike lid van die samelewing verdien hy om verwyt te word omdat hy met die uitoefening van die vereiste sorg kon en moes voorsien het dat sy gedraging wederregtelik sou wees, en hy dit gevolglik kon voorkom of vermy het. Die bepaling van skuld deur die aanwending van hierdie maatstawwe weerspiel die rol van wederregtelikheidsbewussyn in die strafreg.

(b)

In die T.H.R.H.R., band 38, 1975, op bl. 41, is daar n kort artikel deur dieselfde skrywer oor Verwytbare Regsonkunde en die Skuldsoort Culpa. Die uitspraak van hierdie Hof in S. v. Tsochlas, 1974 (1) S.A. 565, word daarin bespreek en daar is ook n verwysing na S. v. Wandrag, 1970 (3) S.A. 151 (O). In die Tsochlas-saak het hierdie Hof o.a. ges op bl. 573:

The learned trial Judge held that, although delivery and payments were to take place beyond the borders, there was an agreement of sale of uncut diamonds in this country; that that was a contravention of the statute; that mens rea had to be proved by the State; and that this existed as culpa since the appellant knew that uncut diamonds could not be bought in this country without a permit, and he had no permit, and he should have shown more circumspection before entering into the agreement which he did.

Die skuldigbevinding is bekragtig. Op bl. 50 van die T.H.R.H.R., band 38, stel die skrywer die posisie soos volg:
In ons regspraak is daar nou minstens twee riglyne vir die bepaling van culpa ten opsigte van die regmatigheid van die dader se optrede. In Wandrag het die Hof bevind dat daar redelikerwys van n werkgewer is die boubedryf verwag kan word om homself op hoogte te hou van die regsvoorskrifte wat betrekking het op die indiensneming van werkers in die boubedryf. Versuim hy om dit te doen, kan sy Page 83 of [1977] 4 All SA 70 (A) View Parallel Citation gevolglike regsonkunde tot die verwyt van onagsaamheid lei. Dieselfde sal vermoedelik geld vir n persoon wat hom in n moderne staat, waarin talle fasette van die regsonderdaan se doen en late deur regsvoorskrifte beheer word, op n besondere gebied begeef. Van die motorhaweeienaar kan seker redelikerwys verwag word dat hy vertroud moet wees met wetgewing wat op sy vak van toepassing is, en van die hengelaar kan seker verwag word om vas te stel wat die hengelregulasies veroorloof en verbied. Die persoon wat n transaksie in diamante wil aangaan, en wat weet dat die diamantbedryf deur streng wetgewing gekontroleer word, kan tereg verwyt word as hy, soos in Tsochlas, versuim om regsadvies in te win en dientengevolge wederregtelik handel.

Ek dink dat hierdie benadering onderskryf kan word. In die onderhawige saak is daar na my mening geen aanduiding nie dat die klagtes teen appellante benader moet word vanuit die standpunt dat n skuldlose aanspreeklikheid deur reg. 22 beoog word. By die uitleg van n wetteregtelike misdaadomskrywing word vermoed, totdat die teendeel blyk, dat die Wetgewer nie n skuldlose wederregtelike handeling strafbaar wou stel nie. Kyk Steyn, Uitleg van Wette, 4de uitg., bl. 118. Hoewel in reg. 22 nie uitdruklik n oortreding met mens rea vereis word nie, skyn dit duidelik te wees, indien die aard, doel en omvang van die regulasies oorweeg word, dat die vermoede dat die Staatspresident nie n skuldlose wederregtelike handeling of versuim kragtens die regulasies strafbaar wou stel nie, nie weerl kan word nie. Namens die Staat is ook nie betoog nie dat daar wel skuldlose aanspreeklikheid beoog is. Namens die Staat is betoog, sonder dat toegegee is dat mens rea n vereiste is, dat daar n onus op die appellante gerus het om afwesigheid van mense rea te bewys nadat getuienis voorgel is dat geen magtiging tot die uitneem van die geld en juwele verleen is nie. In n saak soos die onderhawige moet aanvaar word dat wanneer die Staat getuienis voorgel het dat die verbode handeling begaan is, n afleiding gedoen kan word, na gelang van omstandighede, dat die beskuldigde willens en wetens (d.w.s. ook met onregmatigheidsbewussyn) die handeling begaan het. Indien die beskuldigde op n verweer wil steun, soos in die onderhawige geval, dat sy nie geweet het dat daar handeling onregmatig was nie, kan haar verweer slaag indien van die getuienis as geheel afgelei kan word dat daar n redelike moontlikheid bestaan dat sy nie geweet het dat haar handeling onregmatig was nie; en verder, wanneer slegs culpa en nie dolus alleen as mens rea vereis word nie, daar ook n redelike moontlikheid bestaan dat sy nie juridies geblameer kan word nie, d.w.s. dat, wat al die omstandighede betref, dit redelik moontlik is dat sy met die nodige omsigtigheid te werk gegaan het om haar op hoogte te stel van wat van haar verwag word in verband met die vraag of toestemming om geld uit te neem nodig is of nie. Sou daar op die getuienis as geheel, d.w.s. insluitende die getuienis dat die handeling gepleeg is, n redelike twyfel bestaan of daar wel mens rea, in die sin soos hierbo beskryf, by die beskuldigde bestaan het, sou die Staat sy saak nie sonder redelike twyfel bewys het nie. Wat die feite van die onderhawige saak betref, is dit, myns insiens, duidelik dat, wat die geld betref, appellante geweet het dat sy toestemming nodig gehad het om die geld uit die land te neem en dat dit nie verkry is nie. Die manier waarop sy die geld versteek het, haar antwoorde aan die Polisie vr arrestasie, die manier waarop sy haar getuienis afgel het en die inhoud van die getuienis, dui daarop dat sy n vrou is wat weet hoe
Page 84 of [1977] 4 All SA 70 (A) View Parallel Citation

