Griet Skryf 'N Sprokie

You might also like

Download as ppt, pdf, or txt
Download as ppt, pdf, or txt
You are on page 1of 28

Studietema: Die tematiek in Griet skryf n sprokie

Afrikaanse Prosa 2012


A. Lourens

Tuiswerk

Klastoets oor die roman in die week van 26 Maart Bring die teks saam 15-20 punte (kortvrae) Lees die resensie deur Chris van der Merwe op LitNet oor Griet skryf n sprokie: www.oulitnet.co.za/leeskring/05griet.asp Lees oor Van der Vyver in Kannemeyer (Die Afrikaanse Literatuur, 2004:662-666)

Algemeen: Marita van der Vyver en Griet

Publikasie in 1992 konteks


Ou bedeling op die rand van ineenstorting Samelewing besig om te transformeer minder patriargaal, vryer vloei van gedagtes Struggle-jare sigbaar in Griet (vgl. Janskarakter tipies van hierdie generasie skuldgevoelens)

Algemeen: Marita van der Vyver en Griet

Geweldige sukses van die roman redes daarvoor?

Vorige romans meer oor manlike karakters en hulle ervarings (vgl. gensliteratuur van die Tagtigerjare) Vroue se behoefte aan literatuur waarmee hulle kon vereenselwig (teenoor boeke deur Ena Murray [p.78] en ander stereotiperend; patriargie se ideale vrou as heldinne vrou wag / man jag MvdV in mees resente roman)

Algemeen: Marita van der Vyver en Griet


Generasie vroue (30 plus) van 1990s? Generasie bewus van moontlikheid van bevryding Beroepsvroue sterker op voorgrond (bv. Hillary Clinton as rolmodel) Tog steeds in n ouer tradisie geanker vgl. beeld van Ouma Lina, Griet as skoolmeisie (pp.51-52)

Algemeen: Marita van der Vyver en Griet


Vrou kon identifiseer bv. egskeiding, kinderloosheid Dink aan funksies van literatuur ook om ons te help met die verwerking van bepaalde gebeurtenisse, soos trauma

Skrywende Griet n haar lesers hier

Ons ontvangs van die roman in 2010 20 jaar later NB: n Wetenskaplike blik op die roman analise ons hooftaak

Die rol van humor en lighartigheid


Deel van Griet se suksesresep? Vgl. p. 78 Snaakse Afrikaanse Roman? Kyk na die Kundera-aanhaling voorin

frivolous form and a serious subject Dus die skakeling van ernstige materiaal met n lighartige aanbieding Beteken nie dat skrywer menslike trauma geringskat nie

Die basiese tema in die roman

Vrou wat verskillende traumatiese ervarings beleef het en haar poging om dit alles te verwerk

Aborsie Miskrame Dood van n kind Egskeiding = Eg vroulike traumas

Titel van die roman


Gaan oor skryfproses Rhonda (sielkundige) raai Griet aan om oor haar ervarings te skryf om dit te kan verwerk Skryf dus as terapie gesien Genesing soos skryfproses vorder (kyk ook hier na Rhonda se skrywes)

Die struktuur van die roman

Deel I: Grieselsprokies

Trauma sentraal Nuwe minnaar sentraal Haar nuwe lewe

Deel II: Raaiselsprokies

Deel III: Duiselsprokies

Deel I (Grieselsprokies)

Griesel betekenis? Motto: rol van die magiese Gekoppel aan die sprokiesmotief: omtoor van die werklikheid alreeds in die vooruitsig gestel Ook Griet se geloof in n wonder hierdeur beklemtoon (NB tema) Vgl. die sprokie van Hansie en Grietjie NB in die verhaal op meer as een manier gelees (sien bv. pp.16-17)

Feministiese ondertoon ook later na aanleiding van hierdie sprokie (p. 172 Tienie se vraag)

Die tema van genderverhoudings

Sneeuwitjie skil n appeltjie


Betekenis hiervan? Argument besleg; iets onaangenaams met iemand afhandel p.5: Appel tradisioneel simbool van vroulike lis. Simbool van vroulike vergelding? Anders gestel: Vrou wat haar laat geld?

Die tema van genderverhoudings

Vroulike teenoor manlike maniere van selfmoord pleeg Sterk feministiese onderbou hier Vroue gestraf vir Eva se skuld; gered deur manlike deug (p.6) Vrou kan haar nie meer op man verlaat nie (p.13) onafhanklikheid is nodig

Die tema van genderverhoudings

Griet se groeiende insig in rede vir mislukking van haar huwelik: sy het op stereotipes staatgemaak (p.20) wou skeppende man se muse wees besef dit is n clich Man op sy beurt het na n ma-figuur gesoek Teenstelling: dark lady (verleidster) en lady with the lamp (versorger) 2 patriargale beelde van vroue (p.21)

Die tema van genderverhoudings

P.23 Griet se veranderende verwagting soek na haar Pegasus

Let op die dubbele betekenis hiervan bevryding deur skryf (ek gaan n gedig skryf) maar ook seksuele konnotasie Dus bevryding deur seks, maar dan n verhouding sonder intellektuele pretensie; een waarin sy kan leer lag ( die domkop met die goue vol) Omkeer van rolle hier?

