Download as doc, pdf, or txt
Download as doc, pdf, or txt
You are on page 1of 76

GEDENKBOEK VAN DIE NED. GEREF.

MOEDERGEMEENTE BULTFONTEIN 1873 - 2008

Opgestel deur: Nelia van Huyssteen Samestelling, bladuitleg en foto`s: Johan van Rensburg

Mag elkeen van u wat hierdie bundel lees, geraak word deur die Almag en Krag en Genade van ons Here Jesus Christus, hoe Hy `n gemeenskap laat groei het, gesen en gelei het tot waar ons vandag staan. Ons erken ons diepe afhanklikheid van Hom, en eer en loof en prys Hom vir die verlede, die hede en die toekoms. Mag Sy genade met ons

wees, Sy krag oor ons en Sy Liefde en beskerming met ons. Sen word u toegebid. Johan van Rensburg
Bronne: Bultfontein 1874 1974 Met dank aan die opstellers: Wyle Mnr. M.N. Breytenbach Mnr. S.J.J. Coetzee

Dankie aan almal wat `n inset gelewer het om hierdie gedenkboek moontlik te maak. Spesiale dank aan Koos en Sannie Theron en Muriel Bezuidenhout. Gedruk deur Wepener drukkers. 2008

Voorwoord
Graag rig ek, as die tans dienende leraar, die volgende woorde tot die gemeente met die 135 ste verjaardag viering van ons kerk. Allereers, al die lof, dank, aanbidding en eer aan ons hemelse Here wat alles moontlik gemaak het. Uit wie en deur wie alle dinge bestaan. Dit is vir my en Sandra n baie groot voorreg om hierdie Gemeente sedert Oktober 1995 te kon bedien. Daar is min gemeentes wat voor 1900 gestig terwyl ons gemeente reeds 135 jaar agter die rug het. Daar is n baie besondere stukkie geskiedenis: gegewe die feit dat ons kanselkleed in die 1900 gedurende die Anglo Boereoorlog gesteel is en 70 jaar in die buiteland bewaar is voordat dit in n baie goeie toestand aan ons teruggegee is. As n hoofsaaklik landbou gemeenskap het die gemeente n besondere karakter. As dit met die landbou goed gaan, gaan dit met ons almal goed en andersom. Dit gaan goed met Bultfontein. Ons is seker een van die mees bevoorregte gemeenskappe en gemeentes in die land. Ons het pragtige, diep gelowige mense in ons gemeente, waar God en Sy woord vir ons kosbaar is. Eredienste, bidure, pastorale sorg en ander byeenkomste bly belangrik. Ons wil graag van bo, na binne en na buite groei en so n verskil in ons samelewing maak. Ons moes die afgelope jare lidmate aan die dood afstaan, onder andere ons orrelis en ons eer ook haar plekkie in ons gemeente. Ons het deur die jare baie gegroei en aanpassings gemaak. Ons lidmate se geestelike behoeftes en spiritualiteit bly steeds kosbaar. Die redding van mense is altyd belangrik. Tydens eredienste het die gebruik van die digitale bord en dataprojektor onmisbaar geword. Die verskillende terreine van

bediening sluit barmhartigheid in want dit is belangrik om verligting aan die tydelike nood te gee. So het Bultfontein se Noodfonds die lig gesien waaruit baie mense gehelp word asook die H.P. Botha Trustfonds. Ons getuienisaksie, Amos het al baie groot vrug opgelewer asook David Mokomela, wat Sondae kerkdienste op plase hou. Phahameng se nood word steeds as ho prioriteit beskou. Ons het ook begin om betrokke te raak by werk in Dagestan, Rusland, by wyse van voorbidding en n jaarlikse deurkollekte. Die versorging van ons jeug en bejaardes bly steeds belangrik. Dit bly n uitdaging om altyd almal betrokke te kry en om in n moderne- en post moderne wreld steeds gestuurdes van ons Meester te wees. Mag elke lidmaat en die inwoners van Bultfontein altyd opkyk na die Here en vashou aan PS. 127:1 As die Here die huis nie bou nie, swoeg die wat daaraan bou, tevergeefs. Weet dat God nooit laat vaar die werke van Sy hande nie. Baie geluk en sen toegebid en baie dankie vir die voorreg om in diens van die Koning van die kerk te mag staan in Bultfontein se gemeente en gemeenskap, hoop om nog lank te kan bedien.

Ds. Gert en Sandra Delport. DIE GESKIEDENIS VAN DIE N.G. MOEDERKERK VAN BULTFONTEIN
Die oorspronklike plaas Bultfontein, so genoem omdat daar n sterk fontein teen die bult bokant die plaasopstal ontspring het, se naam sou later ook die naam word van die gemeente en dorp word. In die pioniersdae van die Afrikaner se geskiedenis was die stigting van n gemeente en die bou van n kerk altyd een van die eerste prioriteite. Reeds voor die stigting van die dorp, het van die gemeentelede uit die wyk Onder-Vetrivier, onder leiding van J.M. Theunissen briewe aan die gemeentes Bloemfontein en Winburg geskryf waarin hulle vra dat n gemeente op Bultfontein gestig moes word. Op n vergadering van die gemeente Bloemfontein, gehou op 2 Junie 1873, is besluit om die versoek toe te staan omdat Bultfontein so ver van Bloemfontein, Boshof, en Winburg af is. Die kerkraad van Winburg het ook op 5 Julie 1873 ingestem dat die Bultfontein gemeente gestig moes word. Dit was die negentiende gemeente in die Vrystaat met n sieletal van 2000 waarvan 650 lidmate was. Volgens die Almamak voor de Nederduitsch Gereformeerde Kerk van Zuid-Afrika voor het jaar 1876 is die stigtingsjaar van die gemeente 1873. Volgens n brief, November 1873. Die eerste doopsbediening vind op 11 Januarie 1874 op Bultfontein onder n bokseiltent plaas, daar is twaalf kinders gedoop. Die eerste 25 lidmate is op 3 Mei 1894 voorgestel. Die lidmate wie se name vroer in die lidmateregister aangeteken is, het van ander gemeentes af gekom. Bultfontein het nie n eie predikant gehad nie en ds. J.H. van Wyk van Boshof was die konsulent. Die volgende name van kerkraadslede word genoem:

Ouderlinge: J.N. van Dyk, H.W. Ras en A. Dreyer. Diakens: C.P. Prinsloo, A.M. Prinsloo, J.P. Maree, H.J. le Roux, J.M. Theunissen en H.D. Combrinck. Die gemeente is afgestig van die gemeentes Bloemfontein, Boshof, Winburg en Kroonstad. Volgens die notule van die ringsvergadering van 15 April 1875 was die grenslyne soos volg: Van Kopje Alleen na Kalkfontein, vandaar na Breedkopje, vandaar na Biesjesbult by Bodenberg, die noord oostelike punt, vandaar na Tafelkop oor Rietspruit, vandaar na Middelkop, vandaar na Klippan, die plaas van Petrus Myburg, vandaar na Bosjesmanfontein, vandaar na die plaas van die heer Hendrik Badenhorst, vandaar na Aronslaagte, vandaar na die plaas van die heer Naahaus, vandaar met een wydte lyn na die plaas van die heer G. Bezuidenhout aan die Vaalrivier, met Vaalrivier op tot aan Zandspruit, vandaar die driehoeklyn van Kroonstad in die wyk OnderVetrivier tot aan Kopje Alleen. Dit was n uitgestrekte gemeente en daar sou later verskeie gemeentes afstig. Gemeentes is soos volg afgestig: Brandfort 1875, Hoopstad 1876, Ventersburg 1890, Bothaville 1891, Dealesville 1904, Odendaalsrus 1905, Theunissen 1909, Hertzogville 1917, Soutpan 1927, Wesselsbron 1927 en Bultfontein Oos in 1954. De Fakkel, amptelike kerkblad van die N.G. Kerk in daardie tyd, berig dat die gemeente dadelik begin organiseer het om n kerk te bou. Dit het besonder voorspoedig gegaan en in 1876 p.15 verskyn die volgende kennisgewing in De Fakkel: Kerknieuws Bultfontein, district Winburg, De plechtige inwijding van de nieuwe Ned. Ger. Kerk aldaar, zal volgens aankondiging van den W. Eerw. Heer P.A.C. van Heijningen, Consulent, op 4 Februarie 1876 plaats hebben.

Eerste kerkgebou van die Ned. Geref. Gemeente Bultfontein


Die naweek van 4 tot 6 Februarie is die kerk feestelik ingewy. De Fakkel het n volledige berig geplaas waaruit ons die volgende brokkies aanhaal: Ds. Van Heyningen se teks vir die inwydingsrede was 2 Kor. 3: 7 8 Die wet wat in letters op klip gegraveer is, het in heerlikheid gekom. Hierdie heerlikheid, wat tog gou sou verdwyn, het op die gesig van Moses so geskitter dat die Israeliete nie na hom kon bly kyk nie. As die bediening wat tot die dood lei, met soveel heelikheid gekom het, hoeveel groter sal die heerlikheid van die bediening wat deur die Gees geskied, dan nie wees nie? Ten spyte van swaar ren was die opkoms goed. Die kerk het omtrent driehonderd sitplekke gehad. Die preekstoel van mahoniehout (R400) is deur die susters geskenk, mnr. J. Theunissen, wat ook voorsitter van die boukommissie was, het die nagmaalservies gegee en die kinders van die gemeente, die klok. Die heer Theunissen het die dag bekend gemaak dat die boukontrakteur n foutiewe berekening gemaak het en daar was nog R500.00 uitstaande. Die gemeente het spontaan bygedra en op R22.00 na, was die gebou betaal voor die einde van die naweek. Op die ringsvergadering te Harrismith, gehou 14 tot 17 April 1875, is die gemeente Bultfontein vir die eerste keer genoem. Op die Sesde Sinode, gehou te Smithfield vanaf 11 April 1877, is ouderling Johannes Hendrikus Viljoen die afgevaardigde van Bultfontein. In Mei 1877 skryf die kerkraad van Bultfontein, onder andere J.N. van Dyk en J.H. Viljoen, n brief aan die Vrystaatse Volksraad waarin hulle vra dat daar in die begroting voorsiening gemaak word vir die salaris van n predikant. Hulle noem die volgende redes: 1 Bultfontein is as afsonderlike gemeente erken op die ringsvergadering gehou in November 1973. 2 Reeds in Mei 1874, met die sitting van die Vrystaatse Volksraad, het Bultfontein dorp status gekry. 3 Die gemeente het 1500 siele. 4 Bultfontein is 10 uur te perd van Bloemfontein, 10 uur te perd van Winburg, 10 uur te perd van Boshof en 14 uur van Kroonstad af. Die Volksraad het daarteen besluit maar die volgende jaar is die saak heroorweeg en `n sekere bedrag is op 10 Junie 1878 begroot as salaris vir n predikant. In 1879, op die Agtste Sinode, was Bultfontein nog sonder n predikant. Die gemeente is verteenwoordig deur ouderling Hendrik Jacobus le Roux wat hom saam met die here Viljoen en Van Dyk beywer het vir die stigting van die gemeente.

Die plaas Bultfontein is in 1873 vir R2 000.00 deur n paar persone van A. McCullum gekoop met die doel om n dorp te stig. Hulle het die eienaars gebly tot 1885 toe hulle dit aan die kerkraad van die N.G. Kerk verkoop het. Op 25 Junie 1887 is die plaas Bultfontein no. 223, distrik Hoopstad, op die naam van die kerkraad van die N.G. Kerk geregistreer. Die grootte van die plaas was 5933 morge (4223 hektaar)

Ds. Paul August Winter


Tydens die Sinode van 1879 het die leraar van die Duits-Lutherse kerk in Bloemfontein, ds. P.A. Winter, aansoek gedoen om tot die evangeliebediening van die N.G. Kerk in die Vrystaat

toegelaat te word. Hy is in 1851 gebore en sy vader was n Duitse sendeling wat in 1838 na Suid Afrika gekom het en onder die Koranna stamme noord van die Oranjerivier (die Vrystaat) gewerk het. As gevolg van swak gesondheid is ds. Winter senior terug na Duitsland. Daar het Paul op Luckau skoolgegaan en die byname Knappe Afrikaner of Wilde Afrikaner gekry. Na sy teologiese studies in Berlyn het hy in 1874 na Suid Afrika teruggekeer as sendeling op Bethanie. Die volgende jaar het hy die beroep na die Duitse gemeente in Bloemfontein aangeneem en die gemeente bedien tot in 1879 toe hy, na Colloquium Doctum toegelaat is as predikant van die N.G.Kerk. Na sy legitimasie word hy op 7 Oktober 1879 beroep en op 6 Desember 1879 is hy as die eerste predikant op Bultfontein bevestig. Ds. Winter het vir Bultfontein baie beteken. Hy was n goeie prediker, n deeglike pastorale arbeider en gebore leier. Vir die N.G. Kerk in die Vrystaat was hy n aanwins. Hy is herhaaldelik herkies as voorsitter van die noordelike ring wat bestaan het uit Bultfontein, Winburg, Kroonstad, Heilbron, Hoopstad en Parys. Teen 1885 was hy vier keer moderator van die Vrystaatse sinode en een keer assessor. Ten spyte van swak gesondheid ds. Winter in 1892 met n ossewa deur Betsjoeanaland (Botswana) getoer. In dieselfde jaar skryf ds. Winter, as moderator, n artikel in die Desember uitgawe van De Fakkel om mense te bemoedig aangesien duisende stuks groot- en kleinvee van siekte in die Vrystaat gevrek het. n Ernstige sprinkaanplaag het ook die gebied geteister en baie lidmate het dit as plaag van God gesien en geweier om die sprinkane te bestry. Ds. Winter het mense egter aangemoedig om die plaag te bestry. Die gemeente het bestendig gegroei. Volgens die Kerkalmanak van 1896 was die sieletal 1900 en die lidmate 800 en dit nadat vier gemeentes reeds afgestig het. Die ou kerk was heeltemal te klein en het bouvallig geraak. Op 2 Maart 1895 is op n gemeentevergadering besluit om n nuwe kerk te bou.

Tweede kerkgebou van die N.G. Kerk Bultfontein


Die werk is opgedra aan mnr. J.H. Schimper en sy broer van Middelburg (Kaap). Hulle het die kerk op Dewetsdorp kort tevore voltooi en ds. W.A. du Toit van Dewetsdorp het baie gehelp met die opstel van die plan. Die bousom was R11 400.00. Dit het R600.00 vir ekstra sement ingesluit om n fondament van drie meter te gooi omdat die grondformasie so swak was. Asook R800.00 vir die transport van die boumateriaal van Brandfort-stasie na Bultfontein. De Fakkel het berig dat die totale bousom R12 300.00 was. Die kerk se fondamentgedeelte is met blou ysterklip gebou en dit is opgerig op dieselfde plek waar die ou kerk gestaan het. Die hoeksteen het van die plaas Waterbron van mnr. A.M. Prinsloo gekom. Dit is op 11 Januarie 1896 gel deur die heer J.M. Theunissen, volksraadslid vir die wyk Onder-Vet- en Vaalrivier. Mnr. Theunissen se belangstelling en opoffering het baie vir Bultfontein beteken. Ds. Winter se teks by geleentheid van die hoeksteenlegging was: Deze steen zal ulieden zijn tot eene getuigenis. Volgens mnr. H.M.G. Davin, resident vrederegter, het vertel dat daar n bottel onder die hoeksteen ingemessel is waarin dokumente geplaas is om vir die nageslag te bewaar. Daar was onder andere n opsomming deur ds. Winter van die werksaamhede van die kerk en die politieke toestande van daardie tyd in die Vrystaat. Met die sloping van die kerk in 1949 is n afskrif daarvan gemaak en heelwat van die gegewens vir hierdie boek is daaruit gehaal. Verder was daar verskeie muntstukke, onder andere n 1887 Koningin Victoria gouepond, n 1892 Paul Kruger halfkroon. Daar was ook sels, good for bewyse, eksemplare van koerante en kerktydskrifte soos De Burger, The Friend, De Kerkbode en kerkalmanakke. Die inwyding van die kerk was vir die gemeente n dag van groot vreugde maar ook van hartseer. Van die goewermentskantoor af, waar die dienste gehou is solank die kerk in aanbou was, het n optog van 800 mans na die nuwe kerk gestap. Ds. W. Robertson van Petrusburg het die wydingsrede gehou. Onderling Izaak Meintjies, n toegewyde kerkman wat ook ruim tot die boufonds bygedra het, het n nuwe harmonium geskenk. Dieselfde dag het die geliefde eerste leraar van die gemeente aangekondig dat hy n beroep na Hartebeesfontein in die Z.A.R. aanvaar het waar hy tydens die krisisjare met groot vrug gearbei het tot met sy vertrek in 1903 na Middelburg, Kaap. Hierdie waardige kerkman was vir agttien jaar predikant op Bultfontein en het, deur die genade van God, n stewige fondament gel.

Ds.en Mev. Winter

Eerste Pastorie van die Ned. Geref. Gemeente Bultfontein.

