Download as doc, pdf, or txt
Download as doc, pdf, or txt
You are on page 1of 1

Jy benodig: Dubbelbrei wol No 3 en 4 hekelnaalde 4 draad wol vir die blommetjie en blaartjies. 1 kraal Gebruik die no 4 hekelnaald.

Begin met 14 kettingsteke en draai. Hekel langbeensteek, die 1e lb in die 4 ks vanaf die hekelnaald en dan 1lb in elke ks. Draai, 3ks (dit is die 1e 1lb) en hekel voort in lb tot jy 34rye het. Hekel n puntige randjie aan die een lang kant vir n netjiese afwerking. Heg af. Werk die kort kante toe, kry die middel van die gehekelde strook en steek die hanger se haak deur. Werk die onderste lang kante toe. Blommetjie Gebruik die no 3 hekelnaald. Hekel 29 ks en draai. Hekel in die 2ks van die hekelnaald af *1kb, 1 halwe lb, 1 lb, 1 halwe lb en 1 kb, 1ks en slaan 1ks oor en herhaal vanaf *. Dus : in elke 2e ks is n blaartjie van die blommetjie. Hou aan tot einde van kettingsteke. Heg af. Vorm die blommetjie deur die blaartjies al in die rondte te draai en tot jy tevrede is met die blom. Werk aan die agterkant met n paar steke vas om die posisie te hou en werk op die hanger se oortreksel vas. Werk n kraal in die middel van die blommetjie vas. n Ander blommetjie wat ook goed lyk kan soos volg gehekel word: Hekel 29 ks en draai. Hekel 3lb in elke 2e kettingsteek tot die einde. Begin en draai die spiraal en vorm soos n blommetjie. Heg agter met n paar lang steke om die vorm te behou en werk n kraal in die middel vas en werk op die hanger vas. Blaartjies Hekel 7ks en draai. Slaan 1ks oor en hekel 1kb, 1halwe lb, 2 lb, 1 halwe lb, 3 kb. In die laaste ks word 3 kb gehekel omdat 1kb vir die omdraai is en die volgende kb is die begin van die onderkant van die blaartjie. Hekel dan verder : 1halwe lb, 2 lb, 1halwe lb en 1 kb in die onderkant van die ks. Heg af. Werk die blaartjies weerskante van die blommetjie vas. Trek n stukkie pypie oor die haak van die hanger. Siedaar, n netjiese en praktiese geskenk en dan het jy sommer iets van jouself ook gegee.

You might also like