Vergifnis

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 4

TEORIE 1. Wat doen bitterheid en gegriefdheid in ons lewe? Dit bedroef die Heilige Gees.

. Dit maak van ons harde en kil mense wat moeilik is om mee saam te leef (verhoudings raak moeilik). Dit veroorsaak dat ons negatief, krities en onvergenoegd (ondankbaar) is. Dit maak ons weerstandig teen God se skeppingsdoel vir ons en laat God se liefde onbeantwoord. Die uiteinde is dat ons onsself op die manier vernietig en nutteloos maak in God se plan. 2. Hoekom is vergifnis belangrik? (Noem 5 punte) Vergifnis is een van die belangrikste sleutels tot vryheid in die Koninkrykslewe. Dit is belangrik omdat: Dit God se plan vir ons is. Dit God se beste vir ons is. Dit God se wil vir ons is. God se karakter en aard is om te vergewe (Eks 20:6; Ps 51; Jes 1:15). Vergifnis is die kragtigste sleutel tot die helingsproses (Rom 3:23; 1 Joh 1:9). Vergifnis is deel van Jesus se lering op die aarde. Dit is n lewenswyse in die Koninkyk van God. Matt 6:14-15: As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle Hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie 3. Wat beteken vergifnis nie? (Noem 5 punte) Dit beteken nie dat ons vergeet het wat gebeur het nie. Dat die verkeerde daad wat gepleeg is, nou minderwaardig/negeerbaar/niksseggend word nie. Die skuldige persoon word nie nou onskuldig bevind nie en dit is nie n goedkeuring van n sonde nie. Dat ons ons woede en hartseer ontken nie. Dat ons konfrontasie vermy nie. Dat ons iemand anders blameer nie. 4. Wat beteken vergifnis? (Noem 5 punte) Om gehoorsaam aan God se wil te wees (Matt 6:14-15). Om te erken wat in ons hart is wanneer daar teen ons gesondig word (Jer 17:9-10). Om n onderskeid te maak tussen die sondaar en die sonde (Joh 8:1-11). Om genade bo veroordeling te kies (Jak 2:12-13). 1 (5) (5) (5) (5)

Om nie te wag vir enige verdienstelikheid voordat vergewe word nie (Luk 23:34; Hand 7:60). Om n agent van vergifnis te word in plaas daarvan om n slagoffer te bly. Om enige reg tot wraak aan God oor te laat (Rom 12:17-21; Spr 27:20). 5. Gee n kort beskrywing wat n sielsband is? (5)

God het ons as verhoudingswesens geskep (Gen 2:18) om verhoudings met ons medemens te kan h en God wil ook dat ons in n verhouding met Hom sal staan (Joh 21:17; Gen 1:26-27; Kol 3:14). Hierdie verhoudings kan gesond wees, met liefde as basis, wat die betrokkenes tot sen strek en wat die werking van die Heilige Gees moontlik maak. Of die verhoudings kan skadelik, verwronge en afbrekend wees, soos die bose dit wil. Laasgenoemde gee dan n vasstrappek aan die vyand en outoriteit oor die betrokkene se lewe. n Sielsband is n onsienlike (geestelike) band tussen mense wat hulle op goddelike of ongoddelike wyse aanmekaar verbind. Sielsbande benvloed die mens se gedagtes, emosies en wilsbesluite, dus sy hele persoonlikheid. God het aan die mens n vrye wil gegee om Hom te kies, of om die gevolge van n ander keuse te dra. Jesus het ook aarde toe gekom om ons vry te maak en te heel (van ongoddelike sielsbande) sodat ons herstelde skepsels kan wees, wat aan ons skeppingdoel kan beantwoord (Jes 61:1; Luk 4:18; Jes 53:5). 6. Noem 5 voorbeelde van ongoddelike sielsbande? In gesinne waar daar onbehoorlike mag en beheer is in verhoudings (control freaks) Sien Gen 27:8. Tussen seksueel aktiewe mense sonder die liefdesband (1 Kor 6:15-16 oor hoereerdery; 1 Kon 11:2 oor vreemde volke se vroue wat Salomo se hart verlei het). Waar daar vrees in verhoudings is agv intimidasie, afpersing, slawerny (Rom 8:15). Waar daar emosionele, fisiese, seksuele of geestelike mishandeling is wat die mens se vrye wil aan bande l (Ps 129:1-4 oor fisiese mishandeling; 2 Tim 3:6 oor seksuele mishandeling). Met die persoon wat molestasie of verkragting gepleeg het (Gen 34:1-7 Sigem wat Dina onteer het). Sien ook die gevolge van hierdie daad in die verse wat daarop volg. TOEPASSING Vraag: Sandra, n jong ma, kom by jou raad vra. Haar ma het kanker gehad en was sterwend, en Sandra het n groot probleem gehad. Haar ma is nie gelowig nie en sy het haar ma omtrent n jaar laas gesien. (30) (5)

