Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 1

Teorie KODEWISSELING

Du Plessis (1995) meen kodewisseling sluit die wisseling tussen tale en ook tussen enige sort variteit van n bepaalde taal in. Hierdie wisseling kan geaktiveer word deur die gespreksituasie, die gesprekdeelnemers, gespreksonderwerp of enige ander, selfs talige, faktore. Variasies/dialekte wat ons hier identifiseer: SMS-taal ens Dit gebeur as gevolg van?

Die aanlynomgewing is as deel van die Afrikaanse taalgemeenskap identifiseer op grond van die definisie deur Du Plessis (1989) wat veronderstel dat n taalgemeenskap n versameling gebruikers van n taal is. n Taal groei as sy taalgemeenskap groter word en n taal kwyn as sy taalgemeenskap kleiner word.

De Caluwe et al (2002) vra die vraag of die aanlynomgewing sal bydra tot die standaardisasie van n taal en of dit sal lei na n groter diversiteit binne n taal. Die konklusie is die moderne informasie- en kommunikasietegnologie versterk twee teenoorgestelde kragte: aan die een kant word n internasionale lingua franca benodig hierdeur, maar aan die ander kant bevorder dit dat mense hul eie identiteit kan uitdruk in hul eie dialek en taal Die onderliggende dinamiek van die informasietydperk - die wisselwerking van globale netwerke en lokale identiteit gee vorm aan die taalkonflik van die 21ste eeu. Internet mag wel die vraag na standaardisasie vergroot, maar skep ook nuwe moontlikhede om taaldiversiteit te bevorder. Aanhangers van taaldiversiteit kan gebruik maak van internet ter bevordering van n pluralistiese meertalige maatskappy waarin n verskeidenheid van tale en dialekte gerespekteer word.

You might also like