Ds. Jacob Arnoldus Pienaar


Na vier onsuksesvolle beroepe het die vyfde beroep geslaag en het proponent J.A .Pienaar in November 1897 aangeneem. Op 20 Januarie 1898 is hy deur 30 perderuiters en 56 karre buite die dorp ontmoet en deur ds. G. Radloff van Hoopstad bevestig. Die teks vir ds. Pienaar se intreepreek was Exodus 17:12 Maar Moses se arms het begin moeg word. Hulle het toe n klip gevat en dit agter hom neergesit sodat hy daarop kon gaan sit. Aron en Hur het sy arms van weerskante af ondersteun sodat sy arms regop gebly het tot sononder. Ds. Pienaar was nog skaars gevestig toe die Tweede Vryheidsoorlog uitbreek. Hy was n vurige volksman en is saam met die Vrystaters op kommando as veldprediker. Daar is sterk

10

sprake dat hy selfs die wapen hanteer en aan gevegte deelgeneem het, onder andere op Damplaas in die Boshof distrik. Hy is gevang en in die tronk aangehou maar later vrygelaat om as kapelaan onder die inwoners van die konsentrasiekamp op Howick in Natal te werk. Na n paar maande is hy toegelaat om weer as veldprediker op kommando te wees. Tydens die Anglo Boereoorlog is die pastorie as fort gebruik en die kerk as hospitaal. Die eerste kerkraadsvergadering na die oorlog in op 6 Desember 1902 gehou. Ds. Pienaar moes die kerkraad vertel dat alle kerkboeke, nagmaalservies en ander benodighede, ondermeer die kanselkleed verdwyn het. Die ligte was weg, die nagmaalstafel en banke vernietig. Alles was verwoes, die pastorie was as fort gebruik en by ds. Pienaar se terugkeer het verflenterde Bybels in die tuin rondgel. Afgesien van die moeilike omstandighede het hy n positiewe boodskap vir die kerkraad gehad. Elkeen moet opgewek word om in eendracht, getrouwheid, liefde en met nieuwe moed de hand aan den ploeg te slaan en in de krcht en in den naam des Heeren zijn werk in Zijn verwoesten wijngaard te aanvaarden. Kermen en klagen zal ons niets helpen. Wij moeten -opnieuw beginnen en de vervallene en verwoeste muren van Jeruzalem weer opbouwen tot eer des Heeren en tot heil van onsterfelijke zielen, en onze oogen op Hem gericht houden, van Wien wij allen kracht, hulp, raad, wijsheid, moed kunnen verwachten en gewisselijk zullen ontvangen. Hy helpe ons!! Ds. Pienaar het self hierdie boodskap uitgeleef en was werklik die spil waarom die heropbou in Bultfontein gedraai het. Sy gemeente het feitlik alles verloor en hy was tevrede met die karige salaris wat hulle in hierdie tyd van armoede kon betaal, mits dit nie onder R200.00 per jaar was nie. Vanaf 1900 tot 1902 toe hy saam met die Boeremagte in die veld was, het hy geen salaris gekry nie en eers in 1912 is R100.00 aan hom vergoed vir hierdie tydperk. Tydens en na die oorlog het ds. Pienaar met hooggeplaastes gekorrespondeer in verband met die armoede en nood van sy gemeentelede. Hy het onder andere aan Emily Hobhouse geskryf oor geld wat sy gestuur het om hulpbehoewendes na die oorlog te help. Sy het geld beskikbaar gestel om tien weefskole in die ou Boererepublieke te begin en op daardie manier die mense te help om geld te verdien. Een van die weefskole is op Bultfontein gestig. In die konsentrasiekamp het hy dasse in die kleure van die Vierkleur van Transvaal, die Transvaalse vlag is so genoem, gemaak. Een van die dasse het hy aan president M.T. Steyn gestuur wat, weens sy gesondheidstoestand in Cannes, Frankryk was. Mev. Steyn het hom per brief bedank en verseker van die president se opregte dank. Ook generaal C.R. de Wet het so n das gekry. Die generaal het hom ook per brief bedank, ook vir sy werk onder die burgers op kommando.

11

Teen 1903 is die gemeentesake weer genormaliseer. Sitplekke in die kerk is verhuur teen pryse wat gewissel het van 25c tot 75c per jaar en dit het n welkome inkomste verseker. n Christelike Strewersvereniging is vir die jongmense gestig want Wij moeten alles doen om onze jeugd voor onze Kerk te bewaren. n Harmonium is aangekoop en R4.00 per maand is begroot as salaris vir n orreliste. Oor Nagmaal naweke sou daar geen vergaderings of basaars wees nie want daar word saamgekom om feest te vieren en wel in rust en stilte. Bultfontein het nog aan die N.G. Kerk behoort en dit was n groot probleem vir die kerkraad. Daar is gereeld verteenwoordigers op die dorpsbestuur benoem. Reeds in Junie 1904 het ds. Pienaar n regsmening by advokaat J.B.M. Hertzog gevra in verband met die verkoop van die dorpsplaas en sy raad was om so gou moontlik te verkoop. Op n gemeentevergadering n maand later is besluit om die grond te verkoop maar 1000 morge (856 hektaar) uit te hou vir gebruik deur kerkgangers. Die besluit is egter nie uitgevoer nie. Op die kerkraadsvergadering in Oktober is pryse vir die erwe vasgestel. Dit het gewissel van R60.00 vir n hoekerf tot R14.00 vir swakker erwe. Daar was baie aansoeke van inwoners wat erwe wou koop en daar is n spesiale komitee uit die kerkraad benoem om dit te behartig. Per proklamasie van die luitenant-goewerneur van die Oranjerivierkolonie, H. Goold-Adams, op 4 November 1904 is die voorwaardes van die Villages Management Ordinance op die kerkplaas van Bultfontein van toepassing gemaak en is bepaal dat 500 morge (428 hektaar) uitgehou word vir gebruik deur lede van die N.G. Kerk. Op daardie grond sou die inwoners van die dorp geen weidingsregte of ander voorregte geniet nie. In 1906 het kerkraadsvergaderings n paar buitengewone dinge opgelewer. Die eerste is dat die heer J. Viljoen die wenslikheid van die stigting van n munisipaliteit genoem het. Advokaat Hertzog se mening is ingewin en het hy het dit aanbeveel. Inwoners was ontevrede daarmee en het per brief protes aangeteken by die kerkraad. Die tweede saak was dat n kontrak met H. Beckley aangegaan is om minerale te soek op die kerkgrond. Hy moes die eerste jaar R500.00 prospekteergeld betaal en vir elke betalende myn R60 000.00. Derdens het die kerkraad n brief van die sekretaris van die krieketklub gekry waarin grond vir n krieketveld gevra is en daar is besluit om, onderhewig aan sekere voorwaardes, erwe af te staan vir n openbare speelgrond. Dit is waar die sportgronde tot 1973 was. Later is die grond aan Senwes verkoop wat hul nuwe geboue daar opgerig het. Die dorpsbestuur moes n dorp bestuur maar het geen vaste eiendom gehad nie. Die bates het aan die kerk behoort, dit het wrywing veroorsaak en die ontwikkeling van die dorp gestrem. In Oktober 1908 het die dorpsbestuur n gereelde bydrae van die kerk gevra en die kerkraad het

12

besluit om 20% van die verkoopprys van erwe aan hulle af te staan vir ontwikkeling en instandhouding van die dorp. Die kerk se finansies was ook maar power. Bydraes vir die kerk was meestal diere en kontant was skaars. Die kerk se skape is dikwels vir R1.00 verkoop. Weidingsregte teen 15c per kop vir grootvee en 5c per kop vir kleinvee was ook n bron van inkomste. Ds. Pienaar het aangeteken dat die weduwee D.J. Meintjies van Valschfontein soms groot bedrae geld aan die kerk geleen het teen een persent en dit was hoogs gewaardeer. In 1910 was daar sprake van om n nuwe pastorie te bou en in 1911 van n skoolkoshuis. Die Onderwysdepartement wou nie die ou C.N.O. skool se koshuis aanvaar nie. In 1915 is dit omskep in n saal, die sogenaamde bliksaal wat jare lank gebruik is. In 1912 is n tender voorlopig aanvaar is vir die bou van n nuwe pastorie maar van bou was daar geen sprake nie. In 1920 het n komitee van 21 vroue die bou van n nuwe pastorie bepleit. Die kerkraad wou eers die geld insamel voordat daar gebou word maar op n gemeentevergadering is besluit om te bou. Die nuwe pastorie is op 25 Maart 1923 ingewy. Gedurende die 1914 rebellie het ds. Pienaar weer by die Vrystaatse magte aangesluit. Hy is gevang en was vir `n tyd op Hoopstad in die tronk en later op Kimberley.

Tweede pastorie, ingewy 25Maart 1923


Van tyd tot tyd is daar gepraat van die stigting van n munisipaliteit. In 1915 is die kerkraad se goedkeuring daarvoor gevra maar die antwoord was dat wreldtoestande te onseker is. In 1919 is die saak op elke kerkraadsvergadering bespreek maar geen besluit is geneem nie. Die finansile posisie van die kerk was benard. In 1930 en 1931 moes lenings van R2 000.00 en R1 000.00 by n plaaslike bank en van die Vrystaatse Sinode geleen word. In 1933, tydens die groot droogte, kon ds. Pienaar se salaris nie betaal word nie en het hy afstand gedoen van R100.00 per jaar van sy salaris. In hierdie tyd het mev. Pienaar se gesondheid verswak en het sy n jaar in Skotland deurgebring. Die koshuis se finansies was ook benard en die gemeente wou die woord skuld nie weer hoor nie. In die dertigerjare het die kerk en dorpsbestuur eindelik tot n vergelyk gekom. Op n openbare vergadering het die inwoners besluit om die dorp van die kerk te koop en n

13

munisipaliteit te stig. In September 1931 is besluit om Bultfontein vir R5 000.00 te verkoop, behalwe die 500 morge (428 hektaar). Kort daarna het die kerkraad egter weer daarteen besluit. Op 5 September 1936 is aangekondig dat die dorpsbestuur die dorpsplaas vir R4 500.00 van die kerk gekoop het, plus 15% netto winste van betalende myne wat op die grond ontwikkel mag word. So kon die kerkskuld wat sedert die Anglo Boereoorlog opgehoop het, gedelg word. Tydens ds. Pienaar se bediening is verskeie projekte aangepak, en het ook die Geloftefees, daardie tyd Dingaansfees genoem, n instelling geword en sedert 1916 is dit jaarliks as n gemeentefees gevier. In 1920 het die kerkraad vir die leraar n motor gekoop om sy gemeentewerk mee te doen. In 1930 is besluit om kelkies tydens Nagmaal te gebruik, die besluit is egter eers veel later uitgevoer. Van 1937 af het ds. Pienaar, wat ook die skriba was, die notule in Afrikaans begin hou en sitplekke in die kerk is nie meer verhuur nie. Op 14 Februarie 1942 het ds. J.A. Pienaar sy laaste kerkraadsvergadering gelei en op 2 Maart, n 44 diensjare, het hy sy emeritaat aanvaar. Soos die meeste predikante, het hy ondersteuners en teenstaanders gehad. Daar was selfs petisies om sy bedanking te eis en hy is by die ring aangekla. Hy is aangekla dat hy n valse leer verkondig: De leraar zou gepredikt hebben: men moet de Handsuppers niet vergewen. Dit word deur ds. Pienaar ontken, waarna hy twee broers versoek om die man te gaan sien en in liefde met hem te spreken. Gedurende die onderhoud is hy van mening dat de leraar te scherp preekt. Hierop reageer ds. Pienaar en s dat hy vasbeslote is om hierdie saak tot die einde toe deur te voer. Broer Walleis moet of bewijzen wat hij zegt of zijne woorden terug trekken. Die saak is blykbaar later bygel want n versoek van die man wat die aanklag gemaak het om die konsistorie en sy meubelment vir skooldoeleindes te gebruik word toegestaan. Deur gereelde, toegewyde huisbesoek, het ds. Pienaar n persoonlike stempel afgedruk. Die Sendingkerkgebou is gedurende die oorlog totaal vernietig, eredienste is eers in die stal en daarna in die waenhuis van die pastorie gehou. Die gemeente het hier ook sy plig gedoen, grond is aan die sendinggemeente beskikbaar gestel en op 19 Maart 1904 word n nuwe kerkgebou ingewy. de gemeente is dankbaar dat zij nu weer een vaste plaatz der aanbidding heeft. Ds. Pienaar het altyd met erns die regte pad probeer aantoon en ook die volksaak gedien. Hy was uiters pligsgetrou en in sy 44 jaar op Bultfontein was hy slegs drie Sondae, afgesien van die

14

oorlogsjare, nie op die kansel nie. Van 1934 tot 1940 was hy actuarius van die Vrystaatse Sinode en dikwels was hy voorsitter van die Noordelike Ring. Na sy demissie het hy op Theunissen gaan woon waar hy in 1950 oorlede is. Alta Pienaar, Ds. Pienaar se kleindogter vertel: Wanneer ons, na hul aftrede, by Oupa en Ouma Pienaar op Theunissen gaan kuier het, het Oupa ons na sy studeerkamer geroep. Hy het altyd XXX pepermente in sy lessenaarlaai gehad. Elkeen moes sy hand hou vir EEN lekker vir die dag. Later was hy al baie swak. Baard netjies en o nog lewendig. Hy het op `n rooi binnebandjie agter sy lessenaar gesit en daardie keer het ons elkeen n Paul Kruger een sjieling gekry. Die gebaar was om ons te bind aan die verlede.

Ds. en Mev. Pienaar

Ds. en Mev. Cilliers

Ds. Jan Danil Cilliers

Na een onsuksesvolle beroep is ds. en mev. Cilliers op 1 Augustus 1942 as die derde leraarspaar uit die gemeente Bloemhof ontvang. Mev. Cilliers is n kleindogter van ds. Winter, die eerste predikant van Bultfontein. Onder ds. Cilliers het n paar dinge verander, dankoffer is anders insameling, die wyke is oor ingedeel, gemeente programme is gedruk ens. Die bou van n nuwe kerk was n prioriteit en n kerkboufonds is in 1944 gestig.

15

Ds. Cilliers het baie aandag aan bouprojekte gegee. n Koshuis was dringend nodig en in September 1944 het die kerkraad R3 600.00 geskenk daarvoor. Daar is ook in die gemeente gekollekteer en Langverwagkoshuis is aansienlik uitgebrei. Daar is ook n kommissie uit die kerkraad benoem om n geskikte terrein te soek waar die nuwe kerk gebou moes word. Die keuse het geval op die vier erwe wes van die kerkhof aangesien dit die beste grondformasie gehad het. H. Vermooten is as argitek aangestel en die boumeesters was Moffett Building & Contracting (Pty) Ltd. Op Dinsdag 1 Februarie 1949 is die eerste sooi op die nuwe kerkterrein deur die oudste rustende ouderling, mnr. Frikkie Bredenkamp gespit. Die naweek van 8 Mei het die gemeente sy vyf en sewentigste verjaardag gevier en by die geleentheid is die hoeksteen van die nuwe kerk deur ds. Cilliers gel. Voor die hoeksteenlegging was daar n optog van 600 manslidmate gelei deur die ringspredikante en afgevaardigdes.

Optog vanaf die 2de kerkgebou na die huidige kerkgebou.

Ds. J. A. Pienaar het die Sondag die feesrede gehou. Onder die hoeksteen is al die voorwerpe wat onder die ou kerk se hoeksteen was weer ingebou, plus nog n paar munte soos n goue pond en goue tiensjielingstuk. n Nuwe orrel is vir R6 000.00 by die firma R. Muller gekoop, ongelukkig was die nie `n baie goeie koop nie. Die ou kerkklok is aan die Gereformeerde gemeente verkoop, die ou kansel aan Soutpan en die meeste van die banke aan Paul Roux se gemeente. Die nuwe kansel is deur die kinders van die gemeente betaal en die kanselkleed is deur die Kindersendingkrans geskenk. Die finale koste van die nuwe kerk was R61 600.00 en deur die ywer van die pastoriepaar is die bousom die jaar na die kerkinwyding betaal. Die kerk is die naweek van 8 Mei 1950 ingewy. Die nuwe orrel is op 14 Oktober 1951 in gebruik geneem maar toe was ds. Cilliers reeds op

16

die punt om na Ottosdal te vertrek. Die teks vir sy afskeidsboodskap was Fil. 4:1 Daarom, my broers, moet julle vas staan en getrou bly aan die Here. Ek het julle baie lief en verlang na julle. Julle is my blydskap en my kroon. Op die laaste kerkraadsvergadering wat ds. Cilliers gelei het, is die wenslikheid van n hulpprediker bespreek. Die gemeente het te groot geword vir een predikant. Die gemeentemotor is aan ds. Cilliers verkoop en daar is ook besluit om voortaan reistoelae aan predikante te betaal as hulle hul privaat motors gebruik vir gemeentewerk. Ds. Cilliers wou graag n tweede koshuis laat bou. Die kerkraad het besluit om R40 000.00 by die Provinsiale Administrasie te leen vir die doel. Die laagste tender was egter R44 000.00. Daar is toe besluit om n nuwe pastorie te bou en die ou pastorie as koshuis te gebruik. Die gebou is vir R10 000.00 aan die Administrasie aangebied. Die werk het reeds begin toe ds.

Die

huidige pastorie, gebou in ds. Cilliers se termyn


Cilliers beroep is. Nege jaar en drie maande was ds. Cilliers op Bultfontein en daar was groot waardering vir sy werk en gesindheid. Daar is soms kleiner bedrae aan die predikantspaar geskenk as blyke van waardering. Albei was ernstig siek terwyl hulle op Bultfontein was en hulle het ook n kindjie verloor. Dit het die bande versterk en die gemeente het met groot hartseer van hulle afskeid geneem. Ds. Cilliers is in Desember 1968 oorlede, vier maande nadat hy sy emeritaat op Lydenburg aanvaar het.

Die eerste drie leraars van die gemeente

17

Die drie kerkgeboue wat deur die eerste drie leraars in gebruik geneem is.

Ds. Zacharias Blomerus Loots


Proponent Loots het aan die einde van1951 sy studie aan die kweekskool op Stellenbosch voltooi en op 19 April 1952 is hy op Bultfontein bevestig. Hy het kans gesien om alleen die groot gemeente te behartig en vir eers is daar nie n hulpprediker beroep nie. Op 14 Junie 1952 is ds. Loots getroud met mej. S.E. Visagie van Strydenburg. In Julie 1953 is besluit om n tweede leraar te beroep en in Augustus is ds. (later doktor) J.J. de Klerk van Lindley beroep. Hy is in Oktober bevestig. In Ds. Loots se tyd het die orrel het probleme gegee maar daar is nie veel aan gedoen nie. Die kerk se finansies het in die vyftigerjare baie verbeter en baie veranderinge is gemaak. Op 8 Mei 1954 is besluit om n dogtersgemeente af te stig. Die lidmate van die oostelike deel van die distrik was baie geesdriftig oor die gedagte en Bultfontein Oos kom tot stand as die elfde gemeente wat van Bultfontein afstig. As bruidskat is die ou kerk ter waarde van R12 000.00, geldelike vergoeding van R16 000.00 en die bliksaal ter waarde van R3 000.00 plus die erwe waarop die kerk en saal gestaan het aan die nuwe

18

gemeente geskenk. Ds. J.J. de Klerk is eenparig deur die gekombineerde kerkraad van Bultfontein Oos as leraar gekies op 16 September 1954.

Ds. J.J. de Klerk Mede Leraar saam met Ds. Loots en eerste leraar van Bultfontein Oos. Bultfontein Oos gemeente.
Aan die begin van 1954 het die kerkraad besluit om n blanke sendeling beroep. Eers op die eerste kerkraadsvergadering van 1955 is ds. L.T. van Zyl (later doktor) beroep.

11de afgestigde

Dr. Ds. B.H. Groenewald Sendeling

L.T.

van

Zyl

Sendeling

Ds. Loots was gedurende die jaar vier maande oorsee om o.m. n studie van evangelisasie te maak. Op die laaste kerkraadsvergadering van die jaar is besluit om R10 000.00 by die Provinsiale Administrasie te leen om by Langverwagkoshuis aan te bou. Aan die einde van 1956 is besluit om n sendingpastorie vir R10 000.00 te bou in President Swartstraat.

