Download as doc, pdf, or txt
Download as doc, pdf, or txt
You are on page 1of 7

ALKOHOL MISBRUIK

INLEIDING: Suid-Afrika word onder die wreld se voorste alkoholverbruikende lande aangeslaan wat per capita-verbruik betref: Tans drink die gemiddelde Suid-Afrikaner tussen nege en 10 liter alkohol 'n jaar. Van die drie faktore wat vir die meeste sterftes in die land verantwoordelik is, misdaad en geweld, MIV/Vigs en padongelukke, is alkohol se vingerafdrukke in al drie te bespeur: By bykans die helfte van alle nie-natuurlike sterftes is mense met bloed-alkohol-konsentrasies (BAK's) groter as die wetlike perk betrokke. Insgelyks het net meer as die helfte van alle moordslagoffers verhoogde BAK's. Die uitwerking van alkohol op padongelukke is herhaaldelik gedokumenteer, en navorsers is oortuig dat alkohol 'n groot rol speel by mense wat onveilige seks beoefen en hulle daardeur aan 'n groter risiko blootstel om MIV op te doen. Op sosiale vlak kan 70 % van alle voorvalle van gesinsgeweld op een of ander manier met die gebruik van alkohol verbind word. Matige alkoholgebruik is toelaatbaar. Die Bybel eis nie geheelonthouding nie, maar waarsku wel teen die misbruik daarvan. Rom. 14:21 'n Matige alkoholgebruiker: Drink by geleenthede of maaltye. Drink sy drankie stadig. In 'n tydperk van 24 uur, word daar net een tot twee drankies gedrink. Drink nie elke dag nie. Alkohol word nie gebruik om 'n persoon op te kikker of te kalmeer nie. Maar wanneer word alkohol misbruik? Alkoholmisbruik kan nie gemeet word aan die hoeveelheid alkohol nie, maar aan die kwaliteit van die gebruiker se funksionering. Alkohol misbruik is 'n groot probleem onder jongmense en meeste van hulle is nie bewus van die gevare daarvan nie. Baie verval in die patroon van alkohol misbruik as gevolg van groepsdruk.

Ons onderskei 4 fases: Fase 1: Sosiale gebruike Die tiener besef geleidelik dat die gebruik van alkohol 'n kalmerende uitwerking het. Dit help om spanning en stres te verlig. As gevolg van 'n alkoholtoleransie wat ontstaan, word die tiener gedwing om meer te drink ten einde dieselfde kalmerende uitwerking te ervaar. Fase 2: "Black outs" Hierdie fase is baie gevaarlik. Tieners kan weinig tot geen uiterlike tekens toon dat hy onder die invloed van drank is. Hy kan selfs heel nugter optree. Die volgende dag kan hy egter niks onthou nie. In hierdie stadium begin die tiener skelm drink, hy word 'n gulsige drinker. Fase 3: Die kritieke fase: Nou begin die tiener beheer verloor. Die tiener begin nou drink totdat hy dronk is en nie meer kan drink nie. (of gewoonlik te siek is om verder te drink.) Hy oortuig hom egter dat hy in beheer is. In hierdie stadium begin hy verskonings uitdink. Hy het geen skuld aan sy probleem nie - ander is die probleem. Die tiener sal alles in sy vermo doen om drank in die hande te kry. Nou ervaar hy verwerping, onwaardigheid en natuurlik die valse versekering dat hy net 'n "regmaker" nodig het. Fase 4: Die finale fase Tydens hierdie fase is die tiener vir dae onder die invloed van drank. Indien drank nie beskikbaar is nie, sal hy hom wend tot brandspiritus, remvloeistof, of selfs naskeermiddel. Weens moontlike lewerskade verminder die tiener se weerstand teen drank. Slegs 'n klein sopie kan tot dronkenskap lei. Op hierdie stadium sal hy erken dat hy 'n drankprobleem het en instem vir behandeling. Tekens van alkoholmisbruik: Behep met alkohol. Angstig as alkohol nie beskikbaar is nie. Vertel gewoonteleuens. Spog oor die hoeveelheid wat hy drink. Asem ruik na drank. Drankies word vinnig gedrink. Dink aan verskonings om te drink. Ontken drankprobleem. Skuldgevoelens oor drank. Eet baie pepperminte en asemverfrissers. Lei aan naarheid, eetverlies en vomering.