Die tema van selfmoord


Eerste paragraaf: Sylvia Plath, Virginia Woolf Oond = baarmoeder (p.5)

Vergelyk met slot van verhaal

Mislukking van haar poging kakkerlak se rol as redder (teenoor die prins in Sneeuwitjie) Hierdeur ook kontras aangedui: Sprokiesheldin teenoor gewone, moderne vrou

Die tema van terapie en skryf as terapie


p. 6: Lesers aan Rhonda voorgestel Rhonda as optekenaar van Griet se verhaal van trauma en verlies pen as simbool hiervan (girts ondraaglik hard) Rhonda op die oog af emosieloos, tog verbeel Griet haar dat sy R sien glimlag (p.7) Spreekkamer: kleurvolle, byna speelse ruimte Rhonda se karakter? Implisiet gekarakteriseer

Die tema van terapie en skryf as terapie


Griet n bietjie agterdogtig oor Rhonda (p.7) rede(s) hiervoor? Kontras tussen Griet en Rhonda

R. dalk op die oog af die perfekte patriargale vrou, maar slim, sien baie raak, begelei Griet

R. nie baie spraaksaam nie laat Griet self praat R. stel voor dat Griet oor haar ervarings skryf (p.14) vir haarself, as terapie

Die tema van wonderwerke (omtoor) en verlossing

Geloof in sprokies, die magiese verwysing na magiese realisme op p.15

Beteken dat werklikheid nie net uit die konkreet waarneembare bestaan nie, maar dat daar ook n magiese (toweragtige) dimensie is Grense van ons rele (regte) werklikheid word oorskry

Die tema van wonderwerke (omtoor) en verlossing

Sprokies = peoples culture gaan oor oeroue waarhede, basiese aspekte van menswees (p.17) dus steeds relevant, al dink almal nie so nie (Struggle / sprokies onskynlik onversoenbaar maar in werklikheid verwant) Griet se wens om weg te vlieg (p.17) samekoms van hekse waarskynlik haar wens om bevryding van alledaagse en van trauma

Die tema van wonderwerke (omtoor) en verlossing

Griet se geloof in die goddelike teenoor George se ongeloof (p.33) Haar God: liefde George se ongeloof ook n aanduiding van sy onsekerheid in homself Magiese kwaliteit van geboorte van haar kind (p.35), teenoor ervaring toe sy verneem haar kind is dood

Die tema van wonderwerke (omtoor) en verlossing

Magiese ervaring in die supermark nadat sy die kleuter in die trollie sien vry soos n heks, lig soos n engel (p.36)

Interpretasie hier? Bevry haarself van pyn van kinderloosheid? Karakters genoem kunstenaars en ander beroemdes wat selfmoord gepleeg het (interteks = Dante se Goddelike komedie) Skakel ook met die slottoneel

Deel II (Raaiselsprokies)

Motto: Raaisel = bestaan van engele en demone? Titels van die onderskeie hoofstukke

Impliseer herstel, bevryding (teenoor titels van eerste afdeling bedreiging, vrees, verlies)

Die tema van genderverhoudings

Gretha se keuses (p.68)


Verbeelding wou skryf besef sy is n vrou Haar huwelik Onvervulde drome Voortsetting in haar dogter Griet gedagte van n vroulike linie p. 69 Ideale man waarskuwing aan haar dogters

Die tema van selfmoord

Griet se verwysing na haar selfmoordgedagtes: p.72


Haar ma en suster se reaksie Griet hier gekarakteriseer deur hulle opmerkings?

Vraag 1
Skryf n opstel waarin u die posisie van die skrywende vrou binne n patriargale bestel soos aangebied in die roman Griet skryf n sprokie bespreek. Verwys in u antwoord na die sprokiemotief soos dit in die roman gevind word. (25)

Vraag 2

Skryf n opstel waarin u die aanbieding en ontwikkeling van enige drie van die volgende temas in Griet skryf n sprokie ontleed:

Die tema van Die tema van Die tema van Die tema van verlossing

selfmoord terapie en skryf as terapie genderverhoudings wonderwerke (omtoor) en (25)

Vraag 3

Bespreek die rol wat die sprokieselement in die roman Griet skryf n sprokie speel. Verwys in u antwoord na enkele van die sprokies wat in die romanteks gentegreer word. (25)

You might also like