19

In 1957 het ds. Loots n beroep na Bainsvlei aanvaar en ook ds. Van Zyl het vertrek. Ds. B.H. Groenewald is op 4 Augustus 1957 hier as sendeling bevestig en ds. F.A. Dreyer twee maande later.

Ds. en mev Dreyer met eregaste tydens die inwyding van die nuwe kerksaal, Sept. 1960 Ds. F. A. Dreyer
Ds. Dreyer van Dewetsdorp was die tweede beroep. Hy is op 11 Oktober 1957 bevestig en gedurende sy bedieningstydperk is groot bedrae geld aan geboue bestee. Op sy eerste kerkraadsvergadering is die dringende behoefte aan huisvesting vir skoliere bespreek. Daar is besluit om R30 000.00 by die Provinsiale Administrasie te leen vir aanbou en herstelwerk aan Langverwag. Die volgende jaar is R1 600.00 geleen vir n monteergebou by Nelieshof. Die ou kerk wat deur mnr. J. H. Reeder gekoop is, is deur hom vir twee jaar gratis tot beskikking van die gemeente gestel om as saal gebruik te word tot in Junie1958. Daar was behoefte aan n kerksaal en n gesamentlike saal vir die twee gemeentes is oorweeg maar dit het nie gerealiseer nie. n Tender vir R39 550.00 van bou aannemer Knoester is aanvaar en in September 1960 was die gebou voltooi. Ds. Cilliers, n vorige predikant, het die wydingsrede gehou.

20

Die orrel was steeds n probleem. Ds. Dreyer het met S.A. Orrelbouers onderhandel om die orrel uit die orrelkamer te haal en op die oostelike galery te plaas. Dit is in 1959 vir R3 600.00 gedoen. n Nuwe kerkhorlosie is in 1961 vir R1 740.00 genstalleer en daar is verbeteringe aangebring vir n verdere R6 000.00. Reeds in 1958 was daar sprake om die sendinggemeentes te skei en in Junie 1962 is so n besluit geneem. In Desember 1962 het ds. Dreyer n beroep na Alberton Oos aanvaar en vroeg in die nuwe jaar is van hom en mev. Dreyer afskeid geneem. Daar was groot waardering vir die toewyding waarmee die pastoriepaar hul werk in die gemeente gedoen het. Die besondere gees waarin mev. Dreyer die gemeente gedien het en die lieflike verhouding en samewerking tussen haar en die susters is spesiaal genoem.

Kerk en saal na 1962

Ds. Rthner Oosthuizen


Na vyf onsuksesvolle beroepe het ds. Luckhoff aangeneem en hy is op 7 September Tydens sy verblyf op Bultfontein is daar baie sendinggebied aangepak. In September 1963 het die van Bultfontein en Bultfontein-Oos saam besluit sendinggemeente te verdeel en daar is twee gestig. Dit het beteken dat daar nuwe geboue sendeling is op die hoek van Diamant- en beroep volgens dieselfde salarisskaal as die Die ou swart woonbuurt is in daardie tyd twee huise vir evangeliste gebou. Voor die oprigting van n sierlike sendingkerk vir met 800 sendingkommissies om die sendinggemeentes nodig was. n Pastorie vir n blanke Pastoriestraat gebou en n sendingleraar is moedergemeente se leraar. ontruim en in die nuwe swart dorp is in 1964 einde van die jaar het die kerkraad die sitplekke goedgekeur. Die boukoste was Oosthuizen van 1963 bevestig. groot projekte op

21

R22 000.00. Die projek het die moederkerk baie gekos en die kerkfondse was uitgeput. Ds. Oosthuizen het die dankofferstelsel hersien. Daar is ook deeglik beplan vir die armsorgwerk wat die kerkraad en O.V.V. saam gedoen het. Nelieshof, die meisieskoshuis, heet ontoereikend geraak en die kerkraad het besluit om die ou pastoriegedeelte te sloop en met n nuwe gebou te vervang. Die kerkraad sou R140 000.00 leen vir die projek en die planne was reeds geteken. In 1968 het die Provinsiale Administrasie egter besluit om die koshuise oor te neem en hulle sou nou die bouwerk doen. In Oktober 1969 het ds. Oosthuizen na Vryburg vertrek.

Ds. Oosthuizen en gesin.

Ds. Jacob Abraham Claassens


Na ses maande en etlike onsuksesvolle beroepe het ds. J.A. Claassens in Mei 1970 n beroep aanvaar vanaf die gemeente Windhoek-Hoogland. bevestig. Op 27 Junie 1970 word hy hier Hy is op Ficksburg gebore en het aan die

Universiteit Pretoria die grade B.A. B.D. behaal. In 1946 het hy die proponentseksamen afgel en die volgende jaar is hy in die gemeente Lichtenburg bevestig. Windhoek-Hoogland bedien. In Transvaal het ds. Claassens in die sinodale kommissies vir sending, evangelisasie en openbare sedelikheid gedien. In Suidwes-Afrika ook in die sinodale sending- spoorweg- jeugevangelisasie- en die permanente leerkommissie. Mev. Claassens se nooiensvan was du Toit. Ds. Claassens het ernstige en prikkelende boodskappe gelewer waarvoor die gemeente groot waardering gehad het. Hy het die gemeentes Bospoort, Wolmaransstad, Lichtenburg, Delareyville-Oos en

22

Die kerk het reeds alle nodige geboue gehad, en dit moes net in stand gehou of verbeter word. In 1973 is besluit om n nuwe orrel te koop maar na skerp prysstygings is die bestelling gekanselleer. Die bestaande orrel is deeglik opgeknap en van n nuwe speelkas voorsien. Daar is nuwe matte in die kerk gel. Die twee items sou R10 000.00 kos en die opknap van die kerkgeboue n verdere R6 000.00. Die gemeente het gegroei tot meer as 900 lidmate en 25 wyke. Dit het weer te veel geword vir intensiewe bearbeiding deur een leraar. Finansieel het dit goed gegaan met die lidmate en dit kan gesien word in hul dankoffer bydraes. In 1943 was die rekord bedrag R6 000.00, in die vyftiger jare R10 000.00, die jare sestig, R25 000.00 en in 1973 R34 000.00. Die Vrouesendingbond en Vrouediensaksie (Vroer bekend as die Sustershulpdiens) werk albei onder toesig van die kerkraad. Deur die jare het die twee organisasies duisende rand ingesamel en die kerkraad baie gehelp. Ds. Claassens het n beroep ontvang en vertrek op 24 Maart 1974 na Riversdal.

Ds. Claassens en gesin Leraars se briewe aan die N.G. Moedergemeente Bultfontein Ds. Z.B. Loots :
Ek wil graag soos Paulus sy sendingbriewe begin met Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus. Op 21 April 1952 is ek op Bultfontein georden en bevestig met handoplegging deur ringspredikante. Omtrent 1000 kerkgangers was teenwoordig. Die lidmatetal was nagenoeg 1600. Met my koms in die gemeente het ek by die bankbestuurder loseer terwyl die pastorie in aanbou was want die ou pastorie was te kolossaal en is aan die Departement as meisieskoshuis verkoop.

23

n Nagmaal naweek het bestaan uit agt dienste en n biduur. Pinksterdienste op die dorp en in die wyke het vir die tien dae bestaan uit 21 boodskappe. Met ds. (later prof.) De Klerk se koms na die gemeente in 1953, het ons twee soos Dawid en Jonatan saamgewerk en die inkomste en kerkbywoning het fenomenaal verbeter. Die sendinggemeente was klein, slegs 120 lidmate. N ds. van Zyl se koms het die sendinggemeente binne twee jaar gegroei tot 4000 lidmate, op daardie stadium die grootste in die O.V.S. Wat die pastorale werk betref kan ek en die lidmate van daardie tyd getuig dat ek met die erns van die ewigheid my prediking en herderlike besoek gedoen het. Hierdie dienslewering was n vreugde, daar was dae van blydskap maar ook dae van hartseer. Vreesloos is oproepe gedoen tot aanbidding, bemoediging, onderrig, vertroosting, vermaning, sonder vrese vir aanstoot. God se Woord het gepraat. Hoeveel vreugde het ons nie met huwelikspare by die huweliksbevestiging gedeel nie en dan later die doop aan die nageslag bedien. Menige keer het ons die bedroefde familie voorgegaan met voetstappe na die laaste rusplek om uit Gods Woord blywende vertroosting te bied by die laaste groet. Skokkend was dit om by meer as een strefbed te staan en uit die mond van die sterwende moes hoor Die waarskuwingswoord van die Ds. het waar geword. Die deur van die hemel is vir my toe. Of: Ds., wat jy ges het is bewaarheid, ek het my teen God te pletter geloop. Daar was ook die mooie belydenis van n ou vader: Vanmre om drieuur het ek God gevind. Of: Ek is 84 jaar oud en het blind geword maar in die goeie dae toe ek kon sien, het ek my Bybel gelees en God se Woord in my hart gebre. Nou, in my blindheid, haal ek so baie maal die Woord uit my hart tot troos. Wat ons gesin betref is ek op 14 Junie 1952 met Susan Visagie van Strydenburg getroud. Drie kinders is uit die huwelik gebore. Marlene, die oudste, n onderwyseres, is getroud met Ds. Jaco van Rooyen. Hulle het twee dogters wat akademies goed presteer. Die tweede dogter, Amanda, n apteker, is getroud met Dr. Chris Cronj, n tandarts. Hulle het drie dogters en n seun. Hul oudste dogter is reeds n tandarts en die ander wil ook tandartse word. Die jongste seun, Rias, is predikant op Koster. Rias en Ina, n onderwyseres, het twee dogters en n seun. Al drie presteer goed. In 1991 het ek in Pretoria-Noord afgetree. Ek het in my bediening permanent en deeltyds in meer as 130 gemeentes opgetree, insluitend in Nederland en ook byna vyf maande onder die Suid Afrikaners in Paraguay. Op 87 jaar, tree ek nog gereeld in gemeentes op. Watter boodskap pas dan by so n gemeente feesviering? Allereers n saluut aan almal wat n positiewe aandeel gehad het in die ontstaan en voortbestaan van die gemeente. Aan die bouers

24

van die gemeente, lidmate, jongmense en kinders vra ons om die stoflike en geestelike erfenis van jul voorgeslagte in ere te hou. Naas die dankbaarheid aan God Drie Enig vir sy oorvloedige genade en kragtige dade, is daar tog seker net n eenvoudige dog alles omvattende wens en bede dat die Koning van Sy Kerk sal bly voortbou, soos in die verlede, op die een vaste fondament van suiwer geloof. Let op wat Miga 6: 8 s: Wat vra die Here anders van jou as om reg te doen, liefde te betuig en ootmoedig met jou God te wandel. Mag hierdie feesviering n verdieping by al sy lede teweegbring. Die gevolg sal wees dat hierdie gemeente vanself n selfs nog kragtiger getuie en dader as tevore op alle terreine sal wees. Agter l n roemryke verlede maar voor n onbekende pad. Daarom wil ek en my eggenote in die taal van 1 Petrus 2:5 vir u s: Laat julle soos lewende stene opbou tot n huis, n heilige priesterdom om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus. Senbede, Z.B. Loots. Mrlene, oudste kind van Ds. Zachie en mev. Susan Loots, gebore 13 Desember 1953 en woonagtig te Bultfontein tot 1957. Daar word met vreugde teruggedink aan n wonderlike tyd toe ons op Bultfontein woonagtig was. Ons beste wense vergesel u as Gemeente. Senwense, Mrlene van Rooyen. Amanda, tweede kind van Ds. Zachie en mev. Susan Loots, gebore 13 Januarie 1956 en woonagtig te Bultfontein tot 1957. Alhoewel ek vir n kort rukkie van my lewe op Bultfontein woonagtig was, kan ek getuig dat dit n baie gelukkige tyd vir ons gesin was. Ons beste wense vergesel u as gemeente, Amanda Cronj. Rias, jongste kind van Ds. Zachie en mev. Susan Loots, gebore 24 Mei 1958 in Bloemfontein. Ons beste senwense word vir u toegebid. Rias Loots.

25

Ds. en Mev. Loots. Ds. en Mev. Loots op hul troudag.

BULTFONTEIN NED. GEREF.- GEMEENTE NOVEMBER 1974 TOT OKTOBER 1978

DS HJ BRANDT
Ons wens Bultfontein Moedergemeente geluk met die 135 ste jaar van hulle bestaan. Ons is die Here dankbaar vir soveel genade en liefde in Sy Kerk. Ons bede is dat die huidige en toekomstige leraar en kerkraad met die goeie werk in Sy Koninkryk sal voortgaan tot by Christus se Wederkoms. Een middag op Umtali in Zimbabwe het ons n oproep van Bultfontein ontvang. Hulle het gevra dat ons mev. Bessie Rheeder, wat by haar dogter in die Burmavallei gekuier het, gaan vertel dat haar man in Bultfontein oorlede is. Hulle het dr. Nico Oosthuizen gevra om haar met sy vliegtuig te gaan haal. Op so n manier het ons paaie met dr. Nico sn in Umtali gekruis. Tydens n konsultasie in Bultfontein het n pasint hom gevra vir n aanbeveling vir n predikant om op die groslys vir die beroep geplaas te word. Hy het die Brandt-familie aanbeveel, omdat ds Brandt se vrou vir hom sulke lekker wors gegee het! Deur die leiding van die Heilige Gees het ons die beroep aanvaar en arriveer in Bultfontein in November 1974 waar ons vier gelukkige en vrugbare jare spandeer het. Ons aankoms in Bultfontein was net so dramaties. Ons meubels wat al vier weke vantevore uit Umtali weg is, het nog nie in Bultfontein aangekom nie. Ons het vanaf Salisbury (Harare) gevlieg en mnr en mev Breytenbach het ons by die lughawe ontmoet. Dit was al donker toe ons in Bultfontein aankom. Mnr Breytenbach ry by die ouetehuis , verligte kerk en saal verby en hou by n klein wit huisie stil met die woorde: En hier is nou die pastorie! Ons was reeds van baie vroeg die oggend op pad en in die lug . Die Brandjies was almal teen di tyd baie moeg en stout. Hy kon nie glo wat hy hoor toe die nuwe predikantsvrou n kragwoord uiter ten aanskoue van die pophuisie/pastorie nie! Ons meubels is oornag opgespoor en terwyl ons die volgende oggend saam met dr. Nico koffie drink, hou die trekwa stil. Toe het ons alreeds ondervind dat die lidmate van Bultfontein hartlike en hulpvaardige mense is wat hard kan werk, want baie gou was die pastorie vol mense wat uitpak en regskuif. S het ons julle leer ken en s sal ons julle altyd onthou, vol hartlike liefde en samewerking! Julle het ons gedra met julle liefde, gasvryheid en opregtheid!

26

Die Brandt-kinders het ook baie mooi herinneringe aan Bultfontein. Hulle het baljaar saam met die gemeente-kinders en soms kleilat gegooi teen die wit mure van die pastorie. Ons kan die Here nooit genoeg dank vir die mooi en doelmatige pastorie wat ons as tuiste kon geniet het nie - ook die baie vrugtebome was n genot. Daar was ook uitdagings, nie net in die bediening en gemeentewerk nie, maar ook persoonlik. So n uitdaging het van Boet Muller gekom. Hy was n baie konserwatiewe ouderling wat verknog was aan sy manelbaadjie. Hyt ges as daar weer n baba in die pastorie sou kom, sal hy van sy manel afskeid neem. Nou ja geen mens kan so n uitdaging ignoreer nie! Toe het die Here ons gesen met die koms van Francois en Boet moes sy manel maar groet. Wie onthou nog die eerste basaar (kermis) op die skouterrein! Die kerkraad wou nie glo dat dertig+ beeste, n klomp skape en varke in die gemeente gekollekteer kon word, en ook nie dat soveel vleis bewerk en verkoop sou kon word nie! Maar hulle het gekollekteer, gewerk en n kermis gehou waaroor koerantberigte geskryf is om die geweldige sukses daarvan te besing. En watter pret was dit nie! Een van die deelnemers aan die musikale motors (soos musical chairs) kon nie met haar wit hohaksandale vinnig genoeg hardloop nie en beveel toe die predikant om met haar skoene te ruil. En daar staan ons eie ds. Brandt in die wit sandale met swart sokkies by die mikrofoon, tot groot pret van almal! Daarna het die gemeente elke jaar net so lekker saamgewerk om basaar te hou tot eer van die Here. Die hoogtepunt was die vrug van die Evangelie-bediening in Bultfontein soos ons dit ervaar het in die lewens van baie lidmate deur hulle geloofstoewyding, liefde en ondersteuning van mekaar. Al was dit droogte en stofstorms, was daar altyd n gees van hoop en optimisme omdat hulle oog altyd op die voorsiening van ons Hemelse Vader was. Die Basberg Geloftefees was ook elke jaar n hoogtepunt waar ons as volksgenote by herhaling herinner is aan die Bloedrivier Gelofte en die inhoud daarvan. Toe ons die beroep na Middelburg-Suid gemeente ontvang het, was ons glad nie bereid om te gaan nie, maar die Here het ons op n wonderbaarlike wyse oortuig dat ons mt gaan. Dit was met groot hartseer dat ons afskeid geneem het van n gemeente wat ons baie liefgehad het, maar as ons terugkyk, weet ons dat die dit wil van die Here was. Terwyl ons skryf, dink ons aan baie dierbare gelowiges wat nie meer daar is nie, maar wat vir ons in die hemel wag.