Oggendhoofpyne Gevolge van alkoholmisbruik: Fisieke gevolge: Ho bloeddruk Maagsere Nierversaking Floutes Swak gesondheid Velswere Slegte spysvertering Algemene wanvoeding Sirrose van die lewer Verlies van breinweefsel Vatbaarheid vir longsiektes Hartspierdistrofie Selfvergiftiging Psigiese gevolge: Senuweesiektes Ernstige afhanklikheid Ondersprestasie Aggressiewe gedrag Depressie Die oormatige gebruik van alkohol het op die lang termyn 'n verwoestende uitwerking op die brein, hart, lewer, longe en ander organe. Die matige gebruik van alkohol is aanvaarbaar. Indien dit oor 'n lang tydperk gebeur, kan dit lei tot alkoholisme of die verskrompeling van die lewer. Erger nog plaas drinkgewoontes baie druk op gesinsverhoudinge. Ongelukkig kan weinige strawwe drinker op sy of haar eie ophou en moet hulle dikwels professionele hulp kry. Ouers, familie en vriende Die meeste grootmense drink sosiaal. Jou pa en ooms gryp na n biertjie om die vuurtjie wanneer hulle vleisbraai en grappies maak, jou broer en sy pelle drink brandewyn en coke na krieket, jou oupa drink whisky op ys net voor hy gaan slaap, jou suster soet vodka-vrugtesap as sy saam met haar vriendinne kuier, en jou ma n ligte, droe witwyntjie, of ros saam met ete. Baie mense gebruik selde of nooit alkohol nie en hou meer van vrugtesap en gaskoeldrank, water, koffie en tee. Party mense drink nie, omdat hulle geloof dit verbied. Party omdat dit baie goedkoper uitwerk. Party omdat hulle geneigd is om nie te kan ophou as hulle eers begin het nie.

Hoekom drink mense enigsins? Mense drink omdat dit vir hulle lekker is. Alhoewel jy miskien meer hou van melkskommels en coke, en gril vir die bitter smaak van koffie of bier, is daar baie smake wat vir mense lekkerder raak namate hulle ouer word. n Drankie wat alkohol bevat, het n ligte kalmerende/verdowende invloed op die sentrale senuweestelsel, wat dit veral vir n gekuier tussen grootmense aangenaam maak, omdat dit almal help ontlaai (van stress by die werk, ens.) en losser, oper gesprekke kan laat voer. (n Mens kan natuurlik netso goed daarsonder ontspan.) Met wyn en whisky kan n mens tydens die gistingsproses n hele reeks komplekse geure vasvang deur die drank vir jare in houtvate te laat l en vir heelwat mense is dit n absolute plesier om hulle in di smake te verkneukel. Is dit normaal om te wil proe? Kinders is van nature nuuskierig oor alles wat rondom hulle aangaan. Hulle is veral nuuskierig oor wat grootmense doen, en wat ouens wat net n bietjie ouer as hulleself is, aanvang. Dis deel van die menslike ontwikkelingsproses. Dis dus nie ongewoon dat n laerskoolkind skelm n bier uit n yskas sal steel, n slukkie neem, sy gesig trek, die res by die drein afgooi, en wonder hoe om van die bottel ontslae te raak, nie. As jy al van kleins af blootgestel is/word aan alkohol, en miskien n bietjie likeur na n Sondagmaal, n glasie vonkelwyn by n troue, of n slukkie nagmaalwyn in die kerk, geniet/geniet het, is jy miskien glad nie so geinteresseerd in drank nie; dis ook normaal. Party mense hou dadelik van rooiwyn, maar verpes n sekere kultivar. Hoe meer blootstelling jy mettertyd kry, hoe kieskeuriger sal jy waarskynlik raak. Om te drink tot jy opgooi Die probleem met drank is dat jongmense dikwels kuier met die uitsluitlike doel om dronk te word. Hulle doen dit as n aktiwiteit sigself, want dis maklik om te beplan: koop drank; nooi vriende. Dis iets om n klomp mense (of dit net n klompie pelle saam is, of n groot huis partytjie met ouens n meisies is) saam te bind. En alkohol is n verdowingsmiddel - n dwelm wat jou senuweestelsel aantas. Dus, as dit jou hoof-mission is om dronk te word, dan hou jy waarskynlik van die newe-effekte wat dit oplewer: Een vir een verloor jy die normale gebruik van jou liggaamsfunksies. Jy sien goed blurry, jou tong knoop oor maklike frases, jou gedagtes raak foggy, jy raak uit sync uit met jou bewegings, ens. As jy heelwat drink, gaan jou fyn motoriese vaardighede (soos jou hand-oog kordinasie en jou spraak-vermo) daarmee heen, dan jou groot motoriese vaardighede (soos jou balans), en uiteindelik gaan jou liggaam in een van twee vergiftigingstoestande in: of jou