om met geld te werk, wat reeds etlike lande besoek het en wat in die Hof klaarblyklik geposeer het as die onwetende en onkundige getroude vrou wat wesenlik n slagoffer van haar man se beplanning was. Volgens die getuienis as geheel, insluitende die versuim van appellante by haar ondervraging tydens die gebeure, om haar op haar man te beroep, gesien die aard van haar verweer, moet na my mening bevind word dat daar n komplot tussen die appellante en haar man bestaan het om die geld sonder toestemming uit die land te neem. Op grond van hierdie bevinding sou appellante skuldig wees selfs al word slegs dolus as mens rea in die regulasie vereis. In die lig van die komplot tussen appellante en haar man, moet haar verhaal omtrent die juwele wat sy in n afsonderlike tassie gehad het, met suspisie bejen word. Indien dit egter aanvaar word dat sy baie juwele besit, wat nie betwis is nie, dat sy meer juwele dra as n gemiddelde Suid-Afrikaanse vrou, dat sy juwele vantevore uitgeneem en teruggebring het, en van plan was om die juwele terug te bring, n bewering wat ook nie deur die Staat betwis is nie, dan skyn dit my dat, veral met die oog op die bewoording van reg 10 (1) (b) wat handel oor uitneem van o.a. juweliersware (in teenstelling met die uitvoer van goedere waarna in reg. 10 (1) (a) verwys word), haar getuienis redelik moontlik waar mag wees, dat, in die omstandighede van die saak as geheel, dit redelik moontlik is dat sy kon gedink het dat sy geen toestemming tot die uitneem van die juwele nodig gehad het nie en dat, gesien haar ondervinding in die verlede, waarby sy ongesteurd toegelaat was om juwele uit te neem en weer terug te bring, daar geen juridiese blaam op haar rus nie omdat sy nie navraag gedoen het omtrent die vraag of toestemming nodig is om hierdie juwele met haar saam te neem nie. Selfs al sou volgens die misdaadomskrywing hier culpa voldoende mens rea wees, beteken dit dat die Staat, na my mening, nie die nodige mens rea in verband met die juwele bo redelike twyfel bewys het nie. Daar is ten slotte namens appellante aangevoer dat die feite in die onderhawige geval n poging aantoon en nie n voltooide oortreding nie. In beide regs. 3 (1) (a) en 10 (1) (b) gaan dit o.a. oor die uitneem van banknote of goedere, en namens appellante is betoog dat aangesien appellante nog nie die laaste beheerpunt in die lughawe verbygegaan het nie, die geld en juwele nog nie uit die Republiek geneem was nie. By die uitleg van hierdie regulasies moet oorweeg word dat dit nie die bedoeling van die Staatspresident kon gewees het nie dat n oortreding sou plaasvind slegs wanneer die geld of juwele oor die grense van die Republiek geneem sou word. Soiets sou klaarblyklik futiel gewees het. Dit moes dus geag word dat n persoon juwele of geld uit die Republiek kan neem voordat die grens (per pad, spoor, lug of see) oorgesteek is. Dit sal gevolglik ook van die omstandighede van elke geval afhang of die oortreding as voltooid beskou kan word of nie. In die onderhawige geval het appellante in die internasionale afdeling van die lughawe haar bagasie op die band laat plaas om na die vliegtuig geneem te word. Sy self het die vertreksaal binnegegaan waaruit sy nie sonder permit kon terugkeer nie. Haar bagasie is onderskep en ook in die vertreksaal gebring. Na my mening het appellante vir doeleindes van die regulasies in die onderhawige geval die geld uit die Republiek geneem en was daar nie slegs n poging nie. Die vraag of daar
Page 85 of [1977] 4 All SA 70 (A) View Parallel Citation

slegs n poging was wat die juwele betref, hoef nie behandel te word nie. Die appl slaag wat die klag luidens reg. 10 (1) (b) betref, en die skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel. Die appl word afgewys wat die skuldigbevinding luidens reg. 3 (1) (a) betref. JANSEN, A.R., RABIE, A.R., MULLER, A.R., en JOUBERT, WN. A.R., het saamgestem. Appearances HW Levy , SC - Advocate/s for the Appellant/s TN Louw - Advocate/s for the State Syfret, Godlonton and Low, Kaapstad; GA Hill, McKardy and De Bruyn, Bloemfontein - Attorney/s for the Appellant/s

You might also like