Die Brandt gesin


Groete van die Brandt-familie aan Moedergemeente Bultfontein. ---ooo0ooo---

27

Hennie en Helena Brandt

Ds. en mev. Potgieter:


Ds. G.D.J. Potgieter is op 28 April 1939 op Robertson gebore. Hy skryf sy Senior Sertifikaat eksamen op Fauresmith, Horskool Werda en studeer B.A. Admissie aan die UOVS (1962) en B.Th. aan die universiteit van Stellenbosch, 1965. seuns gebore. Op 29 Januarie 1966 word ds. Potgieter op Okahandja (SWA) in sy eerste gemeente bevestig. Hy dien later in die gemeentes Molteno, Oudtshoorn-Wes, Oos-Londen Noord, Bultfontein en Bloemfontein waar hy op 25 Oktober 1998 sy emeritaat aanvaar. Bultfontein het hom teruggebring Vrystaat toe en dit is iets waaroor hy bly is. Hy is gemaklik met homself en daarom gemaklik met sy gemeentelede, n aardse mens sonder voorgee wat maklik n paar trekke aan n pyproker se pyp vat en dan kla omdat sy tong brand. Predikante distansieer hulle gewoonlik van die politiek maar ds. Potgieter het selfs die moed om politieke vergaderings met skriflesing en gebed te open. Op n aand toe daar n lekker bui ren uitsak s hy: Hoor net die boeremusiek Ds. Potgieter se warm, vriendelike geaardheid het hom geliefd en gewild gemaak onder sy gemeentelede op Bultfontein. Hy is lief vir mense en kan waarlik deel in ander se vreugde en hartseer. Omdat hy so betrokke was by alles wat op die dorp gebeur het, was hy baie na aan sy gemeentelede en daar was groot waardering vir sy meelewing met die gemeenskap. Hemelse Vader gebring. Die gemeente het met hartseer totsiens ges vit die predikant wat vir amper ses jaar hul geestelike leier maar ook hul vriend was. Op die gholfbaan het hy ook buite die grense van sy gemeente vriende gemaak en mense nader aan die Op 3 Februarie 1962 tree hy in die huwelik met Cornelia Maria Johanna van der Vyver. Uit die huwelik is daar vir hulle n dogter en drie

28

Ds. Johannes Antonie Christoffel Erasmus

Ek en Susan het die voorreg gehad om vir sowat vyf jaar die gemeente te bedien. Dit was n voorreg omdat ons in die vyf jaar kosbare ondervinding opgedoen het vanwe die gemeentelede met n groot verskeidenheid van geaardhede. Met ons ontvangs langs die pad is ons na die pastorie waar ouderling Basie Bruwer my meegedeel het dat die gewoonte hier is dat die dominee sy vrou op die arms oor die drumpel moes indra. Dit was nie moontlik nie en oom Basie het ook nie kans gesien om my te help nie! Dieselfde aand met ons onthaal is ek uitgeroep na n sterfgeval en was dit die eerste van talle begrafnisse wat ek in die gemeente sou waarneem. Probleemgevalle was nie uitgesluit nie, gelukkig is die meeste op vriendskaplike wyse opgelos en kan ek van slegs een geval onthou waar ek moes voel hoe dit voel wanneer n predikant die deur gewys word. Tydens ons verblyf alhier was mnr. Dries Potgieter die bankbestuurder en was ons onmiddellike bure. Hy was baie lief om hanslammers groot te maak en uiteraard was die boere nie suinig om hom te voorsien nie. So nou en dan het hy ook vir my een oor die muur gesit maar dit was gewoonlik van die swakkeres en ek moes hom later vra om maar te stop want ek kon nie voorbly met die sterwensbegeleiding nie. n Insident wat ek goed onthou was een Saterdag waar ek n huwelikspaar moes bevestig. Teen die middag kom daar onverwags vriende van ver by ons aan om tee te drink. Ons het onder die koelteboom in die tuin gesit toe ek besef ek moet gereed maak vir die troue. Toe ek klaar was en die kamer wou verlaat om uit te gaan was my verbasing groot want die deur het sommer vanself gesluit. Ruk en pluk het niks gehelp nie en die tyd het begin uitloop. Roep en skree het ook niks gehelp nie want Susan en ons vriende het steeds in die tuin gesit. Ten einde laaste moes ek deur die bolug van die deur, kop eerste, uitgaan en het Susan en ons vriende my gevang om nie met my kop eerste die vloer te tref nie. Diaken Nols Brummer het later kom ondersoek instel en gevind dat iets met die deurslot verkeerd gegaan het. So van broer Nols gepraat. Een oggend tydens die erediens skryf hy n nota met di woorde: Kyk die spore teen die dak. Hy stuur dit toe in die ry van die diakens af en een na die ander lees dit en kyk dan op na die dak.

29

Die stofstorms in Bultfontein sal nie maklik vergeet word nie en baiekeer het mense ges : Kyk hier kom Boshof nou oor! Die erge ren en oorstromings van 1987 88 sal ook altyd in ons geheue wees. Ouderling Danie Pretorius is toe oorlede en met die besoek aan die plaas het ons so vasgeval dat ek en Susan en nog ander, naastenby vir n kilometer kaalvoet en met opgerolde broekspype moes loop om by die huis te kom. Ons het gedurende 1989 tot ander insigte gekom en uit die N.G. Kerk bedank om ons by die Afrikaanse Protestantse Kerk aan te sluit. Ten slotte wil ek en Susan u gemeente hartlik gelukwens met die herdenking van die bestaan van die gemeente en bid ons u baie jare van ryke seninge in die gemeente toe. Senwense, Ds. Jan en Susan Erasmus

Ds. en mev. Erasmus.

Hendrik Gabriel Greeff


Liewe Gemeente van Bultfontein, Wanneer n mens verjaar is dit altyd weer n geleentheid om te dink aan waarheen jy oppad is. Natuurlik kan jy dan nie anders as om ook te dink aan die pad wat verby is nie. Voorraad opname tyd. Onthou tyd. n Gemeente onthou mos deur sy mense, deur hulle wat op n stadium deel was van daardie gemeente. Ek was een van daardie mense wat deel was van hierdie gemeente en daarom kan dit nie anders as dat dit ook vir my persoonlik n onthou tyd is nie. Ja, ek dink terug en ek onthou. Ek onthou hartseer tye maar gelukkig was daar soveel meer goeie tye. Al die hartseer tye vertel tog maar eintlik van liefde. Liefde wat seergekry het oor n pa of ma of man of vrou of selfs kinders wat deur die dood weg is. Of n liefde wat stukkend geraak het in gebroke verhoudings. Liefde wat teleurgestel het, vertroue wat geskaad is. Ek was so bevoorreg om in hierdie tye saam met hierdie mense te wees. Saam seer te kry maar gelukkig ook saam te lag en vrolik te wees.

30

Ja, ons het baie feesgevier ook. Elke kermis of basaar was n fees. By vele huweliksfeeste het ek gedeel in die vreugde. Ook verjaarsdae en talle vierings en byeenkomste waarvoor ek dink Bultfontein nogal bekend is. Soms was dit groot geleenthede, soms kleiner geleenthede maar dis onthou sake wat by n mens sal bly. Ek onthou hoedat tant Bessie Rheeder gereeld vir my n briefie van bemoediging geskryf het of om dankie te s. Ek onthou vir tant Rennie Vos wie se briefies met n lekkerny daarby ek gereeld op die kansel gekry het en die pepermente van een van die diakens. Toe een van die ander lidmate, n ietwat stout lidmaat, dit hoor het hy besluit om ook sy deel by te dra. Een Sondagoggend was daar toe n hele bossie bokkoms vanaf die Weskus op die kansel. Die gevolg was dat ek daardie oggend gepreek het met my neus in die lug. Wie sal ooit vir Marie Barnard kan vergeet. Ons het gereeld by hulle geet, veral op n Sondag na die diens. Die volgende dag was ek dan gewoonlik siek van die ryk kos. Sy het ook niks daarvan gedink om met haar slaapklere by die pastorie op te daag nie. Terwyl sy by AVBOB gewerk het, het sy gemaklik in die etensuur n slapie gevat in een van die kiste. So het talle pragtige mense ons pad gekruis. Ek het selfs n pa en n ma gerf. Maar julle was almal vir my werklik soos broers en susters en ouers. Ons het baie liefde in hierdie gemeente beleef. Daarvoor wil ek dankie s. Ek was altyd oortuig dat Jesus se liefde hier die botoon voer. Ek vertrou dat dit steeds so is. Dit en die wete dat ons sonder Sy genade niks is nie. n Groot deel van ons kinders se grootword jare het hulle hier beleef. Dit was ook vir hulle n goeie tyd. Baie sal dalk onthou dat ons seun, Pieter, gewoonlik sy hemp en skoene uitgetrek het sodra hy in die kerk gekom het. Die pastorie gesin het gewoonlik agter die ouderlinge gesit, dan het Pieter besluit om van agter af onder die ouderlingsbanke deur te kruip tot voor in die kerk. Hy het dus die ouderlinge redelik wakker gehou. As jy wou weet waar Pieter is, kon jy maar net kyk watter ouderling sit skielik regop. Die Here het egter besluit om ons op n nuwe pad te lei van daar af. So het ons pad dan geloop deur Dealesville, tot in Alexandria. Ook op hierdie pad het ons vele hoogtepunte beleef. Ongelukkig was daar ook die terugslae, die aarde toe kom ervarings. Gelukkig kon ons steeds op die Rots bou. Na n egskeiding, wat altyd baie traumaties is, het die Here aan my n nuwe gesin gegee. Nou het ek nie net drie kinders nie, maar vyf. Ek is selfs al n oupa. Ek hou egter nie baie van die titel nie, aangesien ek my nie met die ou daarin wil assosieer nie.

31

Ons is tans in n nuwe gemeente, waarin die Here ons met groot vrug gebruik. Ek is dankbaar om te kan s dat dit met ons goed gaan. Groete van die Greeffs en baie geluk met hierdie verjaarsdag van die gemeente. Dankie vir julle liefde en mag Sy liefde julle lei om van krag tot krag te gaan. Ek bid Sy sen vir julle toe, Henk Greeff.

Ds. Gerhardus Petrus Delport


Ds. Delport word op 17 Julie 1995 met die vierde beroepsvergadering van N.G. Moedergemeente Bultfontein beroep. Die naweek van 6 tot 8 Oktober 1995 word hy en Sandra as die dertiende leraarspaar in Bultfontein ontvang. Hy bring sy kinderjare in Meyerton en Ventersdorp deur en matrikuleer in 1974 op Meyerton aan die Horskool Dr. Malan. Hy studeer aan die Potchefstroomse Universiteit en doen sy teologiese opleiding aan die Universiteit Pretoria waar hy in 1981 gelegitimeer word. In 1983 word hy in sy eerste gemeente, Kameelboom, georden. In 1986 word hy kapelaan in die S.A.W. met standplaas Messina en in 1990 verhuis hy na Eerste Vesting. Hy is slegs die derde leraar wat Bultfontein langer as 10 jaar bedien. In 2014 sal hy die tweede plek inneem. In 1979 tree hy in die huwelik met Sandra Strydom. Uit die huwelik is drie pragtige dogters gebore. Marike werk tans in Bermuda. Suzanne werk vir die Ouditeur Generaal en Karien is n student. Al drie bekwaam hulle as ouditeure.

Ds. Gert Delport en gesin.


Sandra het in Vereeniging grootgeword waar sy haar skoolloopbaan voltooi het. Sy studeer huishoudkunde aan Tukkies. Sy stel die werk van die Here eerste en ondersteun ds. Gert in al sy werk, lewer kommentaar op sy preke en is altyd beskikbaar. Om

32

met mense te werk is vir haar n vreugde. Sy is kreatief en hou daarvan om met haar hande skeppende werk te doen. Vir haar gesin is sy n egte moeder en gee vir hulle net die beste. Ds. Gert en Sandra is vriendelike mense vir wie Godsdiens n werklikheid is. Humor ontbreek glad nie. Ds. Gert se preke spreek van die liefde en genade van God. Sy roeping as predikant is vir hom n werklikheid. Reeds op die ouderdom van 5 jaar was hy seker dat hy eendag predikant wil word en sy gebed is dat hy dit enduit sal kan wees. Kerkraadsvergaderings lei hy op n bekwame wyse. Sonder om die vergadering af te skeep word sake flink en vinnig afgehandel. Ds. Gert ken sy kerkraad in alle gemeenteaktiwiteite. Hy en Sandra staan vas in hulle geloof. Ds. Gert se ywer vir sending het veroorsaak dat daar tans uitreik aksies aan die gang is na Phahameng en na `n sendingwerker in Rusland. Wanneer daar n noodgeval kom waar n predikant benodig word tree hy onmiddellik op. Hy sal selfs sy tee half gedrink los om dadelik bystand te verleen. In gevalle van siekte of dood vergesel Sandra hom. Tydensn afdag of vakansie, en hy word benodig is hy, waar moontlik, altyd beskikbaar. Andersins bel hy of rel met n ander predikant vir bystand. Voorwaar n pragtige dienskneg en diensmaagd in die Here se diens.

Kerk Amptenare 1873 - 2008


Kosters:
Mnr. J.F. Kachelhoffer Mnr. Vogelsang Mnr. A. Burger Mnr. B. Burger Mnr. P. Brill (23 jaar) Mnr. W. Botes Mev. J. Botes Mev. Bettie van Wyk Mev. Joekie Strauss Mnr. Eric van Zyl Mnr. J.P. Marx Mnr. Gert Prinsloo

33

Mev. Bambie Olivier Mnr. Isak Smith Mnr. S.P. Cilliers

Kassiere:

Ds. P. Winter Mnr. M. Theunissen Ds. A.J. Pienaar Mnr. C.P. Brink Mnr. H.C. Edmeades Mnr. Pollie Beukes Mnr. P.G. Gouws Mnr. J. Van Wyk Mnr. Isak Smith

Skribas:

Ds. Winter Ds. Pienaar Mnr. B.H. Becker Mnr. P.M. Fourie Mnr. T.H. le Roux Mnr. J.H. Wright Mev. R. Liebenberg Mev. B. Olivier Mnr. Isak Smith Mev. T. Theron Mnr. Johan van Rensburg

34

Orreliste:

Mej. L. Van Niekerk Mej. J. Meyer Mej. J. Bosman Mej. K. Britz Mej. S. Mostert Mej. E. Kotz Mev. Ds. De Klerk Mnr. C.M.F. Kruger Mev. J.S. Smith Mej. E. Nel Mev. A. Ferreira Mnr. J. Beukes Mev. M. Barnard

Geskiedenis van die kanselkleed.


Die kanselkleed is in 1896 met die inwyding van die nuwe kerkgebou aan die N.G. Kerk op Bultfontein geskenk deur Johannes Hendricus Viljoen. Hy is gebore in Graaf Reinet. Later woon hy in die Hoopstad distrik wat in daardie stadium nog onder die N.G. gemeente Bultfontein geval het. Hy het dikwels op die kerkraad gedien as waardige en toegewyde ouderling. Die kleed is van blou fluweel met handgeborduurde woorde in silwerdraad en silwer fraiings onderaan. Die naam van die skenker en die datum is onder die fraiings geborduur. Die woorde op die kanselkleed is die van Lukas 10:42 Een ding is nodig. Die Een ding is geloof in Jesus Christus.

35

Reeds vroeg in die Anglo Boereoorlog het n Kanadese soldaat wat aan die oorlog deelgeneem het, die kanselkleed gebuit en dit by sy tuiskoms as geskenk aan sy vriendin, Edith Lockhardt gegee. Sy is gebore op 31 Maart 1882 in Hacton, New Brunswick en in 1913 getroud met dr. Frank S. Bonell van die mediese instituut van Jefferson. In 1915 verhuis hulle na Fairfield, Iona waar dr. Bonell as spesialis praktiseer. Hul seun Robert is in Januarie 1917 gebore en hul dogter Ruth in Augustus 1918. Die kinders het die geskiedenis van die kanselkleed geken en ook geweet dat dit hul moeder dit graag aan die gemeente van wie dit gevat is, wou teruggee maar sy het nie geweet waarheen om dit te stuur nie. Edith is in 1957 oorlede en haar man in 1971. Na haar vader se dood het Ruth in Februarie 1972 die Suid Afrikaanse ambassade gekontak, die verhaal van die kleed vertel en versoek dat dit aan die oorspronklike kerk terugbesorg moes word, of aan n museum geskenk moes word. Sy en haar man het die kleed as geskenk aan die Suid Afrikaanse ambassade gegee. Hierdie brief is deur Ruth Bonell Moyer en Robert M. Moyer onderteken. Die kanselkleed, wat n oorlog deurgemaak en vir 70 jaar in die vreemde bewaar is, is aan Bultfontein Moedergemeente terugbesorg. Op 2 Junie 1972 het ds. Claassens, wat op daardie stadium leraar op Bultfontein was, dit aan dr. Van der Merwe, Moderator van die Vrystaat, oorhandig om in die oorlogsmuseum te bewaar. Op 22 Oktober 2008 het ds. Gert Delport n versoek aan kol. Frik Jacobs by die Oorlogsmuseum gerig waarin hy vra dat die kanselkleed aan Bultfontein Moedergemeente teruggegee moet word. n Maand later het ons die blye nuus ontvang dat die versoek toegestaan gaan word. Die kanselkleed sal in Februarie 2009, tydens ons 135 jarige verjaardagviering, amptelik aan die kerk teruggegee word. Die Oorlogsmuseum het ook belowe om dit een keer per jaar op Bultfontein te kom ontsuur sodat dit goed bewaar sal bly. Ons opregte dank aan Kolonel Jacobs en sy raad, asook aan Jan Hevers, wat ons met raad en daad bygestaan het in ons poging om die kleed terug te kry

Hier en daar het iets verander


Lank gelede het vroue handskoene, hoede en sykouse kerk toe gedra. Hierdie bykomstighede het volgens die mode van die dag verander en veral die hoede het in vele vorme verskyn, n ontwerper se droom. Van klein, ronde hoedjies wat so bo op die kop sit, tot brerand weergawes wat die

36

gesig half versluier en die uitsig van almal wat agter die draer daarvan sit, totaal versper. Die hoed was gewoonlik redelik kleurvol en is versier met blomme, vere, strikke en linte om van die gewilde hoedspeld nie eers te praat nie want dit was n kunswerk op sy eie. n Voordeel van die hoed was dat dit tydkorting vir klein dogtertjies gebied het as die preek te lank word, n mens kon vir ure daarna kyk. n Goedgeklede vrou se handskoene was altyd dieselfde kleur as die hoed. Hierdie vertakking van die klerebedryf het seker floreer want n mooi hoed was maklik duurder as n rok en elke uitrusting het vir sy eie hoed gevra. Mans se kerkdrag was n pak klere en n das. Die kerkraad was uitgevat in wit hemde met wit dasse en swart manelpakke. Die predikant was elke Sondag met wit hemp en das en sy toga op die preekstoel en hy is nooit sonder n pak en das op straat gesien nie. Gedurende die sewentiger jare het die kleredrag vir almal begin verander. Handskoene het eerste in die slag gebly en kort daarna die hoed en sykouse. Mans het sonder baadjies begin kerk toe gaan en later ook sonder n das. Die word in n kort sin ges maar daar is meer as n dekade lank gepraat en gestry oor kleredrag voordat dit verander het. Gedeeltes van teksverse, altyd sonder skriftuurplase, is gereeld aangehaal. Party vr en ander tn meer informele drag maar almal het ewe ernstig verklaar Dit staan in die Bybel. Die gemeente het lankal meer gemaklik aangetrek voordat die kerkraad toegelaat is om sonder manelle in die kerkraadsbanke te sit. Later is hulle verlos van die manelle maar moes steeds swart pakke dra. Laastens het die Herder ook sy toga uitgetrek. In die tagtigerjare het vroue dit begin waag om met langbroekpakke, toe hoogmode, kerk toe te gaan. Dit het n paar rimpels op die water veroorsaak maar nie te erg nie.