Sandra het ernstige letsels uit die verlede gehad. Sy het wel haar ma liefgehad, maar haar kinderjare was glad nie gelukkig nie. Haar ma het haar hele lewe gerel en haar gedurig

gemanipuleer. Dit was al dertig jaar later, maar Sandra kon nog steeds onthou hoe haar ma haar voor haar maats belaglik laat voel het. Hulle was nooit baie na aan mekaar nie, maar nou het haar ma hoogtens n maand oorgehad om te leef. Sandra het nooit solank haar ma geleef het, haar ware gevoelens erken nie, nie eers teenoor haarself nie. Sy was so bitter, so vol haat, en het dit eers n haar ma se dood regtig besef en erken. Dit het gebeur toe sy langs die oop kis staan, want op daardie oomblik het Sandra haarself in die spiel van haar binneste gesien. Dit was haar oomblik van waarheid, en sy het besef dat sy nrens kon wegkruip nie. Beskryf aan die hand van die handleiding en die Bybel hoe jy Sandra prakties sal help om te vergewe? Meld ook of daar volgens jou n ongoddelike sielsband tussen ma en dogter was en wat jy sal doen om genesing op daardie vlak te bring.

Antwoord:
Sandra moet erken dat haar diepgewortelde bitterheid, seer en selfs haat teenoor haar ma, binne haar vasgevang is van klein tyd af. Die foutiewe optrede van haar ma het n ongoddelike sielsband laat ontstaan tussen haar en haar moeder. Hierdie optrede van haar moeder moet as verkeerd uitgewys word, sonder beoordeling van die persoon. Want ons almal neig tot die sonde, maar steeds het God almal lief. Hierdie sielsband is verwronge met baie negatiewe gevolge (Heb 12:15 - veroorsaak moeilikheid en besmetting van baie). Daarom gee Paulus n vermaning oor bitterheid in Efes 4:3: Moet nooit verbitterd of opvlieend wees of woedend word nie; Sandra moet nadink oor die persoonlike

implikasies van hierdie bitterheid, al die negatiewe gevolge en hoe haar denke en ingesteldheid haar verhoudings met andere en met God benadeel het. Hoe dit verder gelei het tot n swakker selfbeeld, tot n persoon wat met moeite optimaal sal kan funksioneer, indien enigsins moontlik. Die kostes van hierdie opsie is verreikend. Gelukkig het ons n keuse en is daar n ander opsie dit is om te vergewe. Sandra moet die waarheid vertel word en begryp dat die bose alles sal doen om verhoudings te skend, om vrees en bitterheid te saai en om haar selfbeeld te knou. Aan die anderkant is ons God en Vader wat ons oneindig en onvoorwaardelik liefhet, wat ons wil herstel en genees, wat wil h dat ons in gesonde verhoudings met ander moet lewe en wat haar verhouding met Hom wil herstel (Jes 61:1). Dit was so belangrik dat Jesus aarde toe gekom het om aan ons te verklaar en te demonstreer hoe belangrik vergifnis is. Deur vergifnis word die persoon self genees en losgemaak van die bitterheid en haat. Want as jy andere vergewe, word jyself vergewe (Matt 6:14-15). Jesus se laasste woorde aan die kruis was: Vader vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie. Sodat Hy wat sondevry is, vergewe kan word weens ons sonde wat Hy gedra het, sodat ons 3

sondige mense geregverdig voor God kan staan. Nou kan ons as herstelde mense voor God, weer ons skeppingsdoel bereik en die plan wat God vir ons het kan dan ten uitvoer gebring word. Noudat Sandra bewus geword het van hierdie probleem, moet sy ook bewus gemaak word van die oplossing en dat sy n keuse het. Die pad na heling en verlossing is deur vergifnis. Sy moet die Here vra om verder te openbaar wat die omstandighede was waartydens dit gebeur het, al is dit pynlik. Sy moet spesifieke gebeurtenisse oproep en mense betrokke en weer voel wat sy belewe het. As sy tevrede is dat sy alles gesien en verstaan het, dan sal sy weet wie almal om te vergewe, ook vir haarself waar sy liefdeloos opgetree het teenoor haar ma, haar gesin, andere en teenoor God. Sandra kan nou as sy gereed is, hardop vergifnis uitspreek teenoor haar ma, teenoor elke een wat betrokke was, teenoor haarself en haar houding teenoor God. As sy vergifnis uitspreek word sy nou vrygemaak en word die helingsproses aan die gang gesit. Sandra kan nou gelei word om n gebed te doen of ons kan saam bid vir genesing. Die gebed vra vir losmaak van die sielsbinding sodat Sandra gesond kan word, ontslae van bitterheid, haat en vrees. Deur die bloed van Christus kan ons aanspraak maak op genesing en geestelike

losmaking. Met die losmaking kan Sandra nou weer haar skeppingsdoel bereik en uitreik na andere wat hulp nodig het. Sodoende word sy aktief deel van God se plan met haar lewe en sal daar vrede en vreugde terugkeer in haar gemoed.

You might also like