liggaam forseer jou om op te gooi (om van die gifstowwe ontslae te probeer raak), of jy pass uit (wat jou verhoed om verdere skade aan jouself aan te rig). Maar alhoewel dit n ervaring opsigself is, is dit nie spesifiek lekker om onbeheersd dronk te raak en met n hoofpyn die volgende dag wakker te word nie; mense geniet meer die kuier-aspek, en die verloor van inhibisies (skaam wees). Party ouens sweer daarop dat dit hulle lekkerder laat dans. So hoe drink mens sosiaal sonder om dronk te raak? Wel, min mense drink aspris totdat hulle omdop. Daar is enkele mense wat drank uit-enuit as n dwelmmiddel gebruik en verslaaf is aan die nie-meer-omgee-nie gevoel wat dronkenskap vir n mens gee. Maar by jongmense is dit meestal die geval dat ouens net nie lekker weet wanneer om op te hou drink nie. Jy kom by n partytjie aan, daar is vodka wat jy nie proe nie in die pons, jy drink n hunters dry om te probeer groot lyk, drink nog ene, en nog n bietjie punch en dan het jy, sonder dat jy dit besef, te veel alkohol in jou bloedstroom om kop te hou. So, pas maar op en volg van hierdie rels:
1. Koop jou eie drank weet wat jy drink en hoe sterk die goed is wat jy inneem. 2. Gaan gereeld badkamer toe en drink baie water tussendeur. Na elke skoot vodka of

bier moet jy ten minste n glas water drink om jou liggaam n vegtende kans te gee. Jy sal steeds lekker mellow raak, maar langer kan uithou en minder sleg voel die volgende oggend. 3. Kuier met ouens op wie jy regtig kan vertrou. 4. Skink halwe glasies. Dan lyk dit asof jy heeltyd kuier, en altyd n drankie in jou hand het en dan bodder ouens nie om die heeltyd jou te laat afsluk nie. 5. Moenie iets randoms vinnig afsluk nie. Een strafdop kan jou binne sekondes laat uitpass en jou in die hospitaal laat beland dis nie lekker om by jou 21ste in n medi-Clinic ingeboek te word nie. 6. As jy sien jou vriend gaan oorboord, stap saam met hom badkamer toe en laat hy water drink. Stap maar die pad saam met hom in die toilethokkie as dit nodig is, en in die aand, draai hom op sy sy sodat hy nie aan sy opgooisels verstik nie. 7. Moenie dronk meisies probeer score nie. Dis niks om op trots te wees nie. Dis veel lekkerder om n meisie doodnugter te vry. 8. Onthou dat jou kapasiteit vir alkohol elke dag anderste is. As jy geoefen het, sal jy vinniger dronk word. Drink dus stadig en wissel af met water, en hou by n limiet waarop jy vooraf besluit het. 9. Let op hoeveel jy drink moenie wag vir die fisieke simptome nie; jy kan die een oomblik nugter wees en die volgende oomblik tref die alkohol jou dat jy smoordronk wankel. 10.Moenie jou dors met drank probeer les nie drink sap of water of koeldrank, en drink die alkohol vir die lekkerte, met kleiner slukke.

SLOT: Drank is n maklike manier om n bymekaarkom-geleentheid volgens sosiale konvensies pret te maak. Dadelik het jy n aktiwiteit waar rondom jy kuier. Jy gesels die volgende dag oor hoe dronk jy was; jy raak afhanklik van jou vriende wat jou kop bo die toiletbak moet help hou. Hmm, heerlik. Daar is egter steeds dinge, sal jy gou uitvind, wat regtig meer pret is as om aspris dronk te raak. As jy kan, probeer daai fase in jou lewe dalk te spring: drink matig maar drink omdat jy die smake en geure van dit wat jy drink, geniet spaar eerder jou geld op die goedkoop shots, en koop vir jouself n ordentlike bottel rooiwyn wat jy lekker saam met n bord kos en goeie vriende kan geniet. Die druk op jongmense is om te drink. Dit vat nogals guts om nugter te bly. En indien jy wel uitgaan en hard kuier, geniet die kopseer, nadors en gaps in jou geheue wat dit meebring. Hoe s hulle mos: Youth is wasted on the young en blackouts beteken jy het sekere van jou breinselle permanent beskadig. Besluit jy self wat jy wil doen. Die Bybel s: probeer alles, maar behou die goeie. Bly liewer nugter en jy hoef jouself nie te skaam vir wat jy die vorige nag aangevang het nie.

Bronnelys:
Stellenbergjeugissues.blog www.myfundi.co.za mnrmuller.wordpress.com www.dagblad.co.za

You might also like