`n Familie uitgevat vir `n troue of kerkdiens in die vroe jare.

37

Vroe jare se kleredrag, moontlik was die dames in rou.

Jonkmans, uitgevat vir `n troue. `n Paartjie op hul troudag.

In 1971 het iemand agtergekom dat Mendelssohn die troumars oorspronklik vir n heidense blyspel gekomponeer het en die gort was gaar. Die troumars is heidens en mag nie in die kerk gespeel word nie. Kerkraadsbesluite het dit verbied en bruide het onder die geklank van ander klassieke musiekstukke, wat waarskynlik ook maar vir heidense blyspele gekomponeer is, die kerk ingekom. Tot op n dag, so is vertel, toe n kwaai ma vir die predikant ges het, as die troumars nie speel nie, trou haar kind nie. Die troumars s toe gespeel en was nog nooit weer heidens nie. Sedert die stigting van kerke in Suid Afrika is daar altyd n naweek lank nagmaal gevier. Saterdagmiddag was voorbereiding, Saterdagaand was daar n aanddiens waartydens katkisante en kerkraadslede voorgestel is. Sondagoggend was daar n vroe biduur, later die oggend was dit nagmaal en die middag die dankseggingsdiens. Dit het sin gemaak in die tyd toe gemeentes baie uitgestrek was en lidmate met perdekarre en ossewaens kerk toe gegaan het. Gedurende die sewentiger jare het dit verander. Voorbereiding het na die Sondag voor nagmaal verskuif maar die dankseggingsdiens is steeds dieselfde middag gehou. n Paar jaar later het dit verander en word die dankseggingsdiens die Sondag na nagmaal gehou.

38

In die negentigerjare is die eerste vrouediakens, onder andere mev. Connie de Wet, bevestig. Kort daarna was die meeste diakens vroue en die eerste vroue ouderling is gekies.

Mev. Connie De Wet een van die eerste vroue diakens


Soos al die ander dinge, het kerkmusiek ook verander. Daar word lankal nie meer net gesange en psalms gesing nie. Verskeie liedboekies het verskyn en ons het met n arm vol boeke kerk toe gegaan, daarom was die elektroniese bord waarop die woorde gelees word, baie welkom. Die orrel is ook lankal nie meer die enigste musiekinstrument wat in die kerk gebruik word nie. Soos reeds ges, het alle registers van voor die Anglo-Boereoorlog verlore geraak. Uit die vroegste inskrywings in ons doop- en lidmaatregister kry ons die volgende inligting. In September 1901 het ds. A.P. Kriel vier kinders gedoop. Dit is opvallend dat hulle nie op dieselfde dag gedoop is nie. Op 8 September is Marthinus Prinsloo Muller gedoop, op 9 September, Cornelius Johannes Botes en Jacob Barend Mar, op 11 September is Abrahamina Paulina Pretorius gedoop, vreemde name maar haar pa was Abraham Paul en sy is beslis na hom vernoem. Ons kan aanvaar dat al die lidmate nie geweet het dat daar n predikant gaan wees nie en dat sommige mense later gehoor het daarvan en tog hulle kinders gebring het om gedoop te word. Ds. Kriel was seker bereid om die kinders wat na hom toe gebring is te doop omdat dit buitengewone omstandighede was. Die vroue het waarskynlik alleen hulle kinders gedoop want alle weerbare mans was immers op kommando.

39

Die vroegste inskrywings van jong lidmate wat beleidenis van geloof afgel het, is 2 Junie 1907. Daarna is daar gereeld twee keer per jaar jong lidmate voorgestel.

Die eerste dooplidmate-register wat na die AngloBoereoorlog in gebruik geneem is.


Met die inwyding van die nuwe Moederkerk, is daar 38 jong lidmate voorgestel. Een van hulle, Jan Botha, woon nog in Bultfontein distrik en is steeds lidmaat van die Moederkerk. Op 14 Mei 1950 is daar 13 babas gedoop en drie van hulle, Pepsie Maritz, Danie le Roux en Japie le Roux, woon ook nog in Bultfontein maar is nou lidmate van Bultfontein Oos.

Japie le Roux Pepsie Maritz (gebore Du Toit) en Danie le Roux

Jan Botha
Heelwat herstelwerke is na die begin van hierdie eeu aangepak. Hier volg `n paar daarvan.

40

n Tweedehandse orrel is in 2002 van die Brandfort gemeente gekoop vir R30 000.00, die afbreek daarvan het R12 000.00 gekos en die oprigting hier n verdere R65 000.00, n totaal van R107 000.00. Op 19 Augustus 2004 is besluit om die kerk se dak nuut te teel vir die bedrag van R167 000.00.

Doopvont
Nog iets in die Moederkerk wat kosbaar is en waarvan niemand werklik die geskiedenis ken nie, is die doopvont. Die agtkantige, doopvont is n meter hoog en dit is oorgeblaas met goud. Agter op die bord waarin die doopwater gehou word, is die woorde: Een geschenk van Juffroun F. Le Clus 1897 gegraveer. Niemand weet enige iets meer van die skenker of die doopvont nie.

In die sewentiger jare het die gemeente weer te groot geword om deur een leraar bedien te word. Daar is besluit dat daar n proponent beroep sal word in plaas van n medeleraar. Die proponent het in Huis Vergeet My Nie, die latere Die Bult Aftreeoord, gewoon en die bediening van die inwoners was hoofsaaklik sy taak. Een van die proponente was ds. Henk Greeff. Nadat ds. Potgieter n beroep na Bloemfontein aanvaar het, is ds. Greeff beroep en op Bultfontein georden en bevestig.

Later is daar van n emeritusleraar se diens gebruik gemaak en dit werk baie uitstekend. Die bejaardes vind aanklank by n ouer persoon en hy is nie net hul geestelike leier nie maar ook hul vriend en vertroueling. Die huidige emeritus leraar is Ds. Kobus Odendaal

41

woonagtig naby die tehuis, en altyd beskikbaar vir sy geliefde Oumensies.

Ds. Kobus en Mev. Susan Odendaal,

Die Bult-Aftreoord is onlosmakend deel van Bultfontein Moedergemeente. Twee Ouderlinge en twee diakens bedien die twee Aftreoordwyke, wyke 19 en 20. Dienste vanuit die Moeder Gemeente sowel as uit die Oos-Gemeente word aan die inwoners d.m.v televisie en radio bedien. Ook word hul eie nagmaal aan hulle in die Te-Huis bedien. Al behoort die inwoners aan verskillende denominasies, vind almal baat by die NG. Bediening in die Aftreoord. Ook hier sien ons dieVader se hand in alles, die groei, die vooruitgang en die samesyn van die dierbare inwoners. Mag die Here se sen ook hier op die personeel se harde werk rus.

Die Bultaftreoord in sy babaskoene in die vroe sewentigerjare.

42

Ook die kerkraad het dit nie vrygespring.


Vroer is daar verwys na die lidmate watontdooi het, maar ook die kerkraad en leraars het van die streng swartkleredrag na amper informeel verander, soos op die bygaande foto`s gesien kan word.

Kerkraad uit vervloe dae, gedurende Ds. Claassens se termyn.

Kerkraad uit Ds. Oosthuizen se termyn

43

Ou en nuwe kerkraad 2008 Sendingwerk van die N.G. Kerk


Oral waar n gemeente van die NG Kerk gestig is, is die evangelie aan die plaaslike bevolking verkondig. So vroeg as 1877 is aangeteken dat ds. G.A. Maeder, n sendeling van Witzieshoek, Bultfontein besoek het en begin het met sendingwerk. In De Fakkel van Maart 1893 is genoem dat hier in 1879 met sendingwerk begin is. In die begin jare het die predikant van die blanke kerk die sendingwerk gedoen. Ds. Winter, seun van n sendeling en self ook opgelei as sendeling kon dit baie goed doen. Volgens die argief van die sendingkerk was die eerste twee lidmate van die plaaslike sendinggemeente Petrus en Catherine Tamboekie wat op 30 April 1883 deur ds. Winter bevestig is. Twee van hulle kinders is egter reeds op 4 Maart 1880 gedoop. Hul ouers was nog nie lidmate nie, so hulle is waarskynlik deur ander lidmate gedoop. Die registers van die sendingkerk het, net soos die van die blanke kerk gedurende die oorlog verdwyn. In 1888 was daar 11 lidmate en in 1893 reeds 125. Op daardie stadium was katkisant Petrus, waarskynlik Tamboekie, die blanke leraar behulpsaam. Die aantal lidmate het stadig gegroei. Reeds voor die Anglo Boereoorlog was daar n sendingkerk dit is egter gedurende die oorlog totaal vernietig, sodat eredienste eers in die stal en daarna in die waenhuis van die pastorie gehou is. Die gemeente het, afgesien van die moeilike omstandighede, gehelp. In notules van die Moederkerk sien ons dat daar in 1903 grond vir n sendingkerk geskenk is asook R50.00 en op 19 Maart 1904 word n nuwe kerkgebou ingewy. De Gemeente is dankbaar dat zij nu weer een

44

vaste plaatse der aanbidding heeft. Ds. Pienaar sou die gemeente 44 jaar lank met volharding bedien tot met die aanvaarding van sy emeritaat in 1942. In 1907 was daar sprake van n blanke sendeling maar die voorstel is op n gemeentevergadering afgestem. Teen 1910 het evangelis James Mabote hier onder die swart mense begin werk tot met sy dood in 1936. Daar was behoefte aan n ander kerk en in 1929 waarborg die Oranje Vroue Sendingbondtak op Bultfontein 5% rente op n lening van R200.00 as die kerkraad van die Moederkerk n nuwe sendingkerk laat bou. Die eerste blanke sendeling wat hier gewerk het, was ds. W.F. Loots.

Eerwaarde W.F. Loots 1ste Sendeling

Hy is deur die Algemene Sendingkommissie van die Vrystaatse kerk na Bultfontein gestuur en hy skryf dat dit vir hom onvergeetlike dag was toe hy as jong proponent met sy aankoms deur klompie swart kinders toegesing is: Utlua Moruti oa Morena Welkom dienskneg van die Heer Sy salaris was R25.00 per maand waarvan hy R10.00 losies in die koshuis van die blanke skool moes betaal waar hy gebly het. Hy moes ook toesig hou en die godsdiens waarneem. Hy was ook n hulpprediker vir ds. Pienaar. Hy het nie n voertuig gehad nie en het elke dag lokasie toe geloop om sy werk daar te doen. James Mabote, die evangelis en die swart skoolhoof, Johannes Marokane het hom baie gehelp. Die skoolhoof het hom geleer Sesotho praat sodat hy later selfs in die taal kon preek. Om sy gemeentelede op plase te besoek en saam met die evangelis huisbesoek te doen, het hy soms n kar en perde by goedgesinde boere geleen. Ds. Loots se verblyf op Bultfontein was baie kort. Op 3 September 1932 het hy na Vosburg vertrek en vir die volgende dertien jaar het die werk maar stadig gevorder sonder die leiding van n blanke sendeling. Na die dood van Mabote evangelis David Tsenoli die werk voortgesit. In Oktober 1939 is n nuwe, groter sendingkerk ingewy. In 1945 is die eerste sendeling beroep in kombinasie met Hoopstad. Dit was ds. R.H. Venter van Reitz en hy het op Hoopstad gewoon. het

45

Ds. R.H. Venter


Hy moes in twee gemeentes werk en was ook konsulent in nog vyf ander gemeentes waar hy minstens moes nagmaal hou en doop. In 1950 was daar omtrent 500 lidmate. Ds. Venter se gesondheid het verswak en in 1950 is hy oorlede. Eers in 1955 is ds. L. T. Van Zyl (later doktor) bevestig as die eerste voltydse sendeling op Bultfontein en daarvandaan het die sendinggemeente sterk gegroei. Op 4 Augustus 1957 is ds. B.H. Groenewald hier bevestig.

Dr. L.T. van Zyl B.H. Ds.

Groenewald
Hy het die gemeente beter georganiseer, die insameling van dankoffer verander en sodoende die sendinggemeente meer selfstandig te maak. Hy het van bandmasjiene gebruik gemaak om preke op plase te lewer. Die plaasskole het van 3 tot 22 vermeerder in die ses jaar van sy bediening, nog twee evangeliste is aangestel en die kerk het geweldig gegroei soos die getalle wys: 1957: 1963: 700 lidmate 1600 lidmate 200 in die Sondagskool 1300 in die Sondagskool

Op een stadium was daar 850 siele in die katkisasieklasse! As gevolg van hierdie groei het die sendinggemeente Bultfontein Oos in 1963 afgestig. Net na die afstigting, op 1 Desember 1963, het ds. Groenewald na Schweizer Reneke vertrek.

46

Ds. W. G. J. Bothma het aan die begin van 1965 die werk kom voortsit en bestendig. n Swart leraar en n evangelis het ds. Bothma baie gehelp. Die kerk groei steeds tot n sieletal van 9000, 2800 lidmate en 800 katkisante. Netjiese kerke en huise vir evangeliste is deur die blanke moedergemeentes gebou.

Ds. W.G.T. Bothma en gesin

Ds. P.S. du Plessis en gesin


In die sendinggemeente Bultfontein Oos het ds. P.L. Mulder, en later ds. P.S. du Plessis saam met twee evangeliste gewerk. Die sendinggemeentes het op n stadium gevra om onafhanklik van die blanke gemeentes te werk en daar is aan die wens voldoen. Op 1 Maart 1994 is AMOS TRUST gestig met die visie: Elke plaas vir Christus.

AMOS AGRIMIN WERKSAAMHEDE OOR TIEN JAAR IN BULTFONTEIN.


Volgens die Woord was Amos 'n skaapboer uit Tekoa, Ds. Hennie Viljoen het in 1993 aan die Heer se sendingroeping gehoor gegee en die skaapboer se naam gebruik vir AMOS TRUST wat op 1 Maart 1994 formeel gestig is, as 'n interkerkiike organisasie, gerig op die totale plaasgemeenskap, boere, arbeiders en kinders in Af rika. Visie: "Elke piaas vir Christus". Missie: Om elke persoon in Af rika wat deel vorm van die landelike en boerderygemeenskap, die geieentheid te bied om in 'n persoonlike verhouding met Jesus Christus te staan en volgens die Bybelse waardes en norme te leef. Sedurende 2003 verander die naam vanAmos Trust na

47

Amos Agrimin en tydens 'n strategiese beplanningsgeleentheid in November 2005, is besluit om die Visiesteiiing van Amos te verander. Elkeplaas vir Christus word vevang met "Living and farming God's way". Gedurende Maart 1999 het 16 lidmate, van Moeder- en Oos gemeente die AS en NK in Afrika, 'n AMOS Seminaar in Hoopstad bygewoon en daaruit het die Amos-aksiegroep, "Buitfontein vir Christus" ontstaan. Die eerste Koordineerder was Elsie Cariitz en die Visiedraer Ceciie Marais. Die doel van die aksiegroep was om: (1) opleiding na lede van die plaasgemeenskap te bring wat hulie in staat stei om self weer hui gesinne en ander iede van hui eie gemeenskap te leer. (2) om werkgewers opnuut bewus te maak van hui verantwoordelikheid teenoor hui werkers op geestelike gebied. In Augustus 1999 het die eerste 17 studente onder beskerming van die Aksiegroep met die kursus "Grondwaarhede van die Woord" begin. Ds. Petrus Mentjes was die eerste dosent. Dit was 'n een jaar kursus, wat na twee jaar verleng is. Mnr. David Makomela is sedert 2000 die dosent en nog 83 studente is reeds opgelei. Op heelwat plase word plaasgodsdiens en sondagskool gehou deur oud studente, in samewerking met die werkgewer. Kursus materiaal, Plaasgodsdiens boeke, Invaltyd dagstukkies en kinderlektuur is beskikbaar by Amos Agrimin Hoofkantoor. Die huidige Amos Aksiegroep bestaan uit 11 lede en ons bring die eer aan God vir die voorreg om deel te kon wees van die projek in ons distrik, ons dank aan Kerkrade wat moontlik dit gemaak het.

BARMHARTIGHEIDS-DIENS IN MOEDER-GEMEENTE BULTFONTEIN. AGTERGROND-OMSTANDIGHEDE;


Die totstandkoming van die O.V.V. (V.V.A.) spruit voort uit die nood wat bestaan het in die gemeenskap na die Tweede Vryheidsoorlog en Rebellie. Ds. J. A.Pienaar bygestaan deur sy eggenote het alles in hul vermoe gepoog om die materile en geestelike nood in die gemeente aan te spreek na beindiging van die oorlog. Die O.V.V.(Oranje Vroue Vereniging) was die Vereninging waardeur die Kerk 'n diens gelewer het aan die behoeftiges in die gemeenskap.

48

Dit wat hierdie egpaar tot stand gebring het se waarde was onskatbaar. Beide het groot empatie gehad vir barmhartigheid. In die Groot Geloofswoordeboek van Adrio Kunig beskryf hy barmhartigheid as; "Daar is nie veel verskil tussen barmhartigheid en genade nie. As ons oor God dink, l woorde soos genade, barmhartigheid, ontferming, troue liefde en guns naby mekaar."

DIE STIGTING VAN DIE O.V.V.


Op 29 Januarie 1898 is Proponent J.A. Pienaar as tweede leraar in die nege-jaar oue gemeente bevestig. Hy sou vir vier-en-veertig jaar in Bultfontein in die bediening staan. Ds. Pienaar is getrou bygestaan deur sy eggenote Mev. Johanna Magdalena Moller Pienaar, gebore Naude vanaf Robertson afkomstig. Mev. Pienaar het naskools in Wellington in tale gestudeer waaronder Grieks en Hebreeus. Hierdie bekwame predikantsvrou het opvoeding hoog op haar prioriteitslys gehad en dit gepromoveer. Ds. Pienaar het skaars sy voete gevind in die gemeente toe die Tweede Vryheids-oorlog uitbreek. Ds. Pienaar het as veldprediker die burgers op kommando vergesel, was op 'n stadium gevange maar later toegelaat om weer as veldprediker op te tree. Die trauma van die oorlog, die verwoesting van die land en die geestelike letsels wat dit gelaat het, is in omvang later eers besef nadat dit nagevors en beskryf is. Lord Kitchner se "Verskroeide Aarde Beleid" om plase te verwoes, huise af te brand, vee te dood en vroue en kinders na konsentrasie-kampe te vervoer, het geestelike en materile nood van ontelbare skade gelaat. In Bultfontein-distrik was slegs een opstal wat nie afgebrand is nie, op die plaas van die Wessels-familie naby die huidige Brandfortpad. Die woning het vir baie jare behoue gebly maar is nou bouvallig en onbewoon. Gesien in die lig het die leraar van die gemeente, Ds. J.A. Pienaar wat self baie opgeoffer het en ontbeur het verklaar, "Kermen en klagen zal ons niets help.Wij moeten opniew beginne en de vervalle en verwoeste muren van Jerusalem weer opbouwen" by aanskoue van die verlies en verwaarlosing van die kerk-eiendom van die gemeente. Ds. Pienaar het selfs aan Emily Hobhouse, "Heldin uit die vreemde" soos sy bekend gestaan het, geskryf en om fondse gevra. Hierdie Engelse dame, wat soveel agting geniet het by die Boere, se oortuiging was dat die mens die kosbaarste is in God se Skepping. In Junie 1903 het sy die dorpe Boshof en Hoopstad besoek Die muilwaentjie was oorlaai met meel, koffie en blikkieskos tot so 'n mate dat sy vir haar eie bagasie en beddegoed skaars plek gehad het .Die vergunning van rantsoene was reeds verstryk maar Mej. Hobhouse het met behulp van die "Distress Fund'" en met behulp van vriende hulp verleen. Ds. Pienaar het ook fondse ontvang. Mej. Hobhouse kon nie alle boere help met ploeg-osse nie maar het spanne ploeg-osse gehad wat van plaas tot plaas gegaan het en boere gehelp het. Die ploeg-osse het bekend gestaan as "Mej Hobhouse se ploegosse. Opvoeding was ook hoog op mej.

49

Hobhouse se prioriteitslys. By baie boere-gesinne was 'n gees van absolute verslaenheid teenwoordig. Ds. en mev. Pienaar was die baan-brekers wat naaste-diens in ons gemeenskap daar gestel het. In 1904 is die A.C.V.V. in Kaapstad gestig en die S.A.V.F. in Transvaal. Soortgelyke takke is in die Vrystaat gestig en op 25 Maart 1908 het President Steyn en sy eggenote Tibbie formeel op die plaas De Rust in Bloemfontein die O.V.V. gestig.

STIGTING VAN DIE O.V.V. TAK VAN BULTFONTEIN.


Sekerheid bestaan dat die Tak op 26 Februarie 1916 gestig is. Mev. Pienaar kan met sekerheid as stigter genoem word. Sy het ook met enkele uitsonderinge van 'n paar tydperke die Voorsittersstoel geneem tot 1942. In navorsing na ander stigterlede kom in Kongres-verlae die name voor van ander dames wat verseker ook stigterslede en medewerkers was. Behalwe in die geval van mev. G.M.M. van Wyk, die grootmoeder van Coen Van Wyk, kom geen verdere besonderhede ingewin word nie. Danksy die geskrewe herinneringe van wyle Mnr. A.C. van Wyk, prokureur en later Adminstrateur van die Vrystaat, het hierdie waardevolle inligting behoue gebly. Mev. Van Wyk is in 1880 te Sutherland gebore en het in 1900 aan die College for Teachers, Kaapstad, gekwalifiseer. Sy beklee verskeie poste- vanaf 1905 te Katboskuil plaasskool, distrik van Bultfontein. In 1907 tree sy in die huwelik met mnr. C.H. van Wyk, 'n veeboer van Warmhoek, die familie-plaas waar Coen en A.C. van Wyk tans nog boer. Mev. Van Wyk word deur haar kleinseun, Coen, onthou as 'n sosiale en mensliewende persoon met 'n passie vir kerklike en maatskaplike betrokkenheid. Sy het met toewyding as lidmaat bystand verleen aan die opheffmg van minderbevoorregtes. Sy het vir jare gedien op die O.V.V. en Vroue-sendingbond se besture. Mev. van Wyk was dikwels die afgevaardigde na Kongresse, wat veel geverg het, in aggenome die infra-struktuur van destyds. Die agt-en-dertig kilometer grondpad tussen die plaas Warmhoek en Bultfontein moes met kar en perde afgel word tot die gesin in 1926 'n motor bekom het. Tussen Warmhoek en Bultfontein was meer as twintig hekke. Kerkbesoek was een keer per maand en tydens nagmaal-naweke het hulle in die dorpshuis oorgebly. Dorpshuise of kamers is bewoon deur heelwat plaaslidmate tydens nagmaal omdat vanaf Saterdag-oggend tot Sondag-middag vergaderings, bid-ure, eredienste en kerk-basare geskied het. Ander lidmate het met wa-en osse en tente op die Kerk-terrein uitgekamp. `n Gesin trots op pad Wanneer mev.van Wyk kongresse bygewoon het het sy haar jong kinders gelaat in die sorg van die Hellmuth-gesin, Doornpan. Die families was huisvriende. Mev. Van Wyk naas mev. Pienaar het met baie beplanning en deursettings-vermoe meer as hul deel gedoen. Beide het later gesondheidsprobleme ondervind, mev. Van Wyk is in 1951 oorlede. Beide mevve. Pienaar en van Wyk was tengunste van naskoolse opvoeding en het hiermee

50

blywende waardes toegevoeg aan mense se lewens. Dit alles het geskied teen die agergrond van die depressie, droogtes, muisplaag in 1916, (gevalle van buile-pes is bekend) die 1918-griep epidemie en die droogte van 1933. Vanaf Staatswe het min hulp gekom, die Boere kon na die oorlog 'n beraming maak van skade en aansoek om befondsing doen. In hierdie verband het Emily Hobhouse 'n groot rol gespeel deur in die bresse te tre vir die verarmde Afrikaners. Dikwels het die verarmdes slegs ses pennies uit die pond ontvang as gevolg van knoeiery deur amptenare. Staats-pensioene is eers na 1934 ingestel.

BYWONING VAN O.V.V. KONGRESSE 1918 TOT 1960.


Die Bultfontein-tak het alle kongresse bygewoon. As aanduiding van die tak se vroe funksionering word die volgende inligting in die kongres-verslae gevind. Let gerus op na die ho getal lede. Notule-boeke van hierdie tydperk ontbreek. Slegs kongresverslae is gevind. Sewende kongres; November 1918 te Bloemfontein. Ledetal; 60. Sekretaresse; Mev. Werdmuller. Agste Kongres; November 1920 te Zastron. Verteenwoordiger; Mev. H. de Bruyn. Ledetal; 62 ` Die Tak stel voor dat die Hoofkantoor geskikte boeke onder takke versprei oor die sedelike onderrig vir kinders. Negende Kongres; November 1921 te Ventersburg. Verteenwoordig; Mev. Sarel Combrinck. Ledetal; 64. Sekretaresse; Mev. J. Wessels. Tiende Kongres; Mei 1923 te Heilbron. Verteenwoordiger; mev. Prinsloo. Ledetal; 60. Mev. Ds Pienaar was op hierdie stadium 'n hoofbestuuurslid. Elfde Kongres; Mei 1924 te Fauresmith.

na die oorlog

`n Kinder-begrafins

Verteenwoordigers; Mevve. H. de Bruyn en C. Brink. Ledetal; 63. Mev. Ds. Pienaar was steeds op die Hoofbestuur. Sy lei 'n Bidstond en lees voor uit 2 Konings 4; vers 1 tot 7 en beklemtoon veral vers 2; die beginsel van selfhelp. Dit moet altyd die strewe wees om armes te help om hulself te help. Die band tussen gesinslede moet verbeter word, hulle moet deel in mekaar se lief en leed. Soos die vrou met die kruik vol olie, het elkeen van ons een of ander gawe van die Here ontvang. Ons moet dit gebruik anders verroes dit en word deur motte verteer. Vroue moet die besef he van die nood, daarmee simpatiseer en hulp verleen. Twaalfde Kongres; Maart 1925 te Kroonstad. Verteenwoordigers; Mevve. Davin en J. Wessels. Ledetal; 66. Dertiende Kongres; Mei 1926 te Dewetsdorp. Verteenwoordigers; Mevve. H. de Bruyn en Viljoen. Ledetal; 80.

51

Die Tak versoek dat skoolboeke vir skoolkinders nie dalk goedkoper verkry kan word nie. Die Hoofbestuur beloof om die Onderwys Departement te nader. Vyftiende Kongres; Mei 1928 te Brandfort. Verteenwoordigers; Mevve. Pienaar en Jan Viljoen. Ledetal; 88. Vergaderings gehou; 2 bestuurs en ses ledevergaderings. Mev. Pienaar steeds op die Hoofbestuur. Tak doen verslag dat slegs aan die armes gegee word waar hulp gevra word. Kinders op Normaal-kollege en Tegnieseskool word met geld gehelp. Sestiende Kongres; November 1929 te Bethlehem.

Pienaar

Mev.

Verteenwoordig; Mev. Van Wyk. Ledetal; 74. Vergaderings gehou; 7 lede vergaderings. Inkomste van die Tak; 43 Pond, 2 sjielings en 11 pennies. Die lede-gelde het op die stadium 11 sjielings per lid per jaar beloop. Daar word ook berig dat daar baie behoeftiges is in die gemeenskap maar dat hulp slegs verleen word as daarom gevra word. Sewentiende Kongres; November 1930 te Reddersburg. Verteenwoordiger; Mev. P. Castelyn. Ledetal; 72. Vergaderings gehou; 2 bestuurs en 5 ledevergaderings. Daar is baie arm mense in die omgewing maar hulp word net verleen as daarom gevra word. Daar word 'n jaarlikse bydrae gegee aan die armsorgkommissie. Losies van 'n dogter in die hostel word betaal. Agtiende kongres; Oktober 1931 te Ficksburg. Verteenwoordiger; Mev. C. van Wyk. Ledetal; 75. Inkomste van Tak; 77 Pond, ses sjielings en 11 pennies. ( 1 Pond en 7 pennies per lid.) Twintigste kongres; November 1934 te Clocolan. Verteenwoordiger; Mev. C.H. van Wyk.. Sekretaresse; mev. S.M. Joubert. Hoofbestuur Opvoedingsfonds van 34 pond is verleen aan Gideon Nel van Bultfontein. Beskrywingspunte; Tak vra of jong meisies ook lede van O.V.V. kan word. Kongres meen dit is 'n goeie idee. Bultfontein-tak vra ook wat gedoen kan word met 'n arm gesin van nege kinders. Die eggenote kan nie die gesin onderhou nie en die eggenoot gebruik ongeveer die helfde van sy loon vir drank. Mnr. Oberholtzer van die Departement van Arbeid s hulle is besig met twee dwangkolonies waarheen sulke persone gestuur kan word. Bultfontein-tak versoek dat die goewermentsdokter plaasskole jaarliks besoek, kinders gratis ondersoek

52

en behandel. Die kongres besluit dat meer skoolgesondheidsdienste versoek sal word, veral vir plaasskole. Een en twintigste kongres; November 1935 te Trompsburg. Verteenwoordiger; Mev. F. Bredenkamp. Ledetal 50. Takvoorsitter; Mev. Van Wyk. Twee en twintigste kongres; September 1936 te Johannesburg. Verteenwoordigers; Mevve. H. Bosnian en G. van Wyk. Ledetal 56. Ses en twintigste kongres; Maart 1942 te Bloemfontein. Verteenwoordiger; Mev. B. Nel. Sertifikate ontvang; Mevve; J.A. Pienaar, P. Maree, H. Prinsloo, C.H. Van Wyk en mej. J Ludik. Agt en twintigste kongres; April 1946 te Bloemfontein. Verteenwoordigers; Mevve. Joubert en F. Beukes. Eresertifikaat ontvang; Mev. A. Castelyn.

JUBILEUM KONGRES : Maart 1958 te Bloemfontein

Verteenwoordigers; Mev. Ds. Dreyer en mev. M.F. Muller. Eretekens ontvang; Lede bo sestig jaar en meer as twintig jaar lid van die O.V.V.; Mevve. M.F.Muller, Nel en Prinsloo. Kongres ; September 1960 te Bethlehem. Verteenwoordigers; Mevve. A.J. Muller en I. Louw. Ereteken twintig jaar diens; Mev. M.F. Hellmuth.

PLAASLIKE BYEENKOMSTE EN DIENSLEWERING;


Tot en met 1960 ontbreek notule-boeke en word daar slegs berig oor kongresse en twee plaaslike byeenkomste wat gereel is; 'n Voedingsdag gehou in 1940 en 'n Gesondheidsdag gehou op 26-101942. Die Voedingsdag was 'n sukses, soos berig deur die Sekretaresse mev. Frieda Beukes, moeder van Willie en Johan Beukes. Daar is 'n film vertoon soos verkry vanaf Hoofkantoor en lesings deur mej. S.H. Odendaal vanaf Hoofkantoor. Die beampte van Departement van Arbeid het nie opgedaag nie en mev. Beukes berig dat die boere baie teleurgesteld was .'n Wins van 19 pond is gemaak. Tydens die Geondheidsdag het die skool vroeg 'n optog gehou . Om tienuur het almal in die Saal vergader (Waarskynlik die ou bliksaal wat as kerksaal gedien het. Dit was op die perseel waar Piet Strydom tans die bande-plek het.) Ds. Cilliers het die verrigtinge geopen met Skriflesing en gebed. Hy het hierna die aanwesiges ingelig oor die reuse taak wat die O.V.V. verrig in die gemeenskap .Ook het hy die stigting van 'n Noodhulp-liga bepleit .Die Presidente van die O.V.V., mev. Fourie, het hierna die aanwesiges toegespreek met kern-gedagte dat gesonde ouers ook gesonde kinders het. Mnr. Strauss van Spoorwee het hierna berig wat reeds gedoen word om gesondheid op treine te bevorder. Mnr. Strauss het ook die gevare van rotte en muise in die oordra van buile-pes bespreek en die belangrikheid van hygiene in dorpe. Mev.Ayton het hierna die belangrikheid van 'n goed-ingerigte sieke-kamer bespreek. (Mev. Ayton en haar eggenoot het op die plaas Fairfield gewoon.) Hierna het die plaaslike geneesheer Dr. Joubert 'n lesing oor veneriese siektes gelewer. Daarna was 'n pouse waartydens verversings bedien is.

53

Die mans en kinders is hierna na 'n tent om na 'n lesing van ene mnr. Mostert te luister terwyl suster die dames ingelig het oor voorgeboorte-sorg. Verversings is die dag verkoop,terwyl dogtertjies in die strate gekollekteer het. Mev. Lettie Nel, moeder van Tannie Petro du Toit het 'n pragtige uitstalling gemaak van die aktiwiteite van die V.L.U. Mev. Nel was die Presidente van die V.L.U. Suster Kato Bredenkamp die Distriks-verpleegster het weer 'n uitstalling van 'n goed ingerigte Baba-kamer gemaak.

Bultfontein gehad, 'n netjiese woonhuis waar Hanlie Combrinck vandag haar kliniek bedryf. Gesondheidssorg van hoogstaande gehalte is gelewer deur Suster Bredenkamp en Dr. Joubert.

Suster Bredenkamp het vir baie jare 'n kraam-inrigting in

haar ondanks baie ontbreek.

Ek onthou baie goed hoe my moeder wat self 'n lid was van die O.V.V. gereeld met deernis uit die tuin groente en vrugte, plaasbotter, eiers, melk en vleis verpak het as gawes aan behoeftige gesinne op die dorp. Teenoor hulle wat swaar gehad het moes ons met respek optree en my ouers het vir jare kontak behou met diesulkes .Uit dit wat my moeder nagelaat het is selfs lesings deur haar opgestel en waarskynlik deur voorgedra tydens byeenkomste, die feite is wetenskaplik baie korrek beperkte bronne destyds. Daar was beslis maatskaplike probleme soos alkoholisme,werkskuheid en materiele nood aanwesig. Ook hierdie notules

FUNKSIONERING VANAF 1 951 TOT 2006;


Danksy se aktiwiteite die strewe, Die ledetal het welsynsarm 1962 was die Sedert die laat Vroue-lidmate deur die Kerke onvermydelik weer 'n opbloei In 'n terugblik monumente jaarverslae vanaf 1951 en notules vanaf 1961 kon meer besonderhede oor die Tak verkry word. Inligting is geselekteer met die doel om 'n aanduiding te gee van gebruike en werkswyse van die Tak. sedert 1960 tot 2004 vanaf 45 tot 8 afgeneem. Aanvanklik was die O.V.V. die waardeur die Kerk 'n diens gelewer het aan hulle wat dit benodig het. Tot en met Leraarsvroue die Voorsitters. Hierna het ander dames die Voorsittersstoel gevul. sewentigerjare het die onderskeie Kerke deur die gebruik van Kommissie van (Diensaksies) Barmhartigheids-diens begin lewer . Ook ander funksies is gelewer self.in 1994 het die O.V.V. so 'n laagtepunt bereik dat ontbinding as beskou is. Mev. Christene Duvenhage het hier die leisels geneem en daar was -periode. Huidig is ons weer by 'n laagte-punt. oor die verlede staan twee groot projekte sedert die sewentiger-jare soos reuse van diens, samewerking en ywer deur bemiddeling van die O.V.V..

BEJAARDESORG;
Talle bewyse het. Reeds in bestaan. Vanaf jaarverslag van was slegs daar is in notules en jaarverslae gevind dat bejaardesorg die Tak na aan die hart gel die jaarverslag van 1957 word gevind dat 'n komitee vir "Besoek aan Bejaardes" 1958 is hierdie Komitee, "Komitee in belang van bejaardes" genoem. Volgens die 1963 was 91 persone "onder sorg."Slegs twee was beskou as ekonomies hulpbehoewend. Die meeste bejaardes het nog onafhanklik gewoon. Uit die 91 een persoon wat nie gesondheidsprobleme ondervind het nie. Hulle is gereeld

54

besoek, leesstof is verleen sowel as eetgoed. Die hoogtepunt was op 5-12-1963 toe mev. Cowley een honderd jaar oud geword het. Soos gebruiklik is alle bejaardes uitgenooi en elkeen het 'n geskenkie ontvang. Mev. Cowley was die eregas. Ds. en mev. Pietie Coetzee (geliefde leraars-paar van Bloemfontein) teenwoordig en ds. Coetzee het die skriflesing, gebed en boodskap gebring. Voordrag, sang en konsertina-items is gelewer waarna tee, gepaste eetgoed en botterbroodjies bedien is. Sedert 1957 het die gedagte in Bultfontein ontstaan om 'n inrigting daar te stel vir bejaardes, 'n kraaminrigting en ook 'n verpleeg-inrigting. In 1961 is 'n openbare vergadering bel en 'n komitee gekies om die aanvoorwerk te doen . Geen staatsteun vir so 'n drie-ledige doel kon verkry word nie en in 1967 is besluit om net 'n tehuis vir bejaardes daar te stel. Die Departement van gemeenskapsbou het 'n lening van Rl14 000-00 voorsien. Bydraes uit die gemeenskap was ongeveer R25 000.00 waarvan die O.V.V. alleen R10 000 .00 bygedra het. Huis Vergeet-My-Nie is op 29-09-1971 ingewy en deur veertig inwoners betrek. Die Tak het vir 200 gaste tee en verversings bedien. Die jaarverslag van 1972 maak melding van een duisend tuisbesoeke by bejaardes asook dat 'n kuierhoekie by Huis-Vergeet-My-Nie as basis gestig is. Die jaarlikse onthaal vir bejaardes was nou 'n instelling. Die volgende aanhaling uit die 1974 jaarverslag dui die mooi gesindheid aan waarmee hierdie funksie aangebied is; "Op 1 November kon ons gesellig verkeer met ons bejaardes.Daar is heerlik gesmul aan die lekkernye so met vlytige hande vir hul voorberei.By die ingang van die stadsaal is elke gas verwelkom met 'n skouer-ruikertjie, waar alles nog meer feestelik vertoon het met vrolike blomme op die tafels met smaaklike borde eetgoed. Die onthaal is vir ons Tak en vir die bejaardes die groot gebeurtenis van die jaar. Dis ook dan dat mev. Wendzich een van ons getroue, talentvolle lede die geleentheid nog aangenamer maak met haar klavierspel, wat die ou mensies se gedagtes terugvoer na verloe dae."Behalwe vir die jaarfunksie vir bejaardes is tenminste twee algemene vergaderings per jaar gehou by Huis-Vergeet-My-Nie. Belangstellendes, dikwels oud-O.V.V. lede is uitgenooi, 'n gepaste spreker is genooi en die dag is opgeluister met sang of voordrag-items en heerlike verversings." Gedurende 1976 het die Bejaardesorg-komitee een duisend vyf honderd besoeke afgel. Volgens die jaarverslag van 1977 het die bejaardesorg-komitee in daardie stadium uit ongeveer dertig lede bestaan. Bejaardes is op pensioendae vervoer na die Poskantoor, voetversorging is tuis gedoen en 'n kuierhoekie is gereeld gehou. In 1979 is die Kuierhoekie gestaak. Daar is egter begin met 'n bejaarde-gimnastiekklub onder leiding van mevve. Maartens en Kotze. Hierdie Gim-trim groep het baie gewild geword en gereelde oefen-sessies baie aangename vrye-tyds besteding. Mev. Maartens verlaat Bultfontein gedurende 1986 en mev. Vermeulen bygestaan deur Denise Oosthuizen neem oor. In 1989 begin Ds. Duvenhage met Kom-Weer Diensgroep en met behulp van entoesiastiese dames soos mev. Pienie Smith bereik hierdie aktiwiteit groot hoogtes, soveel so dat dit steeds bestaan en die hoogtepunt van menige bejaarde se maandelikse byeenkoms is. Daar was selfs 'n Komweer-orkes in die vroe negentigerjare onder leiding van mev. Marie Prinsloo (Tans Gouws.) Wie sal vergeet hoe mooi Oom Louw du Toit met sy mondfluitjie gespeel het, Japie Pienaar op die trekklavier, Oom Barend Bornman met sy mondfluitjie, Ansie Durand met haar trekklavier, Oom Hendrik du Toit en talle ander. Onder Tannie Pienie se leiding was selfs 'n bussie vir Kom Weer aangekoop. Ons is so dankbaar dat die Kom Weer orkes weer 'n aanvang geneem het onder bekwame leiding van Tannie Marie Gouws. Dit verleen luister aan menige samekoms.

55

Bejaardes is selfs geneem vir vakansies by die see en opvoerings. Mev.Hannetjie Botha het hier 'n groot aandeel gehad. Vir etlike jare het, Kom Weer diensgroep, ook wegneem-etes geborg ten bate van behoeftige en verswakte bejaardes in die gemeenskap vanuit die tehuis vir bejaardes.

RINKINK KLEUTERSKOOL .
Tydens 'n algemene jaarvergadering op 19-10-1979 het die moontlike oprigting van 'n kleuterskool vir die eerste keer ter sprake gekom. Die volgende vergadering is deur mevve. Flemming en Verschuur van Hoofbestuur bygewoon. Hulle het die vergadering oor die positiewe effek van kleuteronderrig asook oprigtingsprosudure ingelig. Die Takbestuur het die nodige aanvoorwerk gedoen en op 21 Maart 1980 het die lede kollekte-lyste vir die projek gekry. Die bal was aan die rol vir die grootse onderneming en vir die volgende veertienjaar het dit 'n groot deel van die Tak se aandag en energie in beslag geneem. Die volgende aanhaling uit die jaarverslag vir 1980\81 dui die situasie soos op 31-03-1981 aan; "Ons opregte dank aan die bestuur en ouers. Rinkink Kleuterskool het ge-open op 13-10-1981. Ons huur tans 'n gebou van die Administrasie (Paaie) tot ons gebou het. Daar is twintig voltydse kleuters en veertig wat Maandae en Vrydae die skool bywoon. Die bywoning syfer bly konstantons is hard besig om fondse in te samel met die oog om te kan bou. Gedurende April 1981 ontvang die Tak 'n skrywe van Hoofkanoor waarvolgens 'n lening van Rl 0,000 teen 8 % rente vir Rinkink toegestaan is .Die Tak self het toe ongeveer R7,000 ingesamel en besluit om te begin bou. Volgens die jaarverslag van 1981\82 is 'n bestaande gebou op die perseel, waaroor die Tak reeds beskik het, teen R25,000 gerestoureer en is in Oktober 1981 oorgetrek.. Daar was twee voltydse en een deeltydse onderwyseres in diens. Een voltydse pos is van staatswe gesubsideer. Die ander twee onderwyseresse sowel as die bedryfskoste is deur die Tak betaal. Deurlopende fondsinsamelings was dus nodig. Tydens die Tak se afsluitingsfunksie op 18 November 1983 waarheen plaaslike belangstellendes sowel as Hoofbestuurslede genooi is, is 'n tjek van R6,OOO aan mev. Flemming oorhandig. Daarmee was die lening van Rl0,000 wat in 1981 aangegaan is, afbetaal. Die behoefte aan nog 'n klaskamer en 'n stoorvertrek het spoedig ontstaan. 'n Lening van R6 000,00 is aangegaan en die aanbouing is gedurende 1984 gedoen. Hierdie lening was aan die einde van 1985 reeds terugbetaal. Gedurende 1988 is 'n verdere opgradering van die gebou aangepak. Staatssubsidie is daarvoor ontvang maar 'n skuldlas van ongeveer R6 000.00 is oorgehou. 'n Lening vir die bedrag is teen 'n gunstige rentekoers by Hoofkantoor verkry om die bankskuld te delg. Teen Maart 1994 het die skuld by Hoofkantoor nog sowat R7 800.00 bedrae. Die Tak het nie kans gesien vir verdere terugbetaling nie en gevolglik die gebou aan die Bultfonteinse Munisipaliteit aangebied met voorwaarde dat die Tak 'n huurkontrak van vyftig jaar met die Munisipaliteit aangaan. Hoofbestuur was egter nie ten gunste van die verkoop van die gebou nie en het besluit om eerder die volle bedrag van skulde af te skryf. Soveel is reeds bel in die Keuterskool, eienaarskap is dus behou deur die O.V.V. Tak. Sedertdien funksioneer Rinkink selfstandig en aanvaar die Beheerraad volle flnansile verantwoordelikheid. Baie energie, harde arbeid en optimisme het van Rinkink Kleuterskool 'n spogskool gemaak en voorbeelde van baie kleuters wat hier 'n grondslag ontvang het, vul vandag belangrike betrekkings .Op 7 Oktober 2008 het die personeel en leerlinge finaal voorbereide klasse gevul op die terrein van Bultfontein Horskool.

56

In die gemeenskap arbei hulle, wat alma mater trots besit, vir die uitbou van die gemeenskap en sal hierdie bakermat van opvoeding weer benut word tot voordeel van ons gemeenskap Ons bring hulde aan Voorsitters soos mevve.J Breedt, S.Hellmuth, R.Wessels,E- Davin S.Grobler en C.Duvenhage wat 'n diens van onskatbare waarde gelewer het

FONDSINSAMELINGS;
Notules verleen 'n goeie aanduiding van die Tak se aktiwiteite om fondse in te samel.Hoofsaaklik is die volgende metodes aangewend; Donasies ontvang; Veral in 1981 ten bate van Rinkink kleuterskool. Straatkollektes; Een elk in 1973 en 1976 gehou. Kollektelyste; Vanaf 1962 tot 1980 is lede vier keer versoek om te kollekteer. Straattafels; Vanaf 1967 tot 2004 ongeveer veertien straattafels gehou. Troues; Vanaf 1963 tot 1990 is agt huweliksonthale onderneem vir fonds insameling. Etes; Vanaf 1974 tot 1993 is voorsiening van nege voile etes vir groepe onderneem.. Plaasvendusies; Vanaf 1967 tot 1989 is by agt vendusies verversings verkoop. Skoustalletjie; Vanaf 1981 tot 1985 is by drie skoue voedsel verkoop. Konserte; In 1980 en 1981 kaartjies vir 'n koorgroep en hipnotiseerder vir 'n deel van die inkomste. Volgens notules was hierdie funksies in besonderhede en gemotiveerd aangepak . Funksies was hoog suksesvol aangebied.

"n Interessante aanhaling uit 'n notule van 'n plaas-vendusie op 19-04-1972 op die plaas van mnr. Koos Rheeder, Excelsior, lees as volg. Twee skape sal gereed wees vir braai. Jaffles sal verkoop word asook kospakkies bestaande uit 'n toebroodjie en twee frikkadelle. Kerrievleis en rys sal deur die Voorsitster mev. Emma Davin gebring word. Mev. S.Mostert frikkadelle, O.Muller koue boud, C.Marais eiers en fikkadelle.. Mev. E.van Wyk neem verantwoordelikheid van pannekoek. Sy sorg ook vir breekgoed en panne van O.V.S.B.(Oranje Vrystaat Sendingbond,) Twee dosyn brode deur die volgende; Mev. Wendzich een dosyn, mev. Du Rand ses en mev. Marx ook ses. Mev.Hellmuth een pond margarien en ook mev. D.Claasens. Mev. M.Muller gee bydrae van een rand. Afwesige lede sal per foon om 'n bydrae gevra word. Mevve. S. en Basie Mostert, E. Davin en Pienie Smith sal gebakte poedings gee. " Die getal vendusiegangers is egter onbekend. Dit is egter bekend dat die plaas Excelsior nege en twintig kilometer grondpad vanaf Bultfontein is. Mnr. Rheeder het "darem geriewe en hulp" voorsien. Die opbrengs van hierdie verkoping was sewentig Rand. Wat het hierdie vroue gemotiveer? Die strewe om 'n diens aan die naaste te lewer?
Die volgende aanhaling uit 'n notule van 15 September 1967 verskaf miskien 'n deel van die antwoord; "Mev.Muller (waarskynlik mev.Ousus Muller die grootmoeder van wyle Naas Muller) s

57

funksies is daar om geld in te samel en 'n gesellige verkeer onder lede te verseker, daar leer ons mekaar ook beter ken en word nuwe vriendskapsbande gesmee."

WERKSAAMHEDE VAN DIE O,V.V. VANAF 1994 TOT 2008;


Barmhartigheidsdiens is deur die onderskeie Kerke self hanteer. Mev.Duvenhage het met baie ywer haar daarop toegee om vroue in Phahameng te bemagtig om hulself te help. Vanaf die S.A.V.F. in Transvaal het ons die "Vroue Uitreik" gidse ontvang en vir 'n groep vroue op weeklikse basis hierdie leersame lesings tot self-opvoeding aangebied. Mev. Duvenhage het selfs gepoog om 'n O.V.V. tak in Phahameng te stig. Die Tak het onder leiding van Lilian Acron 'n baie geslaagde ouerleidingskursus op maandelikse basis aan gebied. Lilian het ook babamelk by die kliniek in Phahameng verkoop asook met 'n naaldwerk-groepie begin. Dit was baie geslaagd. Magda Rossouw het hier net so 'n waardevolle diens gelewer. Mev. Pienie Smith het met baie entoesiasme in 1995 die Voorsittersstoel oorgeneem. Onder haar leiding het ons weer groot hoogtes bereik. Benewens die ouerleiding, naaldwerk-groepie, Vroueuitreik lesings, het Albert Pretorius namens die O.V.V. skole besoek en films vertoon rakende alkoholmisbruik. Tannie Pienie het ook 'n groot insameling geloods waartydens fondse, klerasie, komberse en klere ingesamel is. Die funksie was 'n reuse sukses, soveel so dat ons met 'n klere-kamer vir die bre gemeenskap kon begin. In hierdie jare was die nood-voedsel pakkie voorsien deur die O.V.V. die enigste waarop ek in dienslewering by die Munisipaliteit aan noodlydendes in Phahameng kon voorsien. Kerstyd is aan bejaardes in ons gemeentes wat nie bevoordeel is met kerspakkies vanuit die onderskeie Kerke, 'n Kerspakkie verleen. Ook is 'n pakkie eetgoed op Kersdag aan behoeftige bejaardes in Bultfontein Versorgingsdienste verleen.'n Hoogtepunt van die jaar was toe mevve. L.Verschuur en Gerda Botha van Hoofkantoor op 20 November 1995 aan die tak (sonder maatskaplike werker in diens) 'n trofee vir beste prestasie van die jaar aan die Voorsitter, mev. P.Smith oorhandig het. ' n Koor van Bultfontein Versorgingsdienste het pragtige kersliedere gesing. Hoogte-punte hierna was die besoek van mev. Cunningham van die tak op Bloemfontein met 'n insiggewende lesing oor Alzheimersiekte op 25 November 1996 by Bultfontein Versorgingsdienste. Die Tak was ook betrokke by Kansa en die volgende Voorsitter, Lilian Acron word aangewys as Vonkelvrou van Kansa. Die O.V.V. het ook leiding geneem deur die gemeenskap in te lig oor maatskaplike probleme, op 9 Maart 1998 lig twee maatskaplike werkers van Bloemfontein tydens 'n groot byeenkoms die aanwesiges in oor aborsie en aanneming. Die nuwe Aborsie-wetgewing het in werking getree. Op 2 September 1998 het ds. Christo Greyling van Stellenbosch by 'n werkswinkel, deur die Tak gerel, as spreker opgetree. Vigs is 'n realiteit in die gemeenskap en hierdie werkswinkel is as baie positief ervaar deur belangstellendes en leiers in die gemeenskap. Op 19 November 1998 is weereens 'n suksesvolle werkswinkel aangebied deur Dr. Sandra Ferreira, maatskaplike dosent aan U.O.V.S. oor "Verlieshantering." Die Voorsitter van die O.V.V. het die tak verteenwoordig by Rinkink Kleuterskool en het waardevolle diens gelewer. Fondse ingesamel tydens straattafels en donasies is gebruik as noodfonds vir die Maatskaplike Werker ten bate van noodlydendes in Phahameng en ook vir lidmate wat kerklos was. Gemolesteerde kinders is met behulp van die O.V.V. verwys na Famsa vir berading. Dit was

58

meestal swart kinders. Die O.V.V. het ook 'n kamer ingerig by die Polisie-stasie waarheen gemolesteerde kinders geneem kom word, voorsien kon word van skoon onderklere en 'n sagte speelding. `n Swart vrou is opgelei om die maatskaplike werker behulpsaam te wees waar kinders gemolesteer is en die taal 'n probleem was.

SAMEVATTEND;
Ons staan met die huidige V.V.A.(Vrystaat Versorging in Aksie) of soos ons dit geken het by 'n monument wat 92 jaar oud is.Vele vroue in die gemeenskap het van groot-moeder, moeder tot dogter 'n diens gelewer. Wat het hulle geinspireer? Ek glo dit was geloof in praktyk, sender hierdie praktiese uitlewing sou daar geen wesenlike waarde gewees het vir hulle geloof in hul medemens in nood. Gun my om namens baie ontvangers 'n krans te l op die grafte van hulle ons reeds vooruit gegaan asook om 'n ruiker van blomme te verleen aan hulle steeds arbeidsaam in ons gemeenskap. Weet verseker, ons dade groot of klein, is soos klippies wat ons in die poel van tyd gooi. Self verdwyn hulle, maar die sirkels op die water kring uit tot in Ewigheid. Daar is nog 'n taak om te vervul, daar is steeds nood wat aangespreek moet, miskien net onder 'n ander koepel. Erkenning van dank aan Wila Loock wat behulpsaam was met die navorsing. Ook aan Coen en Herculina van Wyk met beskikbaarheid van dokumente.3 Oktober 2008.

ARTIKEL VIR FEES-UITGAWE; DIENS VAN BARMHARTIGHEID. AGTERGROND;


Barmhartigheid is 'n Bybelse opdrag aan ons en deel van die Kerk se dienslewering.In ons gemeenskap was Ds. en mev. Pienaar die grond-leggers na afloop van die Anglo-Boereoorlog.Bultfontein was 'n klein dorpie en nie gereken nie, gevolglik het die dorp saam met die plase deurgeloop onder swaard, bajonet en vuur. Die oorlewende lidmate was verarm, gestroop van waardigheid en verslae. Terselfdertyd het 'n verwoestende droogte geheers van 1902 tot 1904 wat verdere vee-vrektes en mislukte oeste tot gevolg gehad het Hierdie Christen gefundeerde uitreik na hulpbehoewende lidmate het sedertdien 'n gevestigde diens in ons Kerk geraak met geinspireerde skenkers, dikwels nasate van vroeere weldoeners.

DIENS VAN BARMHARTIGHEID OOR ELF-JAAR PERIODE.


Die afgelope elf jaar word Barmhartigheid gestruktueerd hanteer deur Ds. Gert Delport, die Hoofdiaken (tans Hannes Prinsloo) en myself. Wyle Oom Herklaas Botha het 'n bedrag geld nagelaat in Trust, waarvan die rente vir Barmhartigheid aangewend kan word.(H.P. Botha-fonds.) Die Finansiele Kommissie met toestemming van die Kerkraad, bewillig verdere fondse vir die doel, as die rente-inkomste nie genoegsaam is nie. Wyle Oom Herklaas was goed bekend aan my en kan beskryf word as 'n besondere persoon. Hy het gereeld na my kantoor by die Munisipaliteit gekom en ek onthou horn as nugter-denkenk, gelowig en uniek. Tuis het hy in eenvoud geleef, met oorleg en was lank die versorger van sy eggenote. Kort voor sy oorlye het Oom Herklaas hierdie besondere bemaking aan ons Gemeente en Oosgemeente in sy testament gedoen.Ek was innig dankbaar teenoor horn en tydens 'n persoonlike besoek aan hom in Bultfontein Versorgingsdienste, was sy nugtere en weldeurdenkte opdrag aan my; "

59

Moenie spykers koop nie.(mors) Koop kos vir honger kinders en mense."Die ander opdrag wat ook na aan sy hart gel het was dat om, om te sien na behoeftige bejaardes wat opgeneem moes word in die tehuis en wat nie oor genoegsame fondse beskik nie. Met evaluering van versoeke om hulpverlening, staan die gedissiplineerde voorbeeld en opdrag van Oom Herklaas my dikwels helder voor die gees.Die doel van hulpverlening is om lidmate sodanig behulpsaam te wees dat hulle met vrymoedigheid kan inskakel by die Kerk en menswaardig kan oorleef. Armoede en swaarkry maak ons nie minder werd nie, 'n mens se karakter word deur sy inbors, integriteit en idealisme bepaal. Ons het oor jare 'n stewige ondersteuningsstelsel verkry met lidmate oor gemeente-grense heen, wat uitreik na ander lidmate wat nood ondervind. Armoede het toegeneem omdat lewenskostes die hoogte ingeskiet het. Ek kan die Vader nie genoeg dankie s vir die sterk ondersteunings-stelsel waarop ek kan terug val nie. Armoede onder mede-lidmate neem toe omrede; Genoegsame voorsiening vir die oudag dikwels onvoldoende is. Salarisse en pensioene onvoldoende is om verblyf en verpligtinge by die Munisipaliteit te verhaal en lewenskoste te dek.Waar kinders is, is hul inkomste dikwels van so 'n aard dat hulself moeilik die mas opkom. Verswakkende gesondheid en mediese kostes. Spesiale onderrig is onbekostigbaar duur vir kinders wat in die normale stroom-lyn van onderrig nie kan meedoen nie. Die moeilikste langtermyn maatskaplike probleem om te hanteer is onvoldoende skoling, onvermo om 'n eie situasie te besef tesame met swak morele waardes.

Barmhartigheid is ook die opheffing van die mens deur die opheffing van sy siel. Barmhartigheid loop hand aan hand met Evangelisasie. Andersins het dit geen Ewigheids waarde. Ons is bevoorreg en gesend om maandeliks vanaf twee skenkers genoegsame, vars mielie-meel van hoogstaande gehalte te ontvang. Ook veertig sakkies vars artappels elke maand vanaf Maart tot Oktober gedurende die oestyd. Beide voeselsoorte is deel van 'n geballanseerde diee't en spaar 'n groot deel van 'n begroting. Met die skenking van 'n bees, word die vleis in gewig by Nelmar "gebank".Soos benodig vir maandpakkies, word dit in ekonomiese maat in die vorm van wors, maalvleis en 'n klein hoeveelheid potstowe-vleis onttrek. Elke gesin ontvang in hierdie vorm sy klaar bewerkte, verpakte vleis. Hierdie fantastiese diens word kosteloos deur Nelmar oor jare reeds, gelewer. Van tyd tot tyd word groente geskenk, en ook vars asook gekraakte eiers vanaf die Eier-plaas. Ander skenkings soos blikkies-kos, kruideniersware en brood, ingesamel deur spesifieke projekte in die gemeenskap, word ook gegee aan hulle in die dorp by wie nood bestaan. Ons het uitstekende samewerking met ander Gemeentes en poog om oorvleueling uit te skakel. Ons beskik ook oor 'n goed toegeruste klere-kamer wat behartig word deur twee opregte Christen lidmate met ongekende ywer. Skenkings kom oor gemeente-grense heen en skenkings sluit dikwels breekgoed, linne-ware en baba-benodigdhede in.

60

Sedert ek op 1 Mei 2008 die kantoor by die Moederkerk-saal betrek het, ontvang ons ook kontant as skenking om nood aan te spreek. Skenkers word presies ingelig waarvoor skenkings aangewend word. So kon ons pragtige komberse in die winter aankoop met kontant bewillig vir die doel. Ander behoeftes van hulpbehoewendes kon ook so aangespreek word. Andersins word kontant inbetaal in die Bultfontein Noodfonds wat deur die Hoofdiakens van die bestaande Kerke in die dorp in samewerking met die Maatskaplike Werker aangewend kan word. Die hoogtepunt van die jaar is wanneer 'n spesiale kers-projek van stapel gestuur word ten bate van hulle wat nood het in ons gemeente Weereens dra skenkers en wyke soveel by, dat aan elke gesin 'n besondere pakkie verleen kan word. Vanaf Wyk 26 is ook 16 ton mielies bewillig ten bate van Barmhartigheids-diens se begroting hierdie afgelope oesjaar. Sulke vertroue, deelname en empatie laat my besef dat God getrou is in Sy Belofte van Voorsiening. Barmhartigheid is ook Genade, dit is die krag om die werklikheid onder o te neem, om te erken soms is alles verkeerd maar tog te weet alles sal reg wees in jou lewe. Genade is een woord vir alles wat God vir ons is, in Gedaante van Jesus Christus. ( Lewis Smedes.) Ons kan Genade nie verdien of koop nie, maar as ons aan God behoort, behoort Sy Genade reeds aan ons.

MuMuriel Bezuidenhout. 1710/2008

BULTFONTEIN NOODFONDS .
Die Bultfontein Noodfonds was die breinkind van Ds. Gert Delport. In 1999 het die gemeente 'n baie goeie oesjaar beleef en lidmate het versoek dat 'n Dankseggingsdiens gehou moes word. Ds. Gert het voorgestel dat die insameling tydens die diens sou gaan vir die stigting van die Bultfontein Noodfonds. Dit het almal welgeval. In Augustus 1999 is die spesiale dankdiens gehou met lidmate uit al die gemeentes. 'n Gesende bedrag van R15 000.00 is ingesamel en`n spaarrekening is by Absa geopen. Die Hoofdiakens van die Moedergemeente, Oos Gemeente, Gereformeerde Gemeente en A.G.S. dien op die Bestuur saam met die Maatskaplike Werker. Fondse word aangewend om buitengewone behoeftes aan te spreek oor gemeente-grense heen. Daar word behoorlik boek gehou en dit word gereeld ge-oudit. Behoeftes in die verlede aangespreek; Brille op pakket-basis vir behoeftige lidmate. Nood-verblyf vir gestrande gesinne in die boemelaar-kamer in Bultfontein Hotel. Eenmalige etes vir Boemelaars.

61

Nood voedsel pakkie vir behoeftige gesinne op eenmalige basis totdat hulle inskakel by bestaande kerke Nood mediese pakket-gelde vir behoeftiges by ons plaaslike geneeshere. Hulp met begrafnis-kostes van hulpbehoewende lidmate. Sportdrag, skooldrag, warm klerasie(skool-verband), bykomende hulp met skool-toere ten bate van behoeftige leerlinge. Kerkskoene vir veral mans-lidmate indien ons nie daaroor beskik in die klere-kamer.

AANVULLING VAN DIE FONDS;


Kerssangdiens. Donasies. Spesiale kollekte tydens 'n Ere-diens.

Hierdie besondere fonds word na behore hanteer en bestuur. Vir baie noodlydendes was dit in die verlede tot groot hulp.Ons opregte dank aan ons Hemelse Vader en sovele barmhartige Samaritane in Bultfontein.

. Muriel Bezuidenfiout. 16/10/2008

INSIDENTE EN STAALTJIES UIT DIE VERLEDE. KONINGS-BESOEK OP 8 MAART 1947;


My Ouma, Muriel Bornman wat op die plaas Inkpan gewoon het, het graag vertel hoe nuuskierig hulle was om die Konings-gesin te sien van aangesig tot aangesig. Ouma het self baie ontbeur tydens die Boere-oorlog en het vir jare 'n slegte gevoel jeens die Engelse gekoester. So het hulle gestewel en gespoor langs die draad stelling ingeneem,spesiaal daar geplaas om die aanwesiges nie te naby die ho gaste te laat kom nie, weens veiligheidsredes. Die ouer mense het net swart gedra tydens gewyde geleenthede, kerkhoed, handskoene en veral Prinses Margaret moes die aanwesiges baie snaaks gevind het, want sy vra vir die Burgemeester of is ons maar so agterlik.? Hy was so verbaas dat hy senuagtig sommer "ja" antwoord.. Die Konings-gesin is verseker nie hoog aangeskryf nie!

62

Die Koningklike familie arriveer in Bultfontein

EERSTE DANKOFFER VAN 1000 POND;


Wyle Oom Faan Becker, ouderling in ons plaaswyk, woonagtig op Susannasfontein, het altyd vertel hoe aangedaan ds. Cilliers was toe die dankoffer die eerste keer die 1000.00 pond kerf bereik het. Hy was so hartseer en het die gemeente; "Prys die Heer" laat sing terwyl almal se o vol trane was.

VERWELKOMING BY SKOOL VAN PROPONENT LOOTS;


Met aankoms van Proponent Loots, later ds. Loots die eerste keer by Bultfontein Horskool moes ons hom verwelkom met onder andere 'n gewyde gesang. Ons het baie hard geoefen en ek as jong kind kon nie verstaan hoekom ons hom, "Ruwe Storme breek in Woede" toesing nie?

INWYDING VAN DIE PASTORIE;


Ds. en mev. Loots was die eerste leraars-paar wat die groot pastorie betrek het. Die hele gemeente is genooi om die pastorie te besigtig van vertrek tot vertrek. In elke kamer het 'n suster "wag" gestaan.

ONTVANGS VAN NUWE LERAAR-PARE JARE GELEDE;


Dit was die gebruik van die gemeente om die spens te vul voor 'n nuwe dominie kom. Die susters het vooraf haarfyn beplan en gerel wie van hulle die taak sou oorneem van die nuwe "Mevrou" deur reg te staan as gasvroue. Heerlike etes is voorberei, verversings is verskaf wat aan die Pastorie-paar en gaste 'n warm en heerlike ontvangs verleen het. Die pastorie-paar was gekoester en die lidmate het meestal naby aan die Kerk geleef.

KINDERKRANS IN DIE VYFTIGER-JARE;


In die vroee vyftiger-jare het ons Kinderkrans gehad in die ou Bliksaal. Aan die oorkant van die straat was 'n kafee waar die kinders gou die pennie vir die Kinderkrans kon kleinmaak vir vier oortjies. Een oortjie het 'n swart niekerbol gekoop en die res is in die Kinderkrans se bordjie in, waarmee Sendelinge ver hiervandaan die heidene mee kon bekeer. My gewete het my baie gepla as ek met 'n swart mondjie,"Laat ons skyn vir Jesus" sing. Later was die kinderkrans in die ou Kerk en daar het wyle Tannie Ellie van Wyk weer met toe o tussen die kinders deur gestap as ons sing met Pellie Wessels agter haar aan, toe o net soos Tannie Ellie en ook sing-sing terwyl hulle albei hande klap op maat van die musiek. Pellie is vandag 'n Senior Advokaat by die Balie in Bloemfontein.

TUISKAMERS IN BULTFONTEIN VIR LIDMATE;


Heelwat lidmate het tuiskamers gehuur in Bultfontein waar ons kon oorbly met Nagmaal-naweke en as daar 'n ernstige sieke in die gesin was. Aan die Bliksaal was 'n ry kamers wat deur lidmate gehuur is. Ook by ander inwoners soos by wyle Oom Martiens Bosman. Hierdie kamers was agter die woonhuis, nou gesloop. Dit is die oop stuk grond voor die Munisipaliteit. Ons gesin en Ouma-hulle het een kamer

63

gedeel, nou ondenkbaar. Ouma en Mamma het heerlike koue etes voor die tyd voorberei. Al was ons baie beknop op mekaar, en al was daar voortdurend 'n rot in die kamer, was die oorbly een heerlikheid.

SLOPING VAN DIE OU KERK IN 1958.


Die ou Kerk het met die tyd almeer bouvallig geraak en hoewel dit gebruik is vir Gemeente-aktiwiteite was niemand toegelaat om op die gallerye te gaan nie. In Junie 1958 is besluit dat die Kerk gesloop moes word. My vader, Koos Rheeder het gehou van 'n uitdaging en aanvaar 'n weddenskap om die gebou binne drie weke te verwyder, 'n Haas onmoontlike taak.. Terwyl die dakplate losgemaak word, gly 'n jong swart werker en val van bo-af, langs 'n pilaar af tot op die grond. Almal was dood-verskrik. Pappa het die jong werker na dr. Joubert, die plaaslike geneesheer geneem wat geen breuk of skade aan die werker kon diagnoseer nie. Die werker was gou op sy pos en die gebou betyds gesloop. Vandag dink ek nostalgies terug aan die sonlig wat deur die gekleurde ruite, stofstrepe op 'n na-middag na Nagmaal maak. Ds. Cilliers wat ons aanspreek as "Broeders en Susters," en in my hart weet ek, hy maak seker 'n fout!

Die Jeug van toeka tot nou.


Deur die jare heen het daar verskeie persone voorgevat en die jeug bearbei, hulle gelei na Jesus Christus in die skool en in die kerk.

Skoolkinders, en definitief ook Sondagskool-kinders, uit 1910.

64

Sondagskool uitstappie in die negentigerjare Te Rob-Ferreira vakansie oord.

Die belydenisklas van 1991 met jeugouderking Koos Theron en kategete Christene Du Plooy en Connie de Wet.

Ds. Henk Greeff in aksie tydens `n Sondagskool uitstappie op `n lidmaat se plaas.

Ds. Delport tydens `n kamp te Aliwal-Noord, slegs `n week of twee nadat hy in Bultfontein bevestig is.

65

Die kategese het groot hoogtes bereik onderleiding van Broer Koos Theron en vele uitstappies en baie pret maak dit `n tyd om te onthou. Broer Herman Meiring het by Broer Koos Theron oorgeneem en na jare se wonderlike leiding het Broer Johan van Rensburg in 2007 oorgeneem. Met `n spesiale span kategete en die sen van die Here kan ons geestelik groei, nog meer na Jesus lei.

Selfs die jongstes oefen kliphard vir hul optrede, Moedersdag 2008.
Die SKJA is baie bedrywig en onder die pragtige leiding van Surina De Winnaar en en haar hele gesin groei dit werklik van krag tot krag. Elke Maandagaand, ook in die vakansies, is daar SKJA en behoede dit as die grootmense vergeet. Gou word ons daaraan herinner en is die saal oop en die spulletjie aan die woeker. Saam met Oos-Gemeente, die Geref. Kerk asook die AGS kry ons elk `n beurt om die jeug gedurende vakansies besig te hou. Moedergemeente se beurt gedurende die

September vakansie was werklik `n sukses en die kinders het dit geniet.

66

Daar is baie pret tesame met die bediening van die woord. Daar word ook tydgemaak om saam met die belydenisklas te gaan kamp. Dit het oor die jare heen `n vaste deel van die kategese-toerusting

geword. Belydenisklas-kamp 2008 te Maselspoort. Ds. Gert Delport ewe trots met sy Jesus is Lord hoedjie tydens die 2008 Kategese prysuitdeling.

67

Belydende Lidmate 2008

Ons het nie net gewerk nie, daar was ook baie pret, tydens Oesfeeste, Gemeente feeste, bybelse etes asook ander gemeentelike byeenkomste. Die Leraars het selde uitgesit en deel aan al die pret en plesier, party keer met lagwekende gevolge. Die hoofouderling, Broer Koos Theron dink ook niks daarvan om sommer in `n baie kort rokkie op die verhoog te verskyn nie. Koos en Sannie Theron tydens `n bybelse ete.

68

Die jeug deel net so lekker aan die pret.

Gemeente pret by die

sportsgronde Sommige kerkraadslede

69

steur hulle nie aan haarstyle nie, of is baie bang vir die haarkapper. Gedurende ds. Henk Greeff se termyn het die gemeente ook baie aan pretstap en pretdraf deelgeneem. Daar was die berugte gemeentestap na Soutpan en `n kruiwa is ingespan om sommige lidmate, waaronder soms die leraar, vir `n wyle op te laai en dan kon die voete `n bietjie rus. Daar was ook heerlike oesfeessametrekke en ds. Gert is `n groot voorstaander van `n oesfees. Dan word daar heerlik gekuier en almal kry `n kans om hul talente tydens die melodramas onder die maatemmer uit te haal.

Gemeentekamp, Maselspoort April`85

70

Ds. Erasmus en sy kudde tydens `n gemeentekamp te Rob Ferreira Sept. `85

Ds. Erasmus was weer lief daarvoor om in noue kontak saam met sy gemeente gemeentekampe by te woon. Menige lidmaat en gesin het baat gevind by hierdie kampe en dit word nou nog onthou.

Ou dokumentasie rakende die Moedergemeente se geskiedenis.

Bewys van aankoop en verskeep van orrel vanaf Kaapstad na Durban.

71

Erkenning van die Kerkraad vir die verlening van die boupermit van die nuwe kerkgebou 1948

72

Korrespondensie insake die kerkbanke wat in Queenstown gemaak is.

Diensbeurte van ouderlinge en diakens in konsistorie. Jaartal nie bekend.

Slotwoord
Ons voorouers het die diepe behoefte aan n eie kerk, nader aan hul tuiste, gevoel. Tussen doringbome, onder die karige skuiling van n bokseil, is die eerste erediens op Bultfontein gehou. Omdat daardie mense lief was vir hul kerk, omgegee het vir mekaar en bo alles, gelowig was en geweet het dat hul hulp slegs van hul Hemelse Vader af kom, is ons gemeente gestig. Deur die jare was daar groei en n mens kan dit amper met die weduwee se kruik vergelyk. Hoe meer gemeentes afgestig is van Bultfontein, hoe groter het Bultfontein gemeente geword.

73

Die Here se genade was altyd vir ons genoeg, het ons deur goeie en slegte tyd gedra. Daarom gaan ons, die nageslag van die stigters van ons kerk, met vertroue die toekoms in. Omdat ons weet, dieselfde barmhartige Vader wat ons gemeente tot hier gelei het, sal ons ook in die toekoms lei op die pad wat Hy vir ons bepaal het.

Nelia Van Huyssteen

Eerste kaart van die dorp Bultfontein

Eerste kaart van plaas Bultfontein

die

74

Oorspronklike Kaart en Transport van die plaas

Bultfontein

75

76

You might also like